25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p103

Ten spyte van die kritiek was dit tog duidelik dat iets aan die gebeur was in die NG

Kerk. Iets van hierdie verandering word sigbaar as die rol van die NG Kerk agter die

skerms raakgesien word. Kort na die Rustenburg-beraad was kerkleiers, onder andere

Johan Heyns, betrokke by die proses wat uiteindelik aanleiding gegee het tot die

ondertekening van die Vredesverdrag tussen al die verskillende politieke partye in die

land (Chapman & Wrighton 2004:37).

Na die gebeure by Rustenburg was daar groot ongelukkigheid by baie lidmate. ʼn Groot

saamtrek is in Pretoria gehou en ʼn “voortsettingskomitee” is aangewys om verder met

die NG Kerk te praat oor die Kerk se afwysing van apartheid. Die prominensie wat die

gebeure in die openbare media gekry, het verseker dat die hele land geweet het dat die

NG Kerk sy skuld aan apartheid uiteindelik bely het. Die hoofartikel van Die Kerkbode

(1990:4) vat dit baie goed saam:

Vir die Ned Geref Kerk is die skuldbelydenis van die Algemene Sinode

van 1990 en die oordra daarvan aan die Rustenburgse Kerkeberaad ʼn

oomblik van bevryding.

Nou weet almal wat moet weet: die amptelike Ned Geref Kerk erken

dat apartheid sonde is en bely sy aandeel in die toepassing en

handhawing daarvan as verkeerd.

Skuldbelydenis is nooit maklik nie: nie teenoor God nie, nie teenoor jou

man of vrou of kind nie, nie teenoor ʼn ander volk of ʼn ander kerk nie.

Maar as dit eers in die Naam van Christus gedoen is, is daar altyd by

God vir jou vergifnis en, gelukkig, dikwels ook by ander mense – selfs

by ander kerke.

Die Ned Geref Kerk weet dat belydenis van skuld onvermydelik moet

lei tot restitusie – die regmaak van wat verkeerd gedoen is. Daaraan

het die kerk reeds met sommige besluite tydens die Algemene Sinode

van 1990 aandag begin gee. Dit sal in die toekoms voortgesit word.

4.3 “Sinode van versoening”

Woorde van belydenis moet hande en voete van restitusie kry. Die Algemene Sinode

van 1994 was duidelike tekenend hiervan en het daarom ook die benaming “Sinode

van versoening” gekry. Die sitting het in Oktober plaasgevind, ses maande na die

vreedsame eerste algemene verkiesing in Suid-Afrika se geskiedenis. Tydens die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!