25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p99

Die jaar 1982 was “in bepaalde opsigte ʼn beslissende jaar” (Gaum 1997a:33). Eers is

dit die Ope brief aan die NG Kerk wat deur 123 persone onderteken is en in Die

Kerkbode verskyn het. Later dieselfde jaar is dit die Sinode van die NG Sendingkerk

wat sy besluit van 1978 herbevestig dat apartheid sonde en die volgehoue

ongehoorsaamheid aan die Woord van God ʼn teologiese kettery is. Die NG

Sendingkerk het op grond van hierdie besluit, asook die NG Kerk se voortgesette steun

aan apartheid, verklaar dat ʼn punt van status confessionis 15 bereik is. Volgens die NG

Sendingkerk plaas die NG Kerk se steun aan apartheid die Christelike evangelie op die

spel (Cloete & Smit 1984:22). Hierdie selfde sinode aanvaar ook ʼn konsepbelydenis

wat vier jaar later as die Belydenis van Belhar aanvaar sou word.

Die skriftelike antwoord van die Breë Moderatuur in Maart 1984 verdedig die NG Kerk

se posisie dat hy “alle rassisme as sonde verwerp”, dat afsonderlike ontwikkeling,

toegepas volgens die beginsels van naasteliefde en sosiale geregtigheid “volgens ons

nie in botsing met die eise van die Skrif” is nie. Die Breë Moderatuur meen verder dat

“daar nie net negatief” geoordeel moet word nie en dat daar “ook goeie en positiewe

dinge” in Suid-Afrika tot stand gekom het (Gaum 1997a:35). Hierdie totale gebrek aan

insig oor wat die beleid van apartheid aan swart en bruin mense gedoen het, sou jare

later steeds aan die orde wees. In die slotwoorde van die Breë Moderatuur se

antwoord dat hulle “met nadruk verklaar dat u indringend moet besin of u met hierdie

nuwe belydenis wil voortgaan”, klink iets van vorige dekades se voogdyskap weer

helder, so asof die Sendingkerk nie sonder die goedkeuring van die moederkerk so ʼn

stap mag neem nie. Hierdie antwoord was die begin van ʼn lang en onverkwiklike,

sommige sal selfs sê onproduktiewe, debat tussen die twee kerke.

Ten spyte van ʼn onbevredigende antwoord, was daar tog dinge aan die gebeur in die

NG Kerk. By die Algemene Sinode van 1986 is die beleidstuk Ras, volk en nasie wat

reeds deur die tyd agterhaal is, grondig hersien en vervang met ʼn nuwe dokument Kerk

en Samelewing: ʼn Getuienis van die Ned Geref Kerk. Hierin erken die NG Kerk dat

apartheid nie as ʼn “voorskrif uit die Bybel” afgelees kan word nie, dat die Kerk nie

geroep is om ʼn politieke beleid aan die owerheid voor te skryf nie, en dat enige

politieke model aan “die eise van liefde, geregtigheid en menswaardigheid” getoets

moet word (Ned Geref Kerk 1986:52).

15 ʼn Status confessionis, of te wel ʼn staat van belydenis beteken “niks anders nie as dat Christene of ʼn

kerk oordeel dat ‘ʼn oomblik van waarheid’ aangebreek het, dat ʼn situasie ontstaan het waarin die

evangelie op die spel staan” (Cloete & Smit 1984:6).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!