25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p101

waardigheid van die medemens aangetas en in stryd gekom met die

beginsels van liefde en geregtigheid.

Die besluite van die Algemene Sinode het blykbaar stil-stil by mense verbygegaan – óf

hulle het nie kennis geneem van die besluite nie, óf hulle het nie besef wat die NG Kerk

besluit het nie. ʼn Maand later, in November 1990, vind die Konferensie van Kerke op

Rustenburg plaas. Verteenwoordigers van tagtig kerke het die geleentheid bygewoon

(Gaum 1997a:54). Aan die einde van sy toespraak het Willie Jonker van die

Kweekskool op Stellenbosch die volgende “totaal onverwagte verklaring” (Gaum

2006:elektroniese bron) in Engels gemaak:

Ek bely voor u en voor God nie net my eie sonde en skuld nie, en my

persoonlike verantwoordelikheid vir die politieke, sosiale, ekonomiese

en strukturele onregte waaronder u en ons hele land nog ly nie, maar

plaasvervangend waag ek dit om dit ook namens die Ned Geref Kerk te

doen, waarvan ek 'n lidmaat is, en vir die Afrikaners. Ek het die vryheid

om dit te doen, want die Ned Geref Kerk het apartheid op sy afgelope

Algemene Sinode tot sonde verklaar en sy eie skuld van nalatigheid

beken dat hy nie lank gelede daarteen gewaarsku en homself daarvan

gedistansieer het nie.

In reaksie op hierdie belydenis het Desmond Tutu, wat op daardie stadium die

aartsbiskop van Kaapstad was, opgestaan “na die kateder stap en [ge]sê dat hy die

skuldbelydenis aanvaar en nie aan die opregtheid daarvan twyfel nie” (Gaum

2006:elektroniese bron). In die vergadersaal was daar aanvanklik ʼn doodse stilte; jy

kon ʼn speld hoor val, en toe was daar ʼn toejuiging. “Almal het geweet: Dit is ’n groot

oomblik, dis geskiedenis wat gemaak is” (Gaum 2006:elektroniese bron). Dit is daarom

heel te verstane dat wanneer hy skryf oor die eenhonderd bakens in die geskiedenis

van die NG Kerk, Gaum (2002:218) na hierdie gebeure verwys as ʼn “merkwaardige

oomblik van belydenis, vergifnis en versoening”.

Geskiedenis word egter nooit sonder teenstand gemaak nie. Van verskillende kante is

daar beswaar gemaak teen Jonker se skuldbelydenis. Dikwels is hierdie kritiek verpak

in die verskoning dat hy nie ʼn amptelik opdrag daartoe gehad het om skuld namens die

NG Kerk te bely nie. Die feit dat hy bloot herhaal het wat die Algemene Sinode skaars

ʼn maand vroeër gesê het, en dat die amptelike afvaardiging hom ondersteun het, was

vir die beswaarmakers irrelevant. Die trant van baie van die reaksies skep die indruk

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!