Lees Hannes se kortverhaal hier. - George Herald

Lees Hannes se kortverhaal hier. - George Herald Lees Hannes se kortverhaal hier. - George Herald

georgeherald.com
from georgeherald.com More from this publisher
14.11.2013 Views

Dit was meer as ses maande gelede besef Pikkie terwyl hy die papiertjie terugsit in die lêer. Op die rekenaarskerm flikker die aanwyser, koggel hom, daag hom om woorde te tik. Hy klik met die muis en maak die foto-lêer oop waar hy al die foto’s van die saak hou. Behalwe vir ‘n paar foto’s van die ondersoekbeamtpte, kapt Hugo Carstens en mense wat by verskeie geleenthede buite die hof vergader is al die foto’s van Pritchard. Pritchard wat, met cowboyhoed op die kop en in blink karre, die Amerikaanse droom in Suid-Afrika kom leef. Daar is foto’s van hom in gesprek met sy advokaat; foto’s waar hy hand-aan-hand met sy vroutjie wat net-net dertig lyk; foto’s van sy breë glimlag wat altyd die kamera’s opsoek. En dan, vandag se foto’s voor die hof nadat hy onskuldig bevind is. Op een foto, met sy een hand om sy vrou se middeltjie waai hy selfs met sy hoed vir die kameras. Dié beeld was vroeër die aand ook op televisiekanale se nuusprogramme. Dan lui sy foon. Dis Schalk Kruger, die nagredakteur en hy begin praat sonder om te groet. “Dis halftien, ek soek my voorblad halfelf, nie elfuur of tien oor elf nie, halfelf.” Hy wag nie vir ‘n antwoord nie. Roelf loer oor die afskorting. “Schalk?” “Nee, die tandmuis se antie!”

“Sorry, hel, ek probeer net help.” Pikkie antwoord nie brom net onderlangs en begin tik. “KAAPSTAD - Die staat kon ten spyte van vele betoë, nie daarin slaag om die hof te oortuig dat die skatryk sakeman, Malcolm Pritchard (62), skuldig is aan die beweerde herhaalde seksuele molestering en verkragting van ‘n tienjarige meisie nie. Gevolglik het Pritchard gister as ‘n vry man…” Sy telefoon lui weer. “O shit…alweer die tandmuis se antie” kom Roelf se stem versigtig oor die afskorting. Pikkie gryp die gehoorstuk. “Schalk ek weet die deadline is halfelf okay? Jy hoef nie…” “Pritchard is dood,” word hy deur ‘n blafstem in die rede geval. Hy herken dadelik die stem van kapt Hugo Carstens. “Kom weer… wat van dood?” “Ek sê Pritchard is dood. Nou net die call gekry. Voor sy huis, ek’s op pad soontoe.” “Ek verstaan nie, hoe bedoel jy…” “Hou op stupid vrae vra, kry jou gat in rat en ry – ek kry jou daar. Ek het nie details nie. Uniforms het gebel en gesê daar was ‘n mugging of iets, in sy drive-way. Ry nou – ons kan daar praat.” Pikkie gryp sy karsleutels en sy kamera, skree oor die afskorting, “Bel vir Schalk, sê hy moet vashou die voorblad gaan verander…” en hardloop in die gang af. . . . . . Die jong polisiekonstabel leun met sy elmboë op die toonbank. Op die wit horlosie teen die aanklagkantoor se muur is dit halfelf. Hy draai na sy kollega wat selfoon in die hand agter ‘n lessenaar sit en sê in Xhosa “Kayalitsha is stil vir ‘n Woensdagaand.”

Dit was meer as ses maande gelede besef Pikkie terwyl hy die papiertjie terugsit in die

lêer. Op die rekenaarskerm flikker die aanwyser, koggel hom, daag hom om woorde te

tik.

Hy klik met die muis en maak die foto-lêer oop waar hy al die foto’s van die saak hou.

Behalwe vir ‘n paar foto’s van die ondersoekbeamtpte, kapt Hugo Carstens en mense wat

by verskeie geleenthede buite die hof vergader is al die foto’s van Pritchard.

Pritchard wat, met cowboyhoed op die kop en in blink karre, die Amerikaanse droom in

Suid-Afrika kom leef.

Daar is foto’s van hom in gesprek met sy advokaat; foto’s waar hy hand-aan-hand met sy

vroutjie wat net-net dertig lyk; foto’s van sy breë glimlag wat altyd die kamera’s opsoek.

En dan, vandag se foto’s voor die hof nadat hy onskuldig bevind is. Op een foto, met sy

een hand om sy vrou se middeltjie waai hy selfs met sy hoed vir die kameras. Dié beeld

was vroeër die aand ook op televisiekanale se nuusprogramme.

Dan lui sy foon. Dis Schalk Kruger, die nagredakteur en hy begin praat sonder om te

groet.

“Dis halftien, ek soek my voorblad halfelf, nie elfuur of tien oor elf nie, halfelf.”

Hy wag nie vir ‘n antwoord nie.

Roelf loer oor die afskorting.

“Schalk?”

“Nee, die tandmuis se antie!”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!