25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p104

sitting het die president van die land Nelson Mandela die byeenkoms bygewoon en die

afgevaardigdes toegespreek. Hierdie daad van versoening is opgevolg deur

uitnodigings aan mense wat in die verlede ʼn koue skouer van die NG Kerk gekry het,

by name Ben Marais en Beyers Naudé.

Die Algemene Sinode het kennis geneem van die stigting van die VGKSA vroeër in die

jaar en neem ook besluite oor die “daarstelling van een kerkverband” vir die familie van

NG Kerke (Ned Geref Kerk 1994:442). Ten opsigte van maatskaplike ontwikkeling is dit

die NG Kerk se “begeerte dat daar op ʼn dinamiese wyse gewerk moet word aan ʼn

radikale verbetering van die lewensomstandighede en toekomsgeleenthede van mense

wat vir baie jare soveel moes ontbeer in Suid-Afrika” (Ned Geref Kerk 1994:443). Die

NG Kerk “besef dat Suid-Afrika ʼn program van opbou en ontwikkeling nodig het” en

bied sy samewerking daarvoor aan (Ned Geref Kerk 1994:466).

ʼn Soortgelyke gesindheid heers ook tydens die Algemene Sinode van 1998. Oor

kerkeenheid is die sinode steeds verbind om “een kerkverband tot stand te bring” al

erken die sinode “sy frustrasie met die stadige tempo waarop ons vorder op die weg na

kerk-eenheid met die ander lede van ons NG Kerkfamilie” (Ned Geref Kerk 1998:422).

Oor die Belydenis van Belhar besluit die sinode: “Die Algemene Sinode aanvaar dat die

Belydenis van Belhar op sigself genome nie met die Drie Formuliere van Eenheid in

stryd is nie” (Ned Geref Kerk 1998:422).

Teen die tyd van die aanvanklike navorsing het die NG Kerk gedeel in die algemene

positiewe gevoel wat in die land geheers het. Die NG Kerk het amptelik sy aandeel aan

apartheid bely en ʼn pad van versoening begin stap. Die NG Kerk het ook ernstig begin

praat oor kerkhereniging. Of hierdie amptelik standpunt van die NG Kerk ook die

standpunt van die lidmate was, is egter ʼn ander saak.

Te midde van al die sake hierbo wat tot onsekerheid aanleiding gegee het, was die NG

Kerk steeds vir wit Afrikaners die vaste anker. Dit sou egter naïef wees om te dink dat

al die veranderings ongemerk by die NG Kerk sou verbygaan.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!