14.11.2013 Views

Lees Hannes se kortverhaal hier. - George Herald

Lees Hannes se kortverhaal hier. - George Herald

Lees Hannes se kortverhaal hier. - George Herald

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die man met die cowboyhoed

Hannes Visser

“KAAPSTAD - Die 62-jarige sakeman wat daarvan aangekla was dat hy ‘n tienjarige

meisie sedert haar agste jaar gereeld seksueel gemolesteer het, het vandag as ‘n vry man

Pikkie Kruger swets hardop, vee die reël op sy rekenaarskerm skoon en tik weer;

“KAAPSTAD - Die hof hier het vandag bevind dat die staat nie bo alle redelike twyfel

kon bewys dat flambojante sakeman, Gary Pritchard (62,) die dogtertjie van sy

huishulp...”

Kruger vloek kliphard, vee die lyn weer skoon, kyk na die horlosie teen die muur en

vloek weer.

“Jy moet ophou vloek en jou storie submit, jy weet hoe waansinnig raak Schalk as ons op

deadline is.” Roelf Redelinghuys steek sy kop oor die afskorting tussen hulle kantore.

“Donner pel, jyt dan nog niks op die screen nie. Dis die storie van die week, jy moet

skryf babba, Schalk kry ‘n kleintjie as hy nou hier inkom, deadline is oor twee ure.”

Pikkie vryf sy hande oor sy gesig en deur sy reeds deurmekaar hare.

“Dink jy ek weet dit nie? Ek weet nie hoe om te begin nie, die bliksem loop vry uit, hoe

skryf ek dit? Ek weet hy’s skuldig, jy weet hy’s skuldig, sy opgetofte vrou weet hy’s

skuldig, die hele wetterse wereld weet hy’s skuldig, maar op ons voorblad moet

ek nou ...”

“Dit maak nie saak wat ons weet of dink ons weet nie,” val Roelf hom in die rede, “die

feit is die hof het besluit daar is te veel gate in die meisie se getuienis en...”

“Man, die feite se moer en die hof s’n ook, die staatsaanklaer is ‘n idioot. Hoekom dink

jy target mans soos Pritchard kinders uit townships en hoekom dink jy stel rykgatte soos

hy advokate aan wat ‘n saak langer as ‘n jaar kan uitrek. Ek sal jou sê hoekom. Want die

bliksem weet hoe langer dit vat hoe minder onthou die kind en hoe meer onbetroubaar

raak haar weergawe.”

Hy haal ‘n keer diep asem, grou deur die klomp papiere en boeke op sy lessenaar en waai

‘n bruin toevou-lêer in die lug.

“Weet jy wat is hierdie? Dis ‘n jaar se bewyse, dis Nwabisa se lewe wat deur daai wetter

opgevreet en uitgespoeg is. Dis my notas, polisieverklarings, haar ma en oupa se stories,

berigte – ‘n jaar se goed. Goeie hel, enige aanklaer wat balls het en hierna kyk sal ‘n

regter kon oortuig...”

Roelf gooi sy hande verontskuldigend in die lug. “Moenie met my baklei nie. Al wat ek

sê is dat jy jou storie betyds vir jou deadline moet klaarkry. End of story.”

Hy duik vinnig agter die afskorting in toe dit lyk of hy met die lêer gegooi gaan word.

Pikkie sit die lêer neer, blaai daardeur en haal ‘n stuk papier uit. Dit is uit ‘n skool

skryfboek geskeur. In ‘n ferm handskrif is die name: Zolani Khoza (Charles),

Nomzwakhe Khoza (Margaret) en Nwabisa Khoza (Innocence) in potlood geskryf.

Die ou man wat vir hom die papiertjie gegee het, het saam met ‘n jonger vrou en ‘n

tingerige meisiekind oorkant die lessenaar hier in die beknopte kantoortjie kom sit, die

dag nadat Pritchard in die hof onskuldig gepleit het op al die aanklagte. Die dag wat

koerante Pritchard se naam en foto mag publiseer het omdat hy in die hof gepleit het.

Pikkie het by daardie berig ‘n foto van Pritchard gebruik waar hy met sy afslaandak

BMW, cowboyhoed (een van dosyne wat hy om die beurt dra) op sy kop en regterarm op

die kardeur by die hof wegry.

Die ou man het sy dogter en sy kleinkind gebring om te hoor hoekom hulle name nie ook

in die koerant mag wees nie. “My kleinkind se lewe is gesteel, my dogter se lewe is

gesteel, my lewe is amper verby, maar niemand weet wie ons is nie. Ons is naamloos,

soos almal in Khayalitsha.” Toe het hy die papiertjie vir Pikkie gegee, met sy wysvinger

op elke naam gedruk; “Dis ek daai, Zolani, dis my dogter, Nomzwakhe en daai is die

naam van die kleintjie, Nwabisa – dit beteken die onskuldige een. Ek wil hé die mense

moet weet wie ons is, ons het gesigte.”

Pikkie het probeer verduidelik dat die wet hom verbied om die kind se naam te noem en

om haar identiteit te beskerm mag haar ma en oupa se name ook nie genoem word nie.

Deurentyd het die kleintjie hom stip aangekyk, maar soos ‘n blinde, sonder ‘n oogknip,

sonder erkenning.

Die ou man het vir ‘n ruk niks gesê nie, net na die name op die papier gekyk

“Weet jy hoe lyk ‘n kind wat soos ‘n grootmens huil? Hulle huil sonder trane, hulle huil

met hulle lyf en met hulle hart. Dis hoe Nwabisa gehuil het toe sy my vertel het van die

man Pritchard, wat hy gedoen het as haar ma moes werk. Ek wil he die mense moet weet

wie ons is, as hulle nie weet nie sal hulle nie kan verstaan nie.”

Dit was meer as ses maande gelede besef Pikkie terwyl hy die papiertjie terugsit in die

lêer. Op die rekenaarskerm flikker die aanwyser, koggel hom, daag hom om woorde te

tik.

Hy klik met die muis en maak die foto-lêer oop waar hy al die foto’s van die saak hou.

Behalwe vir ‘n paar foto’s van die ondersoekbeamtpte, kapt Hugo Carstens en mense wat

by verskeie geleenthede buite die hof vergader is al die foto’s van Pritchard.

Pritchard wat, met cowboyhoed op die kop en in blink karre, die Amerikaanse droom in

Suid-Afrika kom leef.

Daar is foto’s van hom in gesprek met sy advokaat; foto’s waar hy hand-aan-hand met sy

vroutjie wat net-net dertig lyk; foto’s van sy breë glimlag wat altyd die kamera’s opsoek.

En dan, vandag se foto’s voor die hof nadat hy onskuldig bevind is. Op een foto, met sy

een hand om sy vrou se middeltjie waai hy selfs met sy hoed vir die kameras. Dié beeld

was vroeër die aand ook op televisiekanale se nuusprogramme.

Dan lui sy foon. Dis Schalk Kruger, die nagredakteur en hy begin praat sonder om te

groet.

“Dis halftien, ek soek my voorblad halfelf, nie elfuur of tien oor elf nie, halfelf.”

Hy wag nie vir ‘n antwoord nie.

Roelf loer oor die afskorting.

“Schalk?”

“Nee, die tandmuis se antie!”

“Sorry, hel, ek probeer net help.”

Pikkie antwoord nie brom net onderlangs en begin tik.

“KAAPSTAD - Die staat kon ten spyte van vele betoë, nie daarin slaag om die hof te

oortuig dat die skatryk sakeman, Malcolm Pritchard (62), skuldig is aan die beweerde

herhaalde seksuele molestering en verkragting van ‘n tienjarige meisie nie. Gevolglik het

Pritchard gister as ‘n vry man…”

Sy telefoon lui weer.

“O shit…alweer die tandmuis se antie” kom Roelf se stem versigtig oor die afskorting.

Pikkie gryp die gehoorstuk. “Schalk ek weet die deadline is halfelf okay? Jy hoef nie…”

“Pritchard is dood,” word hy deur ‘n blafstem in die rede geval. Hy herken dadelik die

stem van kapt Hugo Carstens.

“Kom weer… wat van dood?”

“Ek sê Pritchard is dood. Nou net die call gekry. Voor sy huis, ek’s op pad soontoe.”

“Ek verstaan nie, hoe bedoel jy…”

“Hou op stupid vrae vra, kry jou gat in rat en ry – ek kry jou daar. Ek het nie details nie.

Uniforms het gebel en gesê daar was ‘n mugging of iets, in sy drive-way. Ry nou – ons

kan daar praat.”

Pikkie gryp sy karsleutels en sy kamera, skree oor die afskorting, “Bel vir Schalk, sê hy

moet vashou die voorblad gaan verander…” en hardloop in die gang af.

Die jong polisiekonstabel leun met sy elmboë op die toonbank. Op die wit horlosie teen

die aanklagkantoor se muur is dit halfelf. Hy draai na sy kollega wat selfoon in die hand

agter ‘n lessenaar sit en sê in Xhosa “Kayalitsha is stil vir ‘n Woensdagaand.”

“Dis omdat dit eers Vrydag all-pay is, die mense se sakke is leeg,” antwoord die ander

een sonder om op te kyk van die sms wat hy besig is om te tik.

“Ja, en die bottels is leeg, maar die naweek hardloop ons weer soos mal hoenders...”

Die deur van die aanklagkantoor word oopgestoot. ‘n Bejaarde man stap stadig tot by die

toonbank. Sy baadjie is vol donker vlekke, in een hand dra hy ‘n Shoprite-sak.

“Molo bawo.” groet die konstabel.

“Molo mhlekazi” kom die teengroet. “My naam is Zolani Khoza, ek is die pa van

Nomzwakhe Khoza, ek is die oupa van Nwabisa Khoza en die mense moet weet dit is

nou verby.” en hy sit die plastieksak voor die polisieman op die toonbank neer.

Die konstabel staan effens terug “Wat is hierdie?”

“Kyk, jy sal sien.”

Die ander polisieman stap nuuskierig nader as die eerste een die sak versigtig oopmaak.

Saam loer hulle in. In die sak lê, bedek met bloed, ‘n ligbruin cowboyhoed en ‘n handbyl

met ‘n houtsteel.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!