30.09.2013 Views

JOU VOORBEREIDING - CUM Books

JOU VOORBEREIDING - CUM Books

JOU VOORBEREIDING - CUM Books

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

DEEL EEN

JOU VOORBEREIDING

1

ONS DIEPSTE DORS

Eers jou eie, eerstehandse ervaring

Na ’n lang, warm reis te voet, gaan sit Jesus moeg en dors by ’n

put waaruit Hy nie water kan kry nie. Daar kom ’n vrou aan

wat ook water kort en sy het ’n skepding. Jesus vra haar water

en daar ont wikkel ’n gesprek tussen hulle waarin onder andere

die volgende gesê word (Joh 4:13-15):

Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer

dors kry;

maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee,

sal in alle ewigheid nooit dors kry nie.

Nee, die water wat Ek hom sal gee,

sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom

die ewige lewe gee.”

Die vrou het vir Hom gesê:

“Meneer, gee vir my van daardie water,

sodat ek nie weer dors sal kry en hier hoef te kom water haal nie.”

Ek nooi jou om die volgende metode te volg om hierdie gedeelte

nader te beleef:

1. lees dit ’n paar keer, ook hardop as jy wil

13

’n Dieper dors

2. kies een woord wat nou die duidelikste met jou praat (dit moet

’n woord wees wat jy in die verband verstaan)

3. sluit jou oë en spandeer twee minute of so om net na dié woord

te sit en luister (daar sal ander gedagtes ook deur jou kop beweeg

en dit moet jy as doodnatuurlik aanvaar, net solank jy jou

aandag weer tel kens rustig en sagkens kan terugbring na jou

woord, dalk deur dit net in jou kop te hoor)

4. antwoord die Here oor die saak

Ken ek dors?

Die meeste van ons het nie veel ervaring van ernstige dors nie. Ek kan

eintlik net een keer onthou. Dit was ’n nagmars saam met die Voortrekkers

toe ek so 15 was. Dit was ’n warm aand en ons moes kilo meters

deur digte bosveld naby Roodeplaatdam beweeg. Ons het nie besef

ons moet water saamneem nie. Toe ons uiteindelik by die kamp vuur

uitkom, was daar goedkoop koffi e, maar ek glo nie koffi e het al ooit vir

my so lekker gesmaak nie. Kan jy ’n soortgelyke ervaring op roep? Onthou

jy hoe droog jou mond en keel was en hoe jy na water ge smag het?

Daar is stories in Johannes wat ons kan help om nader te kom

aan die gevoel van fi sieke dors. Jesus is te voet op ’n reis van in totaal

sowat 100 kilometer. Op hierdie dag het hulle seker vroeg vertrek en

wanneer die son op sy warmste is, gaan sit Jesus moeg by ’n put. Dis

diep en Hy het nie ’n skepding nie, sodat Hy die water kan sien en

ruik, maar niks daarvan kan kry nie. Toe het Hy seker gevoel hoe dit

is om dors te wees! Kom ons verbeel ons dat ons saam met Jesus in

dieselfde situasie sit.

Daar kom ’n vrou aan. Kom ons leef ons in haar lewe met water

in. Die put is ’n ent uit die dorp en daar is nie ’n pyp wat die water

bring nie. Al die water wat sy vir was, kook en drink nodig het, moet

sy opkatrol en aandra. Water is swaar! ’n 20 liter maak die meeste

14

Ons diepste dors

mense gou moeg. As sy ooit ’n bietjie lam gevoel het om water te

gaan haal, sou sy dors leer ken het.

Voel ek my dieper dors?

Johannes sê daar is nóg ’n soort dors, dieper, belangriker, onmoontlik

om self te les.

Ken ons dit en weet ons hoe dit voel? Hierdie dors lê so diep dat

dit moeilik is om te ken. As ’n mens opmerksaam is oor jou eie binnewêreld

kom jy mos met jare agter dat ook ander dieper ge voelens

oor die lewe dikwels so laag lê dat jy hulle

nie maklik leer ken nie. Die dors waaroor ons

nou praat, is die heel diepste gevoel wat daar

in ’n mens se binneste skuil. Mense is anders

as die diere: nooit lê hulle hulleself heeltemal

neer by hoe dinge nou is nie; altyd voel hulle

dat daar nog iets meer moet wees; op die een

of ander manier, sterker of swakker, is die

ewi ge verlange altyd daar.

Dié verlange is deel van jou eintlike aard. Die Een na wie jy smag,

het jou gemaak (1:3), sodat jy nog voor jy tot geloof kom sy eiendom

is, sy eie mens (1:11) en sy lig jou wil verlig net omdat jy mens is (1:9).

Dit beteken jy is nie dors na jou Eienaar eers ná jy gehoor het hoe lief

Hy vir jou is nie, maar van die begin af, bloot omdat jy mens is. Jy

word eers wat jy gemaak is om te wees wanneer jy sy water drink. Die

smagting is nie bloot in jou kop nie, maar ook in jou hart en lyf, in al

jou selle. Die woorde van Psalm 63 is inherent deel van jou en smeek

om bewus te word: Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag

na U soos in ’n dor en droë land, ’n land sonder water. As jy dié dors

nie voel nie en dié water nie kry nie, is jy van jouself vervreem, maar

wan neer jy dit ontvang, vind jy jou en kan jy ten volle jouself word,

voluit lewendig wees. Dié dors lê so diep dat ’n mens dit nie maklik

goed voel nie. Daar is ander kragte in jou wat dié dors wil onderdruk,

15

Die dors waaroor

ons nou praat, is

die heel diepste

gevoel wat daar

in ’n mens se

binneste skuil.

’n Dieper dors

want as dié dors jou beweeg, word jy omvorm.

Verder is dié dors in elke mens uniek, in elkeen anders as in al die

ander. Jy het jou eie smaak vir die lewe. Net jy weet wat die diepste

bewegings in jou hart begeer en waarin hulle tevrede tot rus sal kom.

Die enigste ander een wat dit weet, is die Kenner van ons harte. Hy

het ons elkeen so uniek gemaak en weet. Dis nou hoe groot die ewige

Kenner is: Hy ontmoet jou telkens waar jy is, in terme van hoe jou

verlange nou lê. Daarom kan niemand anders vir jou sê hoe jy jou

dors moet les nie – dis ’n saak tussen jou en die Kenner. Baie sal jou

op hierdie diepste vlak probeer lei, maar jy kan hopelik sien dat dié

wat dit probeer, nie wys is nie.

Ons kan dié dors skaars verstaan en beskryf, omdat die Water waarna

dit smag grootser is as wat ons mensies kan begryp. Dit smag nie

bloot na iets wat die ewige Een kan gee nie, maar na die ewi ge Een self,

die groot Diepte van die lewe, ver bo ons verstaan. Na hierdie ge heimenisvolle

Water strek jou dors sigself uit, daarvan wil dit al meer hê.

Daarom is die groot vraag vir hierdie dagreis: Voel ek my dors?

Dis van die kosbaarste wat ek in my binneste het, want dit draai my

na die water van die lewe toe. By tye kan dit ’n sterk opstand wees

teen hoe dinge nou in my lewe en binnewêreld is, ’n opstand wat my

vir nuwe moontlikhede oopstel.

Hoe word my dors geles?

Ek kan hierdie dors nie les deur self na water te soek nie. Dan sal

ek telkens weer by mindere fonteine uitkom – al die goeie en slegte

sigbare dinge wat dors tydelik les – want dié kan ek self kry. Dan sal

ek soos die Samaritaanse vrou wees wat telkens weer dors kry en moet

kom water haal (4:15).

Maar die omgekeerde kan gebeur en dan sal ek vind dat ek in alle

ewigheid nooit dors kry nie (4:14). Hoe gebeur dit? Wanneer God sy

dors les deur my te vind. Johannes suggereer dat dit nie net ons is wat

dors nie, maar dat God ook dors is vir die vriendskap van mense.

16

Ons diepste dors

Jesus vra die Samaritaanse vrou water, maar eintlik wil Hy haar en

die ander van haar dorp hê. Die storie handel oor sy dors vir Samaritane.

Sy dissipels gaan koop kos in die dorp, maar verstaan nie wat

gebeur nie. Jesus moet verduidelik: Ek het

voed sel om te eet waarvan julle nie weet nie, en

dit is om die wil te doen van Hom wat My gestuur

het, en om sy werk te voltooi – en dit is om

men se te wen (4:32, 34). God stil sy hon ger en

dors met mense. Hy dors na elkeen van ons.

My dors is dus eintlik die eggo van God

se dors in my binneste. Omdat die Vader na my dors, dors ek na

Hom. Hy het my gemaak omdat Hy na ’n liefdesverhouding met

my smag – daarom smag ek na Hom. Hy verlang daarna dat ek met

Hom verbonde moet wees, en daarom gee Hy die dors daarna in my

binneste. Die dors wat ek voel, is eintlik sy dors!

Soos met die vrou by die put, knoop Hy die gesprek met my aan.

Ek kan wegdraai, of my laat betrek, sodat sy woorde my bewus maak

van my dors en my sy water laat vra. Dan is ek gevind en word ek na

die ware water gelei.

Nader aan jou eie ervaring

• Wil jy Psalm 63 se woorde met jou hele hart nasê?

Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in

’n dor en droë land, ’n land sonder water.

• Watter verskil maak dit aan jou gevoelens as jy jou na dié

plek laat lei?

Om vinnig terug te kyk voor ek met môre se dagreis begin

Het ek die afgelope dag bewus geword van my dieper dors?

17

Ek kan hierdie

dors nie les

deur self na

water te soek nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!