26.09.2013 Views

Daan Joubert - Publikasies deur Dr Thinus du Plessis

Daan Joubert - Publikasies deur Dr Thinus du Plessis

Daan Joubert - Publikasies deur Dr Thinus du Plessis

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ek glo en bely

’n Handleiding vir Belydeniskatkisante van

die Gereformeerde Kerke

Thinus du Plessis

2011

VOORWOORD

Hierdie boek word tans vir die tiende keer herdruk. Die eerste een was in Pietermaritzburg in

1983, die tweede in 1987, die derde in 1993, die vierde in 1995 en die vyfde in 1997 in

Kempton Park. Sedertdien is dit die vierde herdruk wat tydens my bediening in Bellville

verskyn. Deur die jare het die belydenisklasse dié boekie met soveel vrug gebruik dat dit

nodig geword het om dit nou weer te herdruk.

Soos dit met enige boek gaan wat herdruk word, is daar in hierdie nuwe uitgawe ook

uitbreidings en veranderings. Aan die einde van die handleiding is daar ’n afdeling met

allerlei vrae oor die hele spektrum wat vir die katkisante as riglyn kan dien tydens hulle

voorbereiding vir die aflegging van hulle geloofsbelydenis.

Die boekie is geskryf met die spesifieke doel om in Bellville gebruik te word as handleiding

vir katkisante wat hulle voorberei om belydenis van geloof af te lê.

Mag die Here elkeen seën wat die boekie gebruik, sodat dit ’n hulpmiddel mag wees vir die

leser om God waarlik lief te hê. Mag u deur dié boekie ook vertroud raak met die

Gereformeerde leer.

My dank aan Geert van Jaarsveld vir die taalkundige en tipografiese versorging. Die

Gereformeerde Kerk Bellville het hierdie handleiding uitgegee.

Thinus du Plessis

Bellville 2011

ii

iii

INHOUDSOPGAWE

GELOOFSLEER

1. Die mens

2. Geloof

Skepping van die mens

Simbole

Opdrag teenoor God

Opdrag teenoor mekaar

Sondeskuld en vergifnis

Wat is ware geloof?

Geloofsbelydenis

Bose geeste

3. Die Heilige Skrif

Skrifgesag

Die Bybel en wetenskap

Insig vir almal

Benadering

Vermensliking van God

Sonde teen die Heilige Gees

4. Die belydenisskrifte

5. Die kerk

Die algemene belydenisskrifte

Die formuliere van eenheid

Wat is die kerk?

Bybelse simbole

Die ware kerk

Die valse kerk

Dienste in die kerk

6. Kerkregeringstelsels

Rooms-Katolieke stelsel

Stelsel van landskerke

Kollegiale stelsel

Independentistiese stelsel

Presbiteriale stelsel

Kerklike vergaderinge – Gereformeerde Kerk

Hoof van die kerk

iv

7. Volharding en lewe na die dood

8. Sonde

Inleiding

Die hiernamaals – opstanding uit die dood en die lewe daarna

Wat bely ons?

Betekenis van gees en siel en liggaam

Wat beteken doderyk?

Die sonde in die engelewêreld

Die sondeval in die mensewêreld

Erfsonde

Erfsmet

God en die sonde

Die wese van sonde

Noodsaaklikheid van straf

9. Die Drie-enige God

Die wese van God

Die Name van God

Wat ons van God glo

Die raad van God

Verhouding tussen die mens en God

10. Die voorsienigheid van God

11. Die leer van Christus

12. Versoening

13. Die heilsorde

14. Dankbaarheid

Die persoon van die Middelaar

Die werk van die Middelaar

Die ampte van die Middelaar

Die kerk en die Middelaar

Die versoening deur die Middelaar

Die regstryd van Jesus Christus

Die magstryd van Jesus Christus

Goeie werke

Die gebed

15. Bekering

Die Wet – Tien Gebooie

v

16. Die kerklike tug in die Gereformeerde Kerk

Die sleutelmag

Kerklike tug

Karakter van die tug

Noodsaaklikheid van die tug

Doel van die tug

17. Die verbond

Voorwerpe van die kerklike tug

Praktiese toepassing van die tug

Die werkverbond

Die genadeverbond

18. Die genademiddele

Die doop

Die Nagmaal

19. Die uitverkiesing

Die Here begelei sy uitverkorenes in sy genade

Wat is die uitverkiesing?

Die mens se posisie

Geen onreg

Voorbeskikking

Valse siening

Regstelling

20. Die voleinding

21. Die engele

ETIEK

Volharding van die heiliges

1. Aborsie – ja of nee

2. Attestaat

3. Behoort aan ’n kerk

4. Doodstraf

5. Genadedood – ja of nee

6. Holisme

7. Homoseksualiteit – ja of nee

8. Joga – en ander heidense invloede

9. Kunsmatige bevrugting – ja of nee

10. Lotery

vi

11. Lykverbranding – verassing (kremasie)

12. New Age-beweging

13. Okkultisme

14. Orgaanskenking – ja of nee

15. Roudiens of begrafnis

16. Saamwoon – ja of nee

17. Selfmoord – ja of nee

18. Sondagarbeid

ADDENDUM

Tug oor ampsdraers

vii

HOOFSTUK 1

Die mens

1. Skepping van die mens

GELOOFSLEER

1.1 In Genesis 1:26 en 2:18, 21, 23 is dit duidelik dat God nie van plan was om net een

mens te maak nie. Die woorde, “Laat Ons mense maak ...” – meervoud – is ’n

duidelike bewys hiervan.

1.2 God het die mens geskape – Genesis 2:7. Die teorie van evolusie, soos deur Darwin

uitgewerk, word verwerp.

1.3 God het die mens na sy beeld geskape. Lees Genesis 1:26, 27. Die mens alleen

besit ware kennis, ware geregtigheid en ware heiligheid. Lees hierby Heidelbergse

Kategismus, Sondag 3.

1.4 Die mens dra die beeld van God in twee opsigte:

1.4.1 Die beeld van God in ruimer sin. Dit is die dinge wat ons van die res van die

skepping onderskei, naamlik dinge soos redelikheid, persoonlikheid, vermoëns,

gawes, ens. Vgl. Hierby Spreuke 4:23.

1.4.2 Die beeld van God in enger sin. Vgl. Levitikus 19:2; Deuteronomium 6:5;

Matteus 5:48, 22:37; Efesiërs 5:1; 1 Petrus 1:15,16.

Ware kennis:

o Om God en sy Woord te ken

Ware geregtigheid:

o Om te kan onderskei tussen wat God wil en wat nie

o Om te kan onderskei tussen reg en verkeerd

o Om te kan onderskei tussen gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid

Ware heiligheid:

o Om werklik heilig te kan word

Geen diere of plante besit die heiligheid om in die hiernamaals saam met God

te leef en te woon en om Hom in volmaakte heiligheid te aanbid nie. Net die

mens besit dit – omdat God dit aan hom skenk.

1.5 Die mens is onsterflik geskape.

Die feit dat ons nou sterf, is omdat God ons gestraf het met die doodstraf: “Stof is jy,

en tot stof sal jy terugkeer.”

1.6 Ons weet dat die eerste mens ’n man is.

Die Here neem grond en maak die man se liggaam.

Onmiddellik is daar ’n baie opvallende verskil tussen hierdie skepsel en die res

van die skepping:

1

o Toe al die ander dinge gemaak is, het God net ’n woord gesê en die saak was

onmiddellik afgehandel. Dinge soos grond, plante, lig en diere was daar!

o Die mens se bestaan begin anders: God sê eers dat Hy mense gaan maak,

dan neem hy van die grond wat Hy geskape het en maak daarvan ’n man se

liggaam.

1.7 Daar gebeur nog iets wat die mens verder van die res van die skepping onderskei:

God blaas asem – wat lewe is – in die mens in.

God bewerk die lewe van die mens heeltemal verskillend van dié van die diere.

1.8 God het die mens geskape met die doel om Hom te eer – Nederlandse

Geloofsbelydenis, art. 12-17.

1.9 God skape die mens in twee geslagte: man en vrou.

1.10 Aanvanklik was daar net een mens en hy was geslagtelik geskape – manlik. Daarna

voer God die res van sy beplanning uit om mense te maak. Wanneer Adam slaap,

neem die Here van sy ribbebeen en maak die tweede mens.

1.11 Die verskil in materiaal wat gebruik word, is nogal opvallend groot. In Adam se geval

is “rou materiaal” gebruik en in die geval van Eva “verfynde materiaal”. Die vrou is

dus net hierin al die afronding van God se skepping – die mooiste en fynste wat deur

God se hande gemaak is.

1.12 God bring hierdie vrou na die man toe en daarmee vind die eerste huwelik plaas.

NB: Dis nie ’n kontrak nie, dis ’n skeppingsordinansie.

1.13 In hierdie huwelik sal die man moet leef soos een wat eerste is behoort te leef. Hy sal

so voor God moet leef dat dit duidelik is dat hy hom teenoor sy vrou en kinders gedra

soos een wat deur God geskape is om te regeer.

NB: nie bombasties en dwaas, of met geweld en oneerlikheid nie. God se eer moet

uit sy optrede skyn!

1.14 Die vrou sal die afronding en fynheid wat God in haar ingeskape het, ook moet

weerspieël. Sy kan nie getroud wees asof sy ontkoppel is van daardie eerste dag toe

God haar geskape het en haar na Adam toe geneem het nie. Ook in haar

huishouding en in haar verkeer met haar man moet God se eer en heerlikheid deur

hierdie teerheid en verfyndheid van haar uitgedra word.

1.15 Daar is dus wesenlike verskille tussen die twee mense – en tog is albei beelddraers

van God:

Adam word eerste gemaak – Eva tweede

Adam word van grond gemaak – Eva van Adam se liggaam

Adam is die hoof – Eva is sy hulp

Adam is manlik – Eva is vroulik

1.16 Daar is verskillende huwelike bekend:

Die monogame huwelik – waar een man en een vrou met mekaar getroud is,

soos Adam en Eva.

Die bigame huwelik – waar een man meer as een vrou het.

Die matriargale huwelik – waar die vrou die hoof van die huis is.

Die groepshuwelik – die soort huwelik wat onder die “hippies” (wat in die vyftiger-

en sestigerjare bekend was) voorgekom het, waar almal in die groep met almal

getroud is.

2

1.17 Watter een van hierdie huwelike is deur God ingestel? Het God die mens tot net een

tipe huwelik verbind?

Die Here het ons tot net een tipe huwelik verbind, naamlik die monogame huwelik,

waar een man verbind word met een vrou. Dit blyk uit die feit dat God een man maak

en weer vir hom ook net een vrou maak. Hiermee maak God ’n bepaalde instelling:

voortaan moet alle huwelike soos hierdie een lyk. Aan so ’n egpaar gee die Here die

opdrag om vrugbaar te wees en te vermenigvuldig tot die aarde gevul is.

2. Simbole

Die huwelik is ook simbolies van God se verkeer en verhouding met ons. Die man is

die hoof van die huis en daarin is hy simbool van God. Die vrou is die onderdanige

en daarin is sy die simbool van die kerk.

Hierdie intieme verhouding tussen God en sy kerk (die uitverkorenes) word die

verbondsverhouding genoem.

3. Opdrag teenoor God

Die eerste opdrag aan die pasgetroude paartjie word gevind in Genesis 1:26 – nog

voordat hulle geskape is. Die mens is geskape na God se beeld – hulle moet dus

God se beeld en gelykenis in hulle bestaan weerspieël.

Die tweede opdrag is ook in Genesis 1:26. Die Here besluit dat hierdie mense wat Hy

gaan maak, moet heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die

vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. Die opdrag raak

man en vrou, want dit betrek albei die mense wat God gemaak het.

Die volgende opdrag is in Genesis 1:28: “En God het hulle geseën en God het vir

hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en

heers ...” Hier word twee opdragte onderskei:

Die vrugbaarheidsopdragDie mens moet vermeerder, maar nie onbeperk nie.

Daar is ’n duidelike begrensing: totdat die aarde gevul is. Die opdrag behels dus

dat die mense meer beelddraers van God moet verwek.

Die heersersopdragDie tweede opdrag is om die koningsbeeld van God uit te

oefen: heers/regeer oor die skepping.

4. Opdrag teenoor mekaar

In Efesiërs 5:22 e.v. reël die Here die verhouding tussen die man en vrou in die

huwelik.

Aan die vrouens word die opdrag gegee om aan hulle eie mans onderdanig te

wees. NB vers 22b: “... soos aan die Here.” Die vrou onderwerp haar aan haar

man se leiding soos wat die kerk aan die Here onderwerp is. Die onderwerping

beteken nie slaafsheid nie, maar eenheid.

Die man moet sy eie vrou liefhê. Dis nie sinlike of wellustige liefde nie. Dis die

soort liefde wat God vir sy kerk het. NB: soos Christus sy gemeente. Christus het

sy kerk so liefgehad, dat Hy daarvoor gaan sterf het.

3

HOOFSTUK 2

Geloof

1. Sondeskuld en vergifnis

1.1 Die sondeval in die Paradys – ongehoorsaamheid en die strewe om soos God te wees

Sonde is strafbaar

Kyk na die inhoud van Eksodus 34:6-7:

“En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en

genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die

goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde

vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders

besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde

geslag.”

Vergifnis: die mens word in Christus, op grond van sy soendood, regverdig verklaar

en vergewe, hoewel sy sonde nie ontken word nie.

o Handelinge 10:43: “Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom

glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.”

o Handelinge 4:12: “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook

geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons

gered moet word nie.”

o 1 Johannes 1:9: “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die

sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.”

Dit is die kernsaak waarin die Christelike leer anders is as alle ander godsdienste.

1.2 Op grond waarvan word sommige in Christus regverdig verklaar en vergewe?

Nie alle mense se sondes word vergewe nie.

Christus verlos slegs diegene wat in Hom ingelyf is deur ’n ware geloof.

Dit is almal wat Hom as hul Verlosser en Saligmaker aanneem, met belydenis van

hulle skuld. Niemand is daartoe in staat nie, behalwe as die Heilige Gees dit

moontlik maak.

Uiteindelik word ons uit louter genade verlos, met geloof as die middel waardeur

ons die genade benut. Ons kan nie op ons geloof roem asof dit ons eie prestasie is

nie.

Lees:

o Matteus 22:14: “Want baie is geroep, maar min uitverkies.”

o Johannes 3:36: “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die

Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op

hom.”

o Romeine 3:28: “Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die

geloof sonder die werke van die wet.”

1.3 Kan almal in Christus se verlossing glo?

Nee, slegs mense vir wie God dit moontlik maak om te glo.

Vir baie is dit nooit moontlik nie – hulle spot eintlik daarmee.

4

Slegs enkele teksverwysings:

Matteus 13:11: “Toe antwoord Hy en sê vir hulle:Omdat dit aan julle gegee is om die

verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie

gegee nie.”

Matteus 19:11: “Maar Hy sê vir hulle:Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan

wie dit gegee is.”

Markus 4:11: “En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van

die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur

gelykenisse.”

Lukas 8:10: “En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die

koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl

hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.”

Johannes 6:65: “En Hy sê: ‘Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My

toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie’.”

1.4 Ons gaan in die eindoordeel deur God skuldig bevind word aan al ons sondes, maar

die gelowiges sal nie hel toe gaan nie, want God gaan hulle regverdig verklaar in

Jesus Christus. Dit beteken dat God ons al ons sondes gaan vergewe, maar Hy gaan

nie ontken dat ons dit gedoen het nie!

1.5 Alle mense word nie deur Christus verlos nie. Hy verlos alleen die mense wat in Hom

ingelyf word deur ’n ware geloof. Die belydenis leer dat dit al die mense is wat

Christus se weldade aanneem. Lees Matteus 22:14 en Johannes 3:36.

1.6 Alleenlik mense vir wie God dit moontlik maak om te glo, kan glo. NB: Lees Matteus

13:11; Matteus 19:11; Markus 4:11; Lukas 8:10 en Johannes 6:65.

1.7 Christus ly net vir die mense wat die Vader aan Hom gegee het, en wat glo –

Johannes 17:9.

1.8 Dit beteken nie dat die werk van Christus onvoldoende is nie.

Die werk van Christus was so volmaak dat dit die sondes van die hele wêreld kon

versoen – Dordtse Leerreëls, hfst. II, par. 3.

1.9 Die Heilige Gees lyf ons in Christus in deur ’n ware geloof.

Prakties beteken dit dat die Heilige Gees die geloof in ons harte bewerk deur die

prediking van die evangelie en dan versterk Hy dit deur die gebruik van die

sakramente.

Lees hierby die Heidelbergse Kategismus, vr. 65 en Efesiërs 2:8.

1.10 Ons verstaan onder die verkondiging van die Evangelie die amptelike prediking

in die kerk. Dit is so dat die amptelike prediking gebruik word om die geloof in ons

harte te werk.

Lees hierby Jakobus 1:18; Romeine 10:13-17: “... aanroep ... glo ... hoor ... preek ...

gestuur word.”

2. Wat is ware geloof?

2.1 Geloof

Hoe die Bybel dit openbaar, word in die Heidelbergse Kategismus, vr. 21 verklaar.

Veral Hebreërs 11:1: “Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop,

’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” Ook die ander teksverwysings in die

Heidelbergse Kategismus.

5

Geloof is die antwoord wat die Here deur sy Heilige Gees in my hart werk deur die

wedergeboorte – my antwoord op wat die Here vir my sê en wat Hy van my vra.

Dit is dus ’n geestelike gawe, iets wat ek besit en wat my lewe rig. Dit kom uit in my

lewe, in alles wat ek is, wat ek dink en wat ek doen.

Wat is geloof?

Dit is ’n gewisse kennis, waardeur ek weet dat alles wat God in die Bybel

openbaar, die waarheid is.

Verder is dit ’n vaste vertroue wat deur die Heilige Gees in my hart gewerk word,

dat ek ook soos ander mense vergewing van sondes, ewige geregtigheid en

saligheid as geskenk van God af ontvang.

Ek ontvang dit alleen uit genade, ter wille van die verdienste van Christus.

Geloof het dus twee bene:

Gewisse kennis

Vaste vertroue

Geloof is ’n lewende verbinding met die Enige God, want dit is om God te ken en op

Hom te vertrou.

Prakties: Om op die evangelie te reageer

Geloof is nie ’n ding wat in ons uitgegiet word nie. Geloof is ’n aksie wat van jou af

uitgaan. Maar terselfdertyd is dit ook ’n reaksie op dit wat God vir jou sê en dit wat Hy

van jou vra.

Geloof is ook ’n geestelike gawe – daarom is dit inderdaad ook iets wat jy besit. Dit is

dus iets wat jy het en iets wat jy doen.

Opsommend: ’n Ware geloof is:

’n gewisse kennis;

’n vaste vertroue; en

word gevolg deur goeie werke wat uit hierdie geloof gebore word.

2.2 Ongeloof

Daar is ’n belangrike verskil tussen ware en valse geloof.

o ’n Ware geloof is soos dit hierbo gestel is.

o ’n Valse geloof is ook geloof – maar ’n verkeerde en dooie geloof.

o Die valse geloof kom dikwels baie na aan die ware geloof en uiterlik kan die

valse geloof dikwels ’n aantreklike voorkoms hê.

Ongeloof is nie ’n aangebore gebrek nie.

Dit is ’n sonde omdat ons uit ongehoorsaamheid positief teen God kies.

Johannes 3:18: “Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo

nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore

Seun van God nie.”

2.3 Valse geloof kom in die volgende vorme voor.

Historiese geloof

Dit is om te weet dat al die feite in die Bybel waar is, maar dit het vir jou geen

inhoud nie. Die feite beteken dus niks vir jou saligheid nie. Die satan het

6

historiese geloof, want hy ken die Bybel feitlik woord vir woord, maar dit is net

sover as wat dit gaan. Lees hierby Jakobus 2:19.

Tydsgeloof

Dit is ’n geloof wat goed wegspring, maar dit hou nie lank nie, verflou later weer

en verdwyn uiteindelik selfs heeltemal. Lees hierby: Matteus 13.

Wondergeloof

Dit is ’n geloof wat net gekoppel word aan wonders en tekens. Hierdie mense se

geloof is heeltemal afhanklik van die sensasie daarvan om wonders te sien

gebeur en/of om dit self te doen.

Bogenoemde vorms van valse geloof kan ook skyngeloof genoem word. Lees hierby

Matteus 13:1-23.

3. Geloofsbelydenis

3.1 Sodra ’n dooplidmaat geestelike volwassenheid bereik, doen hy/sy in die openbaar,

voor God en die hele gemeente, belydenis van sy/haar geloof. Die gemeente is by

hierdie gebeurtenis die getuies van die belydenisaflegging.

3.2 Om belydenis van die geloof te doen, beteken dat jy jou doopverantwoordelikhede

“vir jou eie rekening neem”. Dit wil sê die belofte aan God wat tydens jou doop

beseël is, word nou deur die dopeling self aanvaar en hy/sy onderneem om voortaan

self in gehoorsaamheid aan God die konsekwensies van hierdie roeping en verbond

na te kom.

Die doopbelofte is:

dat God bevestig het dat die dopeling aan Hom behoort; en

dat die ouers onderneem dat die dopeling in hierdie leer onderrig en opgevoed

sal word.

3.3 God eis belydenis van ons geloof, want dit is die roeping van die verbond. Lees hier

Romeine 10:9, 10 en Matteus 10:32.

3.4 As iemand nie glo nie, is die Here nie daarvoor te blameer nie, want Hy bied aan

almal gelyk en met volle erns die heil van Christus aan – met die verpligting egter om

te glo. Dit is die mens self wat skuldig staan as hy weier om te glo. Lees hierby die

Dordtse Leerreëls, hfst. III, IV, par. 8, 9; Hebreërs 10:38, 3:19; 1 Petrus 2:7, 8.

3.5 Daar is ’n duidelike verband tussen uitverkiesing en geloof. Die geloof is nie die

grond vir jou uitverkiesing nie, maar wel die vrug daarvan. Anders gestel: Ons word

nie uitverkies omdat ons glo nie. Ons glo juis omdat ons uitverkies is.

NB: Efesiërs 1:4; Dordtse Leerreëls, hfst. III, IV, par. 7, 9.

4. Bose geeste

Die Here beskou alles wat teen Hom gerig is en wat ongehoorsaam is en wat

onheilig is as boos. Bose geeste is dus geeste wat hulle teen God versit en wat

onheilig en sleg is, en wat die eer van God en alles wat vir Hom dierbaar is,

benadeel.

Daar is duidelik iets soos die bose. Bose is bose geeste wat verwoestingswerk aanrig.

Matteus 13:38: “en die saailand is die wêreld. Die goeie saad – dit is die kinders van

die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,”

Handelinge 19:12: “sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op

die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle

uitgegaan het.”

7

As ons kyk na die inhoud van Deuteronomium 28:35 is dit duidelik dat boosheid iets

wat langdurig is in hom het: “Die HERE sal jou tref met bose swere aan die knieë en

aan die bene – waarvan jy nie gesond kan word nie – van jou voetsool tot jou

skedel.”

4.1 Bose geeste en mense

Bose geeste kan mense aanval

Handelinge 19:15: “Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek,

en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?”

Handelinge 19:16: “Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en

oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis

gevlug het.”

Bose geeste en ’n groep mense

Daar is gevalle waar ’n bose gees/bose geeste met groepe mense werk. Sulke

bose geeste kan groepe mense aanval en hulle verkeerd/dwaas/sleg laat optree.

Ons kry juis so ’n voorbeeld in Rigters 9:23: “ ... het God ’n bose gees gestuur

tussen Abiméleg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het

troueloos gehandel teen Abiméleg,”

Jeremia 7:24: “Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar

gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en

hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie.”

Jeremia 8:3: “En die dood sal bo die lewe verkies word deur die hele oorblyfsel,

die wat oor is van hierdie bose geslag in al die plekke waarheen Ek hulle verdryf

het, spreek die HERE van die leërskare.”

Bose geeste en enkelinge

Ons lees van verskillende plekke waar Saul met ’n bose gees probleme gehad

het wat van hom besit geneem het. Blykbaar was hy heeltemal in die mag van die

bose gees. Die indruk word nie gelaat dat hy hom teen die bose gees verset het

(of kon verset) nie.

1 Samuel 16:14: “Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ’n bose

gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.”

1 Samuel 16:15: “Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, ’n bose gees

van God verskrik u:”

Die vraag is of bose geeste vir musiek bang is? En vir watter soort musiek? Is

daar iets soos sataniese/bose musiek? Watter soort musiek het Dawid gespeel?

Kyk na die volgende Bybelgedeeltes:

1 Samuel 16:16: “ ... laat ons heer net sê, en u dienaars wat voor u staan, sal ’n

man soek wat op die siter kan speel; en as die bose gees van God oor u is, moet

hy speel met sy hand, dan sal dit beter met u word.”

1 Samuel 16:23: “En net wanneer daar ’n gees van God oor Saul kom, neem

Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die

bose gees wyk van hom.”

4.2 Wat gebeur waar bose geeste werk?

Bose geeste laat mense waansinnig en onverantwoordelik optree

8

1 Samuel 18:10: “Die volgende dag het die bose gees van God oor Saul vaardig

geword, sodat hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met

sy hand speel, en Saul ’n spies in sy hand hou.”

Wanneer bose geeste van iemand besit neem, kan die toestand versleg

Matteus 12:45: “Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met

hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word

erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.”

Matteus 13:19: “As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie,

kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is – dit is hy by wie langs die pad

gesaai is.”

1 Timoteus 6:4: “... dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ’n sieklike sug

na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose

agterdog,”

1 Johannes 3:12: “nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan

het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié

van sy broer regverdig.”

4.3 Hoe kan mens breek met bose geeste?

Ons kan van bose geeste verlos word

Die Here Jesus se kruisdood was dat Hy ons verlos het uit ’n bose wêreld – dus

ook van al die bose geeste en die mag van hulle aanvoerder, die duiwel.

Galasiërs 1:4: “wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit

die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,”

Kolossense 1:21: “Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur

die bose werke, het Hy nou versoen”

2 Tessalonisense 3:3: “Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar

van die Bose.”

2 Timoteus 4:18: “En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in

sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid!

Amen.”

Mense kan bose geeste weerstaan/teëstaan

Matteus 5:37: “Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is

uit die Bose.”

Handelinge 19:13: “En sommige van die rondtrekkende Jode,

duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem

oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat

Paulus verkondig!”

Efesiërs 6:12: “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen

die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van

hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”

Efesiërs 6:16: “Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle

al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.”

Bekering breek die mag van die bose oor mense. God herstel hulle.

Jeremia 3:17: “In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die HERE; en al

die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van die HERE in Jerusalem;

en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie.”

9

Sagaria 1:4: “Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete

geroep en gesê het: So sê die HERE van die leërskare: Bekeer julle tog van julle

bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister

nie, spreek die HERE.”

Lukas 7:21: “En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale

en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk.”

4.4 God verskoon nie mense wat na bose geeste luister nie.

Die afleiding wat ons maak uit dit wat in die Bybel staan, is dat iemand hom vrywillig

aan die bose geeste onderwerp as hy met hulle doenig is. Daarom straf die Here

sulke optrede. Sulke mense gaan verlore. Daar is dus duidelik iets van die mens se

eie verantwoordelikheid betrokke wanneer hy gehoorsaam is aan bose geeste.

Jeremia 11:8: “Nogtans het hulle nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hulle

het gewandel elkeen in die verharding van sy bose hart. Daarom het Ek oor hulle

gebring al die woorde van hierdie verbond wat Ek beveel het om te doen, maar wat

hulle nie gedoen het nie.”

Jeremia 16:12: “en julle nog erger gehandel het as julle vaders; want kyk, julle

wandel elkeen na die verhardheid van sy bose hart, om na My nie te luister nie.”

Jeremia 18:12: “Maar hulle sê: Dit is tevergeefs; want ons sal na ons gedagtes

wandel, en ons sal elkeen volgens die verhardheid van sy bose hart handel.”

4.5 Ons moet bid dat die Here ons van bose geeste verlos

Matteus 6:13; Lukas 11:4: “en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die

bose.”

Lukas 8:2:“ook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes: Maria wat

Magdaléna genoem word, uit wie sewe duiwels uitgegaan het,’

Johannes 17:15: “Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle

van die Bose bewaar.’

1 Johannes 5:18: “Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar

hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.”

4.6 Wat leer ons Belydenis?

Heidelbergse Kategismus

Vraag 127: Wat is die sesde bede?

Antwoord: En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Dit is: Ons

is in onsself so swak dat ons nie een oomblik staande kan bly nie (a). Daarby hou

ons doodsvyande, die duiwel (b), die wêreld (c) en ons eie sondige natuur (d), nie op

om ons aan te val nie. Wil U ons tog deur die krag van u Heilige Gees staande hou

en versterk, sodat ons teen hulle sterk teenstand kan bied en in hierdie geestelik

stryd nie beswyk (e) nie, totdat ons eindelik die oorwinning volkome behaal (f).

(a) Joh 15:5; Ps 103:14. (b) 1 Pet 5:8; Ef 6:12. (c) Joh 15:19. (d) Rom 7:23; Gal 5:17.

(e) Matt 26:41; Mark 13:33. (f) 1 Tess 3:13; 5:23.

Vraag 128: Hoe sluit jy jou gebed af?

Antwoord: Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in

ewigheid. Dit is: Ons bid dit alles van U omdat U as ons Koning, wat mag oor alles

het, ons alle goeie dinge wil en kan gee (a) sodat daardeur nie ons nie, maar u

heilige Naam ewig geprys sal word (b).

(a) Rom 10:12; 2 Pet 2:9. (b) Joh 14:13; Jer 33:8, 9; Ps 115:1.

10

Nederlandse Geloofsbelydenis

Artikel 12

Ons glo dat die Vader, toe Hy dit goedgedink het, deur sy Woord, dit wil sê deur sy

Seun, die hemel en die aarde en alle skepsels uit niks geskep het.

Hy het aan elke skepsel ’n eie wese, gestalte en voorkoms en onderskeie take

gegee om sy skepper te dien.

Hy onderhou en regeer hulle almal nou nog deur sy ewige voorsienigheid en

oneindige krag om die mens te dien, sodat die mens sy God kan dien;

en Hy het ook die engele goed geskep om sy boodskappers te wees en sy

uitverkorenes te dien.

Sommige van die engele het uit die verhewenheid waarin God hulle geskep het, in

die ewige verderf verval, maar die ander het deur die genade van God in hulle

toestand volhard en staande gebly.

Die duiwels en bose geeste het só ontaard dat hulle vyande van God sowel as

van alles wat goed is.

Soos moordenaars loer hulle op die kerk – ook op elke lidmaat – om dit met alle

mag in die verderf te stort en om alles deur hulle bedrieëry te verwoes.

Daarom staan hulle deur hulle eie boosheid veroordeel tot die ewige

verdoemenis en verwag hulle daagliks hulle verskriklike pyniging.

Daarom verfoei ons ook die dwaling van die Saduseërs, wat ontken dat daar

geeste en engele is; ook verwerp ons die dwaling van die Manigeërs, wat sê dat

die duiwels hulle oorsprong uit hulleself het en reeds van nature sleg is en nie

sleg geword het nie.

4.7 Enkele aanvullende teksverse

Hebreërs 3:12: “Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ’n

bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.”

1 Johannes 2:13: “Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin

af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan

julle, kinders, omdat julle die Vader ken.”

1 Johannes 2:14: “Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van

die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die

woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.”

1 Johannes 5:19: “Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die

Bose lê.’

2 Johannes 1:11: “Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose

werke.”

Openbaring 16:2: “Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en

kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het

en sy beeld aanbid het.’

11

HOOFSTUK 3

Die Heilige Skrif

1. Skrifgesag

Een van die slagspreuke van die Reformasie was: Sola Scriptura. Dit beteken: Die

Bybel alleen! In die moderne tyd is daar verskillende dwaalleraars wat besig is om hulle

dwaalleer in die kerk te vestig. Hulle beroep hulle ook op die Skrif vir die dinge wat hulle

leer. Daarom is dit goed om eers te kyk wat die tradisionele standpunt van

Gereformeerdes rondom die gesag van die Heilige Skrif is.

Om gereformeerd te wees, beteken vir ons dat net die Skrif alleen vertrou, verklaar

en nagevolg word. Om waarlik gereformeerd te wees, moet die kerk haar ten volle op

die Skrif verlaat.

Uiteraard is die beste vertrekpunt die belydenis: NGB, art. 5 handel oor die gesag van

die Heilige Skrif. Eerste is daar ’n duidelike omskrywing van wat Gereformeerdes as die

Bybel aanvaar:

Ons aanvaar al hierdie boeke en hulle alleen, as heilig en kanoniek om ons geloof

daarna te rig, daarop te grondves en daarmee te bevestig. Ons glo ook sonder twyfel

alles wat daarin vervat is, nie juis omdat die kerk hulle aanvaar en as sodanig beskou

nie maar veral omdat die Heilige Gees in ons hart getuig dat hulle van God is. Hulle

het ook die bewys daarvan in hulleself, aangesien selfs die blindes kan tas dat die

dinge wat daarin voorspel is, plaasvind. (Art. 5 NGB)

Tot waar gaan die gesag van hierdie boeke wat saam die Bybel vorm? Ons

belydenis spreek hom soos volg uit:

Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat

die mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word.

Aangesien die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word, daarin

breedvoerig beskrywe word, mag ook niemand, selfs nie die apostels nie, anders

leer as wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer word nie – ja, al was daar ook

’n engel uit die hemel, soos die apostel Paulus sê (Gal 1:8).

En aangesien dit verbode is om iets by die Woord van God by te voeg of daarvan

weg te laat (Deut 12:32), blyk dit duidelik dat die leer daarvan heeltemal volmaak

en in alle opsigte volkome is.

Ons mag ook geen geskrifte van mense, hoe heilig die mense ook al was, met

die Goddelike Skrif gelykstel nie;

o ook mag ons nie die gewoonte of die groot getalle of oudheid of opvolging

van tye of van persone of kerkvergaderings, verordeninge of besluite met dié

waarheid van God gelykstel nie, want die waarheid is bo alles. Alle mense is

immers uit hulleself leuenaars en nietiger as die nietigheid self (Ps 62:10).

Ons verwerp daarom met ons hele hart alles wat nie met hierdie onfeilbare reël

ooreenkom nie, soos die apostels ons leer as hulle sê: “... maar stel die geeste op die

proef of hulle uit God is" (1 Joh 4:1) en: “As iemand na julle kom en hierdie leer nie

bring nie, ontvang hom nie in die huis nie ...” (2 Joh:10). (NGB, art 7)

Met al die veranderinge wat oraloor in die Gereformeerde Kerke uitslaan (en wat in

baie gevalle nie deur meerdere vergaderings goedgekeur is nie!), is dit belangrik dat

gelowiges sal onthou dat kerke en gelowiges nie eenlinge is wat soos komete deur

die tyd swerf totdat hulle in die ewigheid inval nie.

Daar is ’n bloedband in Christus wat ons almal aan mekaar verbind.

12

Dit laat ons met ’n roeping en verpligting teenoor mekaar.

Dit is ongetwyfeld die bedoeling van NGB, art. 27 waar ons belydenis uitmaak wat

die Heilige Algemene Christelike Kerk is:

Ons glo en bely ’n enige katolieke of algemene kerk,

o ’n heilige vergadering van almal wat waarlik in Christus glo,

o wat almal hulle volle saligheid in Jesus Christus verwag en in sy bloed gewas

is,

o geheilig en verseël deur die Heilige Gees.

o Die Koningskap van ons ewige Koning die Here Jesus Christus, bewaar hierdie

kerk.

Tog bely ons dat dit nie beteken dat die kerk net voorspoed en seën ken nie.

Daar kom tye waarin die mensdom grootliks in dwaalleer en afgodsdiens verval – al

maak baie van hierdie verdwaaldes daarop aanspraak dat hulle in sulke tye deel is van

die kerk van God.

Die NGB het ’n baie duidelike uitspraak daaroor. Die vraag wat opkom, is of die kerk

van die Here in Suid-Afrika nie tans in so ’n fase is (of ingaan) nie:

En hierdie heilige kerk word deur God teen die woede van die hele wêreld bewaar,

alhoewel dit soms ’n tyd lank baie klein is en dit in die oë van die mense lyk asof dit

tot niet gegaan het – soos die Here vir Hom gedurende die gevaarlike tyd onder

Agab sewe duisend mense bewaar het wat nie voor Baäl gekniel het nie.

Vir die postmoderne teoloog wat, soos die eksistensialisme, sy teologie bou vanuit

die filosofie dat die mens slegs die som van sy ervaringe is, word die Skrif maklik

afgekraak en gekritiseer.

Sy vryheid bestaan juis daarin dat hy kan bevraagteken en kritiseer, anders is hy

niks.

Die hinderlikste gevaarteken is die feit dat ateïsme die eksistensialisme se

ondergrond is.

Verklaar dit waarom die postmoderne teoloog so maklik Skrifkritiek beoefen? Is

dit omdat sy verset teen alles maak dat hy God as sy gelyke sien – of ten diepste

God se bestaan ontken?

1.1 Laat ons eerste kyk wat ons bely van die Bybel (Woord van God).

Heidelbergse Kategismus

Vraag 21: Wat is ’n ware geloof?

Antwoord: ’n Ware geloof is nie alleen ’n vasstaande kennis waardeur ek alles wat

God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook ’n

vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d),

naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs

op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige

geregtigheid en saligheid (f) geskenk het.

(a) Jak 2:19. (b) Heb 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef 3:12; Heb 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22;

Matt 16:17; 2 Kor 4:13; Joh 6:29; Ef 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17;

1 Kor 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk 1:77, 78. (f) Rom 1:17;

Gal 3:11; Heb 10:10, 38; Gal 2:16.

Efesiërs 6:17: “En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees –

dit is die woord van God” (AFR1953)

13

Hebreërs 4:12: “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige

tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte

en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”

(AFR1953)

Jesaja 59:17: “En Hy het geregtigheid aangetrek soos ’n pantser, en die helm van heil

was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in

die ywer soos in ’n mantel.” (AFR1953)

Die Bybel gebruik hier in Efesiërs 6:17 ’n werkwoord wat beteken dat jy iets moet

ontvang/vat/gryp – en die ontvangs erken!

Die interessante is dat hierdie woord in die aoristus-vorm geskryf is. Dit beteken

dis ’n eenmalige handeling!

God rus jou toe en jy moet reageer en klaarkry daarmee. Jy kan nie met die Here

heen en weer of vat en los speel nie.

God reik dus die gelowige met hierdie toerusting (wapens?) uit, en hy moet dit vat

en aantrek.

Die swaard van die Gees:

’n Swaard is nie ’n verdedigingswapen nie. Dis ’n aanvalswapen.

Dis ’n wapen wat doodslaan en platslaan.

Dit is omtrent hoe die geveg tussen die Here Jesus en die Satan verloop het!

Kyk hoe het Jesus met die Woord die Satan van sy krag beroof:

Matteus 4:4: “Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van

brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.”

(AFR1953)

Matteus 4:7: “Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God

nie versoek nie.” (AFR1953)

Matteus 4:10: “Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe:

Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (AFR1953)

Matteus 22:42-46: “en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?

Hulle antwoord Hom: Dawid s;n. Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in

die Gees Here noem as hy sê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my

regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete? As Dawid

Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun? En niemand kon Hom ’n woord

antwoord nie; ook het geeneen van daardie dag af dit meer gewaag om Hom

vrae te stel nie.” (AFR1953)

1.2 Die Woord van God verander mense ook en bring hulle tot sondebesef en bekering

(maak van hulle gelowiges).

’n Voorbeeld is Petrus se preek op die Pinksterdag en dan die reaksie van die mense

wat deur die uitleg van die Woord van God geraak is:

Handelinge 2:37: “Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus

en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?” (AFR1953)

Romeine 1:16: “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is

’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die

Griek.” (AFR1953)

1.3 Wat verstaan ons onder die Woord van God?

Die hele Bybel. Vergelyk hiervoor die begin van die Hebreërbrief:

14

Hebreërs 1:1-2: “Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het

tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die

Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld

gemaak het.” (AFR1953)

1.4 Die Bybel het die volgende eienskappe:

Die Woord van God is geïnspireer deur die Heilige Gees.

NGB Artikel 3

Die geskrewe Woord van God:

Ons bely dat hierdie Woord van God nie deur die wil van ’n mens gestuur of

voortgebring is nie, maar die heilige mense van God het dit, deur die Heilige

Gees gedrywe, gespreek, soos die heilige Petrus sê (2 Pet 1:21). Daarna het

God deur sy besondere sorg vir ons en ons saligheid sy knegte (profete en

apostels) beveel om sy geopenbaarde Woord op skrif te stel en Hy self het met

sy vinger die twee tafels van die wet geskrywe. Daarom noem ons sulke geskrifte

die heilige en Goddelike Skrif.

2 Pet 1:21; Ps 102:19; Eks 17:14; (Deut 3); Eks 34:27; Deut 5:22; Eks 31:18.

Die Bybel is gesagvol.

o Die Christelike kerk beskou die Bybel as gesagvol. Die ware kerk sal hom

nooit bo die Skrif verhef nie. Die kerk is altyd aan die Bybel onderwerp.

o Die gesag van die Bybel rus in homself. Die kerk maak nie die Bybel

gesagvol, of ken gesag aan die Bybel toe wat hy nie vanself het nie. Die

Bybel is nie die Woord van God omdat die kerk so sê nie. Die Bybel bied

homself aan as die Woord van God en is daarom gesagvol en moet

gehoorsaam word. (NGB, art. 3, 5)

Die Bybel het Goddelike gesag (outoritas).

Omdat God so sê, IS dit so. God spreek tot ons deur die Bybel. Dit is daarom ook

onfeilbaar, of, soos in Psalm 19:8 gesê word: “Die Woord van die Here is volmaak.”

Die Bybel is noodsaaklik (necessitas).

o Die Bybel is noodsaaklik omdat (en sodat) God daaruit geken word. Sonder

die Bybel kan ons nie ware kennis van God besit nie.

o Die Bybel is noodsaaklik omdat die kerk uit die Bybel leer hoe die kerk

georganiseer moet word, o.a. die ampsdraers en hulle funksies.

o Die Bybel is noodsaaklik omdat God wil hê dat sy Woord ’n getuienis moet

wees deur alle tye en op alle plekke.

Die Bybel is deursigtig.

o Elkeen kan die Bybel lees en verstaan, maar geen mens kan die volle diepte

van die Bybel verstaan nie.

o Alle mense verstaan nie ewe veel nie, maar elkeen verstaan genoeg vir sy

saligheid.

o Daar staan in 2 Petrus 3:15, 16 dat nie alles in die Bybel ewe maklik is om te

verstaan nie, maar dit veronderstel tog ook dat alles nie ondeurgrondelik

(onverstaanbaar) is nie.

15

Die Bybel is sy eie uitlegger.

o Dit beteken dat, wanneer iets in die Bybel onverstaanbaar is, die gedeelte

met ander plekke in die Bybel, wat oor dieselfde saak handel, vergelyk moet

word. In die vergelyking sal die saak van verskillende kante af belig word en

sal die Bybel homself verklaar.

o Met ander woorde, luister altyd na wat die Bybel self sê en moet nie aan die

Bybel voorskryf wat om te sê nie.

o Wat ons moet weet, kan ons uit die Bybel uit ken. Vergelyk die volgende –

Kolossense 1:9-12: “Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons

dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die

kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik

voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie

werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, en met alle krag

bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en

lankmoedigheid met blydskap, en die Vader mag dank wat ons bekwaam

gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig – ”

(AFR1953)

Die Bybel is die maatstaf vir jou lewe.

o Kyk elke keer of jou lewe pas by dit wat die Bybel van jou vra.

o Die Bybel is ook die maatstaf vir jou geloof. Dit leer jou wat jy moet glo en ook

hoe jy moet glo. Lees hierby NGB, art. 7.

Die Bybel is Regter oor geskille in die kerk.

o Die uitspraak van die Skrif is beslissend. In Johannes 8:47 sê Christus

byvoorbeeld: “Wie ’n kind van God is, luister na die woorde van God. Juis

daarom luister julle nie, omdat julle nie kinders van God is nie.”

o Dit beteken dat die kerkraad elke keer wanneer daar ’n geskil in die gemeente

(kerkraad) is, volgens die beginsels in die Skrif moet vasstel wie reg en wie

verkeerd is.

o God se Woord beslis dus oor die beginsels en die kerkraad handhaaf hierdie

beslissing.

Die Bybel is voldoende/genoegsaam (sufficientia).

Daar is genoeg boeke in die Bybel waarvan die inhoud voldoende is om ons ons

saligheid te leer. Daar is nie nog meer boeke nodig wat iets anders leer nie.

o Die Roomse Kerk aanvaar ook nog die apokriewe boeke as geskrifte wat

behoort by die kanon van die Bybel.

Dit is valse geskrifte wat opgestel is om die Bybel skade aan te doen.

Daar is Ou-Testamentiese en Nuwe-Testamentiese apokriewe.

Ons verwerp dit omdat die inhoud daarvan vals is, al lyk dit soms asof dit

baie naby aan die waarheid beweeg.

o Die boeke wat tans in die Bybel vervat is, word die kanon genoem.

Kanon beteken: riet, maatstaf, liniaal. (Dus: genoeg boeke om te meet wat

geestelik gemeet moet word)

Lees hiermee saam NGB, art. 6.

o Ons glo dat die Bybel die wil van God volkomelik bevat en dat alles wat die

mens tot saligheid moet glo, daarin genoegsaam geleer word

(Johannes 21:25; 20:30).

16

o Spreuke 30:6 sê: “Moet niks byvoeg by wat Hy gesê het nie; Hy sal jou

bestraf, en jy sal daar staan as leuenaar.”

Die Bybel is ook doeltreffend.

Die Woord van die Here laat dinge gebeur. In Jesaja 55:11 word dit soos volg

verduidelik: “so sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie

onverrigter sake na My terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê, en

tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.”

Iemand het by geleentheid gesê: “Die Bybel is ’n arsenaal van hemelse wapens,

’n laboratorium van onfeilbare medisyne, ’n myn van onuitputlike rykdom, ’n gids

vir elke pad, ’n kaart vir elke see, ’n geneesmiddel vir elke siekte en ’n balsem vir

elke wond.”

1.5 Hoe word iemand oortuig van die waarheid van die Bybel?

Heel eerste is dit nodig om wedergebore te wees.

Wanneer ’n wedergebore mens die Bybel lees, laat die Heilige Gees hom die

Bybel verstaan en sodoende oortuig die Heilige Gees die persoon dat die Bybel

waar is.

Die Heilige Gees gebruik die inhoud van die Bybel om ons te laat glo.

En wanneer ons glo, is dit vanselfsprekend dat ons ook die Bybel sal aanvaar vir

waar en as God se Woord.

Dit verklaar waarom ongelowiges ook die Bybel kan lees, maar glad nie beïndruk is

met wat daarin staan nie.

1.6 Die Heilige Skrif is die bron vir ons geloof, omdat die Here Hom daarin aan ons

openbaar. Lees HK vr. 19.

Die Bybel word ook die Blye Boodskap (Evangelie) genoem. In die hele Bybel

word hierdie boodskap van verlossing van die skepping af geopenbaar – in die

skepping self, omdat God se almag dit openbaar en net daarna, met die

moederbelofte, en uiteindelik met die koms van die Verlosser self.

Die eerste verlossingsbelofte vind ons in Genesis 3:15. Dit word die

moederbelofte genoem, omdat dit die eerste van ’n reeks beloftes van verlossing

en van die koms van die Verlosser is.

Die inhoud van die Moederbelofte is dat God ’n skeiding maak tussen die duiwel

en die vrou, en daarmee ook tussen hulle nasate en volgelinge. In beginsel is dit

’n skeiding tussen die kerk en die haters van God. Die Een wat uit die vrou se

saad gebore sal word, is Christus. Die slang waarvan die kop vermorsel gaan

word, is die Satan (Genesis 3:15).

Aanvanklik is die Bybel mondelings deur die aartsvaders oorgedra van die een

geslag na die ander een. Eers heelwat later is die Bybel op skrif gestel.

In die Bybel maak God van simboliese voorstellings gebruik, byvoorbeeld die

kruisdood wat in die Ou Testament deur die offers gesimboliseer word. Christus

vervul uiteindelik al die beloftes en voorstellings wat in die Ou Testament gemaak

is.

Die Bybel bestaan uit twee dele, naamlik die Ou Testament en die Nuwe

Testament.

o Die Ou Testament is in twee tale geskryf, naamlik Hebreeus en Aramees:

(sommige boeke is in Hebreeus geskryf en ander boeke, byvoorbeeld Daniël, is

in Aramees geskryf.)

17

o Die Nuwe Testament is geskryf in Grieks. (Nie “goeie” Grieks nie, maar in die

praatgrieks van daardie tyd. Dit kan met reg ’n “slang”-Grieks genoem word.)

Dit was ’n swak tipe Grieks wat deur almal verstaan en gepraat is.

Die Skrywer van die Bybel is die Heilige Gees. Dit is so dat verskillende mense

oor verskillende tye aan die Bybel geskryf het en dat die Bybel dus oor honderde

jare tot stand gekom het, maar hierdie mense het almal onder die inspirasie van

die Heilige Gees gewerk. Lees hierby 2 Timoteus 3:16a; 2 Petrus 1:21 en

NGB, art.3.

In die kerk bestaan daar naas die Bybel ook nog die belydenisskrifte. Ons mag

menslike geskrifte soos die belydenisskrifte en Sinodebesluite nooit met die

Bybel gelykstel nie. Hulle bly almal van die Bybel afhanklik vir die waarheid wat

hulle leer, en indien hulle verkeerd is volgens Bybel, moet hulle in

ooreenstemming met die Bybel gebring word.

1.7 Die middele waardeur ons God ken – NGB, art. 2

Ons ken Hom deur twee middele:

Ten eerste deur middel van die skepping, onderhouding en regering van die

hele wêreld. Dit is immers voor ons oë soos ’n mooi boek waarin alle skepsels,

groot en klein, die letters is wat ons die onsigbare dinge van God, naamlik

sy ewige krag en goddelikheid, duidelik laat sien, soos die apostel Paulus sê

(Romeine 1:12). Al die dinge is genoegsaam om die mense te oortuig en hulle

alle verontskuldiging te ontneem.

Ten tweede maak Hy Hom deur sy heilige en Goddelike Woord nog duideliker en

meer volkome aan ons bekend en wel so veel as wat vir ons in hierdie lewe nodig

is om te leef tot sy eer. Hy openbaar alles wat nodig is vir die saligheid van hulle

wat aan Hom behoort.

2. Die Bybel en wetenskap

Die Bybel is nie ’n wetenskaphandboek nie.

Die Bybel is Godsopenbaring. Dit openbaar wat die Here gedoen het en doen –

hoe Hy sy verlossingsraad uitvoer.

Dit verklaar en openbaar nie (noodwendig) die “hoe” van sy werke nie. Die Here

het byvoorbeeld die hemel en die aarde gemaak, maar Hy gee nie al die formules

en tydsindelings tot in miljoenstes van sekondes (soos die wetenskaplikes

vandag wil doen) van wat Hy hoe laat gebeur het nie.

3. Almal kan nie die Bybel lees, en insig hê van wat hulle lees nie.

Al klink dit vir ons menslike oor hoe onbillik, dis hoe God dit openbaar – en dit is dus

die waarheid! Dink hier aan die Here Jesus se eie opmerking hieroor:

Matteus 13:11: “Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om

die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit

nie gegee nie.” (AFR1953)

Markus 4:11: “En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van

die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur

gelykenisse,” (AFR1953)

Lukas 8:10: “En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van

die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle,

terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.” (AFR1953)

18

Handelinge 22:14: “En hy het gesê: Die God van ons vaders het jou voorbeskik

om sy wil te ken en die Regverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor;”

(AFR1953)

4. Benadering

Die Bybel word met geloof benader.

Die Bybel word verklaar, met ander woorde wat God self sê, word net verduidelik.

God self moet praat!

Die postmoderniste “interpreteer” die Bybel. Hulle dra hulle eie interpretasies in

die Bybel in en onderwerp die Bybel aan die wetenskap. Die wetenskap word die

allesoorheersende en daarmee word interpretasies in die Godsopenbaring

ingedra en ingelees. Dis dwaalleer!

5. Vermensliking van God – en die gevolglike onderskatting van sy Godheid.

Die postmoderniste maak van God ’n mens. Hy moet doen wat ons doen. Die

ALMAG van God word ontken. Net dit wat ’n mens kan doen, is moontlik.

Daarom word die maagdelike geboorte van Christus ontken. Daarom word die

opstanding uit die dood ontken.

Daarom word die hemelvaart ontken.

6. Die probleem hiermee: Dit is sonde teen die Heilige Gees!

7. Slot

Die probleem hiermee is dat ons bely dat God die Heilige Gees die Bybel geskryf

het.

Ons bely dat God sy kerk bewaar en vermeerder deur sy Woord en sy Gees.

Wanneer die Bybel aan kritiek onderwerp word, word die openbaring soos wat dit

deur die Heilige Gees gegee is, verskeur. Daarmee word twee sondes

gepleeg:

o Die kerk word lamgelê omdat die werktuig van die Heilige Gees uit die Kerk

weggeneem word.

o Daar word sonde teen die Heilige Gees gedoen – die een sonde wat die Here

nie in hierdie lewe of in die toekomstige lewe vergewe nie! – Matteus 12:32;

Markus 3:29; Lukas 12:10.

Is daar enige manier waarop mens kan beklemtoon dat ons ons nie teen God moet

verhef en sy Woord kritiseer en onwaar verklaar nie? Die oomblik wanneer ons dié

dinge doen, jaag ons ’n skimbeeld wat aan ons voorgehou is deur die slegste

skepsel in die skepping toe hy gesê het: “Julle sal soos God wees!”

Ons moet nog steeds elke oomblik teen hom waak en sterk staan! Die Bybel

openbaar mos vir ons ’n groot troos hieroor:

1 Johannes 5:20: “En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand

gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun,

Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.” (AFR1953)

8. Apokriewe boeke

Die woord apokrief kom van ’n ou Griekse woord apokruptos af wat letterlik

verborge beteken. Die woord was ook gebruik om die geheime geskrifte van

byvoorbeeld towenaars aan te toon.

19

Die Rooms-Katolieke wêreld gebruik die naam apokriewe boeke, terwyl die

Protestantse wêreld die term pseudepigrafiese geskrifte genoem word (leuengeskrifte/valse

geskrifte!).

Die woord het deur die eeue ’n “kerklike” betekenis gekry, omdat boeke/geskrifte wat

deur die gelowiges geskryf is wat nie dieselfde standaard gehad het as die boeke

wat deur die Heilige Gees geïnspireer is nie, ook hierdie naam gekry het, met ander

woorde daar het twee stelle geloofsboeke ontstaan:

Die een groep was as gesagvol beskou omdat dit God se openbaring is. Hierdie

boeke is kanoniek (kanon = lineaal/meetstok/maatstaf) genoem.

Die tweede groep was as waar (of ten minste gedeeltelik waar) beskou, maar

beslis nie vir ons geloof op dieselfde standaard as die kanonieke boeke nie. Hulle

is apokriewe geskrifte genoem.

Dit is waarom ons geloofsbelydenis in Artikel 4 van die NGB ’n volledige lys gee van

die kanonieke boeke. En dan later in artikel 6 ook ’n lys gee van die apokriewe boeke

en ook wat hulle waarde vir ons is.

Artikel 6 NGB:

Onderskeid tussen die kanonieke en apokriewe boeke

Ons onderskei hierdie heilige boeke van die apokriewe boeke: die derde en vierde

boek van Esra, die boek van Tobias, Judit, die Wysheid, Jesus Sirag, Barug, die

byvoegsel by die geskiedenis van Ester, die Gebed van die drie manne in die vuur,

die Geskiedenis van Susanna, die Beeld van Bel en die Draak, die Gebed van

Menasse en die twee boeke van die Makkabeërs.

Die kerk mag hierdie boeke wel lees en daaruit lering trek vir sover hulle met die

kanonieke boeke ooreenstem.

Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis

enigiets van die geloof of van die Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle

mag nie in die minste aan die gesag van ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie.

8.1 Wie het besluit dat hierdie boeke uit die kanon uitgesluit moet wees?

Die antwoord is natuurlik eenvoudig: Die kerk het dit besluit. Die kerk van die Here

het bewustelik deur, onder andere, sinodes besluit dat hierdie geskrifte nie deel van

die kanon moet wees nie.

Daar is sulke boeke in sowel die Ou- as die Nuwe-Testamentiese bedeling.

8.2 Wanneer is die eerste apokriewe al uit die kanon uitgeskuif?

Ons moet hier onderskei tussen twee groepe (bewegings) onder die ou Jode.

Eerstens was daar die Palestynse Jode: Dis nou dié wat in Palestina gewoon het en

wat bande met Palestina gehad het.

In Jesus se tyd het die Palestynse Jodendom reeds die Ou-Testamentiese boeke

wat ons in ons kanon het, as hulle kanonieke boeke aanvaar.

Dan was daar die Alexandrynse Jode. Dis Jode wat baie sterk deur die Griekse

filosofie beïnvloed was en wat in Alexandrië in Noord-Afrika gebly het. Dis hierdie

groep wat die Ou Testament in Grieks vertaal het (= die Septuaginta).

Hulle het geen beswaar gehad om ’n hele klomp toevoegings by die boeke van die

Ou Testament te voeg nie, want hulle het ’n baie ruimer siening gehad van wat die

inspirasie deur die Heilige Gees sou wees!

20

Ons moet onthou dat daar in die vroeë tye nie baie geleerde mense was wat

Hebreeus kon lees en skryf nie. Daarom was feitlik al die eerste Christene en

kerkvaders op die Septuaginta aangewys as hulle uit die Ou Testament wou lees –

omdat dit in Grieks geskryf was! Sodoende het hulle gewoond geraak aan die

“ekstra” boeke wat by die Ou Testament bygevoeg was.

Daar was van die vroeë Christelike tyd af twee standpunte oor die apokriewe:

Die kerkvader Athanasius (293-373 n.C.) en veral ook Hieronymus

(345 – 420 n.C.) het hulle by die Palestynse kanon geskaar en die apokriewe nie

as deel van die kanon erken nie. Hulle standpunt was dat die Heilige Gees nie

hierdie boeke geïnspireer het nie.

Teenoor hulle was die kerkvader Augustinus (uit Noord-Afrika!) wat die sinodes

van Hippo (393 n.C.) en Carthago (397 n.C.) beïnvloed het om die Septuaginta

se lysie van boeke te aanvaar as die kanon. Hierby was die apokriewe boeke dus

ingesluit!

Ter wille van die balans moet darem genoem word dat daar tot diep in die

Middeleeue altyddeur stemme van protes was wat gesê het dat hierdie besluite

verkeerd was, maar hulle standpunte is altyd doodgesmoor.

In die tyd van die Hervorming het die kerke van die Reformasie hulle by die

standpunt van Hieronymus aangesluit en teruggekeer na die Hebreeuse kanon.

Teenoor hierdie standpunt het die Rooms-Katolieke Kerk by die besluite van die

Sinodes van Hippo en Carthago gebly en die apokriewe as deel van die kanon en

daarom as die kenbron van die waarheid gehandhaaf.

8.3 Wat is ons standpunt oor die apokriewe?

Martin Luther het die saak min of meer reg en volledig opgesom: Die apokriewe is

boeke wat nie met die Heilige Skrif gelykgestel word nie, maar wat nogtans nuttig en

goed is om te lees.

Calvyn se standpunt was dat die apokriewe privaat geskrifte is wat nie gesag het nie.

Die kerk mag wel hierdie boeke lees en hulle gebruik vir onderrig in sake waarmee

hulle ooreenstem met die kanonieke boeke. Hulle het egter geensins sodanige krag

of gesag dat iemand deur hulle getuienis enigiets van die geloof of van die

Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle mag nie in die minste aan die

gesag van ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie.

Opsommend kan ons dit dus so saamvat:

Die apokriewe kan nie op een lyn met die kanonieke boeke gestel word nie.

o Hulle het geen goddelike gesag nie.

Ons mag dit lees en gebruik met dien verstande dat die inhoud daarvan

onderwerp word aan die norm/maatstaf van die kanonieke boeke van die Ou en

Nuwe Testament.

Veral die apokriewe van die Ou Testament is van groot belang, byvoorbeeld die een

boek van die Makkabeërs wat baie historiese feite bevat wat nie in enige ander

geskrif gekry word nie. Dit gee ook ’n duidelike beeld van hoe daar mense was wat

baie vroom gelewe het. Net so beskryf dit mooi belydenisse en treffende gebede wat

mense onder bepaalde omstandighede gedoen het.

Die apokriewe boeke beteken nie almal ewe veel nie. Van die Ou-Testamentiese

apokriewe is feitlik net die eerste boek van die Makkabeërs waardevol. In die ander

apokriewe is die historiese gegewens oor die algemeen baie verkeerd/onbetroubaar.

Die boek Wysheid van Salomo is deurspek met twyfelagtige filosofiese spekulasies.

21

Wat die Nuwe-Testamentiese apokriewe betref is daar dele wat baie ooreenstem met

wat in die evangelies beskryf word. Maar daar is ook dinge, byvoorbeeld die

Evangelie van Nikodemus 3, wat selfs in stryd kom met dinge wat die Bybel op ander

plekke openbaar.

22

HOOFSTUK 4

Die belydenisskrifte

1. Inleiding

Ons bely in die Heidelbergse Kategismus, vraag 22, dat ons alles moet glo wat in

die evangelie beloof word en wat in die artikels van ons algemene en

ontwyfelbare Christelike geloof ons in hoofsake geleer word.

Die belydenisskrifte is ons eie kort samevattings en verwerkings van waarhede

wat in die Bybel vervat is. Hulle het nie die hoogste gesag in die kerk nie. Die

Bybel het die hoogste gesag en daarom moet die belydenisskrifte hulle altyd vir

die waarheid wat hulle verkondig, op die Bybel beroep.

Die belydenisskrifte bevat nie alles wat in die Bybel geskryf staan nie. Dit bevat

slegs die hoofsaak daarvan.

Omdat die geloof van die kerk deur die eeue heen kom – algemeen; en omdat dit

berus op die vastheid van God se Woord – ontwyfelbaar; en omdat Jesus

Christus die inhoud van die hele evangelie is – Christelik, kwalifiseer ons ons

belydenis as algemeen, ontwyfelbaar en Christelik.

Ons verdeel ons belydenisskrifte in twee groepe:

o Die algemene belydenisskrifte

o Die drie formuliere van eenheid

2. Die algemene belydenisskrifte

Die Apostoliese Geloofsbelydenis

Ons gebruik hierdie belydenis meestal Sondae by die oggenddiens, wanneer die

gemeente saam hulle geloof bely. Die oorlewering beweer dat dit twaalf artikels is

omdat elkeen van die twaalf apostels een artikel sou opgestel het. Ons betwyfel

egter die geldigheid van hierdie oorlewering.

Dit het waarskynlik eers 500 n.C. ontstaan uit die belydenis wat die destydse

Christene moes aflê by hulle doop.

Die Geloofsbelydenis van Nicea

Hierdie belydenis ontstaan uit die stryd tussen Athanasius en Arius oor die

Godheid en die mensheid van Christus. Datering: 325 n.C.

Die Geloofsbelydenis van Athanasius

Dit word vernoem na Athanasius en handel oor die Drie-eenheid van God.

3. Die formuliere van eenheid

Daar is drie formuliere van eenheid. Al drie is redelik lywige belydenisskrifte wat

saam die hele spektrum van ons geloof dek.

Die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB)

Dit staan ook bekend as die 37 artikels teen die Remonstrante. Dit is in 1559

deur Guido de Brès opgestel en in 1561 uitgegee.

Die Heidelbergse Kategismus (HK)

Hierdie belydenisskrif word opgestel deur Casper Olivianus en Zacharias

Ursinus. Albei was hoogleraars (professore) in Heidelberg, Duitsland.

23

Frederik III, die keurvors van Palz, het aan hulle die opdrag gegee om hierdie

belydenis op te stel.

Die uitgangspunt van die HK is die vraag na die Christen se enigste troos in lewe

en sterwe – vraag 1.

Daar is drie dinge wat elke gelowige moet weet om hierdie troos te kan belewe:

o Hy moet weet hoe groot sy sondes en ellende is.

o Hy moet weet hoe hy van sy sondes en ellende verlos kan word.

o Hy moet weet hoe hy God vir so ’n verlossing dankbaar moet wees.

Die Dordtse Leerreëls (DL)

Hierdie belydenisskrif is opgestel deur die Nasionale Sinode van Dordt in

1618/19. Dit het ontstaan uit die stryd tussen die Gereformeerdes, die kontra-

Remonstrante en die Remonstrante.

Johannes Bogerman was die voorsitter van die Sinode en hy was ’n kontra-

Remonstrant.

Die Remonstrante handhaaf die geloofsrigting wat hulle saligheid afhanklik maak

van die mens se wil en geloof. Die mens is die bewerker van sy eie heil. Ons ken

vandag nog verskeie sektegroepe wat hierdie leer handhaaf, naamlik al die

Pentakostalistiese of “Wederdoperse” rigtings.

Die Dordtse Leerreëls handel oor die volgende:

o Hoofstuk I: Verkiesing en verwerping

o Hoofstuk II: Verlossing deur die dood van Christus

o Hoofstuk III, IV: Val, verdorwenheid en bekering van die mens

o Hoofstuk V: Volharding van die heiliges

Al hierdie belydenisskrifte is agter in die Psalmboek gedruk. Elke belydeniskatkisant

is veronderstel om van die inhoud van almal kennis te dra.

24

HOOFSTUK 5

Die kerk

1. Wat is die kerk?

1.1 Die kerk bestaan uit al die mense wat deur die Here Jesus uitverkies is uit alle

nasies, volke en tale – Heidelbergse Kategismus (HK), vr. 54.

1.2 In die Bybel word die kerk met verskillende name genoem:

Die liggaam van Christus – 1 Korintiërs 12:27

Die bruid van Christus – Openbaring 19:7

Die volk van God – 1 Petrus 2:10

Die kudde van God – 1 Petrus 5:2

Die huis van God – 1 Petrus 2:5; 4:17

Die tempel van God – 1 Korintiërs 3:16

1.3 Die kerk word geopenbaar in plaaslike kerke – gemeentes, soos byvoorbeeld ons eie

gemeente.

1.4 Die plaaslike kerk is die kerk waarin iemand deur sy geboorte en doop ingelyf is – of

waarheen hy vertrek het – en opgeneem is deur Jesus Christus.

1.5 Ons moet ons ook plaaslik (lokaal) by die ware kerk voeg, in die geloof dat dit die

gemeente van Christus “alhier” is. Vgl. Openbaring 1:12-20; Nederlandse Geloofsbelydenis

(NGB), art. 28.

1.6 Die kerk op aarde word die strydende kerk genoem, omdat die kerk op die aarde nog

elke dag besig is met die stryd teen die sonde en die werke van die duiwel. Die kerk

in die hemel word die triomferende kerk genoem, omdat die kerk daar reeds oorwin

het. Die kerk van die toekoms word die ongebore kerk genoem, want daardie lidmate

moet nog gebore word in die voortgang van die geskiedenis. Wanneer hulle eers

gebore is, dra hulle die kerk verder tot met die wederkoms.

1.7 Christus bewaar, beskerm en vermeerder die kerk deur sy Heilige Gees en deur sy

Woord.

1.8 Van die skepping af tot met die wederkoms vergader Christus sy gelowiges in die

eenheid van ’n ware geloof.

1.9 Ons glo dat ons lewende lede is van Christus se kerk. Dit is die taak – roeping! – van

elke gelowige om lewende lidmaat van sy kerk te wees. Elke gelowige moet die amp

van gelowige waarin hy deel gekry het deur sy inlywing in Christus, getrou uitleef. Dit

wil sê elke gelowige moet altyd profeet, priester en koning van die Here wees.

1.10 Ons woord kerk kom van die Griekse woord kuriakê wat beteken: wat aan die Here

behoort. Dié woord beskryf die kerk as God se eiendom.

1.11 In die Bybel kom ook die woord ekklêsia voor. Hierdie woord word gewoonlik vertaal

met gemeente en in sy grondbetekenis hou dit verband met uitkies en uitsoek. Dit

impliseer ook bewaring en versorging. Dié woord sou dus die kerk as die

uitverkorenes benoem.

1.12 Alle lidmate van die kerk is nie noodwendig uitverkorenes nie. Onder die lidmate is

daar ook skynheiliges; mense doen hulle soms voor as gelowiges, terwyl hulle dit nie

is nie. Dit is ook die betekenis van Jesus se woorde dat almal nie Israel is wat uit

Israel is nie.

25

1.13 God eis van ons om die eenheid van die kerk te behou. Die kerk is een omdat dit een

Hoof het, naamlik Jesus Christus, van wie die kerk die liggaam is. Paulus skryf in

Efesiërs 4:4-6: “Daar is net een liggaam en net een Gees, soos daar net een hoop is

waartoe God julle geroep het. Daar is net een Here, een geloof, een doop, een God

en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon.” Die

verskeurdheid van die kerk op aarde is dus ’n sondige verskynsel en die kerk moet

na die eenheid van die kerk soek. Hierdie eenheid mag egter alleen in die Hoof,

Jesus Christus, gesoek word. Alle ander eenheid is vals en dus verwerplik. Kerklike

verdeeldheid is daarom nie die ideale toestand nie!

1.14 Die volgende artikels van die NGB handel oor die kerk:

Artikel 27: Hierdie artikel handel oor wat die Here beloof in verband met die kerk.

Artikel 28: Hierdie artikel handel oor ons belydenis dat elke gelowige die roeping

het om hom by die ware kerk te voeg.

Artikel 29: In hierdie artikel word die kentekens van die ware kerk en die valse

kerk gegee en ook die onderskeid tussen die twee getref.

2. Bybelse simbole

Die Griekse woord symbolon kom nie in die Bybel voor nie. Simbole is egter

algemeen in alle godsdienste.

Die Griekse woord symbolon beteken iets wat ter vergelyking naas mekaar gehou

word, kenteken, kontramerk, verdrag, kontrak. ’n Simbool is dus iets wat iets anders

waarmerk, of die bestaan daarvan waarborg.

2.1 Voorwerpe as simbole

Die Boom van kennis van goed en kwaad en die Boom van die lewe is die eerste

simbole waarmee ons kennis maak. Hulle is simbole wat God se wet en

gehoorsaamheid aan Hom verteenwoordig!

Die reënboog is die simbool van God se verbond dat God se toorn oor daardie

geslag verbygegaan het en dat Hy nie weer die aarde met water sal vernietig nie.

Genesis 9:13: “my boog gee Ek in die wolke; dit sal ’n teken wees van die

verbond tussen My en die aarde.” (AFR1953)

Moses moes ’n koperslang in die woestyn maak (Nehustan) wat die genesende

(en vergewende) mag van God gesimboliseer het.

Numeri 21:9: “Toe het Moses ’n koperslang en dit op ’n paal gesit: en as ’n slang

iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.”

(AFR1953)

Die altaar in die Ou-Testamentiese erediens het die plek van ontmoeting tussen

God en mens gesimboliseer. Dit was simbool van die plek waar die uiteindelike

offer sou plaasvind wat God se toorn oor die mens se sondes sou versoen.

Genesis 12:8 “En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Betel

en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste – en Ai aan die oostekant, en

daar vir die HERE ’n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.”

(AFR1953)

Levitikus 9:7: “En Moses het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en berei jou

sondoffer en jou brandoffer, en doen versoening vir jou en vir die volk, en berei

die offer van die volk, en doen versoening vir hulle soos die HERE beveel het.”

(AFR1953)

26

Openbaring 8:3: “En ’n ander engel het gekom en met ’n goue wierookbak by die

altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede

van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê;” (AFR1953)

Die ark het weer die teenwoordigheid van God gesimboliseer – sy reddende en

besturende teenwoordigheid oor en in sy kerk.

Genesis 7:1: “Daarna het die HERE aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou

hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie

geslag.” (AFR1953)

Eksodus 25:14-16: “En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die

ark om die ark daarmee te dra. Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly;

hulle mag daar nie uit weggeneem word nie. Daarna moet jy in die ark die

Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.” (AFR1953)

2 Kronieke 35:3: “Ook het hy aan die Leviete, die onderwysers van die hele

Israel, wat heilig was aan die HERE, gesê: Sit die heilige ark in die huis wat

Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, gebou het; julle hoef niks

meer op die skouers te dra nie: dien nou die HERE julle God en sy volk Israel;”

(AFR1953)

Die tempel was simbool van God se universele krag en mag.

Die Urim en die Tummim het die oordeel en openbaring van God gesimboliseer.

Eksodus 28:30: “Jy moet ook in die borstas van beslissing die Urim en die

Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig

van die HERE ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van

Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die HERE.” (AFR1953)

Die voorhangsel was simbool van die dinge wat ons van die heiligheid van God

skei, naamlik ons sondes.

Hebreërs 9:1-12: “So het dan die eerste verbond sowel verordeninge vir die

erediens asook sy aardse heiligdom gehad. Want die tabernakel is so ingerig: die

eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige

genoem word; en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word

die Allerheiligste, waarin ’n goue wierookbak was en die ark van die verbond,

rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was

en die staf van Aäron wat gebloei het, en die tafels van die verbond; en daar boop

die gérubs van die heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het, waaroor

nie nou afsonderlik gespreek kan word nie. En nadat hierdie dinge so ingerig

was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die

dienste te vervul, maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar,

nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit

onwetendheid begaan – waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg

na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog

standhou nie. Dit was ’n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar

gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie

volkome kan maak nie, omdat dit net bestaan het in spys en drank en

verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van

herstelling. Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige

weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande

gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met

die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in

die heiligdom en ’n ewige verlossing teweeggebring.” (AFR1953)

27

2.2 Simboliese optredes

Simboliese handelinge was dinge wat gedoen is om nuwe, ander, veranderende of

toekomstige omstandighede aan te dui. Hierdie handelinge was nie rituele soos wat

dit by die towenaars of heidense rituele voorgekom het nie.

’n Slaaf wat permanent ’n slaaf wou bly, het ’n gat deur die oor gekry, en is aan

die deurkosyn vasgemaak.

Eksodus 21:6: “dan moet sy heer hom na die owerhede bring en hom by die deur

of die deurpos bring; en sy heer moet sy oor met ’n els deurboor; daarna moet hy

hom vir altyd dien.” (AFR1953)

Iemand wat afstand gedoen het van sy erfreg of lossingsreg, moes vir die ander

persoon een van sy skoene gee.

Rut 4:7: “En dít was vroeër in Israel die gebruik by lossing en by ruiling om enige

saak van krag te maak: die een trek sy skoen uit en gee dit aan die ander; dit was

dan die bekragtiging in Israel.” (AFR1953)

Wanneer jy jou hartseer wou wys oor iemand wat dood is, is jou hare afgesny.

Jesaja 22:12: “En in dié dag roep die Here, die HERE van die leërskare, tot

geween en tot rouklag en tot kaalskering en tot omgording van die roukleed;”

(AFR1953)

Besnydenis was die simbool van die verbond.

Handelinge 7:8: “En Hy het hom die verbond van die besnydenis gegee, en so

het hy die vader van Isak geword en hom op die agtste dag besny; en Isak het

die vader van Jakob geword, en Jakob van die twaalf aartsvaders.” (AFR1953)

Sondebok

Levitikus 9:15: “Daarna het hy die offer van die volk gebring; hy het naamlik die

sondofferbok geneem wat vir die volk bedoel was, en dit geslag en dit as

sondoffer gebring soos tevore.” (AFR1953)

Die rooi koei

1 Samuel 16:13: “Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van

sy broers, en die Gees van die HERE het van dié dag af en verder oor Dawid

vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan.” (AFR1953)

Numeri 19:2-9

2.3 Persone as simbole

In die Ou Testament kry ons voorbeelde van hoe een persoon ’n hele groep kon

simboliseer, of hoe een persoon die teenwoordigheid van God kon simboliseer.

2 Samuel 18:3: “Maar die manskappe het gesê: U mag nie uittrek nie, want as

ons miskien vlug, sal hulle nie op ons ag gee nie; ja, al sterwe die helfte van ons,

hulle sal nie op ons ag gee nie, want u is soos tien duisend van ons. Dit is dan

nou beter dat u ons van die stad uit te hulp kom.” (AFR1953)

Eksodus 7:1: “En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ’n god vir

Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.” (AFR1953)

Die uitdrukking man van God word 27 keer gebruik van Elisa (en ook ’n aantal

kere van Elia, Moses Samuel en Dawid).

28

Elisa het byvoorbeeld oor die mag beskik om:

o Lewe terug te bring

2 Konings 4:35: “Daarop het hy teruggekom en in die huis een keer heen en

weer geloop, om dan opnuut op te klim en oor hom neer te buig; en die seun

het sewe maal genies; en die seun het sy oë oopgemaak.” (AFR1953)

o Gedagtes te lees

2 Konings 5:26: “Maar hy sê vir hom: Het my hart nie saamgegaan toe ’n man

van sy wa af omgedraai het jou tegemoet nie? Is dit tyd om die silwer te neem

en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en

slawe en slavinne?” (AFR1953)

Hiermee het hy in die plek van God gestaan (simbool!), want hy het die werke

van God gedoen en was die simbool van God se teenwoordigheid.

Net so het Moses se teenwoordigheid God gesimboliseer:

Eksodus 4:15: “Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy mond lê. En Ék

sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen.” (AFR1953)

Eksodus 7:1: “En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ’n god vir

Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.” (AFR1953)

Eksodus 14:16: “En jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof

dit, sodat die kinders van Israel dwarsdeur die see op droë grond kan trek.”

(AFR1953)

Eksodus 18:19b: “Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by

God en bring jý die sake voor God,” (AFR1953)

2.4 Simboliese handelinge deur die profete

Hulle het dinge gedoen om aan te toon wat God in die toekoms met die volk sou

doen.

Jesaja het byvoorbeeld kaal geloop!

Jesaja 20:2: “in dié tyd het die HERE deur die diens van Jesaja, die seun van

Amos, gespreek en gesê: Gaan gord die haarmantel van jou heupe af los, en trek

jou skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen en naak en kaalvoet geloop.”

(AFR1953)

Jeremia het ’n nuwe linnegordel begrawe en later gaan uitgrawe toe dit half

vergaan het om te wys wat die Here met die volk gaan doen! (Lees ook

Levitikus 6:8-12; Jeremia 13:4-7)

Esegiël het Jerusalem op ’n kleiteël geteken en dit op ’n modelkaart beleër om vir

die ballinge te wys hoe Jerusalem beleër gaan word.

Esegiël 4:1-3: “En jy, mensekind, neem vir jou ’n baksteen en sit dit voor jou neer,

en teken daarop ’n stad, naamlik Jerusalem; maak dan ’n beleëring daarteen en

bou forte daarteen en gooi ’n wal daarteen op en stel laers daarteen op en lê

stormramme daarteen aan rondom. Verder, neem jy vir jou ’n ysterpan en sit dit

as ’n ystermuur tussen jou en die stad; en rig jou aangesig daarop, en dit sal

beleër wees, en jy moet dit beleër. ’n Teken is dit vir die huis van Israel.”

(AFR1953)

29

2.5 Nuwe Testament

In die Nuwe Testament is al die simbole wat na Jesus Christus verwys het, vervul.

Hy was self God en hoef dus nie meer deur enige simbole uitgebeeld word nie.

Daarom is daar byvoorbeeld nie meer ’n lam wat tydens die Nagmaal (Paasfees)

geslag word nie.

Die tekens by die Doop en die Nagmaal is simbole van herinnering van dit wat

deur die bloed van Jesus Christus verrig is.

3. Die ware kerk

Ons deelname aan die sakramente simboliseer ons geloof en volharding.

Die ware kerk het die volgende kentekens – NGB, art. 29:

3.1 Die suiwer prediking van die Evangelie

3.2 Die suiwer bediening van die sakramente, met ander woorde die sakramente moet

bedien word presies soos Christus hulle ingestel het

3.3 Die daadwerklike handhawing van die tug

4. Die valse kerk

Die valse kerk dra die volgende kentekens:

4.1 Dit skryf aan homself en aan sy eie ordonnansies meer gesag toe as aan die Woord

van God. Dit word meestal gekenmerk deur swaar reglementering.

4.2 Die valse kerk bedien nie die sakramente soos wat Christus hulle ingestel het nie.

’n Voorbeeld hiervan is om byvoorbeeld druiwesap pleks van wyn by die Nagmaal

te gebruik.

4.3 Die valse kerk handhaaf die tug valslik. Enersyds sal die valse kerk verkeerdelik, op

grond van humanistiese oorwegings, nie sy lidmate wat sondig, tug nie. Andersyds

sal gelowiges wat heilig lewe, vervolg word.

5. Dienste in die kerk

5.1 Die buitengewone dienste. In die begin van die Christelike kerk het Christus van

buitengewone dienste gebruik gemaak. Hulle was die apostels, evangeliste en

profete.

5.2 Die gewone dienste. Na die ontstaan van die Nuwe Testament en die dood van die

apostels het die buitengewone dienste verdwyn. Die gewone dienste het egter bly

voortbestaan.

Die gewone dienste is:

Die herders en leraars

Nadat die buitengewone dienste verval het, het hulle in besonder die profetiese

werk van Christus voortgesit. Hulle bedien die Woord en sakramente en moet die

kinders onderrig. Hulle is ouderlinge wat hard werk deur te preek en onderrig te

gee (1 Timoteus 5:17). Saam met die ander ouderlinge is hulle dus ook opsieners

oor die gemeente. Predikante is ouderlinge in lerende hoedanigheid:

o episkopos – opsiener wat in die besonder op die werk van die ouderling sien

– predikante

o Die woord biskop word afgelei uit die woord episkopos.

30

Die ouderlinge

In die Bybel word die volgende woord vir ouderlinge gebruik:

o presbuteros – oudste, wat sien op die leeftyd of waardigheid van die persoon

wat die amp beklee – Handelinge 20:28.

o Uit hierdie woord is dit duidelik dat die ouderlinge leiding in die kerk gee en

die “wagters op die mure van Sion” is wat oor die hele gemeente moet waak.

o Hulle moet toesien dat alles in die gemeente ordelik gaan, toesig hou oor die

leer en lewenswandel van die herders en leraars, waak oor die sakramente

en sorg dat die kerklike tug gehandhaaf word.

o Hulle staan dus eintlik in die koninklike diens en oefen die regering in die kerk

uit.

Die diakens

Die woord diaken beteken dienaar.

o Hulle staan in die priesterlike diens en het te doen met die barmhartigheidsdiens

in die kerk.

o Die gemeente moet deur hulle offers die diakens in staat stel om die armes te

versorg.

o Die diakens ontvang die offer van die gemeente in die Naam van die Here en

deel dit aan die armes uit in die Naam van die Here.

o So ontvang die armes die gawes uit die hand van die Here.

o Die diakens bevorder ook die eenheid in die gemeente.

Die gelykheid tussen dienste

Tussen hierdie drie dienste bestaan geen hiërargie nie. Die een diens is dus nie

hoër as die ander diens nie. Elkeen verrig net ’n ander diens in die kerk.

31

HOOFSTUK 6

Kerkregeringstelsels

Waarom is ’n kerkregering nodig?

Vanaf die begin van die Christelike kerk is daar besef dat dit steeds nodig is, soos dit in die

Ou-Testamentiese tyd ook nodig was, om die een of ander vorm van kerkregering tot stand

te bring ter wille van:

suiwerheid van leer en Woordverkondiging;

die instandhouding en uitbouing van die gemeente(s);

ordelikheid en ’n mate van eenvormigheid met betrekking tot:

o prosedure tydens die erediens;

o alle kerklike/gemeentelike optredes;

o besluite;

o handhawing van die tug;

o hantering van probleemsituasies wat voorkom;

o gesamentlike optrede oor sake van gemeenskaplike belang deur meer as een

gemeente;

o opleiding en beroeping van leraars en dienaars in kerklike ampte; en

o uitvoering van die taak van die kerk, byvoorbeeld met betrekking tot liefdadigheid,

evangelisasie en sendingwerk, ens;

die bevordering en handhawing van samehorigheid binne die gemeente sowel as tussen

verwante gemeentes;

skakeling tussen lidmate binne die gemeente sowel as tussen verwante gemeentes;

die verantwoordelike en verantwoordbare hantering van stoflike middele soos bates,

kerkgelde, ens; en

ander administratiewe en toesighoudende aangeleenthede wat mag voorkom.

In wat volg, word nie oor die geloofsleer van die onderskeie kerkgroepe uitgewei nie maar slegs

verwys na die hoofkenmerke van hulle kerkregering.

Die vorm van kerkregering

Daar is verskillende vorms van kerkregering. Elke groep kerke wat oor sekere basiese aspekte

van hulle leer en kerkbeskouing saamstem, deel min of meer dieselfde vorm van kerkregering.

Elke sodanige groep maak daarop aanspraak dat hulle vorm van kerkregering in

ooreenstemming met Bybelse voorskrifte bepaal is. By nugtere ondersoek, wat menslike

oorlewering en die modedenke van die tyd uitskakel, en streng by die voorbeelde en beginsels

in die Bybel bly, is dit duidelik dat daar groot verskille bestaan en dat sommige vorms van

kerkregering taamlik ver van die Bybelse voorbeelde ontwikkel het.

Vrae waaroor elke kerkregering moet besluit, sluit sake in soos:

Wat moet gedoen word? – Fundamentele sake

Wat mag nie gedoen word nie? – Fundamentele sake

Is sommige dinge toelaatbaar, maar nie verpligtend nie? – Middelmatige sake

Op grond waarvan word finale besluite geneem?

Kan die gesag van die besluitnemer(s) bevraagteken word? Op grond waarvan?

32

Die grondliggende beginselvraag wat die verskille onderlê, is: Waar lê die finale gesag

waarvolgens die kerk te werk gaan? By ’n mens? By ’n vergadering? By die Here?

1. Rooms-Katolieke stelsel

1.1 Die Rooms-Katolieke Kerk (RKK) onderskei tussen geestelikes en gewone lidmate –

priesters en leke. Hulle verwerp die standpunt dat die kerk ’n vergadering van ware

gelowiges is. Die geestelike verteenwoordig in sy persoon die kerk: waar die priester

is, daar is die kerk – ubi clerus, ibi ecclesia.

1.2 Die RKK leer dat die Pous die liggaamlike aardse verteenwoordiger van die Here is

en op aarde met die gesag van die Here beklee is. Hy het die hoogste regeermag in

die RKK. Sy uitsprake oor godsdienssake word as onfeilbaar beskou, en mag nie

bevraagteken word nie, selfs al word hulle nêrens deur die Bybel onderskryf nie. Sy

uitsprake in verband met geloofsake word met dieselfde gesag beklee as die Bybel.

Gereformeerdes vind geen regverdiging daarvoor in die Bybel nie. Die Here is die

hoof van die kerk, en nie ’n feilbare mens nie. Die boek Hebreërs stel dit duidelik dat

geen mens, ook geen aardse hoëpriester, onfeilbaar of sonder sonde is of was nie,

net Christus. Slegs leerstellings wat uit die Bybel geregverdig kan word, word as

geloofwaardig beskou. Ons belydenisskrifte is altyd aan die meerdere gesag van die

Bybel onderhewig.

1.3 Volgens die RKK is die Here, en dus ook die kerk, daar waar die pous is. In sy

persoon verteenwoordig hy die kerk orals en altyd. Hy bepaal die kerkwette, hou

toesig oor alles – deur sy senior priesters, die kardinale en biskoppe – en spreek

salig en heilig.

Die Gereformeerdes leer, soos die Bybel, dat die gelowige lidmate eerste daar is en

hulle verkies die ampsdraers. Let op Matteus 18:20: “Want waar twee of drie in my

Naam vergader, daar is Ek in hul midde.” Die hoof van die kerk is die Here, en

gelowiges moet die kerk in ooreenstemming met sy Woord regeer en administreer.

Die uitspraak van die Skrif by enige bespreking of besluit is finaal.

1.4 Ten opsigte van die kerklike ampte handhaaf die RKK ’n hiërargiese struktuur. Daar

is ’n priesterheerskappy, bestaande uit verskeie gesagsordes van priesters, met die

pous aan die bopunt – soos ’n piramiede – volgens die model van die aardse

adelstande. Elke rang, byvoorbeeld ’n biskop, het gesag oor die range onder hom,

byvoorbeeld dié van ’n gewone priester.

Die Bybel ken nie so ’n orde nie. Elke gelowige staan voor God op gelyke voet met

elke ander gelowige, en die verskillende ampte, hoewel hulle elk sy eie diens lewer,

het nie oor mekaar gesag nie. Die Gereformeerde Kerk ken nie predikante met

gesag oor ander predikante nie. Elke gelowige is, buitendien, tegelyk koning, priester

en profeet. Later meer hieromtrent.

1.5 Die RKK leer dat die pous die opvolger is van Petrus, wat hulle as die hoof van die

apostels beskou. Hierdie beskouing het eers etlike honderde jare na die begin van

die vroeë kerk beslag gekry toe die biskop van Rome aanspraak daarop gemaak het

dat die kerk van Rome die hoofsetel van die Christelike kerk is.

Daar is geen Bybelse gronde hiervoor nie.

1.6 Die RKK leer dat die wêreldkerk – soos hy homself beskou – die oppergesag in die

wêreld het. Daarom moet die pous altyd die laaste woord spreek in die staat, in

die wetenskap, in die kuns en in die maatskaplike lewe.

Die Gereformeerdes handhaaf die skeiding tussen kerk en staat, soos die Bybel leer.

Die kerk mag en moet teenoor die staat en ander instellings sy getuienis lewer oor

wat die Woord verlang, maar hy het geen gesag oor hulle nie.

33

1.7 Die RKK verhef die kerk bo die staat.

1.8 Waarom die HK so erg teen die Rooms-Katolieke Kerk (RKK) is

1.8.1 Intensiewe kennis van wat die Skrifte ons leer was baie nodig omdat die RKK nie

toegelaat het dat hulle lidmate die Bybel mag ken nie. Hulle moes leke wees.

Lidmate was verplig om alles wat die kerk verkondig en gedoen het te aanvaar as

die waarheid.

Kritiek daarop is as ’n sonde beskou en gestraf.

1.8.2 Daarteenoor is Protestantse lidmate geleer om nie alles wat van die kansel verkondig is

sonder meer te glo nie.

As dit nie in ooreenstemming met die Bybel is nie, moes dit verwerp word.

Daarvoor was en is ’n intieme en deeglike kennis van die Bybel nodig.

1.8.3 Staatskerk

Aangesien die RKK in die meeste lande en state destyds die staatskerk was, kon

enigeen wat van die kerk weggebreek het – ook die kinders – in ’n hof verhoor word

op aanklagte van kettery en deur die staat tot selfs doodstraf gevonnis word.

Die Protestantse gelowiges moes dus hulle standpunte kon verdedig met verwysing

na die Skrifte – in die meeste gevalle sonder enige regshulp.

Die belydenisskrifte is nie primêr as strydskrifte saamgestel nie maar, as ’n uiteensetting

van Bybelse beginsels, was die belydenisskrifte nodig om dwaalleringe

te bestry.

Dwaalleer is leerstellings wat die Bybelse leer verdraai of verontagsaam.

Enkele van die belangrikste dwaalleringe wat destyds bestry moes word, en wat

onder andere deur die HK aan die kaak gestel is, is die volgende – die nommers

tussen hakies verwys na die vrae in die HK wat by die besondere item ter sake is:

o Die RKK het vrylik gebruik gemaak van beelde om die Here sowel as

afgestorwenes uit te beeld met die doel, onder andere, dat aan die afgebeelde

persone verering en selfs aanbidding bewys moet word. Die HK verwerp die

gebruik (o.a. vr. 96, 97, 98). Dat die RKK hierdie gebruik probeer verdedig het

deur te argumenteer dat die volk nie die Skrifte kon lees nie, is deur die

Hervormers afgewys deur daarop te wys dat die RKK mense verbied het om die

Skrifte self te lees en in gebreke gebly het – anders as die Hervormers – om die

mense te leer om dit te doen en om hulle daarin te begelei.

o Die RKK het die verering van sogenaamde heiliges baie sterk bevorder. Die HK

het dit sterk afgekeur (o.a. vr. 94, 102, 29, 30).

o Die RKK het die verkryging van verdienste as ’n middel tot saligheid geleer. Die

HK verwerp die lering en staan sterk op die leer van die Bybel (o.a. vr. 30, 31,

37, 60, 61, 62, 63).

o Die Rooms-Katolieke mis is deur die Hervormers deur die bank veroordeel as

afgodery, so ook die HK (o.a. vr. 80, 78). Vgl. Hebreërs 7:27; 9:12; 9:25-28;

10:10; 10:12-14.

o Die doperse kerke het sommige groepe ingesluit wat, met ’n beroep op die

geestelike lewe, geen erg gehad het aan sake wat tóg Skriftuurlik in die

kerkgebruike en -beleid opgeneem is nie:

Hulle het gesamentlike kerkbesoek en gesamentlike viering van die

sakramente afgewys. Die HK wys op die teendeel (o.a. vr. 65, 103).

34

Hulle het in die meeste gevalle die owerhede as vyande van die geloof

beskou, geweier om owerheidsampte te beklee en om byvoorbeeld ’n eed af

te lê waar dit wetlik vereis is, en om ander opdragte van die owerheid uit te

voer.

Die HK se standpunt berus op wat die Bybel leer (o.a. vr. 101, 110). Omdat

die Hervormers die swakheid van die mens erken het (5), het hulle besef dat

dit noodsaaklik mag wees om die betroubaarheid van ’n verklaring te

bevestig pleks van dit net te aanvaar.

Verskeie doperse groepe het geweier om die mensheid van Christus te

aanvaar. Sy liggaam was, volgens hulle, net skyn. Hy sou dan geen

menslike gewaarwordinge geken het nie, geen pyn of honger of dors nie.

Die HK neem standpunt in op die Skrifte (o.a. vr. 15, 16, 17, 18, 19, 26, 34,

35, 37, ens).

Sommige doperse groepe het die Ou Testament afgewys as van minder

belang as die Nuwe Testament. Die HK wys op die waarde van die hele

Skrif (o.a. vr. 19) en al die teksverwysings in die onderskeie antwoorde op

die vrae in die HK.

Die doperse groepe het die kinderdoop afgewys, terwyl die Hervormers – en

ook die RKK – dit Skriftuurlik verdedig het (o.a. vr. 69-74).

o Heelwat sektegroepe het die Drie-eenheid van God verwerp. Die HK stel die

Skriftuurlike waarheid (o.a. vr. 24, 25).

o Die RKK sowel as die Lutherse Kerk het eie assosiasies en afleidings bygevoeg

tot die Skriftuurlike beskrywing van die aard van die Nagmaal, wat in vr. 75-82

gestel word.

2. Stelsel van landskerke

2.1 Hierdie stelsel was in gebruik by veral die Duitse kerke. Hulle leer dat die vors van

die land, kragtens sy oppermag in tydelike (aardse) dinge, ook die gesag oor die kerk

in sy land moet uitoefen. Daar kan geen skeiding tussen kerk en staat in die stelsel

wees nie.

2.2 Hierdie stelsel leer dat die handhawing van al twee tafels van die wet aan die

owerheid opgedra is. Dus, sowel die verhouding van mens tot mens, wat gewoonlik

deur landswette gedek word, as die verhouding tussen die mens en God, wat

gewoonlik die saak van die kerk is. Let wel, ten spyte van die landsowerheid se

gesag bly die leerinhoud van die Lutherse kerk, veral met betrekking tot die posisie

van Christus, sterk Bybels.

2.3 Die gevolg is dat, as die volk se leier Rooms-Katoliek was, dan was die land Rooms,

en as die leier Luthers was, was die land weer Luthers.

2.4 In die geval van die Lutherse kerk – wat ons as model neem – het die

omstandighede die aard van sy kerkregering bepaal. Die landsvors was Luther se

beskermheer teen die Rooms-Katolieke kerkowerheid. Die Lutherse kerk het

beskerming gevind onder die gesag van die landsowerheid. Dit het ook ’n tuiste

gebied aan die Duitsers wat ’n sterk nasionale gevoel ontwikkel het, wat nie deur die

RKK aanvaar is nie. Albei hierdie oorwegings was ook by die stigting van ons

Gereformeerde Kerk in die gedrang.

2.5 In alle landskerke en die meeste staatskerke is die landsvors die hoof van die kerk.

Let daarop dat, hoewel nie alle staatskerke volledig in dié sin landskerke is nie, kom

die onafhanklikheid van die kerk altyd in ’n mate in die gedrang ook by staatskerke.

Daar word verwag dat die kerk die staatsowerheid nie sal teengaan nie. Dit geld

veral waar die staat, soos in ons land in die negentiende eeu, selfs die salarisse van

predikante in die erkende kerke betaal het. Die predikante was dus staatsamptenare.

35

Toe die Gereformeerde Kerk tot stand gekom het, is dit staatserkenning geweier

omdat daar reeds ’n erkende staatskerk in die destydse Transvaal bestaan het – die

Hervormde Kerk. Ondanks heftige teenkanting van die staat, as gevolg waarvan

byvoorbeeld Paul Kruger sy staatsbetrekking verloor het, het die Gereformeerde

Kerk voortgegaan sonder staatserkenning of staatsondersteuning. Die Gereformeerde

Kerk se standpunt was en is steeds dat die kerk nie van die staat afhanklik

kan wees nie.

2.6 Onder die landsvors was konsistories – staatsregtelike liggame wat bestaan het uit

teoloë en regsgeleerdes deur wie die vors sy kerkregering uitgeoefen het.

2.7 Onder die konsistories was daar superintendente wat oor die predikante toesig

gehou het om toe te sien dat hulle nie die perke van hulle opdrag oorskry nie.

2.8 Die predikante moes net preek en onderrig gee.

2.9 Die gemeentes het niks te sê gehad nie. Hulle moes net opdragte van owerheidsweë

uitvoer. Die konsistories het beleid bepaal vir die kerk as geheel en deur hulle

ondergeskikte kanale opdragte aan die gemeentes deurgegee.

2.10 In hierdie stelsel was die landskerke aan die staat onderwerp.

Let wel: Die Lutherse kerk is in die meeste lande nie meer ’n landskerk nie maar ’n

gewone Protestantse kerk met ’n hiërargiese kerkregering – dit wil sê een met

biskoppe, maar sonder ’n pous, in wie hoër kerklike gesag gestel is.

3. Kollegiale stelsel

3.1 Die dwaling van hierdie stelsel is dat die kerk nie beskou word as ’n Goddelike

instelling nie, maar as ’n instelling – organisasie – wat tot stand gekom het deur

mense wat hulle verenig om ’n kerk te vorm.

3.2 Sodanige kerk is ’n vereniging of organisasie – collegium, wat in wese soos enige

ander vereniging is.

3.3 Hierdie stelsel verwerp die Here Jesus as die Hoof van die kerk, omdat hierdie

stelsel nie deur die krag van Christus ontstaan nie maar deur die vrye wil van die

mens.

3.4 Omdat die kerk bloot ’n vereniging is, kan die mens vrywillig daarby aansluit, of weer

uit die kerk bedank. Hierdie standpunt staan lynreg teen die Skrifbeginsel wat in die

Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 27, verwoord is, naamlik dat die gelowige

verplig is om hom by die ware kerk te voeg en by die kerk te volhard.

3.5 In hierdie stelsel is meerdere kerkvergaderinge bloot hoër besture wat gesag en

beslissing uitoefen oor mindere vergaderinge. Vergelyk die posisie in die

Gereformeerde Kerk.

3.6 Lidmaatskap is vanselfsprekend by alle gemeentes van sodanige kerke as ’n mens

eers by een gemeente aangesluit het. Attestering word beskou as bewys van lidmaatskap

van die hele kerk. By die presbiteriale stelsel – soos by die Gereformeerde

Kerk – word attestering beskou bloot as ’n getuigskrif ten opsigte van leer en lewe,

wat aan die kerk waarheen die lidmaat verhuis, aangebied word. Op grond van

hierdie getuienis kan die gelowige dan – na navrae/ondersoek, indien nodig – in die

gemeenskap van die “nuwe” gemeente opgeneem word of geweier word.

3.7 In hierdie stelsel staan die kerk los van die staat.

4. Independentistiese stelsel

4.1 Hierdie groep beskou elke kerk – gemeente – as heeltemal selfstandig en

onafhanklik van ander kerke. Kerkverband word dus nie erken nie en geen formele

gesag van buite die gemeente word erken nie.

36

4.2 Verskillende gemeentes mag wel saam vergader om gemeenskaplike sake te

bespreek. Sulke konferensies – kerklike vergaderinge – is net adviserend en het

geen bindende gesag oor die gemeentes wat daaraan deel het nie.

4.3 Die stelsel leer dat die gesag van die gemeente van Goddelike herkoms is en dus as

finaal aanvaar word.

4.4 Die kerkraad het nie gesag oor die gemeente nie, maar voer bloot die besluite van

die gemeente uit. Gemeentelike vergaderinge bepaal alle sake, stoflik sowel as

geestelik.

4.5 Daar is geen sprake van ’n gemeenskaplike belydenis nie, want dit sou slegs deur ’n

verteenwoordigende meerdere vergadering, byvoorbeeld ’n sinode, bepaal kon word.

Die gesag van meerdere vergaderinge word nie erken nie. Die Skrif word beskou as

die enigste belydenis – maar elke gemeente kan dit op sy eie manier vertolk.

4.6 Volgens hierdie stelsel is daar geen onderskeiding tussen die ampte nie. Elke

ouderling, byvoorbeeld, moet ook leraar wees. Tans word meer aandag aan die

tersiêre opleiding van leraars gegee.

4.7 Die kerk staan los van die staat.

5. Presbiteriale stelsel

5.1 Die woord presbiteriaal kom van die Griekse woord presbiter, wat ouderling of oudste

beteken.

5.2 Hierdie stelsel verskil van al die ander stelsels omdat die plaaslike kerk – gemeente

– beskou word as ’n selfstandige sigbare openbaring van die liggaam van Christus.

Elke gemeente is volledig kerk.

5.3 Die plaaslike kerk kom tot openbaring omdat daar gelowiges is, met ander woorde,

nie omdat daar ’n priester of pous is nie. Vgl. Matteus 18:20.

5.4 Die kerk kom ook nie tot stand as gevolg van die besluit van die gelowiges wat daar

is nie, maar op bevel van Christus.

5.5 Wanneer die gelowiges saamkom, word die ampte ingestel. Die ampte is die

instrumente van Christus.

5.6 Alle reëlings word dan getref om die bediening van die Woord en die sakramente te

laat voortgaan.

5.7 Die gelowiges verkies en bevestig die ampsdraers en tref die ordereëlings vir die

bediening van die Woord en sakramente kragtens hulle amp as gelowiges.

Vgl. HK, vr. en antw. 32 oor die amp van die gelowige. Kragtens dieselfde amp hou

hulle ook toesig oor die handelinge van die kerkraad.

5.8 Die plaaslike kerk word regeer deur die kerkraad. Die kerkraad is die predikant en die

ouderlinge – vandaar die naam van die stelsel.

Die diakens is nie deel van die kerkraad nie. Hulle amp is heeltemal anders. Dit

behels nie regering nie maar die versorging van armes en mense met geestelike

nood.

Die kerkraad regeer in die Naam van Christus.

5.9 Die presbiteriale kerkregering erken ook kerkverband. Kerkverband is die lewende

verbintenis en gemeenskap tussen kerke met dieselfde belydenis onderling.

Die doel van die handhawing van kerkverband is:

die bewaring van die suiwere geloof;

die wegweer van kettery; en

die handhawing van die gemeenskaplike belydenis.

37

5.10 Daar bestaan drie ampte – predikant, ouderling en diaken. Hierdie drie ampte is

gelyk, maar nie identies nie. Hulle werkwyse verskil grootliks maar oorvleuel

mekaar ook.

5.11 Kerke in hierdie stelsel staan los van die staat. Hulle erken egter die staatsowerheid

as deur God ingestel as landsregering, maar mag nie toelaat dat die owerheid die

kerk probeer verkneg of sy getuienis probeer inperk nie.

6. Kerklike vergaderinge – Gereformeerde Kerk

6.1 Die kerkraad – sien 5.8 hierbo. Hulle mag nie heerskappy voer nie, dit wil sê hulle is

nie ’n diktatoriale owerheid nie en is altyd in al hulle besluite en optredes gebonde

aan die Woord van God.

6.2 Meerdere vergaderings, byvoorbeeld klassis, partikuliere sinode (streeksinode),

nasionale sinode, algemene sinode, bestaan uit die verteenwoordigers – predikante

en ouderlinge – van die onderskeie gemeentes wat aan die vergadering deel het.

Meerdere – omdat hulle uit die verteenwoordigers van meer as een gemeente

bestaan.

Die klassis: ’n samekoms van ’n groep kerke uit dieselfde omgewing, wat sake

behandel wat nie deur ’n plaaslike kerkraad afgehandel kan word nie.

Die partikuliere sinode: ’n samekoms van ’n aantal klassisse wat ’n aparte streek

vorm.

Die nasionale sinode: ’n samekoms van die verskillende partikuliere sinodes.

Die algemene sinode: ’n samekoms van die verskillende nasionale sinodes – dit

wil sê Nasionale Sinode GKSA en Sinode Middellande, Soutpansberg.

6.3 Meerdere vergaderinge is nie hoër vergaderinge as die kerkraad nie, maar wel

gesamentlike vergaderinge van die verteenwoordigers van ’n aantal kerkrade waarin

die kerke gesamentlik oor sake besluit. Vgl. Kerkorde, art. 84.

Meerdere vergaderinge behandel sake van gemeenskaplike belang wat deur

kerkrade vir bespreking voorgelê word. Sake wat nie ander gemeentes raak nie,

word deur die plaaslike kerkraad afgehandel.

Kerkrade wat nie met besluite van meerdere vergaderinge saamstem nie, mag

daarteen appelleer by ’n latere sitting van die meerdere vergadering maar moet

intussen daarvolgens handel.

7. Hoof van die kerk

Daar is net EEN HOOF van die kerk – Jesus Christus. Vgl. NGB, art. 29. Niemand

anders as Jesus Christus het enige gesag in die kerk nie. Die kerkraad oefen slegs

die gesag van Jesus Christus uit. In hulleself het hulle geen gesag nie. In alle

kerklike besprekings spreek ’n suiwere beroep op die Woord finaal.

38

HOOFSTUK 7

Volharding en lewe na die dood

1. Inleiding

Die volharding van die heiliges/ware gelowiges is een van die fundamentele leerstukke

wat ’n waterskeiding tussen kerke maak.

Kerke wat Skrifgetrou is, aanvaar die versekeringe van die Skrif dat die ware

gelowige nooit verlore sal gaan nie.

Die gelowige kan dus op God se beloftes vertrou en sonder vrees die dood

tegemoet gaan.

Dit is dieselfde kerke wat staan op die uitverkiesing uit vrye genade sonder

inagneming van die mens se verdienste.

Dwaalkerke leer onder andere die volgende:

Hulle let op die swakheid van die mens maar wil ook op sy voortreflikheid wys en

meen dat alles van die mens se eie vermoëns afhang.

Hulle gee te kenne dat selfs ware gelowiges nooit werklik seker daarvan kan

wees dat hulle enduit gered sal bly nie.

Die mens moet dus tot die einde toe onseker oor sy redding bly.

Hulle meen ook dat die mens se verdienste die deurslag gee by die bepaling van

sy saligheid.

1.1 Die ware geloof kan nooit verloor word nie.

Die ware gelowige kan nooit uit die genade van God uitval nie.

Die genadewerking van die Heilige Gees in die hart van die gelowige bly

voortgaan tot die einde toe – Johannes 10:28, 29; Romeine 11:29; Filippense 1:6;

2 Tessalonisense 3:3; 2 Timoteus 1:12, 4:18.

Eenmaal ’n kind van God, altyd ’n kind van God.

Die ware gelowige kan dus nie een dag ’n uitverkorene wees en die volgende

dag verlore gaan nie.

1.2 Elke gelowige sal salig word – deur die genade, maar hy het ook ’n verantwoordelikheid

in die saak:

Die uitverkorene het die roeping om te glo, om te volhard, en baie hard te stry

teen die versoeking en die sonde.

Hy moet sy geloof handhaaf te midde van teenkanting en verleiding.

Hy moet gerig wees op die nou poort, nie die breë weg van wêreldsheid nie –

Lukas 13:24.

1.3 Die volharding

Volharding beteken nie dat die gelowiges in hierdie lewe sondeloos word of is

nie.

Hulle kan nog in sware sondes verval en God daardeur bedroef, byvoorbeeld

Dawid en Batseba se sonde.

Deur God se genade kom sulke mense egter weer tot berou en bekering.

Hulle bly nie voortleef in hul sondes nie, al neem dit – menslik gesproke – lank vir

hulle om tot inkeer te kom. Vergelyk die verlore seun.

39

1.4 Geen gelowige hoef ooit te twyfel oor sy saligheid nie.

Wat God in sy Woord belowe, dit doen Hy.

Hy het aan ons – gelowiges verlossing belowe.

Hy het dit reeds bewerk in Christus.

MAAR: Dit beteken hoegenaamd nie dat gelowiges onverskillig mag word en hulle

verantwoordelikhede verwaarloos nie. Hulle moet immers in die gebed en strewe na

gehoorsaamheid volhard. Afvalligheid kan bewys dat daar eintlik geen werklike of

ware geloof was nie maar net ’n oppervlakkige skyn daarvan, soos die saad wat

tussen die rotse beland het.

1.5 Die sekerheid van ons verlossing is nie op ons eie verdienste gegrond nie maar in

die almag van God, soos geopenbaar in Jesus se oorwinning oor die dood en die

onveranderlikheid van sy raadsplan en sy liefde vir ons.

1.6 Die volgende samevatting uit Bavinck se werk: Gereformeerde Dogmatiek bied ’n

kort beskrywing van hoe die Here sy genade oor die gelowiges laat geld:

Die Vader het die gelowiges in Christus:

nog voor die skepping van die wêreld uitverkies – Efesiërs 1:4;

hulle tot die ewige lewe verordineer – Handelinge 13:48; en

hulle tot die beeld van sy Seun gekonformeer – Romeine 8:29.

Hierdie uitverkiesing is onveranderlik – Romeine 9:11 en Hebreërs 6:17 – en mettertyd

bring dit mee:

die roeping – o.a. Matteus 22:2-14; 1 Korintiërs 1:23-24; Romeine 10:14-17;

regverdigmaking – Psalm 103:12; Jesaja 44:22; Romeine 8:1-2; 8:32-33; en

verheerliking – Romeine 8:39; Kolossense 3:4.

Christus:

in wie al God se beloftes ja en amen is – 1 Korintiërs 1:20;

het gesterf vir almal wat die Vader aan Hom gegee het – Johannes 17:6,12;

sodat Hy aan hulle die ewige lewe kan skenk en nie een van hulle sal verloor nie

– Johannes 6:39 en 10:28.

Die Heilige Gees wat hulle wederbaar:

bly ewig by en in hulle – Johannes 14:16; 1 Johannes 2:27, ens; en

verseël hulle tot die dag van verlossing – Efesiërs 4:30.

Die genadeverbond:

staan vas en seker, en is met ’n eed bevestig – Hebreërs 6:16-18; 13:20;

so bindend soos die huweliksband – Efesiërs 5:31-32 – en ’n testament –

Hebreërs 9:17.

Op grond van daardie verbond:

roep God sy uitverkorenes;

skryf sy wet in hulle harte; en

stel ook ontsag vir Hom daar – Hebreërs 8:10 en 10:14 e.v.

40

God:

laat nie toe dat hulle versoek word bo hulle vermoë om weerstand te bied nie –

1 Korintiërs 10:13;

bevestig en voltooi die goeie werk wat Hy in hulle begin het – 1 Korintiërs 1:9 en

Filippense 1:6; en

bewaar hulle vir die toekoms in Christus, sodat hulle deelgenote kan word van die

hemelse erfenis – 1 Tessalonisense. 5:23 en 1 Petrus 1:4-5.

As gevolg van sy tussentrede om ons ontwil by die Vader, bly Christus voortdurend

aktief ten behoewe van die gelowiges, sodat:

hulle geloof kan standhou – Lukas 22:32;

hulle van die bose in die wêreld bewaar kan bly – Johannes 17:11, 20;

hulle volkome gered kan word – Hebreërs 7:25;

vergifnis van hulle sondes kan ontvang – 1 Johannes 2:1; en

eendag almal met Hom kan wees en sy heerlikheid kan aanskou –

Johannes 17:24.

Die genadegawes wat hulle deur die werking van die Heilige Gees in Christus ontvang,

is onberoulik – Romeine 11:29; en is onderling en onafskeidbaar verbonde en

saamgeweef.

Hy wat geroep word, word geregverdig en verheerlik – Romeine 8:30.

Hy wat as kind van God ontvang word, erf die ewige lewe – Romeine 8:17 en

Galasiërs 4:7.

Hy wat glo, het onmiddellik deel aan die ewige lewe – Johannes 3:16.

En daardie lewe, omdat dit ewig is, kan nie verloor word nie; is ’n lewe wat nie

aan die sonde verslaaf is nie – 1 Johannes 3:9; en kan nie sterwe nie –

Johannes 11:25-26.

Die verloop van God se bemoeienis met die uitverkorenes begin dus by die

uitverkiesing uit genade alleen en duur voort tot en met die totstandkoming van die

Nuwe Jerusalem. Die volharding van die gelowiges verseker ons dat, deur die

genade van God, nie een van die gelowiges ooit langs die pad sal uitval nie.

Die ware geloof kan nooit verloor word nie. Die ware gelowige kan nooit uit die

genade van God uitval nie – Johannes10:28. Die ware gelowige kan dus nie een

dag ’n uitverkorene wees en die volgende dag weer iemand wat verlore gaan nie.

Elke uitverkorene sal salig word, maar hy het ook ’n verantwoodelikheid in die

saak. Die uitverkorene het die roeping om te glo, te volhard en om baie hard te

stry, sodat hy deur die nou poort kan ingaan – Lukas 13:24.

Die volharding beteken nie dat die gelowiges sondeloos word – of is – in hierdie

lewe nie. Hulle kan nog altyd in swaar sondes verval en God daardeur bedroef. ’n

Voorbeeld hiervan is Dawid en Batseba se sonde. Maar deur God se genade

kom sulke mense – soos Dawid en Batseba – altyd weer tot berou en bekering.

Geen gelowige hoef te twyfel oor sy saligheid nie. Wat God in sy Woord beloof,

dit doen Hy. Hy het aan ons verlossing beloof. Hy het dit ook reeds bewerk in

Christus.

41

Die sekerheid van ons verlossing berus op die almag van God, soos geopenbaar

in Jesus se oorwinning oor die dood en in die onveranderlikheid van sy raadsplan

en sy liefde vir ons.

2. Die hiernamaals – opstanding uit die dood en die lewe daarna

2.1 Onder die hiernamaals word die voleinding verstaan.

Die volle saligheid van die hiernamaals begin op die dag van Christus se

wederkoms. Die plek waar die voleinding plaasvind, is die Koninkryk van God.

In beginsel ontvang die ware gelowige die ewige lewe reeds op die aarde, want

Christus het reeds die dood oorwin en tans maak Hy vir die ware gelowiges plek

gereed om by Hom te kan wees.

Waar is die hemel of die hel? Ons weet nie. God sal dit openbaar wanneer dit

nodig is om dit te weet.

2.2 Daar is geen bekering na die dood moontlik nie.

Vergelyk die gelykenis van die ryk man en Lasarus.

Dit is verskriklik vir die ongelowiges om dit te weet, want hulle gaan opgewek

word om vir ewig in die hel te lewe (Johannes 5:24, 25).

2.3 Die dood

Om dood te gaan is ’n diep misterie. Sonder die Bybel kan ons die dood van ’n mens

nie verklaar nie.

Ons dink gewoonlik aan die dood as ’n dwingende natuurlike proses, maar dis nie

so nie – al lyk dit die meeste van die kere so.

Ons sterf nie omdat ons nie langer kan lewe nie. Ons sterf omdat God ons lewe

beëindig.

Die Bybel beskryf hierdie daad van God met die woordjie bestem:

Hebreërs 9:27-28: “En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en

daarna die oordeel, so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die

sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die

wat Hom verwag tot saligheid.” (AFR53)

Die woord bestem beteken ook nie dat dit nou maar die lot van mense is om ’n

tyd lank hier op die aarde te wees, en dan deur die dood weer agter die gordyn

van die onsienlike wêreld in weg te raak nie.

o Dit beteken dat dit die daad van God is waarmee Hy ons oproep om uit

hierdie lewe uit voor sy Regterstoel te verskyn om geoordeel te word.

o Die hele sin dui daarop dat dit dan in God se Raadsplan tyd is om gevonnis te

word.

o NB: Die aangehaalde vers uit Hebreërs 9 rond die vonnis af deur aan te

kondig dat die gelowiges dan in Christus vryspraak kry.

Vergelyk ook:

Daniël 12:2: “En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak,

sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.”

(AFR1953)

Matteus 25:46: “En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die

ewige lewe.” (AFR1953)

42

Lukas 10:25: “En daar het ’n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het

deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?” (AFR1953)

Johannes 3:16: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun

gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige

lewe kan hê.” (AFR1953)

Johannes 6:40: “En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die

Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die

laaste dag.” (AFR1953)

Die oomblik van die dood is die oomblik van skeiding. Die Here het Adam se liggaam

van grond gemaak en daarna die lewe in hom ingeblaas. Die Bybel noem dit dat God

gees oorgehad het om meer mense te kon maak as Hy wou. Daarmee openbaar

die Bybel dat die mens sy siel direk van God af kry.

Maleagi 2:15: “Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het?

En waarom die een? Hy het ’n geslag van God gesoek.” (AFR1953)

Ons mense bestaan dus uit twee komponente:

Ons liggaam en

ons siel

NB: Die siel nie ’n hoër orde en die liggaam ’n laer orde (stoflike oorskot) –

volgens die ou Griekse filosofie – nie. My liggaam en siel is onderskeibaar, maar

nie skeibaar nie. Al twee is vir God ewe heilig en ewe dierbaar. Daarom word my

liggaam met die wederkoms weer opgewek en met my siel verenig.

Met die dood word hierdie twee bestanddele van my menswees tydelik uitmekaargeskeur.

My siel is onsterflik en lewe ewig.

o My siel gaan onmiddellik na die bestemde adres toe (Lukas 16:21 e.v.;

Openbaring 6:9; Moses en Elia op die berg – Matteus 17:3; Lukas 23:43).

Openbaring 6:9: “En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die

altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die

getuienis wat hulle gehad het.” (AFR1953)

Matteus 17:3: “En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met

Hom.” (AFR1953)

Lukas 23:43: “En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy

saam met My in die Paradys wees.” (AFR1953)

o Daarom het hy die hoop op die ewige lewe (Psalm 16:9; Daniel 12:2 oor die

opstanding).

Psalms 16:9: “Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in

veiligheid woon;” (AFR1953)

Die Bybel leer dat die mens die oomblik wanneer hy op die aarde sterf, dadelik

na sy ewige huis gaan (Prediker 12:5b; Psalm 73:24; Lukas 16:19-31;

Lukas 23:43). Met ander woorde, wanneer die mens sterf, is hy dadelik in die

hemel of die hel.

My liggaam volg tydelik ’n ander pad – dit ontbind totdat die Here dit op sy bevel

herstel met die wederkoms (Openbaring 20:5, 12, 13).

Openbaring 20:5: “En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar

voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.” (AFR1953)

43

Openbaring 20:12-13: “En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan,

en die boeke is geopen; en ’n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En

die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die

see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode

gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.”

(AFR1953)

Wat gebeur met ons ontbinde liggame? Hulle word almal op die dag van Jesus

Christus se wederkoms weer deur Christus se krag opgewek (1 Korintiërs 15;

Openbaring 20:13).

Na die opwekking van die liggame by die wederkoms sal ons liggame volmaak

en verheerlik wees. Ons liggame sal dan deur die Heilige Gees geskik gemaak

word vir die ewige saligheid.

Voor die skepping het die Here reeds sy Raad vasgestel wat bepaal wie die mense

almal is wat in die geskiedenis sou lewe, en ook wie van hulle deur Hom uitverkies is

om vir ewig in sy hiernamaalse koninkryk te lewe. Hierdie mense word almal in

Christus geheilig.

Efesiërs 1:4-6: “... soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die

wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons

voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus,

na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy

ons begenadig het in die Geliefde.” (AFR53)

In hierdie oomblik wanneer ’n mens dus sterf, word die tydelike en die ewige dood

van die betrokke mens deur die oordeel van God, soos dit in sy Raad bepaal is,

voltrek (tot uitvoering gebring).

2.4 En nou? Die oomblik van waarheid!

Prediker 12:6-7: “Voordat die silwerdraad verwyder word en die goue oliekruik

stukkend val en die kruik by die fontein gebreek word en die wiel stukkend in die put

val en die stof na die

aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee

het.” (AFR1953)

Die gedeelte onderstreep die onsterflikheid van die mens. Wanneer ons sterf, gaan

ons gees terug na God wat dit gegee het!

Nadat ons gesterf het, leef en bestaan ons steeds – maar dan bestaan ons

onliggaamlik. Met ander woorde, dan bestaan ons suiwer geestelik. Sien hiervoor:

1 Korintiërs 15:36-49: “Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf

het nie. En wat jy saai – jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ’n blote korrel,

byvoorbeeld van koring of van iets anders. Maar God gee dit ’n liggaam soos Hy

gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam. Alle vlees is nie

dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié

van visse anders as dié van voëls. En daar is hemelse liggame en aardse liggame;

maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse. Anders is die

heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die

heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.

So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar

word opgewek in onverganklikheid; daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in

heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag. ’n Natuurlike

liggaam word gesaai, ’n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ’n natuurlike

liggaam, en daar is ’n geestelike liggaam. So is daar ook geskrywe: Die eerste mens,

Adam, het ’n lewende siel geword; die laaste Adam ’n lewendmakende Gees. Die

geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

44

Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.

Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens

is, so is ook die hemelse mense. En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so

sal ons ook die beeld van die hemelse dra.” (AFR1953)

So sal ons bestaan totdat die wederkoms aanbreek wanneer ons met liggaam en siel

verenig en herskep word.

Op daardie oomblik wanneer ons sterf, staan ons in die gerig voor God. Sien

hiervoor:

Sagaria 3:1-4: “Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die

Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te

klae. Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die

HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ’n brandhout wat uit

die vuur geruk is nie? En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel

staan. Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil

klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem,

en Ek beklee jou met feesklere.” (AFR53)

Openbaring 20:12: “En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die

boeke is geopen; en ’n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is

geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.” (AFR1953)

Ons sterf nie as volmaaktes nie. Ons staan voor God in ons sondes:

Matteus 10:26-28: “Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal

word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. Wat Ek vir julle in die donker sê,

vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke. En moenie

vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar

vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.”

(AFR1953)

Maar ons word dan ook nie tot in die hel toe veroordeel nie, omdat ons in Christus

vrygespreek sal word.

“Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam

ontwil.” (1 Johannes 2:12 AFR53)

“En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus,

deur wie ons nou die versoening verkry het.” (Romeine 5:11 AFR53)

“En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons

die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld

met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord

van die versoening aan ons toe te vertrou.” (2 Korintiërs 5:18-19 AFR53)

“En Hy is ’n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié

van die hele wêreld.” (1 Johannes 2:2 AFR53)

“Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het

en sy Seun gestuur het as ’n versoening vir ons sondes.” (1 Johannes 4:10 AFR53)

2.5 Hoe sal die lewe daar Oorkant wees?

In beginsel ontvang die ware gelowige die ewige lewe reeds op die aarde, want

Christus het reeds die dood oorwin en tans maak Hy vir die ware gelowiges plek

gereed om by Hom te kan wees.

In die hemel doen niemand meer sonde nie. Daar trou mense ook nie weer nie. Daar

sal geen siekte of armoede wees nie. Alles is absoluut volmaak

45

Op die Nuwe Aarde sal alles wees soos hier – net volmaak. Dit sal wees soos wat

die Here die skepping bedoel het om te wees voordat die sondeval gebeur het.

Die Bybel gee die volgende beskrywing:

Dan (in die hiernamaals – ná die eindoordeel) wei die wolf by die lam, en die

luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee

bymekaar,

en ’n klein seuntjie sal hulle aanja.

o Met ander woorde die lewe gaan aan soos ons dit ken, maar met die verskil

dat daar volmaakte harmonie is tussen die mense en die diere – en ook

tussen die diere wat in hierdie bedeling nie met mekaar kon klaarkom nie, of

mekaar opgevreet het.

Jesaja 11:6: “Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die

bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ’n

klein seuntjie sal hulle aanja.” (AFR53)

Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi

soos die os; en die suigling speel by die gat van ’n adder, en die gespeende kind

steek sy hand uit na die kuil van ’n basilisk.

Jesaja 11:7-9: “Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die

leeu eet strooi soos die os; en die suigling speel by die gat van ’n adder, en die

gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ’n basilisk. Hulle sal geen

kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol

wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.”

(AFR53)

Die eetgewoontes van die diere en die mense word weer soos die Here dit

bedoel het voor die sondeval. Vergelyk die volgende:

Genesis 2:9: “En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit,

begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die

middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.” (AFR53)

Genesis 2:16: “En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al

die bome van die tuin mag jy vry eet,” (AFR53)

Openbaring 2:7: “Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes

sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat

binne in die paradys van God is.” (AFR53)

Openbaring 2:17: “Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes

sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal

hom gee ’n wit keursteen, en op dié steen ’n nuwe naam geskrywe wat niemand

ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.” (AFR53)

(Op die Nuwe Aarde sal ...) “Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op

my hele heilige berg nie;”

o Niemand – nie mense of diere – doen daar iets verkeerd nie. In die hemel

doen niemand meer sonde nie. Almal doen net wat reg is

Jesaja 11:9b: “... want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE

soos die waters die seebodem oordek.” (AFR53)

46

o Ons kennis sal in die hiernamaals volmaak wees. Vergelyk hiervoor:

1 Korintiërs 13:12: “Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar

eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek

ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.” (AFR53)

Jesaja 11:1-12: “Maar daar sal ’n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ’n

loot uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die HERE rus,

die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees

van kennis en van die vrees van die HERE. En Hy het ’n welgevalle aan die

vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie

oordeel na wat sy ore hoor nie; maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg

doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die

aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die

goddelose doodmaak. En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou

die gordel van sy heupe wees. Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd

gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee

bymekaar, en ’n klein seuntjie sal hulle aanja. Die koei en die berin wei, en

hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os; en die suigling

speel by die gat van ’n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die

kuil van ’n basilisk. Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele

heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE

soos die waters die seebodem oordek. En in dié dag sal die nasies vra na die

wortel van Isai, wat daar staan as ’n banier van die volke, en sy rusplek sal

heerlik wees. En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand

uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en

Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van

die see; en Hy sal ’n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die

seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat

verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.” (AFR53)

o In die hiernamaals trou mense ook nie weer nie.

Matteus 22:30: “Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die

huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.” (AFR53)

Markus 12:25: “Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en

word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die

hemele is.” (AFR53)

Lukas 20:34-35: “Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie

eeu trou en word in die huwelik uitgegee; maar die wat waardig geag word

om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie

in die huwelik uitgegee nie.” (AFR53)

o Daar sal geen siekte of armoede wees nie. Alles is absoluut volmaak.

Openbaring 7:16: “Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en

nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie;” (AFR53)

Openbaring 21:4: “En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal

geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie

meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.” (AFR53)

o In die hiernamaals bestaan tyd nie meer nie.

Openbaring 10:6: “... en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe,

wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en

die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;” (AFR53)

47

3. Wat bely ons?

o Ons sal die Here dag en nag aanbid en ons sal nog steeds liturgiese

handelinge hê.

Openbaring 11:19: “En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en

sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en

donderslae en aardbewing en groot hael.” (AFR53)

Openbaring 7:15: “Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag

en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.”

(AFR53)

Openbaring 22:3: “En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die

troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom

dien.” (AFR53)

Openbaring 15:3: “En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van

God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here

God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!”

(AFR53)

o In die hiernamaals ervaar ons nie ons werk as druk of spanning nie.

Openbaring 14:13: “En ek het ’n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf

salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat

hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.” (AFR53)

Openbaring 22:3: “En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die

troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom

dien.” (AFR53)

o In die hiernamaals is dit vir ewig een ligdag omdat God se heerlikheid die

lig gee.

3.1 NGB artikel 37

Openbaring 22:5: “En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of

sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings

regeer tot in alle ewigheid.” (AFR53)

Die laaste oordeel, die opstanding en die ewige lewe

Daarom is die gedagte aan hierdie oordeel vir die oortreders en goddeloses met reg

ontsettend en skrikwekkend maar vir die vromes en uitverkorenes begeerlik en

troosryk. Want dat sal hulle volle verlossing voltooi word en hulle sal daar die vrugte

ontvang van moeite en lyding wat hulle gedra het. Hulle onskuld sal deur almal erken

word en hulle sal die verskriklike wraak sien wat God sal voltrek oor die goddeloses

wat hulle in hierdie wêreld wreed vervolg, verdruk en gekwel het. Maar die

goddeloses sal deur die getuienis van hulle eie gewete tot erkenning van hulle skuld

gebring word; hulle sal onsterflik word dog slegs om gepynig te word in die ewige

vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is (Matt 25:41). Die gelowiges en

uitverkorenes, daarenteen, sal met heerlikheid en eer gekroon word. Die Seun van

God sal hulle naam voor God, sy Vader (Matt 10:23) en sy uitverkore engele bely;

alle trane sal van hulle oë afgevee word (Op 21:4). Dan sal dit bekend word dat hulle

saak, wat tans deur baie regters en owerhede as ketters en goddeloos veroordeel

word, die saak van die Seun van God is. En as ’n beloning uit genade sal die Here

self hulle so ’n heerlikheid gee as wat die hart van ’n mens nooit sou kon bedink nie.

Daarom verwag ons hierdie groot dag met sterk verlange om die beloftes van God in

Jesus Christus, ons Here, ten volle te geniet.

48

3.2 Heidelbergse Kategismus

Vraag 57: Watter troos gee die opstanding van die liggaam aan jou?

Antwoord: Dat nie alleen my siel na hierdie lewe dadelik tot Christus, sy Hoof,

opgeneem sal word nie (a), maar ook hierdie selfde liggaam van my, deur die krag

van Christus opgewek, weer met my siel verenig en aan die heerlike liggaam van

Christus gelykvormig sal word (b).

(a) Luk 16:22; 23:43; Fil 1:21, 23. (b) Job 19:25, 26; 1 Joh 3:2; Fil 3:21.

Vraag 58: Watter troos skep jy uit die artikel van die ewige lewe?

Antwoord: Dat, aangesien ek nou alreeds die begin van die ewige vreugde in my hart

ervaar (a), ek na hierdie lewe volkome saligheid sal besit – ’n saligheid wat geen oog

gesien, geen oor gehoor en in die hart van geen mens ooit opgekom het nie – om God

daarin ewig te prys (b).

(a) 2 Kor 5:2, 3. (b) 1 Kor 2:9.

4. Betekenis van gees en siel en liggaam

“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en

siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse

Here Jesus Christus!” (1 Tessalonisense 5:23 AFR53)

“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende

swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en

is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”

(Hebreërs 4:12 AFR53)

“En nadat hy sy gesprek met Saul beëindig het, het die siel van Jónatan verkleef

geraak aan die siel van Dawid, en Jónatan het hom liefgekry soos sy eie siel.”

(1 Samuel 18:1 AFR53)

Dit gaan oor die uitdrukking gees, siel en liggaam.

Die uitdrukking bedoel niks meer nie as om die volledige mens aan te dui. Daarmee

sê die Here dat Hy van jou volle menswees praat: Elke deel daarvan.

Verskillende teoloë het probeer om dit beter te verklaar. Calvyn skryf byvoorbeeld

dat die siel van die mens twee onderskeibare komponente in hom het (NB nie

skeibaar nie!):

gees is die intellek van die mens

siel is dit in die mens wat kan wil en begeer, ens.

Martin Luther se verklaring is byna dieselfde.

Hy verklaar dat die gees die hoogste, diepste en edelste deel van die mens is.

Dit is die deel van die mens wat die onbegryplike, onsigbare en ewige dinge

bevat.

Die siel is dieselfde as die gees, maar dit beskryf ’n ander werksaamheid: dit is

dit wat lewe en wat die hele liggaam lewend deurtrek.

Luther maak die opmerking dat die gees sonder die liggaam kan lewe, maar die

liggaam kan nie sonder die gees lewe nie.

5. Wat beteken doderyk?

Die woord sje’ool het verskillende betekenisse: Die oorspronklike betekenis van die

woord is: diepte, put, kuil. Aangepas beteken dit: plek van dooies, doodsmag, die

dood self, die hel.

49

NB: Die woord word altyd in ’n ongunstige sin verstaan. Dit het nooit ’n

positiewe betekenis nie.

Soms beteken dit gewoonweg dood, soos in:

Genesis 37:35: “En al sy seuns en al sy dogters het moeite gedoen om hom te

troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee, treurende sal ek

na my seun in die doderyk afdaal! So het sy vader hom dan beween.” (AFR53)

Soms word die wrede mag van die dood bedoel:

Handelinge 2:31: “het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die

opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook

nie verderwing gesien het nie.” (AFR53)

Soms beteken dit die versameling van die dooies: die wat tot die dode behoort:

Jesaja 14:9: “Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms

tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit

laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan.” (AFR53)

Ander kere bedoel dit die plek (die hel) waar die dooies hulle bevind:

Prediker 9:10: “Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want

daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan

nie.” (AFR53)

50

HOOFSTUK 8

Sonde

1. Die sonde in die engelewêreld

1.1 Die eerste sonde ontstaan in die hemel. Dit gebeur wanneer die engele sondig. Ons

lees daarvan in Johannes 8:44; Judas vers 6; 1 Timoteus 3:6; 2 Petrus 2:4;

Esegiël 28.

1.2 Die Bybel verhaal nie presies wat gebeur het toe die duiwel en sy engele gesondig

het nie. Ons weet wel dat:

hulle teen God in opstand gekom het;

hulle nie weer gered kan word nie;

verwaandheid ’n rol gespeel het; en

leuens ’n rol gespeel het.

1.3 Kuyper, ’n Nederlandse teoloog, beweer dat die duiwel die enigste engel was wat so

hoog geskape was dat hy hom in ’n hoër toestand kon indink as waarin hy was. Op

dié manier het hy kans gesien om God se heerskappy af te neem. Die duiwel het toe

teen God in opstand gekom en probeer om God se troon af te neem. God het hom

egter verslaan en uit die hemel uitgewerp. Die teorie word algemeen aanvaar.

1.4 In beginsel bly die sonde ’n onverklaarbare raaisel, want die openbaring daaroor is

nie genoeg om gesagvolle uitsprake daaroor te maak nie.

2. Die sondeval in die mensewêreld

2.1 Die sonde het die mensewêreld uit die engelewêreld binnegedring. Daar was

hoofsaaklik drie redes wat die satan gedryf het om die mens tot ’n val te bring:

Haat teen God dryf die satan om die mens tot ’n val te bring.

Die satan wou nog steeds probeer om God te beroof van die aanbidding van die

mens.

Die gelukkige staat van die mens moes vir die satan as gevallene ’n bitter saak

gewees het. Daarom dryf jaloesie teen die mens hom daartoe om die mens tot ’n

val te bring.

2.2 In sy lis wend die satan hom tot Eva. Sy is nie die hoof nie en kom dus makliker tot ’n

val. Dit gebeur omdat die vrou buite die grense van haar roeping en opdrag beweeg.

2.3 Die lis van die satan kom ook daarin uit dat hy hom van ’n dier bedien wat onder die

heerskappy van die mense is. Hulle het die aanslag waarskynlik nie uit hierdie rigting

verwag nie.

2.4 Die satan se hele aanslag is daarop gerig om die mens te prikkel tot ’n sondige

strewe na onafhanklikheid. Dit staan teenoor die kinderlike gehoorsaamheid wat

hulle aan God moes bewys.

2.5 Die mens het toe nie soos God geword nie, want hulle het nie die verwagte hoër

kennis verkry nie. Die mens het slegs ’n karikatuur daarvan verkry – ’n kennis wat

gemaak het dat hy as ’n ellendige sondaar voor die Here moes wegkruip.

2.6 Die hele menslike geslag het saam met Adam in sonde geval en is nou dood in die

sonde en misdade – 1 Korintiërs 15:21, 22.

2.7 Adam is deur God voor ’n proefgebod gestel. God wou hom beproef om te sien of Adam

Hom sou dien in bewuste gehoorsaamheid.

51

2.8 Daar bestaan nie net ’n natuurlike band tussen Adam en ons nie; daar bestaan ook

’n regsband tussen hom en ons. Hy is die hoof van die menslike geslag en in hom is

al die mense inbegrepe – 1 Korintiërs 15:21, 22.

3. Erfsonde

3.1 As gevolg van die voortplanting van die sonde word ons nou in sonde gebore. Die

sonde wat aan ons kleef, word erfsonde genoem – Psalm 51:7; Eksodus 20:5.

3.2 As ons ons aandeel in Adam se sonde ontken, kan ons nie die verlossing van

Christus vir ons toe-eien nie – 1 Korintiërs 15:21, 22.

Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 15:

Ons glo dat die erfsonde deur die ongehoorsaamheid van Adam oor die hele

menslike geslag uitgebrei het.

Dit is ’n verdorwenheid van die hele natuur en ’n oorgeërfde gebrek waarmee

selfs die klein kindertjies in die moederskoot besmet is.

Dit is hierdie wortel wat in die mens allerhande sonde laat uitspruit.

Dit is daarom so afskuwelik en gruwelik voor God dat dit rede genoeg is om die

menslike geslag te verdoem. Dit word selfs nie deur die doop geheel en al tot niet

gemaak of volkome uitgeroei nie, aangesien die sonde aanhoudend uit hierdie

verdorwenheid opborrel soos water uit ’n giftige fontein.

Dit word die kinders van God ewenwel nie tot verdoemenis toegereken nie maar

deur sy genade en barmhartigheid vergewe.

God vergewe nie sodat die gelowiges in die sonde gerus sou slaap nie maar wel

sodat die besef van hierdie verdorwenheid hulle dikwels sou laat sug in die

verlange om van hierdie liggaam van die dood verlos te word.

Ons verwerp hiermee die dwaling van die Pelagiane, wat sê dat hierdie sonde uit

niks anders as uit navolging ontstaan nie.

Heidelbergse Kategismus

Vraag 10: Wil God hierdie ongehoorsaamheid en afval ongestraf laat bly?

Antwoord: Nee, glad nie; inteendeel, sy toorn is verskriklik (a) sowel oor die erfsonde

as oor die sonde wat ons self doen: Hy wil dit in die tyd en in die ewigheid met ’n

regverdige oordeel straf (b). Hy het immers gesê: Vervloek is elkeen wat nie bly in

alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie (c).

(a) Gen 2:17; Rom 5:12. (b) Ps 50:21; 5:6; Nah 1:2; Eks 20:5; 34:7; Rom 1:18; Ef 5:6.

(c) Deut 27:26; Gal 3:10.

3.3 Waar kry ons belydenis hierdie standpunte?

Dawid bid in Psalm 51:7 dat hy al vol sondes was toe sy ma swanger geword het.

Job roep ook uit in Job 14: 4 “Ag, kon maar ’n reine voortkom uit ’n onreine – nie een

nie!”

Uit onder andere hierdie twee tekste is dit duidelik dat geen mens sonder sondes

gebore kan word nie, omdat hulle die smet van erfsondes het van die oomblik

van hulle ontvangenis (die oomblik van bevrugting) af.

In 1 Korintiërs 15 leer Paulus baie duidelik dat die hele mensdom as gevolg van

Adam se sonde in die dood beland het! Ons is almal gekoppel aan die gevolge

van Adam se sonde! Wat is dit anders as erfsonde?

52

Die Pelagiane verstaan die saak anders: Hulle sê dat ons bloot die sondes van ons

voorsate aanleer. Ons het dit nie van die begin af in ons nie.

As kinders sonder sondes gebore word, praat die Bybel teen homself, want die Bybel

skeer altyd alle mense onder een kam: Hulle is sondaars en verlorenes.

Daar is geen enkele plek in die Bybel waar geleer word dat daar ’n groepie

(jong/klein) mense is wat nog sonder sonde is, maar wat dan later ook sondaars

word nie.

Die hele mensdom word deur God in een enkele kategorie ingedeel: Sondaars en

verlorenes.

As jy kinders uit hierdie kategorie uithaal, dan haal jy hulle dadelik uit die

verlossing deur die Here Jesus Christus uit.

Vergelyk die volgende Skrifgedeeltes:

Romeine 5:6: “Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die

goddelose gesterwe.” (AFR53)

Lukas 5:32: “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot

bekering.” (AFR53)

Lukas 19:9: “Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis

(= ouers en kinders!) gekom, aangesien hierdie man ook ’n seun van Abraham is.”

(AFR53)

Johannes 1:29: “Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê:

Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (AFR53)

Johannes 3:34-35: “Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want

God gee Hom die Gees nie met mate nie. Die Vader het die Seun lief en het alles in

sy hand gegee.” (AFR53) (Dus alle mense – klein en groot. Almal moet dus gered

word!)

Efesiërs 2:3: “... onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede

van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was

van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.” (AFR53)

Die apostel Petrus maak ’n baie groot saak daarvan dat daar net op een manier

verlossing moontlik is – deur Jesus Christus alleen. Daar

word dus geen voorsiening gemaak dat daar sekere mense (kinders) is wat

sondeloos is omdat daar geen sonde (wat hulle net kon erf) aan hulle kleef nie.

1 Petrus 1:3-5: “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na

sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ’n lewende hoop

deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons ’n onverganklike en

onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons

wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is

om geopenbaar te word in die laaste tyd.” (AFR53)

1 Petrus 1:7-9: “... sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as

goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en

heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; vir wie julle, al het julle Hom nie

gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly

met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die

saligheid van julle siele, verkry.” (AFR53)

53

Jesus alleen roep mense uit die duisternis tot sy wonderbare lig.

1 Petrus 2:9: “Maar julle is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige

volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die

duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,” (AFR53)

1 Petrus 3:18: “Hy het gesterf vir onregverdiges en daarvan getuig die doop ook.

Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die

onregverdiges, om ons tot God te bring – Hy wat wel gedood is na die vlees, maar

lewend gemaak deur die Gees;” (AFR53)

1 Petrus 3:21: “waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ’n aflegging

van die vuilheid van die vlees nie, maar as ’n bede tot God om ’n goeie gewete –

deur die opstanding van Jesus Christus.” (AFR53)

Jesus Christus het gekom om die werke van die duiwel te verbreek. As kinders

buite die werke van die duiwel staan, staan hulle ook buite die verdienste van

Christus – en dus ook buite die ewige lewe!

1 Johannes 5:9-12: “As ons die getuienis van die mense aanneem – die getuienis

van God is groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy aangaande sy Seun

getuig het. Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie

glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God

aangaande sy Seun getuig het nie. En dit is die getuienis: dat God ons die ewige

lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die

Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.” (AFR53)

1 Johannes 3:8: “Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van

die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die

duiwel te verbreek.” (AFR53)

3.4 Wie nie in Christus versoen is nie, is ’n vyand van God.

Kinders is geen uitsondering op die reël wat in al die volgende gedeeltes gestel word

nie. Wie nie in Christus is nie, is deel van die duiwel.

Romeine 10:3: “Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie

geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp

nie.” (AFR53)

Romeine 3:23-26 (AFR53): “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die

heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig

deur die verlossing wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in sy bloed as

’n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes

ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God om

sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en

regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.”

Romeine 4:4-8: “Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie,

maar na verdienste; aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die

goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken. Soos Dawid ook die

mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke: Welgeluksalig

is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. Welgeluksalig is

die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.” (AFR53)

Romeine 5:6: “Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die

goddelose gesterwe.” (AFR53)

Romeine 7:14-25: “Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik,

verkoop onder die sonde. Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen

ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek. En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek

54

die wet toe dat dit goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die

sonde wat in my woon. Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds

woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.

Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen

ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde

wat in my woon. Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by

my aanwesig. Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; maar

ek sien ’n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my

gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Ek, ellendige mens!

Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Ek dank God deur Jesus

Christus, onse Here! (7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van

God, maar met die vlees die wet van die sonde.” (AFR53)

2 Korintiërs 5:14-21: “Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel

is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal

gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat

vir hulle gesterf het en opgewek is. Ons ken dus van nou af niemand meer na die

vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie

meer so nie. Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge

het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met

Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening

gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur

hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe

te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan.

Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. Want Hy het Hom wat

geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid

van God in Hom.” (AFR53)

2 Korintiërs 6:1-2: “En as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade

van God nie tevergeefs mag ontvang nie. Want Hy sê: In die tyd van die welbehae

het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd

van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.” (AFR53)

Galasiërs 1:3: “Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus

Christus,” (AFR53)

Galasiërs 3:19-22: “Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die

oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur

engele beskik deur tussenkoms van ’n middelaar. En die middelaar is nie net vir een

nie; maar God is een. Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie!

Want as daar ’n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die

geregtigheid werklik uit die wet wees. Maar die Skrif het alles ingesluit onder die

sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon

word.” (AFR53)

Efesiërs 2:1-5: “En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en

die sondes waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld,

volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van

die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die

begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen

het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. Maar God,

wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad

het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus –

uit genade is julle gered –” (AFR53)

Efesiërs 2:12-18: “dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die

burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte,

sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat

55

vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy

wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in

sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in

insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe

mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat

Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom

verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons

albei die toegang deur een Gees tot die Vader.” (AFR53)

1 Timoteus 1:15-17: “Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te

word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die

vernaamste is. Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in

my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om ’n voorbeeld te wees vir

die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe. Aan die Koning van die eeue, die

onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in

alle ewigheid. Amen.” (AFR53)

3.5 Kom ons bespreek die volgende aantal Bybeltekste indringend:

Eksodus 20:5: “Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die

HERE jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die

kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;” (AFR53)

Eksodus 34:7: “wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid

en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die

ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan

die derde en aan die vierde geslag.” (AFR53)

Romeine 1:18: “Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die

goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid

onderdruk,” (AFR53)

Psalm 51:5 (51:7): “Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder

my ontvang.” (AFR53)

Nehemia 9:2: “En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die

uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die

ongeregtighede van hulle vaders.” (AFR53)

Daniël 9:16: “o Here, laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid van

u stad Jerusalem, u heilige berg, afgewend word, want om ons sondes en die

ongeregtighede van ons vaders ontwil is Jerusalem en u volk ’n voorwerp van

versmading vir almal rondom ons.” (AFR53)

Levitikus 26:40: “Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle

vaders deurdat hulle ontrou teen my gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit

het,” (AFR53)

Jeremia 31:29: “In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe

geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.” (AFR53)

Jeremia 31:30: “Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat

die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.” (AFR53)

Esegiël 18:2: “Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande

die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die

kinders het stomp geword?” (AFR53)

Numeri 14:18: “Die HERE is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die

ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat

die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die

56

vierde geslag.” (AFR53)

Psalms 109:14: “Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders,

en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.” (AFR53)

Jesaja 53:6: “Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop;

maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.” (AFR53)

Jeremia 14:10: “So sê die HERE van hierdie volk: Só het hulle daarvan gehou om te

swerwe, hulle het hul voete nie teruggehou nie; daarom het die HERE geen behae in

hulle nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en hulle sondes besoek.”

(AFR53)

Jeremia 14:20: “HERE, ons ken ons goddeloosheid, die ongeregtigheid van ons

vaders, want ons het teen U gesondig.” (AFR53)

Jeremia 32:18: “U wat guns bewys aan duisende en die ongeregtigheid van die

vaders vergeld in die skoot van hulle kinders ná hulle; die grote, die geweldige God,

wie se Naam is HERE van die leërskare,” (AFR53)

Jeremia 50:20: “In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die ongeregtigheid van

Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar

hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegene wat Ek laat

oorbly.” (AFR53)

Esegiël 18:20: “Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die

ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid

van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en

die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.” (AFR53)

1 Korintiërs 15:21-22: “Want aangesien die dood deur ’n mens is, is die opstanding

van die dode ook deur ’n mens. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle

ook almal in Christus lewend gemaak word;” (AFR53)

Romeine 5:12-21: “Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom

het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het,

omdat almal gesondig het want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar

sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie. Tog het die dood geheers van

Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die

oortreding van Adam nie, wat ’n voorbeeld is van Hom wat sou kom. Maar dit is met

die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die

één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die

genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword. En nie soos

deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot

veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak. Want as ten

gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer

sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid

ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus. Daarom dan, net soos dit

deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een

daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos

deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook

deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word. Maar die wet

het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer

geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword; sodat, soos die sonde

geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die

ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.” (AFR53)

4. Erfsmet

57

4.1 Na die sondeval ondergaan Adam ’n groot etiese verandering. Sy hele sielelewe het

verander – sy verstand het verdonker geraak en sy wil het doodgegaan. Hy en sy

nageslag kon hulle nie meer teen die sonde verset nie en hulle wou ook nie – Kaïn.

4.2 Erfsmet is dat die mens van sy eerste aansien af verdorwe is – Johannes 4:4 3:6;

Psalm 51:7; 1 Konings 8:46b.

4.3 Erfsmet is ook die vuil – die smet van die sonde wat aan ons kleef – wat ons erf.

5. God en die sonde

5.1 God is nie die Skepper van die sonde nie.

5.2 God het dit tog so gewil dat Hy die sonde toegelaat het, omdat die vernietiging van

die sonde God se heerlikheid soveel heerliker laat skyn. God neem dus die sonde in

diens van sy eer en Hy heers daaroor deur dit vir sy doel te gebruik.

5.3 God gebruik die sonde o.a. vir die volgende:

Om sy volk te beproef – 2 Samuel 24:1b

Om sy volk te red – Genesis 15:5b

Om sy vyande te straf – Johannes 12:40

6. Die wese van sonde

6.1 Sonde is ’n daad wat sy doel mis. Sonde is ongeloof – Johannes 16:9. Sonde kom

tot openbaring in ondankbaarheid en ongehoorsaamheid – Genesis 3.

6.2 Al die woorde wat in die Bybel gebruik word om sonde te beskryf, dui aan dat dit ’n

afwyking is wat bepaalde grense oorskry. NB: 1 Johannes 3:4: “sonde is

ongeregtigheid.” Die Griekse woord beteken onwettigheid. Dus, verbreking en

skending van God se wet.

6.3 Sonde is vyandskap teen God en die verbreking van die gemeenskap met God. Die

gevolge van die sonde is dat ek geneig is tot alle kwaad en onbekwaam tot enige

goed – HK, vr. 8. Vergifnis is altyd moontlik na bekering en berou.

6.4 Sonde teen die Heilige Gees is onvergeeflik – Matteus 12:31. Alleen iemand wat met

die kerk te doen het, kan die Heilige Gees laster. Die laster bestaan daarin dat die

geloof wat deur die Heilige Gees bewerk en gevestig word, deur die persoon ontken

word. Die Here vergewe nie iemand wat eers die evangelie glo en dit daarna verwerp

nie.

6.5 Dood kom as straf op die sonde. Dit is die eerste dood. Die woorde dood in sonde en

misdade beteken dat daardie betrokke persoon geestelik dood is – Efesiërs 2:1.

6.6 Alle mense sterf ’n liggaamlike dood aan die einde van hulle lewe op die aarde.

Hierdie onbekwame lewe word afgerond met die dood – dit word die eerste dood

genoem.

6.7 Die eerste opstanding is wanneer ons onmiddellik met ons dood in die hemel by God

is. Vgl. Lukas 16:21 e.v.

6.8 Die tweede opstanding is wanneer ons liggame met die wederkoms weer opgewek

word en met ons liggame verenig word.

6.9 Die tweede dood is wanneer die mense wat hel toe gaan, nadat hulle liggame

opgewek en met hulle siele verenig is, met liggaam en siel in die ewige doderyk

gewerp word. Die uitverkorenes sterf nie die tweede dood nie, want hulle is dan

reeds deur Christus in sy koninkryk besorg. Vgl. Openbaring 14: die graanoes en die

wynoes.

7. Die noodsaaklikheid van straf

58

7.1 Sonde is ’n skending van God se heiligheid. Dit is ook ’n aanranding van God self.

Dis verder ook om God se wet te oortree. Daarom moet dit gestraf word.

7.2 Sonde is ook verraad teen God en bewerk skeiding tussen God en mens. Sodanige

verraad is strafbaar met die dood.

7.3 God alleen straf die sonde – Genesis 2:7; Eksodus 20:5-7; Openbaring 22:12. Die

mens kan die straf van God oor ons sondes in hierdie lewe nie altyd onderskei van

beproewing in gebeurtenisse soos siekte, armoede en lyde nie.

59

HOOFSTUK 9

Die Drie-enige God

1. Die wese van God

1.1 God is Gees. Hy bestaan onsienlik vir ons. Die Heilige Gees is van een en dieselfde

wese, majesteit en heerlikheid as die Vader en die Seun, waaragtig en ewig God.

1.2 Die Godheid van die Heilige Gees

Die Heilige Gees is nie net ’n krag nie, maar ’n Persoon. Vgl. Johannes 13:16;

Efesiërs 4:30; Openbaring 22:17

Die belydenisskrifte maak op grond van die Skrif ’n duidelike uitspraak, naamlik dat die

Heilige Gees ’n Persoon is.

In die wese van God het Hy ’n eie, selfstandige bestaans- en handelingswyse.

Hy het eienskappe wat slegs by ’n persoon pas.

Hy verrig werke wat slegs deur ’n persoonlike wese gedoen kan word.

Christus verwys na Hom as ’n ander Voorspraak – Johannes14:15.

Hy is in alle opsigte Iemand wat teenoor die mens staan en wat deur die mens as

“U” aangespreek kan word.

Hy is ’n Persoon, maar in orde die derde Persoon in die Drie-eenheid.

Vgl. Handelinge 5:3,4; Markus 3:28,29; Matteus 28:19; 2 Korintiërs 13:13; NGB, art. 11;

HK, Sondag 20.

Die begrip orde dui hier nie op ’n waardeoordeel of volgorde van belangrikheid nie;

Hy is nie minder God omdat Hy die derde Persoon is nie.

Geeneen van die drie Persone in die Drie-eenheid is ondergeskik aan die ander nie

– elkeen kom egter in sy verhouding tot die ander tot sy volle reg.

Die Skrif sê dat die Heilige Gees uitgaan van die Vader en die Seun, nie omgekeerd

nie. Vergelyk Johannes 15:26; 1 Korintiërs 2:12; Filippense 1:19. Sy werk gaan nie die

werk van die Vader en die Seun vooraf nie maar volg daarop, voer dit verder.

Vgl. Johannes 16:14, 15a.

Die groot werk van die Heilige Gees in verband met ons verlossing en ewige redding is

om die genadeweldade wat Christus vir ons verwerf het, naamlik sy betaling vir ons

sondeskuld, die verlossing van die verderf, die verwerwing van die ewige lewe, ens, tot

ons eiendom te maak. Die ganse lyde en sterwe van Christus sou vir ons niks beteken

het as die Heilige Gees ons nie daarin laat deel het nie.

Kom ons let op ’n paar van die werksaamhede van die Heilige Gees met betrekking tot

die erediens wat julle pas bygewoon het:

Dit is die Heilige Gees wat:

die verkondigde Woord Gods Woord maak en, in die kleed van die Woord, Jesus

Christus aan die gemeente laat verskyn;

die gemeente saamgeroep het om na Gods Woord te luister;

die boodskap van die Woord verligtend in die harte van die gemeente onthul of tot

openbaring laat kom;

geloof skenk aan hulle wat deur die Vader tot die ewige lewe uitverkies is; en

al die waarhede in die prediking ontsluit en oopsluit, ens.

60

Watter ander werkinge van die Heilige Gees met betrekking tot ’n mens se persoonlike

lewe as gelowige kan julle self uit die Skrif versamel? Bring volgende keer die

teksverwysings saam.

1.3 Hy is alomteenwoordig al is Hy onsienlik.

1.4 Geen mens se verstand kan die grootheid van God begryp nie, want die grootheid

van God oorskry die begrip van selfs die slimste mens. Daar staan in 1 Konings 8:27

dat die hemel der hemele God nie kan bevat nie. Dus is die hele skepping nie eers

groot genoeg om die Wese van God te huisves nie.

2. Die Name van God

Omdat God te groot is vir enige mens se verstand om te begryp, openbaar Hy Hom

aan ons in verskillende Name. Elkeen van hierdie Name beskryf iets van sy Wese,

sodat die somtotaal van al die Name ons ’n idee kan gee van wie die Here is.

Daar is veral drie Godsname wat in verskillende vorms en verbindings voorkom: ’el,

’elohim en Jahwê/JHWH.

2.1 HERE (In die 1983-vertaling verskyn hierdie Naam as Here)

Die Hebreeuse Godsnaam JHWH (JAHWê) word vertaal met HERE. Hierdie Naam

beskryf JHWH in sy bestaan, want die woord beteken: om te bestaan in ewigheid.

Met hierdie Naam dui die HERE Homself aan as die Verbondsgod – God wat ’n

verbond sluit met sy uitverkorenes en dan tot in ewigheid by hierdie verbond bly.

Eksodus 3:14: “En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die

kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.” (AFR1953)

Streng gesproke is hierdie sekerlik die belangrikste Naam van God. Dink

byvoorbeeld aan wat die Here vir Moses gesê het:

Eksodus 3:15: “Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel

meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van

Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is

my gedenknaam van geslag tot geslag.” (AFR1953)

Hierdie Naam van God bring Hom in ’n naby en persoonlike verhouding met

mense. Hy het hierdie naam gebruik wanneer Hy met die aartsvaders gepraat

het.

Vergelyk hierby ook nog die volgende Bybelgedeeltes:

Genesis 12:8: “En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el

en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste – en Ai aan die oostekant, en daar

vir die HERE ’N altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.” (AFR1953)

Genesis 13:4: “... na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram

het daar die Naam van die HERE aangeroep.” (AFR1953)

Genesis 26:25: “Toe bou hy daar ’n altaar, en hy het die Naam van die HERE

aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar ’n put

gegrawe.” (AFR1953)

Die Ou Jode het soveel respek vir hierdie Naam gehad dat hulle geglo het dat

iemand wat hierdie Naam verkeerd gebruik – kragtens die derde gebod – deur God

met die ewige dood gestraf sou word. Daarom het hulle die leestekens van Adonai

daarby geskryf – met die bedoeling natuurlik dat Adonai gelees word in plaas van

Jahwê. Adonai beteken my Heer.

Uit misverstand het sekere mense dit gelees as Jehova. Hierdie vorm van die

Godsnaam pas natuurlik goed in die klanke van die swart tale in, en daarom word dit

61

in Bybelvertalings inderdaad so gebruik.

2.2 God: ’El

Hierdie Godsnaam kom 3 549 keer in die Bybel voor. Die naam benoem God as

Skepper en Bestierder van die hemel en die aarde.

Genesis 1:1-20: “In die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde

was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het

gesweef op die waters. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. Toe

sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die

duisternis; en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En

dit was aand en dit was môre, die eerste dag. En God het gesê: Laat daar ’n

uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en

waters. God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is,

geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so. En God het die

uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag. En God

het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë

grond sigbaar word. En dit was so. En God het die droë grond aarde genoem, en die

versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was. En

God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome

wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was

so. Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle

soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien

God dat dit goed was. En dit was aand en dit was môre, die derde dag. En God het

gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak

tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir

dae sowel as jare. Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om

lig te gee op die aarde. En dit was so. God het toe die twee groot ligte gemaak: die

groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die

sterre. En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die

aarde en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die

lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was. En dit was aand en dit was

môre, die vierde dag. En God het gesê: Laat die waters wemel met ’n gewemel van

lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die

hemel.” (AFR1953)

2.3 Here: ’Elohim

Hierdie naam is die meervoudsvorm van die Naam ’El. Dit veronderstel ongetwyfeld

die Drie-eenheid van God. Die meervoudsvorm is verder om die Godheid van God te

beklemtoon in teenstelling met die aard van die mens, byvoorbeeld.

Vergelyk hiervoor Numeri 23:19: “God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ’n

mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek

en dit nie waar maak nie?” (AFR1953)

Die Naam God/’Elohim kom ook baie keer direk langs die Naam JHWH voor:

Jahwê ’Elohim

Hierdie name word ook gebruik om God as Skepper en Bestierder van hemel en

aarde te benoem.

Genesis 2:4-9: “Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape

is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog

geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog

uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar

was geen mens om die grond te bewerk nie. Maar ’n mis het opgetrek uit die aarde

en die hele aardbodem bevogtig. En die HERE God het die mens geformeer uit die

62

2.4 ’ Eloah

stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die

mens ’n lewende siel geword. Ook het die HERE God ’n tuin geplant in Eden, in die

Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee. En die HERE God

het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van

te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die

kennis van goed en kwaad.” (AFR1953)

Genesis 2:15-19: “Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van

Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak. En die HERE God het aan die mens

bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die

boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag

as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe. Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed

dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas. En die HERE

God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die

hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos

die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.”

(AFR1953)

Hierdie naam is ook ’n enkelvoudsvorm van die meervoudsnaam ’Elohim. Dit

beteken dieselfde as die Naam ’El. Hierdie naam word meestal in gedigte of

Bybelgedeeltes wat in digvorm geskryf is, gevind. ’n Goeie voorbeeld is die boek Job.

Vergelyk hiervoor Deuteronomium 32:15, 17: “Toe het Jesúrun vet geword en agterop

geskop – jy het vet geword, dik geword, spekvet geword – en hy het God verwerp wat

hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag.” (AFR1953)

Deuteronomium 32:17: “Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat

aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle

vaders nie gehuiwer het nie.” (AFR1953)

2.5 Here/Adonai

Dit beteken Eienaar of Besitter en dui op God se majesteit. Die meervoudsvorm van

die Naam is ’n grammatiese konstruksie wat God se majesteit aanwys en daarom

moet ons die meervoud nie met die enkelvoud vervang nie. In Afrikaans is dit dus

Here en nie Heer nie.

2.6 Here Almagtige/’El Shaddai

Dit spreek van God se allesvermoënde krag. Hierdeur het God Hom as die almagtige

God geopenbaar wat sy almag in diens van die verdond van genade stel.

Eksodus 6:3 (6:2): “En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God,

die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak

nie.” (AFR1953)

2.7 HERE van die Leërskare

Hierdie is ’n uitgebreide naam wat die wydheid van God se regering aantoon. Die

Naam kom baie (251 keer) in die Ou Testament voor.

1 Samuel 1:3: “En dié man het van jaar tot jaar opgegaan uit sy stad om te aanbid en

aan die HERE van die leërskare te offer in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en

Pínehas, priesters van die HERE was.” (AFR1953)

1 Samuel 1:11: “en sy het ’n gelofte gedoen en gesê: HERE van die leërskare, as U

waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie

vergeet nie, maar u diensmaagd ’n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE

gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.” (AFR1953)

63

2.8 Vader

2.9 Jesus

1 Samuel 4:4: “Daarop het die manskappe na Silo gestuur, en hulle het die

verbondsark van die HERE van die leërskare wat op die gérubs troon, daarvandaan

gaan haal; en die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, was daar by die

verbondsark van God.” (AFR1953)

2 Samuel 7:8: “So moet jy dan nou aan my kneg, aan Dawid, sê: So spreek die HERE

van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld agter die skape weg, om ’n

vors te wees oor my volk, oor Israel;” (AFR1953)

1 Konings 18:15: “Maar Elía sê: So waar as die HERE van die leërskare leef, voor wie

se aangesig ek staan, ek sal my verseker vandag aan hom vertoon!” (AFR1953)

Die Naam benoem God as die Onderhouer en Versorger van die hele skepping.

Verder is Hy ook werklik die Vader van Jesus Christus en deur Jesus Christus ook

werklik ons Vader: Jesus Christus sterf juis sodat ons God se kinders kan word en

Hy ons Vader.

Jesus beteken JHWH verlos. Dus: God, ons Verlosser. Jesus is die tweede Persoon

van die Godheid. Let daarop dat ons Apostoliese Geloofsbelydenis Jesus ook bely

as God wat met die wederkoms kom om te oordeel oor die lewende en die dode.

2.10 Christus/Messias

Christus is ’n Griekse woord en Messias ’n Hebreeuse woord, wat albei beteken:

Gesalfde. Die Naam sien op die ampsalwing van Jesus as ons Middelaar. Jesus is

by sy doop gesalf met die Heilige Gees wat soos ’n duif op Hom neergedaal het. Die

ampsdraers in die Ou Testament is met olie gesalf. Die olie was die simbool van die

Heilige Gees – daarom is Jesus nie met ’n simbool gesalf nie, maar met die

werklikheid – die Heilige Gees self.

Johannes 1:41 (1:42): “Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons

het die Messías gevind – dit is, as dit vertaal word, die Christus.” (AFR1953)

Johannes 4:25: “Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus

genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.” (AFR1953)

2.11 Heilige Gees

God, wat ons troos en ons laat glo. God, die Heilige Gees lei ons om die kwaad te

ken en te oorwin. Hy leer ons wat om te bid.

2.12 Kurios

Hierdie naam word in die Griekse Nuwe Testament gebruik vir die Here. Dit dui die

ewigdurende koningskap van God aan. Dit toon Hom ook aan as Oorwinnaar wat sy

vyande verslaan het.

Handelinge 9:5: “En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy

vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.” (AFR1953)

Handelinge 9:13: “Maar Ananías antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande

hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het;”

(AFR1953)

Openbaring 19:16: “En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is:

Die Koning van die konings en die Here van die here.” (AFR1953)

Openbaring 22:20-21: “Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here

Jesus! Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.”

64

(AFR1953)

2.13 Here Ewige God: ’El Olam

Hierdie Godsnaam kom voor in Genesis 21:33: “En hy het ’n tamarisk in Berséba

geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep.” (AFR1953)

2.14 Die God van Israel is God: ’El Elohê Israel

Hierdie Naam vir God kom voor in Genesis 33:20: “Daar het hy ook ’n altaar opgerig

en dit genoem: Die God van Israel is God.” (AFR1953)

2.15 HERE God van Israel: Jahwê Elohê Jisrael

Hierdie Godsnaam kom voor in Debora se lied in Rigters 5:3: “Hoor, o konings!

Luister, o vorste! Ek, tot eer van die HERE wil ek sing, tot eer van die HERE, die God

van Israel, wil ek psalmsing.” (AFR1953)

Jesaja 17:6: “Maar ’n na-oes sal daarin oorbly soos by die afslaan van die olywe:

twee, drie vruggies bo in die top; vier, vyf in die takke van die vrugteboom, spreek die

HERE, die God van Israel.” (AFR1953)

Sefanja 2:9: “Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE van die leërskare, die

God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos

Gomorra – ’n veld van brandnekels en soutpanne en ’n verwoesting vir ewig; die

oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe.”

(AFR1953)

2.16 Die Heilige van Israel: Qedos Jisrael

Psalms 89:18: “Want aan die HERE behoort ons skild, en ons koning aan die Heilige

van Israel.” (AFR1953)

Jesaja 17:7: “In dié dag sal die mens kyk na sy Maker, en sy oë sal sien op die

Heilige van Israel;” (AFR1953)

2.17 Die Oue van Dae: Attiq Yomin

Daniël 7:9: “Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ’n Oue van dae gaan sit het; sy

kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was

vuurvlamme, die wiele daarvan ’n brandende vuur;” (AFR1953)

Daniël 7:13: “Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het

Een gekom soos die Seun van ’n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en

hulle het Hom nader gebring voor Hom.” (AFR1953)

Daniël 7:22: “totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste

reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit

geneem het.” (AFR1953)

2.18 Die Here voorsien: Jahwê Jireh

In Genesis 22 voorsien die Engel van die Here (Jesus Christus!) ’n ram wat in Isak

se plek geoffer moet word. Dan noem Abraham die plek: Die Here voorsien.

3. Wat ons van God glo

3.1 Die bestaan van God kan nie wetenskaplik bewys word nie. Ons glo in God en in sy

bestaan.

3.2 God gaan bo die sonde uit. God is nie soos ons gebind deur die sonde of die mag

daarvan nie. God gebruik die sonde in diens van sy eer.

3.3 God is goed, ewig, onveranderlik, oneindig, onafhanklik – Handelinge 17:24,25;

onsienlik wys – 1 Korintiërs 1:23-25.

65

3.4 God is een Wese, maar bestaan in drie Persone

God die Vader – ons Skepper deur sy almag en krag

God die Seun – ons Verlosser deur sy bloed

God die Heilige Gees – ons Heiligmaker deur sy inwoning in ons – NGB, art. 9

4. Die raad van God

4.1 Die raad van God is die besluit van God oor alles wat gebeur in die verlede, hede en

toekoms.

4.2 Die raad van God is die verhouding tussen God en sy skepping, want alles wat op

die aarde en in die hemel gebeur, gebeur soos wat God sy beplanning daaroor

gedoen het.

4.3 Die raad van God veronderstel die Drie-eenheid.

4.4 Die raad van God is:

vry – want God besluit soos Hy wil;

wys – want daar is geen foute of dwaashede in nie;

ewig – want dit bestaan van voor die skepping – ewigheid af – Efesiërs 1:4;

onveranderlik – God verander nooit sy raad nie.

God verkondig sy raad aan ons.

4.5 Die uitverkiesing is deel van God se raad. Ons is uitverkore van voor die

grondlegging van die wêreld af – Efesiërs 1:4; Matteus 13:11; Romeine 9:16 e.v.

4.6 Die inhoud van God se raad:

Skepping

Sondeval – verwerwing van die dood

Verlossing – verwerwing van die ewige lewe en koms van sy koninkryk

4.7 Die einddoel van God se raad is die neerwerping van die bose en die oprigting van

sy ewige koninkryk. Anders gestel: die verlossing van die uitverkorenes en die

uitwerping van die goddeloses in die ewige hel.

5. Verhouding tussen die mens en God

5.1 Die mens moet hom voor God verootmoedig. Dit beteken dat hy voor God bely dat

hy ’n groot en onwaardige sondaar is, maar dat hy tog pleit op die belofte van die

Evangelie.

5.2 Ek/jy mag op die beloftes van die Evangelie pleit omdat God ons Vader is en omdat

Hy God van die genadeverbond is.

5.3 Vraag 26 van die Heidelbergse Kategismus leer dat die ewige Vader van die Here

Jesus, om sy Seun se ontwil, ook my God en Vader is.

5.4 Wat beteken “Skepper van hemel en aarde”? Dit beteken dat die Vader die hemel en

die aarde uit niks geskape het. Hy het ook alle skepsele geskape en Hy onderhou en

regeer alles deur sy ewige raad en voorsienigheid – Hebreërs 11:3; HK, vr. 26.

5.5 God doen die bogenoemde dinge, sodat die mens Hom as God kan aanbid –

NGB, art. 12.

66

HOOFSTUK 10

Die voorsienigheid van God

1. Inleiding

God het die heelal geskep, dit daarna en steeds onderhou, en Hy bestuur dit om sy

raadsplan met die skepping uit te voer.

God is nie deel van die skepping nie; dit is iets wat Hy voortgebring het. Hy is egter

ten nouste gemoeid met alles wat daarin gebeur.

Sy regeermag hou die skepping in stand en sorg dat dit bly funksioneer, ten

spyte van dom dinge wat mense doen, soos sonde, en die gebreke wat as gevolg

van die sondeval ook in die skepping plaasgevind het.

Die mens doen niks waarvan Hy nie weet nie. Wat Hy nie graag sou wou hê nie,

laat Hy dikwels toe, en straf dit, om daardeur vir mense ’n les te leer, byvoorbeeld

om by mense tuis te bring hoe verskriklik die sondeval se gevolge is.

Die mens dra persoonlik die verantwoordelikheid vir alles wat hy verkeerd

doen.

o Dat die Here dit toelaat, beteken nie dat Hy dit goedkeur nie.

o Op die lang duur herstel die Here weer die balans wat die sonde versteur.

Natuurrampe, ens. sou nie voor die sondeval plaasgevind het nie.

Hulle is deel van die gebroke wêreld se geskonde aard.

Nogtans hou die Here ook die gebroke skepping in stand.

Eendag sal ook dít volmaak herskep word – ook deel van sy Raadsplan.

2. Die leer van die voorsienigheid

2.1 Wat is die voorsienigheid? Sien HK, vr. 27, en slaan die teksverwysings na.

Dit is die almagtige en alomteenwoordige krag van God (a),

waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsels asof met sy hand nog onderhou

en so regeer (b),

dat lower en gras, reën en droogte (c),

vrugbare en onvrugbare jare, voedsel en drank, gesondheid en siekte (d),

rykdom en armoede (e)

en alles ons nie per toeval nie maar uit sy Vaderhand toekom (f).

2.2 Let daarop dat daar nie iets soos toeval of toevalligheid bestaan nie. God beskik letterlik

oor ALLES, selfs die hare van ons hoof, of die dood van mossies.

2.3 Wat is die nut daarvan om dit alles te weet? Sien HK, vr. 28, en slaan die

teksverwysings na.

Dat ons in alle teëspoed geduldig (a) en in voorspoed dankbaar (b) kan wees.

Verder dat ons ook vir die toekoms ’n vaste vertroue in ons getroue God en Vader

(c) kan stel;

dat geen skepsel ons van sy liefde sal skei nie (d)

aangesien alle skepsels só in sy hand is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of

beweeg nie (e).

67

Ons is dus altyd binne die raad en versorging van God.

2.4 Die leer van die voorsienigheid leer dat God vooruitsien maar ook voorsien.

2.5 Dit beteken ook dat God voor die skepping reeds alles beplan het wat in die

geskiedenis gebeur.

2.6 Die voorsienigheid is die regering van God oor alle dinge deur alle tye.

3. In die voorsienigheid onderskei ons drie maniere waarop God regeer.

3.1 Die regering van God oor die hele skepping. Dit is die regering van God oor die

plante en diere in die natuur.

3.2 Die besondere regering van God oor die mens. Onthou, ongelowiges is ook

beelddraers van God, al word die beeld geskend deur ongeloof.

3.3 Die heel besondere regering van God oor die uitverkorenes. God sorg vir alle

mense, maar Hy sorg dat die uitverkorenes aan die einde van die tyd in sy koninkryk

ingaan.

4. Die volgende woorde het ’n verwantskap met die voorsienigheid:

kyk/sien – Psalm 33:13

bewaar – Numeri 6:24

regeer – Psalm 93:1

5. Betekenis van die voorsienigheid

Die voorsienigheid is ’n troos vir die gelowige omdat dit hom leer dat God hom

bewaar. Vergelyk hier, byvoorbeeld, die geskiedenis van Daniël in die leeukuil en sy

vriende in die vuuroond.

Die teendeel is ook waar – dit laat die ongelowige vrees omdat dit hom leer dat God

hom gaan oordeel oor sy ongeloof.

6. Die skepping en onderhouding van alle dinge

Lees vooraf:

Genesis 1

Johannes 1, veral vers 1-3

NGB, art. 7,9 en veral 12, 13

HK, Sondag 10

Enkele verdere teksverwysings oor die voorsienigheid:

Psalm 36:7b; Nehemia 9:6; Kolossense 1:17; Filippense 2:13; Psalm 103:19;

1 Timotius 6:15-16; Jesaja 41:8-10; Psalm 121:4; Psalm 139:19; Psalm 37:28;

1 Petrus 5:7; Daniel 4:3; Deuteronomium 8:18-20.

6.1 Die inhoud van die NGB wat hier van belang is:

Artikel 9 – kerngedagtes:

o God se skeppingshandeling in verband met die verskyning van die mens word

meegedeel in Genesis 1:26, 27.

o God het die mens na sy beeld en sy gelykenis geskape – sien ook

1 Korintiërs 11:7, dit wil sê die mens beskik oor sommige eienskappe wat ’n

afskaduwing is – eienskappe wat by God in volkome mate bestaan.

68

Artikel 12 – kerngedagtes:

o Die Drie-enige God – die Vader, Seun en Heilige Gees – se besondere

werksaamhede dek alle aspekte van ons bestaan, die bestaan van die wêreld

en, veral, ons begeleiding op die weg van saligheid.

o Die Vader is die Skepper, deur sy krag.

o Die Seun is ons Saligmaker en Verlosser deur sy bloed.

o Die Heilige Gees is ons Heiligmaker deur sy inwoning in ons harte.

o Let daarop dat die optrede van die drie Persone nie van mekaar losgemaak kan

word nie. Byvoorbeeld, God is die Skepper, maar die skepping het deur Christus

tot stand gekom – Johannes 1:3, 10, en die Heilige Gees was ten nouste

betrokke by die skeppingsproses – Genesis 1:2.

o God het die heelal deur sy Woord, dit wil sê deur Christus, tot stand gebring. Die

Bybel noem net die feit daarvan; dit verduidelik nie die proses waardeur dit

geskied het nie.

o Die wetenskap ondersoek die skepping as ’n gegewe werklikheid, maak

interessante en belangrike ontdekkinge, en kan daardeur selfs die redelikheid

van die geloof versterk en bevestig.

o Dit kan egter nie die oorsprong van die skepping bewys nie. Dit kan ook nie

geloof uit sy bevindinge tot stand laat kom nie – geloof het ’n ander oorsprong

wat buite die mens lê. Kyk in dié verband na Hebreërs 11:3. Die geloof gaan die

ware kennis vooraf; dit spruit nie voort uit menslike kennis nie.

o God het die mens aangestel om oor die aarde te heers – o.a. Genesis 1:28,

Psalm 8:6, dit wil sê die mens is ook in daardie sin nie slegs beelddraer van God

nie maar ook sy verteenwoordiger op aarde, wat die skepping moet help in

stand hou vir sover sy vermoëns toelaat.

o God se betrokkenheid by en onderhouding van die skepping spreek baie

duidelik uit verskeie Skrifgedeeltes. Sien veral Psalm 33:6, 9, Psalm 104,

Kolossense 1:16 e.v., 1 Korintiërs 8:6, en Hebreërs 1:2 e.v. naas die gedeeltes

uit Genesis 1 en Johannes 1 wat reeds genoem is.

o Dit word in meer besonderhede bespreek in NGB, art.13.

o God se onderhouding van die skepping geld ook vir die mens wat na sy beeld

geskep is maar in sonde verval het. Deur die sondeval is die beeld van God in

die mens geskend en kom die neiging tot die kwade voortdurend in die mens na

vore. God se werksaamhede om hierdie beeld te herstel vul feitlik die hele Skrif.

Benewens sy bemoeienis deur die profete en ander leiers wat ook geestelike

leiers moes wees, het Hy uiteindelik die Seun gestuur om as Verlosser en

Saligmaker die verhouding tussen God en die mens te herstel.

o Die doel van die skepping word duidelik in NGB, art. 12 gestel: elke skepsel, van

watter aard ook al, het ’n eie wese, gestalte, voorkoms en taak/funksie op die

aarde om die Skepper te dien. Om God te dien, is om te doen wat God wil. Wat

beteken godsdiens letterlik? Dit is ’n baie konkrete begrip wat gewortel is in die

werklikheid van ons bestaan, nie net ’n idee nie.

69

Heidelbergse Kategismus (HK), Sondag 10 – kerngedagtes:

o God onderhou alle dinge.

o Omdat God alle dinge onderhou, kan ons met vertroue en volharding teëspoed

oorleef en God dank vir al die goeie dinge wat ons uit sy hand ontvang.

o Niks kan die gelowige van God skei nie.

70

HOOFSTUK 11

Die leer van Christus

1. Die persoon van die Middelaar

1.1 Ons Middelaar is Jesus Christus – Johannes 1:14.

1.2 Hy word die Seun van die mens en Seun van God genoem – Daniel 7:13.

1.3 Hy word God se eniggebore Seun genoem, omdat Hy die ewige natuurlike Seun van

God is: Hy is as ’n natuurlike mens gebore.

1.4 Jesus word deur die werk van die Heilige Gees ’n mens. Ons weet nie hoe nie. Dis ’n

Goddelike misterie.

1.5 Jesus is waaragtig God en waaragtig mens. Hy is God uit God. Hy het twee nature:

’n Goddelike natuur en ’n menslike natuur. Jesus se Goddelike natuur kry Hy van

God die Vader deur die werking van die Heilige Gees.

1.6 Die menslike natuur van Christus kry Hy deur die ontvangenis en geboorte uit Maria.

Maria het nie moeder geword langs die weg van huweliksomgang nie. Deur Maria

het Jesus presies dieselfde natuur as ons.

1.7 Jesus en die Vader is van die begin af Een – Johannes 1. Jesus was dus van die

begin af daarvan bewus dat Hy God is – Lukas 2:49. Hy het nie eers later,

byvoorbeeld by sy doop, daarvan bewus geword nie. By sy doop ontvang Hy slegs

die seël van sy roeping.

1.8 Elke keer wanneer Jesus die term Seun van die mens gebruik, praat Hy van sy lyde.

1.9 Die term Seun van God word elke keer gebruik om Jesus se oorwinning oor die dood

en die duiwel aan te dui. Dit teken Jesus in sy Goddelikheid. Dit is ook wat dit

beteken as Petrus teenoor Jesus bely: “U is die Seun van die lewende God” –

Matteus 16:18.

1.10 Die vleeswording van Jesus is ’n daad van goedheid, nie van vernedering nie. Die

Here sê self in Genesis dat Hy die mens goed geskape het. Die vernedering bestaan

wel daarin dat Jesus tussen sondaars en die gevolge van hulle sondes lewe.

1.11 Die Middelaar moes aan die volgende vereistes voldoen om waarlik Verlosser te kon

wees:

Hy moes waaragtig mens wees, want dis mense wat sondig – HK, vr. 14a.

Hy moes ’n regverdige mens wees, sodat Hy nie nodig gehad het om vir sy eie

sondes straf te ondergaan nie – HK, vr. 13, 14, 16b.

Hy moes God en mens wees in een persoon, anders sou Hy nie God se straf oor

die mense se sondes kon dra nie – HK, vr. 15.

2. Die werk van die Middelaar

2.1 Jesus Christus kom om Homself vir ons te offer. Die Ou Testament het dit al voorspel

deur die offers van diere wat gebring is as tekens van versoening van die sondes van

die een wat offer.

Hierdie offers was almal onvoldoende, omdat hulle slegs afskaduwinge was van

Jesus se offer. Daarom moes die offers van die Ou Testament oor en oor herhaal

word.

Wanneer Jesus Christus geoffer word, word daar nooit weer deur die Nuwe-

Testamentiese kerk geoffer nie, omdat Jesus se offer die werklike en volmaakte offer

was.

71

2.2 Jesus Christus was ook geroepe om die Naam van God aan al die Israeliete te

openbaar – Johannes 17:4, 6, 26.

2.3 Hy het gekom om sy lewe vir ons af te lê – Johannes 10.

2.4 Jesus word ook ’n vloek ter wille van ons – Galasiërs 3:13.

2.5 Die Naam van die Verlosser is Jesus. Dit beteken JHWH verlos. Dit is waarom van

Hom gepraat word as Saligmaker. Jesus is die Griekse Naam vir die volgende

Hebreeuse name: Josea, Josia, Josua Jehosua, Hosia en Hosea.

2.6 Jesus ondergaan al die lyding ter wille van ons – Hy was sondeloos en hoef dus

geen straf te ondergaan nie.

2.7 Jesus betaal ten volle vir ons – met sy liggaam, sy bloed en sy lewe.

2.8 Ons kan die werk van Jesus saamvat met dié woorde: versoening en voldoening.

2.9 Die ampsname van die Middelaar is Jesus Christus – Matteus 1:21.

Jesus – dui op die inhoud van sy ampswerk – JHWH verlos.

Christus – dui op die wettigheid van sy ampswerk – Johannes 1:42.

3. Die ampte van die Middelaar

Die Middelaar is met die Heilige Gees gesalf tot ons hoogste Profeet en Leraar –

Deuteronomium 18:15, ons enigste Hoëpriester – Psalm 110:4, en ons ewige Koning

– Psalm 2:6.

3.1 Profeet

Hy onderwys die uitverkorenes deur sy Gees. Hy het aan ons die verborge raad en

wil van God oor ons verlossing volkome geopenbaar – HK, vr. 31.

3.2.1 Hoëpriester

Hy het ons met die enige offerande van sy liggaam verlos. Hy tree nog steeds vir ons

by die Vader in met sy voorbidding. Hy bly in die heiligdom van God en bid daar vir

dié wat Hy uitverkies het. As Priester het Hy geoffer en is Hy ook self geoffer.

3.2.2 Koning

Aan Hom is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. Christus se Koningskap

geld ook oor die duiwel en sy engele, want selfs hulle moet Hom gehoorsaam. Jesus

se Koningskap duur vir ewig. Hy regeer ons met sy Woord en Gees. Hy bewaar ons

deur hierdie verlossing wat Hy vir ons verwerf het – HK, vr. 31.

Bogenoemde drie ampte was in Jesus Christus nie drie aparte ampte soos ons dit

vandag in die kerk ken nie. Jesus het hierdie ampte as een drievoudige amp beklee.

4. Die kerk en die Middelaar

4.1 Die kerklidmate – ons – word Christene genoem omdat ons aan Christus behoort –

Handelinge 11:26.

4.2 Ons ampstaak is nou dat ons die Naam van Christus moet bely. Dit is ons profetiese

amp.

As priester moet ons onsself as ’n lewende dankoffer aan Hom toewy.

As koning moet ons teen die sonde stry en daaroor heers, sodat ons ’n goeie en

skoon gewete oor die saak kan hê. Ons sal na hierdie lewe in die ewigheid saam met

Jesus regeer.

72

4.3 Die RKK sondig ten opsigte van. die Naam van Christus omdat hulle hulle saligheid

slegs gedeeltelik in Christus soek. Die res soek hulle by die heiliges. Die heiliges is

dan mense wat deur die kerk as heiliges verklaar is! Verder soek hulle dit by hulleself

deur goeie werke en selfs ook by die beelde wat hulle dra en vereer.

73

HOOFSTUK 12

Versoening

1. Die versoening deur die Middelaar

Daar word twee stadiums in Christus se werk onderskei:

Sy magstryd

Dit is sy stryd teen die dood en sy oorwinning as Hy as Vors van die lewe

opstaan.

Sy regstryd

Dit is waar Hy, as Kneg van die Here, deur die reg verneder is. Dit het gebeur toe

Hy gely het onder Pontius Pilatus en onskuldig gekruisig is, gesterf het en

begrawe is. Jesus het in sy regstryd ons onreg met God versoen.

1.1 Jesus het sy hele lewe lank gely, maar veral die laaste gedeelte toe Hy geslaan en

gekruisig is.

1.2 Jesus het hierdie lyde met sy liggaam en sy siel gely. Sy hele menslike natuur was

daarby betrek.

1.3 Omdat Christus die toorn van God teen die hele menslike geslag aan sy liggaam en

siel gedra het, het sy lyde die karakter van straflyde gehad – Jesaja 53:5; HK, vr. 37.

1.4 Christus het nie vir alle mense gesterf nie. Hy het net vir die uitverkorenes gesterf.

Hy het slegs vir die wat Hy verlos het, gely. Hy dra egter die toorn van God teen die

hele menslike geslag. Daarom sal die ongelowiges dubbeld boet vir hulle sondes en

vir hulle onwilligheid om Christus in sy lyding te aanvaar.

1.5 Was die offer van Christus dan nie genoegsaam vir alle mense nie? Ja, ongetwyfeld

is sy lyding genoegsaam – Dordtse Leerreëls (DL) II, par.3. Maar Christus het alleen

sy kerk met sy bloed gekoop. Sy offer is dus slegs bestem vir, en kom ook slegs ten

goede aan die gelowiges – Romeine 8:33, 34; Johannes 10:15; 15:12, 13;

Handelinge 20:28; DL II, par. 3-8.

1.6 Die leer van die algemene versoening moet verwerp word, want dit is dwaalleer. Die

leer van die algemene versoening leer dat Christus vir alle mense gesterf het en dat

die beslissing by jou berus of jy sy offer wil aanvaar of nie. Die beslissing berus dus,

volgens hierdie dwaalleer, in die geloof van die mens. Die mense wat hierdie

dwaalleer verkondig, is die Remonstrante en die metodistiese sektes, soos die

Heilsleër, Maranatha-kringe en andere.

1.7 Die leer dat Jesus slegs vir die uitverkorenes gesterf het, veronderstel nie dat die

evangelie net aan die uitverkorenes alleen verkondig moet word nie. God wil hê dat

sy beloftes aan alle mense, volke en tale verkondig moet word. Daar moet nie

onderskeid gemaak word nie. Almal moet die bevel tot bekering hoor – DL II, par. 5.

2. Die regstryd van Jesus Christus

2.1 Waarom staan daar in die belydenis die spesifieke verwysing dat Jesus gely het

onder Pontius Pilatus? Enersyds is dit om die tydstip van die lyde aan te dui: dit was

tydens die tyd van Pontius Pilatus. Andersyds is dit ook ’n aanduiding van die

karakter van die lyde: die regter – Pontius Pilatus – moet sy amp uitoefen

volgens God se reg en deur God se genade – Psalm 82:1. Daar het Pontius Pilatus

verklaar dat Jesus gekruisig moet word – HK, vr. 38.

74

2.2 Dit beteken glad nie dat Jesus werklik skuldig was nie. Pilatus erken ook dat Jesus

onskuldig is as hy sy hande voor almal was en die uitspraak maak dat Hy Jesus

onskuldig vind aan al die dinge waarvan hulle Hom beskuldig – Lukas 23:14.

2.3 Jesus het eintlik in ons plek voor Pilatus gestaan – as ons Borg. Ons is skuldig en

daarom is Hy in ons plek tot die kruisdood veroordeel om ons van die oordeel van

God te bevry.

2.4 Jesus het ’n kruisdood gesterf omdat hierdie soort dood God se vervloeking

aangetoon het.

2.5 Die dood wat die gelowiges op die aarde sterf, is geen betaling of straf nie. Dit is

bloot die afsterwing van die sonde en die deurgang tot die ewige lewe. Vir ons het

die dood juis hierdie karakter aangeneem kragtens die dood van Jesus Christus.

2.6 Jesus het werklik gesterf. Hy was nie in ’n skyndood nie. Die water wat uit sy sy

uitgeloop het toe die soldaat die spies in sy sy gesteek het, en veral sy begrafnis, is

die konstatering daarvan dat Hy waarlik dood was.

2.7 Jesus was nooit in die hel nie. Die woorde, wat neergedaal het na die hel, dui aan

dat Jesus gely het in onuitspreeklike benoudheid. Hy het werklik verskriklike smarte

deurgemaak en die verskrikking van die hel en kwellinge van die dood belewe –

HK, vr. 44.

3. Die magstryd van Jesus Christus

3.1 Jesus is Regeerder oor alle koninkryke. Om dit te probeer verhoed het die duiwel

reeds na Jesus se doop vir Hom al die koninkryke van die wêreld aangebied. Dit was

al deel van Jesus se magstryd teen die satan.

3.2 Ons bely van Jesus se magstryd dat Hy op die derde dag opgestaan het uit die dood,

opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God die Vader.

Daarvandaan sal Hy kom om almal, die lewendes en die dooies, te oordeel. Die

inhoud van sy oordeel is lewe (hemel) en dood (hel).

3.3 Met Jesus se opstanding is sy liggaam en siel herenig en het Hy as die Vors van die

lewe uit die graf opgestaan.

3.4 Daar is egter ’n verskil tussen die opstanding van Jesus en die opstanding van

andere, byvoorbeeld Lasarus, wat uit die dood opgewek is. Met Jesus se opstanding

het Hy met sy eie krag die dood oorwin en Hy lewe tot in ewigheid. Hy het alle mag

oor die lewe en die dood. Al die ander is deur die krag van Jesus opgewek, want

hulle kon nie in hulle eie kragte opstaan nie.

3.5 Ons geloof in die opstanding van Jesus Christus berus op die getuienis van die

apostels – 1 Korintiërs 15:1-20.

3.6 Die opstanding van Christus het ’n bepaalde nut vir ons, naamlik:

Ons het deel aan die geregtigheid van Christus.

Ons het die reg op die ewige lewe en daarom sal ons deur sy krag opgewek word

om ewig te lewe in die hiernamaals.

Ons mag van ons eie opstanding seker wees omdat die opstanding van Jesus

dien as waarborg vir ons eie opstanding.

3.7 Jesus Christus verwerf vir ons:

Vergewing van sondes

’n Genadereg op die ewige lewe

Die wedergeboorte

75

Die oorwinning oor die dood/hel

Volmaakte herskepping in die koninkryk van God

3.8 Jesus het ook gesterf vir die natuur wat deur die sonde van die mens vervloek is –

Kolossense 1:20.

3.9 Jesus Christus is nou as ’n verheerlikte mens in die woonplek van God. Hy is as ons

Verlosser nou nie meer na sy menslike natuur by ons nie maar, na sy Godheid,

Majesteit en Gees, bly Hy altyd by ons. Vgl. HK, vr. 47.

3.10 Dit is ’n baie groot troos om te weet dat Jesus weer kom, want daardie dag word ons

finaal van al die geweld en gebrokenheid van hierdie lewe verlos. Dan word al die

goddeloses in die hel gewerp en die uitverkorenes saam met Jesus in die hemel

versamel – HK, vr. 52.

3.11 Al hierdie dinge vind plaas op die oordeelsdag. Die datum van die oordeelsdag ken

niemand nie. Jesus sê dat die oordeelsdag kom soos ’n dief in die nag –

Matteus 25:13; Markus 13:23.

76

HOOFSTUK 13

Die heilsorde

1. Die heilsorde

1.1 Dit is die proses wat plaasvind in die lewe van die mens onder leiding van God,

waardeur die mens uiteindelik in die hemel kom, dit wil sê die koninkryk van God in die

hiernamaals ingaan.

1.2 Dit beteken letterlik die pad van heil – die weg waarlangs die gelowige sondaarmens tot

sy uiteindelike verheerliking gelei word.

1.3 Dit word bondig beskryf in Romeine 8:28-30.

Die hoofmomente:

Die wat God uitverkies,

Sien ook o.a. Efesiërs 1:4; 3:11; 2 Timotius 1:9.

roep Hy,

Sien ook o.a. Matteus 28:19; 22:14; Johannes 5:39-40; Handelinge 13:46;

Romeine 10:14-17, 11:29; 1 Korintiërs 1:9,23-24; 2 Tessalonisense 1:8; 1 Johannes

5:10; Spreuke 1:24.

L.W. Nie almal wat geroep is, gee gehoor nie. Waarom nie? Die roepstem gaan nie

slegs uit na uitverkorenes nie maar na almal. Slegs die gehoorsames, die

uitverkorenes, kan onder die leiding van God se Heilige Gees die roep aanvaar. Die

ongehoorsames, wat as gevolg van hul eie sondigheid dit nie aanvaar nie, staan

veroordeel as gevolg van hulle eie moedswilligheid. God is nie die outeur van die

sonde nie; Hy is dus nie vir hulle sondigheid aanspreeklik nie.

dan glo hulle,

Sien ook o.a. Johannes 3:16,18,36; Handelinge 10:43; Kolossense 1:23;

1 Korintiërs 2:5; 1 Timotius 1:13-14, 6:11; Hebreërs 10:38, 11:1 e.v.

en bekeer hulle,

Dit gaan om hulle regverdigmaking, en word deur God self in werking gestel, wat in

hulle die wedergeboorte bewerkstellig.

Die wedergeboorte vind oombliklik plaas, en die mens self is miskien nie eers

heeltemal daarvan bewus nie, hoewel sy lewe vanaf daardie moment anders

ingestel is. Daar kan geen egte bekering sonder wedergeboorte vooraf wees nie,

maar dit is feitlik onmoontlik om die begin van die bekering daarvan te onderskei.

Sy bekering is sy reaksie op daardie ingryping van God en sy samewerking met die

werk van die Heilige Gees in sy hart wat sy lewe algaande in ’n nuwe rigting stuur.

Dit is ’n lewenslange proses.

Sien ook o.a. Johannes 3:3,7; 6:44; Filippense 2:13; 1 Petrus 1:23;

Handelinge 11:18; 2 Timotius 2:25; Titus 3:5.

en dan maak God hulle heilig.

Sien ook, onder andere, Johannes 15:4,5; Romeine 12:1,2; Kolossense 3:5-14;

Romeine 6:4-6; 1 Korintiërs 6:20; Kolossense 3:1,2; 1 Tessalonisense 5:23.

1.4 Langs hierdie weg verkry die gelowige van God die krag om teen die sonde te stry.

Volmaak word hy nie, maar telkens nadat hy gestruikel het – en ons struikel almal –

word hy deur die Heilige Gees weer opgerig en versterk. So leer ons volharding teen

die sonde, met die versekering dat ons sondes in Christus vergewe is.

77

1.5 Die mens wat hierdie weg nie volg nie, kan die hemelse koninkryk nie binnegaan nie.

1.6 Ware bekering sluit in die afsterwe van die “ou mens”, nl. die sondige lewe, en om dan

as ’n “nuwe mens”, iemand wat deur die krag van God gebreek het met die sonde, te

lewe. Sien, onder andere, Galasiërs 5:16-25.

1.7 Geen mens kan ooit die sonde volkome in hierdie lewe afsterwe nie. Al struikel die

gelowige, volhard hy nie in die sonde nie. Deur die soenverdienste van Christus en

die krag van die Heilige Gees word hy nie aan die bose oorgegee nie. Sy lewe bly aan

God toegewy, en hy gaan voort met die versekering van sy verlossing in Christus.

1.8 Dit beteken dat hulle van God die krag kry om teen die sonde te kan stry, met ander

woorde volharding. Uiteindelik bereik die heiligmaking die hoogtepunt wanneer ons

deur God heilig gemaak word om op die Nuwe Aarde te woon in die hiernamaals.

1.9 Natuurlik kan geen mens self die sonde afsterf nie, maar dis waarvoor Christus

gesterf het, sodat ons in sy krag hierdie geweldige saak kan behartig.

2. Regverdiging

2.1 Ons moet gelowig ons lewe in Christus soek. Ons kan onsself nie regverdig maak

nie.

2.2 Wat beteken regverdig? Regverdig het eers beteken om sonder skuld te wees. Dit

was ’n handelsterm. Hierdie betekenis het toe in die godsdiens betekenis gekry,

naamlik om sonder skuld voor God te wees. Daarom beteken regverdiging: ons word

vry van skuld verklaar voor God.

2.3 NB: Jesus regverdig nie volmaaktes nie. Hy regverdig sondaars en goddeloses –

Romeine 4:5.

2.4 Ons word alleen deur ’n ware geloof in Jesus Christus regverdig voor God –

HK, vr. 60. NB: Daar is geen verdienste in ons geloof nie. Die geloof is bloot die

hand, die instrument, waarmee ons die geregtigheid van Jesus Christus vir onsself

toe-eien – NGB, art. 22.

2.5 Volgens Romeine 5:1 word ons nie deur die geloof self regverdig nie maar deur die

inhoud van die geloof, naamlik Jesus Christus. In sy guns reken God ons geloof tot

ons regverdigheid – Romeine 4:5.

2.6 Hierdie regverdigende geloof moet blyk uit die werke van die geloof, anders is dit

dooie geloof – Jakobus 2:24.

2.7 Die Bybel praat wel van beloning van die werke. Hierdie beloning is egter nie uit

verdienste nie maar uit genade alleen – HK, vr. 63.

2.8 Saligheid beteken nie net om ’n plek in die hemel te hê nie. Dit beteken: om gered en

bewaar te word; om bevestig te word in die lewende lewensgemeenskap met die

ewige God.

2.9 Ons sal almal dieselfde saligheid ontvang, maar daar sal verskil in heerlikheid wees.

Almal sal egter tevrede wees, want vir elkeen sal die mate van saligheid wat hy

ontvang, meer as voldoende wees.

78

HOOFSTUK 14

Dankbaarheid

1. Goeie werke

1.1 Wat is goeie werke?

Goeie werke is vrugte van die geloof. Hulle is gerig op die eer van God, terwyl hulle

gebonde is aan die wet van God – Matteus 7:5-12; HK, vr 91.

1.2 Jesus Christus vernuut ons deur die Heilige Gees tot sy ewebeeld, en dít maak dit vir

ons moontlik om goeie werke te doen.

1.3 Ons doen goeie werke, sodat:

God daardeur geprys word;

ons van ons geloof uit die vrugte van die goeie werke verseker kan word; en

ons deur ons Godsalige wandel ons naaste ook vir Christus kan wen –

HK, vr. 86.

1.4 Dit beteken nie dat ons eers geloofsekerheid verkry wanneer daar vrugte op ons

goeie werke is nie. Die geloofsekerheid berus op die belofte van die evangelie, want

dit is in die verbond aan ons geskenk en in die doop aan ons verseël.

1.5 Wanneer ons goeie werke vrugte lewer, besef ons dat God deur sy Gees en Woord

die geloof in ons harte werk en ons seën wanneer ons daarvolgens lewe.

2. Die gebed

2.1 Die vernaamste deel van die dankbaarheid is die gebed, want daarmee erken ons

ons afhanklikheid aan die Here en bely ons die Here as God.

2.2 God gee sy genade en sy Heilige Gees alleen aan hulle wat Hom met hartlike sugte,

sonder ophou daarom bid en daarvoor dank HK, Sondag 45, vr. 116.

2.3 ’n Gebed wat God behaag, bevat die volgende elemente:

Eerstens moet so ’n gebed die enige ware God van harte aanroep. Ons bid en

smeek alles van Hom af.

Tweedens moet so ’n gebed die ootmoed van die bidder weergee. Hy moet sy

sondes en sy ellendes besef en dit eerlik voor God bely. Hy moet ook besef dat

hy voor God self staan, sodat hy nie valslik met leuens sy gebed inrig nie.

Derdens moet die bidder in die ware geloof bid dat sy gebed sekerlik verhoor sal

word. Die bidder se geloof moet so sterk wees dat, al besef hy sy swak toestand

voor God, Hy ook die liefde en genade van God in Christus ken en weet dat die

Here sy skuldbelydenis en smeekbede en verheerliking van God sal verhoor.

Dis waarom die gebed gesluit word met die woord Amen, omdat Amen beteken:

dit is waar en seker/vas.

3. Die wet – Tien Gebooie

3.1 Die Tien Gebooie is die reël van die dankbaarheid. In hierdie gebooie gee God sy

verbondsopdragte, naamlik wat ons moet doen en nie moet doen nie. Hierin word

terselfdertyd ook ons swakheid weerspeël, want dit laat ons besef wat ons alles nie

in staat is om te doen nie, maar wat Jesus vir ons volbring het.

3.2 Die Tien Gebooie word in twee tafels verdeel: Die eerste tafel gaan oor God en ons

verhouding tot Hom, en die tweede tafel gaan oor ons naaste en ons verhouding tot

ons naaste.

79

Die eerste tafel bevat vier gebooie:

1. Afgodsdiens

2. Erediens

3. Naam van God

4. Dag van God

Die tweede tafel bevat ses gebooie:

5. Gesag

6. Doodslag/lewe

7. Huwelik

8. Eiendom/besittings

9. Vals getuienis

10. Begeertes/hartstogte

80

HOOFSTUK 15

Bekering

1. Die doop vermaan en verplig ons tot ’n nuwe gehoorsaamheid.

2. Dit bestaan daarin dat ons die Here moet dien en liefhê volgens sy Woord. Dit

beteken dat ons die belange van die wêreld moet laat vaar en ook ons eie belange

moet opsy skuif, sodat ons aanbidding en God se eer op die voorgrond kan staan.

3. Die Heidelbergse Kategismus (HK) noem bogenoemde bekering. Die ware bekering

bestaan uit twee dele:

Die afsterwe van die ou mens

Die opstanding van die nuwe mens – vgl. HK, vr. 88

4. Jesaja 55:7-9 noem dit: ons eie gedagtes en ons eie weë verlaat.

5. Bekeer word in Grieks met twee verskillende werkwoorde aangedui. Die een beteken

terugdraai. Dit is wanneer iemand op ’n bepaalde pad loop, reg in die pad omdraai

en reguit terugkom op sy spore. Die ander een beteken: omkeer. Dit is om jou

gedagte te verander. In Handelinge 3:19 kom albei die woorde voor: “Kom dan tot

inkeer en bekeer julle.”

6. Die afsterwe van die ou mens is wanneer ons ’n opregte berou het dat ons God met

ons sondes vertoorn het, die sonde nou haat en met alle mag daarvoor vlug.

7. Die opstanding van die nuwe mens is ’n hartlike vreugde in God deur Jesus Christus

en ’n lus en ’n liefde om volgens die wil van God in alle goeie werke te lewe –

HK, vr. 90.

81

HOOFSTUK 16

Die kerklike tug in die Gereformeerde Kerk

1. Die sleutelmag

1.1 Inleiding

God het hier op aarde sleuteldraers van sy ryk aangestel. Hulle is die opsieners en

ouderlinge oor sy gemeentes. Hulle hanteer twee sleutels:

Die verkondiging van die Evangelie

Die Christelike ban of uitsluiting uit die Christelike gemeente

Deur hierdie twee sleutels word die hemelryk vir die gelowiges oopgesluit en vir die

ongelowiges toegesluit

In die hantering van dié twee sleutels hanteer die kerkraad nie hulle eie bevoegdheid

nie. Hulle hanteer die bevoegdheid en gesag van Jesus Christus – Openbaring 3:7;

Jesaja 22:15-23 (NB vers 22). Die kerkraad het geen eie gesag of afgeleide gesag

nie. Alleen Jesus Christus het – en behou – alle gesag.

Hierdie gesag van die kerkraad het ’n dienende karakter. Die kerkraad is volstrek

gebonde aan die Woord van Jesus Christus.

By die aflegging van belydenis van geloof, beloof die gelowige dat hy hom sal

onderwerp aan die vermaning en tug van die kerk. Die voorwaarde hieraan verbonde

is dat die kerkraad sal vermaan en tug ooreenkomstig die Woord van God.

Die tug word ook in die prediking uitgeoefen. Deur die prediking van die evangelie

word die hemelryk oopgesluit vir die wat glo, maar vir die wat nie glo nie en wat hulle

nie opreg bekeer nie, word die hemelryk toegesluit – Heidelbergse Kategismus (HK),

vr 84.

Die Christelike ban is ’n toesluit van die hemelryk, maar ook weer ’n oopsluit waar

daar duidelike berou en bekering is. Lees die formulier vir die ban, die formulier om

iemand weer op te neem in die kerklike gemeenskap en ook HK, vr. 85.

Die kerklike tug word alleenlik oor diegene voltrek wat in dwaalleer en in hulle sondes

volhard. Die tug is nie ’n vergeldingsmaatreël nie. Die bedoeling is om die sondaar te

behou tot die eer van God.

Die lidmate moet in die eerste plek die tug uitoefen. Hulle moet op mekaar ag gee –

Hebreërs 10:24; Levitikus 19:17; Matteus 18:15. Volgens Matteus 18 moet die

vermaning deur die lidmaat soos volg geskied:

Vermaan die sondaar tussen jou en hom alleen.

Neem een of twee getuies saam as die sondaar volhard.

As hy weier om te luister, vermeld dit aan die gemeente, dit wil sê die kerkraad.

Wanneer die kerkraad bearbeiding doen, gebeur baie kortliks die volgende:

Die lidmaat word vermaan.

Daarna word die lidmaat versoek om van die Nagmaal af weg te bly. Dit word

dissiplinêre afhouding genoem.

Daarna volg die drie trappe van sensuur.

1.1.1 Die eerste trap van sensuur

Die lidmaat word die gebruik van die sakramente verbied. Die lidmaat word ook

behoorlik daarvan in kennis gestel. Die sonde word aan die gemeente

82

ekendgemaak, maar die naam van die lidmaat word nie genoem nie. Die lidmate

word opgewek om vir hierdie persoon te bid.

1.1.2 Die tweede trap van sensuur

Die kerkraad gaan met hulle notules, verslae, ens. na die klassis om te verneem of

daar oorgegaan kan word na die tweede trap van sensuur.

Indien die kerkraad goedkeuring van die klassis sou kry, word sowel die sonde as die

naam van die sondaar aan die gemeente bekendgemaak.

Die gemeente word versoek om met die sondaar te gaan praat oor sy sonde en om

vir hom te bid.

Die persoon kry kennis van die vordering van die tug en ook dat hy hom steeds van

die sakramente moet weerhou.

1.1.3 Die derde trap van sensuur

Die lidmaat word met die ban uit die gemeente geban.

Is dié persoon uit die koninkryk van God uitgesluit? Ja, iemand wat uit die gemeente

geban is, staan buitekant die koninkryk van God, want die ban geskied in

gebondenheid aan die Woord van God.

Solank die persoon onbekeerlik bly, bly hy buitekant die koninkryk van God. Lees

ook hierby die volgende: Die formulier vir die weeropneming; HK, vr. 85; Matteus

16:19; 1 Korintiërs 5:4,5,11; 2 Korintiërs 2:6,7,8.

1.2 Tersaaklike artikels van die kerkorde

Artikel 71

Die kerklike tug is geestelik; daarom is, afgesien van burgerlike straf, die kerklike

sensuur noodsaaklik om die eer van God te handhaaf, die sondaar met die kerk

en sy naaste te versoen en die aanstoot uit die gemeente van Christus weg te

neem.

Artikel 72

As iemand ten opsigte van die suiwerheid van die leer of die vroomheid van die

wandel sondig, moet, in sover dit heimlik is en geen openbare aanstoot gegee

het nie, die reël onderhou word soos Christus dit duidelik in Matteus 18

voorskrywe.

Artikel 73

Die heimlike sondes waaroor die sondaar berou het, nadat hy deur een persoon

afsonderlik of in teenwoordigheid van twee of drie getuies vermaan is, moet nie

voor die kerkraad gebring word nie.

Artikel 74

As iemand, nadat hy deur twee of drie persone in liefde oor ’n heimlike sonde

vermaan is, geen gehoor gee nie, of ’n openbare sonde bedryf het, moet dit by

die kerkraad aanhangig gemaak word.

Artikel 75

Die versoening oor alle sondes wat uit hulle aard of deur veragting van die

kerklike vermaninge openbaar geword het, moet, as daar genoegsame tekens

van boetvaardigheid is, in so ’n vorm en op so ’n wyse plaasvind soos die

kerkraad dit vir die stigting van die kerk nodig oordeel. Indien daar verskil is in die

83

kerkraad oor die vraag of die versoening in bepaalde gevalle in die openbaar

moet plaasvind, moet daaroor met advies van twee naburige kerkrade beslis

word.

Artikel 76

Diegene wat hardnekkig die vermaning van die kerkraad verwerp en ook die wat

’n openbare of anders growwe sonde gedoen het, moet van die sakramente van

die Here afgehou word.

Artikel 77

Diegene wat na afhouding van die sakramente en na herhaalde vermanings geen

teken van boetvaardigheid laat blyk nie, maar hardnekkig in die sonde volhard,

moet eindelik met die laaste tugmiddel, die afsnyding van die gemeenskap van

die kerk, afgesny word volgens die formulier wat daarvoor vasgestel is.

Die finale afsnyding moet voorafgegaan word deur drie openbare afkondigings

daarvan aan die gemeente, waarin vermeld moet word wat die oortreding van die

sondaar is, dat daar veel arbeid aan hom bestee is deur bestraffing, afhouding

van die sakramente en menigvuldige vermaninge en dat hy hom nie bekeer het

nie. In hierdie afkondiginge moet die gemeente opgewek word om met die

sondaar te spreek en vir hom te bid.

By die eerste afkondiging moet die naam van die sondaar, om hom enigsins te

spaar, nie genoem word nie.

By die tweede moet met die advies van die klassis ook sy naam genoem word.

By die derde moet aan die gemeente bekendgemaak word dat die sondaar, as hy

hom nie bekeer nie, van die gemeenskap van die kerk afgesny sal word, sodat sy

afsnyding met die stilswyende bewilliging van die gemeente kan plaasvind as hy

hardnekkig bly.

Die kerkraad bepaal die tyd wat vir elke afsonderlike geval tussen die drie

afkondiginge moet verloop.

Artikel 78

2. Kerklike tug

As iemand wat afgesny is, hom weer deur boetvaardigheid met die gemeente wil

versoen, moet dit – voor die viering van die Heilige Nagmaal, of anders wanneer

dit geleë is – tevore aan die gemeente bekendgemaak word, sodat hy by die

eersvolgende Nagmaal, as niemand daarteen beswaar inbring nie, openlik met

betuiging van sy bekering weer opgeneem kan word volgens die formulier wat

daarvoor vasgestel is.

Die ware kerk dra drie kenmerke, naamlik (NGB, art. 29):

Die suiwer bediening van die Woord

Die suiwer bediening van die sakramente

Die handhawing van die tug

Al drie hierdie kenmerke is basies dieselfde – die handhawing van die

gehoorsaamheid aan die Woord alleen. Calvyn skryf die tug is soos die senuwees

waarsonder die kerklike liggaam nie kan lewe nie. Hy beweer ook dat elkeen wat die

tug wil wegneem of verhinder, ongetwyfeld die uiterste verstrooiing van die kerk

soek. Die tug dien as die wag wat moet waak oor die suiwerheid van die leer –

Galasiërs 1:8; Calvyn Institusie IV, XIII, 5.

84

NB: Die tug is dus ’n wesenskenmerk van die ware kerk en nie net nuttig soos dit in

sekere kringe gestel word nie.

3. Karakter van die tug

Die aard van die kerklike tug is geestelik. Die tug geskied in sy uitoefening by die

ouderlinge – kerkraad, maar begin in wese sekerlik by die gemeente –

Matteus 18:15 e.v., NGB, art. 32.

Verder is die karakter van die tug liefde. Heel eerste gaan dit oor die liefde van God

om die sondaar te behou; maar ook oor die liefde van God om sy kerk te bewaar.

Tug mag nooit geskied om op iemand wraak te neem of om die kerk skoon te maak

nie.

Tug mag ook nooit beskou word as ’n middel om ’n oorwinning oor iemand te behaal

nie.

Wesenlik is die tug die handhawing van God se eer deur die toepassing van die eise

van sy Woord, onder die leiding van die Heilige Gees, gedra deur die liefde van

Christus.

4. Noodsaaklikheid van die tug

Christus gee aan sy kerk die opdrag om oop en toe te sluit.

In die Ou Testament vind dit daarin vergestalting dat die Here sy uitverkore volk

beskerm teen dwaling maar terselfdertyd ook innerlik rein hou deur die toepassing

van verskeie wette waarmee oortreders verwyder word uit die verbondsvolk.

Dink hier aan verskillende wette wat die verpligting oplê dat sondaars met die

doodstraf gestraf moet word, byvoorbeeld Deuteronomium 22:22 e.v.

Verder moes die heidense volke ook doodgemaak word wanneer hulle oorwin word

om seker te maak dat hulle invloede nie in Israel ingedra word nie –

Deuteronomium 20:15-18.

In die Nuwe Testament word hierdie tug gewysig. Daar word nie meer met die dood

self gestraf nie maar wel met ’n middel wat die dood simboliseer, naamlik die ban.

Die opdrag om uit te sluit kry ons in Matteus 16:19; Johannes 20:21-23;

Handelinge 5:4,5,10.

God wil alleen dié wat suiwer is in leer en lewe, binne sy kerk behou. Die wat Hom

tot oneer is, moet verwyder word. Vergelyk hierby die Nagmaalsformulier en

1 Timoteus.

Die tug is dus ’n omlynde opdrag wat gegrond is in die opdrag en bevel van die

Koning van die kerk, Jesus Christus – 1 Korintiërs 5:4,5.

Dit gaan in die tug oor die vergewing en hou van sondes, soos dit geopenbaar word

in die ban. Die beginsel is regdeur dat die Woord van God die hoogste en finale en

bindende gesag het in die kerk van God. Tuguitoefening moet dus die bediening

wees van God se mag.

5. Doel van die tug

Die uitoefening van die tug het ’n drieërlei doel:

5.1 Om die eer van God te handhaaf

Tug is geensins bedoel as ’n menslike afdreigmiddel of as ’n menslike

dwangmaatreël nie.

Die feit is dat God in sy almag voorskrifte gegee het waarvolgens Hy verkies om

verheerlik en aanbid te word. Hy eis absoluut dat diegene wat aan Hom behoort,

85

hulle hierby sal bepaal en neerlê. Daarom is die tug daarop ingestel om God se eer

te handhaaf in die lewe van sy uitverkorenes.

Baie prakties gestel, beteken dit dat die ouderlinge deur middel van die tug moet

toesien dat die eer van God nie gelaster word deur die sonde van diegene wat aan

die kerk behoort nie – Romeine 2:24.

Calvyn skryf dat die naam wat die kerk het onder die mense, saamhang met die

Naam van God – Institusie IV, XII, 5. As die mense bekend raak vir hulle

sondegebondenheid, sal die Naam van God dienooreenkomstig daaronder ly. ’n

Sondige lewe getuig ook nie van die inspraak van God die Heilige Gees nie. Daarom

is daar ook ’n noue verband tussen die tug en die sakramentsbediening.

5.2 Om die sondaar te behou

Uit 2 Tessalonisense 3:14 word dit duidelik dat die tug die sondaar moet skaam

maak. As iemand skaam word, sal hy sy sondes staak.

Dit is ook so dat die tug die sondaar ekskommunikeer uit die gemeente omdat dit

hom die gebruik van die sakramente verbied. Die eensaamheid wat nou beleef word,

is ’n voorsmaak van die eensaamheid en verwerping wat beleef sal word wanneer

God die sondaar in die eindoordeel verwerp. Hierdie belewenis moet dan bydra tot

die bekering van die sondaar.

Die gevoel van skaamte sal die sondaar tot berou en bekering beweeg.

5.3 Die handhawing van die suiwerheid van die gemeente

Dit is God wat sy liefde vir sy kerk daarin openbaar dat Hy graag sy kerk bewaar. Die

kerk is die liggaam van Christus en daarom moet dit heilig gehou word.

As sonde geïgnoreer word, vermeerder dit totdat dit die hele gemeente besoedel het

– 1 Korintiërs 5:6,11. Al sou die sonde nie uitbrei nie, dan besmet dit nogtans die

gemeente – 1 Korintiërs 10:1-10.

Die bedoeling van die tug is dus om in hierdie opsig onsuiwer elemente uit te suiwer,

sodat die heiligheid van die gemeente as liggaam van Christus gehandhaaf word.

6. Voorwerpe van die kerklike tug

Dit gaan oor lidmate van die kerk. Maar dan gaan dit oor lidmate individueel. Die tug

raak skuldiges, maar nooit ’n groep mense nie. Dit gaan dus altyd oor die individu.

Die beginsel hier is dat die tug voltrek word oor die lidmaat wat in die sondes volhard.

’n Eenmalige oortreding sou nie maklik tugwaardig wees nie, tensy daar aangetoon

kan word dat daar volharding in die saak betrokke is.

Tug gaan verder oor leerdwaling. Leerdwaling gee aanleiding tot daadsondes.

Vergelyk hierby Hosea 4:1 e.v. waar die Here sê dat sy volk ten gronde gaan vanweë

gebrek aan kennis. Maar daar word ook ’n hele reeks sondes genoem wat uit hierdie

onkunde voortspruit. Die afleiding is dus dat ’n gebrekkige kennis – leerdwaling

aanleiding gee tot sondes.

Die sondes wat die lidmaat doen, kan heimlik, grof of openbaar wees. By heimlike

sondes word die weg van Matteus 18:15 e.v. gevolg:

Die sondaar word onder vier oë geneem en vermaan en bestraf.

By verharding word daar twee of drie getuies saamgeneem.

By verdere volharding, word die saak aan die kerkraad bekendgemaak.

Daarna volg die gewone prosedure van bearbeiding en uiteindelike tug by

volharding.

86

Die beginsel is dus hier dat die tug vir geheime sondes primêr by die gemeente

berus.

Growwe sondes is onmiddellik tugwaardig. Elke geval word egter op eie meriete

behandel. Hier word die aanstoot wat in die kerk veroorsaak is, in aanmerking

geneem.

Alle openbare sondes is tugwaardig. Daar is nie so ’n ding soos groot en klein

sondes nie. Sonde is ongeregtigheid – 1 Johannes 3:4.

Sonde is openbaar wanneer dit tot die daad gekom het. Heimlike sondes is in die

hart, byvoorbeeld gedagtes, en is nie aan die kerk bekend sodat die kerk daaroor

kan oordeel nie.

Daar mag gevalle wees waar ’n heimlike sonde openbaar geword het en tot ergernis

is. In hierdie geval oordeel die kerk daaroor en is die sondaar tugwaardig.

7. Praktiese toepassing van die tug

7.1 Bekendmaking van gevalle aan die kerkraad

Die geldende beslissing is dat wanneer iemand ’n klag inlewer by die kerkraad, hy

gewillig moet wees om sy identiteit te laat openbaar – indien nodig.

Klagtes moet bewys word, met ander woorde vergesel word van die nodige

getuienis. Die kerkraad is nie ontvanklik vir enige anonieme klagtes of briewe nie.

’n Klag moet die volgende duidelik uiteensit:

Die aard van die sonde

Die plek van die sonde

Die tyd wanneer die sonde plaasvind – of plaasgevind het

Heimlike sondes wat na behandeling van Matteus 18 na die kerkraad verwys word,

word deur die betrokke persoon – saam met sy getuies – aan die wyksouderling

bekendgemaak.

Wanneer dié ouderling hierdie saak aan die kerkraad bekendmaak, moet die naam

van die sondaar verswyg word totdat die kerkraad seker gemaak het dat die weg van

Matteus 18 gevolg is. Die name van die persone wat met die sondaar gehandel het,

mag wel genoem word.

Wanneer die kerkraad hom daarvan vergewis het dat die weg van Matteus 18 wel

gevolg is en dat die persoon skuldig is aan ’n tugwaardige sonde, word die saak

behandel.

7.2 Die ondersoek deur die kerkraad

Wanneer die kerkraad ’n klag ter tafel neem, moet hy amptelik ondersoek instel of

die sondaar skuldig is aan sonde en in hierdie sonde volhard. Die ondersoek

behoort te geskied voor die volle kerkraad – ouderlinge en predikant (diakens is nie

deel van die kerkraad nie). Soms mag die saak wel om praktiese redes na ’n

kommissie verwys word.

In die ondersoek gaan dit altyd om die waarheid en die eer van God, die behoud van

die sondaar en die stigting van die gemeente. Daarom moet hierdie ondersoek

regverdig wees.

Die aangeklaagde moet dus voldoende geleentheid kry om homself te verweer. Hy

kan dit mondeling of skriftelik doen.

Die ondersoek moet baie deeglik wees en moet gekenmerk word deur versigtigheid

en waarheid en liefde.

87

Opsommend kan die beginstappe soos volg gestel word:

Die skuld moet vasgestel word.

Daar moet ook vasgestel word of Matteus 18 gevolg is in die geval van ’n

heimlike sonde.

In die geval van ’n openbare sonde is die prosedure soos volg:

o Ondersoek na die aard van die sonde en die gesindheid van die sondaar.

o Die sondaar moet oortuig word van sy sonde en beweeg word tot

skuldbelydenis, berou en bekering.

o By volharding volg die afhouding en voorbidding.

7.3 Optrede van die kerkraad – bearbeiding

Die kerkraad moet die sondaar baie deeglik bearbei. Dit kan verskil in vorm.

Aanvanklik geskied die bearbeiding deur die wyksouderling. Wanneer die sondaar

volhard, besluit die kerkraad op intensiewer bearbeiding.

Dit gebeur soos volg: Twee of drie ouderlinge word saam met die wyksouderling

gedeputeer om met die sondaar te gaan praat. Hulle rapporteer dan terug aan die

kerkraad, per skriftelike verslag, wat deur hulle almal onderteken word.

Die gaan praat beteken dat die broeders amptelik, in die Naam van die Here Jesus

Christus, as sy gesalfde konings, na die sondaar toe gaan en in liefde met hom

handel oor sy sonde.

Hulle moet hom:

oortuig dat hy verkeerd is en sondig teen God;

vermaan dat hy hom besondig;

daarop wys dat hy ook die gemeente met sy sonde besoedel;

beweeg tot berou en bekering; en

bemoedig – NB – en versterk.

Die bearbeiding mag in sommige gevalle baie lank duur. Die deputate mag ’n hele

paar keer gestuur word om die lidmaat te gaan bearbei. Die deputate mag selfs

wissel. Die predikant moet baie versigtig benoem word op sulke kommissies, want sy

teenwoordigheid kan die indruk skep van ’n predikantskerk, terwyl die toesig aan die

ouderlinge toevertrou is. Die predikant is die profeet wat die Woord moet verkondig.

Na elke besoek bespreek die kommissie die besoek en stel hulle bevindinge op skrif

en onderteken dit behoorlik. Al hierdie skriftelike verslae word by die wyksverslag in

die kerkraadsvergadering gelewer en ook ingehandig vir liassering. Indien die saak

vir die tweede trap van sensuur na die klassis verwys sou word deur die kerkraad,

moet hierdie wyksverslae saam met die notules van die kerkraad die aansoek

vergesel.

Indien die kerkraad onder die indruk kom dat die sondaar onbekeerlik is en in sy

sondes volhard, word hy van die sakramente weerhou.

7.4 Stille afhouding

Dit is nie sensuur of tug nie en moet baie duidelik van dissiplinêre afhouding

onderskei word.

88

Stille sensuur vind plaas wanneer die kerkraad iemand versoek om vanweë

buitengewone omstandighede hom van die Nagmaal te weerhou. Onder

buitengewone omstandighede word verstaan dat iets gebeur wat die kerkraad

verhoed om die saak af te handel voor die Nagmaal.

Daar word gewoonlik die volgende drie voorbeelde genoem om die saak toe te lig:

Gestel iemand het, nadat sonde begaan is, alreeds sy berou bevestig, maar die

aard van die sonde was sodanig dat dit groot aanstoot en ontstigting in die

gemeente tot gevolg gehad het. Indien die gemeente nog nie heeltemal tot rus

gekom het oor die saak nie, mag dit vir die kerkraad duidelik word dat dit die

stigting van die gemeente sal dien indien die sondaar hom nog ’n tyd lank van die

sakramente weerhou. Sodra die saak opgeklaar is, word die betrokke lidmaat tot

die sakramente toegelaat.

Wanneer daar kort voor Nagmaal iets gebeur wat aanstoot gee – of ’n openbare

sonde gepleeg word – en die kerkraad het nie tyd om hierdie saak behoorlik te

gaan ondersoek of uit te pluis nie, vanweë ’n gebrek aan tyd, word die betrokke

persoon versoek om hom ter wille van die stigting van die gemeente van die

Nagmaal te onthou.

’n Lidmaat mag ’n growwe openbare sonde begaan het wat deur die owerheid

strafbaar is. Die persoon het al in die hof verskyn, maar die saak is nog nie

afgehandel nie – die regter het byvoorbeeld nog nie sy uitspraak gegee en die

vonnis bepaal nie – dan word die persoon versoek om hom van die Nagmaal te

weerhou.

7.5 Die toepassing van sensuur

Die tug val uiteen in drie trappe of stadiums. Dis nie drie trappe waarvan die tweede

erger of swaarder is as die eerste en die derde weer erger is as die tweede nie. Die

Kerkorde noem dit drie afkondiginge. Die saak verloop dus in drie fases wat in die

algemene praattaal bekend geword het as die drie trappe van sensuur of tug.

7.5.1 Die eerste trap van sensuur

Die eerste trap van sensuur bestaan uit twee stappe:

Die dissiplinêre afhouding van die sakramente

Die bekendmaking, na volharding, aan die gemeente

7.5.1.1 Die dissiplinêre afhouding

Wanneer ’n lidmaat nie op bearbeiding reageer deur berou te bewys en hom te

bekeer nie, word die kerkraad verplig om hom van die sakramente af weg te hou.

Dit is nie so dat die kerkraad daarop uit is om iemand te tug nie. Dis meer waar

dat die sondaar self die tug oor hom “verwerf”, omdat hy in sy sondes teen God

volhard.

Dissiplinêre afhouding vind dus plaas nadat ’n sondaar nie positief op

bearbeiding wil reageer nie en die kerkraad hom die reg van die gebruik van die

sakramente tydelik ontsê, in afwagting van sy bekering van sy sonde.

Met hierdie daad van afhouding sê die kerkraad amptelik aan die sondaar:Jy wil

nie berou betoon nie en jy volhard in jou sonde. Hierdie afhouding van die

sakramente is die gevolg daarvan. Jy het uitgebreek uit die kudde van Christus

en jy ontheilig God se kerk met jou sonde – nou het jou sonde jou buite die

gemeenskap met Christus en sy gelowiges gestel.

89

Die karakter van hierdie afhouding van die sakramente is bestraffend – maar

ook kastydend – van aard en is bedoel om die sondaar tot bekering te

beweeg.

7.5.1.2 Wat gebeur nie by dissiplinêre afhouding nie?

Dis nie die ouderling wat die lidmaat van die sakramente afhou nie. Geen

ouderling het die reg daartoe nie. Wanneer ’n sondaar hom verhard, word hy

deur die kerkraad bearbei en die kerkraad oordeel wanneer die sondaar van

die sakramente afgehou word.

Die sondaar se lidmaatskap verval nie. Hy bly lidmaat, maar sekere voorregte

word net buite sy bereik gestel.

Die sondaar mag tydens hierdie tydperk nie verkies word tot ampsdraer nie.

Hy mag ook nie Nagmaal gebruik of sy kinders laat doop nie. So ’n lidmaat

mag ook geen stemreg uitoefen in vergaderings nie.

Die kerkraad hou nie op om die persoon te besoek en te bearbei nie. Hulle

moet dit juis nou des te meer doen.

Die sondaar hou ook nie nou op om kerk toe te kom nie. Kerkbesoek sal juis

’n aanduiding van berou en moontlik bekering wees.

Die toepassing van hierdie stap van tug word nie aan die gemeente

bekendgestel nie.

7.5.1.3 Bekendmaking aan die gemeente

Wanneer die sondaar steeds volhard, volg die tweede stap by die eerste trap van

sensuur: die saak word aan die gemeente bekendgestel maar die sondaar se

naam word nie genoem nie. Die sondaar word nog gespaar.

Die eerste trap van sensuur word nou in sy volle konsekwensies toegepas, wat

dus beteken dat:

die saak aan die gemeente afgekondig word;

daar genoem word dat iemand onder die eerste trap van sensuur is;

daar aan die gemeente bekendgemaak word dat die persoon nie die

sakramente mag gebruik nie; en

daar gesê word watter gebod oortree is.

Die gemeente word opgewek om vir hierdie saak te bid.

Die sondaar kry vooraf behoorlik kennis. Dit word mondeling en skriftelik aan hom

oorgedra. Indien die persoon die kerkraad ontduik, sodat dit vir hulle onmoontlik

is om hom te kontak, kan die kennis per aangetekende pos op hom bestel word.

Dit word weer eens duidelik gestel aan die sondaar dat die sakramente hom

verbied word.

7.5.2 Die tweede trap van sensuur

Die sondaar volhard nog steeds in sy sondes. Intussen gaan die bearbeiding van die

kerkraad nougeset voort. Dit word ook vir die kerkraad duidelik dat daar geen berou

en bekering by die sondaar teenwoordig is nie. Daar word oorgegaan tot die tweede

trap van sensuur.

By die toepassing van die tweede trap van sensuur onderskei ons weer verskillende

stappe:

90

7.5.2.1 Die verharding van die sondaar moet eers vasgestel word.

7.5.2.2 Dan besluit die kerkraad om voort te gaan met die tug – die tweede trap van

sensuur.

7.5.2.3 Die kerkraad moet egter baie seker maak dat hy alles in sy vermoë gedoen het

om die sondaar te bearbei. Om dit te kan doen en om seker te maak dat die

kerkraad nie partydig – bevooroordeeld – teen die sondaar was nie, word die hulp

van die kerkverband opgesoek in hierdie saak. Dit gebeur soos dit beskryf word

onder Waarom die advies van die klassis.

7.5.2.4 Dan word aan die sondaar kennis gegee dat daar oorgegaan word tot die tweede

trap van sensuur. Hy word steeds die sakramente verbied.

7.5.2.5 Die gemeente word weer eens in kennis gestel:

Die naam van die sondaar word aan die gemeente bekendgemaak.

Daar word aan die gemeente bekendgemaak dat die kerkraad al baie

bearbeiding gedoen het maar dat die sondaar in sy sondes volhard.

Daar word bekendgemaak dat die sondaar die sakramente verbied word.

Die gemeente word versoek om met die sondaar te gaan praat, sodat hy

bekeer mag word.

Die gemeente word opgewek om vir die sondaar te bid.

7.5.2.6 Die kennisgewing aan die sondaar geskied weer eens mondeling en skriftelik –

soos by die eerste trap van sensuur.

7.5.2.7 Kennis word gegee dat die sondaar op ’n bepaalde datum uit die kerk geban

gaan word as hy hom nie bekeer nie.

7.5.2.8 Bearbeiding gaan voort.

Waarom die advies van die klassis?

Die advies van die klassis is om die volgende redes nodig:

Omdat die kerkraad die reg na alle kante toe wil handhaaf – ook ten opsigte van

die sondaar wat onder sensuur is – gaan vra hy advies by die klassis.

Dit is ’n baie ernstige saak wanneer iemand onder die tug is en selfs uit die kerk

geban mag word. Daarom wil die kerkraad die tug toepas in ooreenstemming

met, en ook ooreenkomstig die kerke in sy buurt. Die kerke in sy buurt vorm die

klassis waarvan dié kerk deel is.

Die noodsaaklikheid van die advies van die kerke rondom vloei voort uit die

feilbaarheid van die mense self in hulle amptelike verpligtinge soos Christus dit

aan hulle opdra.

Die advies van die klassis word ook gevra om daarmee te sorg dat daar in

kerkverband gelykheid gehandhaaf word in die toepassing van sensuur deur die

verskillende kerke. Anders mag dit wees dat die kerke, vanweë verskillende

vertolkings, verskillende rigtings inslaan en uitmekaardryf.

Die klassis moet hom daarvan vergewis dat:

o die sonde begaan is;

o die optrede van die kerkraad volgens Kerkorde, art. 76, 77 was; en

o daar genoegsame vermanings was.

91

Indien die klassis daarvan oortuig is dat die kerkraad se bearbeiding voldoende was

en dat sy hele optrede in ooreenstemming met die Kerkorde was, word daar

toestemming verleen dat daar met die tweede trap van sensuur voortgegaan word.

7.5.3 Die derde trap van sensuur

8. Slot

Hierdie trap is die ernstigste in sy toepassing en sy gevolg maar die mees

ongekompliseerde van al die tugstappe. Die toepassing van hierdie stap bestaan

bloot daaruit dat die predikant, in opdrag van die kerkraad, op ’n vasgestelde datum

die formulier van die ban lees tydens die erediens en dat die betrokke persoon se

naam gekoppel word aan die formulier van die ban.

Die kerkraad moet altyd seker maak dat alle werk baie deeglik gedoen word. Sorg

dat elke kommissie se verslag skriftelik ontvang word. Sorg dat daar na elke besoek

deur ’n kommissie ’n verslag opgestel word. Sorg dat die skriba hierdie stukke

noukeurig liasseer.

En haas jou langsaam. Moenie iemand met die tug verwurg nie; dis nie waarvoor

die Here dit gegee het nie.

92

HOOFSTUK 17

Die verbond

1. Inleiding

1.1 ’n Verbond is ’n verbintenis wat God met die mens aangaan. Die Here het Homself in

’n verbondsverhouding tot die mens gestel – Hosea 6:7a.

1.2 Die ontstaan van alle verbonde rus op God se soewereine beskikking. Die verbond is

dus eensydig in sy bestaan. Maar die verbond is tweesydig in sy voortbestaan. Dit

berus dus vir sy voortbestaan ook op die deelgenootskap van die mens.

1.3 ’n Verbond is ’n kontrak, maar ’n baie spesifieke soort kontrak. Dis ’n kontrak wat

deur God alleen opgestel word en waarvan ons spontaan die tweede party uitmaak.

1.4 Alle verbonde het ’n eis en ’n belofte. Die eis van alle verbonde is totale

gehoorsaamheid aan God, die Almagtige. Die belofte is die ewige lewe.

1.5 Die natuurverbond is ’n verbond wat God met Noag opgerig het. Die belofte was dat

God nooit weer die aarde met ’n vloed sou verwoes nie en dat die seisoene van toe

af mekaar sou afwissel. Die eis was gehoorsaamheid.

1.6 In Genesis 2:17b maak die Here ’n wraakverbond bekend.

1.7 Aspekte van die verbond

Dit is nie ’n kontrak tussen twee partye wat voor die reg gelyk is nie – dit is tussen

die soewereine God en die sondige mens.

Die inisiatief kom van God, nie van die mens nie.

o Hy stel bepaalde beloftes aan die mens met betrekking tot sy genade en heil, en

verlang van die mens slegs gehoorsaamheid.

o Hoewel hierdie eis nie altyd pertinent gestel word nie, word dit geïmpliseer

deurdat die mense met wie Hy die verbond aangaan as sy volk beskryf word,

behalwe by die werkverbond met Adam, toe geen ander mense as Adam en

Eva en hulle nageslag ter sprake was nie, en die Noagiese verbond, wat met

alle mense aangegaan is.

Van die belangrikste verbondsuitsprake vind ons in:

Genesis 1:28 – Dit is die werkverbond, sy kultuuropdrag, waar Hy die mens

aangestel het om oor sy skepping te heers.

o Die mens moes aan God gehoorsaam wees en daarom volg daar ’n

gehoorsaamheidstoets, naamlik die proefgebod.

o Indien die mens getrou was, sou hy die ewige lewe behou het en deurgaans

God se seën geken het.

o Sy oortreding bring straf, naamlik die dood en ’n verbroke verhouding met God.

o Die werkverbond verval dus, en deur goeie werke alleen sou geen mens daarna

die saligheid kon verdien nie.

o Voortaan sou die mens nie vanself tot enige goeie werk in staat wees nie,

behalwe deur die genade van die Here.

Binne die groter perspektief van die Skrif, was die bedoeling dat die mens, in die

uitvoering van hierdie opdrag:

o die vestiging van God se koninkryk op aarde sou bevorder; en

o daarin die seën van die Here sou geniet.

93

Deur die Skrif heen sien ons hoe God voortgaan met die uitbouing van sy koninkryk

ten spyte van die ongehoorsaamheid en moedswilligheid van die mens, aangestig

deur Satan, wat die vestiging van dié koninkryk wou verhinder.

Genesis 6:18: Die genadeverbond met Noag, waar die term verbond die eerste keer

gebruik word, wat tot alle mense gerig is.

Genesis 12:1-3; Genesis 15:1-18; Genesis 17 ens: Omvattende verbondsbelofte

wat tot God se uitverkorenes gerig is.

o Let op dat God se keuse, of verkiesing, van die volk nie van hulle voortreflikheid

in enige opsig afhang nie.

o Dit is enkel uit sy vrywillige raadsbesluit, soos al sy verkiesingsbesluite. In wese

is alle verbondsuitsprake ’n bevestiging van die genadeverbond, wat die

onderliggende verbondsbeginsel is.

o God onderneem om in sy onderhouding van die skepping, en veral die

mensdom, sy genade te handhaaf.

o Vanaf Abraham word dit pertinent op gelowiges gerig, en op hulle nageslag, met

die implikasie wat later pertinent gestel word, dat mense uit ander volke ook by

die verbond ingesluit kan/sal word.

Levitikus 26: Dit bied ’n reeks eise wat aan die volk gestel word waaraan hulle as

verbondsvolk gehoorsaam moet wees.

o Vergelyk ook Eksodus 6:7, Deuteronomium 4:31, 1 Konings 8:23 ens.

o Eksodus 20 – die Wet, wat ’n herbevestiging is van die verbond, met spesifieke

riglyne vir ’n gehoorsaamheidslewe wat God behaag en waardeur Hy gedien

kon word.Soms word dit genoem die Mosaïese verbond, of die Sinaïtiese

verbond.

o Jesaja 42:1-7 e.v., 55:3 e.v., 59:20-21; Jeremia 31:31 e.v., 32:40, 50:5;

Esegiël 20:37, 34:25,36, veral 24-38, 37:26, ens.

o God se nuwe verbond word in die Ou Testament aangekondig.

Dit is ’n herbevestiging van die genadeverbond maar ’n formulering wat

direk heenwys na die genadewerking deur die koms van Christus.

Let op hoe die formulering van die verbond telkens uitgebrei en aangevul is,

terwyl die wese daarvan die genade is.

Telkens as dit voorkom of die mens die spoor byster geraak het, het God sy

genadeverbond laat herbevestig deur ’n leier wat die volk tot orde roep.

Toe die volk byna reddeloos verval het, was dit nodig om sy Seun self te stuur om,

as die vleesgeworde Seun van God, die genadeverbond in sy sterkste moontlike

formulerings te herhaal.

o Ons vind dit veral in die Evangelie van Johannes in verband met die innigheid

van die verhouding tussen die Vader, die Seun en die gelowige kind van God,

en die voortgesette versorging van die gelowiges deur die Heilige Gees.

o Hy bied sy genade en seën, en vergifnis van sondes, ten spyte van hulle

inherente sondigheid op grond van Christus se soendood aan die kruis.

o Deur hul geloof in Christus, en uit God se soewereine genade alleen, word hulle

die ewige lewe deelagtig en kan hulle ’n herstelde verhouding met die Here

belewe.

94

Die apostels het die verkondiging van die genadeverbond voortgesit, en na hulle is

dit deur die kerk onderneem.

Die twee sakramente wat Christus ingestel het, naamlik die doop en die Nagmaal, is

albei gerig op die bevestiging van die genadeverbond om gelowiges te bemoedig en

te versterk op die heilsweg.

Hoewel die verbond van die Ou Testament en die verbond in die Nuwe Testament

in wese op dieselfde grondslag staan, naamlik die genade van God oor sy mense,

is die toepassing van die verbond in die Nuwe Testament baie dieper en breër as in

die Ou Testament.

o Christus se soenoffer en sy Hoëpriesterskap verruim en verdiep die hele

verhouding tussen God en die gelowiges.

o Vergelyk in dié verband slegs enkele verwysings:Galasiërs 3:23-29, 4:1-7;

Hebreërs 7:20-22, 8:8-13, 9:15,10, veral vers 9-18, maar ook vers 28-31,

13:20-21, ens.

Lees die formuliere vir die doop en die Nagmaal in die Psalmboek en let op die

beklemtoning van die verbondsgedagte. Meer daaroor later.

2. Die werkverbond

2.1 God het die werkverbond opgerig met Adam as die hoof van die menslike geslag.

2.2 Dit word die werkverbond genoem omdat die mens langs die weg van sy werke die

ewige lewe kon verkry.

2.3 Die eis van die verbond was gehoorsaamheid aan die proefgebod – Genesis 2:17.

2.4 Die belofte van die werkverbond was die ewige lewe.

2.5 Adam het die werkverbond deur sy oortreding van die proefgebod geskaad,

inderdaad verbreek, want die belofte van die werkverbond het daarmee verstryk.

Gevolglik het die weg tot saligheid deur die werkverbond tot niet gegaan. Geen mens

kan nou deur sy werke die saligheid verdien nie.

2.6 Met die verbreking van die werkverbond het God se straf, naamlik die dood, ingetree.

Adam se skuld word nou aan sy nakomelinge toegereken – 1 Korintiërs 15:21, 22.

2.7 Die eis van die werkverbond, naamlik gehoorsaamheid, het egter nie verval nie. Daar

is geen geregtigheid as daar nie ook voldoening is ten opsigte van die oortreding nie.

3. Die genadeverbond

3.1 God handhaaf die eis van die werkverbond, naamlik gehoorsaamheid. Hy rig egter

weer ’n verbond op met die tweede Adam, naamlik Jesus Christus.

3.2 In hierdie verbond bewys God genade op voorwaarde dat daar volmaakte

gehoorsaamheid moet wees, met ander woorde dit wat die eerste Adam nie kon

doen nie, kon deur die tweede Adam gedoen word.

3.3 Jesus het toe hierdie verbond laat slaag omdat hy die eis van gehoorsaamheid

volbring het en sodoende die geregtigheid verwerf het.

3.4 In ’n sekere sin was die genadeverbond ook ’n werkverbond:Jesus moes volmaak

gehoorsaam wees. Ons enigste aandeel is dat ons die genade ontvang wat Jesus

verwerf het.

3.5 God het die genadeverbond met Jesus opgerig as die Hoof van die nuwe mensheid,

en in Hom met al die gelowiges – ook met ons!

3.6 Die genadeverbond het twee bedelings:

95

Die Ou-Testamentiese bedeling, of verbond met Israel deur Abraham –

Genesis 17:2.

Die Nuwe-Testamentiese bedeling, of bedeling van vervulling. Dit het met die

koms van Jesus begin – Hebreërs 9:15.

3.7 Die belofte van die genadeverbond is die ewige lewe – Hebreërs 8:10. Die ewige

lewe word verkry deurdat God die verdienste van Christus aan die gelowiges sal

toereken.

3.8 Die eis van die genadeverbond is geloof in Jesus Christus.

3.9 Die teken van die genadeverbond:

In die Ou Testament: die besnydenis

In die Nuwe Testament: die doop

Tabel van die verbonde

Verbond Met wie Eis Belofte Teken

Werkverbond Adam Gehoorsaamheid aan

die proefgebod

96

Die ewige lewe Geen

Natuurverbond Noag Gehoorsaamheid Die skepping sal nie weer

met water verwoes word nie

Ou Testament

Genadeverbond

Nuwe Testament

Genadeverbond

Die seisoene

Die mens se ouderdom

word beperk tot 120 jaar –

Genesis 6:3

Abraham Gehoorsaamheid Die beloofde land

Jesus Gehoorsaamheid –

Jesus

Geloof in Jesus

Christus – ons

Baie nasies sal uit hom gebore

word – Genesis 17

Die ewige lewe

Reënboog

Besnydenis

Doop

HOOFSTUK 18

Die genademiddele

1. Inleiding

1.1 Daar is twee genademiddele:

Die verkondiging van die Evangelie

Die gebruik van die sakramente

1.2 Die sakramente word aangewend om ons geloof te versterk – Heidelbergse

Kategismus (HK), vr. 65; 1 Petrus 2:2.

1.3 Sakramente is heilige, sigbare tekens en seëls.

Heilig. God het hulle ingestel.

Sigbaar. Die tekens kan gesien word, naamlik brood, wyn en water.

Tekens en seëls. Die sakrament stel die beloftes van die evangelie so voor dat ons

dit kan sien en met ons verstand begryp. Die sakrament is meer as net die teken wat

ons sien. Dis ’n seël omdat dit die beloftes van die evangelie aan ons verseël.

1.4 Die sakramente verseël nie iets in die ontvangers van die sakrament nie. Dit skenk

of bewerk byvoorbeeld nie vergewing van sondes of die wedergeboorte nie. Die

sakrament verseël aan die ontvanger die vergewing van sondes en die genade van

God. Daarom dien dit tot versterking van die geloof.

1.5 God is die Insteller van die sakramente, want hy deel die genade uit. Al deel die

predikant die Nagmaal uit, is die Gasheer van die Nagmaal die Here Jesus Christus.

Hy gebruik net die predikant om die brood en wyn vir Hom uit te deel, of om die water

op die dopeling te sprinkel, omdat Hy – Jesus – reeds in die hemel is.

1.6 Die sakrament is al in die Ou Testament aanwesig, naamlik die besnydenis wat met

Abraham ingestel is – Genesis 17:9-14, en die pasga wat met die uittog uit Egipte

ingestel is – Eksodus 12:1-25

1.7 Die besnydenis en die pasga word in die Nuwe Testament deur die sakramente van

die doop en die Nagmaal vervang, omdat die bloed wat Jesus aan die kruis gestort

het, ’n einde gemaak het aan alle ander bloedstortings – Nederlandse

Geloofsbelydenis (NGB), art. 34.

1.8 In beginsel moet die Nuwe-Testamentiese sakramente teruggevoer word na die Ou

Testament, omdat die twee Testamente ’n eenheid van God se openbaring is. Alle

sake in die Nuwe Testament is reeds in beginsel in die Ou Testament aanwesig.

1.9 Die doop vervang die besnydenis – Matteus 28:19 en Kolossense 2:8-11.

1.10 Die Nagmaal kom in die plek van die pasga – Lukas 22:14 e.v.

1.11 Die Rooms-Katolieke Kerk (RKK) aanvaar sewe sakramente, naamlik doop, mis,

konfirmasie, bieg, huwelik, laaste oliesel, priesterwyding.

1.12 Die ware kerk kan slegs sakramente as sulks aanvaar wanneer hulle deur God self –

en nie deur die kerk nie – ingestel is en in beide Testamente voorkom.

2. Doop

2.1 Die doop kom in die plek van die besnydenis – Kolossense 2:8-12.

2.2 Die doop leer dat ons ’n ewige verbond met God het, waarkragtens Hy ons geheel en

al sy eiendom gemaak het – 1 Petrus 2:9,10; NGB, art. 34.

97

2.3 Die doop is deur die Here Jesus self ingestel met die woorde: “Doop hulle in die

Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.” Dit beteken dat die gedoopte

aan God die Vader, aan Jesus Christus en aan God die Heilige Gees behoort –

Matteus 28:19.

2.4 Die teken by die doop is die water. Die teken is die simbool daarvan dat, soos wat

die water die vuilheid van die liggaam afwas, die bloed van Christus ons sondige

onreinheid afwas.

2.5 Ons doop kinders omdat die verbond van God met kinders en met volwassenes

gesluit is. Die grond vir die kinderdoop is dus die belofte dat die verbond aan hulle

ook toekom – Genesis 17:7; Handelinge 2:39; Kolossense 2:11-13.

2.6 Handelinge 11:14 leer dat die hele huisgesin salig word saam met die hoof van die

gesin. Dit beteken grootmense en kinders.

2.7 Daarom moet ons ons kinders so gou moontlik na hulle geboorte doop. Dit is sodat

die verbond van God, waarvan hulle deel is, aan hulle bevestig kan word. Dit is hulle

reg om aan God te behoort en ons mag dit nie van hulle af weghou nie.

2.8 Die doop beteken vier dinge:

Vergewing van sondes – Handelinge 22:16

Wedergeboorte en heiligmaking – Romeine 6:3-6

Inlywing in die gemeenskap met die gemeente – 1 Korintiërs 12:13a

Verpligting om ’n nuwe Godsalige lewe te lei – Matteus 28:19b; HK, vr. 70

2.9 Geldigheid van die doop

2.9.1 Die doop moet met die Trinitariese formule bedien word, met ander woorde die

dopeling moet gedoop word in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige

Gees.

2.9.2 Dit moet met water geskied.

2.9.3 Dit moet deur ’n geordende predikant bedien word.

2.9.4 Dit moet in ’n erediens geskied.

As enige doop aan bogenoemde vier vereistes voldoen, word dit deur die

Gerefomeerde Kerk erken. Maar sou dit op enige van bogenoemde punte kortskiet,

moet die persoon weer gedoop word.

2.10 Die Griekse woord vir doop wat in die Nuwe Testament gebruik word, het ook die

betekenismoontlikheid van indompel, met ander woorde om iets in ’n vloeistof te

druk. By baie geleenthede was daar egter nie soveel water beskikbaar dat mense

ondergedompel kon word nie en dan is die dopeling besprinkel. Dit bewys dat dit nie

saak maak hoeveel water ons gebruik nie, want die water is net die simbool van die

afwassing. Dit toon slegs hoe die bloed van Christus ons skoon was.

3. Nagmaal

3.1 Die Nagmaal stam van die pasga af.

3.2 Die Nagmaal is nie meer ’n offer (soos die Rooms-Katolieke mis leer) nie. Die offer

van Jesus Christus is klaar een maal op Golgota gebring.

3.3 Die dwaling van die RKK is dat die brood en die wyn in die liggaam en bloed van

Christus verander. Volgens hulle is dit ’n onbloedige herhaling van Jesus se offer aan

die kruis. Daarom beskou ons die mis as die verloëning van die enige offerande van

Christus en sien ons dit as ’n vervloekte afgodery.

98

3.4 Die Heilige Nagmaal moet tot die gedagtenis van Jesus Christus genuttig word –

totdat Hy weer kom en ook omdat Hy weer kom. Dit is ’n magtige gebeurtenis

waaraan die gemeente sy versoening te danke het.

3.5 Jesus Christus is Persoonlik deur sy Gees teenwoordig by elke Nagmaal. Daarom is

dit ’n gemeenskapsmaal.

3.6 Alleen gelowiges wat belydenis van hulle geloof afgelê het, mag die Nagmaal

gebruik.

3.7.1 Die belydenis van geloof word vereis, omdat:

die lidmaat dan met sy leer en lewe die verantwoordelikheid tot so ’n stap bewys;

die kerk die lidmaat oordeel volgens sy wandel, met ander woorde of sy lewe die

vrugte van die bekering voortbring en of hy homself beproef; en

wanneer die lidmaat goddeloos is, hy deur die kerkraad van die Nagmaal

weerhou word.

3.8 Die Nagmaal verseker aan ons dat Christus se offer aan die kruis vir ons versoening

volbring het.

3.9 Die Nagmaal preek twee weldade:

Vergewing van sondes deur die lyde en sterwe van Christus

Die vereniging met sy liggaam deur die werking van die Heilige Gees – HK, vr. 76

3.10 Die Nagmaal beteken vier dinge:

Dis ’n teken van my verlossing.

Dit is ’n teken van my doemwaardigheid.

Dit is ’n teken wat ons met dankbaarheid bejeën omdat dit aan ons leer wat God

aan ons skenk.

Dit leer ons dat ons deur God regverdig verklaar word omdat Hy ’n

plaasvervangende offer aanneem.

3.11 Die Nagmaal is ingestel vir die gelowiges, dit wil sê vir diegene wat hulle sondes

erken en berou het daaroor en wat nogtans vertrou dat hulle sondes vergewe is om

Jesus Christus se ontwil – HK, vr. 81.

3.12 Voor elke Nagmaal is dit nodig dat elke gelowige homself behoorlik sal ondersoek –

HK, vr. 81; Nagmaalsformulier; 1 Korintiërs 11:28,29.

3.13 Die ware selfondersoek bestaan daaruit dat:

jy ware kennis van jou sondes en ellende moet hê;

jy kennis van jou verlossing het en dat jy die belofte van God glo dat Jesus ook

vir jou gesterf het tot versoening; en

jy jou voorneem om waarlik dankbaar te lewe.

99

HOOFSTUK 19

Die uitverkiesing

1. Die Here begelei sy uitverkorenes in sy genade

Die volgende samevatting uit Bavinck se werk, Gereformeerde Dogmatiek, bied ’n kort

beskrywing van hoe die Here sy genade oor die gelowiges laat geld:

1.1 Die Vader het die gelowiges in Christus nog voor die skepping van die wêreld

uitverkies – Efesiërs 1:4; ook 2 Tessalonisense 2:13; Efesiërs 1:11; 1 Petrus 1:2.

Hy het hulle tot die ewige lewe verordineer – Handelinge 13:48.

Hy het hulle tot die beeld van sy Seun gekonformeer – Romeine 8:29.

Hierdie uitverkiesing is onveranderlik – Romeine 9:11 en Hebreërs 6:17 en:

o mettertyd bring dit mee die roeping – onder andere Matteus 22:2-14;

1 Korintiërs 1:23-24; Romeine 10:14-17;

o regverdigmaking – Psalm 103:12; Jesaja 44:22; Romeine 8:1-2; 8:32-33; en

o verheerliking – Romeine 8:39; Filippense 3:21; Kolossense 3:4.

1.2 Christus, in wie al God se beloftes ja en amen is – 1 Korintiërs 1:20,

het gesterf vir almal wat die Vader aan Hom gegee het – Johannes 17:6, 12,

sodat Hy aan hulle die ewige lewe kan skenk

en nie een van hulle sal verlore gaan nie – Johannes 6:39 en 10:28.

1.3 Die Heilige Gees, wat hulle wederbaar,

bly ewig by en in hulle – Johannes 14:16; 1 Johannes 2:27 ens; en

verseël hulle tot die dag van verlossing – Efesiërs 4:30.

1.4 Die genadeverbond staan vas en seker en is:

met ’n eed bevestig – Hebreërs 6:16-18 en 13:20;

so bindend soos die huweliksband – Efesiërs 5:31-32; en

is ’n testament – Hebreërs 9:17.

1.5 Op grond van daardie verbond:

roep God sy uitverkorenes;

skryf Hy sy wet in hulle harte en stel ook ontsag vir Hom daar – Hebreërs 8:10 en

10:14 e.v;

laat Hy nie toe dat hulle versoek word bo hulle vermoë om weerstand te bied nie –

1 Korintiërs 10:13;

bevestig en voltooi Hy die goeie werk wat Hy in hulle begin het – 1 Korintiërs 1:9 en

Filippense 1:6; en

bewaar Hy hulle vir die toekoms in Christus, sodat hulle deelgenote kan word van

die hemelse erfenis – 1 Tessalonisense. 5:23 en 1 Petrus 1:4-5.

1.6 As gevolg van sy tussentrede om ons ontwil by die Vader, bly Christus voortdurend

aktief ten behoewe van die gelowiges, sodat:

hulle geloof kan standhou – Lukas 22:32;

hulle van die bose in die wêreld bewaar kan bly – Johannes 17:11, 20;

100

hulle volkome gered kan word – Hebreërs 7:25;

hulle vergifnis van hulle sondes kan ontvang – 1 Johannes 2:1; en

eendag almal met Hom kan wees en sy heerlikheid kan aanskou –

Johannes 17:24.

1.7 Die genadegawes wat hulle deur die werking van die Heilige Gees in Christus ontvang:

is onberoulik – Romeine 11:29; en

is onderling en onafskeidbaar verbonde en saamgeweef.

Die mens wat geroep word, word geregverdig en verheerlik – Romeine 8:30.

Die mens wat as kind van God ontvang word, erf die ewige lewe – Romeine 8:17

en Galasiërs 4:7.

Die mens wat glo, het onmiddellik deel aan die ewige lewe – Johannes 3:16.

1.8 Daardie lewe, omdat dit ewig is,

kan nie verloor word nie;

is ’n lewe wat nie aan die sonde verslaaf is nie – 1 Johannes 3:9; en

kan nie sterwe nie – Johannes 11:25-26.

1.9 Die verloop van God se bemoeienis met die uitverkorenes begin dus by die uitverkiesing

uit genade alleen, en duur voort tot en met die totstandkoming van die

Nuwe Jerusalem. Die volharding van die gelowiges verseker ons dat, deur die genade

van God, geeneen van die gelowiges ooit langs die pad sal uitval nie.

2. Wat is die uitverkiesing?

Omdat ons almal besmet is deur die onreinheid van ons sondes en die ewige

dood verwerf het deur ons sondes, het geen mens die reg op die ewige lewe nie.

Dit word afgelei uit, onder andere, Romeine 3:19: “... sodat elke mond gestop en

die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees ...” en Romeine 3:23: “Die loon

van die sonde is die dood.”

Dit beteken nie dat elke mens voor die voet hel toe gaan nie en dat daar geen

moontlikheid is dat ons ooit die binnekant van die hemel sal sien nie. God se

genade is onberekenbaar groot en daarom is daar verlossing moontlik. Vergelyk

die volgende Skrifgedeeltes:

1 Johannes 4:9: “Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy

eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.”

NB: 1 Johannes 4:10: “Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie,

maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as Versoening van ons

sondes.”

Die uitverkiesing is die onveranderbare voorneme van God, wat daarin bestaan

het dat Hy, voor die skepping, alleen uit genade, volgens die soewereiniteit van

sy wil, vir Hom ’n aantal persone uit die hele mensdom uitverkies het wat Hy salig

maak in Jesus Christus. Dit is daarom belangrik dat ons sal besef dat alle mense

nie onvoorwaardelik salig gemaak word nie – Dordtse Leerreëls (DL) I:1, 7;

Efesiërs 1:4-6. NB: Johannes 3:16: “... dat die wat in Hom glo ...”

Opgesom gaan dit oor:

o Sondeverlorenheid

o Verlossingsgenade

o Verantwoordelikheid

101

Jesus sterf nie vir alle mense nie, want dan sou die hel nie bestaan nie. Aan die

ander kant gaan almal ook nie hel toe nie, want dan sou die soenverdienste van

Jesus tevergeefs wees. Die slotsom is dus dat God bepaal wie in die hemel sal

wees en wie in die hel.

3. Die mens se posisie

Alle mense behoort hel toe te gaan, want die Here het vir Adam gesê: “Die dag

as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe!” Lees ook NGB, art. 16: Die hele geslag

van die mens lê in verderf en ondergang – 1 Korintiërs 15.

Vergelyk hierby HK, vr. 10: God vertoorn Hom verskriklik oor die aangebore

sowel as oor die werklike sondes. Hy wil dit met sy regverdige oordeel tydelik en

ewiglik straf.

Die Bybel leer dat elkeen vervloek is wat nie bly in alles van die boek van die wet

om dit te doen nie. As iemand dus uit homself regverdig wil wees, moet hy die

wet honderd persent onderhou van sy geboorte tot sy dood.

4. Geen onreg

Die Here sou dus geen onreg doen aan enigiemand as hy ons almal in die hel

sou werp nie. ’n Logiese afleiding is dan ook dat al die mense wat in die hel sal

wees, geen onreg aangedoen word omdat hulle daar is nie.

Ons word ’n liefdesdaad aangedoen as ons uit die vervloeking en sonde geruk

word.

Artikel 3 van die Dordtse Leerreëls leer dat die Woord van God onder die mense

verkondig moet word. Die Woordverkondiging het ’n tweërlei uitwerking onder die

mense:

o Sommiges glo dit.

o Ander verwerp dit.

Die wat glo, word van die toorn van God verlos. Die wat nie glo nie, bly onder die

toorn van God. Johannes 3:36:“Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar

hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van

God bly op hom.”

5. Voorbeskikking

Efesiërs 1:3-7 leer dat God ons voor die grondlegging van die wêreld uitverkies

het. Die verkiesing was so dat dié wat verkies is, sonder gebrek voor Hom in

liefde sou wees.

Die verkiesing is dan ook ’n voorbeskikking van God dat Hy ons as kinders vir

Homself aanneem in Jesus Christus. Dit doen Hy na die welbehae van sy wil.

6. Valse siening

Die Remonstrante leer dat die mens vir sy saligheid kan werk en self daaroor kan

besluit. Die rigting het heelwat probleme met die feit dat die woorde verkiesing en

uitverkiesing dikwels deur die Bybel self gebruik word. Daar kan dus nie ontken

word dat daar ’n uitverkiesing is as die Bybel dit so noem nie.

Die Remonstrante los die saak so op: Daar sou, volgens hulle, ’n algemene en ’n

besondere verkiesing wees.

Die algemene verkiesing is dat God besluit het dat alle mense voor die voet

uitverkies word wat in Christus glo. Die algemene verkiesing stel dus bloot die feit

van watter mense salig kan word.

102

Die besondere verkiesing gaan daaroor dat die Here uit baie mense wat moontlik

kan glo, net dié verkies wat Hy agterkom dat hulle werklik glo. Dit gebeur ook

omdat God vooruit kan kyk in die toekoms in en toe gesien het wie sou glo en wie

nie.

Hierdie valse leer verkondig dat God nie die geloof bepaal nie. Die uiteindelike

uitverkiesing word dus eers in die gang van die geskiedenis vasgestel.

7. Regstelling

Die bogenoemde standpunt maak die uitverkiesing, soos wat dit bely word in die

Dordtse Leerreëls, ’n soort fatalisme. Daarteen moet gewaak word, want dit is nie

so dat die mense in ’n lang ry staan en die Here dan langs die ry af loop en Hy

sommiges na willekeur uitverkies en andere weer verwerp nie. Dit is fatalisme.

Daarom word daar deur dié standpunt beweer dat die uitverkiesing onregverdig

is: As iemand gelukkig is, is hy ’n uitverkorene en dan is dit onregverdig teenoor

die ander, want hulle wou ook graag geglo het, maar die Here het hulle nie die

kans gegee nie.

Die fout met die bogenoemde redenasie is dat die volgende uit die oog verloor

word:

o God is so magtig dat hy nie in ’n menslike denkpatroontjie van reg en

regverdig ingedruk kan word nie. Die begin van elke mens se redeneervermoë

is al klaar verduister omdat die mens uit die gebrokenheid van die

sonde redeneer. Vergelyk die gedeelte in Romeine 9, waar God sê dat

die klei geen reg het om vir die pottebakker te sê hoe of wat hy wil wees nie.

o Verder is dit so dat die geloof nie die uitverkiesing bepaal nie. Die uitverkiesing

bepaal die geloof: Juis omdat jy ’n uitverkorene is, kan jy glo. Dan

verval die argument van onregverdigheid, want alle mense doen sonde en

verdien die hel. Dié wat glo, ontvang slegs meer genade en genade is nie ’n

reg nie, want iets waarop jy reg het, is nie meer genade nie. Niemand word

dus uit ’n neutrale toestand in die hemel of die hel gegooi nie.

Die verhouding uitverkiesing tot geloof kom baie duidelik na vore in Romeine 9 en

Handelinge 13:48: “En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die

Woord van die Here geprys;: en daar het gelowig geword almal wat verordineer

was tot die ewige lewe.” Die geloof van die heidene het dus nie uit hulleself begin

nie. Dit het ’n voorspel in die voorafgaande raad van God gehad: Hulle is

verordineer.

Die uitverkiesing het die volgende gronde:

o God se wysheid

God se wysheid is nie so beperk dat die mense eers moet besluit of hulle

Christus wil aanneem voordat God sy uitverkiesing kan finaliseer nie. Sy

wysheid het voor die skepping al bepaal wie gelowig sou wees en wie nie. In

sy versiendheid het God ook gesien dat dit so is in die geskiedenis en met sy

almag het Hy gesorg dat alles is soos hy dit beplan het – en hy sorg nog

steeds daarvoor.

o Die onveranderlikheid van God

God bly altyd wat Hy is en Hy verander nooit nie. Hy het dit in die Ou

Testament al verklaar in Jesaja 41:4: “Ek, die HERE, die Eerste, en by die

laaste is Ek dieselfde!”

103

God besluit dus nie vandag dat Hy iemand hemel toe sal laat gaan as hy sterf

terwyl hy goeie dinge doen en as hy môre sou sterf terwyl hy kwaad doen, dat

hy dan hel toe sal gaan nie. Die beslissing is reeds voor die skepping geneem

en dit staan vas en onveranderlik, soos God self.

o Die alwetendheid van God

Hy weet van alle dinge omdat Hy self alle dinge bepaal en vasgestel het.

Daar kan dus absoluut niks sy aandag ontsnap nie.

o Die almag van God

In die almag van God is daar geen willekeur nie. Hy buig voor niemand nie en

Hy word ook nie deur iemand ontwrig nie. Hy word ook deur niemand

verander nie. Daarom staan God se uitverkiesing ook onveranderbaar vas.

8. Volharding van die heiliges

Al is die uitverkiesing vooraf deur God bepaal en vasgestel, is dit beslis waar dat

die gelowige ook ’n verantwoordelikheid het om na te kom in die uitverkiesing. Dit

word beskryf in die DL V.

Die uitverkorene moet hom nog daagliks voor God verootmoedig, want daagliks

sondig hy – selfs in sy beste werke. Die gelowiges word ook dikwels deur

allerhande sondige dinge – gedagtes en begeertes – verlei en doen dan sonde.

Maar omdat God in sy genade voorsiening maak, kan hulle telkens daaruit

opstaan en bly hulle nie daarmee voortgaan nie.

Die gelowige moet dus elke oomblik aanhou stry teen elke verkeerde ding. Dit is

ook juis die uitverkorenes wat in hierdie volharding kan voortgaan omdat God dit

so oor hulle beskik het – DL V.

104

HOOFSTUK 20

Die voleinding

1. Onder die voleinding word die hiernamaals verstaan. Die volle saligheid van die

hiernamaals begin op die dag van Christus se wederkoms. Die plek waar die voleinding

plaasvind, is die koninkryk van God.

2. Daar is enkele tekens wat die verskyning van die voleinding sal voorafgaan, naamlik

oorloë, gerugte van oorloë, aardbewings, toename van goddeloosheid, afval en

verval in die kerk, openbaring van die mens van sonde of die seun van die verderf of

die antichris – Matteus 24; Markus 13; 2 Tessalonisense 2.

3. Die laaste dae sal baie vervolging inhou vir dié wat getrou die getuienis van Jesus

Christus bewaar en gehoorsaam is aan al sy gebooie. Die Here sal selfs die dae

verkort ter wille van dié wat nog glo.

4. Ons kan egter nie met hierdie tekens die wederkoms bepaal nie. Hulle is slegs die

“klop aan die deur” om ons waaksaam te hou. Ons moet in die verwagting lewe dat

die Here baie spoedig kom. Dit moet ons troos dat die verlossing baie naby is –

Openbaring 22:17; Lukas 21:28; Titus 2:13; NGB, art. 37.

105

HOOFSTUK 21

Die engele

Die mens is nie die enigste skepsel wat God gemaak het om Hom te aanbid en te verheerlik

nie.

Die Bybel leer ons dat God ook engele gemaak het.

Die engele mag nie deur die mens aanbid word nie omdat hulle ook skepsele is soos

ons.

Die engele is hemelse wesens wat voor die Here in die hemel en ook op die aarde werk.

o Die Hebreeuse woord vir engel is melek. Dit beteken bode/gesant.

o Die Griekse woord is angelos wat beteken boodskapper.

In die Nuwe Testament word 175 keer na engele verwys.

24 keer in die Evangelies

21 keer in Handelinge

28 keer in Paulus se briewe

In die boek Openbaring byna op elke bladsy

Ons ken verskillende soorte soorte engele.

Die eerste groep is die aartsengele. Ons ken twee van hulle:

Mígael – Judas vers 9

o Sy naam beteken Wie is soos God?

o Mígael werk altyd waar die Lig en die duisternis bots – Daniël 12:1.

o Hy tree op as ’n veggeneraal teen die bose magte – Judas vers 9; Openbaring 12:7.

Gabriël – Lukas 1:19

o Sy naam beteken Man van God.

o Hy is naby aan God en word as die Here se boodskapper gebruik –

Daniël 8:16; 9:21.

o In die Nuwe Testament kondig hy die geboorte van Johannes die Doper (Lukas 1:19)

en dié van die Here Jesus (Lukas 1:26) aan.

Die tweede groep is die gerubs en die serafs.

Gerubs

o Dit is hulle wat op die versoendeksel van die ark is.

o Hulle werk is hoofsaaklik om die eiendom van God te bewaak. Hulle moet

byvoorbeeld die Paradys bewaak – Genesis 3:24.

o Hulle is die draers van God se troon – Esegiël 9:3; 10:1-22; Esegiël 1:8.

o God word deur die gerubs begelei – Psalm 18:11.

Serafs

o Sover ons weet, is hierdie groep hoofsaaklik God se boodskappers.

o Hulle naam is afgelei van ’n woord wat brand beteken. Daarom brand hule die

onheiligheid weg van die profeet wat JHWH mag sien.

106

Die derde groep word genoem: trone, heerskappye, owerhede en magte.

NB: Daar is dus meer geestelike skepsele as net die gewone engele, maar ons het geen

sekerheid oor hulle nie. Ons lees byvoorbeeld ook van die troongeeste.

Ons lees van hierdie groep in Kolossense 1:16. Die bedoeling is bloot dat die Here

openbaar dat daar meer wesens in die geesteswêreld is as net die engele wat ons

dikwels in sy openbaring raakloop.

Die laaste groep is die bose engele

Hulle was almal goeie volmaakte engele maar het tydens die sondeval in die hemel teen

God in opstand gekom – Openbaring 12.

Volgens Openbaring 12 is hulle ’n derde van die totale engelekorps.

Hulle het uit hulleself gesondig omdat hulle hoogmoedig was – Judas vers 6.

Die bose engele is goed georganiseer en val die kerk van die Here aan – Efesiërs 6:12.

Die aard van die engele

Engele het liggame soos mense, maar dit is net geestelike liggame.

Ons weet dat die engele vlerke het.

o Die serafs het byvoorbeeld ses vlerke – met twee bedek hulle hulle oë, met twee

vlieg hulle en met twee bedek hulle hulle voete.

o Onder die gerubs is daar ’n verskeidenheid – sommiges het ses vlerke soos die

serafs, terwyl daar ook ander is met vier vlerke en nog ’n groep met twee vlerke.

Die engele is intelligente wesens.

o Hulle het verstand – Psalm 103:21; 1 Petrus 1:12.

o Hulle het krag – Psalm 103:20.

o Hulle het wysheid – 2 Samuel 14:20.

o Hulle kan praat – Lukas 1:10; 1 Korintiërs 13:1.

o Hulle kan bly wees – Lukas 15:10.

o Hulle is nuuskierig 1 Petrus 1:12.

o Hulle kan bid – Hebreërs 1:6.

Getal engele

Daar is baie. Daniël 7:10: “Duisend maal duisende het hom gedien, en tienduisend maal

tienduisende het voor Hom gestaan.”

Hulle trou nie en word nie meer nie. Hulle het dus ’n vaste getal.

Die werk van die engele

Hulle dien die Here – Job 1:6.

Hulle loof God dag en nag – Jesaja 6:2, 3; Openbaring 5:11.

Hulle is getuies by die skepping – Job 38:7.

Hulle bewaak die toegang na die Paradys toe – Genesis 3:24.

Hulle verskyn in drome aan mense – “En hy het gedroom—daar is ’n leer op die aarde

opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs

opgeklim en daarlangs neergedaal het.” – Genesis 28:12 AFR1953.

107

Josua word deur ’n engel ondersteun – Josua 5:13.

In Getsemané het ’n engel die Here Jesus versterk – Lukas 22:43.

Paulus word deur ’n engel moed ingepraat – Handelinge 27:23, 24.

Die pesepidemie by Jerusalem word deur ’n engel tot ’n einde gebring – 2 Samuel 24:16-17.

Petrus word deur ’n engel uit die tronk bevry.

Hulle beskerm die kinders – Matteus 18:10.

Hulle stry teen die satan en die duiwels.

Hulle is boodskappers.

Hulle bewaak God se eiendom – Psalm 91.

Hulle is aanwesig in die erediens – Hebreërs 12:22-24.

108

1. Aborsie – ja of nee

ETIEK

Wanneer ’n swangerskap sonder baie grondige motiewe beëindig word, is dit sonde.

Daar is wel terreine waar toegewings gemaak word sodat aborsies mag plaasvind –

soos hieronder uiteengesit. Ons standpunt oor die aangeleentheid is die volgende:

Aborsie is in ’n sekere sin verwant aan moord omdat daar ’n lewe beëindig word.

God alleen verwek lewe – dus kan net Hy alleen beskik om dit te beëindig. Geen

mens mag (om watter menslike redes ook al) ingryp in God se reg nie.

Waar God die lewe in ’n vrou gewek het, mag die mens nie ingryp nie, tensy dit die

moeder en uiteindelik die kind se lewe in gedrang bring.

Die beginsel is dat die fetus die oomblik na bevrugting reeds voor God as ’n

volwaardige mens bestaan. ’n Duidelike verwysing hierna kry ons in Psalm 51:7 waar

Dawid bely dat hy in sonde “ontvang” is. Ontvangenis is die oomblik van bevrugting.

Om ’n aborsie uit te voer beteken dus dat ’n moord gepleeg word.

NB. Tog laat die Here die wetgewer toe om onder bepaalde omstandighede aborsies

uit te voer. Wanneer twee spesialiste saam oordeel dat dit onafwendbaar is, kan die

nodige toestemming gereël word.

Psigiese faktore kan aborsie toelaat, byvoorbeeld wanneer verkragting plaasgevind

het, of wanneer met mediese toetse bevind is dat die fetus abnormaal is. Hierdie

faktore word almal deur die landswet gereël en mag nie op persoonlike willekeur

berus nie.

Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak

dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand

wat uit my hand red nie. (Deuteronomium 32:39 AFR53)

Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en

laat daaruit opkom. (1 Samuel 2:6 AFR53)

(51:7) Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my

ontvang. (Psalm 51:5 AFR53)

Maar is daar ’n letsel, dan moet jy gee lewe vir lewe, (Eksodus 21:23 AFR53)

Maar hy wat ’n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; lewe

vir lewe. (Levitikus 24:18 AFR53)

... wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.

(Psalm 66:9 AFR53)

Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld

die lewe gee. (Johannes 6:33 AFR53)

Ek gebied jou voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee,

en van Christus Jesus wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig

het, (1 Timoteus 6:13 AFR53)

109

2. Attestaat

As iemand sy broeder ’n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet

hy bid, en Hy sal hom die lewe gee—vir die wat nie ’n sonde tot die dood

doen nie. Daar is ’n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid

nie. (1 Johannes 5:16 AFR53)

Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in

die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal

tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou

die kroon van die lewe gee. (Openbaring 2:10 AFR53)

Dit is ’n kerklike getuienis oor my leer en lewe as lidmaat van ’n spesifieke gemeente.

Dit is nodig dat ek, wanneer ek van een gemeente na ’n ander verhuis, ek my by die

volgende sal aanmeld met ’n “getuigskrif”. Daaruit kan hulle aflei of ek meelewend,

aktief en getrou was as lidmaat. So ’n attestaat wat die suiwerheid van my leer (ek

glo wat die kerk as Woord van God glo) en lewe (’n sobere lewenstyl) gee my die

voorreg om die sakramente – doop en Nagmaal – in die volgende gemeente te

geniet.

Sodra ek in leer of lewe my misgaan, sal die kerkraad ’n begeleidende brief saam

met my attestaat deurgee om te verduidelik hoekom ek onder sensuur – in proses

van tug – by die kerkraad is.

Ek moet self my attestaat aanvra by die kerkraad as ek vertrek. Dit is nie bloot ’n

sertifikaat van lidmaatskap wat iewers in ’n kantoor geliasseer word en wat ek weer

by die volgende gemeente moet inhandig nie. Ek is van net een spesifieke gemeente

lidmaat en daarom kan alleen daardie kerkraad oor my getuig. Dit is die rede hoekom

ek nie Nagmaal sommer by enige ander Gereformeerde Kerk kan gebruik nie.

Wanneer ek versuim om my attestaat aan te vra sodra ek vertrek, kan die kerkraad

na ses maande weier om oor my te getuig, want dan weet hulle mos nie meer hoe

my lewe as lidmaat is nie. Dan gee die kerkraad net aan die volgende kerkraad

bevestiging dat ek tot op ’n sekere datum lidmaat was van die betrokke gemeente.

Die volgende gemeente neem my dan na bewys van meelewing en begrip van my

agtelosigheid weer op in hul gemeente.

Veronderstel dat ek tydelik tot ongeveer ’n jaar uit die gemeente gaan vakansie hou

of werk, dan gee die kerkraad ’n reisattestaat – sonder ’n gemeente se adres op – en

dit handig ek in waar ek kan meeleef by ’n gemeente, en dié Gereformeerde Kerk

gee my reg tot Nagmaalviering, op grond van my reisattestaat. As ek terugkeer na

my gemeente, moet die kerkraad dit onderteken dat ek daar meegeleef het en ek

moet die reisattestaat weer by my gemeente inhandig.

As ek oorgaan na ’n ander kerkverband – of soos ons sê, ’n ander kerk – dan kry ek

nie ’n attestaat nie, maar alleen bevestiging dat ek hier lidmaat was. Voordat

ek belydenis van geloof doen, kry ek as kind wat die gemeente mag verlaat, ’n

dooplidmaatattestaat wat in wese dieselfde is as ’n attestaat.

3. Behoort aan ’n kerk

Moet ek werklik aan die kerk behoort, elke Sondag kerk toe gaan en kerklike bydrae

lewer? Solank ek net ’n wedergebore Christen is, is dit mos nie nodig nie en kan ek

op my eie sonder die kerk klaarkom.

Die Skrif gee duidelike riglyne hieroor. Ons moet versigtig wees om groter gesag aan

eie idees toe te ken en moet eerder vra wat die Woord sê.

110

Na Jesus Christus se hemelvaart is Hy deur sy Gees hier op aarde teenwoordig. Dit

beteken egter nie dat Hy soos suurstof eweredig in die lug versprei is nie. Hy is nie

oral ewe veel teenwoordig nie, byvoorbeeld meer tussen gelowiges in gesprek as in

die geraas van ’n disko.

Hy het besluit om op sekere plekke sterker teenwoordig te wees as op ander plekke.

In Efesiërs 2:20 leer Paulus dat ons as gelowiges ’n gebou van God is met Jesus

Christus as hoeksteen. Hy het by ons in die gemeente sy intrek geneem.

Wanneer hy mense red, voeg Hy hulle tot die gemeente toe – Handelinge 2:47.

Wanneer ’n mens gered word, word hy as ’t ware as lewende steen in die gebou

ingebou – 1 Petrus 2:4,5. Jou Christenskap staan dus nooit los van jou kerklidmaatskap

nie. Jy is nie Christen op jou eie nie.

Jy kan nie ’n broer van die gesin wees maar terselfdertyd niks met hulle te doen wil

hê nie. Dit is nie moontlik om jou pa se kind te wees maar nie aan die gesin te wil

behoort nie. Dit is abnormaal.

Wanneer jy jou van God se kinders, uit die liggaam – sy kerk – onttrek, is jy

voortdurend net met jouself besig. Ander gelowiges word vir jou ’n bedreiging, want

jy het nie daardie broodnodige aanmoediging, vermaning en vertroosting wat jou op

jou geloofstone kan hou nie.

In die liggaam van die Here dien elkeen as ’n ledemaat – oog, oor of hand. Ons kan

nie sonder mekaar klaarkom nie, want dan is die liggaam gebreklik en nie in staat om

reg te funksioneer nie – 1 Korintiërs 12:12-31.

Liefdelose kritiek dat kerkmense skynheilig en vals is, demonstreer net dat jy dink jy

op jou eie dit beter kan doen, maar dit is nie wat die Skrif sê nie. God se riglyn is om,

as deel van die liggaam, ’n kind van die Here te wees.

4. Doodstraf

Die beginsel is baie eenvoudig. God alleen beskik oor lewe – kyk by die afdeling oor

selfmoord. Daarom beskerm God ook lewe met lewe. Wanneer iemand hom teen

God vergryp en ’n lewe geneem het, is hy deur God vervloek en uit die samelewing

verwyder. Vergelyk hierby Kaïn se geskiedenis.

Enigiemand kan egter nie optree en namens God beslis oor dood en lewe nie.

Daarom reël God dit deur die owerheid. Vergelyk hierby Romeine 13. Die Here gee

dus tot in die Nuwe Testament die beginsel dat die owerheid die doodstraf mag

toepas om lewe te beskerm.

5. Genadedood – ja of nee

Swaar lyde en siekte laat soms die vraag by mens opkom of dit werklik sonde sou

wees om ’n dierbare van sy lyde te verlos. Watter sin en betekenis het so ’n mens se

lewe tog nog?

Die Bybel leer egter dat die mens se lewensin en -betekenis nie gemeet word aan sy

sosiale en produktiewe bruikbaarheid nie.

Wanneer God die mens uit eie krag nog laat asemhaal, het die mens nog inherente

waarde in God se koninkryk.

Daarom sê ons nee vir aktiewe genadedood – gee van ’n inspuiting of oorhandiging

van ’n pistool.

111

Wanneer die lewe egter deur gesofistikeerde mediese apparaat in stand gehou word

en waarsonder die pasiënt se longe en hart nie kan funksioneer nie, is dit ’n vraag of

die masjien onbepaald aangeskakel moet bly, want dan word lewe kunsmatig aan die

lewe gehou. Hierdie afskakel van die apparaat noem ons passiewe genadedood. Dit

kan wel gebeur as daar absoluut sekerheid is dat die liggaam daarsonder oombliklik

sal sterf.

Die beginsel is dat God en God alleen oor lewe beskik. Hy het dit tot stand gebring,

en Hy alleen beëindig dit in hierdie bedeling.

6. Holisme

6.1 Definisie

Holisme is die filosofiese rigting wat hom besig hou met die verhouding waarin dinge

tot mekaar staan. Elke mens en elke sosiale struktuur vorm ’n bepaalde onderdeel

van die groot geheel. In hierdie geheel het geen persoon ’n eie en afsonderlike

identiteit nie – elke mens of instansie, of wat ook al, vind sy eie betekenis in sy

verhouding tot al die ander dinge in die totaliteit van die skepping. Sien hierby die

afdeling oor die New Age-beweging.

6.2 Godheid – geheel van dele

Die holisme leer dat God bestaan uit die totaliteit van alles wat bestaan, en dat elke

mens en elke ding wat bestaan, een klein onderdeel daarvan uitmaak. Elke mens is

dus byvoorbeeld deel van die Godheid omdat hy/sy ’n onderdeel daarvan uitmaak.

Godheid

Al maak die holisme aanspraak daarop dat daar “’n godheid” of “intelligensie” in

die bonatuurlike bestaan, is dit geen godsdiens in die ware sin van die woord nie.

Dis ’n ideologie wat alle mense hulle eie identiteit ontneem omdat dit

identiteitloosheid en gelyke identifisering met alles wat bestaan as die hoogste

ideaal stel.

Elke mens moet homself nie sien as ’n eie identiteit nie maar bloot as ’n

medewerker in ’n ontwikkelingsproses wat die eindbestemming van die aarde

bepaal. In hierdie proses kan die doelpale dikwels verskuif word onder die

vaandel dat niks vas en seker is nie en dat alle waarhede kan verander.

Christendom en okkulte

Om hierdie stelling te demonstreer, word die simbool van die vis gebruik. Stuart

Hope het ’n doktorale tesis oor holisme geskryf en daarin beweer hy dat hierdie

simbool ingestel is vir die Christene. Die Griekse woord vir vis is ICHTHUS. Die

letters ICHTHUS vorm die eerste letters van Iesous Christos Theou Huios Soter,

wat beteken Jesus Christus God se Seun – ons Redder. Dit versmelt volgens

Hope met die laaste teken van die Zodiac, naamlik die vis – pisces, wat die teken

is van sikliese herskepping.

In hierdie holistiese idee word die Christendom identies geplaas en ook verklaar

met die simbole en beoefening van die okkulte godsdienste. Selfs die grens

tussen ware en valse geloof moet uiteindelik verdwyn, volgens die holiste, sodat

daar uit die chaos ’n nuwe eenheid geskep kan word.

6.3 Onderskeid tussen samelewingskringe verwyder!

Hierdie filosofiese konsep het in die moderne samelewing ’n baie wye inslag gevind.

Daarom word daar deur diegene wat holisme beoefen, so ’n ernstige beroep op elke

112

mens gedoen dat hy in sy lewensfeer groter buigsaamheid en eenwording teenoor

ander moet openbaar.

Die moderne mens moet met iets nuuts vorendag kom. Hope definieer dit so:

“... presenting another stage in the long procession towards human wholeness ...

This happens through a process of personal transformation, and can be seen in an

earnest quest (ondersoek) for the sacred.”

Die filosofie van holisme leer dat die mens in hierdie proses transendeer uit die

werklikheid uit en dat hy losbreek uit tyd en ruimte. Die beoefening van holisme is ’n

proses wat die mens deurmaak waarin hy dan groei en geestelik groter en beter

word.

6.4 Gevaar

Die gevaar van hierdie filosofie word al duidelik daarin dat dit van jou eis om jouself

prys te gee: “This striving to achieve intellectual control is at the expense of personal

knowledge. Feelings and intuition are avoided; ... the situation demands that we have

the courage of our convictions to break down these self-created obstacles in order to

unleash the latent powers of the human psyche.”

Let op dat hierdie filosofie jou bekruip en beroof van jou totale identiteit en jou dan as

’n identiteitloosheid insluit in die sogenaamde geheel van dinge wat bestaan. Jy moet

jou geskiedenis en ook alle dinge waarin jy glo, prysgee: “In other words, the tapes

have to be wiped clean.”

Die mens kom voor hierdie eis te staan omdat die holisme glo dat geen mens kan

saamsmelt met ander mense en groepe as sy totale lewenskonsep nie eers

leeggemaak is nie. Anders gaan dit weer sy siening van die dinge wat in die toekoms

lê, beïnvloed en benadeel. Net soos die New Age-beweging leer dit dat elke mens

alles wat hy self is, moet prysgee en afsweer. Hy moet die identiteit van die groep

aanleer. Hierdie identiteit word deur die beginsels van holisme bepaal.

6.5 Onderwysstelsel

Die holisme rig hom in ons tyd op die onderwysstelsel. – Die tesis van Stuart Hope,

1987, verwys. Daar word gepoog om leerplanne so aan te bied dat die leerling altyd

daarop ingestel moet wees dat niks “vas” is nie. Alles kan te eniger tyd verander. In

hierdie opvoedingsproses moet die skeiding tussen onderwyser en leerling verval.

Leerlinge moet onderwysers nie sien as hulle meerderes nie maar bloot as nog ’n

mens (egalitarian). Die onderwyser is net so leerling as die leerlinge self – hy moet

net soveel van die leerlinge leer as hulle van hom. Aan die ander kant is die kind net

so onderwyser soos die onderwyser self.

Dieselfde beginsel moet deurgedra word in alle dissiplines, o.a. ook die weermag, die

polisie en die kerk. Alle grense moet verwyder word, sodat daar ’n wedersydse

invloei van die een in die ander kan wees. Die grens tussen troep en bevelvoerder

moet verwyder word. Saam moet alle betrokkenes bloot die weermag vorm, sonder

onderskeid en sonder die dwang van dissipline.

Die idee moet dan verder gaan om die grense tussen al die verskillende instellings,

soos ons dit ken, te verwyder. Die grense tussen geloof en politiek, tussen

universiteit en skool, en tussen weermag/polisie en volk moet alles verval.

6.6 Werkmetode

Die wyse waarop dit gedoen word, is om die weermag en die polisie – en enige

ander instansie wat traag is om hierdie ideologie te aanvaar en te implementeer –

aan te val en so af te takel dat die lede wat “nie soepel genoeg is om te verander nie”

padgee en vervang word met persone wat wel die holisme as idee aanvaar en

toepas.

113

Net so moet die grense tussen kerk en politiek en tussen geloof en wetenskap ook

verwyder word. Geloof moet identifiseer met politiek, in die sin dat die twee moet

integreer. Net so moet geloof en wetenskap integreer. Die dinge word beskou as

selle wat verskillend van mekaar bestaan en waarvan die grense afgebreek moet

word, sodat die idee van een groot komponent van die Godheid tot stand kan kom. In

hierdie evolusieproses is daar ’n “divine, guiding Intelligence which is unfolding the

involuted (insluitende) design of a higher reality” – 1987:221.

6.7 Uitgebreidheid

Die doel wat die holisme nastreef, is stabiliteit, orde, vrede en uniformiteit. Hoe

hierdie ideaal bereik gaan word – met al die strukture wat dit moet bewerk afgebreek

– bly ’n ope vraag. Die feit is net dat die holisme as ideologie hom met al sy gevare

en swakhede reeds stewig gevestig het in ons Suid-Afrikaanse samelewing. Ons

moet waak en veg daarteen.

7. Homoseksualiteit – ja of nee

Die verskynsel kom in die moderne tye al hoe meer voor. Dit word in sekere kerke al

reeds “gewettig”, byvoorbeeld in die Gereformeerde Kerken Nederland. Dit het tot

gevolg dat die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika alle bande met hierdie kerke

verbreek het. Ons standpunte oor die saak van homoseksualiteit en lesbianisme is

die volgende:

Hierdie “siekteverskynsel” het ten diepste sy wortels in die sondeval.

Die Bybel spreek hom baie duidelik uit teen enige vorm van teennatuurlike

geslagtelike omgang – Romeine 1:26, 27; Levitikus 20:13. Kortweg: Dit is ’n ernstige

sonde wanneer mans met mekaar of vrouens met mekaar omgang het.

God het man en vrou verskillend gemaak sodat ’n man se manwees eers werklik

anders geopenbaar word as dié van ’n vrou wanneer hy in die heilige huwelik met sy

vrou omgaan.

Dit wat mekaar aanvul tussen man en vrou toon dat dit is soos God ons geslagtelike

ontmoeting in ons ingeskape het.

Wie by hom/haarself hierdie onnatuurlike aangetrokkenheid tot sy/haar eie geslag

opmerk, moet pastoraal begelei word.

God vergewe ook hierdie sonde wanneer ons dit bely en daarteen veg.

Diegene wat nie daarteen veg nie, word deur God gestraf – Romeine 1:18 e.v.

7.1 Wat is homoseksualiteit?

Dit is wanneer mense van dieselfde geslag met mekaar gemeenskap het. Kyk na die

volgende uitsprake in die Skrif:

Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n

vrou het nie. Dit is ’n gruwel. (Levitikus 18:22 AFR53)

En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het soos ’n mens met ’n vrou

het, het hulle al twee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word.

Hulle bloedskuld is op hulle. (Levitikus 20:13 AFR53)

Terwyl hulle hul hart vrolik maak, omsingel die manne van die stad, slegte

manne, meteens die huis en klop hard aan die deur; en hulle spreek met die ou

man, die eienaar van die huis, en sê: Bring die man uit wat in jou huis ingekom

het, dat ons hom kan beken. (Rigters 19:22 AFR53)

114

Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue

het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het

ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus

teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in

hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

(Romeine 1:26-27 AFR53)

7.2 Waar loop ons dit raak?

Die verskynsel loop ons die eerste keer in die geskiedenis raak in die dorp Sodom, in

die tyd van Abraham. Van die drie manne (engele) wat by Abraham was, het twee in

Sodom aangekom (die Engel van die HERE het weggegaan). Hulle het by Lot

tuisgegaan. Ons lees die volgende:

Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van

Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam. En

hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou

gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken.

(Genesis 19:4-5 AFR53)

Na die gebeure by Sodom, waar ons die gewoonte die eerste keer raakloop, het die

sondige gewoonte by baie volke se mans begin voorkom. Elke keer laat die Here

duidelik blyk dat Hy ’n totale afkeer daaraan het.

Die daad van homoseksualiteit staan bekend as sodomie.

7.3 Waarom is die seksuele verhouding tussen dieselfde geslagte verkeerd?

Kom ons begin by die begin – by die skepping van die mens. Ons ondersoek wat die

Here in gedagte gehad het met die skepping van die mens. Ons kyk na die openbaring

van die Here en ons buig daarvoor:

7.3.1 Die skepping van die mens

In Genesis 1:26 en 2:18, 21,23 is dit duidelik dat God nie van plan was om net een

mens te maak nie.

En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en

laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee

en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

(Genesis 1:26 AFR53)

Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir

hom ’n hulp maak wat by hom pas. (Genesis 2:18 AFR53)

Toe het die HERE God ’n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap,

het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.

(Genesis 2:21 AFR53)

Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my

vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.

(Genesis 2:23 AFR53)

Die woorde: Laat Ons mense maak ... (meervoud), is ’n duidelike bewys hiervan.

Maar die Here se bedoeling word duidelik geopenbaar: Hy wou nie baie mans en

baie vrouens maak nie.

Mense beteken hier een enkele egpaar!

115

Die bedoeling van die Here is baie duidelik:

o Hy maak twee mense.

o Hy maak hulle van verskillende geslagte.

o Hy bind hulle nie in dieselfde geslag saam in ’n huwelik nie. Hy bind die

huwelik saam uit een elk van die verskillende geslagte – man en vrou.

God het die mens na sy beeld geskape. Lees Genesis 1:26, 27.

Die mens alleen besit ware kennis, ware geregtigheid en ware heiligheid.

Lees hierby Kategismus Sondag 3.

7.3.2 Die mens dra die beeld van God in twee opsigte:

Die beeld van God in ruimer sin

Dit is die dinge wat ons van die res van die skepping onderskei, naamlik dinge

soos redelikheid, persoonlikheid, vermoëns, gawes, ens. Vgl hierby Spreuke 4:23.

Die beeld van God in enger sin

Vergelyk Levitikus 19:2; Deuteronomium 6:5; Matteus 5:48; 22:37; Efesiërs 5:1;

1 Petrus 1:15,16.

o Ware kennis: Om God en sy Woord te ken.

o Ware geregtigheid: Om te kan onderskei wat God wil en wat nie; om te

onderskei tussen reg en verkeerd; gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid.

o Ware heiligheid: Om werklik heilig te kan word. Geen diere of plante besit die

heiligheid om in die hiernamaals saam met God te leef en te woon en om

Hom in volmaakte heiligheid te aanbid nie. Net die mens besit dit – omdat

God dit aan hom skenk.

Die mens met sy ware kennis en ware heiligheid en ware geregtigheid moet dus –

van die begin van die verloop van die geskiedenis tot aan die einde by die

wederkoms van die Here – die vermoë hê om die regte insigte hê van:

die rede waarom hulle bestaan,

oor hoe die Here hulle in die huwelik verbind het, en

wat die doel van die huwelik is.

7.4 Die aard van die mens

Die mens is onsterflik geskape. Die feit dat ons nou sterf, is omdat God ons

gestraf het met die doodstraf: “Stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.”

Ons weet dat die eerste mens ’n man is.

o Die Here neem grond en maak die man se liggaam.

o Onmiddellik is daar ’n baie opvallende verskil tussen hierdie skepsel en die

res van die skepping.

Toe al die ander dinge gemaak is, het God net ’n woord gesê en die saak

was onmiddellik afgehandel. Dinge soos grond, plante, lig en diere was

daar!

Die mens se bestaan begin anders. God sê eers dat Hy mense gaan

maak, dan neem hy van die grond wat Hy geskape het en maak daarvan

’n man se liggaam.

116

Daar gebeur nog iets wat die mens verder van die res van die skepping af plaas:

God blaas asem – wat lewe is – in die mens in.

o God bewerk die lewe van die mens heeltemal verskillend van dié van die

diere.

God het die mens geskape met die doel om Hom te eer (NGB art. 12-17).

God skep die mens in twee geslagte – man en vrou.

o Aanvanklik was daar net een mens en hy was geslagtelik geskape – manlik.

o Daarna voer God die res van sy beplanning uit om mense te maak.

o Wanneer Adam slaap, neem die Here van sy ribbebeen en maak die tweede

mens.

Die verskil in materiaal wat gebruik word, is nogal opvallend groot.

o In Adam se geval is “rou materiaal” gebruik en in die geval van Eva “verfynde

materiaal”.

o Die vrou is dus net hierin al die afronding van God se skepping – die mooiste

en fynste wat deur God se hande gemaak is.

God bring hierdie vrou na die man toe en daarmee vind die eerste huwelik plaas.

NB: Dis nie ’n kontrak nie, dis ’n skeppingsordinansie.

In hierdie huwelik sal die man moet leef soos een wat eerste is, behoort te leef.

o Hy sal so voor God moet leef dat dit duidelik is dat hy hom teenoor sy vrou en

kinders gedra soos een wat deur God geskape is om te regeer.

o NB: Nie bombasties en dwaas, of met geweld en oneerlikheid nie.

o God se eer moet uit sy optrede skyn!

Die vrou sal die afronding en fynheid wat God in haar ingeskape het, ook moet

weerspieël.

o Sy kan nie getroud wees asof sy ontkoppel is aan daardie eerste dag toe God

haar geskape het en haar na Adam toe geneem het nie.

o Ook in haar huishouding en in haar verkeer met haar man moet haar teerheid

en verfyndheid God se eer en heerlikheid uitdra.

Daar is dus wesenlike verskille tussen die twee mense – en tog is albei beelddraers

van God:

Adam word eerste gemaak – Eva tweede

Adam word van grond gemaak – Eva van Adam se liggaam

Adam is die hoof – Eva is sy hulp (in sy diens na God toe!)

Adam is manlik – Eva is vroulik

7.5 Daar is verskillende huwelike bekend:

Die monogame huwelik – waar een man en een vrou met mekaar getroud is,

soos Adam en Eva

Die bigame huwelik – waar een man meer as een vrou het

Die matriargale huwelik – waar die vrou die hoof van die huis is

117

Die groepshuwelik – die soort huwelik wat onder die “hippies” (wat in die vyftiger-

en sestigerjare bekend was) voorgekom het, waar almal in die groep met almal

getroud is

In die moderne tyd is daar ook die sogenaamde gay-huwelik – die soort huwelik

wat gesluit word tussen twee persone van dieselfde geslag

Watter een van hierdie huwelike is deur God ingestel?

Het God die mens tot net een tipe huwelik verbind?

God het ons tot een huwelik verbind, want Hy het ’n geslag van God gesoek!

Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En

waarom die een? Hy het ’n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter

wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.

(Maleagi 2:15 AFR53)

Homoseksuele omgang voldoen op geen manier hieraan nie.

Die Here het ons tot net een tipe huwelik verbind, naamlik die monogame

huwelik, waar een man verbind word met een vrou.

Homoseksuele huwelike (en dade) is dus lynreg in stryd met die openbaring van

God toe Hy die eerste huwelik ingestel het!

Dit blyk uit die feit dat God een man maak en weer vir hom ook net een vrou

maak.

Dit wat nou uit die homoseksuele gebruike voortvloei dat hierdie mense selfs

groter saamwoongroepe vorm, is nog meer verkeerd as die Here se bedoeling in

die begin.

Hiermee maak God ’n bepaalde instelling:

o Voortaan moet alle huwelike soos hierdie een lyk.

o Aan so ’n egpaar gee die Here die opdrag om vrugbaar te wees en te

vermenigvuldig tot die aarde gevul is.

7.6 Die huwelik as simbool

Die huwelik is veral ’n simbool van God se verkeer en verhouding met ons.

Die man is die hoof van die huis en daarin is hy simbool van God. Die vrou is die

onderdanige en daarin is sy die simbool van die kerk.

Hierdie intieme verhouding tussen God en sy kerk (die uitverkorenes) word die

verbondsverhouding genoem.

Vergelyk hiervoor die huweliksformulier:

Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie (Matteus 19:4-6). Daarom

het Hy die huwelik ook so hoog geëer deur sy teenwoordigheid en sy wondertekens

op die bruilof in Kana (Johannes 2:1-11). En Paulus sê met die oog op Christus en

die gemeente dat die huwelik ’n groot verborgenheid is. Hieruit leer ons dat die

huwelik, wat in die welbehae van God gegrond is, baie eerbaar is, want dit is ’n

afbeelding van die verhouding tussen Christus en die gemeente (Efesiërs 5:32).

En dan moet u, man, besef dat God u as hoof van die vrou gestel het, soos Christus

die Hoof van sy gemeente is (Efesiërs 5:23, 25). U moet haar liefhê en verstandig lei,

onderrig, vertroos en beskerm en haar as vrou eer. U moet nie teen haar verbitterd

118

word nie maar verstandig met haar saamwoon. U moet ook ywerig en getrou u

beroep beoefen, sodat u u gesin eerbaar kan onderhou en ook aan die behoeftiges

iets kan gee.

En u, vrou, moet u man liefhê, hom eer en gehoorsaam wees (Efesiërs 5:24) in alles

wat reg en billik is, net soos die gemeente aan Christus onderdanig is.

Die oomblik wanneer mense van dieselfde geslag in ’n huweliksverhouding (sjoe!)

met mekaar te staan kom,

word hierdie beeld wat God self in die huwelik instel verbreek.

Die feit dat iets anders tot uitdrukking kom as dit wat God wou, is sonde.

7.7 Huweliksopdragte

7.7.1 Opdragte teenoor God

Die eerste opdrag aan die pasgetroude paartjie word gevind in Genesis 1:26 –

nog voordat hulle geskape is.

o Die mens is geskape na God se beeld – hulle moet dus God se beeld en

gelykenis in hulle bestaan weerspieël.

o ’n Homoseksuele huweliksverhouding verbreek hierdie beeldskap van God.

Die tweede opdrag is ook in Genesis 1:26.

o Die Here besluit dat hierdie mense wat Hy gaan maak, moet heers oor die

visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde

en oor al die diere wat op die aarde kruip. Die opdrag raak man en vrou, want

dit betrek albei die mense wat God gemaak het.

o ’n Homoseksuele huweliksverhouding voldoen nie aan hierdie heersersopdrag

van God nie – die mens word laer as die dier in die opsig, want diere

maak hulle nie hieraan skuldig nie. Daarby word hy slaaf van die sonde – hy

kan nie daaroor heers nie.

Die volgende opdrag is in Genesis 1:28:

En God het hulle geseën en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en

vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers ...

Hier word twee opdragte onderskei:

o Die vrugbaarheidsopdrag

7.7.2 Die heersersopdrag

Die mens moet vermeerder, maar nie onbeperk nie. Daar is ’n duidelike

begrensing: totdat die aarde gevul is. Die opdrag behels dus dat die mense

meer beelddraers van God moet verwek.

Die tweede opdrag is om die koningsbeeld van God uit te oefen – heers/regeer oor

die skepping. (sien hierbo)

7.7.3 ’n Homoseksuele huweliksverhouding verbreek hierdie opdragte van God omdat

daar van vrugbaar wees met die doel om te vermenigvuldig nie sprake is nie. Die

homoseksuele verhouding word ’n sondige platform vir die misbruik van die mens se

welluste.

7.7.4 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele

aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek

vasgestel het, (Handelinge 17:26 AFR53)

Homoseksuele omgang kan nie hieraan voldoen nie.

119

7.7.5 Opdragte teenoor mekaar

7.8 Slot

In Efesiërs 5:22 e.v. reël die Here die verhouding tussen die man en vrou in die

huwelik.

Aan die vrouens word die opdrag gegee om aan hulle eie mans onderdanig te

wees. NB: vers 22b: ... soos aan die Here.

o Die vrou onderwerp haar aan haar man se leiding soos wat die kerk aan die

Here onderwerp is.

o Die onderwerping beteken nie slaafsheid nie, maar eenheid.

Die man moet sy eie vrou liefhê.

o Dis nie sinlike of wellustige liefde nie.

o Dis die soort liefde wat God vir sy kerk het.

NB: soos Christus sy gemeente liefhet.

o Christus het sy kerk so liefgehad dat Hy daarvoor gaan sterf het.

Homoseksuele verhoudings (en selfs wettige homoseksuele huwelike) kom in die

moderne tye al hoe meer voor.

Dit word in sekere kerke al reeds “gewettig”, byvoorbeeld in die Gereformeerde

Kerken Nederland. (Dit het tot gevolg dat die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

alle bande met hierdie kerke verbreek het.)

Ons standpunte oor die saak van homoseksualiteit en lesbianisme is die volgende:

Hierdie “siekteverskynsel” het ten diepste sy wortels in die sondeval van die

mens in die Paradys.

Die Bybel spreek hom baie duidelik uit teen enige vorm van teennatuurlike

geslagtelike omgang – Romeine 1:26,27; Levitikus 20:13.

Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle

vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en

net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in

hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid

bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling

ontvang. (Romeine 1:26-27 AFR53)

En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het soos ’n mens met ’n

vrou het, het hulle al twee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik

gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle. (Levitikus 20:13 AFR53)

Kortweg: Dit is ’n ernstige sonde wanneer mans met mekaar of vrouens met

mekaar omgang het.

God het man en vrou verskillend gemaak sodat ’n man se manwees eers werklik

anders geopenbaar word as dié van ’n vrou wanneer hy in die heilige huwelik met

sy vrou omgaan.

Dit wat mekaar aanvul tussen man en vrou toon dat dit is soos God ons

geslagtelike ontmoeting in ons ingeskape het.

Wie by hom/haarself hierdie onnatuurlike aangetrokkenheid tot sy/haar eie geslag

opmerk, moet daarvan bekeer word. Sulke mense moet met liefde pastoraal

begelei word.

120

God vergewe ook hierdie sonde wanneer ons dit bely en daarteen veg.

Diegene wat nie daarteen veg nie, en nie tot bekering wil kom nie, word deur God

gestraf:

…soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as

hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ’n voorbeeld

gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan. (Judas 1:7 AFR53)

Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die

heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van

die beeld van ’n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende

diere. Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte

oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer – hulle

wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en

gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.

Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue

het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so

het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle

wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid

bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling

ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in

erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om

te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid,

hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog,

kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars,

trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam

aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik,

onbarmhartig, mense wat – al ken hulle die verordening van God goed, dat

die wat sulke dinge doen, die dood verdien – dié dinge nie alleen self doen

nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

(Romeine 1:22-32 AFR53).

8. Joga – en ander heidense invloede

Die invloed van die heidendom in sommige van ons moderne praktyke:

8.1 Zen-Boeddhisme

Die Boeddhiste het oor die afgelope 5 000 jaar ’n baie fyn geestelike dissipline in

hulle godsdiens ontwikkel. Hierdie deel van hulle godsdiens gaan daaroor dat hulle ’n

baie fyn harmonie tussen hulle liggaam en gees ontwikkel het. In hierdie verhouding

tussen liggaam en gees betrek hulle dan hoër magte, wat hulle “die energie-gewende

magte van die heelal” (vrye vertaling – skrywer) noem.

Die kern van die leer van Zen-Boeddhisme is dat elke mens aan onophoudelike

lyding onderworpe is. Die lyding kan net verbreek word wanneer jy in staat is om

jouself van emosies en van die wil om te lewe, bevry. Jy moet loskom van alle

wetenskap – blote letters – en inkyk in jou eie natuur. Jy moet soek na die gees in

jou. Een van die skrywers van Zen-Boeddhisme skryf dat jy die hoogste insig in die

werklikheid verkry deur die bewussynstroom ongehinderd te laat vloei.

Hulle glo dat hulle deur meditasie bevryding ervaar van alle perke wat daar op

hulle gelê word. Deur meditering word hulle dan bevry, wat beteken dat hulle in

die universele magte in getransendeer word en dat hulle dan die kragte wat die

universele magte tot hulle beskikking stel, in hulle liggame kan aanwend,

byvoorbeeld vir gesondheid – joga, of om te veg teen iemand – byvoorbeeld Kung Fu

en wêreldheerskappy – New Age-beweging.

121

Wat bied hierdie ou heidense godsdiens die beoefenaar daarvan as ’n eindpunt aan?

Dit leer dat jy kan ontwikkel in ’n volmaakte mens as jy hierdie bonatuurlike kragte

kan insmelt met jou eie filosofiese en liggaamlike kragte. Vergelyk die afdeling oor

New Age. Uiteindelik ervaar jy met jou dood die verligting dat jy deel word van die

univers of heelal. Tydens jou aardse lewe is dit om die magte van “Ki van die heelal”

tot jou voordeel te reguleer.

Die gedagte dat die mens homself moet inoefen tot selfvervolmaking om daarin sy

menswees te verwerklik, is ’n baie ou heidense doelstelling.

Hierdie “universele magte” is nie aan ons onbekend nie. Ons ken dit uit die Bybel as

die “bose geeste in die lug”. Die Boeddhisme is nie ’n Christelike godsdiens nie en

aanbid die Here in geen opsig nie. Daarom is dit ’n heidense godsdiens waarin die

mag en krag van die satan ontplooi word. Die Boeddhisme aanbid – onder watter

naam ook al – die “bose magte van die lug” waarvan die Bybel praat. Dis die duiwel

en sy engele met al die kragte wat tot hulle beskikking is.

Die Oosterlinge se totale lewe het skakels wat oraloor met mekaar inskakel. Daarom

is dit glad nie vreemd dat hulle godsdienste en gevegskunste ’n gemeenskaplike

basis het wat hulle “noi cun” noem nie. In hierdie “noi cun” is daar ’n mag wat hulle

aanbid. Hierdie mag noem hulle “ki”.

Die kragte wat in “ki” saamgebind word, is die universele magte of “magte van die

heelal”. Die magte en kragte van “Ki” word onder andere in bekende dinge soos joga,

akupunktuur, karate en judo gebruik.

Die Hindoeïsme leer verder dat daar ’n balans moet wees tussen die positiewe en

negatiewe magte. Dis byvoorbeeld waarom hulle hulleself dikwels swaar pynig, om

sodoende weer die balans in hulle lewens te herstel, sodat dit met hulle goed mag

gaan. Dieselfde beginsel geld byvoorbeeld ook in akupunktuur.

Die sogenaamde “ki” word deur die Hindoes as ’n mag aangewend om innerlike

vrede te gee en depressie en impotensie te beveg. Die teken wat hierdie harmonie

tussen goed en kwaad uitbeeld, is die teken van die dubbele paddavissies – wat ons

weet tegelykertyd ook ’n teken van Satanaanbidding is.

Wat is “ki”? Ons ken dit as die okkulte godsdienste. Dit is die donker godsdiens.

In die okkulte godsdienste word dit die “lewe- en energie-verwekkende krag van die

univers” genoem.

Die Bybel ken die bonatuurlike kragte en vermoëns wat hierdie “Ki” aan mense gee,

as duiwelsmagte of duiwelskuns. Dit kom duidelik na vore in sekere karate- en kung

fu-vertonings wat mens meestal net in die Ooste sien.

Wat word alles gedoen wanneer hierdie Zen-Boeddhisme beoefen word? Die

beoefenaars van hierdie afgodsdiens beoefen hulle godsdiens deur sekere buigings

te maak, asemhalingsoefeninge te doen, deur te sit en mediteer en ook deur intense

konsentrasie. Dit alles word gedoen om dan sodanig hierdie kuns van die gees – te

bemeester. Op hierdie manier vergoddelik die beoefenaar homself dan inwendig.

8.2 Satanstekens en Boeddhisme

Omdat die Boeddhisme nie-Christelik van karakter is, is daar net een plek waar dit

ingedeel kan word: dit is ’n Satansgodsdiens.

As mens na die tekens gaan kyk wat almal deur die sataniste gebruik word, is dit

verstommend om te sien dat die teken van transendentale meditasie, wat in sowel

Boeddhisme as joga gebruik word, daar voorkom.

Die sittende meditasiehouding van die jogabeoefenaars kom ook daaronder voor.

122

Die teken van balans tussen goed en kwaad – dubbelvis wat deur karatebeoefenaars

gebruik word – is ook onder hulle.

Kan tekens, simbole en metodes wat deur heidene en Satanaanbidders vir hulle eie

doel uitgewerk is, ooit onder ’n nuwe definisie tot eer van God aangewend word? Dit

laat mens dink, nè?

123

Teken Naam Beskrywing

8

Anargie

Ankh

Driehoek

Ewige agt

124

Die omverwerping van alle natuurlike en

mensgemaakte wette.

Dit is deur die ou Egiptenare gebruik in

die aanbidding van die songod Ra. Dit

verteenwoordig lewe en is veronderstel

om groot towerkrag en betekenis te hê.

Gedurende ’n heksevergadering word

die driehoek gewoonlik op die vloer

geverf – op die plek waar die demoon

wat opgeroep word, sal verskyn.

Dui op die geloof dat Lucifer vir ewig sal

heers.

Teken Naam Beskrywing

FFF

Getal van die dier

Heilige kewer

Heksagram

Heksepoot

125

’n Ander vorm van Satan se getal,

aangesien “F” die sesde letter van die

alfabet is.

Satan se getal soos dit in Openbaring

genoem word.

Gebaseer op die Egiptiese heilige

kewer – in Suid-Afrika beter bekend as

die miskruier – en dit simboliseer

reïnkarnasie.

Ook bekend as die Joodse Ster van

Dawid en die Seël van Salomo. Die

heksagram word erken as een van die

kragtigste simbole in satanisme en die

okkulte.

’n Onderstebo kruis, met die dwarsbalke

na onder gebreek. Dit verteenwoordig ’n

verloëning van die Christendom en

simboliseer die wegbreek van die

Christelike kerk wat elke satanis by

inisiëring ondergaan.

Teken Naam Beskrywing

Kruis van verwarring

Maan en ster

Onderstebo byl

Onderstebo

pentagram

126

Die antichris. Dit bevraagteken die

egtheid van die kruis van Jesus

Christus.

Die godin Diana en die ster van Lucifer.

Dit word in swart en “goeie” towerkuns

gebruik.

Die dubbellembyl het vir die Romeine

geregtigheid verteenwoordig. Sataniste

gebruik dit onderstebo om

teengeregtigheid of ongeregtigheid te

verteenwoordig.

Die belangrikste simbool in satanisme –

dit stel die bok se kop voor. Die twee

boonste punte stel die horings voor, die

twee aan die kant die ore en die

onderste die neus. Die drie punte wat

afwys, verloën die Heilige Drie-eenheid.

Teken Naam Beskrywing

Pentagram

Pentakel

Swartmis-tekens

Swastika

127

Word in beide swart en “goeie”

towerkuns gebruik. Die boonste punt

verteenwoordig die gees terwyl die

ander vier die aarde, wind, vuur en

water verteenwoordig.

’n Pentagram sonder die sirkel.

Tekeninge of simbole wat gode uit die

doderyk verteenwoordig, word dikwels

daarin geskryf.

Word gebruik waar ’n swart mis gaan

plaasvind of reeds plaasgevind het.

Ook bekend as die gebreekte kruis – ’n

antieke simbool wat gebruik word om

harmonie aan te dui. So gebruik, dui dit

op omgekeerde mag en natuurlik wat

buite beheer is. Dit is ook ’n Nazisimbool.

8.3 Karate as deel van die Zen-Boeddhisme-godsdiens

8.4 Joga

’n Ver gevorderde beoefenaar van karate – wat hulle ’n “ghi” noem – sal in ’n

bepaalde houding met toe oë staan en konsentreer voor ’n meester. Hierdie meester

word ’n “sensei” genoem en hy beskik oor baie bonatuurlike duiwelse vermoëns,

byvoorbeeld dat hy sy vuiste teen ’n vyand se borskas kan druk en iets soos ’n

elektriese skok deur die persoon kan stuur. Of hy besit sulke hipnotiese magte dat

hy, deur sy vinger na iemand toe te wys en te konsentreer op hierdie persoon –

natuurlik met die gepaardgaande duiwelse skreeu – hierdie persoon op die grond

laat neerslaan.

Die ghi sal konsentreer met sy toe oë totdat hy reg is en dan met ’n vreemde

uitdrukking in sy oë na ’n stapel planke toe stap – ses van hulle wat elk 2,2 cm dik is

– B Larson, in Speaks Out. Hy sal dan daarop konsentreer, skielik vinnig asemhaal,

sy hand hoog oplig, hard skreeu en al hierdie planke net met sy hand stukkend slaan

dat hulle in skerwe op die vloer val.

Die toeskouers dink gewoonlik dat hierdie soort van bonatuurlike vertonings bloot ’n

saak is van “mind over matter”. Die waarheid is dat dit ’n geestesmag (“spiritual

discipline”) is wat oor ’n tydperk van 5 000 jaar ontwikkel is om die liggaam, soos

hulle dit stel, met universele energie-gewende kragte te verbind om daardeur

“okkulte geloofsvertoning” (religious enlightenment) te kan gee.

Wat dus fisies gebeur, is dat daar ’n kombinasie van die vermoëns van die duiwel

self saam met die liggaamlike vermoë van ’n mens tot stand kom. Laat ons dadelik

erken dat die meeste mense wat hierdie dinge beoefen – by ons net soos in die

Ooste – gewoonlik nie deurdring tot in die volle diepte van die ki-aanbidding nie,

omdat hulle nie werklik belangstel in die volle potensiaal van die geestelike vermoëns

wat hulle deur die ki kan verwerf nie. Vir die meeste gaan dit bloot oor

selfverdediging en om ’n “heldebeeld” te kan vertoon.

Die feit waarby mens egter nie kan verbykom nie, is dat ons hier te doen het met ’n

Oosterse – heidense – godsdiens wat die mens betrek by hoër en donker magte.

Diegene wat hierdie magte aanvaar – aanbid – word deur daardeur ingesluk omdat

daardie mense se hele lewe in toewyding aan die magte gaan. Die feit is dat die

wesenlike beginsels van die heidendom nooit uit hierdie sportsoorte gesuiwer sal kan

word nie omdat iets wat uit die heidendom vir die heidendom gebore is, nooit vir

Christus aangewend kan word nie.

’n Voorbeeld van iemand in ons eie tyd in wie se lewe mens hierdie dinge kan sien

en meet, is die bekende Bruce Lee, wat uiteindelik op ’n baie misterieuse wyse dood

is.

Let op hoe hierdie diepgewortelde en ou heidense (Satans-) godsdiens met joga

inskakel. Joga beteken juk. Op die oog af lyk die woord nie so verskriklik nie. Wat is

dan daarmee verkeerd om ’n juk te dra? Trouens, die Christene praat self baie

daarvan dat hulle onder die “juk” van die sonde – en van die Wet – is. Gaan mens

egter verder en kyk na die selfstandige naamwoord wat van hierdie woord joga

gevorm word, naamlik yogi, of meervoud yogi’s, dan kry joga ’n totaal ander

betekenis, want die yogi’s is heiliges in die Hindoeïsme. Die Hindoeïsme is ’n

Oosterse godsdiens wat ’n sinkretistiese godsdiens is waarin baie gode aanbid word.

Joga is nie net ’n vorm van liggaamsoefening nie. Die liggaamsoefeninge,

asemhalingsoefeninge, meditasie, konsentrasie en maak van geluide wat simboliese

waarde het, is alles dinge wat presies so uit die Boeddhisme oorgeneem is. Al

hierdie dinge word daar gebruik in ’n aaneengeskakelde sisteem van geestelike en

liggaamlike bevryding.

128

Wat die saak verder onrusbarend maak, is die feit dat al die leiers van die

jogabewegings in Suid-Afrika verbintenisse het met die Hindoeïsme. Hierdie leiers,

onder wie daar ook blankes is, gaan na Indië, na Hindoe-inrigtings, vir verdere

opleiding. Al hierdie leiers is uitgesproke daaroor dat die joga-dissipline gebaseer is

op die lerings wat in die Hindoegeskrifte voorkom, byvoorbeeld die Bhagavad Gita.

Let net vir ’n oomblik op na een trek wat in die Hindoeïsme voorkom en wat ook in

joga voorkom: Dit is die hergeboorte, of “sansara”, wat uiteindelik sy neerslag vind in

’n hoër of laer lewe. Ons noem dit gewoonweg reïnkarnasie – om weer en weer te

kan lewe. Die aanhangers van hierdie afgodsdiens glo dat jou lewensverdienste –

karma – bepaal tot watter lewensorde jy na afhandeling van jou huidige lewensorde

sal behoort.

Die jogaleiers in ons land maak dit ook baie duidelik dat die liggaamsoefening – wat

deur so baie as doodonskuldig beskou word – slegs die eerste fase van die jogabeoefening

is. Hulle beklemtoon dat die liggaamsoefeninge van joga nie kan losstaan

van die geestelike dissiplines van bevryding nie.

Luister na die woorde van een van die jogaleiers in sy Talks – p.10: “Yoga is not

merely a set of gymnastics. It is a pity that the most vital elements of yoga are

forgotten, neglected and people get the impression that by merely standing on one’s

head, or sitting in the lotus posture, one can attain self-knowledge.”

Dis baie duidelik dat mens met hierdie saak te doen het met ’n godsdiens wat

probeer om die ware godsdiens te vervals – soos wat die duiwel in alle gevalle doen.

U moet net onthou dat die feit is dat joga die sisteem van bevryding – verlossingsleer

– van die Hindoeïsme leer. Daarom leer joga dat jy ’n “hergeboorte” kan ondergaan

deur meditasie en selfontdekking. Ons noem die hergeboorte in die Christelike geloof

wedergeboorte.

Die wedergeborenes sterf natuurlik in Christus om na hierdie lewe in die koninkryk

van God te lewe. Dit is ongetwyfeld vergelykbaar met die hoër lewensorde van die

Hindoeïsme/joga en die bestaan van die onbekeerdes in die hel met ’n laer

lewensorde. Daar breek die parallelle egter af. Die joga toon dus trekke wat, al is dit

vervals, ook in die Christelike godsdiens voorkom.

Joga verkondig verder ook die begrip van die Hindoeïsme dat daar ’n

harmoniserende tussenspel tussen teenoorgesteldes moet wees – ook in die

oefening van jou liggaam. Dit word verkry deur meditasie en bepaalde liggaams- en

handbewegings.

Wanneer die beoefenaar van joga die punt van innerlike stilte bereik het, strek

hierdie harmonie of balans daartoe dat hy kan deel word van die universele

bewussyn. Die universele bewussyn is vir alle praktiese oorwegings dieselfde as ki.

Natuurlik het ons hier te doen met ’n vervalsing van die ware openbaring dat die

Christen deel word van die verlossing in Christus. In die heidendom word dit

voorgestel as ’n selfbereikbare doel wat jy verwesenlik deur jouself een te maak met

die godheid.

Daar is ’n hele klomp soorte joga: Die liggaamsoefeninge in jogastyl staan bekend as

hatja-joga. Die konsentrasie en mediteringsjoga staan bekend as jnana-joga. Dan is

daar nog ’n vorm van joga waar allerhande soorte simboliese geluide gemaak word.

Dis mantra-joga. Daar is nog ’n klomp ander soorte joga.

Daar is natuurlik pogings om joga te kersten. Die merkwaardige is dat hierdie mense

daarvan praat dat Jesus die grootste “jogi” is. Van die kant van joga gesien is

Christene hartlik welkom. Hulle glo dat daar baie maniere is om by die godheid uit te

kom en die Christendom is hoogstens een van die maniere. Hulle erken ook nie iets

soos sondes nie. Sonde is bloot ’n “illusie”. Daar is wel verkeerde dinge, maar dit

129

8.5 Slot

moet daar wees. Elke mens moet net die balans tussen goed en sleg handhaaf.

Hulle het natuurlik hierdie houding omdat hulle God nie ken nie en in sy plek die

absolute “universal forces” stel.

Boeddhisme het talle van die alledaagse dinge binnegesypel – dinge wat ons

normaalweg as onskuldig beskou, soos joga en daarby die hele reeks gevegskunste.

In die hele saak van die Boeddhisme het mens die kwessie van sondeontvlugting

omdat hulle ontken dat daar iets soos sonde is. Hierdie dwaalleer verkondig die

volgende:

Jy het nie skuld aan iets wat jy verkeerd doen nie.

Jy kan hoogstens lyding oorkom.

Lyding kan egter deur die mens self oorwin word deur meditasie en

selfbevryding.

Dit is ’n totale vervalsing van die openbaring van God omdat die mens God word wat

sy eie verlossingsplan hanteer.

Vir hierdie gevaarlike stuk moderne heidendom sal die ware Christen sy kennis van

en die toepassing van beginsels wat vir God geldend is, baie skerp moet slyp. As dit

nie gebeur nie, sal hy/sy maklik daardeur ingesluk word.

9. Kunsmatige bevrugting – ja of nee?

Kunsmatige bevrugting sonder meer is sonde omdat die reël wat God daargestel het,

verbreek word. Dit is verkeerd om ’n vrou met enige/onbekende man se semen te

bevrug wanneer haar eie man onvrugbaar is. Net so is dit verkeerd om die man se

semen te gebruik om enige vrou behalwe sy eie te bevrug om sodoende vir hom –

hulle (?) – ’n kind in die lewe te bring wanneer die vrou onvrugbaar is.

Aan die ander kant is dit so dat die Here ons bepaalde gawes gegee het wat deur sy

genade al ver ontwikkel is, soos ons mediese wetenskap. Ouers wat nie vanself

kinders kan hê nie, mag wel op hierdie manier soek om kinders te hê, maar onder die

streng voorwaarde dat dit alleen mag plaasvind wanneer die saad en eierselle van ’n

spesifieke huwelikspaar ter sprake is, met ander woorde dié van ’n man en vrou wat

wettig met mekaar getroud is. Indien dit nie so gedoen word nie, is owerspel

betrokke.

10 . Lotery

Onder lotery is daar ’n hele aantal sake wat die gelowige se aandag verdien:

Die raai van hoeveel boontjies in ’n bottel, die gewig van ’n skaap, ens.

Die “speel” van perde

Bonusobligasies

Dobbelary by dobbelhuise soos Carousel e.a.

Staatslotery

Wat moet ons houding as gelowiges wees?

130

10.1 Die arbeidsmotief

Van die begin af het God die mens in duidelike woorde tot arbeid geroep. Arbeid het

vir die mens ’n sekere beloning tot gevolg. Wie nie werk nie, word nie beloon nie en

kan uiteindelik ook nie lewe nie.

Na die sondeval het God so besluit dat die mens in die sweet van sy gesig, dit wil sê

met moeite, sy brood sal verdien. Ek moet dus steeds deur my eie vernuf en bydrae

en die gebruik van my talente en geleenthede my kos verdien. By loterye en

gelukspeletjies verkry ek die beloning sonder God se arbeidsopdrag.

Ons kan sê: ag, maar dit is slim, nou werk ek minder as die ander man of meisie wat

nie ’n kans wou vat nie. Maar hierdie praktyk wek ’n weersin in harde werk, jou deel

doen, jou talente gebruik.

Hierdie praktyk leer jou die gewoonte aan om op alle ander gebiede jou kans te waag

en te hoop jy word beloon, of die saak werk goed uit.

Hierdie praktyk maak jou gewoond om met die minste arbeid weg te kom. Die gevolg

is jy word ’n slap, ruggraatlose mens wat uiteindelik deur ander gedra moet word.

10.2 Die openbaringsmotief

By die werp van die lot leer die Bybel ons dat dit nog altyd ’n ernstige handeling is

waar alles daarop dui dat die mens nie meer kan sê watter kant toe nie. God se hulp

word dan ingeroep en Hy besluit, byvoorbeeld by verkiesing van kerkraadslede na

stemmestaking.

In ander gevalle in die Ou Testament was die werp van die lot daarop gerig om die

wil van God te openbaar waar die mens dit glad nie op enige ander manier kon

bekom nie. Vergelyk hier die geskiedenis van Akan of Dawid se aanval op Jebus.

Die hoëpriester het inderdaad ook twee dobbelstene in ’n sakkie op sy bors gedra.

Die twee stene het name gehad, naamlik die Urim en die Tummim.

Dobbel of lotery was dus van vroegs af bedoel as deel van ons aanbidding aan die

Here.

Mag ons hierdie heilige en besondere openbaringsmiddel van God dan vir allerhande

ligsinnige speletjies gebruik?

11. Lykverbranding – verassing (kremasie)

Van die vroegste tye af het heidense volke hulle dooies verbrand. Dit was

hoofsaaklik om twee redes:

Angsmotief – hulle wou die dode totaal vernietig, sodat hulle nie meer

onheilspellende besoeke sal ontvang nie.

Die liggaam was vir hulle nikswerd en na die dood bloot ’n stuk vleis.

11.1 Argumente vir lykverbranding

Baie mense beveel dit vandag aan om die volgende redes:

Materialistiese oorweging. Daar is nie meer genoeg plek nie en te veel ruimtes

word deur begraafplase gevul.

Higiëniese oorweging. Daar is ’n moontlikheid van ondergrondse besoedeling.

Ons kan baie arbeid spaar. Dink maar net aan die instandhouding van die groot

begraafplase.

131

Dan sal ons ook minder leuens – lofliedere – op grafstene sien.

Die begraafplase word tog na ongeveer 20 jaar in die stede platgestoot en vir

ander doeleindes gebruik.

Kremasie is baie goedkoper. Hoekom duurder uitgawes as toe jy die wêreld

ingekom het?

Dit gaan vinnig. Binne ’n tydjie is daar net ongeveer drie kilogram as oor terwyl ’n

liggaam lank neem om te vergaan.

Die gevaar bestaan dat ’n mens na jy begrawe is, dalk lewendig kan word, maar

ons kan moeilik daarna sê ek het wakker geword in ’n oond!

11.2 Wat sê die Bybel hieroor?

Ou Testament

o Die reël was dat verbondskinders se afgestorwenes begrawe word –

Genesis 23;6.

o Ons kry baie familiegrafte in Israel.

o Begrafnis was by hulle ’n daad van liefde en piëteit.

o Dis belangrik dat God self vir Moses begrawe het.

o Het misdadigers se lyke verbrand – Agan, of by bloedskande gepleeg –

Levitikus 20:14, of by groot oorloë.

o Lykverbranding staan in die Ou Testament in die teken van vervloeking –

Amos 2:1-3.

o Daar is een voorbeeld van verbranding van liggame wat later begrawe is. Dit

is dié van Saul en sy seuns. Nadat hulle al ’n paar dae teen die muur van Bet-

San vasgeslaan was, het Dawid en sy manne die liggame gaan afhaal,

verbrand en toe begrawe. Die liggame was waarskynlik al so ontbind dat daar

nie ’n ander manier was om daarmee te werk nie. Hierdie voorbeeld kan dus

nie gebruik word as ’n reël om verassing te regverdig nie.

Nuwe Testament

o Daar is geen teks wat dit eksplisiet veroordeel nie maar ook geen teks waarin

Jesus dit aanbeveel nie. Dit is egter verkeerd om die Bybel op hierdie manier

soos ’n naslaanboek te benader. Die Bybel spreek met ’n algemene gees en

gesindheid en daarom is daar baie etiese optredes – soos lykverbranding of

nie – wat ons uit die algemene opset van die Bybelse getuienis moet aflei.

o In die Nuwe Testament word hierdie saak bepaal deur die feit en

uitgangspunt dat die mens die kroon is van God se skepping. In Genesis 1:26

kry ons dit al. Na gees, siel en liggaam is ons geskape in ware geregtigheid,

heiligheid en onsterflikheid.

o Al keer die liggaam weer terug tot stof, heg ons nog waarde daaraan, want dit

is die liggaam en siel wat weer eendag volkome vernuwe sal opstaan.

Daarom is Jesus self ook begrawe as ’n simboliese daad met die oog op

opstanding.

o Vir ons wat glo aan die opstanding en wederkoms, het ’n begrafnis die

simboliese betekenis dat die gestorwe liggaam aan die aarde toevertrou word

soos ’n koringkorrel aan die aarde voordat dit opstaan en groei. Jy kan tog nie

’n koringkorrel verbrand voordat jy dit plant en hoop dit gaan groei nie! Vir ons

bly die graf die plek waar in oneer gesaai word, maar waar daar later jubelend

132

met die basuingeklank iemand weer verheerlik sal opstaan. Watter betekenis

sal 1 Korintiërs 15 vir ons hê sonder ’n begrafnis? Gaan lees en sê hoekom.

o Die nasionale sinodes van 1933 en 1952 spreek hulle duidelik uit teen

lykverbranding.

Die siening van P Lok is baie belangrik:

o Die Bybel erken begrafnis as ’n normale en gebruiklike manier sowel in die

Ou as in die Nuwe Testament. Besondere betekenis word toegeken aan die

“familiegraf” en die “versamel word by sy volksgenote”.

Vgl. Genesis 25:8-9 – Abraham; Genesis 49:29, 33 – Jakob.

o Die sterwe en opstanding van Jesus Christus staan sentraal. Die saai van ’n

natuurlike liggaam en die opwekking van ’n geestelike liggaam is daaraan

ontleen, asook die begrawe en opgewek wees van die gelowige met Christus.

o Om begrawe te word was ’n Joodse gewoonte maar is ook by die heidense

volkere gevind – die Egiptenare en die Hetiete – Genesis 23:4-6.

o Op Goeie Vrydag is “’n natuurlike liggaam” gesaai en op Paasmôre “’n

geestelike liggaam” opgewek – 1 Korinthiërs 15:44.

o Die martelare wat op die brandstapels verbrand is, het tot hulle vertroosting

geweet dat verbranding vir God geen verhindering is om ’n geestelike liggaam

op te wek nie. Dit beteken egter nie dat daar geen kontinuïteit is tussen die

natuurlike en die geestelike liggaam nie. As voorbeeld van hierdie kontinuïteit

staan Christus met sy opstandingsliggaam, waarin nie alleen kontinuïteit nie

maar selfs identiteit gekonstateer word.

o Kremasie word vanuit estetiese oorwegings gepropageer. Daarmee word

probeer om die grimmigheid en vyandigheid van die dood te kamoefleer. As

daar êrens van eutanasie – genadedood – gepraat kan word, dan is dit hier:

die dood word “goed” genoem. Dit word gekamoefleer dat die dood die laaste

vyand is en dat die vonnis van God oor die sonde hierin bestaan, dat die

mens stof is en tot stof sal terugkeer – Genesis 3:19.

o Kremasie is van ’n nie-Joodse, heidense oorsprong, nie gefundeer in die

Skrifte nie, maar wèl verweef met allerlei anti-godsdienstige motiewe,

alhoewel kremasie gepropageer word op grond van allerlei saaklike

argumente – ekonomie, estetika, ruimtelike ordening, higiëne, ens.

o Van die begrafnis gaan ’n kragtiger getuienis uit oor die Christelike geloof in

die opstanding van die dooies, as van kremasie – 1 Korinthiërs 15.

o Orals waar die evangelie aangeneem is en die kerstening van volke

plaasgevind het, is kremasie vervang deur begrafnis; aan die ander kant sien

ons dat kremasie die plek van begrafnis inneem waar die proses van

ontkerstening plaasvind.

o Hierdie ontwikkeling word ook bevorder deur die teorie oor die “herwaardering

van die dood” as sou die dood tot die lewe behoort, wat in stryd is met talle

Skrifgegewens – o.a. Genesis 2:17; Romeine 5:12; 1 Korinthiërs 15:26.

o Dit is die roeping van die gelowiges om die begrafnis van God se kinders te

verkies bo hulle kremasie. Dit is eweneens hulle roeping om die begrafnis vry

te maak en vry te hou van allerlei ongeloofs- en bygeloofsverskynsels en te

sorg vir ’n Christelike begrafnis.

o Kremasie kan slegs aanvaar word in noodsituasies, byvoorbeeld

oorlogsomstandighede, of in geval van epidemies, maar dit moet ’n

uitsondering wees en geen reël word nie – Amos 6.

133

o Die bywoon van ’n kremasieplegtigheid kan nie as ongeoorloof bestempel

word nie, maar moet prakties op een lyn gestel word met die bywoon van ’n

begrafnis van ’n ongelowige. Des te skerper sal ons sien hoe bevoorreg ons

is bo hulle wat nie van Christus is nie.

o Die dood-deur-verbranding word in die Heilige Skrif vermeld óf as ’n

besondere straf vanweë buitengewone sondes, óf om ’n alreeds geskonde lyk

vir verdere skending te behoed – 1 Samuel 31:12-13, of as noodmaatreël in

tye van epidemies.

o Dit behoort ook tot die amptelike diens in die gemeente van Christus om die

Skriftuurlike betekenis van die Christelike begrafnis aan die gemeente voor te

hou – prediking, kategese, huisbesoek.

12. New Age-beweging

12.1 Definisie

Een van die onderafdelings/vertakkings van die holisme is die sg. New Agebeweging.

Dit is ’n beweging wat ’n alternatiewe kultuur in die samelewing tot stand

wil bring. Dit is ’n spesifieke denkwyse/godsdiens, want dit is ’n oorplanting van die

Hindoe-filosofie op die Westerse kulture. Dit is inderdaad Oosterse okkultisme met ’n

inslag wat voorgee dat enige godsdiens, ook die Christendom, hom daarin kan vind.

In wese is dit ’n aanslag om die Weste te ontkersten en te vervang met die Oosterse

okkultisme.

12.2 Wat is die doelstellings van die New Age-beweging?

Algemene broederskap

Alle godsdienste is gelyk – ingeskakel in die New Age-beweging.

Dit beoog om die “sluimerende psigiese en geestelike kragte van die mens te

verken”.

12.3 Die karaktertrekke van hierdie beweging

Dit spits hom toe op die mistieke.

Dit beoefen die okkulte.

Dit is die vlag waaronder die opkomende feminisme vaar.

12.4 Die lewensbeskouing van die New Age-beweging

Dit leer dat alles in die hele skepping wesentlik een is. Sien hierby die hele

afdeling oor holisme.

Dit leer dat daar nie een God – Drie-enige God – bestaan nie. ’n Panteïsme word

geleer. Panteïsme is ’n veelgodedom. God is nie ’n Persoon of ’n Wese nie. Dit is

’n universele gees wat in alles is: Dit word veral uitgedruk in joga, meditasie en

reïnkarnasie.

Die skepping, soos dit in die Bybel geleer word, en Jesus Christus as Verlosser,

asook die evangelie van Jesus Christus, word totaal verwerp.

Alles is voortdurend in ’n proses van verandering/evolusie. In hierdie proses kan

die mens homself verander en verbeter.

Die astrologie – sterrewiggelary – speel ’n groot rol in die bepaling van die

mensdom se geskiedenis. Hulle leer dat die menslike bestaan uit die beeld van

134

12.5 Propaganda

12.6 Kritiek

die Pisces – vis – uitbeweeg en in die beeld van Aquarius – waterdraer –

inbeweeg. Die Pisces was die tydvak van die Christendom wat onsuksesvol was.

Nou beweeg ons in die tydvak van die Waterdraer waar die klem op die mistieke

en okkulte val. Dit sal by die mensdom ’n strewe na eenheid en vrede vestig.

Alle denkbare middels word gebruik as propagandamiddel en om mense te breinspoel,

soos die TV, kuns, musiek, speletjies, tekens en simbole en selfs die politiek.

Hierdie leer maak van die mens sy eie god. Dit breek die mens ook totaal los van die

ewige en almagtige God. Uiteindelik is dit ’n rou stuk heidendom waarin God verwerp

word. Al die aanhangers van hierdie leer word uiteindelik sonder redding agtergelaat.

Daar is geen nuwe koninkryk van God wat kom nie. Die hiernamaals bestaan vir die

New Age-beweging in ’n terugkeer in ’n hoër vorm van lewe deur reïnkarnasie.

13. Okkultisme

Hierdie lesing is uitgewerk met erkenning aan boeke en artikels wat deur

prof. PJ de Bruyn geskryf is, asook talle artikels en bronne wat van die RGN verkry

is. Lees Deuteronomium 18:9-14 en Handelinge 19:11-17.

13.1 Wat is okkultisme?

Okkultisme en satanisme is nie dieselfde ding nie – al dink baie mense so.

Satanisme is die openlike aanbidding van Satan. Okkultisme is nie so ’n oop en

blatante manier van Satanaanbidding nie; dit is baie meer subtiel. Okkultisme is ’n

wetenskap wat geheime kragte gebruik en bestudeer. Dit word beoefen deur mense

wat nie in die Here glo nie, al is daar onder hulle wat daarop aanspraak maak dat

hulle aan ’n kerk behoort.

Okkultisme kan nooit “onskuldig” of “neutraal” beoefen word nie. Dit kan net beoefen

word deur mense wat die Here nie ken nie.

Toordery is ’n baie ou en ’n waar praktyk. Die Bybel erken ook hierdie okkultiese

verskynsel:

Die towenaars van Farao – Eksodus 7:10-12, 22; 8:7,18-19

Simon die towenaar – Handelinge 8:1-25

Elimas die towenaar – Handelinge 13:6-12

Die Here verbied gelowiges om aan towery en waarsêery deel te neem –

Levitikus 19:31; 20:6; Deuteronomium 13:1-3; Jesaja 8:19-20.

13.2 Wie is vatbaar vir okkultisme?

Wie is die mense wat gewoonlik vatbaar is vir okkultisme en wat deur okkultisme

gewerf word? Dit is mense wat paranormale vermoëns het. Paranormale vermoëns

is vermoëns wat afwyk van die normale. Daar is hoofsaaklik drie van hierdie

vermoëns wat ’n rol speel.

Heldersiendheid

Heldersiendheid is die vermoë wat mense het om deur drome, visioene, klanke

en meer dinge te voel of te weet dat iets op ’n ander plek gebeur het of gaan

135

gebeur, terwyl dit nie deur die normale funksionering van jou brein en jou sintuie

waargeneem of uitgewerk kan word nie.

In die omgangstaal word gewoonlik na sulke mense verwys as mense wat met

die helm gebore is. Dit is nie sonde om hierdie gawe te hê nie. Dit is net dat

hierdie mense meer vatbaar is om okkultisme te beoefen as “normale” mense.

Telepatie

Hierdie groep mense het die vermoë om te weet wat ander mense dink, sonder

dat iemand dit vir hulle sê, of sonder dat dit op enige fisiese manier aan hulle

oorgedra word.

Psigokinese

Dit is mense wat lepels buig of voorwerpe laat skuif of rondvlieg deur net daarop

te konsentreer.

U moet net besef dat dit nie beteken dat mense wat hierdie gawes het, almal

beoefenaars van die okkulte is nie. Daar is mense wat hierdie gawes besit wat dit

reg en tot eer van die Here gebruik.

Die punt is net dat mense wat oor hierdie gawes beskik, makliker vatbaar is vir

okkultisme as ander mense. Dan is daar ook mense wat nie normaalweg hierdie

gawes het nie, maar wat deur die duiwel daarmee toegerus word wanneer hulle

oorgaan tot satanisme. Daar is meer voorbeelde waar die satan aan sy dienaars

bekwaamhede gee wat hulle dan aanwend om meer mense van die Here af weg

te lok of om met hulle gawes skade aan die koninkryk van die Here te doen.

So word heldersiendheid in die diens van Satan aangewend in waarsêery. Dink

maar aan die woonwa van ’n waarsêer wat ons soms langs die straat sien. Daar

is meer van hierdie vorm van okkultisme, soos die groep wat die stand van die

sterre gebruik om te voorspel wat met mense gaan gebeur.

U moet net nie dink dat hierdie magte nie bestaan nie, en dat hulle nie raak kan

voorspel nie. Die duiwel het soveel mag dat hy sy dienaars hierin lei. Dink maar

net aan wat in Deuteronomium 13:1-3 en 18:9-14 geskryf staan.

Vgl. Efesiërs 6:12.

Die spiritis gebruik telepatie wanneer hy sogenaamd “glasies speel”. Hy weet wat

in die gedagtes aangaan van die persoon wat hom besoek, daarom is dit vir hom

maklik om voor te gee dat hy ’n dooie geraadpleeg het.

Demoniese beïnvloeding kan op die volgende maniere verkry word:

o Oorerwing

o Handoplegging – een okkultbelaste persoon kan, deur ’n ritueel van

handoplegging, okkultiese vermoëns aan ander mense oordra

o Deur ’n bloedverbond met die duiwel

o Deur harde trommusiek

o Deur dwelms

o Deur okkultiese boeke te lees en deur sulke speletjies te speel

o Deur transendentale meditasie

Die strewe om oor paranormale vermoëns te beskik openbaar by die mens die

begeerte om, in stryd met God se wil, oor kennis en vermoëns te beskik

waardeur God se almag en alwetendheid nageboots kan word. Dit is dus in wese

niks anders nie as opstand teen God.

136

13.3 Alchemie

13.4 Kleure

Alchemie is ’n deel van die okkulte wat verband hou met astrologie. Dit ondersoek en

benut die verhouding van die mens tot die kosmos tot voordeel van die mens. Daar is

van die geraadpleegde bronne wat beweer dat sekere geneeskundige praktyke, soos

akupunktuur, deel is van alchemie.

Die doel van alchemie is transmutasie. Transmutasie kan op verskillende maniere

vertolk word: Dit word aan die een kant vertolk as dat daar chemiese veranderinge in

’n mens bewerk word; andersyds word dit verstaan dat daar psigologiese

veranderinge in die mens tot stand kom.

Hierdie veranderinge sluit dinge is soos om van siekte af oor te gaan na gesondheid;

ook om van ouderdom af oor te gaan – teruggaan (?) – in jou jeug in. Dit sluit selfs in

om van ’n aardse bestaan af oor te gaan in ’n bonatuurlike vorm van bestaan.

Die Chinese glo al vir baie eeue – sedert 8 v.C. – in dinge soos bonatuurlike kragte

en ’n uiteindelike bonatuurlike bestaan. Van die 4de eeu v.C. af het hulle geglo dat

die bonatuurlike gekontak kan word deur die gebruik van dwelms. Hulle het ’n

bepaalde dwelm gebruik wat die naam het van elikser van lewe of drinkbare goud.

Alchemie kom vir baie eeue al by verskeie volke voor, naamlik Chinese, Indiërs,

Ou Grieke, Arabiere en in die Latynse wêreld.

U sal oplet dat al hierdie dinge te doen het met, of ’n beeld vertoon van, die ware

openbaring van God, maar dat die okkulte die openbaring van die Here in ’n

verdraaide vorm aanwend om die mens te dien. Daar is in die okkulte geen staanplek

vir God en vir sy eer nie.

In die okkulte word daar tien kleure of samestellings van kleure as vertrekpunte

geïdentifiseer. Die kleuruiteensetting word ’n cabala genoem.

Wit – kether, die kroon

Swart – binah, begrip

Grys – chokmah, wysheid

Rooi – geburah, krag

Blou – chesed, genade

Geel – tiphered, skoonheid

Oranje – hod, eer/glorie

Groen – netzach, oorwinning

Pers – jesod, die fondament

Vier kwarte: sitroengeel, roesbruin, olyf en swart – malkuth, die koninkryk

By jongmense wat bekend staan as hekse by satanisme, kom dit voor dat hulle

heeltemal swart klere dra. Soms is dit rooi en ander kere weer kombinasies van

swart en rooi. Dit hang af wat hulle moet voorstel.

In towery word die duiwel as rooi voorgestel, want dit sou uitbeeld dat hy alleen krag

het. Swart is die kleur van heksery en towery: dink aan bekende terme soos: swart

towery – black magic; swart kuns – sataniese kuns; die swart boek, ens.

137

13.5 Astrologie

Daar is rigtings wat astrologie as ’n wetenskap beskou. Die Christene beskou dit

egter as ’n pseudowetenskap – valse/nagemaakte wetenskap. Dit is die deel van die

okkulte wat mense se lewens en dinge wat op die aarde gebeur, volgens die stand

van die sterre voorspel.

Hierdie groep glo dat die manier waarop die son, maan en sterre – sterrekonstellasies

– beweeg, bepaalde invloede op mense en hulle lewens uitoefen.

13.6 Voorspelling

Hierdie okkulte beweging is verwant aan astrologie. Wat dit baie gevaarlik maak, is

dat dit so erg afgodies is dat daar selfs offers gebring word, en dat die lewers van die

geofferde voorwerpe ontleed word om die gang van die bonatuurlike vas te stel.

By die gypsies word teeblare gebruik, of handpalms gelees. By sommiges word die

manier waarop voëls vlieg gemonitor om daarvolgens te voorspel.

13.7 Toordery

Daar word onderskei tussen die sogenaamde “wit” en “swart” toorkragte. Die swart

toorkragte sou dan dié wees wat hulle op die satan en sy dinge toespits, terwyl wit

towery heeltemal neutraal is. Die feit is dat nie een van die twee die eer van God

dien nie.

Toordery is om deur middel van bonatuurlike krag dinge te laat gebeur wat buite die

reël van die normale of die natuurlike is. Toordery en heksery hang saam met

mekaar. Toordery, en die daarmee gepaardgaande oplegging van vloeke of die

verbreking van sulke bande word vandag nog sterk beoefen deur, onder andere,

die sangomas. Dikwels word die Voedoe-kultus hierby geïnkorporeer.

13.8 Satan en satanisme

Daar is allerhande bewegings wat die bestaan van Satan as persoon ontken. Die

Bybel leer egter baie duidelik dat hy ’n werklike skepsel is. Lees: 1 Petrus 5:8, 9.

Die satan is baie domastrant en hy takel enigiemand. Hy het nie die vermoë om te

kan onderskei wie sy meerdere is en wie nie. Daarom het hy selfs die Here Jesus

probeer versoek nadat Hy gedoop is.

Satanisme is ’n beweging wat die satan aanbid as hulle god. Ons weet dat hierdie

mense nie die opstanding in die koninkryk van God gaan oorleef nie omdat hulle met

die wederkoms die tweede dood gaan sterf. Dit is teen hierdie agtergrond

merkwaardig dat die Here die satan die “god van hierdie wêreld” noem. Sy mag en

sy toekoms gaan nie verder as die bestaan van die aarde nie. Daarna is hy en almal

wat aan hom behoort, bestem vir die hel.

Moderne satanisme is gestig deur dr Anton Szander la Vey. Dit is ’n baie jong

beweging, want dit is eers op 30 April 1966 gestig – in die laaste dae! Hy het in San

Francisco gebly – merkwaardig dat hierdie sekte ook soos alle ander sektes uit

Amerika kom! Hy was ’n fortuinverteller of gedagteleser by ’n sirkus.

Omdat hierdie man telepatiese en spiritistiese vermoëns gehad het, kon hy agterkom

dat daar baie mans is wat in die sirkus sit en met wellustige gedagtes kyk na die

byna kaal meisies in die arena. Hy self het ook allerhande wellustige gedagtes oor

die meisies ervaar. Aanvanklik was hy ’n kerkganger. Hy het toe begin oplet dat

dieselfde mans wat wellustig raak oor vrouens Sondae in die kerk sit asof hulle nooit

iets verkeerds gedink het nie.

La Vey het toe besluit dat hy ’n “kerk” vir eerlike mense wil stig. Dit moes ’n kerk

wees waarin almal op ’n eerlike manier uiting aan hulle welluste kon gee, sonder dat

138

hulle iemand daarvoor om verskoning moes vra. Die stigting van die organisasie is in

die lewe geroep met ’n geweldige uitspattige orgie tussen mans en vrouens en

homoseksueles. Die gebeurtenis word vandag nog jaarliks gevier deur die sataniste

en staan bekend as Walpurgisnag of kruisnag.

Die sataniste het ook ’n eie bybel. Die inhoud van hierdie sogenaamde bybel is dat

selfgenot en selfhandhawing die belangrikste sake in die lewe is en dat die satan

daardeur die beste gedien word.

Iemand kan net ’n satanis word as hy/sy ’n verbond met die duiwel gesluit het. In

hierdie verbond belowe hulle dan om vrye teuels aan hulle welluste, begeertes en

ideale te gee.

Wanneer iemand ingelyf word in die satanisme, moet hy ’n eed aflê dat hy alle bande

met die Drie-enige God verbreek en hom voortaan aan die satan sal wy. Dit is

natuurlik sonde teen die Heilige Gees – die enigste sonde wat God nie in hierdie

lewe of in die toekomstige lewe vergewe nie.

Die presiese woorde wat die sataniste gebruik wanneer hulle “geloofsbelydenis”

doen, is: “Ek sweer hier voor Satan en sy getroue dienaars dat ek Christus en al sy

leerstellinge verwerp; dat ek Satan tot my enigste saligmaker aanvaar en tot in

ewigheid aan hom getrou sal bly. Amen.”

By dié geleentheid vind die doop van die belydenisaflegger dan ook plaas. Die bloed

van ’n bok word in ’n kopbeen opgevang en ’n bloedkruis word gemaak op die

voorkoppe van die nuwelinge wat ingelyf word. Daarna word ’n nagebootste nagmaal

gevier met die woorde: “Dit is my bloed! Drink dit in die naam van die satan, die valse

profeet en die antichris.” Die hele ritueel word dan afgerond met ’n seksuele orgie.

Behalwe hierdie inwydingsnagmaalsviering het die sataniste ’n eie nagmaalsviering.

Die hoëpriester van Satan gee dan aan elke lid ’n stuk nagmaalsbrood. Hulle kry dan

’n bevel om dit fyn te kou en uit te spoeg. Hulle moet dan daarop trap en en die Here

Jesus Christus vervloek.

Die sataniste se byeenkomste vind gewoonlik in die nag plaas. Dit begin met

allerhande sensuele danse wat gepaard gaan met die gebruik van dwelmmiddels.

Die kleredrag is daarop ingestel om te prikkel tot seks. Om middernag vind daar ’n

bloedoffer plaas en daarna die fees van vrugbaarheid – ’n seksorgie wat etlike ure

duur.

13.9 Hoofelemente tydens Satanaanbidding

Die hoofelemente van satanisme is seks en dwelms. Die dwelms word grootskaals

gebruik om die deelnemende lede sover te kry dat hulle alle inhibisies moet prysgee.

Dwelms het die eienskap om alle onwilligheid teen die kwaad in ’n mens af te breek.

Die leiers van die sataniste kry ’n 10-jaaropleiding in “underground”-musiek,

gifstowwe en dwelms wat uit plante verkry kan word, en moderne kuns. Hulle gebruik

hierdie middele om veral jongmense in hulle kloue te kry.

Dit is reeds bewys dat geweldig harde, polsende musiek ’n mens se weerstand

afbreek. Dwelms het ook die effek dat dit alle inhibisies en weerstand teen iets soos

seks uitwis. Die kombinasie van die twee skep dus ’n klimaat waarin ’n jongmens

omvorm word in iemand wat enigiets uitdaag wat verbode is.

13.10 Hoe ons kinders betrokke raak

Kinders en jongmense is in hulle tienertyd meer vatbaar om godsdienstig beïnvloed

te word as ouer mense. Die mense wat agter die okkulte se skerms staan, weet dit

en buit dit uit. Dit is waarom die leiers in die satanistiese bewegings so deeglik

onderrig moet word in okkultemusiek – “underground, metal and heavy metal”.

139

Die verkeerde musiek word deur hierdie mense gekombineer met ’n uiters

oppervlakkige tipe godsdiens, sodat die jongmense deur die sogenaamde godsdiens

gevang moet word. Die werklike inhoud van die byeenkomste, naamlik dat hulle

gevang moet word deur die musiek en dwelms, sien hulle nie raak voordat dit te laat

is nie.

’n Bestuurder van een van die heel grootste rock-groepe in die wêreld het gesê:

“We have found that the greatest commitment anyone makes is a religious one. That

would be the greatest motivator to get people to buy rock records. So, ... we are

going to have religious services at our concerts. We are going to pronounce

ourselves as messiahs, making intimate acquitances and covenants with satan. We’ll

be praying for the sick, raising people up out of wheelchairs and performing the

supernatural during concerts ...”

“Heavy metal”-musiek beïnvloed beslis jeugdiges se keuses en handelinge. ’n

Boodskap van volslae verwerping van alle vorms van gesag word regstreeks en met

mening uitgedra deur die musiek en die mense wat dit maak. Al sou ons jongmense

dit hoe graag ook al wou ontken, word hulle weerspreek deur die hoëpriesteres van

die Church of Satan in Kalifornië – 1984:

“Heavy metal groups are influencing the kids to come to satan. The groups are into

satanism, even though they may deny it.”

Hierdie uitspraak word bevestig met die woorde van die groep Wasp se een liedjie:

“The gods you worship are steel at the altar of rock and roll you kneel.”

Jongmense en kinders se vriende is gewoonlik die slaggat waarin hulle val. Slegte

vriende is gewoonlik reeds vantevore al vasgevang in die hande van een of ander

dwelmhandelaar wat vir hom ’n sel van satanaanbidders gevestig het.

Dit is waaroor dit alles gaan – geld! Die musiek en die dwelms moet geld inbring vir

diegene wat daaragter sit. Daarom word musiek en dwelms in simbiose met mekaar

gebring.

Hierdie “vriend” van ’n jongmens sal hom/haar een aand oornooi na ’n partytjie –

verjaarsdag, ens. van homself of ’n vriend/vriendin. Op die oog af lyk dit onskuldig en

reg. Daarna gebeur dit dat die jongmens op so ’n byeenkoms dwelms “gevoer” word.

Hy kry dit in sonder dat hy daarvan bewus is. Hy voel net snaakserig, en met die hulp

van die harde musiek en ’n uitlokkende vriendin/vriend verkrummel sy/haar waardes

vir die oomblik.

’n Goed beplande geleentheid word geskep en die jongmens word verlei om

seksuele omgang met iemand by die partytjie te hê.

Deur die loop van die week konfronteer die vriend – of een van sy vennote – die kind

by die skool of op straat met ’n pakkie dwelms van die een of ander aard. Vanselfsprekend

steek die kind vas en weier, want hy is nog rou en vol skuldgevoelens oor

die seksuele gebeurtenis van die aand van die partytjie.

Die vriend haal dan ’n foto uit sy sak want, soos vooraf beplan, was daar juis iemand

wat ’n foto van hierdie gebeurtenis geneem het. Die kind word dan met hierdie foto

afgedreig. Hy vat die dwelms en gee die geld daarvoor. Dit verklaar ook waarom

daar in sekere huishoudings dikwels geld verdwyn op die onverklaarbaarste maniere.

Dikwels word die jongmens baie brutaal aangesê om die middag by die een of ander

adres te wees as hy weet wat goed is vir hom. Daar kry die jongmens die grootste

skok van sy lewe, want ’n hele video van sy orgie met die meisie word vir hom

gewys.

140

Hiervandaan is die pad vir so ’n jongmens hel en vir die organisasie maklik. Die

jongmens is bang en voel hy/sy kan nie met sy ouers praat nie, want hy is bang. Hy

word net dieper en dieper in die ding ingedwing totdat hy homself later maar oorgee

aan dwelms, want dit verlos hom van sy skuldgevoelens en laat hom kans sien om

aan te gaan.

Intussen lag die hoof van die sel lekker, want hy het nog ’n kliënt bygekry, en sy

beursie raak dikker.

13.11 So ’n kind se gedrag

Kinders tree nie almal eenders op nie. Maar hoe sy/haar optrede ook al is, die ouers

sal dadelik agterkom dat sy/haar gedrag nie dieselfde is as wat dit voorheen was nie.

Daar kan botheid of stuursheid intree. Meisies het veral die geneigdheid om

aanhoudend te wil bad, want hulle voel vuil as gevolg van die seksorgies waarin hulle

gedwing word. Seuns raak in verset teen alles en vlug vir ’n naby/persoonlike

gesprek met hulle ouers. Hulle raak afwykend en baie parmantig.

Let op na oë wat soms uitermate helder is. Let op vir prikmerke – naaldmerke om die

enkels, of selfs onder die naels – toonnaels. Soms is daar oormatige slaperigheid;

ander kere weer lusteloosheid. Onverantwoordelikheid raak meer en meer opsigtelik.

Al hierdie dinge kan dui op dwelmgebruik.

13.12 Die pad vorentoe

Die beste manier om kinders te beskerm is om die probleme te voorkom. Daar

moet toesig gehou word oor hulle keuse van vriende. Ouers moet so naby aan

hulle kinders leef dat hulle kinders en dié se vriende openhartigheid teenoor hulle as

ouers het.

Vermy oormatige kennis/kontak/inligting oor die okkulte en satanisme. Die sataniste

maak openlik staat op kennis en leesstof wat oor hulle versprei word sodat hulle op

sulke mense kan toeslaan.

Ouers moet naby die Here leef en hulle kinders leer om naby die Here te leef. Ouers

moet so optree teenoor hulle kinders dat hulle die vrymoedigheid het om na hulle

ouers toe te gaan as hulle in probleme vasgevang raak. Hulle moet weet dat

hulle steeds by hulle ouers welkom sal wees, en dat hulle op hulle hulp sal kan

staatmaak – selfs al kom die afperser met sy foto’s en sy video’s by sy ouerhuis aan.

14. Orgaanskenking – ja of nee

In 1967 is die eerste hartoorplanting in die wêreld hier in Suid-Afrika gedoen. Ons

moet nie verwag dat die Skrif met ’n teks “ja” of “nee” sal sê nie. Die praktyk van

orgaanoorplanting is ’n moderne probleem sedert die afgelope paar dekades.

14.1 Argumente daarteen

Mense het allerlei argumente teen die saak. Sommiges daarvan dra meer gewig en

ander minder:

Dit is teen God se wil, want jy verander daardie mens en maak hom wat God nie

van hom wou maak nie.

Dit is God se wil as jy ’n swak nier het en jy moet dit aanvaar.

Die mens se eie identiteit word daarmee verander en jy moet ’n persoon begrawe

met al sy organe.

141

14.2 Argumente daarvoor

Ons dien ons naaste daarmee. Ons staan met ons liggaam in diens van God

en ons naaste. Jesus Christus het as Voorganger sy liggaam as offer vir ons

gegee – Hebreërs 10:10.

Ons liggaam sal eendag verheerlik opstaan, dit wil sê sonder enige gebreke. Dit

wat nou tot lewensvernuwing vir ander geskenk word, sal nie eendag in die

skenker se verheerlikte liggaam ontbreek nie.

Horingvliesoorplantings word vir baie jare al suksesvol gedoen. Niemand het

daaroor gekla nie. Eers toe organe soos harte en lewers in gedrang gekom het,

het mense bekommerd geraak.

Indien ons ander middele soos medisyne gebruik om ons lewensgehalte te

verbeter, kan ons dit ook doen met organe wat die direkte funksie verbeter.

Die liggaam is nie heiliger, anders as die ander gawes, byvoorbeeld

bloedoortapping, wat God gee nie.

Dit is geen argument dat ’n persoon nie sonder al sy organe begrawe mag word

nie. Wat dan van dié wat ’n been, arm, ens. verloor het?

14.3 Voorwaardes waaraan voldoen moet word

By die skenking van ’n orgaan, byvoorbeeld ’n nier, mag jy nie jou eie gesondheid

daardeur benadeel ter wille van ’n ander se beter lewe nie. God gee jou die

verantwoordelikheid om jou eie lewenstandaard te behou indien jy nog gesond is.

Jy moet dit vooraf met jou dierbares bespreek sodat, indien dit gebeur, hulle weet

van jou voornemens en dit nie as ’n skok kom nie. Indien jy as skenker nie vooraf

jou goedkeuring verleen het nie, het jou dierbares die finale sê oor jou liggaam en

nie die mediese personeel nie.

’n Orgaan mag wel uit ’n lewende persoon sowel as ’n dooie verwyder word, want

of die persoon lewe of pas gesterf het, die orgaan bly dieselfde as dit geskik is.

Die geneesheer wat deel vorm van die oorplantingspan mag nie een van dié

wees wat bepaal of die pasiënt – skenker – al oorlede is nie.

Veronderstel dat die wetenskap so vorder dat ’n brein oorgeplant kan word, sal

dit nie mag nie, want dan verander jy die mens se hele persoonlikheid en

karakter. Tans kan dit nie gebeur met die enkele orgaan wat oorgeplant word nie.

Die liggaam se antigene verwerp ’n orgaan wat vreemd aan die weefsel of ander

kenmerke van die ontvangerliggaam is.

Die doel van oorplanting moet dus altyd herstel wees en nooit verandering van

die ontvanger nie. Ter wille van die emosionele las wat dit meebring, is dit beter

dat die skenker se familie nie weet wie die ontvanger van die orgaan is nie.

Selfs ’n dier se organe kan gebruik word indien dit geskik is. Wie diere se vleis

per mond inneem ter versadiging, kan dit ook gebruik om hul liggaam te versterk.

Die kerk sien geen beswaar teen orgaanoorplanting wanneer aan bogenoemde

voorwaardes voldoen word nie.

15. Roudiens of begrafnis

Daar is ’n groot verskil tussen ’n roudiens en ’n begrafnisdiens. ’n Roudiens is ’n

diens wat gewy word aan die afgestorwene en waarin sy lof besing word vir alles wat

hy/sy bereik het. Dit is dus in wese niks anders nie as mensverheerliking.

142

Daarteenoor is ’n begrafnisdiens bloot die gelowige saamkom van gelowiges rondom

God se Woord. Daar word geen heldeverering gedoen tydens so ’n diens nie. Daar

word troos uit God se Woord aangebied vir dié wat agterbly sodat hulle met moed en

met ware geloof die koms van die Here Jesus kan inwag.

Ons standpunt in hierdie saak is die volgende:

Volgens Kerkorde, art. 56, is dit ’n blote familieaangeleentheid.

Ons praat nie van ’n roudiens nie, want ’n roudiens gaan om mensverheerliking.

Die klem by ’n begrafnis val op troos vir die agtergeblewenes en nie om die

oorledene se lof te besing nie.

Daarom word die kis ook nie in die kerkgebou ingebring nie.

Dit is geen erediens nie en omdat die ouderlinge nie teenwoordig is nie, word die

seën nie uitgespreek soos by ’n erediens nie. Dit is bloot ’n trooswoord wat tot

versterking aan die naasbestaandes gerig word.

So ’n diens kan op enige plek gehou word – in ’n kerkgebou, saal of selfs in die

ope lug by die graf.

16. Saamwoon – ja of nee

Daar is ’n aantal argumente wat onder saamwoners voorkom. Hierdie standpunte

word in hierdie afdeling geweeg en gelowig aan God se Woord getoets.

As ons twee mekaar lief het, hoekom mag ons nie saamwoon nie?

God het die huwelik gegee waarbinne man en vrou hulle liefde net vir mekaar kan

openbaar en waar elk tot sy volle lewenspotensiaal kan groei – Genesis 2:24;

Matteus 19:4-6; Efesiërs 5:31.

Dit is tog ons lewe en ons kan maak soos ons wil!

Dit is nie waar dat jy kan maak soos jy wil nie. Ons behoort aan die Here en moet

ook ons volwasse lewe so inrig dat Hy daardeur geëer word. ’n Meisie moet in

heiligheid en eer deur ’n man gewen word en nie deur hartstog soos by ongelowiges

nie – 1 Tessalonisense 4:3-6.

Ons is nie finansieel in staat om te trou nie – of enige ander rede – en nou leef

ons maar saam.

Dit wys juis dat julle prakties nog nie ryp/gereed is vir ’n huwelikslewe nie. ’n Man

wat so redeneer, sal nooit in staat wees om vir sy vrou te gee wat sy nodig het

nie. Om saam te woon terwyl die twee nog nie in staat is om selfstandig te wees

nie, bewys juis hulle onverantwoordelikheid. Hulle behoort hulle met die nodige

berou voor God te verootmoedig en tot bekering te kom.

Dit is nie nodig dat ek net ter wille van ’n stuk papier – huweliksertifikaat – voor

’n dominee “ja” moet gaan sê nie. My eie gewete is genoeg.

Die beloftes en die verbondenheid wat deur daardie stuk papier uitgedruk word,

sê baie. Daarmee sê jy vir almal dat jy jou volle verantwoordelikheid op ’n

permanente basis voor God en die samelewing wil aanvaar.

’n Gelowige man/vrou oorweeg die volgende aspekte wat dit duidelik maak dat twee

mense wat saamwoon, vir hulleself probleme skep:

Hulle word onnodig blootgestel aan eise wat net in ’n huwelik tuishoort.

143

Konflik met jou dierbares.

Skuldgevoelens wat lei tot emosionele onstabiliteit.

Geen sekuriteit vir die toekoms nie, want daar is ’n agterdeurtjie oop van “geen

verantwoordelikheid” as ek moeg word vir die verhouding.

Wanneer hierdie saamwonery misluk, wie bly agter met ’n baba? Die meisie

wat alles dan alleen moet hanteer sodat die pa weer by sy volgende meisie

kan intrek?

Die basiese behoeftes van vrou- en manwees kan nooit in so ’n los verhouding

bevredig word nie.

’n Christen moet selfbeheersing toepas.

’n Christen mag nie om verskillende redes sy verantwoordelikhede omseil nie.

17. Selfmoord – ja of nee

Selfmoord is ’n oortreding van die sesde gebod. Daarom mag ’n mens nie sy lewe

eiewillig beëindig nie.

Die beginsel is dat God en God alleen oor lewe beskik. Hy het dit tot stand gebring.

En Hy alleen beëindig dit in hierdie bedeling.

Selfmoord is dus ’n menslike ingryping in lewe, terwyl God alleen daaroor beskik.

Daarom is selfmoord sonde.

Geen mens mag sy eie posisie in God se raadsplan eiewillig verlaat en laat vaar nie,

al is daar faktore soos angs en vrees, mislukkings, skok en depressie. Selfmoord

was nog nooit ’n antwoord nie. As jy jou lewe neem, ontneem jy jouself die

moontlikheid om sake in jou lewe – met jou naaste en met God – te herstel.

Jy gaan om jou God te ontmoet terwyl jou laaste daad ’n daad van sonde en

eiewilligheid teen Hom is.

Kan ’n selfmoordenaar verlos word? Daar is ’n paar beginsels wat in hierdie saak ’n

rol speel:

Die Here Jesus Christus het vir ons sondes gesterf. Die Bybel openbaar nie dat

selfmoord uitgesluit is nie. Dit is inderdaad so dat Kaïn en Judas nie

uitverkorenes was nie en dat hulle selfmoord gepleeg het.

In beginsel is selfmoord en moord dieselfde ding. Daar word ’n lewe geneem –

iemand anders s’n of jou eie. Dit is oortreding van die sesde gebod. Die Here

Jesus het ook gesterf om ons oortredinge van die sesde gebod met God te

versoen.

Ten diepste bly die saak van vergifnis ’n saak wat deur God en Hom alleen

behartig word. Ons mag dus nie oor ’n selfmoordenaar oordeel nie.

18. Sondagarbeid

Wanneer iemand op Sondag werk, oortree hy die vierde gebod. Daar mag op die

Sondag nie gewerk word nie. Dit is inderdaad so dat daar sekere nooddienste is wat

mens sou moes doen. Maar dit is ook so dat daar baie dinge is wat in ons moderne

lewe weer die aandag en besinning van Christene behoort te geniet.

144

Voorbeelde sou van die volgende dinge kon wees:

Sondaghandel

Jy mag nie op die Sondag jou maandelikse kruideniersware gaan koop nie. Daar

moet gewaak word teen “verfynde” vorme van handeldryf, soos uiteet op Sondag,

die koop van Sondagkoerante, brood en melk. Soveel te meer wanneer van

hierdie produkte reeds die vorige dag gekoop kon word, maar dit toe vir eie gerief

nie gedoen is nie.

Sondagsport

Dit bevat elemente van handeldryf en van wêreldse plesier, terwyl die Here

hierdie dag uitsluitlik vir aanbidding en omgang met Hom gereserveer het. Waar

pas die TV in op die wyse van Sabbatsviering?

145

ADDENDUM

Tug oor ampsdraers

1. Dit gebeur anders as by lidmate

Tug oor ampsdraers geskied anders as tug oor lidmate. Voordat die tug van

Kerkorde, art. 71-78 van toepassing word, moet die ampsdraer eers uit sy amp kom,

want iemand wat onder die tug is, mag nie in die amp dien nie.

By ampsdraers word daar eers oor hulle amp gehandel wanneer hulle getug word.

Dit gaan dus in die hele saak veral oor die handhawing van die waardigheid van die

besondere ampte.

2. Onder watter omstandighede?

Die Kerkorde omskryf dat ’n ampsdraer tugwaardig is wanneer hy ’n sonde doen wat

“vir die kerk skandelik of ook by die owerheid strafbaar is”.

Die bedrywer van die sonde maak homself eerloos in die wêreld.

Hy maak hom in die kerk eerloos.

Veral as sy sonde nog strafbaar is by die owerheid, word die eer van die Here en

van sy gemeente aangetas.

Vergelyk hier 1 Timotheüs 3:2-4, 8, 9, 12. Volgens die opdrag van 1 Timotheüs 5:20

is die kerk verplig om op te tree teen ampsdraers wat hulle in leer of lewe misgaan.

3. Hoe gebeur dit?

Die kerkraad vergader oor die saak en skors die ampsdraer voorlopig uit sy amp

– as hy skuldig is. Die kerkraad is die ouderlinge. Die diakens is nie teenwoordig

nie.

Die skorsing deur die kerkraad is egter net voorlopig.

Dan roep die kerkraad dadelik ’n naburige kerkraad op, of hy roep twee naburige

kerkrade se deputate op. Laasgenoemde werkwyse is die mees algemene in

gebruik. Dit is gewoonlik moeilik om net ’n naburige kerkraad op te roep, want

daardie kerkraad moet in dieselfde klassis wees. Dit kan nog maklik oorbrug

word, maar daar moet ten minste ’n kworum van daardie opgeroepte kerkraad op

die vergadering teenwoordig wees en dit is nie altyd so maklik om reg te kry nie.

Wanneer deputate opgeroep word, is dit twee ouderlinge en die predikant van

elke gemeente. Dit geld natuurlik nie die konsulent se gemeente as die plaaslike

predikant betrokke is as geskorste nie.

4. Ondersoeke

Die kerkraad moet eers die beskuldiging ontvanklik verklaar. Daar staan in

1 Timotheüs 5:19 dat daar nie ’n beskuldiging teen ’n ouderling aangeneem mag

word, behalwe op sterkte van die getuienis van twee of drie.

Daar moet dus voldoende getuies wees.

Die sonde moet gestaaf word.

Die plek van sonde moet gestaaf word.

Die tyd – geleentheid – moet bewys word.

Nou ondersoek die kerkraad die saak en hulle let op die volgende aspekte:

146

Die aard en omvang van die sonde.

Of die sonde openbaar is.

Die mate van aanstoot – grofheid wat dit gegee het.

Of die sonde ook by die owerheid strafbaar is.

Hulle gee aan die aangeklaagde die volle geleentheid om homself te verweer. Hy

kry dus kennis van die vergaderings wat gehou sal word.

5. Verloop

Die kerkraad en die naburige kerkrade skors die ampsdraer.

Dit beteken dat hy bywoning van kerkraadsvergaderings ontsê word, asook die

gebruik van die sakramente.

Iemand wat oortree het, mag nie ontslag aanvra uit die amp net om skorsing of

afsetting vry te spring nie.

Skorsing is tydelike opskorting van ’n ampsdraer uit die ampsbediening. ’n

Ampsdraer word geskors wanneer die betrokke kerkrade van oordeel is dat hy

weer met vrug in sy amp kan dien nadat hy berou het en sy opregtheid aan die

gemeente bewys het.

In hierdie gevalle is die skorsing ook net tydelik en vergader dieselfde kerke weer

op ’n later datum om oor die herstel of afsetting van die geskorste te oordeel.

Indien die kerke dan oordeel dat daar geen berou en bekering was nie – dus

verharding en volharding – word die betrokkene uit sy amp afgesit.

Afsetting is die oneervolle uitsetting uit die amp self. Die amp word die persoon

ontneem.

By predikante verloop die saak in beginsel presies dieselfde, maar prakties is daar ’n

verskil. Omdat die predikant deur die kerkverband beroepbaar gestel is, moet hy ook

weer deur die kerkverband afgesit word uit sy amp. Die verloop is dus soos volg:

Die kerkraad skors die predikant voorlopig.

Twee naburige kerkrade oordeel saam met die kerkraad oor die saak en indien

die predikant skuldig is, bekragtig hulle die skorsing.

Daarna word die saak na die klassis verwys. Die klassis mag oordeel dat, na

grondige berou, die predikant weer in sy amp herstel mag word.

Indien die klassis oordeel dat die predikant afgesit moet word, word die deputate van die

partikuliere sinode bygeroep om saam met die klassis oor die saak te oordeel.

147

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!