10.11.2013 Views

Inspirational Woman Supp Cover - George Herald

Inspirational Woman Supp Cover - George Herald

Inspirational Woman Supp Cover - George Herald

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

GROUP EDITORS

Most

Women

of the Garden Route

& Little Karoo 2011

Woman’s

Day is

about you

We salute every remarkable woman in our region who cares, who leads,

sustains, loves, supports and inspires those around her...

Mees Inn

Vrou

Who inspires you?

When we invited readers to nominate

the angels, the go-getters, the women

in our region to be considered for the

title, Most Inspiring Woman of the

Year, we knew there wouldn’t be a

shortage of nominees. But every year

we are more amazed than the previous

one at the quality of the entries

that fill our mailbox - from tenderhearted

caregivers to dynamic project

leaders and founders of community

organisations - we are inspired ...

It gives us great pleasure to finally

announce the 12 candidates for 2011,

selected by the editors of the George

Herald, Knysna/Plett Herald, Mossel

Bay Advertiser, Oudtshoorn Courant

and Suid-Kaap Forum. We chose a

selection of women who represent the

stars in the community as well as the

ordinary wife, mother and best friend

who struggles with everyday

problems while setting an example

with unquenchable fighting spirit.

We salute them, and every other

remarkable woman in our region who

cares, who leads, sustains, loves,

supports and inspires those around

her.

Your turn to vote

Now we need you, the community, to

vote for the woman you feel best

represents this title.

Voting lines are already open, so get

SMS’ing right now! Remember, voting

lines will close at 12:00 on 19 August.

Our Most Inspiring Woman of the

Garden Route and Little Karoo will

be announced in the George Herald,

Knysna-Plett Herald, Mossel Bay

Advertiser, Oudtshoorn courant and

South Cape Forum of 25 and 26

August.

And if you nominated our winner, you

stand a chance of winning awesome

prizes worth more than R3100! Be

sure to check your favourite local

newspaper to see who inspired the

most votes.

Our 2011 winner together with the

other 11 finalists, their spouses and

their nominators will be the VIP guests

at a special tea party on 26 August

where the winners will receive their

prizes. Special guests of honour will

be our previous two winners, Greta

Gericke and Jennifer Hartnick.

Let your fingers do the voting - now!

Most Inspiring Women of the

Garden Route & Little Karoo

Our winner will receive the following amazing

prizes to the value of R28 200!

2011

• A 2 night stay for 2 in a luxury suite at Simola Hotel, Country Club & Spa to the value of

R10 000. The package includes 1 round of golf (incl golf cart for the day) for 2, 1 couple’s spa

treatment 1 dinner for 2 at the Orchid Room Restaurant + breakfast for 2 on both mornings.

• 2 nights for 2 (incl breakfast) at Garden Route Casino Hotel & Spa worth R3 600.

• Bosch washing machine or dishwasher at Third Generation. Value: R3 500.

• Half-day spa package for 2 at Views Boutique Hotel & Spa to the value of R2 400.

• Photoshoot at Ian Fleming the Photographic Company. Value: R2 000.

• 1 Round of golf for 4 (incl cart) at Pezula Championship Course to the value of R1 600

• Weekend for 2 (excl breakfast) in a deluxe room at Oakhurst Hotel to the value of R1 500.

• Langeberg Mall gift card. Value: R1 000.

• Game drive for 2 at Botlierskop Private Game Reserve to the value of R790.

• Hair colour, treatment, cut & blow at Illa Salon worth R590.

• R500 Gift Voucher at Tuinroete Agri.

• RegimA hydrating facial + Aroma back & neck massage at Bodysense Wellness & Beauty

worth R420.

• Lunch for 2 at Café Gannet to the value of R300.

The nominator of our Most Inspiring Women 2011

will win prizes worth R3 100!

These include:

• 1 night stay for 2 (incl breakfast) in a luxury suite at Simola Hotel, Country Club & Spa in

Knysna to the value of R2 800.

• Lunch for 2 at Café Gannet to the value of R300.

Other sponsors:

Flowers 4 U, sponsoring flowers

for each of the 12 finalists.

Value: R1 800.

Please note that no prizes

will be redeemed for cash.

The New African Bank

Branch located inside

Ellerines in Hibernia

Street is up and running.

We invite everyone to come and

meet the friendly and efficient staff

that could help make a difference in

your life by welcoming you into our

African Bank family.

African Bank has a variety of products

which would suite everyone’s

needs. We specialise in personal

short term loans, credit cards as well

as a consolidation products to help

get you more financially sound. All

you need to bring along is your

green bar-coded ID book, your

latest payslip and a 3-month bank

statement.

Remember we are here to help you

and to build strong relationships that

will last for many years.

For Woman’s Day we are going to

really pull out all the stops and have

many in-house giveaways including

a collaboration with Ellerines.

One lucky lady could even win her

loan back in FULL !*

African Bank will be giving all the

ladies which have loans disbursed

on the 9th of August the opportunity

to pop a balloon and win a

special prize. Also not forgetting

the males in the community, your

disbursed loan reference number

will also be going into a lucky draw

box along with the ladies'.

The Ellerines staff have generously

donated a 3-pack electronic set

which will be the lucky draw prize

of the day. We would personally

like to say a BIG thank you to Nico

and Kleintjie from Ellerines.

We are waiting to meet

you all, so please call at

the Branch!

89435-LH-3111-CL

*Terms, conditions and affordability rules apply. NCR Reg No. NCRCP5. Reg No

1975/002526/06. An authorized financial services and registered credit provider.

Most Inn Woman

2011

Alma April

’ m

deur LINDIE JOUBERT

Dit verg 'n vrou met 'n sterk karakter en onwankelbare

geloof om 'n moederfiguur vir 'n vreemdeling se

kind te wees. Hoeveel van ons het die hart om ons

eie tuiste in 'n dagsorg te omskep?

Alma April het. Sy is 'n gewone vrou wat buitengewone

dinge bereik het deur God se krag. "Chanees

Dagsorg" is in 2001 gestig nadat sy die dringende

behoefte daarvoor in die gemeenskap opgemerk

het. Sy het haar pos by 'n bekende Mosselbaaise

eiendoms-agentskap prysgegee om haar nuwe taak

met oorgawe aan te pak.

Met besoek aan haar tuiste in Uitbreiding 23 in

Protea Park, Mosselbaai is dit duidelik dat "dagsorg"

nie heeltemal die gepaste woord is om haar tuiste te

beskryf nie. Hoe so? Sy sien tans om na 24 babas

en kinders tussen die ouderdomme van twee

maande en 16 jaar met die hulp van drie familielede.

Sommige slegs deur die dag en, so hartseer soos

wat dit is, sommige wat nooit in die aande opgetel

word nie weens swak huislike omstandighede...

Elf van die kinders is permanent in Alma se sorg. Sy

bied vir kinders 'n veilige hawe, ongeag of sy

vergoed word daarvoor of nie. Soms slaap daar tot

vyf lyfies in een bed, maar altyd skoon gewas, warm

toegedraai en met 'n magie vol kos. Sy het die

kinders lief asof hulle haar eie is. 'n Groot prioriteit

vir Alma is om waardes en beginsels aan die kinders

oor te dra.

Ongelukkig leef ons in 'n tydperk waar menige ouers

nie voldoende aandag kan skenk aan hul kinders nie

as gevolg van veeleisende beroepe, en dít is

wanneer vroue soos Alma 'n merkwaardige verskil in

die gemeenskap maak.

Alma wys ook nooit iemand weg wat aan haar deur

kom klop vir werk nie. Volgens haar is dit vir baie die

enigste uitweg om 'n bord kos aan die einde van die

dag te kan bekostig. Haar antwoord is kort en kragtig

op 'n vraag waar die finansiering vandaan kom. "Die

Here voorsien as jy Hom vra en met jou hele hart

glo..."

Alma se beskeidenheid is opvallend en haar liefde

en deernis vir haar medemens aansteeklik. Sy mag

dalk hulp van ander ontvang, maar dit is duidelik dat

sy die hoeksteen van "Chanees Dagsorg" vorm.

Hierdie vrou verdien erkenning vir die nederige werk

wat sy verrig. "Sonder my man, Vivian se ondersteuning

en ma Alberta, suster Alberta en susterskind

Virgil, sou die dagsorg nie vandag steeds

moontlik kon wees nie. Ek wil ook van hierdie

geleentheid gebruik maak om alle partye wat ons

gereeld voorsien van voedsel en bystand uit die

diepte van my hart te bedank. Laaste maar beslis nie

die minste - dankie aan my Liewe Vader wat my

toegerus het met hope geduld en vergewensgesindheid.

Alle eer aan Hom."

Alma is genomineer deur Thandeka Yako.

Die kinders in Alma se sorg voel

al soos haar eie.

Stem vir Alma as Group Editors se mees inspirerende vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo deur

A, gevolg deur jou naam en dorp na 32690 te sms. (R1 per sms)

Rogeline Bretteny

M a e ’ nye

deur LINDIE JOUBERT

Wanneer daar gepraat word van Ma'am Bretteny by

Indwe Sekondêre Skool in KwaNonqaba, Mosselbaai,

helder die leerders se gesigte behoorlik op. Rogeline

Bretteny is 'n vrou wat na aan die natuur leef en nie

skrik vir 'n nuwe uitdaging nie.

Sy is vir die afgelope 16 jaar 'n gerespekteerde en

geliefde onderwyseres by dié skool. Ná 20 jaar in die

onderwys, is sy steeds gaande oor haar werk. "God

gebruik my as instrument om 'n verskil in die leerders

se lewe te maak," sê sy.

Rogeline is reeds vir jare betrokke by 'n internasionale

omgewingsprogram, "Gobal Learning and Observation

to Benefit the Environment" (GLOBE) - 'n projek wat

haar baie na aan die hart lê en waarby sy haar skool

ook betrek het.

In 2003 het Rogeline en haar destydse Graad

10-leerders 'n GLOBE-omgewingstoer na Kaapstad

onderneem. Dit was verskeie leerders se eerste keer

op reis wat natuurlik onder normale omstandighede

nooit moontlik sou wees nie en vir die leerders was dit

'n insiggewende en verrykende toer.

In 2005 het sy 'n kruietuin voor haar klaskamer geplant

met die hulp van haar leerders. Dié kruietuin floreer

steeds en sy maak seker dat elke leerder gereeld 'n

beurt kry om 'n bossie kruie huis toe te neem.

Kort daarna het sy wéér inisiatief geneem en 'n buitenshuise

klaskamer oftewel 'n "groen" klaskamer ingerig

met behulp van verskeie partye. Elemente uit die

natuur is slim ingespan om 'n rustige hawe te skep

waartoe alle opvoeders en leerders geredelike toegang

het. Sy was vasbeslote om haar liefde vir die natuur aan

Indwe se leerders oor te dra.

In 2008 het Rogeline, 'n kollega en 'n groepie leerders,

'n weeklange opvoedkundige GLOBE- leerderekspedisie

onderneem na die Universiteit van Kaapstad. Die

jaar wat Rogeline egter nóóit sal vergeet nie is 2009, toe

sy van haar leerders kon saamneem om die uitmergelende

Kilimandjaro aan te pak. Dit was deel van 'n

GLOBE-navorsingsprojek oor aardverwarming. Sy het

die leerders onder haar vlerk geneem en verantwoordelikheid

geneem vir alle dokumentasie en mediese

prosedures ter voorbereiding van die ekspedisie.

In 2010 kon Rogeline nie die kans laat verbyglip om van

Kaapstad tot Port-Elizabeth te reis op die Algoa - die

bekende Suid-Afrikaanse navorsingskip op pad Antarktika

toe nie. Natuurlik met nog 'n kollega en 'n groepie

leerders...

Rogeline is onlangs aangewys as 'n "GLOBE Atmosphere

Master Trainer" - 'n eer wat min toeval, en dit is te

verstane dat sy hierdie titel waardig is.

Verlede jaar het Rogeline en haar eggenoot hul woning

opgeoffer om plek te maak vir die @Peace Facility wat

hul help stig het in September. Dit is 'n 12-bed versorgingseenheid

waar verskeie mediese praktisyns

bystand aan palliatiewe, terminale en sub-akute

pasiënte in die gemeenskap verleen.

Rogeline Bretteny is verseker 'n vrou wat vir altyd 'n

ere-plekkie in haar leerders (en ander gemeenskapslede)

se harte sal hê.

Genomineer deur Lisma Snyman

Stem vir Rogeline as Group Editors se mees inspirerende vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo deur

B, gevolg deur jou naam en dorp na 32690 te sms. (R1 per sms)

Rogeline Bretteny is 'n dinamiese

onderwyseres wat nuwe uitdagings

met ope arms verwelkom.

Mees Inn

Vrou

2011

Hettie Cloete

batugi v harl

deur ALIDA DE BEER

Hettie Cloete, ‘n ma van twee, groet met ‘n warm drukkie.

Haar groot, helder oë straal spontane vriendelikheid uit.

‘n Mens voel dadelik tuis as jy oor haar drumpel stap.

En dit is hoe sy altyd is, sê haar skoondogter, Anke, wat

haar genomineer het. "Die skoonma wat God my gegee

het, is ‘n groot seën in my lewe. Van die dag dat ek haar

leer ken het, sien ek hoe sy ander mense se behoeftes

voor haar eie stel," skryf Anke in haar nominasiebrief.

Hettie is duidelik erg verleë oor daar nou op haar gefokus

word ná die nominasie, dog, sy gesels gemoedelik.

Sy het haar man, Pieter, versorg nadat ‘n boom 13 jaar

gelede op sy kop geval het terwyl hy dit afgesaag het.

Dokters het gesê hy sal nooit weer kan praat, eet, sien of

loop nie, maar Hettie vertel dat sy geweier het om tou op

te gooi terwyl sy haar man (op haar eentjie) versorg en

hom alles stukkie vir stukkie van voor af moes leer doen

het. "As Pieter moedeloos geraak het, het ek net vir hom

gesê ‘jy kan!’ en gebid. Ek het net geglo dat die Here hom

gaan gesond maak, en Hy het."

Vandag lei Pieter ‘n normale lewe en staan hy vir Hettie

by, want ná hom, het haar een suster ernstig siek geraak

en het Hettie ook haar vir ‘n aantal jaar versorg tot haar

dood.

En vier jaar gelede het sy haar siek ma by haar in die huis

ingeneem om te versorg. Sy is weens emfiseem permanent

aan ‘n suurstofmasjien gekoppel.

Hettie het haar onderneming, Inch-by-Inch, gesluit sodat

sy na haar ma kan omsien. Anke sê dat sy ook vir haar

ou kliënte ‘n inspirasie was en hulle gedurigdeur opgebeur

en met raad bygestaan het. "My skoonma is altyd

gereed om te luister en het gewoonlik ‘n sagte woord vir

elkeen."

Hettie werk sonder enige hulp in die huis en haar dae is

so vol dat sy nie eintlik tyd kry vir stokperdjies of uitgaan

nie, antwoord sy op ‘n vraag hieroor. Maar sy lyk

allermins beswaard daaroor. Hettie gee aan God die eer

en sê sonder Hom sou sy dit nie kon doen nie.

Sy vertel dat sy tydens ‘n rugoperasie in 1976 ‘n hartstilstand

gehad het en in daardie oomblikke ‘n besonderse

ervaring met God gehad het waar Hy vir haar sy liefde

gewys het. En dit is hierdie liefde wat sy nou uitstort op

ander. "Ek het besef die lewe gaan oor liefhê en omgee

vir mekaar."

In Anke se woorde: "Wanneer ons haar sien, is daar altyd

‘n glimlag op haar gesig. En met alles wat in haar lewe

aan die gang is, vind sy steeds tyd om my skotttelgoed

vir my te was wanneer ek nie die tyd het nie, of sy sal

inloer en vir ons ietsie soets bring om te eet.

"Haar positiewe uitkyk en geloof verbaas my altyd en is

‘n groot inspirasie. Sy is waarlik ‘n sterk vrou wat verdien

om vir haar onbaatsugtige lewenswyse en groothartigheid

erken te word."

Hettie is genomineer deur Anke Cloete.

Hettie Cloete

Stem vir Hettie as Group Editors se mees inspirerende vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo deur

C, gevolg deur jou naam en dorp na 32690 te sms. (R1 per sms)

Dayne Davey

Le h y y c

by ANOESCHKA VON MECK

Dayne Davey’s (29) passion for Africa and its colourful

diversity of people and cultures has become her

business.

Most likely strongly influenced by her childhood in

Zimbabwe, (but matriculating at Oakhill High School

in Knysna), Dayne began her own volunteer placement

company, Edge of Africa in 2007. This was after

working as a volunteer on various projects in other

countries herself, having studied Evolutionary

Zoology at the University of Cape Town and Rhodes

and spending time researching meerkatte in Lesotho.

"I’m probably the only person that has a photograph

of a meerkat in snow!" she grins.

Today this ambitious entrepreneur has seven staff

members and about ten volunteers from European

countries at any one stage, working on sustainable

programs in the Knysna area.

"We don’t work as a charity, but rather seek to help

uplift communities and individuals," Dayne explains.

The volunteers go through an extensive and in-depth

screening interview and fall in with whichever project

they feel keen to get involved with for anything from

two weeks to one year. This includes amongst other,

an elephant outing as umbrella project to teach kids

animal conservation, food gardens, an eco trail in

Khayalethu with the Rastafarians, getting groups to

go clear out alien vegetation, community talent

competitions, soccer days, Buffalo Beach Festival

and support for pregnant mums. (When does she

sleep?)

Apart from the volunteers which Dayne actively seek

to help broaden their often limited perspective of

‘Africa,’ she is also the mastermind behind the Recycle

Swop Shop. "We try to teach people that they can

bring recycle waste which earns them tokens by

which they can buy things that they need," she

explains.

"I don’t believe in hand-outs and we work very hard

to change the ‘Gimme!’ attitude in children, rather

introducing a reward system in whatever we do."

One of her most rewarding moments was when

someone she had helped get a soccer teaching

internship at Oakhill, ‘Yster’ Rashad Grootboom,

showed up at the house where the volunteers stay

and just started weeding the pathway. "I was very

touched. Nobody had asked him to do it and he has

since become one of my most trusted staff."

Anything else? "Hmm," she thinks for a moment,

"when a volunteer leaves South Africa and Knysna

and their previous view of a horrible, starving nation

who needs to be saved has been replaced with a

sense of gratitude because in the end they realised

just how much they had received."

Dayne was nominated by Sharon Dreyer.

Vote for Dayne as Group Editors’ Most Inspiring Woman of the Garden Route and Little Karoo by texting

D, followed by your name and town to 32690. (R1 per sms)

Dayne Davey from Edge of Africa

Most Inn Woman

Marlene Davis

Aly dar ksr

nk!

2011

deur ELIZE BLOM

Marlene Davis is 58, ‘n weduwee met drie kinders en

‘n hele gemeenskap wat sy dien.

Welbekend in Riversdal, veral in die landelike en

afgeleë buitedistrikte, het sy 12 jaar gelede begin as

verpleegster by die Riversdal mobiele kliniek. Sy

word beskryf deur Elise Opperman wat haar nomineer

as die persoon wat altyd die ekstra myl loop vir

haar pasiënte. Elize sê dat sy altyd uit haar pad sal

gaan om net die beste diens en hulp aan die

pasiënte te gee. Selfs al beteken dit dat sy haar dag

se roete na-ure moet voltooi om by almal in die

landelike gebiede uit te kom, sal sy dit doen, en dan

beteken dit dat sy laat by die kliniek aankom.

Die volgende oggend is dit maar net weer ‘n ander

roete wat Marlene douvoordag met die mobiele

kliniek aanpak, en die pasiënte wat sy op die

volgende roete bystaan, is nie eers bewus wat sy die

vorige dag alles vermag het nie.

Marlene is ‘n ‘mens-mens’ en is ‘n groot aanwins vir

die gemeenskap - sy help oral waar sy kan, en is

selfs bereid om met haar besige daaglikse skedule

ook haar kollegas by te staan.

Sy reël gereeld gesondheidbewusmakingsprojekte

in die gemeenskap, en selfs in die verafgeleë landelike

gebiede staan sy die mense by en deel

pamfletjies uit. Daar was selfs ‘n tyd toe sy met ‘n

bakkie die gemeenskap van die landelike gebiede

gaan besoek het - soms self sommer ‘n papwiel

omgeruil, of as hul vassit op ‘n modderige pad,

moes hul maar self ‘n plan maak om weer daar uit te

kom.

Marlene se werk as verpleegster van die mobiele

kliniek is nie altyd maanskyn en rose nie, maar as jy

met haar gesels weet jy dat sy die perfekte persoonlikheid

het om mense by te staan... dié tipe persoon

wat van die kleinste babatjie immuniseer tot die

oudste persoon - om te sorg en toe te sien dat elke

persoon daar buite ‘n gesonde lewenstyl handhaaf,

en die regte medikasie, inligting asook hulp ontvang.

Sy motiveer selfs haar pasiënte om hul eie groentetuine

te kweek om sodoende gesond te eet.

Omdat sy so trots is op haar werk maak dit ‘n

ongelooflike impak op die gemeenskap en vertrou

hulle haar met al hul probleme. Haar warm persoonlikheid

teenoor die mense straal uit haar uit. Vra jy

haar hoekom lyk sy nog nie so oud soos wat sy sê sy

is nie, is die antwoord: "Ek was my gesig met koue

water elke oggend."

Marlene het twee dogters en een seun. Die seun

studeer in Mosselbaai, die een dogter werk in

Mosselbaai en die jongste gaan skool in George. En

ten spyte van haar besige daaglikse skedule, het sy

nog baie tyd vir hulle ook.

Alma is genomineer deur Elise Opperman.

Marlene Davis, die verpleegster met die

warm persoonlikheid wat altyd die ekstra

myl loop vir haar gemeenskap.

Stem vir Marlene as Group Editors se mees inspirerende vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo deur

E, gevolg deur jou naam en dorp na 32690 te sms. (R1 per sms)

June Jantjies

n esta

deur ILSE SCHOONRAAD

Deur harde werk, naasteliefde en toewyding het June

Jantjies ‘n gemeenskap in Dysseldorp, net duskant

Oudtshoorn, laat herleef.

Vir die laaste 20 jaar woeker June in dié behoeftige

landelike gemeenskap met net een doel voor oë - om

die lewens van haar mense in die gebied te verbeter

- ongeag ras, kleur, politiese oortuiging of ouderdom.

As onderwyseres in die 70’s en 80’s het die wan-en

ondervoeding van kinders in die skool haar hewig

ontstel en het sy op skoolvlak die ouers oor goeie

voeding begin leer. Haar goeie werk is uiteindelik

raakgesien en in die 90’s is sy by die plaaslike kliniek

as voedingskundige aangestel.

June het nie gras onder haar voete laat groei nie en

onmiddellik ‘n kleuterskool begin en ‘n groentetuin

aangelê. Sy sê sy kon eenvoudig net nie die nood by

haar laat verbygaan nie. "Talle van die mense wat by

die kliniek aangekom het, het geglo mens eet net

eenkeer ‘n week groente en vleis - op ’n Sondag, en

dan ook net as jy het. Ter wille van veral die kinders

moes ek seker maak die ouers het toegang tot

groente en terwyl betroubare vrywilligers uit die

gemeenskap die kleuters en babas - baie van hulle

siek en gestrem - by die kleuterskool versorg het, het

ek die ouers in die groentetuin ingespan."

June het op dié manier 11 werklose vroue in die

gemeenskap in bekwame voorskoolse onderwysers

omvorm en 73 ledige ouers het geleer hoe om self

groente te verbou om gesonde kos op die tafel te sit.

Dit alles het sy saam met haar voltydse werk gedoen

sonder ‘n sent ekstra vergoeding. Om vleis in die

kinders se magies te kry het sy ook dikwels van haar

eie privaat voorrade gebruik.

Met tye het dit baie hard gegaan, en verlede jaar, in

die greep van die langdurige droogte, moes ’n

hartseer June die vrywilligers huis toe stuur.

Maar, haar gebede is verhoor en wonder bo wonder

het die Minister van Landelike Ontwikkeling, Gugile

Nkwinti van June se projek te hore gekom en haar by

die kliniek en die Poplap Kleuterskool kom besoek.

"Die minister het ’n bietjie staatshulp aangebied en

almal het met hernude geesdrif en hoop en ywer

weereens die tuin getakel. Nou is die tuin so suksesvol

dat die vrywilligers van die groente kan verkoop vir

‘n inkomste."

Vandag sorg June nie net vir die sukkelende ouers se

kinders nie, maar chroniese siek mense kry ook elke

derde dag ‘n gebalanseerde bord kos. Sy deel ook

klere en beddegoed uit waar nodig.

June is reeds vir nege jaar ‘n weduwee, maar haar eie

ontberings staan nooit in haar pad om ander voorop te

stel nie. "Om ander mense te help, maak jou sterk en

daar is geen groter vreugde nie. Veral kinders lê my

baie na aan die hart, want hulle het geen sê in hul

omstandighede nie. Dit is ook belangrik dat hulle die

regte voeding en opvoeding kry, want hulle is die ma’s

en pa’s van die toekoms."

June is in 2006 deur die Departement van Gesondheid

vereer vir haar bydrae tot die welstand van haar

gemeenskap en in Junie vanjaar het daar ‘n boek op

die rak verskyn oor merkwaardige vroue en natuurlik

is June een van dié waarvan geskryf word.

Met al haar prestasies bly June ‘n plat op die aarde

mense-mens - dierbaar en doelgerig, net soos deur al

die jare.

Die gemeenskap van die Klein-Karoo is dankbaar dat

daar in Oudtshoorn ‘n engel woon.

June Jantjies is deur Cathleen de Bruin genomineer.

Stem vir June as Group Editors se mees inspirerende vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo deur

F, gevolg deur jou naam en dorp na 32690 te sms. (R1 per sms)

June Jantjies woeker al 20

jaar in haar gemeenskap.

Mees Inn

Vrou

2011

Hazel Jonker

’T h us g ’

deur ILSE SCHOONRAAD

Hazel Jonker is 'n vrou van vele talente. As uitstekende

pianis, opvoeder van formaat, toerisme-promotor, uithaler

kok en gasvrou, is haar gawe om ander saam met haar

hoogtes te laat bereik, egter die mees bekorende talent

wat sy het.

Hazel laat niks in haar pad staan nie en in die apartheidsjare

was sy een van die weinige bruin musikante wie

se musiek - teen staatsbeleid in - op SAUK-radio te hore

was. Hazel se entoesiasme ken geen keer nie en sy sê vir

haar is 'n uitdaging onweerstaanbaar. "Toe ek begin skoolhou

het in die 70's was ek die eerste bruin onderwyseres

daardie tyd wat trompoppies aangebied het met stokke en

boots, al kon ek nooit self 'n stok swaai nie! Ek het toe ook

'n BA-graad begin, maar moes ongelukkig my studies

halfpad staak. Nadat ek die onderwys in 1993 vaarwel

geroep het, het ek my graad voltooi. Ek hou nie van ongedane

sake nie."

As jong pianis moes sy ook een aand haar plek agter 'n

vleuelklavier inneem toe die begeleier van 'n paar wêreldbekende

operasangers se voertuig onderweg na die

konsert in Worcester gebreek het. "Ek is uit die gehoor

vorentoe geroep en moes sonder enige repetisie optree.

Dit was 'n groot aand in my lewe en gelukkig het als vlot

verloop. The show must go on!."

Met 'n voorliefde vir Chopin, Strauss, Lizst, Paderewski en

Mozart, het sy as 14-jarige tiener musieklesse gegee aan

volwassenes. So het dit gekom dat sy dan ook later haar

eie opname gemaak het en aan Suid-Afrikaanse gehore

oor die lugweë bekend gestel is.

Vir haar medemens het Hazel al hard in haar lewe

gewerk. Sy was vir drie jaar die hoof van die 'stoutskool',

Huis Triomf en het daarna 'n projek vir werklose vroue op

die been gebring. Die projek was in Bongulethu op Oudtshoorn

gevestig en het 42 swart en bruin vroue bemagtig.

Sy het ook die Homestay-gastehuisprojek met 15 ander

vroue begin en na vier jaar floreer die gastehuis steeds

onder haar bestuur. Sy het vir beide die projekte die Mama

Afrika-prys verower en is ook gevra om op die direksie te

dien, maar moes dit van die hand wys weens ander

verpligtinge.

Sy het tops uitgekom in die Imvelo-toekennings vir haar

sosiale betrokkenheid in 2003 en die volgende jaar was sy

'n finalis in die Imvelo-toerismekategorie.

'n Dokumentêr getiteld Motherland wat handel oor uitmuntende

vroue word steeds wêreldwyd gebeeldsend en

natuurlik is daar ook 'n insetsel oor ons eie Hazel Jonker.

Hazel is ook op TV 'n ou bekende en het al op verskeie

kosprogramme op die SAUK en BBC verskyn.

Hazel en vyf ander vennote besit 'n tweede gastehuis, De

Oude Klooster en daar huisves hulle kerk-, sport- en

skoolgroepe teen baie billike tariewe. Sy is ook aktief by

haar kerk betrokke en dien as sekretaris van 'n interkerklike

vennootskap met hul suterskerk in Berlyn. Sy is die

kassier van die Beursfonds, 'n sinodale afgevaardigde en

op die Diakoneskomitee.

En nog is dit het einde niet! Hazel is 'n voormalige voorsitter

van Oudtshoorn Toerisme en dien tans op die direksie.

Tussen dit alles deur maak sy tyd om elke Woensdag sop

en broodjies aan die minderbevoorregtes te bedien.

En hoe dan nou anders? Want, in Hazel se eie woorde -

the show must go on.

Hazel is genomineer deur Charlotte Rosant.

Aan Hazel Jonker is daar net

geen einde nie...

Stem vir Hazel as Group Editors se mees inspirerende vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo deur

G, gevolg deur jou naam en dorp na 32690 te sms. (R1 per sms)

Johanna Josephs

Jhn rr dli su

deur ANICA KRÜGER

Vir die afgelope 12 tot 15 jaar het Johanna Josephs

al honderde jongmense en hul ouers gehelp om

drome te bewaarheid deur loopbaanuitstallings te

hou.

Sy glo dat, deur opleiding, die ketting van vroeë

skoolverlating, met gevolglike tienerswangerskappe,

werkloosheid, misdadigheid, armoede en afhanklikheid

van "all pay" verbreek kan word.

Johanna het 'n netwerk van opleidingsinstansies

opgebou deur met hul onderskeie bemarkingsafdelings

te skakel.

Sy nader onder meer universiteite, kolleges,

technikons asook instansies wat opleiding in

ambagte voorsien. Sy is ook in kontak met die

Kaapse loopbaanuitstallervereniging. Johanna

versamel inligting oor toelatingvereistes, beurse en

lenings, akkomodasie en vervoer. Sy doen voorts

moeite om uit te vind hoe die puntestelsel werk en

watter vakke saam gegroepeer moet word om

loopbaangerig te kan studeer, en hou aansoekvorms

en relevante inligting van onderskeie instansies

byderhand vir navrae.

Gewapen met al hierdie kennis nader sy skole in die

George-omgewing - sekondêre en primêre skole.

Johanna glo daaraan dat leerders op laerskool al

moet begin dink oor hul toekoms, sodat hulle vroeg

al toekomsgerig kan studeer en beplan.

Haar visie word met skoolhoofde en lewensoriënteringsopvoeders

gedeel wat dit aan die leerders

oordra.

Sy nooi leerders ook om uitstallings by te woon en

verkieslik hul ouers saam te bring, en offer dikwels

haar aande op om werkende ouers ook te akkommodeer.

Johanna stuur afkondigings na kerke en klinieke, sy

plaas kennisgewings in winkel en spaza-shops en

maak ook gebruik van plaaslike radio om leerders

bewus te maak van die hulp wat hulle kan kry.

Sy het ook 'n behoefte aan meer crèches

raakgesien en met haar hulp word huis-crèches

suksesvol gestig, geregistreer en bestuur.

Die versorgers skryf sy in vir

opleiding by Educare.

Haar loopbaanuitstallings word altyd

druk besoek. Ons kan bevestig dat

talle mense reeds bekwaam is in een

of ander rigting deur die toewyding en

volharding van Johanna Josephs.

Johanna ontvang geen befondsing

nie en word ook nie vir haar dienste

vergoed nie.

Johanna is genomineer

deur Ann Joseph.

Stem vir Johanna as Group Editors se mees inspirerende vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo deur

H, gevolg deur jou naam en dorp na 32690 te sms. (R1 per sms)

Johanna F Josephs

Most Inn Woman

2011

Alison Madden

I te wm’ pasi ,

ii , n ear...

by ELIZE BLOM

Dr Alison Madden has more than 30 years of experience

as a Clinical and Educational Neuropsychologist,

specialising in the diagnoses and

treatment of persons of all ages with neuropsychological

change and acquired brain injury

(ABI).

She specialised in the rehabilitation of head-injured

people in Germany, South Africa and Canada. Her

clinical experience includes work in state and

private hospitals as well as many years of service in

the field of children with special needs and remedial

education.

The special needs groups included pediatric brain

injury, hearing impaired, epileptic and learning

disabled children. She initiated a programme in the

rural areas of South Africa aimed at the development

of the ABI survivor to their fullest capacity

while re-integrating them back into their families and

community. The underlying principle in this

programme has been the empowerment of the

family and community to take responsibility for the

rehabilitation for their injured family members.

Dr Alison Madden has been nominated by Amanda

Hugo of Goukam Health, Riversdale. "The reason

for my nomination is the incredible work Alison does

at Goukam Health Neurological Centre. As far as I

know, the only functioning rehab facility in Southern

Cape for persons with ABI," says Amanda.

Goukam Neurological Health Centre started seven

years ago. Dr Madden was inspired by Johan de

Lange, who had single-handedly rehabilitated his son

after an accident. With the help of volunteers from the

community, Dr Madden used her own funding to

establish the centre.

The facility offers accommodation to patients undergoing

rehabilitation in a homely atmosphere.

There are workshops on the premises where

disabled people from the community under guidance

of mentors, can learn a skill and earn an income and

so be re-integrated into the community. One of the

pre-requisites for caregivers is that they also have a

skill such as sewing, gardening or any other skill that

can be gainfully employed by the centre.

Gardening forms an integral part of centre life. Dr

Madden believes in sustainable development and

has recently installed a perma-culture garden

consisting of raised beds that are wheelchair friendly.

Produce from the garden is used for own consumption

and surplus is sold to local restaurants for income

to keep their gardens growing.

"I daily witness the miracle of changed lives because

Alison cared enough to make a difference in the lives

of the disabled," says Amanda. One such person is

Olivia Mc Dillon who came to the centre totally

neglected after her car accident. She was incontinent

and bedridden. Today she walks with the help of a set

of crutches and has total control of her bodily

functions and is fully rehabilitated.

Alison was nominated by Amanda Hugo.

Dr Alison Madden - a woman with

passion, vision and leadership.

Vote for Dayne as Group Editors’ Most Inspiring Woman of the Garden Route and Little Karoo by texting

I, followed by your name and town to 32690. (R1 per sms)

Cora Rawlins

S vne u e

deur ANOESCHKA VON MECK

As 18-jarige stenograaf in Pretoria het Cora Rawlins

(61) nooit kon dink dat wat sy toe besig was om te

beleef, eendag sou bydra in die ontvouing van haar

lewensroeping nie.

"Laatmiddag wanneer al die howe leeg was moes ek

my bandopnames en lêers gaan stoor en dan kon ek

hoor hoe die mense wat gevonnis is om houe te kry,

gestreep word onder in die selle - ek het my oë uitgehuil

as ek hoor hoe die houe val en die mense gil,"

vertel die vrou met die sagte stem wat as 5-jarige

met haar ouers van Holland na Potgietersrus gekom

het. As die tweede oudste dogter in ‘n gesin van nege

kinders, moes Cora van vroegs af baie verantwoordelikheid

dra.

As volwassene was sy vir 25 jaar lank ‘n eiedomsagent

in Secunda en het haar eie besigheid gehad.

"Ek het die Here eers op 40 ontmoet, wat relatief laat

in my lewe was, en vir die eerste keer begin bid oor

waar God my wil hê."

En die antwoord was toe Knysna! Meer spesifiek -

Knysna se tronk. Cora vertel dat vir die eerste ses

maande in Knysna (1998) het sy heeltyd bewus

geword van die woord ‘tronk’ wat aanhoudend in haar

gedagtes opgekom het.

"Uiteindelik het ek maar gaan hoor of daar ‘n tronk

hier op Knysna is en ewe kordaat daar ingestap en

vir hulle gesê ek wil daar kom werk." Die verdwaasde

amptenaar het haar een van daardie ‘ek-hetdaardie-een-al-voorheen-gehoor’

kyke gegee en

haar maar gedwee laat vorms invul.

"Ek het nooit weer van hulle gehoor nie en was heimlik

baie verlig, tot ek op ‘n dag in kennis gestel word

ek is goedgekeer!"

Maar die paadjie vorentoe was nietemin nie maklik

nie en vol kronkels en uitdagings. "Ek kan eerlik sê

dat ek nooit in ‘n tronk wou werk nie, maar dit was ‘n

kompetisie waar die gevangenes gekyk het wie hul

komberse op die mees oorspronklike manier kon

vou, wat die deurslag gegee het!" vertel sy van ‘n

dag toe sy die enigste lid van ‘n bidgroep was wat

opgedaag het om na die gevangenes se kombersskeppings

te kyk.

Vandag is Cora reeds 12 jaar ‘ n bekende gesig in

Knysna se gevangenis en bied sy verskeie klasse

aan, onder meer naaldwerk wat vir sommige ‘n bron

van inkomste word wanneer hulle vrygelaat word.

Sy het ook vir ‘n jaar straatkinders kos uit haar kattebak

gegee - ‘n projek waarmee korrektiewe dienste

haar ondersteun het. Dit is toe een van hierdie

groepie straatkinders gevonnis is, dat sy hom ook in

die tronk begin besoek het.

"So het ek uiteindelik ‘n Bybelstudie begin hou wat

nou nog loop," glimlag sy.

"Die Heilige Gees is permanent by my. Ek weet nie

wat die oortredinge is van die persone wat ek mee

werk nie, maar vir my is hulle mense."

In haar departementele klas, Crossroads, werk hulle

deur verskillende onderwerpe. "Ons deel met

mekaar. Waar ek vandaan kom en waar hulle

vandaan kom, want om te bepaal watter rigting jy

heen oppad wil wees, moet mens dit weet."

En so is Cora die gesig en stem van ondersteuning

wat honderde gevangenes al gehelp het om te besef

"ons elkeen lewe vandag die keuses wat ons gister

gemaak het".

Cora is genomineer deur Wendy Rademeyer.

Stem vir Cora as Group Editors se mees inspirerende vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo deur

J, gevolg deur jou naam en dorp na 32690 te sms. (R1 per sms)

Cora Rawlins wil nie weet wat die oortredings

is van die gevangenes met wie sy werk nie,

"want vir my is hulle net mense."

Mees Inn

Vrou

2011

by PAULINE LOURENS

Catherine Robar

Tbe’ n

Canadian university graduate Catherine Robar has

been making an inspirational difference to the lives of

Thembalethu people in George. She continues to bring

hope - where there was none - in this impoverished

community. She has brought food to the hungry

through various practical projects, including the establishment

of a fruit and vegetable garden which supplies

food and seeds.

Her multi-faceted upliftment effort was launched by

establishing the Themba Development Project Association,

based in Thembalethu. She and her husband,

Gcinisizwe Noyakaza, founded the project in 2008.

Their work takes place both in Thembalethu as well as

in the Transkei.

She also raises funds for school supplies and school

uniforms. A 100 trees including apple, pear, guava,

mango; peach trees were planted and to combat the

effects of drought, Catherine began introducing rain

tanks in which roof water was caught. This has allowed

gardens to flourish even during times of drought.

This energetic woman is also supporting the local Youth

Leadership Soccer team with fundraising drives. An

illegal dump site was tranformed into a community park

and new homes have been built to replace ramshackle

ones.

She astonished Thembalethu residents by living

amongst them even before she married her husband,

Gcinisizwe who is her greatest champion and admirer.

As a matter of fact, he was one of her nominators.

In between all of this, the bright young woman also

completed a post graduate certificate in Food Security

from Ryerson University by online/distance education.

This was a heavy workload, but she was happy to do so.

Last year, this university in Toronto, Canada, honoured

Catherine Robar, or Sandise as she is known in Thembalethu,

with the university's highest honour, The Ryerson

University Gold Medal Award. This award is given to

a student who has achieved the highest academic marks

and who has demonstrated outstanding community

service.

(Read more about Catherine at www.thembaproject.org)

Catherine was nominated by several people, but

Reinette Greyling was appointed as the official nominator

by means of a lucky draw.

Catherine was nominated by several people,

but Reinette Greyling was appointed as the

official nominator by means of a lucky draw.

Raising funds, buildings homes, establishing gardens and parks,

planting trees - this is what, Catherine Robar, Founding Director of the

The Themba Development Project Association, has initiated in

Thembalethu. Here she stands beside a new house.

Vote for Catherine as Group Editors’ Most Inspiring Woman of the Garden Route and Little Karoo by

texting K, followed by your name and town to 32690.

(R1 per sms)

Magdalena van der Poel

Oub ege v ‘ w r

deur LIZETTE DA SILVA

Sy is die lig in hul donkerste tye, sy staan uit soos ‘n

paal bo water wanneer die storms woed en glimlag al

breek haar hart in duisende stukkies. Só beskryf

familie en vriende vir Magdalena van der Poel van

George.

Magdalena is dalk nie die gemeenskapswerker of

inspirerende vrou in die publieke oog nie, maar

wanneer dit kom by haar familie en vriende doen sy

merkwaardige werk. Haar goedhartigheid stop nie

daar nie, maar sprei uit na almal in nood.

Sy verteenwoordig die gewone vrou, eggenoot, ma

en beste vriendin wat daagliks met probleme van die

alledaagse lewe worstel en met ‘n onblusbare

veggees vir ander ‘n voorbeeld stel. Vandat sy 16

jaar oud is moes sy baklei vir oorlewing.

Op 16 is haar ma met spierdistrofie gediagnoseer en

moes sy na die huishouding en haar jonger broers

omsien. In haar matriekjaar is haar ma oorlede en ‘n

paar maande daarna is sy met die liefde van haar

lewe, Joseph, getroud. Haar jongste broer, toe slegs

12 jaar, is in haar sorg geplaas. Sy en haar man het

toe reeds ‘n seuntjie gehad met nog ‘n baba op pad.

Sy het haar werk opgegee om na die drie kinders tuis

om te sien al kon hulle dit nie werklik bekostig nie.

Nadat haar man sy werk by ‘n myn in Johannesburg

verloor het, het dit maar swaar gegaan en het hulle

ontdek dat haar oudste seun (nou 28) dwelms

gebruik. Dit was toe dat hulle sowat ses jaar gelede

alles verkoop en na George getrek het.

Dit het vir drie jaar baie goed gegaan, maar toe het

haar seun weer dwelms begin gebruik.

"Dit beïnvloed jou hele menswees. Jy probeer altyd

die beste vir jou kinders doen deur hulle ‘n goeie

Christelike opvoeding te gee," sê sy.

Joseph sê sy het haar vingers "stompies baklei" om

hul seun skoon te kry, hom gehelp om ‘n goeie werk

te behou, uit die skuld gehelp - alles wat moontlik

was, het sy gedoen.

Sy praat vandag nie meer met haar seun nie in ‘n

poging om te kyk of dit hom nie dalk tot ander insigte

bring nie, maar dit is vir haar moeilik, sê sy.

Magdalena sê dit is tyd vir "tough love".

Tussendeur al die drama, teleurstellings en groot

hartseer is Magdalena boonop nog met diabetes

gediagnoseer. Haar toestand en ‘n katarak-operasie

‘n paar jaar gelede het daartoe gelei dat sy totaal

blind was. Sy het nou weer ‘n bietjie sig, maar wag

vir ‘n tweede operasie.

Magdalena sê sy kry haar krag deur dankbaarheid

wanneer sy besef daar is mense met groter

probleme as haar eie. Soos die bejaarde ma van

Bos-en-Dal wie se seun al vir 28 jaar erg gestrem is

ná ‘n ongeluk. Weekliks gaan help sy die ma - wat

steeds bly hoop op verbetering - om haar seun te

versorg.

Haar grootste droom is ‘n dwelmvrye wêreld, ‘n laer

egskeidingsyfer vir die land en geluk - net geluk.

Magdalena is genomineer deur Joseph

van der Poel.

Stem vir Magdalena as Group Editors se mees inspirerende vrou van die Tuinroete en Klein-Karoo deur

L, gevolg deur jou naam en dorp na 32690 te sms. (R1 per sms)

Agter die pragtige glimlag van Magdalena van

der Poel is is daar baie pyn en hartseer, maar

mens sal dit nooit sê as jy haar ontmoet nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!