25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p90

regstellende aksie byna altyd deel van die gesprek.

Al sê George [15-328] dat dit hom nie meer raak nie, omdat hy nou... die

verpligte aftree-ouderdom bereik het, is daar van die ander, soos Danie

[13-096] en Isak [14-022] vir wie regstellende aksie ʼn pynlike ervaring was en steeds is.

Vir sommige is die fokus meer op ons wit kinders [wat] nie werk kry nie

[Elsa 9-639].

In koerantbriewe en braaivleisgesprekke is dit algemeen dat frustrasie oor regstellende

aksie verwoord word. Só skryf Dommissie (2011:elektroniese bron) na aanleiding van ʼn

televisieprogram oor arm, wit mense: “Van die armblankes wat in die dokumentêr

aangehaal word, sê regstellende aksie het hulle verarm of dat daar deur swart

mynbase teen hulle diskrimineer word.” ʼn Ma skryf oor haar seun se lot omdat hy nie

matriek het nie en nie ʼn behoorlike werk kan kry nie. Haar gevolgtrekking hieroor is

duidelik: “Hierdie omgekeerde rassisme benadeel my seun van 28 en ander jong

wittes” (Smit 2004:elektroniese bron).

Ook vanuit die buiteland word soortgelyke stemme gehoor. As Scholtz

(2011:elektroniese bron) skryf oor die vakbond Solidariteit se poging om buitelandse

druk op die ANC regering te probeer plaas, dan sê hy reguit die regering “diskrimineer

teen wittes en bruines deur die manier waarop hy regstellende aksie toepas.”

In 2005 skryf ʼn “Anonieme groep wit polisiebeamptes” in ʼn brief aan Beeld oor hulle

frustrasies met bevorderings in die SAPD wat volgens hulle net aan swart lede gaan.

Volgens hulle is daar verskillende stelle kriteria wat gebruik word en al die lede van die

bevorderingspaneel is self ook swart. Hulle eindig hulle brief só: “Ons het te doen met

omgekeerde rassisme, nie regstellende aksie of transformasie nie” (Beeld

2005:elektroniese bron). Selfs Sihle Zikalala, die provinsiale sekretaris van die ANC in

KwaZulu-Natal, het onlangs “toegegee dat regstellende aksie en swart ekonomiese

bemagtiging as omgekeerde diskriminasie beskou word” (Liebenberg 2012:elektroniese

bron).

Navorsing van die Helen Suzman Stigting het bevind dat alhoewel daar in afname was

in wit Afrikaanssprekendes se weerstand teen regstellende aksie, die meerderheid

steeds daarteen gekant is. Hulle gebruik selfs die woorde “remain hostile.” In 1996 was

83% gekant teen regstellende aksie terwyl die syfer in 2000 afgekom het na 56%. “In

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!