25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p87

Al hierdie faktore hierbo genoem, veroorsaak dat al meer mense die land verlaat. Dit is

dikwels die jongmense (Naidoo 2010:elektroniese bron) en die goed-gekwalifiseerdes

wat emigreer. Volgens ʼn berig in Newsweek (Johnson, S. 2009:elektroniese bron)

beraam die SA Instituut vir Rasse-aangeleenthede dat ongeveer 800 000 wit mense,

uit ʼn totaal van ongeveer 4 miljoen, die land reeds sedert 1995 verlaat het. Die redes

wat hulle aangevoer is hoofsaaklik vrees vir misdaad soos moord en verkragting.

Voortdurende plaasaanvalle, regstellende aksie en die politieke onsekerheid word ook

as redes aangebied. Verskillende organisasies, soos Afri-Forum se Kom Huis Toe

Veldtog (Bailey 2007:elektroniese bron) en die onafhanklike nie-winsgewende

organisasie Homecoming revolution (Jones 2003:elektroniese bron), probeer om

hierdie, dikwels hoogsgeskoolde, mense terug te lok na Suid-Afrika. Terselfdertyd is

die aantal emigrante blykbaar nie ʼn probleem vir die regerende party nie. Die ANCwoordvoerder,

Jackson Mthembu, het gesê die mense wat die land wil verlaat, moet

maar gaan. “Ek verstaan eintlik nie hoekom mense die land sal wil verlaat nie”

(Pretorius 2011:elektroniese bron).

Nie almal wat ongelukkig is, verlaat die land nie. Vir baie is dit nie moontlik om te

emigreer nie, al sou hulle wou. Baie ander wil eenvoudig nie hulle geboorteland verruil

vir ʼn ander nie. Baie van hierdie groep emigreer egter na binne en onttrek hulle vir alle

praktiese doeleindes aan die samelewing.

Onder diegene wat nie die land verlaat het nie, is daar steeds ʼn groep wat glo dat

apartheid “nie so erg” was nie. Van die gebruiklike “ja, maar” voorstanders is daar baie.

Ander gaan selfs verder. In reaksie op ʼn brief van Barnard-Naudé (2011a:elektroniese

bron) in Rapport skryf iemand as volg onder die skuilnaam Fillistyn: “Ek is 'n apartheid

bevoordeelde en trots daarop. Die ander volke in SA het 'n morele plig om vir die

afrikaner (sic) dankie te se (sic) vir wat hy vir hulle gedoen het oor jare en ook jammer

dat hulle hom nou sy selfbeskikkingsreg ontse (sic).”

Ander probeer steeds ʼn saak daarvoor uitmaak dat apartheid “sin gemaak” het (Du Toit

2010:elektroniese bron). In ʼn lang, uitvoerige artikel probeer hy bewys dat die beleid

van apartheid bloot gaan oor die sterkste groep wat vir sy eie voortbestaan sorg. Hy

vergelyk dit dan met, onder andere, honde wat baklei om ʼn been. Die politieke beleid

was dan bloot die gevolg van die sterkste hond wat die grootste been gekry het.

Hierdie beleid het dan ook groot voordeel ingehou vir die ander inwoners van die land.

Oor die effek van die beleid op swart mense en die ontwikkeling van die swart volke in

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!