25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p97

op die voorblad voort met hierdie betekenisvolle opmerking: “Die oorgrote meerderheid

Afrikaanse predikante en lidmate was egter nie ryp vir die ingrypende veranderinge wat

die aanvaarding van die bevindinge sou meebring nie.” Hoe waar hierdie stelling is, sou

later deur die geskiedenis bevestig word toe die NG Kerk self besluite geneem het wat

aansluit by die Cottesloe-besluite, soos byvoorbeeld dat daar geen Skriftuurlike gronde

is vir die verbod op gemengde huwelike nie.

Uit die reaksies van die Sinodes van Kaapland en Transvaal blyk dit dat die NG Kerk

op daardie stadium oortuig was “die beleid van differensiasie Skriftuurlik gegrond is, die

enigste realistiese oplossing vir die probleme van rasseverhoudinge in die land aanbied

en daarom die belange van alle bevolkingsgroepe die beste dien” (aangehaal in Gaum

1997a:16). Of die NG Kerk hierdie besluite uit eie oortuiging geneem het en of die

Afrikaner-Broederbond sy “aansienlike invloed laat geld” (Naudé 1995:56) het deur “sy

omsendbriewe aan die afdelings” (Geldenhuys 1982:58), sal niemand seker weet nie.

Die NG Kerk het ook verder gegaan en die Cottesloe-verklaring verwerp omdat “dit die

beleid van afsonderlike ontwikkeling aantas en ondermyn” (Gaum 1997a:16). Die NG

Kerk se motivering was dus baie duidelik primêr ʼn politieke en nie ʼn teologiese een nie.

In die memorandum van die Kaaplandse NG Kerk word duidelik gestel dat die NG Kerk

by ʼn “kruispad” gekom het “ten opsigte waarvan hy sonder versuim ʼn besliste keuse

moet maak” (aangehaal in Lückhoff 1978:60). Die keuse wat die NG Kerk gemaak het,

was vir afsonderlikheid.

Die nadraai van Cottesloe was dat die Kaapse en Transvaalse NG Kerke uit die

Wêreldraad van Kerke bedank het en ook nie deel geword het van die Suid-Afrikaanse

Raad van Kerke nie. Hiermee het die NG Kerk hom op ʼn “pad van byna volkome

kerklike en ekumeniese isolasie, binne en ook buite Suid-Afrika geplaas” (Naudé

1995:59). Daar het inderdaad ʼn “diep kloof” (Gaum 1997a:19) tussen die NG Kerk en

ander, ook Protestantse, kerke gekom. Die woorde van prof. Ben Engelbrecht bly ʼn

ontstellende profetiese vermaning: “Dit sal altyd ʼn verbysterende raaisel bly dat

politieke magte daarin kon slaag om ná Cottesloe die wig so diep tussen kerke en

Christene in ons land in te drywe” (Engelbrecht 1982:25).

In die tyd na Cottesloe was daar ʼn aantal lidmate wat die gees van Cottesloe probeer

lewend hou het met die maandblad Pro Veritate met Beyers Naudé as eindredakteur.

Verskeie prominente leraars was medewerkers van die blad. Toe die Vrystaatse

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!