Hoofstuk 3 - UJDigispace
Hoofstuk 3 - UJDigispace
Hoofstuk 3 - UJDigispace
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
57

Hoofstuk 3

Die skildering van probleme binne die huwelik

Die huwelik is ‘n ingewortelde instelling in die Westerse samelewing. By die

Germane was die huwelik ‘n private transaksie tussen twee families, waar die

jong bruid letterlik in die familie van die bruidegom opgeneem is. Toe die

Christendom Europa oorgeneem het, het die huwelik ‘n sakrament geword. Die

Christene het dus die Germaanse huwelik as ‘n onwettige verbintenis gesien. 1

Die Judeo-Christelike lewensfilosofie en beginsels word deur die oorgrote

meerderheid in die Westerse samelewing aanvaar. 2 Die beginsel van ‘n

permanente, monogame, heteroseksuele huwelik is as die basis van die

gesinstruktuur aanvaar. 3 Daar is talle verwysings in die Bybel na hoe God wil hê

die huwelik moet lyk. Die eenheidsvorming van die huwelikspaar is die

Christelike ideaal. 4 Getrouheid en eerbaarheid van die huwelik is karaktertrekke

wat hoog aangeskryf word:

Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou

word. Wees in die huwelikslewe getrou aan

mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal

onder die oordeel van God kom. 5

Die huwelik eis ook intimiteit op alle vlakke om vervulling en verwesenliking te

bewerkstellig. Dit dring deur na die intellektuele, die sosiale, die emosionele en

die fisiese vlakke van die huwelikspaar. 6

1

Robert Nisbet: The Social Philosophers. Community and Conflict in Western Thought. New York:

Thomas Crowell 1973. p. 179.

2

George Rekers: A Sexual Identity. Michigan: Baker 1982. p. 16f.

3

Ibid. p. 18.

4

Die Bybel. p. 13. “Daarom sal ‘n man sy pa en ma verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle sal een

wees.”
58

Dit kom egter voor asof die moderne dramaturg van vandag in die algemeen en

Dürrenmatt in die besonder met die probleem gekonfronteer word dat hierdie

ideale oënskynlik selde bereik word. Volgens Elke Franke is die huwelik die

mees algemene wederkerige verhouding tussen man en vrou in ons samelewing,

maar Dürrenmatt beeld dit in sy groteskkomedies as ‘n gevegsone en slagveld

uit. 7 Johannes Drotsky beweer dat Dürrenmatt die huwelik as ‘n uitgediende

instelling beskou. 8 Met hierdie stelling stem ek egter nie saam nie, want myns

insiens kritiseer Dürrenmatt slegs die realiteit van die burgerlike huwelik en

vergestalt die verbrokkelende verhouding tussen man en vrou op die verhoog,

sodat die toeskouer/leser homself/haarself herken en self tot probleemoplossing

kom. Alhoewel hierdie hoofstuk toegespits is op karakters wat in ‘n

huweliksverhouding tot mekaar staan, sal daar wel verwysings wees na verloofde

paartjies of bemindes wat van voorneme is om in die huwelik te tree.

1. Gebrek aan sinvolle kommunikasie

Mans en vroue het op verbale en nie-verbale vlak verskillende style van

kommunikasie en daarom is dit nie vreemd dat hulle probleme ondervind om met

mekaar te praat nie. Baie egpare praat dan ook by mekaar verby en leer patrone

van negatiewe interaksie aan. Greteman onderskei tussen vier verskillende

vlakke

5

Ibid. p. 300.

6

Norman Wright: More Communication Keys to your Marriage. Los Angeles: Regal 1983. p. 6.

7

Elke Franke: Die Bedeutung der Frau in Dürrenmatts Dramen. University of Rochester: Ongepubliseerde

Proefskrif 1979. p. V.

8

Johannes Drotsky: Die Individu en die Gemeenskap in die Dramas van Friedrich Dürrenmatt. Universiteit

van Pretoria: Ongepubliseerde Magisterverhandeling 1987. p. 91-93.
van basiese kommunikasie wat kortliks bespreek sal word: 9

59

1. Die eerste vlak noem hy ‘chit-chat’ wat wys op ‘n lighartige, vriendelike,

sosiale gesprek. Dit verg baie min vitale energie van albei partye en is meestal

heel oppervlakkig.

2. Die tweede styl van gespreksvoering is dikwels tot mislukking gedoem,

omdat die een party die ander een probeer manipuleer en sy eie intensies op sy

maat wil afdwing. Sinsnedes soos ‘jy behoort...’, ‘jy wil nooit...’, ‘jy is altyd...’

word dikwels gebruik om die ander party te oorreed om te handel soos hy/sy wil.

Negatiewe emosies kom na vore, uitermatige frustrasie bou op, met die gevolg

dat albei partye ‘n ondeurdringbare muur om hulle bou. Stagnasie tree in en

albei partye sien nie kans om hulle kommunikasiestyl te verander nie.

3. Die derde vlak van kommunikasie is op ‘n heel ander vlak as die vorige

twee. Die egpaar het ‘n stadium bereik van stabiliteit in hul verhouding. Die

drang om ‘n magspeletjie te speel is verby en hulle het geleer om kalm

beredeneerd op ‘n denkende manier met mekaar te praat. Hulle gebruik terme

soos ‘dalk kan ons...’, ‘ek spekuleer...’, ‘kom ons ondersoek die moontlikheid ...’

en skep so oop vrae waar albei na antwoorde kan soek.

4. Die vierde vlak van kommunikasie is die blootlegging van die siel en dus

baie intiem van aard. ‘n Liefdevolle verbondenheid tot mekaar, ‘n bereidwilligheid

om suksesse en mislukkings met mekaar te deel en eksklusiwiteit binne die

verhouding is ‘n voorvereiste vir intimiteit. Omdat gevoelens op hierdie vlak

buitengewoon sensitief is, veroorsaak verwerping groot emosionele pyn.

9 James Greteman: Creating a Marriage. New York: Paulist 1993. p. 36ff.
60

Verwerping bring gevoelens van gegriefdheid, gekrenkdheid, geraaktheid en

gebelgdheid na vore; warmte en liefde word weerhou en stilstuipe maak intimiteit

onmoontlik. 10

In die groteskkomedie “Romulus der Große” beskryf TimoTuisanen die huwelik

van die keiserpaar as afskuwelik, omdat dit slegs op rou ambisie gebaseer is. 11

Peppard beweer dat die leegheid en geveinsdheid van die liefdelose verhouding

tussen hulle simptomaties is van die verlies van ‘n egte gemeenskap in die

samelewing van die Romeinse Ryk. 12 Daarmee kan ek egter nie saamstem nie,

omdat Dürrenmatt nooit bedoel het om oor die historiese aspekte van die

Romeinse Ryk te skryf nie; tewens, hy noem die stuk ‘n onhistoriese komedie.

Hulle huwelik is egter vir albei partye louter marteling en dit word in hulle

kommunikasiestyl weerspieël. Terwyl Romulus tydsaam en met groot smaak sy

ontbyt nuttig, verval die wêreldorde rondom hom en dit lyk asof Julia baie beter

ingelig is oor die politieke situasie in die Ryk as die keiser, want hy is nie daarin

geïnteresseerd nie. Juis daarin lê die verskil tussen hulle: Romulus is ‘n filosoof

wat homself eerder besig hou met die klein dinge in die lewe soos sy

hoenderboerdery en is nie geïnteresseerd om die wêreld te verbeter nie. Die

leser/toeskouer leer die keiserin vir die eerste keer ken waar Romulus

waardevolle kunswerke aan die kunshandelaar Apollyon verkoop, sodat hy sy

hoenderboerdery in stand kan hou. Elke keer as Julia haar man aanspreek,

10

John Gray: Men are from Mars. Women are from Venus. New York: Harper Collins 1992. p. 103.

11

Timo Tuisanen: Friedrich Dürrenmatt. A Study of Plays, Prose and Theory. Princeton: Princeton

University 1977. p. 79.
61

antwoord hy haar met oordrewe vriendelikheid, soms ook irriterende

onderdanigheid: “Liebe Frau?”, “Beruhige dich, Frau” en “Liebste Julia”. Sy

probeer hom aanpor om soos ‘n keiser op te tree en bevele aan sy legioene te

gee om oorlog te voer teen die oprukkende Germane. Sy is tot breekpunt toe

gefrustreerd met die keiser se passiwiteit:

Romulus: Wir haben Ausverkauf.

Julia: Denke daran, daß diese Büsten das einzige sind, das dir mein

Vater Valentinianus hinterlassen hat.

Romulus: Du bist ja auch noch da, liebe Frau.

Rea: Ich halte das einfach nicht mehr aus! (Romulus p. 28)

Later roep Julia uit dat sy haar skaam om sy vrou te wees. In die derde bedryf,

voordat sy na Sisilië toe wil vlug, sien die leser/toeskouer hoe liefdeloos hulle

huwelik werklik is. Hulle kommunikasie bly slegs op die eerste twee vlakke en

ten spyte van die oppervlakkigheid daarvan, weet die keiser presies waar hy met

haar staan. Die magbehepte Julia se enigste ambisie was om keiserin te word:

“Was du liebst, ist eine abstrakte Staatsidee, die dir die Möglichkeit gab, durch

Heirat Kaiserin zu werden” (Ibid. p. 75) en dan kom Julia tot die skokkende

besef: ”Du hast mich also nur geheiratet, um das römische Imperium zu

zerstören.” (Ibid. p. 77) Julia probeer om haar man te manipuleer om haar eie

ambisie te bevredig en dit laat haar magteloos en gefrustreerd voel, omdat sy

misluk het. Sy vlug sonder hom en vind haar dood. Romulus bly egter moreel

superieur en stabiel.

12 Murray Peppard: Friedrich Dürrenmatt. p. 40.
62

In “Die Ehe des Herrn Mississippi” beeld Dürrenmatt die huwelik tussen

Mississippi

en Anastasia uit as “earth knows no hell like a marriage”. 13 Hierdie verbintenis

vind om geheel en al verkeerde redes plaas: Mississippi sien sy huwelik as ‘n

eksperiment, want hy glo dat die mens deur die onderhou van die Wette van

Moses tot volmaaktheid gelei kan word. 14 Wanneer die huwelik as ‘n

eksperiment gesien word, kan geen intimiteit tussen man en vrou verwag word

nie en kommunikasie tussen hulle sal noodwendig maar skraal wees. Na ‘n

huwelik van vyf jaar spreek hulle mekaar steeds in die hoflikheidsvorm aan.

Alhoewel sy hom op sy voornaam aanspreek, bly hy by die hoflike en formele

“Madame”. Ook in die tweede deel van die stuk bereik hulle manier van

kommunikasie nooit emosionele diepte nie. Die taalgebruik is elegant, keurig en

vernaam en rituele is grotesk ernstig en grens aan die lagwekkende. Die leë,

holklinkende oordrywings in hul kommunikasiestyl neig om met behulp van die

vernaamste uitdrukkings moontlik die hopeloosheid van hulle wêreld uit te

beeld. 15 In skerp kontras staan die dialoog tussen Übelohe en Anastasia, waar

sy nie die hoflikheidsvorm gebruik wanneer sy hom aanspreek nie, maar hulle

praat by mekaar verby en daar vind dus geen aktiewe luisteraktiwiteit plaas nie.

Inderwaarheid vind daar anti-kommunikasie plaas:

Anastasia: Der Nebel kommt wieder.

Übelohe: Und der Pöbel.

Anastasia: Jeden Abend stieg der Nebel vom Fluß

herauf diesen November.

13 Murray Peppard: Friedrich Dürrenmatt. p. 44.

14 Jan Knopf: Friedrich Dürrenmatt. München: C.H. Beck 1988. p. 45.

15 Armin Arnold: Friedrich Dürrenmatt. New York: Friedrich Ungar 1972. p. 38.
63

Anastasia: Der Nebel kommt wieder.

Übelohe: Ein Biedermeier-Tisch, zwei Louis-Quatorze

Stühle […] Ich hasse Möbel überhaupt.

Anastasia: Die Kathedrale schlägt acht Uhr. (Ibid. p. 77)

Elke keer as Anastasia ‘n keuse moet maak, kies sy die maklike uitweg, omdat

sy geen ideale het nie. Sy moor, lieg en bedrieg en pas haar by omstandighede

aan wat haar bevoordeel. Dit is haar formule om in haar wêreld te oorleef.

Wanneer na die verhouding tussen Ill en sy vrou in “Der Besuch der alten Dame”

gekyk word, is dit opvallend dat daar weinig of geen kommunikasie plaasvind nie;

tewens, hulle vermy mekaar. Selfs sy kinders vermy kontak met hom en weier

om saam met hom ontbyt te nuttig. Ill en sy vrou is emosioneel so afgestomp dat

hulle geen begrip het vir mekaar se diepste nood nie. Terwyl Frau Ill vlytig

deelneem aan die nuwe welstand van die gemeenskap, het sy geen meegevoel

met die sielestryd en die lewensgevaar waarin haar man homself bevind nie.

Terwyl hy alleen in hul woning bokant die winkel worstel, is Frau Ill egoïsties in

verwysings na haar eie lyding:

Der Erste: Schritte.

Frau Ill: Geht im Zimmer herum. Seit Tagen.

Der Erste: Das schlechte Gewissen. Schlimm hat er’s

mit der armen Frau Zachanassian getrieben.

Frau Ill: Ich leide auch darunter.

Der Erste: Ein Mädchen ins Unglück stürzen. Pfui Teufel.

Frau Ill, ich hoffe nicht, daß Ihr Mann schwatzt,

wenn die Journalisten kommen.

Frau Ill: Aber nein.

Der Erste: Bei seinem Charakter.

Frau Ill: Ich habe es schwer, Herr Hofbauer. (Ibid. p. 70)
64

Selfs na die negatiewe verwysing na haar man se karakter, kom sy nie tot sy

verdediging nie. Terwyl die koerantfotograwe foto’s neem van die Ill gesin, maak

hulle geen oogkontak nie en poog nie om met mekaar te praat nie. Die polisie se

verwysing na die musiek oor die radio is ‘n vingerwysing na haar nuwe status,

naamlik dié van ‘n weduwee. Dürrenmatt kies Ill om sy moedige mens te

versinnebeeld: die allerbanaalste, moreel-korrupte kleinburger wat nie net vir

ander leuens vertel nie, maar ook homself belieg. 16 Selfs toe Ill en sy gesin vir

die laaste keer bymekaar is in sy seun se nuwe motor op pad na die

Konradweilerwoud, is hulle kommunikasiestyl oppervlakkig. Hulle laaste gesprek

verwys slegs na die gesin se materiële welvaart. Sonder om twee keer te dink,

los Frau Ill haar man op die bankie in die woud en gaan fliek met haar kinders.

Sy sien hom nooit weer nie.

Vir Claire is mans slegs gebruiksartikels en van ‘n sinvolle verhouding met enige

van haar eggenotes is daar geen sprake nie. Haar mans is slegs nommers en sy

verander hulle name om te rym met dié van haar kamerbediendes. Sy arriveer

met eggenoot VII op die stasie in Güllen en hy word as groot, slank en met ‘n

snor beskryf. Slegs toe sy hom aan Ill voorstel, praat Claire vir die eerste keer

met hom soos met ‘n kind:

Komm, Moby, verneig dich. Eigentlich heißt er

Pedro, doch macht sich Moby schöner. Es paßt

auch besser zu Boby, wie der Kammerdiener heißt.

Den hat man schließlich fürs Leben, da müssen

16 Friedrich Dürrenmatt: Friedrich Dürrenmatt interviewt F.D. In: Kritiken und Zeichnungen. Zürich:

Arche 1976. p. 149. Dürrenmatt meen, ”Besuch” was ‘n reuse sukses in Amerika, want “endlich hatten die

Mamis jemanden gefunden, der ihnen das Recht zubilligte, den ungetreuen Papi umzubringen”.
65

sich eben die Gatten nach seinem Namen richten. (Besuch p. 19)

Reeds in die begin van die stuk verwys sy na die vervangbaarheid van haar

gades. In die tweede bedryf ontmoet die toeskouer/leser gade VIII en wanneer

hy kla oor die kleinburgelike lewe in Güllen, vervang sy hom met gade IX. Dit is

opvallend dat sy met haar eggenotes op dieselfde manier kommunikeer as met

haar bediendes: sy is kortaf en blaf bevele uit: “Geh forschen, Zoby, die

historische Ruine findest du links.” (Ibid. p. 86) Ook sy naam rym met die

kamerbediende s’n. Claire fladder van eggenoot tot eggenoot, maar sy het net

een doel voor oë en dit is om geregtigheid te eis in die dood van haar voormalige

minnaar. 17 Die huwelike tussen Romulus en Julia, Mississippi en Anastasia, Ill

en sy vrou word as verskriklike, wanfunksionele verhoudings vergestalt, waar

een of albei gades slegs hul eie agendas nastreef en nie in die behoeftes van die

ander belangstel nie.

In “Frank der Fünfte” word ‘n huwelik geskilder waar daar agting en meegevoel is

vir mekaar. Frank het ‘n diepe verbondenheid met sy vrou; hy het haar nodig en

hy respekteer haar as sy lewensmaat. Ottilie word as ‘n besonder sterk vrou

uitgebeeld en Frank leun swaar op haar. Om sy versekeringsgeld te bekom,

moes Frank sterf en begrawe word, maar hy is nie regtig dood nie. Om sy

identiteit te verberg, is hy as priester vermom en bevind homself in die bank en

nie tuis by sy vrou nie. Hy is egter so eensaam daar dat hy dit nie kan uithou nie

en verlaat die beskerming van die bank se mure om by Ottilie te wees. Wanneer
66

die leser/toeskouer die interaksie tussen hulle as egpaar vir die eerste keer

waarneem, kla hy: ”Ich bin dort einsam und verloren!” (Frank V. p. 35) Hy

17 Oskar Wälderlin: Der Besuch der alten Dame. In: Daniel Keel (Hg.): Über Friedrich Dürrenmatt. Zürich:

Arche 1980. p. 128f.
67

verlang na haar en die noodwendige afsondering waarin hy verkeer, is vir hom

moeilik, omdat hy emosioneel so afhanklik is van haar. As kriminele dade

gepleeg word, por hy sy vrou aan om hulle uit te voer: sy moet die diensmeisie

Emmi met die syserp verwurg, sy moet Böckmann meedeel dat hy sterwend is

en as dit by besigheid kom, moet sy dit hanteer. Sy is die sterker maat in hierdie

huwelik. Hy vertrou haar ten volle met die besigsheidbesluite wat sy neem.

Wanneer sy sake met hom wil bespreek, kerm hy: “Ottilie! Du bringst mich

immer wieder geistig in eine schiefe Lage.” (Ibid. p. 40) As eggenoot is Frank vir

haar baie belangrik en die innigheid en liefde tussen hulle word in hulle

kommunikasie weerspieël. Tog tree Frank soms soos ‘n gehoorsame kind op.

Wanneer Böckmann sterf, beveel sy hom om te sing om sodoende die

sterwende te vertroos en hy antwoord: “Natürlich, Ottilie, selbstverständlich.”

(Ibid. p. 64) Terwyl hierdie egpaar se gemeenskaplike doel in hul privaatbank

bedrukkend genoeg is, is die uitbeelding van hul huwelik ‘n ligpunt. 18

Reeds vir twee en twintig jaar is Frieda Fürst die geliefde van Richard Egli en

hulle droom van ‘n gesamentlike toekoms: ‘n huis omring deur vrugtebome, baie

kinders. Wanneer sy egter deur die bank se direktoraat ontslaan word - sy weet

sy gaan vermoor word - beroep sy haar op Egli se liefde vir haar: “Wir lieben uns,

Richard. Ich bin in Gefahr, wenn ich nicht fliehe. Sie werden mich in ihrem

gräßlichen Keller ermorden.” (Ibid. p. 59) Egli staan voor ‘n keuse: enersyds

oorweeg hy ‘n moontlike huwelik met Frieda en andersyds speel sy

18 Elke Franke: Die Bedeutung der Frau in Dürrenmatts Dramen. p. 92.
68

onverbiddelike lojaliteit teenoor die bank ‘n prominente rol in sy besluitneming.

Egli kies die bank bo sy liefde vir Frieda en vermoor haar in die kelder. Sy

integriteit en karakter kom te voorskyn wanneer hy haar spaarboekie by haar

neem, voordat hy haar vermoor. Al sy liefkosings, sy soet woordjies en leë

beloftes van ‘n huwelik in die toekoms was dus sinnelose, oppervlakkige

kommunikasie.

Net soos Frieda Fürst het ook Monika Stettler in “Die Physiker” drome van ‘n

huwelik met Möbius en ‘n huis in Blumenstein, waar hy ongestoord met sy

navorsing kon voortgaan, terwyl sy die broodwinner is. Twee jaar lank het

Monika as verpleegster Möbius in die sanatorium versorg waar sy tot die besef

gekom het dat hy nie geestesversteurd is nie. Hulle verklaar hulle liefde aan

mekaar, maar Möbius waarsku haar teen die gevaar waarin sy verkeer: “Und

darum sind Sie in Gefahr. Weil wir uns lieben.” (Physiker p. 47) ‘n Teer

liefdestoneel tussen hulle ontplooi op die verhoog:

Schwester Monika: Behandeln Sie mich lieber wie eine Geliebte. [...]

Begehren Sie mich?

Möbius: Warum reden Sie so mit mir?

Schwester Monika: Ich will mit Ihnen schlafen, ich will Kinder von Ihnen

haben. Ich weiß, ich rede schamlos. [...] Ich will für

meinen Geliebten dasein. Für Sie. [...]

Liebst du mich denn gar nicht?

Möbius: Ich liebe dich, Monika. Mein Gott, ich liebe dich, das

ist ja das Wahnsinnige. (Ibid. p. 49f)

Hulle kommunikasie is baie innig en intiem en hulle beweeg van die gebruik van

die hoflikheidsvorm na die meer informele aanspreekvorm. Daar is ‘n diepe
69

verbondenheid tussen hulle te bespeur waar hulle op ‘n verdonkerde verhoog in

‘n omhelsing staan. 19

Schwester Monika: Du hast Tränen in den Augen.

Möbius: Du auch.

Schwester Monika: Vor Glück. (Ibid. p. 53)

Maar dan gebeur die onverwagte: Möbius verwurg haar. Hy verkies ‘n

persoonlike misdaad met die daarmee gepaardgaande skuldgevoelens bo ‘n

universele ramp, naamlik die vrystelling van sy wetenskaplike navorsing wat

moontlik tot die die ondergang van die mensdom sou lei.

Die huwelik tussen Nyffenschwander en Auguste in “Der Meteor” lyk reeds in die

openingstoneel van die groteskkomedie oppervlakkig en disfunksioneel en

daarom kan sinvolle kommunikasie nie plaasvind nie. Hy sien haar naakte

liggaam slegs as ‘n voorwerp vir sy swakkerige skilderye en hy blaf af en toe ‘n

bevel in haar rigting: ”Stillhalten, Auguste!” (Meteor p. 12) Die ateljee waarin die

egpaar woon, is egter deel van die voorgeskiedenis van Schwitter se

lewensverhaal en hy betree hulle lewe om in dieselfde ateljee te kom sterf, waar

hy veertig jaar gelede ook as ‘n skilder gelewe het. Ook hy gee haar bevele en

maak obsene verwysings na haar liggaam, maar haar man laat dit oogluikend

toe en beskerm haar nie teen die vir hulle onbekende indringer nie. Hy verwag

swaar fisiese arbeid van haar en hy beveel haar om die lyk van die gestorwe

19 Friedrich Dürrenmatt: Friedrich Dürrenmatt interviewt F.D. p. 151. Dürrenmatt erken, hy word dikwels

gekonfronteer met hierdie liefdestoneel, en kritici beweer, as Möbius haar werklik liefgehad het, sou hy

haar nie vermoor het nie. Sy antwoord hierop is dat slegs wanneer Möbius waarlik liefhet, sal die toneel

geloofwaardig wees en hy gebruik die word “ungeheuerlich” om dit te beskryf. Die groteske word hier op

die spits gedryf en die outeur wil die toneel so skokkend as moontlik skilder.
70

predikant te help oplig: “Faß mit an, Auguste!” (Ibid. p. 31) Daar vind egter

karakterontwikkeling in haar plaas as sy, tot sy grootste verbasing, weier om by

die skynbaar dooie Schwitter te poseer vir haar man: “Auguste, das ist das erste

Mal, daß du dich weigerst, Modell zu stehen.” (Ibid. p. 57) Sy herken haar ware

rol in haar eggenoot se lewe en sy leer om haar man te staan: “Ich war für dich

nichts als ein Modell” (Ibid. p. 59) en sy verlaat hom met hul kinders. Hierdie tipe

kommunikasie van Nyffenschwander se kant af bevorder natuurlik nie intimiteit

binne die huwelik in die minste nie en lei eerder tot gebelgdheid en

ongelukkigheid met die noodwendige gevolge.

Volgens Elisabeth Reber is daar groot verskille tussen Dürrenmatt en

Shakespeare se uitbeelding van die karakter van koning Johann in die

gelyknamige stuk. 20 Dürrenmatt skilder hom as ‘n toonbeeld van gulsigheid,

bronstigheid, sluheid en arglistigheid. Hy trou met die lelike Isabella van

Frankryk, sodat hy ‘n erfgenaam kon hê. By Shakespeare bestaan die karakter

van Isabella Angoulême nie. 21 Dürrenmatt se koning sê van sy bruid:

Meine Braut

Die Angoulême ist häßlich wie die Pest,

Doch ich bin König. Rüste mich zum Fest. (Johann p. 48)

Isabella en koning Johann kom as egpaar uit die katedraal na hul

huweliksbevestiging, maar tydens die onthaal praat hy glad nie met haar nie. Sy

20 Elisabeth Reber: Dürrenmatt und Shakespeare. In: Gerhard Knapp (Hg.): Friedrich Dürrenmatt. Studien

zu seinem Werk. Heidelberg: Lothar Stiehm 1976. p. 88f.

21 Douglas Owen: Eleonor of Aquitaine. Queen and Legend. Oxford: Blackwell 1993. p. 98. In 1166

word Eleonor se laaste kind gebore, die toekomstige koning Johan. In 1200 trou hy met die twaalfjarige

dogter van graaf Angoulême en hulle word kort daarna as koningspaar van Engeland gekroon. Die

historiese feite by Dürrenmatt is dus korrek.
71

tree nie weer in die groteskkomedie op nie, behalwe om die lewe te skenk aan ‘n

seun, wat hom opvolg na sy afsterwe. Sy speel geen noemenswaardige rol in

die koning se lewe nie en van liefde en intimiteit is daar geen sprake nie. Vir

hom was sy slegs ‘n middel tot ‘n doel, naamlik om hom van ‘n erfgenaam te

voorsien. In “Titus Andronicus” weier Saturnicus Lavinia se hand in die huwelik

en maak ‘n baie gevaarlike keuse:

Du siehst an meiner Seite Tamora,

Die Gotenfürstin als Roms Kaiserin. (Titus p. 131)

Reeds die volgende dag na die huweliksbevestiging gaan die keiser jag. Die

konigin van die Gote kan egter nie vertrou word nie, want sy bring meer tyd by

haar minnaar deur as by haar man. Sy vertel haar man leuens in verband met

Bassianus se moord, bedrieg hom met die doodgebore kind, maar in sy

teenwoordigheid is sy die liefdevolle gade en openbaar sy ‘n vals besorgdheid

oor sy gesondheid. Hierdie gedragspatroon dui by uitstek op

wankommunikasie en die egpaar bring bitter min tyd in mekaar se geselskap

deur. Shakespeare som haar karakter op as “barbarous” en verwys na haar as

die “heinous tiger, Tamora”. 22

In “Der Mitmacher” skilder Dürrenmatt verskeie disfunksionele huwelike en

verhoudings tussen minnaars teen ‘n agtergrond van kriminele wat Tamas Koltai

met die Mafia vergelyk. 23 Die feit dat Doc ‘n kunsmatige virus vervaardig het,

wys op sy geniale intellek, maar dit is geen bewys vir menslike rypheid nie.

22 Walter Black: William Shakespeare. New York: Black’s Readers Service 1937. p. 997.

23 Tamas Koltai: Dürrenmatt. Der Mitmacher. In: Hungarian Quarterly 37, 1996. p. 148.
72

Inteendeel, hy beskryf sy lewe met statussimbole: “Ich führte ein großes Haus,

behängte eine Frau mit Schmuck und verwöhnte einen Sohn.” (Mitmacher p. 15)

Sy onbevangenheid met sy gesin kom duidelik na vore in die gebruik van die

onbepaalde lidwoord in plaas van die besitlike voornaamwoord “meine Frau” en

“meinen Sohn”. Toe Doc sy seun na baie jare weer sien, sê hy vir hom: “Ich bin

zufällig dein Vater, und du bist zufällig mein Sohn, etwas anderes haben wir uns

nicht zu sagen.” (Ibid. p. 56) Hulle kommunikeer met mekaar in telegramstyl in

een- en drie-woord sinne en gee mekaar baie min inligting oor die jare wat

verloop het. Daar is nie sprake van ‘n verhouding tussen vader en seun nie en

teenoor Cop ontken hy sy vaderskap. Selfs as kind het Doc nie geweet wat om

met sy seun te doen, behalwe om hom te bederf nie. Werner Schultheis beweer

dat Dürrenmatt van die veronderstelling uitgaan dat elke mens in sy lewe voor ‘n

besluit te staan kom wat sy toekoms sal bepaal. Hierdie oomblik van

besluitnemingsvryheid noem hy “Chancen zum Besseren”. 24 Tussen Ann en

Doc is hierdie dié kans wat hulle het om hulle lewens te verbeter en hulle liefde

vir mekaar uit te leef. As hulle dit aangryp, word die weg na vryheid vir hulle

gebaan: verpas hulle dit, word vryheid geëlimineer en die noodlot tree dan in

werking. 25 Ann en Doc ontmoet mekaar in Tommey’s Bar en sy is ‘n

onverantwoordelike, ligsinnige meisie wat nie met ‘n wildvreemde man vyf

verdiepings onder die grond behoort te wees nie, maar sy volg hom en hulle raak

verlief op mekaar. Aanvanklik is hulle kommunikasie hortend met kort sinne,

24 Werner Schutheis: Dürrenmatts ‘Dramaturgie der Liebe’. In: Gerhard Knapp und Gerd Labroisse (Hg.):

Facetten. Studien zum 60. Geburtstag Friedrich Dürrenmatts. Bern: Peter Lang 1981. p. 83.

25 Ibid. p. 84.
73

soms slegs eenlettergrepige woorde. Die inligting wat hulle mekaar meedeel, is

vaag en uiters oppervlakkig en soos die leser/toeskouer gou sal opmerk, is op

leuens en halwe waarhede gebaseer. Dürrenmatt is die mening toegedaan dat

Ann moet sterf, omdat nóg sy, nóg Doc kan waag om met die waarheid van hulle

verlede vorendag te kom. 26 In die naskrif tot die groteskkomedie sê Dürrenmatt

dat Doc en Ann mekaar doelbewus hoop voor oë moet hou, want “wo die

Wahrheit tötet, muß man lügen” (Ibid. p. 143). Na baie jare van afsondering en

emosionele afstomping is Doc steeds in staat om lief te hê en liefde te ontvang.

Vir ‘n kort tydperk gee die liefde hom die moontlikheid om te ontvlug uit die

duiwelskringloop waarin hy homself bevind, maar dit is nie genoeg om ‘n nuwe

lewe te begin nie. Alhoewel hulle poog om met mekaar te kommunikeer,

ontbreek eerlikheid, en die liefde wat hulle vir mekaar ontwikkel, is net eenvoudig

nie genoeg nie. Feitlik sonder uitsondering word die “Chancen zum Besseren”

in Dürrenmatt se groteskkomedies verpas en die verlore liefde lei tot ‘n verlies

aan vryheid. 27 Aan die einde van die stuk vind die leser/toeskouer ‘n uiters

groteske, byna weersinwekkende toneel wat hom op die verhoog afspeel: Doc

bly alleen agter met die lyke van die twee mense wat hy teoreties die liefste op

aarde moes gehad het: sy seun en sy geliefde.

Teen die agtergrond van ‘n politieke magstryd wat veroorsaak word deur die

sterwensproses van die generaal beleef die leser/toeskouer twee verdere

huwelike in die groteskkomedie “Die Frist”. Om die groteske in hierdie bose

26 Friedrich Dürrenmatt: Friedrich Dürrenmatt interviewt F.D. p. 159.
74

magstryd tussen die hertogin van Saltovenia en die hertogin van Valdopolo op

die spits te dryf, word hulle mans as opperste swakkelinge voorgestel wat slegs

in sokker belangstel. Van simpatie en meelewing in die situasie waarin hulle

vroue hulle bevind, is daar geen teken nie en daar kan dus geen sinvolle

kommunikasie tussen die gades plaasvind nie:

Hoheit: Liebste!

Herzogin: Süße Freundin.

Valdopolo: Nur noch Santagate als linker Flügel bombt

uns in das Viertelfinale.

Saltovenia: Engagieren wir nicht Pflanzerer als rechten

Flügel, rutschen wir ins Bodenlose.

Hoheit: Seien Sie mutig. (Frist p. 50f)

Hierdie is ‘n sprekende voorbeeld van egpare wat bymekaar verby praat en die

mans het geen benul van die politieke stryd waarin hulle vroue hulle bevind nie.

Die enkele kere wat die vroue met hul gades praat, is dit uit die hoogte en

dikwels soos ‘n mens met ‘n kind sou praat. Die mans gehoorsaam ook net soos

kinders:

Saltovenia: Den Ball laufen lassen, sag ich immer.

Hoheit: Und du schweigst einmal schön, ja.

Und du auch, Silvia.

Valdopolo: Mit hohen Flanken kommen wir Leeds nie bei.

Herzogin: Und du ebenfalls. (Ibid. p. 61)

Nadat Sy Eksellensie albei vroue van hul mag stroop, moet hulle uit hul land vlug

en steeds het hul gades geen begrip vir hul politieke situasie nie. Die vroue

verwys met skelwoorde na hul mans: “Hanswürste” en “Dummkopf” (Ibid. p.

110f). Dürrenmatt vergestalt die twee eggenotes van die hertoginne as naïewe,

patetiese figure en van egte kommunikasie tussen man en vrou is daar geen

27 Werner Schultheis: Dürrenmatts ‘Dramaturgie der Liebe’. p. 84.
75

spoor nie. Selektiewe doofheid vind plaas as die luisteraar ‘n vooropgestelde

selfwaardering het en hy hoor net dit wat sy selfwaardering bevestig. Die

spreker voel gefrustreerd en gegrief oor die gebrek aan response. 28 Valdopolo

en Saltovenia sluit alle kommunikasie wat nie oor sokker handel nie uit en die

huwelike met die twee hertoginne het vir die twee mans geen ander betekenis as

net die versekering van ‘n gerieflike, lui-lekker lewe nie. Die enigste karakter in

hierdie groteskkomedie wat die moontlikheid het tot vryheid en ‘n betekenisvolle

huwelik, is Sylvia.

2. Die rol van ontrouheid

Ontrouheid tussen man en vrou wat in ‘n monogame verhouding met mekaar

staan, het ‘n vernietigende uitwerking op die vertrouensverhouding tussen hulle

en kan ‘n huwelik verpletter. Selfs vir die sterk, outonome persoonlikheid wek dit

diep emosies van pyn, woede, verwerping en wantroue op. 29 Selfs mense met ‘n

diepe morele en religieuse verbondenheid tot mekaar kan ontrou wees. Die

konsep van die “oop huwelik” is net ‘n teorie en die meeste mense kan die idee

nie verdra dat hul maat intimiteit met iemand anders deel nie. 30 Anne Cambell

beweer dat ‘n kwart van alle Amerikaanse vroue in die vyftiger jare met ten

minste een man ‘n buite-egtelike verhouding gehad het tydens haar huwelik.

Dertig jaar later het die syfer verdubbel. 31 Die Bybel spreek hom sterk uit oor

28

Paul Pearsall: The Power of the Family. New York: Doubleday 1990. p. 95.

29

Laura Singer: Stages. The Crisis that Shapes your Marriage. New York: Grosser and Dunlop 1980. p.

169.

30

Ibid. p. 170.

31

Anne Campbell: The Opposite Sex. Massachusetts: Salem House 1989. p. 16f.
76

hierdie onderwerp: ”Moenie ontrou wees aan die vrou met wie jy van jou jeug af

getroud is nie.” 32

Die huwelik van Mississippi en Anastasia in “Die Ehe des Herrn Mississippi” is uit

ontrouheid aan hul vorige eggenotes gebore:

Anastasia: Ich habe meinen Gatten nicht getötet.

Mississippi: Dann war also die unsägliche Verzweiflung

Madeleines ein leerer Wahn, als sie im Tode

Ihres Liebhabers einen Racheakt seiner

beleidigten Gattin vermutete?

Anastasia: Ihre Frau war verzweifelt?

Mississippi: Der Gedanke, daß Sie Ihren Gatten getötet

haben könnten, brachte Madeleine an den

Rand des Wahnsinns.

Anastasia: Sie hat vor ihrem Tode gelitten?

Mississippi: Grauenvoll.

Anastasia: Ich hab erreicht, was ich wollte! Sie zahlte

mir jede Sekunde ihrer Lust tausendfach

mit Verzweiflung zurück! Ich habe beide getötet!

Er ist durch mich zugrunde gegangen und sie an ihm!

(Ehe p.29f)

Die drieledigheid van hierdie dialoog word duidelik uit die tese “Ich habe meinen

Gatten nicht getötet” en die antitese “Dann war also die unsägliche Verzweiflung

Madeleines ein leerer Wahn” gevolg deur die sintese “Ich hab erreicht, was ich

wollte!” Die resultaat van hierdie gesprek laat die huwelik tussen hulle toe,

omdat hy Anastasia kan dwing om met hom te trou. Die dialoog lewer die

konstellatiewe vooruitbepaling vir die belangrike ideologiese aksies van

Mississippi. 33 As juris glo hy dat die wette van Moses heringestel moet word en

daarom is sy oorlede vrou “durch ihren Ehebruch des Todes schuldig geworden”

32

Die Bybel. p. 995. Vgl. ook Matt. 5 v 28 op p. 10 waar gestaaf word dat deur slegs na ‘n vrou te kyk en

haar te begeer, reeds as egbreuk gesien word.
77

(Ibid. p. 33). Hy stel homself as regter aan: “Ich habe mich verurteilt, Sie zu

heiraten.” (Ibid. p. 34) Hulle huwelik is ‘n persoonlike hel en Mississippi sien die

saamwees met haar as louter foltering. Anastasia sien enige man wat haar pad

kruis as die strooihalm wat haar sal verlos uit hierdie hel en dit lei tot ontrouheid

aan haar kant. Sy knoop ‘n verhouding aan met die minister Diego wat haar

egter net gebruik om homself te amuseer:

Der Minister: Es ist schön, zu küssen, wenn die Welt aus

den Fugen geht.

Anastasia: Du wirst mich von diesem Menschen befreien.

Ich will dich immer wieder küssen. (Ibid. p. 62)

Minister Diego is, net soos Anastasia, sinies en sonder ideale en hy is die enigste

karakter wat haar pad kruis wat nie sterf nie. Deur die realpolitiek kom hy aan

bewind en hy is ‘n opperste opportunis. Hy is die enigste van haar minnaars wat

haar kan uitoorlê en wat opgewasse is teen haar.

Wanneer Anastasia besef dat hy haar nie gaan help nie, wend sy haar tot haar

geliefde van ouds en speel haar troefkaart, naamlik sy onbaatsugtige liefde vir

haar: “Es gibt nur einen Weg, unsere Liebe zu retten, Bodo. Flieh mit mir nach

Chile! Es ist das einzige Land, das eine Mörderin nicht ausliefert.” (Ibid. p. 73)

Ten spyte van sy absurde liefde vir haar, sien Übelohe die brutale realiteit van

haar bedrog teen hom. Die liefde wat hy vir haar ervaar, is ‘n liefde ten spyte van

alles, ‘n liefde wat bly voortbestaan, nadat geloof en hoop verdwyn het. 34

33 Hans Badertsche: Dramaturgie als Funktion der Ontologie. Eine Untersuchung zu Wesen und

Entwicklung der Dramaturgie Friedrich Dürrenmatts. Bern: Paul Haupt 1979. p. 7f.

34 Werner Oberle: Grundzätzliches zum Werk Dürrenmatts. p. 27.
78

Presies in die middel van die groteskkomedie aan die einde van die eerste bedryf

word haar die kans gegun tot verbetering: Übelohe dring by haar aan dat hulle

albei hulle liefde vir mekaar teenoor Mississippi erken, maar sy het nie die moed

om dit te doen nie en sy verbeur dus haar kans tot vryheid en ‘n nuwe lewe. Ook

met Saint-Claude het sy ‘n buite-egtelike verhouding en sy wil saam met hom

vlug. Haar karakter is nie gebaseer op hemel of hel nie, maar op die vrou in die

wêreld. Sy verteenwoordig “Frau Welt”, sowel as die hoer van Babilon. 35 Selfs

in haar sterwensoomblikke, toe die geleentheid tot ‘n katarsis hom aan haar

voordoen en sy die kans het om teenoor haar man haar ontrouheid te bely, hou

sy vol dat sy nooit egbreuk gepleeg het nie. Sy is ‘n vrou gestroop van alle

integriteit en karakter. Sy sterf met ‘n infame leuen op haar lippe. 36 Al drie

minnaars van Anastasia ervaar die impotensie van menslike beplanning en

aksies en die tipiese Dürrenmattse figuur kan die wêreld nie red of verander nie,

maar slegs verduur.

35 Urs Jenny: Friedrich Dürrenmatt. A Study of his Plays. London: Eyre Methuen 1978. p. 62. Vgl. ook

Gerhard Knapp: Friedrich Dürrenmatt. Stuttgart: Metzler 1993. p. 66, waar hy haar beskryf as die

katalisator van haar man en sy vriend Saint-Claude “ästhetische[s] Regulativ der Skrupellosigkeit der

Antagonisten, die sie selbst noch zu übertreffen vermag, eben weil sie nicht ideologisch belastet und völlig

amoralisch ist.”

36 Ibid. p. 62. Jenny beweer dat die karakter van Effie in Frank Wedekind se “Schloß Wetterstein” dié van

Anastasia beïnvloed. Die ooreenkoms tussen die eksposisie van “Ehe” en die eerste bedryf van

“Wetterstein” het suspisie laat ontstaan dat Dürrenmatt plagiaat gepleeg het. Ook Wolfgang Paulsen:

(Frisch and Dürrenmatt. In: Seminar – A Journal of Germanic Studies. Materials and Commentaries 25,

1989. p. 31) meen dat daar dalk waarheid steek in die stelling. In “Engel” verwys Dürrenmatt tong in die

kies na hierdie voorval: “Beginnt einer zu dichten, schon wird er des Plagiats bezichtigt.” (Engel p. 43)

Die ooreenkomste tussen die huwelike van Romulus en Julia en dié van Mississippi en Anstasia is beslis

nie toevallig nie en dui op dialektiese ooreenkomste. Die skildering van Anastasia in die rol van ‘n femme

fatale is uniek aan die skryfstyl van Dürrenmatt, maar die ooreenkoms tussen Effie en Anastasia is so sterk

dat die aanklag van plagiaat geregverdig is. Vgl. ook Hans-Jörg Knobloch: Das Plagiat in der Literatur. In:

Acta Germanica 18, 1985. p. 291, waar hy beweer dat dit absurd sou wees om van skrywers te verwag om

die literêre nalatenskap van hulle voorgangers te ignoreer.
79

In “Ein Engel kommt nach Babylon” speel ontrouheid ook ‘n rol en die produk

daarvan is ‘n verstandelik gestremde seun. Die kroonprins is gebore uit ‘n

verhouding met twee mans: ”Unser Sohn, der Erbe unserer Macht. Keiner weiß,

wer ihn zeugte. Wir schlichen beide betrunken zu seiner Mutter.” (Engel p. 65)

Aan die einde van die stuk maak die dansende idioot sy verskyning en in die

regieaanwysings word Nebukadnezar as ‘n karakter “in ohnmächtiger Wut, in

ohnmächtiger Trauer” (Ibid. p. 90) beskryf, omdat hy geen troonopvolger sal hê

nie, maar ook omdat hy nie weet wie die vader is van die swaksinnige,

gestremde kroonprins nie.

In die groteskkomedie “Der Besuch der alten Dame” arriveer Claire

Zachanassian

op die stasie in Güllen en die suiwer opportunisme van die inwoners dwing Ill om

haar die hof te maak. Hy noem Claire al die soet troetelnaampies uit hul jeug:

“Wildkätzchen, Zauberhexchen” en slegs hy noem haar op haar regte naam

Klara, terwyl daar geen sprake is van Ill se vrou nie. ‘n Idilliese skouspel speel

hom af in die Konradsweilerwoud, waar Ill haar sy altruïstiese leuens vertel: “Ich

wollte dein Glück. Da mußte ich auf das meine verzichten” (Besuch p. 26), en sy

woorde is met patos gelaai: “Ich lebe in einer Hölle, seit du von mir gegangen

bist.” (Ibid.) Ill se lomp probeerslae om Claire se goeie guns te wen, is

smaakloos en teatraal en sy taalgebruik is makaber. Claire se antwoorde is

grotesk, soms pateties. Sy vestig Ill se aandag op ‘n takbok wat impliseer dat die

jag op Ill binnekort ‘n aanvang sal neem. Ill weet dat hy lieg wanneer hy aan
80

Claire verklaar dat hy haar steeds liefhet en dat hy slegs ter wille van haar geluk

en toekoms met Mathilde Blumhard getrou het. Hulle tweede ontmoeting in die

Konradsweilerwoud staan in skrille kontras met hul vorige ontmoeting. Ill het sy

lot aanvaar en reeds van sy gesin afskeid geneem, nou is dit Claire se beurt om

afskeid van haar jeug te neem. Alles in haar wat aan menslikheid herinner, klink

soos ‘n hol ego. Sy is die katalisator van hierdie groteskkomedie: uit haar gebeur

niks meer nie, slegs deur haar. 37 Aan die einde van Ill se lewe verwys sy na die

boosheid en spookagtigheid wat uit haar liefde vir hom gebore is:

Deine Liebe ist gestorben vor vielen Jahren. Meine

Liebe konnte nicht sterben. Aber auch nicht leben. Sie

ist etwas Böses geworden wie ich selber,[...] Bald wird

nichts mehr bleiben als ein toter Geliebter in meiner

Erinnerung, ein mildes Gespenst in einem zerstörten

Gehäuse. (Ibid. p. 88)

Claire was ontrou aan al haar eggenotes. Soos reeds genoem was haar mans

slegs nommers, slegs gebruiksartikels, dus was daar geen emosionele diepte in

hul verhoudings nie en sy het behae geskep daarin om haar vorige huwelike te

bespreek met die mees resente gade tot dié se intense irritasie. Claire is egter

nie meer ‘n vrou uit vlees en bloed nie, maar slegs ‘n groteske dop wat uit

kunsledemate bestaan en daarom kan dit ook nie van haar verwag word om op

te tree soos ‘n normale vrou nie. 38

37 Elisabeth Brock-Sulzer: Friedrich Dürrenmatt. p. 80.

38 Wolfgang Kayser: Das Groteske. p. 197, waar die skrywer verwys na die onnatuurlike vermenging van

verskillende wêrelde, bv. die meganika met die organiese wat dan lei tot disproporsie en die draer van

demoniese vernietiging word. Claire is half mens en half meganika met haar protesis en sy kry demoniese

trekke as haar enigste doel is om Ill te vernietig. Haar handeling herinner aan ‘n gevoellose outomaat met

‘n enkele doel voor oë: die dood van haar gewese minnaar.
81

Schwitter, die hoofkarakter in “Der Meteor”, het geen agting of respek vir die

instelling van die huwelik nie en die getrouheid teenoor ‘n huweliksmaat is

eenvoudig nie vir hom ‘n opsie nie. Hy was ontrou aan al sy vroue en hulle ook

dikwels aan hom. Sy eerste vrou was “robust, sinnlich, rothaarig und ungebildet”

(Meteor p. 34) en sy het ‘n verhouding met die slagter gehad, terwyl hy Muheim

se vrou in sy arms gehad het. Sy tweede huwelik was met ‘n ryk nyweraar se

dogter, wie se idealisme hom rasend gemaak het en hy beskryf hulle huwelik as

‘n marteling. Haar minnaar was die predikant. Die derde huwelik was met ‘n fyn,

opgevoede vrou, maar ook sy het ‘n minnaar gehad. Uit woede teen die korrupte

samelewing wil die ou man nog ‘n keer rebelleer en hy trou met die prostituut

Olga. Ook van haar verwag hy geen getrouheid binne hulle huwelik nie: “Deine

Pflicht war nicht, mir treu zu sein; deine Pflicht war, mir die Wahrheit zu sagen.”

(Ibid. p. 43) Schwitter se sterwensproses laat alle inhibisies en belemmerings in

die niet verdwyn en in die aangesig van die ewigheid het hy geen konsiderasie

vir sy medemens nie: “Die Gedanken, die einem kommen, die Hemmungen, die

fallen, die Einsichten, die einem aufgehen. Einfach großartig.” (Ibid. p. 15) Hy

buit die oomblik van vryheid skaamteloos uit, want sulke egoïsme is net ‘n

sterwende geoorloof. 39 Wanneer Schwitter egter die goue bobene en pragtige

borste van Auguste sien, brand die begeerte in hom om haar as minnares in sy

arms te hou. Hy flankeer voor haar man met haar, terwyl Nyffenschwander

stilswyend toekyk en uiteindelik gee Auguste in. Later sê sy vir haar man: “Ich

bin stolz, seine letzte Geliebte gewesen zu sein” (Ibid. p. 58) en sy verlaat haar

39 Hugo Loescher: Der Meteor. In: Daniel Keel (Hg.): Über Friedrich Dürrenmatt. p. 152.
82

man. 40 Nyffenschwander beskuldig Schwitter daarvan dat hy hulle huwelik

vernietig het, maar Schwitter het geen simpatie met hom nie.

‘n Meteoor val uit die buitenste ruimte en vernietig alles wat in sy pad kom. Die

meteoor tref ook vir Muheim, omdat hy in die pad kom van Schwitter se

sterwensproses. ‘n Eienskap van hierdie hemelliggaam is dat dit ‘n enorme

hoeveelheid energie besit, voordat dit die aarde tref. 41 Schwitter wend hierdie

ongekende vitaliteit aan om Muheim dodelik te kwets. Die groot Muheim, vyftien

jaar al wewenaar, oud maar lewenskragtig, wat die besigheidswêreld as ‘n vuil

oorlog ervaar, vind in sy huwelik en getrouheid teenoor sy lewensmaat ‘n teenwig

in die wêreld waarin hy lewe - ‘n morele alibi. Hy moes gewaak het daarteen om

té naby te kom aan die vernietigende meteoor, want wat Schwitter hom meedeel

vernietig hom: “Ich brachte Ihrer Gattin jeweils am Ersten des Monats den Zins,

wir stiegen ins Bett, und ich durfte die hundert wieder mitnehmen.” (Ibid. p. 34)

Muheim, met sy sterk morele beginsels, kerm: “Ich war meiner Frau treu, auch

nach ihrem Tode, das können Sie mir glauben. [...] Aber ich hätte meine Frau

getötet, wenn ich gewußt hätte, was ich jetzt weiß.” (Ibid. p. 37) Toe Schwitter

die emosionele pyn in die gesig van die ou man bespeur, gooi hy nog sout op die

wonde: “Mit einigen Dutzend Liebhabern müssen Sie rechnen.” (Ibid. p. 38) Vir

Muheim is dit ‘n vernietigende kennisname en ontketen soveel woede dat hy

eers die kunstenaar by die trappe afgooi na sy dood en toe keer hy na Schwitter

40 Daniel Goldstine: The Dance Away Lover. New York: William Morrow 1977. p. 203, waar hy beweer

dat ‘n buite-egtelike verhouding ‘n geldige manier is om ‘n huwelik te verlaat.

41 Hugo Loescher: Der Meteor. p. 150.
83

terug om hom van sy marteling en worsteling met die gedagte van sy ontroue

vrou te vertel. 42 Asof dit ‘n grap is, sê Schwitter laggend: “Ich erinnere mich. Die

Geschichte ist erfunden, Muheim [...] [ich] stieg nie zu Ihrer Gattin ins Bett.” (Ibid.

p. 72) Emosioneel is die skade aangerig en Muheim verlaat die toneel as ‘n

gebroke man, ‘n slagoffer wat in die pad van die meteoor gekom het.

Die Nobelpryswenner meester Korbes in “Dichterdämmerung” het self ‘n lewe

gelei wat deurspek is van “Scheidungen, Liebesabenteuer, Alkoholexzessen”

(Dichter p.115) en dan vertel hy van die ontrouheid aan sy gades eers met die

Duitse, en toe met die Sweedse attachés. Eersgenoemde oortuig hy van die feit

dat “das höchste Glück in einem gemeinsamen Selbstmord” liege - “Im

Liebesrausch.” (Ibid. p. 119) Die Sweedse attaché het hom geld voorgeskiet om

‘n letterkundige treffer die lig te laat sien, “und mein Liebesabenteuer mit seiner

Frau wurde mein erster Welterfolg” (Ibid. p. 135). Hieruit volg dat meester

Korbes so min integriteit het dat hy ‘n verhouding aanknoop met sy finansiële

ondersteuner se vrou en geen gewete het daaroor nie.

Die aktrise Elisabeth Roede in “Die Wiedertäufer” het reeds agt huwelike agter

die rug en dan verlei sy die wederdoper prediker Böll. Die biskop wil verhoed dat

sy op hierdie hoë ouderdom ‘n negende keer trou, maar sy antwoord hom:

“Meine

42 Ulrich Profitlich: Friedrich Dürrenmatt. p. 37. Die outeur noem die ontrouheid van Muheim se vrou ‘n

kleinigheid en daarmee kan nie saamgestem word nie, omdat dit tog vir Muheim so ‘n ernstige saak is dat
84

die gevolge van Schwitter se leuen van die ou man ‘n moordenaar maak. Dit maak ook van hom ‘n

verbitterde eggenoot teenoor sy oorlede vrou.
85

Pflicht, Exzellenz, ich habe den Prediger Böll verführt.” (Wiedertäufer p. 29) en in

dieselfde asem beweer sy dat dit hoog tyd is dat sy ‘n Christelike lewe lei.

Hierdie is ‘n ironiese uitlating as daar na haar vroeëre lewenswandel gekyk word.

Toe die koning se moeder Eleonore in “König Johann” die Bastard Faulconbridge

vir die eerste keer ontmoet, maak sy die opmerking: ”Merkwürdig. Er gleicht

meinem Sohne Richard.” (Johann p. 16) Dan lig Robert Faulconbridge die

koning in oor sy moeder se ontrouheid, terwyl haar man op ‘n diplomatieke

sending in Duitsland was. Die Bastard se moeder, Lady Faulconbridge, bevestig

haar ontrouheid met koning Richard:

Dich zeugte König Richard Löwenherz.

Durch lange, heiße Zumutung verführt,

Nahm ich ihn auf in meines Gatten Bett.

Ich bete Tag und Nacht für dich und mich.

Du bist die Frucht von sträflichem Vergehn,

Dem ich, bedrängt, nicht konnte widerstehn.

Bastard:

Du bist mit einem Löwen in dein Bett gestiegen

Und machtest mich, statt ehrbar, mit Vergnügen.

Von Herzen, Mutter, dank ich dir für meinen Vater! (Ibid. p. 23)

By Dürrenmatt, sowel as by Shakespeare, is die Bastard verheug om te hoor wie

sy pa is en die koninginmoeder verwelkom hom as lid van die Plantagenet

familie. 43

43 Douglas Owen: Eleonor of Aquitaine. p. 62. Die historiese feite in die twee afsonderlike werke is as

korrek bevestig. Richard, gebore in die jaar 1157, was Eleonor se lieflingseun, hy erf haar feodale reg op

haar landgoed in Frankryk en word so ook die Hertog van Aquitaine. Die Bastard het dus die historiese

reg om Eleonor sy ouma te noem. Vgl. ook Elisabeth Rumler-Groß: Thema und Variationen. p. 97, waar

sy die karakter van die Bastard beskryf as iemand wat hom distansieer van die adelstand ten spyte van sy

dankbaarheid oor wie sy vader is. Hy motiveer sy ligitimiteit nóg deur sy nuutverworwe titel, nóg deur sy

geboorte, maar alleen deur homself en wie hy is.
86

Ook Tamora, die Gotiese koningin in die groteskkomedie “Titus Andronicus”, kies

die neger Aaron om haar minnaar te wees en is ontrou aan die keiser. Die

leser/toeskouer tref hulle in ‘n grot aan waar hulle mekaar bemin, hartstogtelik en

inhibisieloos:

Komm her und küsse mich, Aaron, Geliebter!

Nenn Hure, Metze mich, greif meine Brüste

Und lieb mich stundenlang, und reiße mir

Das Kleid vom Leib, und säh’s der ganze Hof. (Titus p. 141)

Uit hierdie verhouding word ‘n swart kind gebore wat tot konsternasie lei aan die

keiserlike hof. Om die keiserin se ontrouheid te bedek, word die

kraamverpleegster vermoor, ‘n pasgebore baba word verwurg en langs die

keiserin neergelê, terwyl Aaron met sy seun in sy arms na Afrika vlug:

Dicklippiger Schelm, mein süßer Teufelsbraten,

Durch dich bin ich in arge Not geraten.

Nicht nur die Kaiserin würd’ aufgeknüpft, auch ich, [...]

Drum, Söhnchen, kehren wir nach Afrika zurück, [...]

So sind wir wieder, was wir einst gewesen,

Nicht Sklaven Roms, doch freie Kannibalen. (Ibid. p. 169)

Hier verskil die teks van dié van Shakespeare: in sy groteskkomedie wil Tamora

self die swart kind vermoor om haar posisie as keiserin van Rome te beskerm,

maar Aaron red sy seun en vlug na die Gote en nie na Afrika nie. 44 By albei

dramaturge is Tamora ‘n gewetenlose, owerspelige vrou wat selfs moord sal

pleeg om haar ontrouheid teenoor haar man te verdoesel.

In “Der Mitmacher” speel ontrouheid ‘n kardinale rol en het ‘n vernietigende krag

vir menige karakter in die groteskkomedie. In die tweede deel van die stuk voer
87

Boss ‘n monoloog, waar hy erken dat hy ‘n getroude man is met vyf dogters. Tog

verneem die leser/toeskouer van ten minste twee minnaresse: Kitty, die eienares

van die bordeel aan die Weskus wat opgevolg word deur Ann. Boss is obsessief

oor Ann en het selfs ‘n sielkundige verklaring vir sy jaloesie: “Defekte

Mutterbindung” (Mitmacher p. 24). Hy verwen haar en oorlaai haar met duur

geskenke. Sy knoop egter ‘n seksuele verhouding met Doc aan en boet met

haar lewe vir haar ontrouheid teenoor Boss. Bill se ma is getroud met Nick, die

skatryk eienaar van die chemiese nywerheid, en ook sy is ontrou aan haar man.

Sy word beskryf as die “fabelhafteste Nymphomanin” (Ibid. p. 47), maar vir haar

man is haar losse sedes nie ‘n probleem nie. Inteendeel, met Boss was Nick nie

‘n jaloerse man nie en was tevrede met die krummels wat van sy afvallige vrou

se tafel afgeval het. Wat gebeur in ‘n gemeenskap wat emosieloos geword het?

Die produk daarvan is Bill wat, soos Hamlet, sy ma haat. Hy wil hom wreek op

die gemeemskap wat sy pa vernietig het en hy is in opstand teen sy eie koue,

geïsoleerde lewe. 45 Sy ma se promiskue lewe het beslis ‘n negatiewe invloed

op sy lewe.

Donna Rosagrande verklaar dat die feit dat sy slegs geboorte kon skenk aan

dogters die resultaat was van haar uiters moreel-vervalle lewe. As sestienjarige

dogter het sy ‘n verhouding met ‘n priester gehad saam met wie sy die Heilige

Ignatius bestudeer het. Haar drie onsterflike dogters glo dat die hertog hulle pa

is, maar sy spog met haar ontrouheid:

44 Walter Black : Shakespeare. p. 987.
39)

88

Irrtum, Drillinge, euer Vater war ein Riese, zwei Meter

sechzig, ein Lustknabe Zar Nikolaus’ des Ersten, und

ich brannte mit ihm durch. Er war eine Enttäuschung. (Ibid. p.

Sy is egter nie die enigste koninklike wat haar man bedrieg nie; ook die hertogin

van Saltovenia gebruik ‘n buite-egtelike verhouding vir politieke gewin, maar

word deur haar dogter ontmasker: “Und mit wem hast du meinen famosen Papa

betrogen? Mit dem Engel-Heini. Warum? Um den Geheimdienst auf deine

Seite zu ziehen.” (Frist p. 112) Dit bring haar egter niks in die sak nie, haar man

is ‘n domkop wat geen politieke instink besit nie. Soos Bill is dit Silvia wat lei as

gevolg van haar ma se gedrag. Sy kom hewig in opstand teen die heersende

orde en trou met ‘n burgerlike. Sodoende verloor sy alle aanspraak op die troon.

Plon-Plon in die groteskkomedie “Achterloo” verwys slegs terloops na ontrouheid.

Hy het doelbewus ‘n modeontwerper geword, sodat hy klere vir vroue kon

ontwerp met die duidelike doel voor oë dat hierdie vroue sy pa kon verlei: “[...]

und wie gern mordete ich jene, die ich kleide, weil sie Mutter und Vater betrögen,

wenn sie ihn verführten” (Achterloo p. 369), maar hy gee ook toe dat hy

psigiatriese afwykings toon en dus ‘n studiegeval vir Sigmund Freud sou wees.

3. Die rol van eensaamheid

Wanneer dit stil word tussen man en vrou en sinvolle gesprekvoering nie meer

plaasvind nie, omdat alles wat gesê moet word, reeds gesê is, is ontrouheid

dikwels die gevolg. Dit is op sy wreedaardigste wanneer dit ervaar word in die

45 Anni Carlson: Der Mitmacher. p. 187.
89

teenwoordigheid van die maat wat opgehou het om te praat. Alhoewel die

karakters wat Dürrenmatt voorstel, grotesk is en selde aan die alledaagse

maatstawe gemeet kan word, is eensaamheid in die huwelik by talle ‘n

karakteristiek. In “Die Ehe des Herrn Mississippi” word ‘n huwelik voorgestel wat

om al die verkeerde redes aangegaan is, naamlik die gemeenskaplike

boetedoening vir die gifmoorde wat hulle gepleeg het, en hulle huwelik word ‘n

persoonlike hel. Ook sien Mississippi sy huwelik met Anastasia as ‘n

eksperiment en nie as ‘n lewenslange verbintenis nie. Teenoor Übelohe maak hy

die opmerking aangaande sy huwelik: “Sie ist die vorbildlichste Ehe des

zwanzigsten Jahrhunderts.” (Ehe p. 86) Dürrenmatt kritiseer hier duidelik die

moderne huwelik, want as ‘n huwelik wat so disfunksioneel is soos dié tussen

Mississippi en Anastasia as ‘n voorbeeldige huwelik bestempel word,

bevraagteken die outeur die instelling van die huwelik in die twintigste eeu. Ook

vir die leser/toeskouer moet dit duidelik word dat hulle verhouding koud is en dat

daar ‘n opmerklike gebrek aan intimiteit is. Hierdie huwelik is gepredisponeer om

disfunksioneel te wees, omdat albei karakters binne hulle huwelik intense

eensaamheid beleef.

In “Ein Engel kommt nach Babylon” bekla Nebukadnezar sy eensaamheid

teenoor Karubi: “Warum kennt der Himmel die Einsamkeit Nebukadnezars nicht?

Warum verspottet er nun mit dir zugleich mich, den Bettler, und Nebukadnezar,

den König?” (Engel p. 32) Hy kan egter self sy eensaamheid beëindig deur
90

afstand te doen van die troon en met Karrubi te trou, maar hy kies die

eensaamheid van sy politieke mag bo die liefde.

Ter wille van die uitbetaling van versekeringsgeld pleeg Frank in “Frank der

Fünfte” bedrog deur dood te speel. Hy vermom homself as ‘n priester en kruip in

die bank weg. Eensaamheid dryf hom na sy woning waar ook sy vrou nog woon

en hy bekla sy lot teenoor haar: “Ich halte es in der Bank einfach nicht mehr aus!

Ich bin dort einsam und verloren!” en Ottilie antwoord afsydig: “Frank! Es ist

schließlich auch kein Vergnügen, deine Witwe zu sein.” (Frank V. p. 35) Frank is

die vyfde man in ‘n geslagslyn van kriminele wat ‘n privaatbank bedryf, maar die

feit dat hy meer in die letterkunde van Goethe en Mörike belangstel as in die

besigheidspraktyke van sy bank is uiters ironies, gesien in die raamwerk van die

groteske. Sy seun kritiseer sy besluit om die bank te likwideer en noem dit

“Charakterschwäche” (Ibid. p. 83).

Die Dürrenmattse karakter wat waarlik liefhet, bly in sy diepste wese mens,

sterflik en midde in die wêreld. Hy staan teenoor ‘n skewe wêreld as ‘n innerlik

opregte, as begrensde mens staan hy teenoor die oneindige. Olga in “Der

Meteor” is so ‘n mens. Sy is getroud met ‘n man wat so brutaal, arrogant en

sarkasties is dat hy mense se lewens vernietig. Olga tref Schwitter steeds

lewendig in die ateljee aan, maar wreed en harteloos jaag hy haar weg: “Hau

endlich ab!” (Meteor p. 45) Herhaaldelik verwys hy na haar as ‘n prostituut, maar

sy antwoord hom eenvoudig: “Ich bin deine Frau.” (Ibid. p. 41) Binne die
91

raamwerk van hulle huwelik ervaar sy groot eensaamheid en pleeg uiteindelik

selfmoord; die meteoor, wat die metafoor is van Schwitter se lewe, vernietig haar

ook.

Doc is by uitstek een van Dürrenmatt se eensaamste en mees

bejammerenswaardige karakters. As wetenskaplike was hy vroeër ‘n

suksesvolle beroepsmens met ‘n gesin. Dan beland hy in ‘n afwaartse spiraal,

totdat hy noodwendig onder kriminele ‘n onwetenskaplike beroep moes aanvaar,

naamlik dié van die oplos van lyke in ‘n sterk suuroplossing om die perfekte

moord moontlik te maak. Wanneer hy sy seun as volwassene weer ontmoet,

ontken hy sy vaderskap. In sy liefde vir Ann kry hy die kans om weer geluk te

ervaar en selfs die moontlikheid om uit sy milieu te ontsnap. 46 Die

handelingsmotief van angs word ‘n hindernis vir die totstandkoming van ‘n

sinvolle verhouding tussen Doc en Ann. Uit angs om mekaar te verloor, verswyg

hulle hulle verlede. Dan het hy die onaangename taak om ook haar lyk in suur

op te los, terwyl Boss sy reaksie fyn dophou: “Sie sind tief erschüttert, als ob es

Ihre Geliebte gewesen ware.” (Mitmacher p. 74) Hy internaliseer sy emosies en

ontken dat hy haar of Bill ooit geken het. Dan vernietig hy alle bewyse wat hom

die erfgenaam kon maak van die besigheid. Aan die einde van die

groteskkomedie lê Doc in ‘n patetiese hopie op die verhoog met ‘n skerp lig op

46 Heinz Ludwig Arnold: Friedrich Dürrenmatt. Gespräch. Zürich: Arche 1976. p. 38, waar Dürrenmatt die

karakter Doc se optrede vergelyk met die oerdrama van die Bybelse Petrus: “Es ist ja nichts anderes –

wenn ich es nun in einen anderen Kontext stelle – als das Drama des Petrus. Dieser Doc, dieser

jämmerliche Mensch, kann nicht anders als sich verleugnen – er verleugnet sich dreimal. Er verleugnet

seine Geliebte, er verleugnet seinen Sohn, und dann kommt das Fürchterlichste: Er verleugnet sich selbst.”
hom gerig.

92

4. Die vals beeld van die ‘gelukkige’ huwelik

Ten spyte van die feit dat die huwelik geheel en al verbrokkel het en net ‘n leë

dop oorgebly het, kies die egpaar om ten minste na buite, waar ander mense

hulle kan sien, die skynbeeld van samehorigheid aan die gemeenskap voor te

hou. ‘n Toonbeeld hiervan is die huwelik van Mississippi en Anastasia in “Die

Ehe des Herrn Mississippi”, waar hulle verhouding ‘n parodie word van die

burgerlike huwelik. Hy is daarvan oortuig dat hy haar karakter kan verander as

hy haar dwing om teregstellings by te woon. 47 Mississippi kies om na buite, waar

hy as regsgeleerde vir die gemeenskap sigbaar is, die beeld van ‘n gelukkige

huwelik voor te hou: “Daß mich meine Gattin moralisch so außerordentlich

unterstützt, erfüllt mich mit lebhafter Genugtuung.” (Ehe p. 41) Later, terwyl hulle

weer eens koffie drink - die ritueel is dodelik ernstig, want niemand weet of die

koffie vergiftig is nie - dryf hy die vals beeld van hulle ‘gelukkige’ huwelik op die

spits wanneer hy dit selfs in die privaatheid van hulle woning voor oë hou: “Wir

sind jetzt fünf Jahre miteinander verheiratet, gnädige Frau, fünf glückliche Jahre.”

(Ibid. p. 103) Ook Anastasia wat met ‘n infame leuen op haar lippe sterf dat sy

nooit egbreuk gepleeg het nie, klou krampagtig vas aan die vals beeld van hulle

huwelik. In haar stewensoomblikke is haar toneelspel so oortuigend dat haar

man beweer: “Meine Frau hat mich nicht belogen. Sie war keine Ehebrecherin.”

(Ibid. p. 109) Hulle huwelik het in ‘n klugspel ontaard.

47 Jennifer Michaels: Vom ‘Romulus’ zum ‘Engel’. p. 63.
93

In “Der Besuch der alten Dame” probeer Ill en sy vrou nog ‘n prentjie van

innerlike geluk aan die gemeenskap voorhou. In die derde bedryf word dit vir Ill

duidelik dat hy gejag word en dat daar ‘n prys op sy kop is. Die verhouding

tussen hom en sy vrou het tot stilstand gekom en hulle vermy mekaar. Die

kunstenaar van Güllen bring vir Frau Ill ‘n skildery van haar man en haar eerste

reaksie is om die prent bokant hulle bed op te hang: ”Alfred wird alt. Da weiß

man nie, was passiert, und ist froh, eine Erinnerung zu haben.” (Besuch p. 71)

Dit is haar manier om te poog om ‘n beeld van hulle huwelik na buite te vertoon,

alhoewel sy reeds van hom praat as ‘n herinnering teen haar slaapkamermuur.

Frank en Ottilie in “Frank der Fünfte” hou ‘n dualistiese beeld van hulle huwelik

aan die gemeenskap voor. Omdat al die amptenare kollektief verantwoordelik is

vir die gangsterbank se bedrywighede, het almal kinders afgesweer: “Frank der

Fünfte und seine Gattin haben auch keine Kinder. […] Kinderlos haben wir in die

Hölle zu fahren.” (Frank V. p. 24) Dit blyk egter onwaar te wees, omdat hulle wel

twee kinders het en ‘n verborge gesinslewe onder ‘n vals naam in ‘n gehuurde

huis aan die Bodenmeer voer. Hulle glo dat hulle die kinders ‘n fyn opvoeding

gegee het en dat hulle niks weet van hul ouers se kriminele bedrywighede nie:

Böckmann: Eure Kinder halten euch für ehrliche Leute?

Ottilie: Sie glauben an uns.

Frank V.: Sie ehren uns.

Ottilie: Sie lieben uns.

Frank V.: Wir führen ein glückliches Familienleben. (Ibid. p. 39)
94

Die ouers bevestig herhaaldelik dat hulle hulle kriminele bedrywighede slegs vir

hulle kinders en hulle uitmuntende opvoeding gedoen het, dus heilig die doel die

middele. Pedagogies gesien het Franziska en Herbert ‘n uitstaande akademiese

opvoeding aan Montreux en Oxford geniet en tog ontpop hulle in opperste skurke

en karakters met losse sedes.

Julia in “Romulus der Große” wend ook ‘n poging aan om ten minste na buite die

beeld van ‘n gelukkige huwelik voor te hou:

Julia: Wir haben uns einmal geliebt.

Romulus: Du weißt genau, daß du lügst. (Romulus p. 74)

Met daardie antwoord versteur Romulus die illusie van hulle twintigjarige huwelik

en ontmasker hulle lewe saam. Hulle het mekaar skandelik gebruik, misbruik om

hulle onderskeie doelwitte te bereik: om keiser en keiserin van Rome te word.

Om te beklemtoon presies hoe vals die beeld is, snou hy sy vrou toe: “Du hast

angenommen, daß ich ebenso machtbesessen sei wie du. Du hast gerechnet,

aber deine Rechnung war falsch.” (Ibid. p. 77)

5. Poligamie

Volgens die Judeo-Christelike beginsels en filosofie is die permanente

verbintenis tussen man en vrou die bousteen van die gesin. Die Nuwe

Testament spreek duidelik van monogamie en Paulus laat homself uit oor hierdie

onderwerp: ”[...] maar weens die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy
95

eie vrou te hê en elke vrou haar eie man.” 49 Dit is dus ironies dat in ‘n

godsdienstige koninkryk van wederdopers veelwywery voorkom. Bockelson stel

poligamie amptelik in. Die mengsel van profetiese bronstigheid en

skoolmeesteragtige pedanterie, wat geslagsgemeenskap onder veranderde

omstandighede reël, is tot vandag toe nog enig in sy soort. 50 Dürrenmatt som

die karakter van Bockelson soos volg op: ”[...] Schneidergeselle, dann

Schankwirt, darauf Inhaber eines bescheidenen, aber anständigen Bordells.”

(Wiedertäufer p. 18) Na Matthison se dood roep hy homself tot koning uit.

Knechting tref hom tussen halfnaakte vroue aan en Bockelson verwys na hulle -

in die meervoud - as sy toekomstige huweliksmaats. Hy maak ‘n bespotting van

die burgerlike huwelik en verwys na Salomo se duisend vroue en die

“unnatürliche Einehe” (Ibid. p. 54). Tot die ontsteltenis van die katolieke biskop

trou Bockelson met sestien vroue en ook Judith, Knipperdollinck se dogter, trou

met hom om haar vader se lewe te red en hy troos sy skoonvader met die

volgende woorde: “Sie war mir die Liebste von meinen siebzehn Weibern.” (Ibid.

p. 113) Ook Metzger trou met vier vroue en die aktrise Elisabeth Roede trou vir

die agste keer.

6. Egskeiding

49 Die Bybel. p. 221.

50 Josef Schmidt: ‘Es steht geschrieben’ und die Komödie ‘Die Wiedertäufer’. In: Armin Arnold (Hg.):

Interpretationen. p. 43. Die groteskkomedie is gebaseer op die koninkryk van die wederdopers wat in

Münster van 1533 tot 1536 bestaan het.
96

Egskeiding is een van die mees traumatiese lewensondervindings wat enige

mens ooit kan beleef. Dit veroorsaak hewige emosionele en fisiese stres 51 en dit

duur soms jare voordat die individu daarvan herstel. Die Ou Testament laat nog

egskeiding en ‘n tweede huwelik toe 52 , maar die klem lê steeds op die

monogame verhouding tussen een man en een vrou. Die Nuwe Testament het

strenger wette wat egskeiding en hertroue betref: ”[...] iemand wat met ‘n

geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk”. 53 Die Dürrenmattse karakter wat

uitstaan as iemand wat die burgerlike huwelik perverteer is Claire Zachanassian

in die groteskkomedie “Der Besuch der alten Dame”. Sy raak ontslae van haar

gades soos ‘n paar afgeleefde, ou skoene. Toe sy in Güllen met Gatte VIII

arriveer, vervang sy hom met Gatte IX. Sy was skaars klaar met die

huweliksonthaal, toe neem sy reeds stappe om van hom ontslae te raak en sy

spot met die korte duur van haar huwelik: “Meine Rechtsanwälte haben die

Scheidung bereits eingereicht. [...] Meine zweitkürzeste Ehe. Nur die mit dem

Lord Ismael war noch geschwinder.” (Ehe p. 66) Daar word slegs met nommers

na haar gades verwys en hulle blyk identiteitsloos te wees. Die huwelik het vir

haar geen betekenis nie en die daaropvolgende egskeiding nog minder. Claire

Zachanassian toon geen emosies of selfs stres as gevolg van haar egskeidings

nie. 54

51

Nancy Good: How to love a difficult Man. New York: St. Martin’s 1987. p. 171.

52

Die Bybel. p. 213. Tog sê die Here duidelik dat Hy egskeiding haat, want dis in beginsel niks anders as

geweld nie. (p. 995)

53

Ibid. p. 10.

54

Maggie Gallagher: The Abolition of Marriage. p. 167, waar sy beweer dat ongehude moeders, soos

Claire in hierdie geval, dikwels ‘n uiters negatiewe houding het t.o.v. alle mans. Hulle skool hulself in die

kuns om baie oppervlakkige verhoudings te hê uit vrees dat hulle weer misbruik sal word. By Claire is

daar geen spoor van enige emosies nie, behalwe die passie om Ill dood te sien.
97

In skerp teenstelling word Frau Rose in “Die Physiker” geskilder as ‘n vrou wat

ten spyte van haar egskeiding van Möbius probleme ondervind om alle bande
98

met hom te verbreek. Ten spyte van ‘n tweede huwelik voel sy steeds

verantwoordelik vir hom en het vir baie jare lank sy verblyf in die sanatorium

finansieel moontlik gemaak. Die eerste konfrontasie tussen Möbius en ‘n

eksterne krag wat sy fassade van geestesversteurdheid kon vernietig het, is die

besoek van sy gewese vrou en hul drie seuns. In die teenwoordigheid van haar

tweede man noem sy hom verkleinwoordjies en ander troetelname. Die

ontmoeting tussen die Rose gesin en Möbius word deur nederigheid en goedheid

gekenmerk en selfs hulle name simboliseer Christelike liefde. 55 Frau Rose toon

liefdevolle besorgdheid en die kinders toon egte toegeneentheid teenoor Möbius.

In die fynste besonderhede onthou Möbius tye saam met sy seuns: “Ich führte

dich einmal an der Hand über den Sankt-Josephs-Platz. Die Sonne schien grell,

und die Schatten waren wie abgezirkelt.” (Physiker p. 37) Hy besef hy sal sy

gesin nooit weer sien nie:

Frau Rose: Wir müssen bald aufbrechen.

Möbius: Nach den Marianen.

Frau Rose: Abschied voneinander nehmen.

Möbius: Für immer. (Ibid. p. 39)

Dit laat sy fasade byna kraak en om homself te beskerm, begin hy die bose

psalm van Salomo opsê en jaag hulle weg. Ten spyte van die feit dat hulle

geskei is, het albei probleme om hulle van mekaar te distansieer.

55 Kurt Fickert: To Heaven and Back. p. 55. Fickert beweer dat Lina die verkorte vorm is van Magdelena

en sendeling Rose se naam suggereer Luther se roos, die simbool van geloof. Ook die seuns se name

verwys na heiliges: Jörg-Lukas - die begeerte na vrede, Wilfried-Kasper – ‘n verwysing na die wyse manne

uit die Ooste.
99

Schwitter, die hoofkarakter in “Der Meteor”, maak die instelling van die burgerlike

huwelik op ‘n groteske manier belaglik. Hy was vier keer getroud en twee van sy

gades het nie ‘n egskeiding gekies om uit die destruktiewe verhouding met

Schwitter te ontvlug nie, maar selfmoord, want ”unsere Ehe war eine Tortur

gewesen” (Meteor p. 26). In die teenwoordigheid van sy naderende dood beleef

hy ‘n anargistiese vryheid en hy is onaantasbaar. 56 Emosies het geen plek meer

in sy lewe nie en dis juis met haar liefde wat Olga hom aan haar probeer bind.

Wreed en gevoelloos deel hy haar mee dat hy haar slegs vir sy eie sinlike genot

gebruik het. Dürrenmatt beleef die wêreld om hom as chaos en die individu het

die taak om moedig staande te bly in sy wêreld. Slegs in sy privaatlewe kan orde

heers, maar as daar selfs in sy privaatlewe chaos heers, word hy vernietig. Olga

kon nie staande bly nie en sy pleeg selfmoord. Sy sien ook nie kans vir ‘n

egskeiding nie.

In die Shakespeariaanse verwerking “König Johann” was Eleonore van haar

eerste man, koning Louis van Frankryk 57 , geskei. Sy trou daarna met die koning

van Engeland en hulle was vir meer as veertig jaar getroud. Eleonore se

egskeiding speel egter nie ‘n belangrike rol in die groteskkomedie nie en daar

word slegs terloops daarna verwys.

56

Rolf Kieser: In eigener Sache. Friedrich Dürrenmatt und sein ‘Meteor’. In: Armin Arnold (Hg.):

Interpretationen. p. 131.

57

Douglas Owens: Eleonor of Aquitaine. p. 13. Volgens Owens was Eleonor maar 15 jaar oud toe sy met

die 16jarige kroonprins getroud is. Hierdie huwelik sou die domein, wat onder die direkte beheer van die

monargie sou kom, oneindig vergroot. Sy het van Louis VII ‘n magtige man gemaak.