LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p94 Westerse enklawe in donker Afrika gebly het. Al hierdie sentimente is ʼn verlange na iets wat nooit werklik bestaan het nie. Benewens die afsondering waarin die verskillende volke geleef het, het mense ook baie selektiewe geheues. In sy koerantartikel tydens die eeuwisseling kyk Venter (2000b:elektroniese bron) terug na 1986 en herinner die lesers aan die werklikheid wat toe geheers het. Ek haal vryelik aan uit sy artikel: Dit was ʼn tyd van noodtoestande en verpligte militêre diensplig, meer as 64 000 swart mense is daardie jaar verskuif uit sogenaamde wit kolle en in die plakkerskampe Crossroads en KTC op die Kaapse Vlakte het ʼn oorlogsituasie geheers waarin 60 mense dood is en 7000 dakloos gelaat is. Meer as 220 gevalle van terreur is aangemeld, 3 989 mense is om politieke redes sonder verhoor aangehou en 1 290 het in politieke geweld gesterf. Agente van die staat, soos die Coetzees en De Kocks en andere het “politieke staatsmoord” gepleeg. In terme van Suid-Afrika se verhoudings na buite het dit nie veel beter gegaan nie. Daar was olie- en sportboikotte en reisbeperkings op Suid-afrikaners. Die Amerikaners het omvattende handelsanksies ingestel en agt-en-veertig Amerikaanse maatskappye het reeds uit Suid-Afrika gedisinvesteer. Die uitvoer van Krugerrande na Europa en die VSA is verbied en die VN het verpligte wapensanksies teen die land gehandhaaf. In 1986 alleen het Suid-Afrika 6 717 kundiges deur emigrasie verloor. Die misdaadtoneel was skokkend. Venter (2000b:elektroniese bron) sê: Ondanks hardhandige strawwe waar 121 mense opgehang is vir halsmisdade en 40 288 mense lyfstraf gekry het, het geweldmisdaad hoogty gevier. In daardie jaar [1986] is 8 959 moorde gepleeg, 39 302 rooftogte uitgevoer, daar was 16 000 verkragtings, 166 000 huisbrake, 123 000 ernstige aanrandings en 48 000 motors is oraloor gesteel. Hierdie syfers sluit nie eens die ou TBVC-lande in nie. Mense wat terugverlang na die “goeie ou dae” sal weer moet gaan kyk na presies wat dit is waarna hulle verlang. Dalk is die hunkering na iets wat nooit werklik bestaan het nie, maar kunsmatig aan die wit bevolking voorgehou is. Die situasie binnelands was duidelik nie een van voorspoed en vrede nie en die buitelandse voorbeeld moet as waarskuwing dien vir wat ook hier plaaslik kon gebeur het. Die nuwe, post-apartheid Suid-Afrika is duidelik nie so sleg as wat dit kon wees nie.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p95 4. Die posisie van die NG Kerk voor 1998 In hierdie afdeling word die NG Kerk beskryf soos aan die mede-navorsers bekend ten tye van die aanvanklike navorsing. Die fokus is veral op die NG Kerk se geskiedenis ten opsigte van apartheid en die rassekwessie in Suid-Afrika. 4.1 “Die NP in gebed” Dit is nie sonder rede dat na die NG Kerk verwys is as “die Nasionale Party in gebed” (Giliomee 1979:240; Serfontein 1979:163) nie. Serfontein (1982:1) voer vier redes aan vir die hegte verband wat onstaan het tussen die NG Kerk en die politieke party: Eerstens is die NG Kerk die grootste kerk onder die lede van die wit heersersklas, tweedens speel die NG Kerk ʼn spesiale rol in die politieke, sosiale en kulturele lewe van wit Afrikaanse Christene, derdens is godsdiens baie belangrik vir die Afrikaners en dit is ingeweef in hulle alledaagse lewe en laastens was Suid-Afrika volgens die grondwet van die apartheidsera ʼn Christelike staat. Die NG Kerk erken self die baie hegte verhouding met die regering van die dag: “Die Kerk is intiem betrokke by die staatkundige ontwikkelinge van ons land” (Ned Geref Kerk 1975:3). Op ʼn stadium het die NG Kerk selfs geheime fondse van die regering aanvaar, al is dit afgemaak as “niks onreëlmatigs” (Geldenhuys 1982:74) nie. Loader (1985:276) sê die NG Kerk is “reputed to be the most influential church in South Africa...”. Rose [7-555], een van die swart deelnemers aan die aanvanklike gesprekke, voer aan dat die rede waarom die NG Kerk-familie so sukkel om te verenig is omdat die NG Kerk spesifiek, al die jare die backbone was van apartheid. Kruger en Hofmeyr (2009a:138) beskryf die ontstaan van die NG Kerk as volkskerk van die Afrikaners met spesifieke verwysing na die rol van die NG Kerk na die Tweede Vryheidsoorlog en die Afrikaners se verarmde situasie in die dekades daarna. Dit was logies dat “die kerk in sy sorg aan die verarmde Afrikaners ʼn kerk-vir-die-volk” sou word. Hulle verwys vervolgens na die Calvinistiese gedagte van “kollektiewe individualisme” wat beteken dat “ʼn individu tegelyk vrywillig behoort en onderdanig is aan ʼn Christelike gemeenskap en aan ʼn aardse outoriteit (wat aan God onderdanig is).” Hulle totale lewensbestel was dus “in wese godsdienstig” met staat en kerk as organe waardeur God regeer. Dan voeg hulle by: “Die gemiddelde Afrikaner het hierdie verstaan van die werklikheid as ʼn gegewe aanvaar (Kruger & Hofmeyr 2009a:139).

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p95

4. Die posisie van die NG Kerk voor 1998

In hierdie afdeling word die NG Kerk beskryf soos aan die mede-navorsers bekend ten

tye van die aanvanklike navorsing. Die fokus is veral op die NG Kerk se geskiedenis

ten opsigte van apartheid en die rassekwessie in Suid-Afrika.

4.1 “Die NP in gebed”

Dit is nie sonder rede dat na die NG Kerk verwys is as “die Nasionale Party in gebed”

(Giliomee 1979:240; Serfontein 1979:163) nie. Serfontein (1982:1) voer vier redes aan

vir die hegte verband wat onstaan het tussen die NG Kerk en die politieke party:

Eerstens is die NG Kerk die grootste kerk onder die lede van die wit heersersklas,

tweedens speel die NG Kerk ʼn spesiale rol in die politieke, sosiale en kulturele lewe

van wit Afrikaanse Christene, derdens is godsdiens baie belangrik vir die Afrikaners en

dit is ingeweef in hulle alledaagse lewe en laastens was Suid-Afrika volgens die

grondwet van die apartheidsera ʼn Christelike staat. Die NG Kerk erken self die baie

hegte verhouding met die regering van die dag: “Die Kerk is intiem betrokke by die

staatkundige ontwikkelinge van ons land” (Ned Geref Kerk 1975:3). Op ʼn stadium het

die NG Kerk selfs geheime fondse van die regering aanvaar, al is dit afgemaak as “niks

onreëlmatigs” (Geldenhuys 1982:74) nie. Loader (1985:276) sê die NG Kerk is “reputed

to be the most influential church in South Africa...”. Rose [7-555], een van die swart

deelnemers aan die aanvanklike gesprekke, voer aan dat die rede waarom die NG

Kerk-familie so sukkel om te verenig is omdat die NG Kerk spesifiek, al die

jare die backbone was van apartheid.

Kruger en Hofmeyr (2009a:138) beskryf die ontstaan van die NG Kerk as volkskerk van

die Afrikaners met spesifieke verwysing na die rol van die NG Kerk na die Tweede

Vryheidsoorlog en die Afrikaners se verarmde situasie in die dekades daarna. Dit was

logies dat “die kerk in sy sorg aan die verarmde Afrikaners ʼn kerk-vir-die-volk” sou

word. Hulle verwys vervolgens na die Calvinistiese gedagte van “kollektiewe

individualisme” wat beteken dat “ʼn individu tegelyk vrywillig behoort en onderdanig is

aan ʼn Christelike gemeenskap en aan ʼn aardse outoriteit (wat aan God onderdanig is).”

Hulle totale lewensbestel was dus “in wese godsdienstig” met staat en kerk as organe

waardeur God regeer. Dan voeg hulle by: “Die gemiddelde Afrikaner het hierdie

verstaan van die werklikheid as ʼn gegewe aanvaar (Kruger & Hofmeyr 2009a:139).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!