25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p94

Westerse enklawe in donker Afrika gebly het.

Al hierdie sentimente is ʼn verlange na iets wat nooit werklik bestaan het nie. Benewens

die afsondering waarin die verskillende volke geleef het, het mense ook baie

selektiewe geheues. In sy koerantartikel tydens die eeuwisseling kyk Venter

(2000b:elektroniese bron) terug na 1986 en herinner die lesers aan die werklikheid wat

toe geheers het. Ek haal vryelik aan uit sy artikel: Dit was ʼn tyd van noodtoestande en

verpligte militêre diensplig, meer as 64 000 swart mense is daardie jaar verskuif uit

sogenaamde wit kolle en in die plakkerskampe Crossroads en KTC op die Kaapse

Vlakte het ʼn oorlogsituasie geheers waarin 60 mense dood is en 7000 dakloos gelaat

is. Meer as 220 gevalle van terreur is aangemeld, 3 989 mense is om politieke redes

sonder verhoor aangehou en 1 290 het in politieke geweld gesterf. Agente van die

staat, soos die Coetzees en De Kocks en andere het “politieke staatsmoord” gepleeg.

In terme van Suid-Afrika se verhoudings na buite het dit nie veel beter gegaan nie.

Daar was olie- en sportboikotte en reisbeperkings op Suid-afrikaners. Die Amerikaners

het omvattende handelsanksies ingestel en agt-en-veertig Amerikaanse maatskappye

het reeds uit Suid-Afrika gedisinvesteer. Die uitvoer van Krugerrande na Europa en die

VSA is verbied en die VN het verpligte wapensanksies teen die land gehandhaaf. In

1986 alleen het Suid-Afrika 6 717 kundiges deur emigrasie verloor.

Die misdaadtoneel was skokkend. Venter (2000b:elektroniese bron) sê:

Ondanks hardhandige strawwe waar 121 mense opgehang is vir

halsmisdade en 40 288 mense lyfstraf gekry het, het geweldmisdaad

hoogty gevier. In daardie jaar [1986] is 8 959 moorde gepleeg, 39 302

rooftogte uitgevoer, daar was 16 000 verkragtings, 166 000 huisbrake,

123 000 ernstige aanrandings en 48 000 motors is oraloor gesteel.

Hierdie syfers sluit nie eens die ou TBVC-lande in nie.

Mense wat terugverlang na die “goeie ou dae” sal weer moet gaan kyk na presies wat

dit is waarna hulle verlang. Dalk is die hunkering na iets wat nooit werklik bestaan het

nie, maar kunsmatig aan die wit bevolking voorgehou is. Die situasie binnelands was

duidelik nie een van voorspoed en vrede nie en die buitelandse voorbeeld moet as

waarskuwing dien vir wat ook hier plaaslik kon gebeur het. Die nuwe, post-apartheid

Suid-Afrika is duidelik nie so sleg as wat dit kon wees nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!