Leseenheid 6 - Christelike Biblioteek
Leseenheid 6 - Christelike Biblioteek
Leseenheid 6 - Christelike Biblioteek
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
50

Leseenheid 6

Aktiwiteit 1: Kom ons luister

Opdrag

Luister met aandag na die voorlesing en beantwoord daarna die vrae (sien addendum

bl. 79).

1. Wat is ‘n fabel?

2. Waarom het die wolf nie dadelik een van die skape in die weiveld gevang nie?

3. Wat is ‘n weiveld?

4. Waar dink jy het die wolf die ou skaapvel gekry?

5. Wat beteken die woord “slagoffer”?

6. Noem vier dinge wat die skaapwagter gedoen het toe hy by die huis kom.

7. Waar het die skaapwagter die skape heen geneem toe dit begin donker word?

8. Waarom het hy die skape daarnatoe geneem?

9. Watter woord gebruik ons om van ‘n klomp skape by mekaar te praat?

10. Watter lessie is uit hierdie fabel te leer?

Aktiwiteit 2: Kom ons praat

Groepopdrag

Gebruik ‘n bandmasjien en maak in jou groep ‘n soortgelyke advertensie. Stel dan vyf vrae

met die antwoorde oor julle advertensie op. Lees dit in op die bandmasjien. Ruil met ander

groepe en luister na hul advertensies. Beantwoord dan hulle vrae in groepverband.

Aktiwiteit 3: Kom ons lees hardop en met begrip

Geld wat stom is...

Goud en silwer was baie eeue lank die gewildste metale vir muntstukke.

Brons, ’n allooi van koper en tin, is vir muntstukke van laer waardes

gebruik.

Deesdae word die meeste muntstukke gemaak van metale waarvan die waarde

kleiner is as die sigwaarde van die munt. Die bietjie “silwer”-kleingeld in

die gemiddelde mens se sak bevat waarskynlik geen silwer nie.
Suiwer nikkel, allooie van nikkel en brons, tombak (‘n geel allooi van koper en sink)

en chroomstaal word almal vir muntstukke gebruik. Italië ondervind jare lank reeds

‘n probleem met kleingeld en winkeliers het gereeld lekkergoed pleks van ‘n paar

lire gegee. Plastiekmuntstukke van vyf lire is later uitgereik om die probleem van

‘n tekort aan kleingeld te oorbrug.

In ‘n bank se kluise word die bank se kontant gehou, asook kosbaarhede wat kliënte

vir bewaring na die bank gebring het. Kluise is groot beton- en staalkaste wat teen

rowers en brande bestand moet wees. Die swaar staaldeure word met kombinasie-

en tydslotte gesluit.

Elke Griekse stadstaat het sy eie munte uitgereik. Afdrukke van diere het die stede

van oorsprong aangedui. Lidië se munte het ‘n leeu se kop op gehad; Athene het

‘n uil gebruik; Korinthe het die gevleuelde perd Pegasos as kenteken gebruik en

Aigina het ‘n vet klein skilpad op sy munte afgedruk.

Hoewel banke tjekboeke uitreik waarin kliënte kan skryf hoeveel geld hulle wil

onttrek of die bedrag wat aan iemand anders betaal moet word, kan tjeks op enigiets

uitgeskryf word. Om dit te bewys, het die skrywer A.P. Herbert ‘n tjek aangebied

wat op ‘n koei geskryf was. Die bank het dit aanvaar en hom die geld betaal.

Die kassier betaal en ontvang geld in ‘n bank. ‘n Tjek is ‘n geskrewe opdrag

(gewoonlik op ‘n spesiale vorm geskrywe) aan die bank om geld te betaal aan die

persoon wie se naam daarop verskyn.

As iemand geld in ‘n bank hou, gee die bank hom ‘n rekening van die geld wat

inbetaal en onttrek word. ‘n Lopende rekening is vir die daaglikse betalings. ‘n

Depositorekening is vir die spaargeld en die bank betaal rente daarop. ‘n Persoon is

bankrot as die hof beslis dat hy nie in staat is om sy skuld te betaal nie.

Die woord miljoenêr het in die middel van die agtiende eeu in Frankryk ontstaan

om die skynbaar gelukkige beleggers in die Indiese Maatskappy te beskryf. Die

beleggers kon aanskou hoe hul aandele se waarde binne ‘n paar maande van

duisende frank tot miljoene frank styg.

Vandag word die term losweg gebruik om elkeen te beskryf wat ‘n miljoen rand of

meer besit, of die rykdom nou ook in geld, eiendom of beleggings gehou word.

Mense is geneig om maklik van miljoenêrs te praat sonder om in ag te neem hoeveel

geld in werklikheid betrokke is.

‘n Miljoenêr wat sy geld in eenrandstukke uittel teen die koers van een stuk per

sekonde sal, deur dag en nag te werk, meer as 11½ dae nodig hê om alles te tel.

‘n Biljoenêr sal nooit op die manier sy geld getel kry nie, want dit sal langer as

31 000 jaar duur.

51
52

‘n Ou Suid-Afrikaanse twee rand.

Beantwoord die volgende vrae in vol sinne:

1. Wat word bedoel met “’n allooi van koper en goud”?

2. Wat is ‘n munt se “sigwaarde”?

3. As daar nie silwer in die kleingeld is nie, waarom praat ons dan van silwer?

4. Wat is die hoofgedagte van paragraaf 2?

5. Wat noem ons Italië se geldeenheid vandag? Wat was dit voorheen?

6. Waaroor handel paragraaf 3?

7. Wat is op die Griekse munte gedruk? Kyk na een of twee Suid-Afrikaanse munte en

sê wat daarop gedruk is.

8. Waaroor handel paragraaf 5? Het jy al gekyk wat staan alles op ‘n tjekblaadjie?

9. Was jy al in ‘n bank? By wie het jy jou geld gebank? Wat noem ons die persoon?

10. Het jy ‘n tjekboek, ’n spaarboekie of ‘n bankkaart?

11. Het jy spaargeld of is jy bankrot?

12. Weet jy van iemand wat ‘n miljoenêr genoem word? Hoeveel geld moet so ‘n

persoon minstens hê?

13. Hoeveel keer duisend is een miljoen?

14. Hoeveel is een biljoen? Kan jy dit skryf?

Iemand stik in die geld.

‘n Ou Suid-Afrikaanse een rand.

Geld groei nie op my rug nie.
Differensiasie

Leerlinge wat al vinnig gevorder het, moet kyk of hulle die berig hieronder mooi kan

lees.

Bank van Japan dwing jen hoër

Tussentrede vang handelaars

Tokio. - Die Japanse sentrale

bank (BOJ) het gister vir ‘n

verrassing gesorg toe hy die

eerste keer in meer as vyf jaar

dollar teen die jen verkoop

het.

Die dollar het in ‘n stadium

met byna ses jen geval tot

125,70 jen, maar het later met

‘n paar jen herstel.

Die tussentrede, die eerste sedert

Augustus 1992, het handelaars

onverwags gevang.

“Die mark is geskok deur

die tussentrede,” het ‘n senior

handelaar van ‘n Japanse

stadsbank gesê.

“Dat dit doeltreffend was, is

waar geoordeel na die daling

van die dollar.”

Bankiers raam dat die BOJ

minstens $1 miljard verkoop

het hoewel sommige meen

dat die volume veel groter

kon gewees het. Een bankier

wat gesê het dat sy bank twee

verkope van $100 miljoen elk

vir die BOJ gehanteer het, sê

die totale verkope kan sowat

$1,5 miljard bedra.

Die BOJ het waarskynlik

besluit om gister toe te tree

om nog meer nut te kry uit die

verrassende belastingvermindering

wat die premier, mnr.

Ryutaro Hashimoto, vroeër in

die dag aangekondig het. Die

eenmalige belastingverlaging

behels 2000 miljard jen ($15,7

miljard).

Die premier het gesê hy het

besluit op die belastingstap

terwyl hy vroeër vandeesweek

die topberaad van die Assosiasie

van Suidoos-Asiatiese

Nasies in Koeala Loempoer

bygewoon het.

“Ons wil nie ‘n wêreldwye

resessie in Japan begin nie,”

het hy voorts gesê.

Voor die belastingaankondiging

het die jen so laag as

131,53 per dollar geval, wat

die daling se-dert die begin

van November tot byna 10%

vergroot het.

Handelaars sê omdat die

sentrale bank die impak van

die tussentrede tot die maksimum

uitgevoer het, het dit

waarskynlik geld bespaar wat

op ander gebiede ontplooi

kan word.

“Japan beskik oor die wêreld

se grootste buitelandse reserwes,

maar moet sy reserwes

versigtig gebruik,” het ‘n ander

bankier gesê.

“Japan kan die reserwes nodig

hê om die Oosterse krisis

te hanteer en om Japanse banke

te help.”

Japan het nou $228,15 miljard

aan buitelandse reserwes.

Vroeër vandeesmaand was

daar ‘n gerug dat die departe-

wesentlike dollardeposito by

stelling

gedoen het. Die instelling

het toe dollar geleen aan

Japanse banke wat nie genoeg

geld op eurodollar-markte

kon vind nie weens hulle gewaande

risiko’s.

Hoewel die MOF nie in

daardie stadium wou kommentaar

lewer nie, het MOFamptenare

gesê dat Japan gereed

is om valutareserwes te

gebruik om banke wat met ‘n

likiditeitsprobleem sit, te help

- (Reuter).

Aktiwiteit 4: Ons lees met begrip en herken kernwoorde

Inskerping van leestegnieke: Ons lees weer die leesstuk “Geld wat stom is”, maar op

die gedeelde leesmetode en daarna word die volgende vrae skriftelik beantwoord.

1. Goud en silwer is duurder as brons. Waar of vals?

2. Die hoofgedagte of kernwoord van die eerste paragraaf is “die waarde van geld of

muntstukke”. Waar of vals?

53
54

3. Kies die beste antwoord:

Tombak is:

a. ‘n geel allooi van koper en sink

b. suiwer nikkel.

4. Waarom het die winkeliers in Italië lekkers as kleingeld gegee?

5. Wat het later die winkeliers se probleem opgelos?

6. Wat is ‘n kluis?

7. Watter woord sou jy gebruik as kernwoord vir paragraaf 3?

8. Hoe het die Grieke elke staat (provinsie) se geld uitgeken?

9. Van watter state in Griekeland word gepraat?

10. Wat is vreemd in paragraaf 6?

11. Watter woord sê dat die bank tevrede was met die “vreemde tjek”?

12. Antwoord net ja of nee:

12.1 ‘n Kassier ontvang geld by banke.

12.2 ‘n Lopende rekening is daar om elke dag van te gebruik.

12.3 ‘n Depositorekening is ook daar om elke dag van te gebruik.

12.4 Iemand wat bankrot is, het baie geld.

13. Waar het die woord miljoenêr ontstaan?

14. Hoe het die aandele gestyg?

15. Gee ‘n kernwoord vir paragraaf 8?

16. Voltooi die volgende:

16.1 As ‘n miljoenêr sy eenrandstukke uittel teen een stuk per ______________ sal

dit hom ______________ dae neem.

16.2 ‘n Biljoenêr is ______________ keer ryker as ‘n miljoenêr.

16.3 Kan jy die volgende uitdrukking voltooi?

Geld wat stom is, maak _____________________________________

16.4 Wat beteken dit?

Aktiwiteit 5: Ons gebruik die verklarende woordeboek

en brei ons woordeskat uit

Gebruik die verklarende woordeboek om die betekenis van die volgende woorde na te

slaan:

allooi gevleuelde eiendom

waarskynlik onttrek kliënte

vergoeding beleggers term

verdienste
Aktiwiteit 6: Ons lees stil

Vrae

Die wêreld sonder geld

Geld werk so eenvoudig en doeltreffend dat dit byna onmoontlik is om die wêreld

daarsonder voor te stel. Die storie van wat met die Paryse sangeres Millie Zelie op

‘n wêreldkonsert gebeur het, toon hoe dit sou gaan in ‘n wêreld sonder geld.

Millie Zelie het ‘n goed-bygewoonde konsert op ’n eiland in die Stille Suidsee gehou.

As vergoeding het sy ‘n derde van die inkomste by die kaartjieskantoor ontvang.

Dit was drie varke,twee dosyn kalkoene, 44 hoenders en ‘n klein bergie kokosneute,

piesangs, suurlemoene en lemoene.

Millie Zelie het bereken dat haar vergoeding volgens Paryse markpryse minstens

4 000 frank werd was - ‘n groot bedrag vir ‘n enkele aand se werk. Maar, soos sy

in moedeloosheid aan haar bestuurder geskryf het, die meeste van haar verdienste

het begin verrot voor sy dit kon eet en die varke en pluimvee het die “kleingeld”

verorber.

1. Het Millie Zelie enigsins kontantgeld ontvang?

Waarom sê jy so?

2. Beskryf haar situasie met die “vreemde betaling”.

3. Wat bedoel sy met die varke en pluimvee het die “kleingeld”

verorber?

Aktiwiteit 7: Ons lees ‘n Bybelse teks

Lees hierdie leesstuk selfstandig en beantwoord die vrae skriftelik.

Die gelykenis van die goue muntstukke

Luk. 19 : 11-27

En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog ‘n gelykenis by, omdat

Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik

sou verskyn. Hy het dan gesê: “ ‘n Man van hoë familie het na ‘n ver land gereis om

vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom. En nadat hy tien van sy

slawe geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: “Dryf handel daarmee tot

ek kom.”

Maar sy medeburgers het hom gehaat en ‘n gesantskap agter hom aan gestuur om te

sê: “Ons wil nie hê dat hierdie man oor ons koning moet wees nie.”

55
56

En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie slawe

aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat

elkeen met handel verdien het. En die eerste het verskyn en gesê: “Heer, u pond het

tien ponde wins gemaak. ” En hy sê vir hom: “ Mooi so, goeie slaaf; omdat jy in die

minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.”

En die tweede kom en sê: “Heer, u pond het vyf ponde verdien.”

En hy sê ook vir hierdie een: “ En jy moet wees oor vyf stede.”

En ‘n ander een kom en sê: “ Heer, hier is u pond wat ek in ‘n doek weggesit het;

want ek was bang vir u, omdat u ‘n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit

het nie en maai wat u nie gesaai het nie.” Toe sê hy vir hom: “Uit jou mond sal ek

jou oordeel; slegte slaaf! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat

ek nie uitgesit het nie en maai wat ek nie gesaai het nie. Waarom het jy dan nie my

geld in die bank gesit nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het.”

En vir die wat daarby staan, sê hy: “Neem die pond van hom af weg en gee dit aan

hom wat die tien ponde het”- en hulle sê vir Hom: “ Meneer, hy het tien ponde”-

want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het

nie, sal weggeneem word ook wat hy het. Maar daardie vyande van my wat nie

wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my

dood!”

1. Verduidelik wat dit beteken as iemand van adellike afkoms is.

2. Watter opdrag het die edelman aan die begin aan sy slawe

gegee?

3. Hoekom het die een slaaf die koning se muntstuk veilig in ‘n

doek bewaar?

4. Waarom was die koning kwaad hieroor?

5. Om watter rede kry die slaaf wat reeds 10 muntstukke het nog

een by?

6. Hoekom dink jy het die koning se landgenote hom gehaat?

7. Watter poging het die mense aangewend om te probeer verhoed dat hy koning

word?

8. Wat was die verhouding tussen die koning en sy slawe?

9. Hoekom vertel Jesus die gelykenis aan die mense?

10. Wat is ‘n ander woord vir “gelykenis”?

Aktiwiteit 8: Ons lees in ons vaardigheidsgroepe

Kyk na die berigte wat hier volg. Onderstreep enige vier woorde waarvan jy graag die

betekenis wil weet. Bespreek dit in jul groep en kry die regte betekenisse by jou groep,

onderwyser of woordeboek.

Neem die sakegedeelte van ‘n koerant en knip enige berig wat oor geld gaan uit en plak

dit in jou boek. Oefen moeilike onbekende woorde en lees die berig hardop.
Tesourie maak stem dik oor meevallerbelasting

Jeanette Clark

Die nasionale tesourie het in ‘n

verklaring gereageer op vrese

in die mark oor ‘n voorstel vir

‘n moontlike meevallerbelasting

vir alle minerale.

Die voorstel is in die meeval-

slag

ingesluit.

Die tesourie het dit duidelik

gestel dat die regering nog

geen aankondigings hieroor

beplan nie: “Die verslag van

die taak-span doen wel voorstelle

vir die Wet op Tantieme,

hoewel dit nie deel van hul

opdrag was nie. Ons het nog

nie daarop gereageer nie.”

“Die Suid-Afrikaanse regering

het ‘n erkende prestasieg-

bestuur en ons is nie van

plan om die rekord oorboord

te gooi en dit met eiesinnige

Beeld 1 Maart 2007

beleidsaankondigings te vervang

nie,” sê die tesourie.

Die taakspan se fokus was

‘n moontlike meevallerbelasting

vir die sintetiese-brandstofbedryf

en die tesourie sê in

die verband was hy die heeltyd

in kontak met die vervaardigers

en dat enige iemand

anders wat deur die voorstelle

geraak word, dieselfde behandeling

verdien.

Alert Steel noteer na 28 jaar se groei

Antoinette Slabbert

Van ‘n onderneming in mnr.

Wynand Schalekamp se motorhuis

tot ‘n nuweling op

die JSE se alternatiewe beurs,

Altx.

Dìt is die groeipad wat Alert

Steel sedert 1979 geloop het tot

sy notering vandag.

Die groep, wat staalprodukte

en boumateriaal koop en

verkoop, het 70 miljoen aandele

teen R1 elk beskikbaar

gestel vir private plasings. Dié

aanbod is 17 keer oorvolskryf.

Dit is sowat ‘n derde van sy totale

uitgereikte aandele.

Volgens Schalekamp, uitvoe-rende

hoof, het die

groep 11 kleinhandeltakke

in Gauteng, Noordwes, Limpopo

en Mpumalanga en twee

aanlegte wat versterkte staal

vervaardig in Polokwane en

Pretoria.

‘n belang van 51% in Alert

Steel Hazyview en besit Alert

Steel Polokwane en Alert Steel

Reinforcing om die helfte met

die konstruksiereus Murray &

Ro-berts.

Alert verkoop 9 500 ton staal

per maand. Hy verwag ‘n jaarlikse

omset van R618 miljoen

teen 30 Junie.

Alert gaan R50 miljoen van

die beleggersgeld gebruik om

sy bestaande produksiereeks

uit te brei vir sy 2 500 klante

in die boubedryf. “Ons verskaf

alles, van staal vir die

Beeld 1 Maart 2007

groot kontrakteurs tot boutjies

en moer-tjies vir die selfdoenklant,”

sê Schalekamp.

Staalprodukte verteenwoordig

sowat 80% van Alert se

inkomste. Namate die reeks

loodgie-tersprodukte en ander

ysterware uitbrei, sal staal

se bydrae na verwagting teen

2008 verminder tot 60%.

Volgens Schalekamp het die

groep meer as 400 verskaffers

en sy produkte word nie net in

residensiële bouwerk gebruik

nie. Hy meen die gevestigde

verhouding met sy verskaffers

sal Alert goed te staan kom

met tekorte aan boumateriaal

wat op die horison dreig.

57
58

Verswakking in rand laat die wenkbroue lig

Deur Adri Senekal

Vrydag en die skielike verswakking

van die wisselkoers wys net weer hoe

sensitief ‘n derde wêreldland soos

Suid-Afrika vir gissinge is, of dit nou

waar is of nie. Suid-Afrika het sedert

Aktiwiteit 9: Ons geniet poësie

Ek sou kon doen met ‘n miljoen

Lucas Maree

Ek sou kon doen met ‘n miljoen.

Ek sou kon doen met ‘n miljoen,

want daarmee was die wêreld

vir my oral immergroen.

Ja, ek sou kon doen met ‘n miljoen.

Ek is moeg vir die gesukkel

van my dag-tot-dag bestaan,

die gewonder oor die geld

as ons dalk iewers heen wil gaan.

En die karre wat nie werk nie

maak my werklik nou gedaan

en die “deep-freeze” het jou waarlik

ook weer laasnag gaan staan.

Ek sou kon doen met ‘n miljoen.

Ek sou kon doen met ‘n miljoen.

Ja, ek sou myself met net ses nulle kon versoen,

ja, ek sou kon doen met ‘n miljoen.

Ek werk my oor ‘n mik net om

belasting te betaal

en nou is ek ook hoeka op

‘n splinternuwe skaal.

Ja, die wet van Transvaal vreet

al my kapitaal op en die rentekoerse

hou my oor die algemeen maar kaal.

Ek sou kon doen met ‘n miljoen

Ek sou kon doen met ‘n miljoen

want daarmee was die wêreld

vir my altyd immergroen

Ja, ek sou kon doen met ‘n miljoen

die verkiesing bykans twintig maande

gelede ‘n groot invloei van kapitaal

gehad, maar dit was hoofsaaklik in die

vorm van aandele en effekte - wat dus

weer vinnig verkoop kan word.
Ek soek nie baie geld nie,

net ‘n klein ou fortuintjie,

‘n vliegtuig en ‘n seiljag

selfs al is dit net ‘n kleintjie.

Ek dink nie ek wil ryk wees nie.

Ek wil net graag genoeg hê

om solank as wat ek wil in

my “jacuzzi” te kan lê.

Ek sou kon doen met ‘n miljoen.

Ek sou kon doen met ‘n miljoen.

Ja ek sou myself met net

ses nulle kon versoen,

ja, ek sou kon doen met ‘n miljoen.

Maak jou eie keuse van wat jy wil voorlees. Oefen dit en kom lees dit voor.

‘n Gedig of Lukas 14:8 (gelykenis van die muntstukke) of Lukas 15:11 (verlore seun).

Aktiwiteit 10: Ek ken my taal

Geld wat stom is...

Goud en silwer is baie eeue lank die gewildste metale vir muntstukke. Brons, ‘n

allooi van koper en tin, is vir muntstukke van laer waardes gebruik.

Deesdae word die meeste muntstukke gemaak van metale waarvan die waarde

kleiner is as die sigwaarde van die munt. Die bietjie “silwer”-kleingeld in die

gemiddelde mens se sak bevat waarskynlik geen silwer nie.

Suiwer nikkel, allooie van nikkel en brons, tombak (‘n geel allooi van koper en sink)

en chroomstaal word almal vir muntstukke gebruik. Italië ondervind jare lank reeds

‘n probleem met kleingeld en winkeliers het gereeld lekkergoed pleks van ‘n paar

lire gegee. Plastiekmuntstukke van vyf lire is nou uitgereik om die probleem van ‘n

tekort aan kleingeld te oorbrug.

In ‘n bank se kluise word die bank se kontant gehou, asook kosbaarhede wat kliënte

vir bewaring na die bank gebring het. Kluise is groot beton- en staalkaste wat teen

rowers en brande bestand moet wees. Die swaar staaldeure word met kombinasie-

en tydslotte gesluit.

Elke Griekse stadstaat het sy eie munte uitgereik. Afdrukke van diere het die stede

van oorsprong aangedui. Lidië se munte het ‘n leeu se kop op gehad; Athene het ‘n

uil gebruik; Korinthe het die gevleuelde perd Pegasos as kenteken gebruik en

59
60

Aigina het ‘n vet klein skilpad op sy munte afgedruk.

Hoewel banke tjekboeke uitreik waarin kliënte kan skryf hoeveel geld hulle wil

onttrek of die bedrag wat aan iemand anders betaal moet word, kan tjeks op enigiets

uitgeskryf word. Om dit te bewys, het die skrywer A.P. Herbert ‘n tjek aangebied

wat op ‘n koei geskryf was. Die bank het dit aanvaar en hom die geld betaal.

Die kassier betaal en ontvang geld in ‘n bank. ‘n Tjek is ‘n geskrewe opdrag

(gewoonlik op ‘n spesiale vorm geskrywe) aan die bank om geld te betaal aan die

persoon wie se naam daarop verskyn.

Opdrag

Soek in groepverband na voorbeelde van enkelvoude asook verkleinwoorde in die

leesstuk. Skryf die meervoude en standaardwoord van elk neer. Lees dit aan die klas

voor.

Aktiwiteit 11: Ek werk met my taal

Opdrag

Kyk weer na die leesstuk “Die gelykenis van die goue muntstukke” by Aktiwiteit 7 en

gebruik die gelykenis om die volgende vrae te beantwoord:

1. Skryf al die meervoude in die

gelykenis in jou boek.

2. Gebruik ses van hierdie woorde

in jou eie sinne.

3. Lees die volgende advertensie

oor munte. Skryf al die meervoude

in die advertensie neer.

4. Gebruik jou tydskrif en knip vyf

woorde uit wat in die meervoud

geskryf is. Plak dit in jou boek.

Skryf die enkelvoud daarvan

neer en maak dan twee sinne met

beide die enkelvoud- en meervoudwoorde.

5. Jy het reeds die gelykenis van

die goue muntstukke gelees.

Wat word ’n muntstuk genoem

wat klein is? Wat noem ons die

woorde wat byvoorbeeld; - kie

agter aan die woord het?

HET U VAN HIERDIE MUNTE? DUISENDE

VANDAG IN

SIRKULASIE

EN IS HULLE NA 1960 GEMUNT?

INDIEN WEL, BETAAL ONS U...

R1200 VIR U R1... R7500 VIR U 50c...

R75 VIR U 20c... R400 VIR U 1c...

... WAT IN ‘N SEKERE JAAR NA 1960 GEMUNT IS!

EN WAT VAN HIERDIE REEKSE MUNTE WAT NA 1989 GEMUNT IS?

ONS SAL U TOT R40 BETAAL VIR ELKE EEN VAN

HIERDIE MUNTE WAT IN ‘N SEKERE JAAR NA 1989

GEMUNT IS!

Vir brosjure met inligting, stuur R20 en ‘n gefrankeerde

koevert met u adres daarop aan:

Coins Collect, Posbus 35402, Northway, 4065
Trek ‘n tabel soos hierdie een in jou boek. Voltooi dit dan deur die meervoude en

verkleinings van die basiswoorde in te vul:

Woord

1. gelykenis

Meervoud Verkleining

2. koning

3. slaaf

4. landgenoot

5. stad

6. muntstuk

7. man

8. vyand

6. Gebruik ‘n tydskrif en soek na ‘n brief of paragraaf waarin baie verkleinwoorde

gebruik word. Knip dit uit, plak dit in jou skrif en onderstreep al die verkleinwoorde

met ‘n kleurpen.

Aktiwiteit 12: Ons ontdek intensiewe vorme

Goudgeel Bokkies hardloop kringe om doodmoeë Kiwi’s

Die Springboknetbalspan se geel bloese het soos goud geskitter in die naweek se

Seelandse verdedigers soms stokstyf in hul spore laat vassteek terwyl die partydige

skare doodstil gespeel is.

Die Suid-Afrikaanse doelskieters was vuurwarm en het elke kans wat hulle gekry

het, benut en die bal pylreguit in die net laat beland. Soos hulle kleure was die

Kiwimeisies se gemoedere ook naderhand pikswart omdat hulle geen raad gehad

het, met die Suid-Afrikaners se veggees wat soos ‘n yskoue wind op die baan gewoed

het nie.

Die bokkies se klipharde spel is beloon met ‘n verspotmaklike oorwinning.

Groepopdrag

Stel in julle groep ‘n sportberiggie saam en gebruik intensiewe vorme.

61
62

Opdrag

In ons alledaagse praat, wil ons soms ‘n saak sterk stel deur die woorde wat ons gebruik.

Byvoorbeeld: Ons sê nie ‘n geel hemp nie, maar ‘n goudgeel hemp.

Iets is spotgoedkoop.

Die bad is seepglad (ensovoorts).

1. Doen nou dieselfde met die volgende woorde uit die gelykenis:

dood, getrou, arm, bang, ryk, mooi

Maak jou eie sinne met twee van hierdie woorde.

2. In die onderstaande gediggie is woorde onderstreep. Gee die “sterkste vorm” van

die woorde.

Skryf nou hierdie storie kort oor in jou eie woorde, maar gebruik die sterk vorme

(intensiewe vorm) van die onderstreepte woorde in jou sinne. Gebruik ook die sterkste

vorm van woorde soos maer, vet, nuut, mooi, lank en skoon.

Aktiwiteit 13: Ons oefen ons taal

Groepopdrag

Hansie en Grietjie

Hansie en Grietjie stap in die woud.

Dit sneeu en word vinnig donker en koud!

Ai, wat is tog fout,

was hul miskien altemit stout?

Hul vader het hul daar gelos - in die bos

Maar, al was hul ook hoe arm,

hul klein huisie was altyd warm...

Maar per abuis kom hul by ‘n oulike huis,

gebou van koek en lekkergoed!

Ai, dit lyk darem alles heerlik soet...

Wie sou nou kon raai, dat in hierdie huisie so fraai,

‘n nare heks woon - wreed - wat daarvan

hou om kinders te eet?

Vir arme Hansie wil sy vet voer in ‘n hok,

maar hy is slim en hou ‘n stok

Hy stamp haar in die warm oond

en dit is haar verdiende loon!

Kyk na die gedig van Hansie en Grietjie en dui die voornaamwoorde aan, sowel as die

naamwoord wat dit vervang.
Opdrag

1. Lees die volgende sin:

“Terwyl die mense na Jesus geluister het, het Hy nog ‘n gelykenis vertel, aangesien

Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het die koninkryk van God sou nou enige

oomblik kom.” (Lukas 14:8)

Die onderstreepte woorde verwys elke keer na ‘n bepaalde Persoon / persone. Met

watter ander woord kan jy “Jesus” vervang in die sinnetjie?

2. Kyk weer na die gelykenis en onderstreep nog woorde daarin wat na iemand

verwys.

3. Voltooi die volgende verhaaltjie deur elke keer ‘n ander woord vir die woord

in hakies te gee. Onthou, die woorde wat jy moet invul, verwys elke keer na ‘n

persoon.

Soet sjokolade oomblikke

(Die woorde wat jy invul moet die persoon se eie naam vervang -

voornaamwoorde), soos:

sy, syne, hy, dit, hulle, jou, joune, haar, hare, ons, ensovoorts.

Die aand toe _______(Pietertjie) besluit om die ja-woord by _______(Santie) te vra

het _____(Pietertjie) gesorg dat alles net reg gereël was. ______(Pietertjie) het tot

gesorg dat _______(Santie s’n) gunsteling lekker naamlik sjokolade in groot maat op

die tafel teenwoordig was.

Hoewel Pietertjie seker was dat Santie se hart __________________(Pietertjie s’n) was,

kon ____ nie help om te voel dat ___(Santie s’n) lippe aan iemand anders behoort

het nie.

4. Gebruik jou tydskrif. Knip ‘n kort artikel uit en onderstreep al die woorde wat na

‘n persoon verwys. Plak die artikel in jou skrif.

Aktiwiteit 14: Ons skryf ons taal

Groepopdrag

• Stel in julle groep ‘n lysie saam van moontlike vrae van dinge wat julle graag wil

weet.

• Formuleer nou ook ‘n aantal vrae uit tydskrifopskrifte saam met jou maat.

63
64

Opdrag

sinne met toepaslike leestekens (uit die gelykenis):

1.1 Twee stelsinne (sinne wat ‘n feit stel).

1.2 Een vraagsin.

1.3 Een uitroepsin.

1.4 ‘n Bevelsin.

2. Verander nou die twee stelsinne na vrae.

3. Gebruik nou die gelykenis van die goue muntstukke en skryf jou eie sin wat :

• iets meedeel

• ‘n vraag vra

• iets hard sê of uitroep

• iemand ‘n opdrag of bevel gee

(Let op jou leestekens.)

4. Soek ‘n voorbeeld van elke soort sin in jou tydskrif en plak dit in jou skrif.

5. Stel jou eie lysie vrae op oor die gelykenis van die goue muntstukke.

Aktiwiteit 15: Ons praat ons taal

Groepopdrag

• Sinne wat vrae vra, noem ons vraagsinne.

• Sinne waarin iets uitgeroep, geskree of harder as gewoonlik gesê word, noem

ons uitroepsinne.

• Sinne wat vir ons feite en inligting gee (iets meedeel) word stelsinne genoem.

• Sinne wat opdragte gee of bevele wat uitgevoer moet word, noem ons

bevelsinne.

• Al hierdie sinne saam help ons om dit wat ons skryf duidelik en interessant te

maak.

Gesels in jul groep oor hoe julle dag gister verloop het. Besluit gou wat die belangrikste

dinge was wat jy graag sou wou neerskryf.
Opdrag

Skryf nou ‘n dagboek oor een van die volgende: (kyk hoeveel woorde se intensiewe

vorm jy kan gebruik.)

1. Jy is kaptein van enige Springboksportspan wat in die buiteland toer. Dit het nie

goed gegaan met jou span nie. Dit is vandag Saterdag. Vertel in jou dagboek wat

van Maandag tot Vrydag gebeur het.

of

Dagboek

Liewe dagboek,

jy verstaan my so goed

as ek wil praat van alles

in my gemoed.

Jy sal geen eise aan my stel -

net geduldig luister as ek vertel.

Liewe dagboek,

jy ervaar alles saam met my

as ek lag en selfs my pyn.

Jy is langs my elke dag,

selfs in die donker ure in die nag.

Liewe dagboek,

jy is altyd daar

dat al my kosbaarhede op jou bladsye kan vergaar.

Ek dra jou saam met my,

dig teen my hart,

‘n onafskeidbare deel in my lewenspad.

Tanya Lourens (14), Sunward Park

2. Skryf ‘n dagboek oor wat jy in die laaste week van julle somervakansie gedoen het

en wat gebeur het.

65
66

• Jou dagboek het vir elke dag die dag en datum bo-aan.

• Sinne in ‘n dagboek is gewoonlik kort en bondig. Byvoorbeeld:

Maandag 1 Oktober.

Die span oefen lusteloos. Saterdag se groot wen was nie goed vir ons nie.

Afrigter voel vies. Ons besoek ‘n skool. Dis ysig koud.

• ‘n Mens teken gewoonlik vir jouself die belangrike gebeurtenisse van die dag

aan.

Aktiwiteit 16: Ons oefen ons taal

Opdrag

1. Neem kleurpenne of -potlode en onderstreep die volgende in jou skryfstukkie

(dagboek):

• meervoude (blou)

• verkleinwoorde (swart)

• intensiewe vorme (oranje/pienk)

• voornaamwoorde (groen)

opdrag. Plak dit in jou skrif.

Aktiwiteit 17: Ons oefen ons spelling

Samestellings sonder koppeltekens:

Maandag

Die bouer wat hierdie woordmuur gebou het, het nie geweet hoe om die woordete

bou nie. Hy het verkeerde stene langs mekaar gebou en nou kan jy glad nie die

woordsamestellings lees nie. Kyk hoeveel woorde kan jy bou deur twee woorde saam

te voeg om ‘n nuwe woord te vorm. Skryf soveel as moontlik neer.

TUIN PAPIER KOELDRANK

TOILET DRIE VERF PAD

SLANG ROLLER SAND

DRAAD ROLLER SPEEL

KWASTE FILTER WIEL

GOED BOTTEL KAR KOEK
Dinsdag

In elke prentjie in die raampie word ‘n woord voorgestel, maar as jy die twee woorde

saamvoeg, dan kry jy een nuwe woord met ‘n nuwe betekenis.

Woensdag

Kyk en dink mooi - dan skryf jy elkeen neer.

Jy ken mos die woord waterstroom

Ons kan ook in Afrikaans ‘n woordestroom maak met woorde.

Kyk mooi na die dele van woorde op die volgende bladsy.

Vorm ‘n deurlopende stroom woorde deur by begin te begin. Verbind die woorddele

met mekaar. Elke woord het twee dele en die tweede deel van die woord is die eerste

deel van die volgende woord. Jy hoef nie by al die kassies aan te doen op pad einde toe

nie. Jy kan enige rigting heen-en-weer beweeg. Kleur jou woordestroom in.

67
68

Begin

Tuin teiken roller draad

slang gif appel

boom huis was

reën meter plant houer

Donderdag

Julle is mos almal baie lief om iets te bou of iets te maak. Kyk net watter slim planne kan

ons alles maak met ‘n koeldrankbottel! Hulle was nie net baie slim om al die verskillende

artikels te maak nie. Kyk mooi, hulle het nuwe woordsamestellings ook gemaak.

20 gebruike van ‘n leë plastiekkoeldrankbottel.

kar

Einde
1. ‘n Uitstekende

tregter. Sny die bottel

skuins af vir die

gebruik by ‘n motor.

2. Tuinslangsproeier.

Boor gaatjies in. Die

tuinslang pas in die

bek van die bottel.

3. Drupvoeding vir

varings.

4. Honde-afskrikmiddel

op die gras.

5. Lens. Gebruik

bodem met water

gevul.

6. Terrarium.

7. Dryfbaadjie of reddingsboei.

In die woordblok hieronder is ‘n klompie samestellings van woorde uit die inligtingsblad

oor die koeldrankbottel. Trek ‘n tabel soos hierdie een in jou boek en deel die samestellings

in twee woorde om te sien hoe dit gevorm is.

Byvoorbeeld: draadkar draad kar

Vrydag

8. Bêreplek vir verfkwaste,

klein

9. Houer vir snesies.

Sny aan die kant

oop en “trek oor”

met gebreide omhulsel.

10. Hou toiletpapier

droog op kampe of

uitstappies in die

veld.

11. Tydmeganisme. Gebruik

sand of water.

12. Megafoon.

13. Watersuiweraar

14. Speelgoed: draadkar,

driewiel of padroller.

15. Reënmeter of windrigtingmeter.

16. Teikenskiet (kettie).

17. Koekroller, indien dit

gevul is met water.

18. Houer om water in te

kook.

19. Dekorasie vir kleingoed.

Vul met gekleurde

water of verf die

bottel.

20. Kandelaar vir buitebyeenkoms.

tuinslang, drupvoeding, dryfbaadjie, reddingsboei, bêreplek

verfkwaste, toiletpapier, tydmeganisme, teikenskiet, windrigting

Kyk hoeveel van jou woordsamestellings kan jy maak deur die woord - bottel - te

gebruik. Jy kan bottel voor of agter aan jou woord gebruik. Trek so ‘n woordbottel in

jou boek en “maak hom vol”.

69
70

Mooi dink en soek reg!

Melkbottel

bottelnek

Samestellings sonder koppeltekens

(deel twee)

Hallo maats. Ek is Daantjie Kat. Julle ken my seker almal. Miskien het julle my al op

televisie gesien, of dalk by die skool. Ek was al by

vakansie-oorde ook. Eintlik toer ek oor die hele land,

van die onderste puntjie van Suid-Afrika tot doer bo

in Windhoek

Daantjie Kat
Stop by die randsteen

(Geneem uit Veilige Voetjies)

gesing deur Carike Keuzenkamp

Daar’s ‘n mannetjie met ‘n waterkannetjie

voor ons huis se deur, as ons nie na hom

luister nie, gaan ‘n lelike ding gebeur.

Hy sê bly uit die blomtuin uit, gaan speel

in die agterplaas. As ons hom nie gehoorsaam nie,

sal ma dan met ons raas.

Die randsteen is ook so ‘n ding,

hy’s daar vir ons geplaas, sy maatjie

is die sypaadjie en

saam is hulle twee baas.

Hul hou jou uit die strate uit,

die randsteen sê pasop!

As jy oor die straat wil stap

moet jy eers by my stop.

*O randsteen, randsteen jy is my maat

randsteen, randsteen deeltjie van die straat

randsteen, randsteen ek luister as jy praat,

randsteen, randsteen

ek stop op die daad*

Daar’s ‘n karretjie met vier wieletjies,

ja my pa het hom gemaak,

maar nou’s die karretjie nat geverf,

ons mag nie aan hom raak.

Toe sit my pa ‘n teken daar wat sê

jy los hom uit en nou

kom ons nie naby nie,

ons loer maar deur die ruit.

Herhaal * tot by * nog een maal.

71
72

Maandag

Ek is baie seker julle ken almal vir Daantjie Kat.

Ek is nie sommer ‘n gewone kat nie. O nee! Ek is die

professor in verkeersveiligheid. Ek wys almal hoe om

‘n katvoet-voetganger te wees en hoe om versigtig en

slim die pad te gebruik.

Kom ons sing die liedjie saam, voordat ons werk.

Watter nuwe samestellings het ons in die liedjie geleer? Kom ons noem ‘n paar dan

skryf ons dit neer.

Dinsdag

In die volgende sinne is sekere dele onderstreep.

Dit kan egter vervang word met ‘n ander woord.

(Onthou jy kan nog samestellings maak waar twee

woorde saam ‘n nuwe maak.)

Vervang nou die onderstreepte deel van die sin met ‘n

samestelling.

Byvoorbeeld:Die konstabel wat die verkeer reël, staan by

die stopstraat. - Die verkeersbeampte

1. Die konstabel wat die verkeer reël, het die persoon

by die straat waar hy moet stop,

voorgekeer.

2. Mense moet die padtekens gehoorsaam anders oortree hulle die reëls vir

padveiligheid.

3. Die man wat die motor bestuur, ry stadig die straat af en hou stil by die plek waar

die ongeluk plaasgevind het.
Woensdag

Lees hierdie woorde vir jouself en skryf die woord neer, asook die woorde waaruit die

een woord saamgestel is.

Donderdag

verkeersveiligheid sitplekgordel

volgafstande padgebruiker

verkeerslui verkeersirkel

In die leesstuk is daar baie samestellings wat gebruik word. Soek die woorde in die

stuk en maak jou eie spelvel met samestellings.

73
74

Vrydag

Al die prentjies hier het te doen met padveiligheid. Pas nou die prentjie by die regte

samestelling. Skryf die woord wat by die prentjie pas neer.

1. 2.

3. 4.

5.

Spitstyd in die stad

Die motors ry buffer teen buffer. Die stad se werkers haas na die sentrum vir hulle

dagtaak. In die meeste motors is daar net die eienaar en een of twee passasiers.

Hier en daar is ‘n motor vol passasiers wat aan ‘n saamryklub behoort en petrol wil

bespaar. Hulle is dikwels pendelaars van buurdorpe. Die meeste motoriste oortree

nie die verkeersreëls nie.

Die rookmis hang swaar oor die stad. Die verkeerspolisie probeer om verkeer te

laat vloei. Een motor gaan staan. Sy brandstof het opgeraak. Die hele verkeer is

ontwrig. Daar is ‘n lelike verkeersknoop, maar die verkeersman los die probleem

gou op. Een jong man wil by ‘n paar motors verbysteek, maar moet by die rooi

verkeerslig wag. Die verkeersbeampte waarsku hom. As die verkeerslig groen is,

beweeg die verkeer vinniger. Die jongman spoed voort. ‘n Ent verder jaag hy oor

‘n snelstrik.

sitplekgordel, handseine, sperstreep, verkeerslig, skolierpatrollie

STOP
Julle het die afgelope tyd so baie oor SAMESTELLINGS geleer. Kyk na die prentjie en

maak jou eie samestellings. Skryf ten minste vyf in jou boek.

Taalvasvat

1. Intensiewe vorm

Ons wil partykeer iets wat ons sê baie sterker stel as gewoonlik. Daarvoor gebruik ons

die intensiewe vorm (of versterkte vorm).

Nie alle beskrywende woorde het intensiewe vorme nie. Soms kan ‘n mens self jou eie

intensiewe vorm uitdink. byvoorbeeld: spinasiegroen.

Hier volg ‘n paar wat ons maar kan leer:

stellende trap intensiewe vorm stellende trap intensiewe vorm

bleek doodsbleek ryk skatryk

oud stokoud

reguit pylreguit dik trommeldik

vol propvol swaar loodswaar

moeg doodmoeg wit spierwit

groen grasgroen blou potblou

bitter galbitter stil doodstil

75
76

arm brandarm fris perdfris

jonk bloedjonk krom hoepelkrom

styf stokstyf dun plankdun

leeg dolleeg lig veerlig

kalm doodkalm rooi bloedrooi

swart pikswart geel goudgeel

koud yskoud warm vuurwarm

hoog hemelhoog klein piepklein

2. Voornaamwoord

Die voornaamwoord is die woord wat in die plek van die naamwoord (die naam

van ‘n mens, of dier of ding) in die sin kom staan. Dit staan dan vir die naamwoord.

(“virnaamwoord”)

Byvoorbeeld: Pieter het baie van Santie gehou.

Hy het baie van haar gehou.

manlik: hy, sy, hom, syne

vroulik: sy, haar, hare

ander: julle, hulle, ons, u, wie?

onpersoonlik: dit

3. Soorte sinne

• Stelsinne

Sinne wat vir ons feite en inligting gee (iets meedeel). Hierdie sinne eindig gewoonlik

met ‘n punt. Byvoorbeeld: Ek speel graag met my kat.

• Bevelsinne

Sinne wat opdragte of bevele wat gedoen moet word, gee. Hierdie sinne kry baie

keer uitroeptekens. Byvoorbeeld: Gaan borsel nou dadelik jou tande!

• Vraagsinne

Sinne wat vrae vra. Dit word altyd met ‘n vraagteken geskryf. Byvoorbeeld:

Waarheen gaan jy?

• Uitroepsinne

Sinne waarin iets uitgeroep, geskree of harder as gewoonlik gesê word. Hierdie

sinne kry gewoonlik ‘n uitroepteken. Byvoorbeeld: Nee, hou op!

4. Vraagstelling

Byvoorbeeld: Wie? > persoon

Waar? > plek
Al hierdie soorte sinne help ons om dit wat ons skryf duidelik en

interessant te maak.

Waarheen? > plek

Wanneer? > tyd

Waarmee? > voorwerp

Hoe? > manier / wyse

Hoeveel? > getal / hoeveelheid

Anders kan ‘n vraag gevra word deur net die sin met die werkwoord (doenwoord) te

begin. Byvoorbeeld: Hy slaap graag buite. > Slaap hy graag buite?

5. Dagboek

• ‘n Dagboek het vir elke dag die datum en die dag bo-aan.

• Sinne in ‘n dagboek is meestal kort en bondig.

• ‘n Mens teken gewoonlik vir jouself die belangrike gebeurtenisse van die dag op.

77