LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p90 regstellende aksie byna altyd deel van die gesprek. Al sê George [15-328] dat dit hom nie meer raak nie, omdat hy nou... die verpligte aftree-ouderdom bereik het, is daar van die ander, soos Danie [13-096] en Isak [14-022] vir wie regstellende aksie ʼn pynlike ervaring was en steeds is. Vir sommige is die fokus meer op ons wit kinders [wat] nie werk kry nie [Elsa 9-639]. In koerantbriewe en braaivleisgesprekke is dit algemeen dat frustrasie oor regstellende aksie verwoord word. Só skryf Dommissie (2011:elektroniese bron) na aanleiding van ʼn televisieprogram oor arm, wit mense: “Van die armblankes wat in die dokumentêr aangehaal word, sê regstellende aksie het hulle verarm of dat daar deur swart mynbase teen hulle diskrimineer word.” ʼn Ma skryf oor haar seun se lot omdat hy nie matriek het nie en nie ʼn behoorlike werk kan kry nie. Haar gevolgtrekking hieroor is duidelik: “Hierdie omgekeerde rassisme benadeel my seun van 28 en ander jong wittes” (Smit 2004:elektroniese bron). Ook vanuit die buiteland word soortgelyke stemme gehoor. As Scholtz (2011:elektroniese bron) skryf oor die vakbond Solidariteit se poging om buitelandse druk op die ANC regering te probeer plaas, dan sê hy reguit die regering “diskrimineer teen wittes en bruines deur die manier waarop hy regstellende aksie toepas.” In 2005 skryf ʼn “Anonieme groep wit polisiebeamptes” in ʼn brief aan Beeld oor hulle frustrasies met bevorderings in die SAPD wat volgens hulle net aan swart lede gaan. Volgens hulle is daar verskillende stelle kriteria wat gebruik word en al die lede van die bevorderingspaneel is self ook swart. Hulle eindig hulle brief só: “Ons het te doen met omgekeerde rassisme, nie regstellende aksie of transformasie nie” (Beeld 2005:elektroniese bron). Selfs Sihle Zikalala, die provinsiale sekretaris van die ANC in KwaZulu-Natal, het onlangs “toegegee dat regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging as omgekeerde diskriminasie beskou word” (Liebenberg 2012:elektroniese bron). Navorsing van die Helen Suzman Stigting het bevind dat alhoewel daar in afname was in wit Afrikaanssprekendes se weerstand teen regstellende aksie, die meerderheid steeds daarteen gekant is. Hulle gebruik selfs die woorde “remain hostile.” In 1996 was 83% gekant teen regstellende aksie terwyl die syfer in 2000 afgekom het na 56%. “In

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p91 practice whites have learnt to live with a degree of affirmative action and now, however grudgingly, see it as normal in the workplace” (Johnson, S. 2000:elektroniese bron). 3.1.8 Samevatting Oorsese koerantopskrifte soos Darkness in the Rainbow Nation, Crying for the Beloved Country en Is there a future for the white tribe of Africa? (aangehaal in Smith 2006:36) gee iets weer van die bekommernis waarmee baie Suid-Afrikaners saamleef. Op ʼn blog stel iemand met die Afrikaanse naam van Anton Barnard (2010:elektroniese bron) sy frustrasie so ten toon: I am sure that the large majority of whites, Afrikaans or Englishspeaking, would agree that South Africa under ANC rule has become a nightmarish, third-world hell-hole, replete with uneducated tin-pot megalomaniacs screaming down the roads in blue-light convoys, often mowing down innocent pedestrians, corruption, anarchy, decaying infrastructure, rubbish in the streets, heretofore unknown levels of violent crime, as well as the quasi-religion of state racism, known as transformation (a.k.a. ethnic cleansing) aimed against whites in the form of affirmative action and BEE. Of almal heeltemal so ver sal gaan om dit te stel soos Barnard hierbo, is te betwyfel. Wat wel waar is, is dat ten minste sommige wit mense begin twyfel aan die woorde van Nelson Mandela (1994:elektroniese bron) in sy inhuldigingstoespraak in 1994: We enter into a covenant that we shall build a society in which all South Africans, both black and white, will be able to walk tall, without any fear in their hearts, assured of their inalienable right to human dignity – a rainbow nation at peace with itself and the world. 3.2 Ontnugter As onseker die woord oor die toekoms is, dan is ontnugter die woord oor die verlede. Vroeg in Mei 2001 skryf Chris Louw ʼn ope brief in Beeld aan Willem de Klerk in reaksie op De Klerk (2000) se boek Afrikaners: Kroes, kras, kordaat. Waar De Klerk hom rig tot die “jong Afrikaners” om hulle “te naelstring in Afrikanerwees” (De Klerk 2000:6),

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p91

practice whites have learnt to live with a degree of affirmative action and now, however

grudgingly, see it as normal in the workplace” (Johnson, S. 2000:elektroniese bron).

3.1.8 Samevatting

Oorsese koerantopskrifte soos Darkness in the Rainbow Nation, Crying for the Beloved

Country en Is there a future for the white tribe of Africa? (aangehaal in Smith 2006:36)

gee iets weer van die bekommernis waarmee baie Suid-Afrikaners saamleef. Op ʼn blog

stel iemand met die Afrikaanse naam van Anton Barnard (2010:elektroniese bron) sy

frustrasie so ten toon:

I am sure that the large majority of whites, Afrikaans or Englishspeaking,

would agree that South Africa under ANC rule has become a

nightmarish, third-world hell-hole, replete with uneducated tin-pot

megalomaniacs screaming down the roads in blue-light convoys, often

mowing down innocent pedestrians, corruption, anarchy, decaying

infrastructure, rubbish in the streets, heretofore unknown levels of

violent crime, as well as the quasi-religion of state racism, known as

transformation (a.k.a. ethnic cleansing) aimed against whites in the

form of affirmative action and BEE.

Of almal heeltemal so ver sal gaan om dit te stel soos Barnard hierbo, is te betwyfel.

Wat wel waar is, is dat ten minste sommige wit mense begin twyfel aan die woorde van

Nelson Mandela (1994:elektroniese bron) in sy inhuldigingstoespraak in 1994:

We enter into a covenant that we shall build a society in which all South

Africans, both black and white, will be able to walk tall, without any fear

in their hearts, assured of their inalienable right to human dignity – a

rainbow nation at peace with itself and the world.

3.2 Ontnugter

As onseker die woord oor die toekoms is, dan is ontnugter die woord oor die verlede.

Vroeg in Mei 2001 skryf Chris Louw ʼn ope brief in Beeld aan Willem de Klerk in reaksie

op De Klerk (2000) se boek Afrikaners: Kroes, kras, kordaat. Waar De Klerk hom rig tot

die “jong Afrikaners” om hulle “te naelstring in Afrikanerwees” (De Klerk 2000:6),

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!