LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p100 Die paragraaf wat na my mening die mees ingrypende was, was paragraaf 306 (Ned Geref Kerk 1986:52): Die Ned Geref Kerk is oortuig dat die hantering van apartheid as politieke en maatskaplike sisteem wat mense veronreg en een groep onregmatig bo ʼn ander bevoordeel, nie op Christelik-etiese gronde aanvaar kan word nie, omdat dit in stryd is met die beginsels van naasteliefde en geregtigheid en onafwendbaar die menswaardigheid van almal wat daarby betrokke is, aantas. Dit blyk egter dat dit veral paragraaf 270 en 273 was wat die grootste reaksie ontlok het. In hierdie twee paragrawe word gesê dat “lidmaatskap van die Ned Geref Kerk oop” is en dat eredienste en ander byeenkomste vir “alle besoekers” toeganklik is (Ned Geref Kerk 1986:46). Dit is duidelik dat baie lidmate steeds die NG Kerk as volkskerk vir wit Afrikaners beskou het. Hierdie lidmate se besware het uiteindelik in 1987 sigbare gestalte aangeneem in die stigting van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK). Sowat ʼn honderd predikante en ongeveer 40 000 lidmate het die NG Kerk en ander kerke verlaat (Gaum 1997a:45). Strauss (2011:511) dui egter die aantal lidmate van die NG Kerk wat na die APK oorgegaan, as slegs 7 751 aan. 4.2 “Te abstrak en teoreties en daarom ook te onkrities” Ten spyte van die hartseer van kerkskeuring het die NG Kerk voortgegaan met sy besinning oor die Kerk se rol in die samelewing. By die Algemene Sinode van 1990 is ʼn gewysigde beleidstuk Kerk en Samelewing 1990 aanvaar. Hierin erken die NG Kerk onder andere – in paragraaf 282 – “dat hy te lank die beleid van apartheid... te abstrak en teoreties en daarom ook te onkrities, beoordeel het” (Ned Geref Kerk 1990:39). In paragraaf 284 erken die NG Kerk verder: Eers gaandeweg het dit vir die Ned Geref Kerk duidelik geword dat die beleid van apartheid as politieke sisteem in die praktyk veel verder gaan as die erkenning van die reg en vryheid van alle mense en kulturele groepe om aan hulle eie waardes getrou te mag bly. Apartheid het op so ʼn wyse begin funksioneer dat die grootste deel van die landsbevolking dit ervaar het as ʼn onderdrukkende sisteem wat deur gedwonge skeiding tussen mense in werklikheid een groep onregmatig bo die ander bevoordeel het. So het dit die mens-

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p101 waardigheid van die medemens aangetas en in stryd gekom met die beginsels van liefde en geregtigheid. Die besluite van die Algemene Sinode het blykbaar stil-stil by mense verbygegaan – óf hulle het nie kennis geneem van die besluite nie, óf hulle het nie besef wat die NG Kerk besluit het nie. ʼn Maand later, in November 1990, vind die Konferensie van Kerke op Rustenburg plaas. Verteenwoordigers van tagtig kerke het die geleentheid bygewoon (Gaum 1997a:54). Aan die einde van sy toespraak het Willie Jonker van die Kweekskool op Stellenbosch die volgende “totaal onverwagte verklaring” (Gaum 2006:elektroniese bron) in Engels gemaak: Ek bely voor u en voor God nie net my eie sonde en skuld nie, en my persoonlike verantwoordelikheid vir die politieke, sosiale, ekonomiese en strukturele onregte waaronder u en ons hele land nog ly nie, maar plaasvervangend waag ek dit om dit ook namens die Ned Geref Kerk te doen, waarvan ek 'n lidmaat is, en vir die Afrikaners. Ek het die vryheid om dit te doen, want die Ned Geref Kerk het apartheid op sy afgelope Algemene Sinode tot sonde verklaar en sy eie skuld van nalatigheid beken dat hy nie lank gelede daarteen gewaarsku en homself daarvan gedistansieer het nie. In reaksie op hierdie belydenis het Desmond Tutu, wat op daardie stadium die aartsbiskop van Kaapstad was, opgestaan “na die kateder stap en [ge]sê dat hy die skuldbelydenis aanvaar en nie aan die opregtheid daarvan twyfel nie” (Gaum 2006:elektroniese bron). In die vergadersaal was daar aanvanklik ʼn doodse stilte; jy kon ʼn speld hoor val, en toe was daar ʼn toejuiging. “Almal het geweet: Dit is ’n groot oomblik, dis geskiedenis wat gemaak is” (Gaum 2006:elektroniese bron). Dit is daarom heel te verstane dat wanneer hy skryf oor die eenhonderd bakens in die geskiedenis van die NG Kerk, Gaum (2002:218) na hierdie gebeure verwys as ʼn “merkwaardige oomblik van belydenis, vergifnis en versoening”. Geskiedenis word egter nooit sonder teenstand gemaak nie. Van verskillende kante is daar beswaar gemaak teen Jonker se skuldbelydenis. Dikwels is hierdie kritiek verpak in die verskoning dat hy nie ʼn amptelik opdrag daartoe gehad het om skuld namens die NG Kerk te bely nie. Die feit dat hy bloot herhaal het wat die Algemene Sinode skaars ʼn maand vroeër gesê het, en dat die amptelike afvaardiging hom ondersteun het, was vir die beswaarmakers irrelevant. Die trant van baie van die reaksies skep die indruk

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p100

Die paragraaf wat na my mening die mees ingrypende was, was paragraaf 306 (Ned

Geref Kerk 1986:52):

Die Ned Geref Kerk is oortuig dat die hantering van apartheid as

politieke en maatskaplike sisteem wat mense veronreg en een groep

onregmatig bo ʼn ander bevoordeel, nie op Christelik-etiese gronde

aanvaar kan word nie, omdat dit in stryd is met die beginsels van

naasteliefde en geregtigheid en onafwendbaar die menswaardigheid

van almal wat daarby betrokke is, aantas.

Dit blyk egter dat dit veral paragraaf 270 en 273 was wat die grootste reaksie ontlok

het. In hierdie twee paragrawe word gesê dat “lidmaatskap van die Ned Geref Kerk

oop” is en dat eredienste en ander byeenkomste vir “alle besoekers” toeganklik is (Ned

Geref Kerk 1986:46). Dit is duidelik dat baie lidmate steeds die NG Kerk as volkskerk

vir wit Afrikaners beskou het. Hierdie lidmate se besware het uiteindelik in 1987 sigbare

gestalte aangeneem in die stigting van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK). Sowat

ʼn honderd predikante en ongeveer 40 000 lidmate het die NG Kerk en ander kerke

verlaat (Gaum 1997a:45). Strauss (2011:511) dui egter die aantal lidmate van die NG

Kerk wat na die APK oorgegaan, as slegs 7 751 aan.

4.2 “Te abstrak en teoreties en daarom ook te onkrities”

Ten spyte van die hartseer van kerkskeuring het die NG Kerk voortgegaan met sy

besinning oor die Kerk se rol in die samelewing. By die Algemene Sinode van 1990 is ʼn

gewysigde beleidstuk Kerk en Samelewing 1990 aanvaar. Hierin erken die NG Kerk

onder andere – in paragraaf 282 – “dat hy te lank die beleid van apartheid... te abstrak

en teoreties en daarom ook te onkrities, beoordeel het” (Ned Geref Kerk 1990:39). In

paragraaf 284 erken die NG Kerk verder:

Eers gaandeweg het dit vir die Ned Geref Kerk duidelik geword dat die

beleid van apartheid as politieke sisteem in die praktyk veel verder

gaan as die erkenning van die reg en vryheid van alle mense en

kulturele groepe om aan hulle eie waardes getrou te mag bly.

Apartheid het op so ʼn wyse begin funksioneer dat die grootste deel van

die landsbevolking dit ervaar het as ʼn onderdrukkende sisteem wat

deur gedwonge skeiding tussen mense in werklikheid een groep

onregmatig bo die ander bevoordeel het. So het dit die mens-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!