You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
WISKUNDE-WOORDESKAT

www.thinkonline.co.za - e-mail: thinkonline13@gmail.com

2-dimensioneel: ’n plat vlak wat lengte en breedte het

Naam: _________________

3-dimensioneel: ’n voorwerp wat lengte, breedte en hoogte beslaan

alternatiewe: elke tweede getal in 'n reeks

antikloksgewys: beweeg in die teenoorgestelde rigting as wyser van horlosie

basis: die sy of vlak waarop ’n figuur staan

binnehoeke: hoeke aan die binnekant van 'n figuur

blokgrafiek: ‘n grafiek wat inligting voorstel met lang blokke

breuk: 'n getal uitgedruk met 'n teller bo (aantal dele)

en 'n noemer onder (grootte van dele)

chronologies: gerangskik in die volgorde van tyd

dalende volgorde: van groot na klein

digitale horlosie: 'n horlosie wat tyd aandui met syfers; nie wysers nie

egte breuk: 'n breuk waarvan die teller kleiner as die noemer

ekwivalent: om dieselfde waarde te hê,

is dus gelyk aan mekaar, bv. 1 /4 = 2 /8

ewe getal: 'n getal wat presies deelbaar is deur 2

ewewydige lyne: twee lyne wat ewe ver uitmekaar bly

en mekaar nooit sal sny nie (parallel)

faktore: ‘n getal wat presies in ‘n ander getal kan indeel

gelykbenige driehoek: ‘n driehoek waarvan 2 sye presies ewe lank is

gelyksydige driehoek: ‘n driehoek waarvan al 3 sye ewe lank

en al 3 hoeke ewe groot (60 o ) is

gemengde getal: ‘n simbool wat bestaan uit ‘n heelgetal en ‘n breuk bv. 3½

3

12

1

12
gemiddelde: wanneer jy 'n groep getalle bymekaar tel

en die antwoord deel deur die aantal getalle

gradeboog: ’n halwe-sirkelinstrument wat groottes van hoeke meet

heksagoon: ’n veelhoek met 6 sye en 6 hoeke

heptagoon: ’n veelhoek met 7 sye en 7 hoeke

hoek: die aantal grade wat ’n lyn roteer

horisontaal: ’n lyn wat parallel is met die oppervlakte van die aarde

kloksgewys: om in dieselfde rigting te beweeg as die wyser van ‘n horlosie

koord: ‘n reguit lyn wat 2 punte verbind op die omtrek van ‘n sirkel

koördinate: getalle wat gebruik word om ‘n punt op ‘n plat

vlak aan te toon, bv. op 'n landkaart

kwadreer: om ’n getal met homself te vermenigvuldig

(dit word 'n kwadraat genoem)

kwosiënt: die antwoord van 'n deelsom

loodregte lyn: ’n lyn wat ’n ander lyn ontmoet en ’n regte hoek (90 o ) vorm

lyngrafiek: ’n grafiek waar reguit lyne gebruik word om punte te

verbind om sekere inligting voor te stel

massa: die aantal materie waaruit iets bestaan (sy gewig op aarde)

middellyn: ’n reguit lyn deur die middelpunt van 'n sirkel

wat 2 punte verbind op die omtrek

noemer: die onderste getal van ’n breuk

oktogoon: ’n veelhoek wat uit 8 sye en 8 hoeke bestaan

oktaëder: ’n drie-dimensionele vorm wat 8 vlakke bevat

omtrek: die lengte van ’n figuur buite om

onegte breuk: ’n breuk waarvan die teller groter is as die noemer

onewe getal: ’n getal wat, as dit deur 2 gedeel word, altyd ’n res van een gee

1

12

13

12
WISKUNDE-WOORDESKAT

www.thinkonline.co.za - e-mail: thinkonline13@gmail.com

opeenvolgende: getalle wat net na mekaar kom, bv. 3 en 4

oppervlakte: die ruimte binne die omtrek van ’n figuur -

dit word uitgedruk in ’n vierkante eenheid (bv. m 2 )

parallelle lyne: pare lyne wat altyd ewe ver uitmekaar bly

en mekaar nooit sal sny nie

parallelogram: ’n vierhoek waarvan die teenoorstaande sye

ewewydig en gelyk is

pentagoon: ’n veelhoek met 5 sye en 5 hoeke

Naam: _________________

persentasie: ’n hoeveelheid wat in honderdstes uitgedruk is 50%

piramide: 3-dimensionele vorm met 'n vierkant as basis en

4 driehoekige vlakke wat by 'n hoekpunt bo ontmoet

plekwaarde: dui die posisie van ’n syfer in ’n getal aan

(HD TD H T E t h d)

poliëder: ´n 3-dimensionele vorm met plat vlakke

poligoon: ´n 2-dimensionele figuur met 3 of meer reguit lyne

priemgetal: ´n getal wat net deur homself en 1 kan deel

produk: die antwoord van 'n vermenigvuldigingsom

radius: ´n lyn van die middelpunt van die sirkel na die rand

reghoek: ´n vierhoek waarvan die teenoorstaande sye gelyk

en ewewydig is en al 4 hoeke 90° is

reghoekige driehoek: ´n driehoek waarvan een hoek gelyk is aan 90°

regte hoek: ´n hoek gelyk aan 90°

roteer: om te draai in ´n kloksgewys- of anti-kloksgewys rigting
uit: ´n 2-dimensionele figuur met 4 gelyke sye

waarvan nie een hoek gelyk is aan 90° nie

semi-sirkel: ´n halwe sirkel

sfeer: ´n figuur in die vorm van´n bal

simmetrie-as: ´n lyn wat ´n figuur opdeel

in twee simmetriese spieëlbeelde van mekaar

simmetries: wanneer 2 dele aan weerskante van 'n lyn

identiese spieëlbeelde van mekaar is

sirkelgrafiek ("pie"-grafiek): sirkel waarvan sektore inligting voorstel

skerp hoek: ’n hoek tussen 0° en 90°

som: die antwoord van getalle bymekaar getel ('n plussom)

stomp hoek: ’n hoek tussen 90° en 180°

stygende volgorde: van klein na groot

teller: die getal bo die lyn in ‘n breuk

tessellasie: ´n vorm wat homself herhaal sonder oorvleuelings

of oop spasies

veelvoude: waarin die getal presies kan deel (soos wanneer jy daarin tel);

die veelvoude van 6 is 6; 12; 18...

vereenvoudig: om in ’n eenvoudiger vorm te skryf bv. 6 /8 = 3 /4

verskil tussen: om twee getalle van mekaar af te trek

(trek hier altyd die kleiner getal van die groter getal af)

vertikale lyn: ’n lyn van bo na onder

vierkantgetal: om ’n getal met homself te vermenigvuldig bv. 6 x 6 = 36

vlak: ’n plat oppervlak van ‘n 3-dimensionele figuur

volume: die hoeveelheid ruimte wat ’n voorwerp beslaan

(lengte x breedte x hoogte); geskryf in m 3

Toets jouself en speel hierdie aktiwiteit op die internet:

http://www.quia.com/cb/616975.html

6

12