LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p84 is bekommerd oor Suid-Afrika se “kleiner wordende pastei”. As gevolg van die land se “deïndustrialisering” sluit fabrieke en verval die vervoerstelsel. “Ons ekonomie kwyn en almal baklei oor snye van die kleiner wordende pastei. Ons is op pad na moeilikheid” (aangehaal in Retief 2011:elektroniese bron). In die opvolgonderhoude kom die kwessie van die agteruitgang van dienslewering in Suid-Afrika ook keer op keer na vore. In hierdie verband is Welkom ook nie uitgesluit nie. Elsa [9-046] vat dit goed raak as sy sê wit mense was gewoond aan ʼn sisteem wat die grootste gedeelte van die geld op die blanke mense gespandeer het. Dit is dus te verstane dat nie alle dienste onveranderd kan aangaan soos in die verlede nie. Die omvang van die agteruitgang is egter van so ʼn aard dat dit op geen manier geïgnoreer kan word nie. Twee plaaslike voorbeeld word hieronder bespreek. Frans [9-668] verwys na die agteruitgang van Welkom se rioolwerke waarby hy self betrokke was toe hy nog aktief in die politiek was. In ʼn koerantberig hieroor skryf Phillips (2009b:elektroniese bron): “[a]gt voormalige munisipale bestuurders en waarnemende munisipale bestuurders van die Matjhabeng-munisipaliteit het gister in die hof op Welkom verskyn op aanklagte van die oortreding van die Waterwet... die rioolaanleg by Odendaalsrus werk al bykans twee jaar glad nie, Witpan in Welkom staan al ’n jaar lank stil en riool loop al langer as ’n jaar by Virginia in die Sandrivier in.” ʼn Jaar later skryf dieselfde joernalis (Phillips 2010:elektroniese bron) dat die rioolprobleem “besig om sulke ernstige afmetings aan te neem dat dit mense se lewens kan eis... [v]andeesweek het rou riool uit minstens drie mangate in Powerweg in die nywerheidsgebied van Welkom geborrel...” en dit ondanks ʼn “hangende hofsaak” teen die munisipaliteit. Dit is dus te verstane dat hierdie tipe saak dikwels met ontsteltenis in die onderhoude te berde gebring is. As die klagtes oor swak dienslewering gelei het tot verbeterde diens, sou inwoners dalk minder ongelukkig gewees het daaroor, maar dit gebeur dikwels nie. In opvolg van die twee genoemde berigte, skryf die plaaslike gemeenskapskoerant Vista (2012a:1) op 31 Mei 2012 die volgende: “Welkom se rioolprobleme, wat reeds in die hof gedraai het, het nou so handuit geruk dat dit ernstige gesondheidsprobleme vir inwoners inhou. Die Demokratiese Alliansie (DA) 13 oorweeg dit sterk om ʼn verdere strafregtelike klag teen 13 Die Demokratiese Alliansie is die amptelike opposisieparty in die Parlement.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p85 die Matjhabeng-munisipaliteit in te dien.” In dieselfde uitgawe van Vista word vertel van ʼn hoofweg in Thabong – die tradisioneel swart woonbuurt – wat na drie verskillende kontrakteurs en agt jaar se gesukkel uiteindelik deur ʼn ander kontrakteur in net vier maande voltooi is. “Vista het vertroulik verneem dat die kontrakteurs wat deur die munisipaliteit aangestel is, nie genoegsame opleiding gehad het om die taak suksesvol af te handel nie” (Vista 2012b:1). Selfs beloftes wat die voormalige minister in die presidensie Essop Pahad vyf jaar gelede al gemaak het om die pad binne vyf maande te laat herstel, het nie gerealiseer nie. Diensleweringsbetogings het alledaags geword in byna al die provinsies van die land. According to data produced by Municipal IQ, an independent agency that collects government data, there were 402 ‘major’ service delivery protests in South Africa between 2004 and 2011. Since 2004, there has been a steady increase in service delivery protests, peaking in 2010 with 111 occurrences. Last year, that figure dropped to 81 (Rondganger 2012:elektroniese bron). Volgens die SABC (2012:elektroniese bron) se data 101 service delivery protests were reported from January 1 to May 31 this year. This is an average of 20.2 protests a month; 11 houses belonging to councillors (sic) or otherwise were attacked and / or damaged and 18 buildings (municipal and otherwise) were attacked / damaged / burnt to the ground. Al hoe meer mense, veral uit armer gemeenskappe, wend hulle tot betogings – dikwels gewelddadig – omdat hulle meen dat dit die enigste manier is om dienste te kry waarop hulle geregtig is, of wat aan hulle beloof is. “Most commonly, the protests are rooted in informal settlements that have sprung up near urban areas, where the poor who do not receive government services rub up against the poor who do” (Bearak 2009:A4). 3.1.5 Rassisme Tesame met bogenoemde eksterne faktore is daar ook bepaalde interne kwessies wat die lewe vir wit Afrikaners moeilik maak. Die een groot probleem is dat hulle nog nie ʼn

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p84

is bekommerd oor Suid-Afrika se “kleiner wordende pastei”. As gevolg van die land se

“deïndustrialisering” sluit fabrieke en verval die vervoerstelsel. “Ons ekonomie kwyn en

almal baklei oor snye van die kleiner wordende pastei. Ons is op pad na moeilikheid”

(aangehaal in Retief 2011:elektroniese bron).

In die opvolgonderhoude kom die kwessie van die agteruitgang van dienslewering in

Suid-Afrika ook keer op keer na vore. In hierdie verband is Welkom ook nie uitgesluit

nie. Elsa [9-046] vat dit goed raak as sy sê wit mense was gewoond aan ʼn

sisteem wat die grootste gedeelte van die geld op die blanke

mense gespandeer het. Dit is dus te verstane dat nie alle dienste onveranderd kan

aangaan soos in die verlede nie. Die omvang van die agteruitgang is egter van so ʼn

aard dat dit op geen manier geïgnoreer kan word nie. Twee plaaslike voorbeeld word

hieronder bespreek.

Frans [9-668] verwys na die agteruitgang van Welkom se rioolwerke waarby hy self

betrokke was toe hy nog aktief in die politiek was. In ʼn koerantberig hieroor skryf

Phillips (2009b:elektroniese bron): “[a]gt voormalige munisipale bestuurders en

waarnemende munisipale bestuurders van die Matjhabeng-munisipaliteit het gister in

die hof op Welkom verskyn op aanklagte van die oortreding van die Waterwet... die

rioolaanleg by Odendaalsrus werk al bykans twee jaar glad nie, Witpan in Welkom

staan al ’n jaar lank stil en riool loop al langer as ’n jaar by Virginia in die Sandrivier in.”

ʼn Jaar later skryf dieselfde joernalis (Phillips 2010:elektroniese bron) dat die

rioolprobleem “besig om sulke ernstige afmetings aan te neem dat dit mense se lewens

kan eis... [v]andeesweek het rou riool uit minstens drie mangate in Powerweg in die

nywerheidsgebied van Welkom geborrel...” en dit ondanks ʼn “hangende hofsaak” teen

die munisipaliteit. Dit is dus te verstane dat hierdie tipe saak dikwels met ontsteltenis in

die onderhoude te berde gebring is.

As die klagtes oor swak dienslewering gelei het tot verbeterde diens, sou inwoners dalk

minder ongelukkig gewees het daaroor, maar dit gebeur dikwels nie. In opvolg van die

twee genoemde berigte, skryf die plaaslike gemeenskapskoerant Vista (2012a:1) op 31

Mei 2012 die volgende: “Welkom se rioolprobleme, wat reeds in die hof gedraai het, het

nou so handuit geruk dat dit ernstige gesondheidsprobleme vir inwoners inhou. Die

Demokratiese Alliansie (DA) 13 oorweeg dit sterk om ʼn verdere strafregtelike klag teen

13 Die Demokratiese Alliansie is die amptelike opposisieparty in die Parlement.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!