LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p88 Suid-Afrika rep hy nie ʼn woord nie. 3.1.6 Wit skuld Daar is egter een kwessie wat meer as enige ander die emosies van wit mense op loop sit en tot hewige, en soms onsmaaklike, briewewisseling en debatvoering in die dagblaaie lei. Die vraag na wit skuld al dan nie bring ʼn weerstand en aggressie na vore soos min ander sake kan. Van Niekerk (2011:elektroniese bron) stel sy standpunt onomwonde: “As wit mense sit ons met enorme skuld ten opsigte van die verlede.” Hy verwys ook na Naudé wat op sy beurt weer ʼn opvolgartikel skryf (Naudé 2011:elektroniese bron) waarin hy Van Niekerk beskuldig van veralgemenings en steeds enige moontlike skuld ontken. Die reaksie wat hierdie twee se artikels oor wit skuld tot gevolg gehad het, spreek boekdele. In die reaksies op die artikels in die koerante, was daar nie ʼn enkele persoon wat onomwonde erken het dat wit Afrikaners skuld het aan apartheid nie! Die naaste daaraan is Stufflé (skuilnaam) wat reageer op Naudé (2011:elektroniese bron) deur te sê: “Dit beteken nie apartheid was reg nie. Maar miskien beteken beteken (sic) dit dat apartheid reg was vir sy tyd.” Kotze (2011:elektroniese bron) se vertrekpunt is weer dat daar “weinig onskuldiges” is. Sy skulderkenning verwoord hy so tussen die verontskuldigings: “Apartheid was verkeerd. Tydens segregasie in die VSA is swart mense ge’lynch’. Die ANC se struggle was uiters wreed en het die dood van baie van hulle eie mense gekos. Die ANC se onbeholpe kaders is huidiglik (sic) besig om Suid-Afrika te vernietig.” Aan die ander kant van die spektrum was die reaksie baie uitgesproke. Benewens die algemene “kom ons beweeg aan” was daar ook diegene wat steeds oortuig was dat apartheid ʼn goeie beleid was. So verklaar Henning (skuilnaam) in sy reaksie op Naudé (2011:elektroniese bron): “Apartheid was toe after-all (sic) nie net 'n slegte ding nie. Op die ou-end het dit meer goed as sleg ingehou vir AL (sic) die burgers van Suid Afrika. So waaroor op dees aarde moet ek skuldig voel... Huu?” Die weerstand teen die idee van wit mense wat skuldig moet voel oor apartheid was nie beperk tot woorde in koerante nie. Op 14 Julie 2011 het Abel Malan, ’n sakeman van Nelspruit en ’n kandidaat van die Volksraad-verkiesingskommissie (VVK) vir

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p89 professor Van Niekerk in sy kantoor op Stellenbosch “fisiek aangerand” (Gerber, J. 2011:elektroniese bron). Een van die jonger geslag reageer met verontwaardiging op die idee dat hy en sy geslag skuldig moet voel vir iets waaraan hulle geen aandeel gehad het nie. Ene corne.schutte (skuilnaam) vra, in reaksie op ʼn nuusberig oor die aanval op Van Niekerk van Stellenbosch (Gerber, J. 2011:elektroniese bron): “waarom moet Afrikaners aanhou om die skuld te dra vir wat Prof Anton se generasie skynbaar veroorsaak het?” Sy gebruik van die word “skynbaar” laat die vraag ontstaan of hy werklik dink dat daar iets is om oor skuldig te voel. Benewens bogenoemde reaksie op die berig, was waar ook diegene wat hulle nie kon weerhou van die banale nie. So reken jan petoors (skuilnaam) “hy moes sy keel af gesny het”, Andrew Larson (skuilnaam) meen “Malan moes hom dood gebliksem het” en Bump (skuilnaam) is van mening “[h]y moes harder gemoer gewees het” want “[d]aar is nie pille vir domgeit (sic) nie jy (sic) poepol (sic).” Die punt van kommer in al die kommentaar oor die skuldkwessie, is dat byna niemand verwys na die werklike probleem met die beleid van apartheid, naamlik dat dit mense hul menswaardigheid ontneem het, nie. Telkens is die fokus op die positiewe wat vir die land en sy inwoners gekom het, of daar word blatant ontken dat enigeen benadeel is deur apartheid. Oor die dekades-lange bevoordeling van wit mense ten koste van swart mense word daar bykans nooit iets gesê nie. 3.1.7 Regstellende aksie Die laaste saak wat ek hier wil aanraak oor die onsekerheid ten opsigte van die toekoms, is regstellende aksie. Hierdie saak kom ook herhaaldelik voor in die opvolgnavorsing. Vir baie wit mense, en veral wit mans, is regstellende aksie niks anders as omgekeerde rassisme nie. Baie wit mense het skielik ʼn plafon bereik in hulle loopbane en moet sien hoe ander mense wat dikwels minder bekwaam is en minder ondervinding het bo hulle bevorder word. Hierdie tipe optrede lei tot gebrekkige motivering en baie aanvaar by die eerste-beste geleentheid ʼn pakket sodat hulle uit ʼn onhoudbare situasie kan wegkom. Wanneer wit Afrikaners praat oor wat in die afgelope veertien jaar in hulle lewens gebeur het wat hulle toekoms die meeste affekteer, is

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p88

Suid-Afrika rep hy nie ʼn woord nie.

3.1.6 Wit skuld

Daar is egter een kwessie wat meer as enige ander die emosies van wit mense op loop

sit en tot hewige, en soms onsmaaklike, briewewisseling en debatvoering in die

dagblaaie lei. Die vraag na wit skuld al dan nie bring ʼn weerstand en aggressie na vore

soos min ander sake kan. Van Niekerk (2011:elektroniese bron) stel sy standpunt

onomwonde: “As wit mense sit ons met enorme skuld ten opsigte van die verlede.” Hy

verwys ook na Naudé wat op sy beurt weer ʼn opvolgartikel skryf (Naudé

2011:elektroniese bron) waarin hy Van Niekerk beskuldig van veralgemenings en

steeds enige moontlike skuld ontken. Die reaksie wat hierdie twee se artikels oor wit

skuld tot gevolg gehad het, spreek boekdele.

In die reaksies op die artikels in die koerante, was daar nie ʼn enkele persoon wat

onomwonde erken het dat wit Afrikaners skuld het aan apartheid nie! Die naaste

daaraan is Stufflé (skuilnaam) wat reageer op Naudé (2011:elektroniese bron) deur te

sê: “Dit beteken nie apartheid was reg nie. Maar miskien beteken beteken (sic) dit dat

apartheid reg was vir sy tyd.” Kotze (2011:elektroniese bron) se vertrekpunt is weer dat

daar “weinig onskuldiges” is. Sy skulderkenning verwoord hy so tussen die verontskuldigings:

“Apartheid was verkeerd. Tydens segregasie in die VSA is swart mense

ge’lynch’. Die ANC se struggle was uiters wreed en het die dood van baie van hulle eie

mense gekos. Die ANC se onbeholpe kaders is huidiglik (sic) besig om Suid-Afrika te

vernietig.”

Aan die ander kant van die spektrum was die reaksie baie uitgesproke. Benewens die

algemene “kom ons beweeg aan” was daar ook diegene wat steeds oortuig was dat

apartheid ʼn goeie beleid was. So verklaar Henning (skuilnaam) in sy reaksie op Naudé

(2011:elektroniese bron): “Apartheid was toe after-all (sic) nie net 'n slegte ding nie. Op

die ou-end het dit meer goed as sleg ingehou vir AL (sic) die burgers van Suid Afrika.

So waaroor op dees aarde moet ek skuldig voel... Huu?”

Die weerstand teen die idee van wit mense wat skuldig moet voel oor apartheid was

nie beperk tot woorde in koerante nie. Op 14 Julie 2011 het Abel Malan, ’n sakeman

van Nelspruit en ’n kandidaat van die Volksraad-verkiesingskommissie (VVK) vir

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!