Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
1

KOERS

IN

LEER- EN LEWENSKWESSIES

Orgaan geassosieer met die HCM Fourie-Vriendekring

Brief 94 - OKTOBER 2011 (8)

INHOUD

Redaksioneel ..……….….………………....................... 2

Muur van die Reformatore..…………………….............. 2

Die Revolusie en die Hugenote ………….…................. 3

Liturgie – siklies of liniêr .……………..……………….…. 4

Liturgiese grondslae ……………………………………… 5

Brief van HP Wolmarans aan BJ Engelbrecht ………… 7

Luther se gebed vir Melanchton ……….……………….. 8

Bybelvertaling …………………………………………….. 9

Herinneringe aan ds PS Grobler …….…..................... 10

Sout- & Peperpot …….…………………………………… 10

Die arme Kopte in Egipte …….………………….……… 11

Kerknuus …….……………………………………………. 12

Psalms vir die kerklike jaar ...……............................... 12

Preek ……...……........................................................... 13

VERBUM DEI MANET IN AETERNUM

– Die Woord van God bly vir Ewig –

– 1 Pet 1:25 –

(Jes 40:8)
Kolofon

Webblad:

www.leerenlewenskwessies.co.za

Redakteur: Prof HG v/d Westhuizen

Subredakteur: Ds PJ v/d Merwe

Prof dr AD Pont

Ds PH Viljoen

Dr C Pretorius

Ds LJ Strauss

Ds FH van der Merwe

Ds JJ Steÿn

Dr J Otto

Uitgewer:

HCM Fourie-Vriendekring

Donasies & Korrespondensie:

Mev E van der Westhuizen

Posbus 4

Piet Plessis, 8621

Tel 053 984 0020/072 1539 106

e-pos:

profhg.vdwesthuizen@gmail.com

Tjeks uitgemaak aan:

E v/d Westhuizen,

ABSA 9062706439

Takkode: 503601

Donateurs:

ELKEEN WAT ’N DONASIE

SKENK ONTVANG DIE BRIEWE.

MAAK SEKER DAT U DONASIE

ONTVANG IS.

Skrywers neem eie verantwoordelikheid.

2

REDAKSIONEEL

AKADEMIESE OPLEIDING

Teologiese opleiding van predikante kom, wat universiteite betref, al meer

in gedrang. Ons het al voorheen gehandel oor die Hervormde Kerk se

vroeëre eise dat sy predikante nie aan 'n kweekskool nie maar aan 'n

universiteit opgelei moet word. Maar sedertdien ís die universitêre landskap

besig om 'n totale nuwe ontplooiing te ondergaan. Soveel te meer nog sedert

en as gevolg van die revolusie in ons land in 1994.

Die rektor van die Universiteit van Pretoria, waar ons teologiese studente

opgelei word, het in 'n openbare lesing sommige van hierdie postmoderne

tendense ten opsigte van teologie weer belig. Prof Cheryl de la Rey het

volgens Neels Jackson van die dagblad Beeld (26 Aug 2011, bl 14) gesê: "In

'n sekulêre universiteit in 'n sekulêre land word waardes sterk betwis … Eeue

gelede was dít anders. Toe is teologie as die kroon van die dissiplines

beskou. Dit het egter verander. Die soeke na waarheid deur die wetenskaplike

metode het die soeke na die waarheid van God al hoe meer verdring …

Daarom het min openbare universiteite ter wêreld nog teologiefakulteite."

Haar eie siening is dat teologie van ander dissiplines verskil omdat dit in

wese oor geloof gaan, en van begrip vanuit die geloof.

Met die ekumeniese staatsfakulteit van teologie aan UP kom die inhoud van

ons predikante-opleiding en die prosedures daarrondom (bv die aanstelling

van en toesig oor dosente) in sterk gedrang. Dit ís te betwyfel of die eis vir

universitêre opleiding deur die aanvanklike stellers daarvan dit vandag nog

met dieselfde aandrang sou doen.

Een van die grootste Reformatoriese teoloë in Nederland, O Noordmans,

wat deur sy teologie ook ons Bybels-Reformatoriese dialek in die Hervormde

Kerk in Suid-Afrika beïnvloed het, het in 1922 gesê: "De kerk … eist

van haar dienaren academische opleiding, waaraan de Grieks-Romeinse

beschaving ten grondslag ligt" (HW Confessioneel, 16.06.2011, bl 6).

Hier lê die sleutel van die Hervormde Kerk se vereiste dat sy predikante aan 'n universiteit opgelei

moet word. Toe hierdie aanvanklike voorwaarde gestel ís, ís dit gedoen met die verwagting dat die

opleiding dan gedoen sal word met die "Grieks-Romeinese beskawing" as grondslag. Waar hierdie

dimensie van die Europese en Westerse beskawing in ons tyd aan die universiteite weg val, moet die

aanvanklike eis van akademiese opleiding op alternatiewe wyses gerealiseer word.

Die Afrikanisering van die fakulteit teologie geniet volgens die dekaan nou prioriteit.

Ons leef in 'n tyd dat akademiese standaard, teologiese diepte en omvattende toerusting nie meer

grootliks van die strukture, bestuur en rigting van universiteite afhanklik kan wees nie. Daar sal deur die

Kerk self van dosente se integriteit, vroomheid, bekwaamheid, toewyding en lojaliteit erns gemaak moet

word. Soos Calvyn gesê het: "Stuur aan ons hout en ons sal daarvan pyle sny" (CR van den Berg, De

Calvinistische Reformatie in Europa in de 16de eeuw, in: De onbekende calvijn, Kok 2010, bl 211).

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Laat ons vashou aan die geloof wat ons bely – Heb 4:14

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Baie dankie vir u voortgesette ondersteuning.

Intekening/Hernuwing KOERS 2011: 12 Uitgawes R120 per jaar.

Bankbesonderhede/banknommer/taknr in kolofon van Koers bl 2.

MAAK SEKER DAT U DONASIE ONTVANG IS.

Identifiseer uself duidelik op die inbetalingsbewys.

Iemand wat tussen R120 en R150 per jaar skenk kan sy/haar gewete al skoon kry. R120 en meer per jaar

dek papier, koeverte, seëls, ink ensovoorts. Meer as R150 per jaar help dra namens die muisstillesers.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

MUUR VAN DIE REFORMATORE

– HG

In Genève, Switserland, waar Calvyn sy Hervormingspogings ook in praktyk gebring het, is in 1917 'n muur

opgerig met die beelde van die groot Hervormers daar teen aangebring. Die sentrale figure is Johannes Calvyn,

Willem Farel, Theodorus Beza en John Knox. Aan die kante is ander beelde van belangrike persone uit die dae

van die Reformasie (vgl SP Engelbrecht, Album 1965, bl 9).
3

Op 3 November 2002 is nog vier verdere Hervormers teen hierdie gedenkmuur aan die vergetelheid ontruk.

Peter Waldes het van ongeveer 1140 nC tot 1217 nC gelewe. Sy naam leef ook voort in die Waldense beweging.

Die Waldense maak aanspraak dat hulle in direkte tradisie van die oer-Christene staan en oor die eeue in die

berge en valleie vervolgings ontkom het. Hulle besit en oorlewering van die Woord van God loop dus langs die

Roomse tradisie verby en vorm ’n gerieflike bakermat vir die later Hervormingsbeweging in die Roomse Kerk.

John Wycliff het in Engeland geleef van ongeveer 1328 nC tot 1384. Hy was ’n diep denkende voorloper van die

Hervorming wat ook die inisiatief geneem het om die Bybel in Engels te vertaal. Sy gedagtes en leer wat hy op die

Bybel gefundeer het en wat tot ’n groot mate in stryd met die heersende Roomse Kerk was, is na sy dood deur die

Roomse Konsilie van Konstanz in 1415 nC veroordeel. Die Konsilie het ook besluit dat Wycliff se beendere na 30

jaar opgegrawe en verbrand moet word!

Johannes Hus het van ongeveer 1369 tot 1415 nC gelewe. Hy het as Tsjeg baie gedoen om die volksbestaan

van die Tsjegge te bevorder, die volkskerk in Tsjeggië te vestig, die Bybel in Tsjeggies te vertaal, mistande in die

Roomse Kerk uit te wys en ’n ware Hervormde volgeling van Wycliff te wees.

Sy smartlike vervolging en uiteindelike verbranding in Konstanz in 1415 nC, toe ook besluit is om Wycliff se

beendere te verbrand, word volledig beskryf in die boekie van HG van der Westhuizen, Johannes Hus – Martelaar

van Inbors.

Marie Dentière is die vierde nuwe Hervormer teen die muur van die Reformatore. Sy is rondom 1495 gebore in

Tournai (Doornik) in Wallonië, 85 km suidwes van Brussel. Sy het geleef tot 1561 toe Guido de Bréz die Nederlandse

Geloofbelydenis oor die kasteelmuur in Doornik gegooi het.

Teen 1524 het sy in die Augustynerklooster van haar ordebroeder Martin Luther verneem. Sy is later uit die

klooster en tot twee maal getroud. Elke keer met Hervormingspredikers. Hoewel Luther en Calvyn die posisie van

die vrou opgegradeer het om byvoorbeeld ’n verantwoordelike aandeel in die huwelik te neem, het haar inisiatief op

grond van voorbeelde van vroue uit die Ou Testament, Galasiërs 3:28 en Euodia en Sintige (Filip 4:23) verder

gestrek. Sy het ’n uitnemende medewerkster in haar man se Hervormingswerk geword.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

DIE REVOLUSIE EN DIE HUGENOTE

– HG

Franschhoek in die pragtige bergekom van die skone Kaap het die mooi monumente aan die Franse Hugenote

wat hulle hier kom vestig het.

Verskillende families uit Frankryk soos Du Plessis, Du Preez, Du Toit, Fourie, Hugo, Jordaan, Le Grange, Le

Roux, Lombard, Malan, Malherbe, Marais, Meyer, Nortjé, Theron het in 1688 hulle aan die Kaap kom vestig. Hulle

was vlugtelinge ter wille van hulle geloof – die Protestantse geloof wat sommige van hulle as nageslagte van die

Waldense van vroeër eeue gehad het.

Die Hugenote, soos hulle genoem ís as Eidgenossen, eed- of geloofsgenote, se liefde vir die God van die Woord,

het hulle van die Reformatore Martin Luther en Johannes Calvyn se invloed ontvang.

Die Roomse Kerk het die Hugenote in oorlog op oorlog probeer laat uitwis tussen 1562 en 1598. Die ergste was

met Sint Bartholomeusnag 23/24 Augustus 1572 toe die Roomse owerheid op die Sondag 10,000 in Parys en

daarna sowat 100,000 uitgewis het.

Via Nederland veral het van die vlugtelinge in 1688 na Suid-Afrika uitgewyk. In 1948 is die unieke monument,

uniek in die hele wêreld, by Franschhoek opgerig saam met die museum wat die geskiedenis van die Hugenote

bewaar.

Die Hugenote-monument illustreer die kern van die Christelike geloof. Die drie toringboë simbolíseer die drieeenheid

van God – Vader, Seun en Heilige Gees. Bokant die boë rys die Son van Geregtigheid en die

Golgotakruis. Voor die boë staan 'n vrou op die aardbal met in haar regterhand die Bybel en in die linkerhand 'n

gebroke ketting terwyl sy vertrouend stip kyk nie op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare

dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig (2 Kor 4:18).

Die hele gedenkkompleks dra die Reformatoriese motto: Post tenebras Lux – Ná die donker lig!

'n Goeie fees by hierdie gedenkwaardige plek sou sekerlik kon verband hou met die datums van die Hugenote se

geestelike vader – Johannes Calvyn, gebore 10 Julie 1509 en oorlede 27 Mei 1564. Datums in 1688 waarop verskeie

skepe met Hugenote aan boord kan ook as feesdatums gebruik word. Selfs die datum 24 Augustus waarop

die groot gebeurtenis as oorsaak van die Hugenote se vlug plaasgevind het, kan feitlik jaarliks in herinnering

geroep word. Ons Kerk orden die datum ook in in die jaarprogram. Of die datum in 1948 waarop die Franschhoekmonument

en museum geopen is, kan ook dienlik wees vir 'n saamtrek.

Maar wat doen Suid-Afrika ná die revolusie van 1994 met die Hugenote? Tipies aan die verregaande distorsie

van die geskiedenis is op Sondag 13 Julie 2008 hier by Hugenotemonument Bastilledag gevier!

In die Franse Revolusie, die moeder van alle moderne revolusies, ook dié van Suid-Afrika in 1994 en die

Russiese van 1918, is die Bastille op 14 Julie 1789 bestorm. Die Bastille was 'n Middeleeuse vesting in Frankryk
4

wat as tronk vir politieke gevangenes gedien het. Sewe gevangenes ís vrygelaat met die bestorming, die tronk ís

afgebrand, die eerste verklaring van menseregte ís op 26 Augustus 1789 aanvaar, die Franse Republiek ís op 22

Augustus 1792 uitgeroep, koning Lodewyk is op 21 Januarie 1793 onthoof en in 1996 ís Suid-Afrika se Grondwet

aanvaar wat voortbou op die revolusionêre sleutelbegrippe van vryheid, gelykheid en broederskap.

Die Bastilledagfees by Franschhoek het die dorp geklee in rooi, wit en blou. Die kelners en besoekers het die

kenmerkende rooi barette gedra – tipies van die Franse Revolusie. Die offisiële Internet Blog het gesê dié

Hugenotefees verteenwoordig vryheid soos verkry vir die gevangenes van die Bastille. In ooreenstemming met die

tema van vryheid is besoekers aangemoedig om deel te neem aan The Long Walk wat begin het by die hekke van

die Drakenstein gevangenis, die Victor Verster, van waar Nelson Mandela in 1990 vrygelaat is.

Wat het die Franse Hugenote van 1688 te doen met die Franse Revolusie van honderd jaar later, 1789? Niks,

behalwe dat die een met geloof te doen het en díe ander met ongeloof.

Doen die Kerk niks deesdae aan dergelike distorsie van die geskiedenis nie? Historiese feite word gekaap,

verwring en parodis tot spotbeeld van die kerk, die Bybel en alle geloofsake opgewerp.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Hij (de duiwel) is een lekkerbek en heeft graag wat bizonders

– Luther, Veertig Leerredenen, bl 107

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

LITURGIE – SIKLIES OF LINIÊR

– HG

Die denke in oertye was siklies. Ook in die primitiewe godsdienste was die kultus, kultuur en daaglikse lewe gebonde

aan die seisoene. Die aarde se wenteling om die son het nuwe lewe en vrug in die lente en somer gebring.

In die winter het die natuurlewe afgekoel en skynkbaar gesterf. Die godsdiens was ingerig volgens die ritme van

sterf en herlewe; volgens die aarde se kanteling wat die son van die noorde na die suide en weer terug laat gaan.

Die sikliese denke oftewel denke dat die lewe sirkelmatig is waarbinne die mens se geboorte en sterwe val en

waar ook ruimte gevind word vir die reïnkarnasiegedagte, het ook tot materiële uitdrukking gekom. Die eerste

huismakers het ronde huise gebou. Ons Afrikamense se boustyl was die ronde hutte of strooise.

Vanweë die sikliese denke gebonde aan die natuur, ís die mens daarvan sonder ideale. Die strewe na beter

lewensomstandighede, self opgebou weens ideale of mikpunte wat in die toekoms lê, ontbreek byvoorbeeld by die

ou Afrikamens. Hulle voer daarom net 'n bestaansekonomie. Daar ís weinig beplanning vir die toekoms. Jy moet

net sorg om vandag te lewe, meer geld te kry – al steel jy ook. Die aanhoudende stakingskenmerk van die

revolusionêre demokrasië sluit mooi aan by die uitsiglose bestaansekonomie. Daar word nie 'n flenter omgegee

hoeveel skade stakings aan die ekonomie aanrig nie, solank daar net vir die huidige 'n groter salaries van 10% of

meer in my bestaansekonomie kan tereg kom.

Dr H Berkhof sê in sy pragtige boek van die vyftigerjare van die vorige eeu, Christus de zin der geschiedenis: Niet

aan de Grieken, ook niet aan Perzië, maar aan Israël hebben wij het besef te danken, dat de geschiedenís

doelgericht is en in die betekenis een zin heeft.

Die Nuwe Testament wat Christus se lewe, sterwe, opstanding en wederkoms as die vervulling van 'n liniêre

wegbreek van die natuurlike sikliese sien, het dan ook nêrens 'n afgeronde sogenaamde kerklike jaar geken nie.

Die jaarlikse fees ter herinnering aan die geboorte (Kersfees), die opstanding (Paasfees), uitstorting van die Heilige

Gees (Pinksterfees) en so meer kom nie in die Nuwe Testament en die vroegste kerk voor nie.

Die ronde kerklike jare ís 'n terugval van die Roomse Kerk na die sikliese denke ingevul deur die natuur. Sekerlik

moet Christus se geboorte, lewe, werke, wonders, lyde, dood, opstanding, hemelvaart, koms van die Gees en

wederkoms in ons lewe gedenk word. Christus self het met die instelling van die Nagmaal gesê: Doen dit tot My

gedagtenis. So dikwels wat ons hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig ons die dood van die Here

totdat Hy kom. Maar sou ons verval om die gedenkfeeste liturgies só in te rig dat die klem op die gebeure van

geboorte, sterwe, opstanding en so meer val, verval ons in sikliese denke en liturgie. Dit gaan egter om die

Persoon, Jesus Christus, wat gebore ís, wat gesterf het, wat opgestaan het, te gedenk. Hy ís 'n lewende Persoon,

noú in die ewige heerlikheid van God.

As ons byvoorbeeld Jesus se dood gedenk, gedenk ons die dood van die lewende Persoon! Ons speel nie saam

in die drama met droefheid asof sy dood nou plaasvind nie. Om in die kerklike jaar stap vir stap sy gebeure op

aarde van geboorte, sterwe, opstanding, hemelvaart dramaties te herbeleef neem die aandag af van die liniêre of

voortgaande heilshistorie. Die aandag word dan gevestig op die viering van gebeurtenisse uit die verlede wat as't

ware herhaal word. Intussen is hierdie liturgiese verskuiwing van die liniêre na die sikliese niks anders as 'n

verhumanisering en vernatuurliking van ons godsdiens. Die lewende Christus wat die natuurlike verloop en

verganklikheid met 'n eindpunt, 'n doel en sin kom vervang het, word verduister ín sikliese liturgie.

Hoe dikwels lees ons nie in ons kerklike tydskrifte dat die ritme van die geloofslewe word deur die kerklike jaar

aangegee! In die vol ingevulde kerklike jaar soos in die Roomse en die Ortodokse kerke se liturgieë, lê dan die
5

ritme en sin van ons geloofslewe. Alle kerklike tydskrifte moet dit weerspieël. Die kerklike jaar word hoogop

geritualiseer.

Ons is inderwaarheid egter van hemelvaart en pinkster op pad – liniêr – na die wederkoms van Christus. Laat ons

sekere aksente maar plaas by die herdenking van die gebeure met Jesus op aarde, maar laat Hy die lewende

verwagting bly by elke liturgiese inrigting.

Mistiek

Dit sal veel meer waarde hê vir ons geloof om minder die sikliese kerklike jaar te speel, en meer die Heidelbergse

Kategismus in te neem, die Woord volledig te verkondig, en liniêr soos pelgrims op pad te wees na die

oorwinnaarskroon, die lewe by God (2 Tim 4:8).

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Maagdelike ontvangenis

Hoe ís ons Here dus ontvang? – Die Heilige Gees het in die maagd die geloof

verwek en haar hierdie geloof laat ontvang toe sy die ewige Woord, dieselfde Woord

van die Vader waarin ook hemel en aarde geskape is, in haar opgeneem het

(Kohlbrugge, Heilsleer, v/a 182).

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

LITURGIESE GRONDSLAE

– HG

Die bekende woord "liturgie" om 'n kerkdiens se orde aan te dui (diensordes) kom van twee Griekse woorde: laos

(volk vanwaar die word leke ook kom) en ergos (diens). In die klassieke Griekeland het dit "volksdiens" beteken.

Die Griekse vertaling van die Ou Testament (die Septuagint, LXX, ±250 vC) het die woord leitourgia byna uitsluitlik

gebruik om godsdienstige handeling aan te dui, die priesterlike kultus. Die vertaling van die Septuagint het die

betekenis van die word waarskynlik by die Griekse of Hellenistiese sinagogegebruik gevind. Om die heidense

kultus, waar die woord al in gebruik was, met die ware kultus of godsdiens te vervang, ís waarskynlik juis dieselfde

woord gebruik sodat dit "gekersten" kan word. Die vroeë Joodse skrywers, Josephus en Philo, gebruik die woord

liturgie ook in die sin van priesterlike diens (vgl Strathmann, TWZNT, Band IV).

In ons kerklike gebruik van die woord verwys dit dus uitsluitlik na die kerkdiens, maar sluit daarmee nie ons

individuele "erediens van die lewe" (Liedboek) uit nie. Liturgie is die diens van die volk, gesamentlik in die

kerkdiens en afsonderlik in huisgodsdiens, stiltetyd, maaltydsgebede, pastorale en ander aanbiddingsgeleenthede.

Nuwe beweging

Die gees van ons tyd lê geweldig klem op die liturgiese. Dit kan gesien word in die diensordes van ons Kerk se

nuwe Diensboek. Dit kan ook gesien word in die Liedboek. Om 'n onopvallende voorbeeld te noem: Ons Kerkorde

het altyd gepraat van die "kerklike jaar". Die Liedboek praat van die "liturgiese jaar".

Daar ís egter 'n groot misverstand as die nuwe liturgiese bewegings die liturgie van die kerkdiens en die gelowige

lid van die Gods volk wil sien as inisiatief, aktiwiteit en kreatiwiteit van menslike kant. Dit val in by die

verhumanisering van die kerk. Die hordes van ordes maak dat jy onder die kerkdienste wanneer jy in verskillende

gemeentes kom nie meer weet of jy in 'n Hervormde Kerk is nie!

Onthou moet word dat die kerkdiens, en so ook om individuele "erediens van die lewe" 'n ontmoeting tussen God

en ons is. Reeds in die tuin van Eden met die skepping van die mens is die mens bedoel om saam met God "in die

ewige saligheid (te) kon lewe om Hom te loof en te prys (Ef 4:24; Kol 3:10; 2 Kor 3:18)" (Die Heidelbergse

Kategismus Sondag 3 v/a 6). So was die huidige kerkdiensliturgie en individuele liturgie by die skepping 'n eenheid

en sal dit eenmaal weer wees. Die punt is dat hierdie ontmoeting tussen God en mens van God af kom.

Toe God verbonde met die aartsvaders en sy volk Israel aangegaan het, was 'n verbond altyd monopleuries, dit

wil sê van een kant af, van God se kant af. God se verbonde met die mens is altyd genadeverbonde – soos die

klassieke Doopformulier sê. Maar "aangesien daar in alle verbonde twee dele is, daarom word ons ook weer van

Godsweë … vermaan en verplig tot 'n nuwe gehoorsaamheid …" (Doopformulier).

Monopleuries

God se verbonde, sy nader kom na die mens, soos in die skepping van die mens, soos in sy opsoeke van die

mens ná die sondeval en soos in al die verbonde met Abraham, Isak, Jakob, Israel by Sinaí en so meer, is

monopleuries – die inisiatief vir die ontmoeting tussen God en mens kom volledig en alleen van God af. Maar dan

kom die reaksie en word die ontmoeting dupleuries – tweekantig.

Dat mense, gelowiges, konserte kan hou, feesgeleenthede kan reël en uitgebreide kreatiwiteit kan gebruik – ook

alles tot eer van die Here – met inspanning van allerlei vorme van kuns (beeldkuns, toorkuns, skilderkuns ens), is

moontlik. Maar die erediens of kerkdiens, die ontmoeting tussen God en sy volk vertoon liturgies 'n "tweegesprek".

Om tot die tweegesprek van hierdie ontmoeting te kom staan die situasie altyd ín die Gees van die Goddelike

inisiatief. In alle opsigte is dít die Here God wat ons trek (Joh 6:44; 12:32). Dr JH Gunning jr sê in sy Op weg naar

Sion, bladsy 39: "Elke beweging van ons geestelike lewe in die rigting van God, het sy uitgangspunt in God self.
6

Jesus sê: 'Niemand kom na My toe, tensy …' Dít geld nie alleen van u koms tot die Verlosser nie, om deur die

geloof in sy offer vrede te vind vir tyd en ewigheid nie; dit geld ook van enige nadering tot Hom, dit geld ook van

elke gebed wat in die Naam van die Verlosser tot Hom en sy Vader gerig word". In hierdie liturgiese ontmoeting

waar twee of drie in die Naam van Jesus Christus saam is, daar ís Hy self teenwoordig (Matt 18:20). Die volk se

reaksie in die kerkdiens is nie aksie of kreatiwiteit nie, maar reaksionêre belydenis, gebed, lofsang tot klaagsang.

Die volk se liturgiese optrede word bepaal deur God se inisiatief – sy Woord, die prediking, die doop, die Nagmaal.

Alles in die liturgie moet fokus op die verlossende Woord van God. Selfs die handdruk van die ouderling van

diens wat die Wet gaan afkondig (want ouderlinge hou toesig oor die gemeentelede, nie seuntjie of dogtertjie of vroutjie uit

die gemeente of wie ook al nie!) en met die Belydenis voorgaan, ís nie 'n sterktewens aan die leraar nie. 'n Handdruk

van die ouderling aan die einde van die diens is nie om te sê: goed gedoen nie! Nee, 'n kerkraad het kerkordelik die

verantwoordelikheid om die diens te reël, die tyd en plek, die dominee wat voorgaan en so meer. Die handdruk van

die ouderling ís nou om te bevestig dat hierdie leraar mag nou die diens gaan lei en ís bevoeg om te preek. Die

leerplig van die kerkraad word met die handdruk voor die diens aan die leraar oorgedra, en ná die diens terug

ontvang.

Sing-songs

Omdat die liturgie 'n ontmoeting tussen God en sy volk is, behoort daar onmiddellik vooraf nie 'n sing-song te

wees (soos wyle prof FJ van Zyl dit genoem het nie). Daar kan wel 'n paar sangstukke met die oog op die diens

geoefen word. Omdat die leraar met Woord, prediking en sakramente namens die Hoof van die kerk by sy volk

optree, en namens die liggaam van Christus, die kerk, by die Hoof intree, moet oppervlakkige optredes vermy

word. Dit gaan nie by die kerkdiens oor die dominee se groet en verwelkomings nie. As hy/sy die gemeente persoonlik

wil groet, laat hy vroeër kom en die gemeente by die ingang groet. Die predikant ís ín die liturgie die

bemiddelaar wat spreekbeurt betref tussen die Here God en sy volk, die gemeente. Die Here ís self teenwoordig

deur sy Woord en Gees, soos Hy self ook gesê het volgens Matteus in sy afskeidswoord. Maar liturgies verklank

die leraar die Woord wat deur die Gees gedra word.

Met die votum spreuk die leraar namens die gemeente. Dít is 'n belydende gebed van die Gods volk dat hulle

hulp van die Here ís. Dít ís nie alle en enige teksvers wat hiervoor goed ís nie! Die seëngroet spreek hy, nee! nie

namens homself uit nie! Dis nie hy/sy wat die gemeente groet, met opgehefde regterhand nie! Hy spreek die

seëngroet namens die Here uit met albei hande. Moenie woorde, uitbreidings en versierings voeg by die formules

wat die Bybel self hiervoor bied nie.

Wet en Belydenis

In die tyd van die Reformasie het Zwingli byvoorbeeld hom gehou aan die orde van 'n Middeleeuse bekende

liturgie. Die Züricher Kirchenordnung 1525/35 het Zwingli via Ulrich Surgant van Bazel ontleen aan die Pronaeus, 'n

Middeleeuse preekdiens. Dit het bestaan uit prediking omring deur gebede en afgesluit met die twaalf artikels en

die tien gebooie (prof dr JT Bakker, Christelijke Encyclopedie, 1959, deel IV, bl 467).

Dr WF Golterman (Liturgiek, 1951, bl 62) dui aan dat baie Calvinistiese Kerke na aanleiding van die Sinode van

Dordrecht 1574 waarop Petrus Dathenus groot invloed gehad het, die Sondagdiens ingerig met die adjutorium

(votum), lied, afkondiging van die tien gebooie, lied, gebed, Skriflfesing, lied, prediking (moontlik met 'n tussen-sang),

lied, nagebed (genoem gebed vir alle nood van die Christendom, eindigend met die Onse Vader), lied. In die aanddiens (of

tweede diens) ís die wetsvoorlesing vervang met die voorlesing van die Apostoliese Geloofsbelydenis.

Vandag nog ís dit in Nederland algemeen dat die Wet in die oggenddiens en die Belydenis in die middagdiens

aan die beurt kom. Ons Kerkorde lui in hierdie gees dan ook dat die twee dienste op 'n Sondag komplementêr is,

aanvullend tot mekaar: dit is die begin en die afsluiting van die wyding van die Sondag.

Die Wet en Belydenis het hulle plek in die Reformatoriese kerkdiens verkry as opvoedkundige element eerder as

egte liturgiese element. Daarom was dit ook die Tien Gebooie uit Eksodus en nie uit Deuteronomium nie, en die

Twaalf Geloofsartikels en nie die Niceense Belydenis nie. Want die kategismusse – soos ook die Heidelbergse

Kategismus van 1563 het juis die Tien Gebooie uit Eksodus en die Twaalf Geloofsartikels verduidelik. Sodoende

kon die liturgiese gebruik daarvan aansluit by die kennís van die katkisante.

Wet en Belydenis (in hierdie volgorde in die Hervormde Kerk, maar andersom in die Gereformeerde Kerke) het

hulle permanent in die liturgie gevestig omdat dit inpas en sinvol is in die liturgie as tweegesprek in die ontmoeting

van God. Die kerkdiens is immers die Nuwe-Testamentiese "tent van samekoms". Die Tien Gebooie is die spreke

van God en die Belydenis reaksie van die volk van God.

Uit die Reformatoriese tyd toe daar voorlesers was wat voor die diens begin, stukke uit die Bybel voorgelees het

om die analfabete en Bybellose lidmate bekend te stel met die Bybel, het die voorleserpraktyk van die Hervormde

Kerk gespruit. Later het die voorleser nog net die voorsang (as't ware die huidige introïtuslied of toetredelied) en Wet en

Belydenis gelees. Waar die voorleser, dikwels ook die voorsanger, 'n onderwyser of een of ander "geleerde"

persoon was is hy mettertyd met 'n ouderling vervang. Die kerkregtelike regverdiging daarvoor het ook meegebring

dat juis 'n ouderling wat toesig hou oor die leer en lewe van die gemeente, die Wet en Belydenis moet voorlees.
7

Prediking en gebed

Die prediking ís die leraar se uitdra van die lewende woord en daarom moet inleiding uitbouing en toepassing

suiwer in die Bybel gefundeer wees. Moenie met eie menings kom en kort-kort sê: ek dink … ek meen … ek is van

oortuiging ensovoorts nie.

Met die gebede ís die predikant weer die gemeente se voorganger by die Here. Hy bid nie in die plek van die

gemeente nie, maar gaan namens die gemeente voor in gebed. Die gemeentelede moet self die voorgang volg en

eie gebede in die hart bid.

Sang en seën

Van die vroegste Reformatoriese kerkdienste was sonder sang. Die kerklied het as gemeentelied in die Roomse

Kerk verdwyn. Algaande het Calvyn en ander Hervormers die gemeentelied weer laat herleef – eers ook sonder

orrel en later met begeleiding. Die kerklied ís as antwoord op Gods Woord die volk se selfuitgesproke gebede, lof

aan God en verkondiging aan mekaar en die luisterende wêreld daar buite. Liturge, leraars, moet tog by die vasstelling

van die diensliedere die onderskeidingsvermoë aan die dag lê om behalwe die psalms in die gesange nie te

kies wat onverenigbaar met die Hervormde gees ís nie. Dit was immers 'n ongeskrewe gedagte om die Liedboek te

aanvaar ter wille van die susterkerk maar dat ons self selekteer wat ons sing. Nou dink predikante ons móét alles

ook in Hervormde dienste sing omdat die Liedboek aanvaar ís. Selfs kinderslaapkamerliedjies wat vir moeders bedoel

is. Die melodieë wat by die gesange of psalms aangegee is, ís ook die goedgekeurde melodieë en predikante

mag nie kom en orrelistes dwing om sekere psalms of gesange op ander se melodieë te sing nie. Daar kom baie

probleme dan in die spel – byvoorbeeld of daardie melodie pas by hierdie psalm se woorde, gees of situasie.

Dikwels sien ons op begrafnisbriewe dat aan die einde staan: Seëngroet. Dit tog nie! Die seëngroet is aan die

begin! Aan die einde word die seën uitgespreek, ook sonder verfraaiings by die formules wat die Bybel (Ou- en

Nuwe Testament) self gee. Hierdie seën is van groot en diepe betekenis: dat die Woord wat gehoor en aangeneem

word, waar sal wees in jou lewe en sy verste trefslag in die ewigheid sal hê. Daarom het baie gelowiges in tye van

vervolging en ander verhinderende omstandighede tog gesorg dat hulle ten minste onder die seën van die Here

kan kom in die kerkdiens. Daarom: Susters, moenie vóór die seën solank die kerk verlaat om die koffiewater in die

saal te gaan aanskakel nie!

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Wanneer de hemel alleen in de kerk is, dan heeft de koster de sleutelmacht om hem

te openen of te sluiten. De hemel moet in’t zijn hart, zodat hij vandaaruit als

getuigenis kan worden uitgedragen in de wereld. Of daarom alles in de eredienst hetzelfde

moet blijven is een andere vraag. Maar in hoofdzaak moeten de verhoudingen toch

wel blijven zoals dat in een Hervormde Kerk steeds was.

– Noordmans VW8.29.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

BRIEF VAN HP WOLMARANS AAN BJ ENGELBRECHT

– HG

Rondom die helfte van die vorige eeu dit wil sê ná die Tweede Wêreldoorlog in 1945 beëindig is, en nadat die

Afrikanernasionalis in 1948 aan bewind gekom het in Suid-Afrika, was ons teologiese fakulteit aan die Voortrekker

Universiteit Pretoria soms ook in draaikolke betrokke. Ons fakulteit het in 1917 tot stand gekom. Die universiteit het

op 13 September 1932 met 13 stemme teen 4 "besluit om die 50-50-beleid te laat vaar en Afrikaans die taal van

die UP te maak" (JC Steyn, Trouwe Afrikaners, 1987, bl 175).

Om één faset te noem is die stryd tussen Afrikaner en Nederlandgesindes. Prof SP Engelbrecht het 'n groot

affiniteit vir die Nederlandse immigrant gehad, en hy had 'n groot invloed op die studente. Die studente se kerk was

egter die Du Toitstraatkerk waar ds Simon Vermooten predikant was. En hy was teen die ooraksentuering van die

Nederlanders. Prof SP Engelbrecht-hulle het gesorg dat daar jaarliks Nederlandse koninginnedag in Du Toitstraat

gevier word, met Nederlandse diens en so meer. 'n Sterk medestander van Engelbrecht was prof AS Geyser. Prof

Engelbrecht het selfs studente verbied om by ds Vermooten kerk toe te gaan. Maar daar was toe ook omtrent geen

ander kerk nie! Menige oud-student van prof SP Engelbrecht, soos onder ander prof PJT Koekemoer, het dikwels

vertel hoe prof Engelbrecht hulle verbied het om aan die Ossewa-Brandwag (OB) te behoort. Geyser was 'n troue

ondersteuner van Engelbrecht totdat Engelbrecht in 1960/61 tot die besef gekom het dat Geyser se houding

teenoor die Hervormde Kerk, die Kerk skade gaan aandoen. Omdat die Hervormde Kerk vir die kerk-historikus

Engelbrecht 'n liefdesgenoot tot die dood toe was, het Engel-brecht hom toe teen Geyser afgegrens.

Hierdie Nederlandsgesindheid in botsing met die Afrikanergesindheid het die agtergrond gevorm van 'n brief wat

prof HP Wolmarans aan die pasaangestelde prof BJ Engelbrecht geskryf het. Hierdie skrywe kom ter sprake in ds

LJ Strauss se MDiv-skripsie wat in Koers, 45/12-17; 45(2)/19-21; 46/17-20; 47/12-18; 48/12-19 gepubliseer is.

Spesifiek in Koers 47, bladsy 16 staan: "In 'n insiggewende persoonlike brief aan Engelbrecht (nou in besit van prof
8

HG van der Westhuizen – Red) sit hy (Wolmarans) uiteen waarom hy homself by 'n vroeëre tydskrif Woord en

Waarheid skaar en nie lid is van die redaksie van die Hervormde Teolo-giese Studies nie.

Die brief is op gewone geel skryfblok in 'n netjiese egalige en fyn handskrif op vier bladsye geskryf. Hierdie brief

is op 15 September 2011 aan die argivaris, mnr Nandor Sarkady oorhandig vir veilige bewaring by die argiefstukke

van prof HP Wolmarans.

5de Laan 696 – Les Marais

Pretoria – 18 Junie 1951

Geagte dr Engelbrecht,

Ek merk dat jy lid geword het van die Redaksie van Herv Teologiese Studies. Jy het seker gesien en weet dit dat

ek nie lid van die Redaksie is nie. Van die Redaksielede het my nou al verskillende kere genader om tot die

Redaksie toe te tree. En nou weer. Ek weet nog nie wat ek moet doen nie en dis om hierdie rede dat ek aan u

skryf. Die brief is natuurlik persoonlik bedoel.

Toe hulle jou gevra het om toe te tree kon jy m.i. nie anders doen as wat jy gedoen het. Want as jy gewyer het

sou hulle dit teen jou gebruik het. So ken ek prof Engelbrecht en Geyser.

Hier tydskrif is in die lewe geroep as opposisie teen die tydskrif vir Geesteswetenskappe. Kort na "Woord en

Waarheid" bekend geword het, het prof Engelbrecht met die plan gekom om vir ons Kerk 'n Teologiese Geskrif op

te rig en hy het ons medewerking gevra. Op 'n vergadering het ek my besware hierteen uiteengesit:-

(a) O

ns het 'n klein leserskring (teoloë) en daarom behoort ons die teologiese bron (?) so op te rig dat alle Teoloë

in Suid-Afrika dit behoort te lees en nie net Hervormers nie.

(b) Ons as Hervormers het 'n teologiese taak teenoor die hele volk. Ons kan deur so 'n tydskrif wat deur alle

teoloë in S.Afr. gelees word baje goeie invloed uitoefen op die Suid-Afrikaanse teologie. Nou werk ons

geïsoleer, ons steek ons lig onder 'n 'Koringmaat'.

(c) Ons volk is reeds verdeel en verbrokkel deur partye, deur die Kerkgenootskappe, waarom moet ons

teologies ook nog verdeel word? Dís ons roeping teologies om die eenheid van die Christelike Kerk te

bevorder in die boesem van ons volk. Ons moet nasionaal wees en nie sektaries nie.

Maar hierdie besware het op dowe ore geval. Dit het nie om die teologie gegaan nie, ook nie om die Kerk nie en

ook nie om die volk nie. Ek het eindelik toegestem om te help aan die een so wel as aan die ander. Na drie

maande, nog voor daar 'n uitgawe uit is, het hulle my gevra om te bedank as ek Woord en Waarheid nie wou

bedank nie.

Daarom het ek later toe hulle my vra om weer toe te tree gesê: dat ek moeilik kan meewerk aan iets wat ín twis

en afguns gebore is.

My verder beswaar ís nog dit. Ons afdeling van die fakulteit is vandag in Suid-Afrika die bolwerk van Hollandse

jingoïsme en Teologiese Studies is sy mondstuk. En op die Algemene Vergadering het u gesien dat ons mense,

behalwe die Sappe, hier moeg van is. Hulle voel dit ook helemaal reg aan dat Hollandse jingoïsme en Engelse

jingoïsme dieselfde ding is. Dís die motief wat van die begin af agter Teologiese Studies gesit het.

En nou wat nou? Sal ons fakulteit so bly? Nou dat ons seker nie meer Hollanders daarop sal kry nie, ís dit

onwaarskynlik. Dís ook die rede waarom veral jong predikante op die Algemene Vergadering aangedring het dat

ons 'n 5de prof moet benoem en almal het aan jou gedink. Ons fakulteit moet sy plek inneem in ons volksgemeenskap

saam met die Kerk. Proff Gemser en Engelbrecht tree straks uit en dan word dít vanself meer Afrikaans. Maar

as jy en ek lid van die Redaksie ís sal dit ons taak wees om dit in Afrikaanse rigting te stuur en ons te versít teen

die Hollandse jingoïsme, anders sal die predikante wat dit verwag (en hulle ís die meerderheid) met ons

teleurgestel wees.

Ons het baje te danke aan die Hollandse teologie en ons mag dit nie vergeet nie. Maar in ons fakulteit heers 'n

klaklose, naäpery van alles wat Hollands is. Die agbare kollegas ís in meer as een opsig anti-Afrikaans. Die woord

nasionaal is vír hulle 'n rooi doek. In die oorlogsjare was hulle selfs prokommunisties.

Ek wil graag weet wat jy van die situasie dink. Dit sal vir my swaar val om toe te tree, maar as jy die dinge sien

soos ek dit sien, sal ek maar moet. Veral met die hoop en verwagting dat dit spoedig beter mag word. Natuurlik sal

party van my besware nog bly bestaan, al geluk dit ons om ons fakulteit en Teol. Studies meer Afrikaans-Nasionaal

te maak.

Vriendelike groete en Beste wense

Jou Vriend HP Wolmarans

As mens die geboortekonflikte van die Hervormde Teologiese Studies sien teen die agtergrond van sy huidige

totale verengelsing, totale verlies van sy Bybels-Reformatoriese teologie, totale anti-nasionale internasionale

ekumeniese karakter, totale digitalisering, het dit 'n volksvreemde verskynsel geword. Dis jammer dat manne soos

HP Wolmarans, ES Mulder, BJ Engelbrecht, AD Pont, SJ Botha, nie meer op ons fakulteit te vinde is nie. Ons eer

hulle en hulle nagedagtenis.
9

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Oor die aanbidding deur beelde sê Kohlbrugge na aanleiding van die tweede

Woord (Wet) onder andere: ”dat ek vir die skepsel wat my van die wil en die aanbidding

van God in die Gees en in die waarheid wil weghou, geen oomblik swig nie …”

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

LUTHER SE GEBED VIR MELANCHTON

– HG

Die geloofwaardigheid van die krag van gebed word erg geknou deur die eindelose wonderverhale van

gebedsverhoring deur veral charismatiese pastore. Tog ís die krag van die gebed wat in ooreenstemming met die

wil van God is ’n Bybelse feit.

Dr Andrew Murray (Versamelde Werke VI, bl 83) haal die volgende aan oor die gebed van Martin Luther vír sy

geleerde vriend aan die Universiteit van Wittenberg, Philip Melanchton. Melanchton is die Latynse vorm van die

Duits vir Swartaarde:

Op ’n sekere dag ontvang Luther ’n boodskap dat sy vriend Melanchton op sterwe lê. Toe hy by die siekbed

staan, kon hy dadelik die voortekens van die dood sien. Hy het hom oor sy vriend gebuig, geween en met luide

stem aan sy droefheid uiting gegee. Melanchton het vir ’n oomblik sy bewussyn herwin, en toe hy sy oë oopmaak

sê hy: Is dit jy Luther? Waarom laat jy my tog nie in vrede gaan nie? ’Ons kan jou nog nie mis nie, Philip,’ was die

antwoord. Luther het dadelik daar gekniel en vir meer as ’n uur lank gebid. Toe hy weer met Melanchton praat, kom

die vraag weer: ’Luther waarom laat jy my nie in vrede gaan nie?’ ’Nee, nee Philip, ons kan jou onmoontlik afgee,’

was die antwoord. Luther bestel toe voedsel en bied dit vir sy vriend aan. Maar weer sê Melanchton: ’Liewe Luther,

waarom laat jy my nie toe om huis toe te gaan, na die ewige rus nie?’ En Luther antwoord: ’Ons kan jou nog nie

mis nie,’ en voeg daarby, neem hierdie voedsel of ek spreek die ban oor jou uit.’ Melanchton moes maar

gehoorsaam. Hy het spoedig herstel, en was nog baie jare werksaam in die diens van die kerk van die Here. Luther

het vol blydskap huis toe gegaan en vir sy vrou gesê: ’Die Here het my broeder Melanchton aan my teruggegee in

antwoord op my gebed.’

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Die drie laaste bedes in die Onse Vader kan vergelyk word met die drie versoekings

volgens Matteus 4:1-11 in die woestyn – (Noordmans VW9B.820,821).

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

BYBELVERTALING

– HG

Die Hollanders het 'n uitdrukking vir 'n groot en moeilike werk om te sê: Dit is 'n heidense werk. So kan gesê

word: Bybelvertaling is 'n heidense werk!

Tog is Bybelvertaling, gegrond op Pinkster wat leer dat alle volke die Woord van die Here in hulle moedertaal

moet kan hoor, een van die deugdelikste erfenisse van die Hervorming.

So dikwels gebeur dit dat 'n vertaalde Bybel die voorloper en vormer van 'n taal word. Dink maar aan ons eie

1933-Afrikaanse vertaling van byna 80 jaar gelede.

Ook die ou Statevertaling van Nederland, wat ons Voortrekkerouers se Bybel was, was 'n geweldige kultuurvormende

krag in Nederland. Dit het ook gehelp om die taal van die verskil-lende state in Nederland, die meeste

met 'n eie dialek, te standardiseer. Dit kom grootliks ooreen met wat toe al vroeër in Duitsland gebeur het met

Martin Luther se vertaling van die Bybel in die publieke taal van die Duitsers. Luther het uit die Wartburg, vermom

as ridder Georg, in die strate van Eisenach gaan luister hoe sy liewe Duitsers praat om dan die Bybel só te vertaal.

Dan het die vertaling weer op sy beurt die breëre Duitse taal beïnvloed. Oor die Statevertaling net die volgende

interessantheid. Dit ís in Nederland opnuut vertalingsgewys hersien om vir die moderne Nederlander meer

toeganklik te wees. Hierdie Herziene Statenvertaling (HSV) is op 4 Desember 2010 in Dordrecht vrygestel. Nou is

daar die eienaardige verskynsel dat in dieselfde blad (HW Confessioneel, 17 Feb 2011) prys ds Dirk van Duijvenbode

die HSV met gloed op bladsy 2 en 3. Maar op bladsy 8 en 9 sê dr BWJ de Ruyter: "Ik acht de Herziene

Statenvertaling kortom een mislukt project." Sy motief is waarskynlik juis omdat die Statevertaling so 'n uitgebreide

kultuurskat gelewer het en met die hersiening nou "ernstig verminkt" is. Miskien ís ds Van Duijvenbode se motief

van goedkeuring juis ook dat só 'n kultuurskat op 'n lesersvriendelike wyse behoue en herwaardeer kan word!

Die King James Version, wat in 2011 vanjaar 400 jaar oud is, was ook 'n baanbreker in die Engelse taal. Die

Amerikaanse president van 1901 tot 1909, Theodore Roosevelt, het van hierdie King James Version gesê: "Geen

ander boek van watter aard ookal in die Engelse taal, het die totale lewe van 'n volk so gestempel soos hierdie

geoutorisieerde vertaling van die Skrifte die lewe van die Engelssprekende volke nie."

Dr P de Vries wys in Ecclesia Maart 2011 daarop dat die opdrag tot dié nuwe Engelse vertaling van koning

Jakobus I in 1604 op die Hampton Court Conference gekom het, maar dat die vertaling nie die koning welgevallig
10

was nie! Die Puriteine, wat die vertalingswens uitgespreek het, het gehoop om daarmee die kerk van Engeland

verder te hervorm. Hiervoor was die koning nie baie geneë nie. Anders as die kanttekeninge van die Statevertaling

in Nederland en dié van die Afrikaanse vertalings, moes die Engelse vertaling se kanttekeninge net van

taalkunidge aard en nie van teologiese aard wees nie.

Die selfstandige posisie van die kerk teenoor die staat wat in die King James Version onderstreep is, het nie die

koning geval nie. Ook wou hy dat die woord ekklesia deur church en nie deur congregation (gemeente) vertaal

word nie.

Die sewe en veertig vertalers verdeel in ses kommissies was uit al die verskillende teologiese opvattings (anders

as die Statevertalers en Afrikaanse vertalers). Die vertaalwerk is van 1605 tot 1611 gedoen.

Die rede waarom die koning tog toestemming tot 'n nuwe vertaling gegee het, was sy begeerte om die populêre

Geneva Bybel met teologiese kanttekeninge uit te faseer!

Die Geneva Bybel het steeds 'n groot aanhang onder die publiek gehad, maar die koning het 'n verbod op ander

vertalings geplaas. Die laaste Geneva Bybel het in 1644 uit die pers van Amsterdam gekom.

'n Laaste opmerking oor die gewild geworde King James Version ís dat dit nie 'n vertaling uit die grondtale van

die Bybel was nie; eerder 'n hersiening van bestaande Engelse vertalings. Hier sou ons dr HCM Fourie 'n stokkie

voor gesteek het!

Tog meld dr De Vries dat die literêre krag, die memoriseerbaarheid en hoordervriendelikheid van die King James

Version bygedra het tot sy populariteit.

Na vier honderd jaar word nog dikwels na hierdie Bybel verwys.

Soos gesê het die Voortrekkers die Nederlandse Statevertaling van die Bybel op trek ge-had. Maar daar was een

uitsondering. Die Engelse vriende in Grahamstad van die eerbiedwaardige vader Jacobus Uys het aan hom as blyk

van hoogagting en hulle leedwese oor sy vertrek 'n King James Version geskenk. Jacobus Uys se seun, Piet, was

eintlik die Voortrekkerleier van sy groep. Piet se seun, Dirkie, was die kinderheld by sy vader en sy eie en nog agt

ander se sneuwelslag by Italeni op 11 April 1838. Daar staan vandag 'n Bybelmonument by Grahamstad ter

herinnering aan die Engelse inwoners se Bybelgeskenk aan Jacobus Uys.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

HERINNERINGE AAN DS PS GROBLER – Ds (em) NCJ Brayshaw

Paul Stephanus Grobler, gebore 12 Desember 1894 op die plaas Doornhoek, Marico, het te Stellen-bosch gematrikuleer en

in 1917 sy teologiese studies saam met PJJ Venter en HP Wolmarans aan ons nuwe fakulteit by T.U.K. begin. Hy het getrou

met Cornelis Johannes (Mollie) Bodenstein (vgl Koers Brief 70, bl 13-17). Ons het ds Niek Brayshaw gevra om ′n paar

anekdotes oor hierdie merkwaardige en een van ons oudste Afrikaanse predikante te skryf. Ons vra egter vriendelik dat jong

predikante sekere dinge van ds Grobler nie moet navolg nie – Red.

Ds Grobler, meer bekend as Oom Paul, en sy vrou, tannie Mollie, was as pastoriepaar bekend as twee unieke

karakters, soort van hulle eie.

Na emeritaataanvaarding het hy aan die begin van 1970 homself weer beskikbaar gestel om as pastorale hulp in

gemeentes op te tree. Vir my was hy bekend omdat ek gebore is in die gemeente Krugersdorp waar hy tydens my

geboorte en enkele jare daarna, predikant was. Vir my ouers het hy deur moeilike tye as pastor bygestaan en was

daar dus deurgaans baie groot respek en waardering vir hom in ons huis.

Sy eie persoonlikheid het ek egter ervaar en beleef toe hy deur die gemeente Ermelo genooi is om tydelik as

pastorale hulp te help.

Sy manier van optrede en veral die inhoud van sy prediking het vir geruime tyd as kenmerk van "Oom Paul" se

bedieningstyl bekend gebly.

Enkele voorbeelde (sommige opmerkings kan dalk die Waarheid en Versoeningskommissie van Biskop Tutu uit die dood

laat herrys, en daarom word sommige woorde met sterretjies aangedui):

′n Preek oor die verlore seun het onder andere die volgende frase as inhoud gehad: "Die jongste seun het nadat

hy sy goed met ′n klomp slegte vroue deurgebring het net soos iemand wat varkkos eet, teruggekom by die huis

om vir sy pa te sê: ′Sorry vir wat ek gedoen het′. Toe die oudste seun egter by die huis kom, sien hy ′n geweldige

paartie en hy vra toe vir die k*****s wat gaan hier aan. Die k*****s sê toe vir hom: Jou broer het teruggekom. Wat

gaan maak hierdie seun toe? Hy gaan sit daar eenkant op ′n klip met sy dik bek.

Hierdie jongste kind het egter geleer dat hy nie maar weer sy goed kan vat en padgee nie. As hy dan weer wil

terugkom, sal die pa vir hom sê: Sorry, sorry, jy het jou kans gehad.

Regte of verkeerde eksegese! Dit het vasgesteek. (Word vervolg)

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Die verskil tussen ’n ware Christen en ’n skyn-Christen is: ’n skyn-Christen bemin die

sonde en haat die straf; terwyl ’n ware Christen die sonde haat en straf bemin – (Martin

Luther)
11

SOUT- EN PEPERPOT

Ds PJ van der Merwe (Zoutpansberg)

Voetewas-embleem

Uit nuusberigte blyk dat daar by sommige lidmate groot ontevredenheid en onkunde bestaan oor die voetewasembleem

wat sedert ′n jaar of meer gelede dikwels op die Kerk se publikasies voorkom. Daar is selfs bespiegel dat

die voetewasser in die embleem die Afrikaner se onderdanigheid aan allerlei volksvreemde magte simboliseer. Dit

staan seker elkeen vry om in ′n embleem te lees wat hy wil. Maar tog moet daar rekening gehou word met die

eintlike bedoeling van die embleem.

In ′n onlangse reaksie in ′n persberig het dr Wouter van Wyk, sekretaris van Sentik daarop reageer. Hy het

daarop gewys dat hierdie embleem geensins die tradisionele kerkwapen vervang nie, tereg het hy gesê dat ons die

kerkwapen-embleem moet beskou soos ′n geboortemerk wat iets van die Kerk se geskiedenis en herkoms vertel.

Die voetewas-embleem vertel iets van die Kerk se werk, roeping en wese.

Ek was self lid van die Raad van SENTIK toe daar op hierdie embleem besluit is. Uit die vergadering was daar

gedagtes dat daar verkeerde inhoude aan die embleem gegee kan word. Om die saak neteliger te maak, was dit

net mooi ′n kort rukkie na die Vlok-voetewas-fiasko!

Sou die Kerk egter soek na ′n embleem om daardeur iets meer van sy taak en roeping te sê, kon daar nouliks vir

′n beter embleem gekies word.

Opsigself dui die embleem vanuit sy konktekstuele verband in die Bybel op die Kerk se barmhartigheidsgerigtheid.

Jesus het nie die volksvreemde en volksvyandige magte se voete gewas nie, Hy was besig met ′n demonstrasie

aan en met sy eie mense, sy eie dissipels.

Wat die Kerk se barmhartigheidstaak so belangrik maak, is seker veral Jesus se woorde in Matteus 25 wat

daarop neerkom dat jy sonder ′n barmhartigheidsgevoel teenoor hulle wat aan Hom behoort, die ewige lewe sal

misloop. En dit is tog die inhoud van die evangelie: Die ewige lewe wat weer binne ons bereik gekom het!

Barmhartigheidsdiens behoort so ′n dominante diens in die Kerk te wees, dat dit nouliks oorbeklemtoon kan word.

Maar daar sal steeds altyd die onderskeid getref moet word tussen die Kerk se barmhartigheidsdiens waartoe hy

geroep word en die staat se welsynsdiens waarvoor ons reeds belastings betaal. Die Kerk verrig barmhartigheidsdiens

aan die mense in sy midde. Die staat verrig welsynsdiens aan sy burgers.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

DIE ARME KOPTE IN EGIPTE

– HG

Met die volksopstand, of eerder dalk die democrasy opstand in Egipte gedurende die eerste weke van Februarie

2011, is Mubarak as leier na 30 jaar uit die kussings gelig. Stip ontleed het hy ’n gebalanseerde regering

gehandhaaf. Maar die aktivistiese Moslemgroepe wou weg met hom om Egipte nog intensiewe te Islamiseer.

Die Christene in Egipte het dit swaar gehad. Wat staan dit nou dalk nog erger voor hulle deur? Via Nederlanders,

waar ’n paar duisend Kopte, Egiptiese Christene woon (Kopte wat met Nederlandse dames getroud is), kom

inligting oor die Kopte in Egipte vry. Nie dat die wêreld of die kerke met hierdie inligting ’n voet versit om die Kopte

te help of nie eens vir hulle te bid nie!

Die Nederlandse blad Klare Wijn (April 2010, bl 1 tot 5) vermeld dat in die nag van 6 Januarie sewe Koptiese

Christene in die dorp Nag Hammadi doodgeskiet is. Hulle het uit die kerk gekom waar hulle soos die Oosterse

Christendom op 6 Januarie Kersfees gevier het. Drie dae later ìs nog ’n Christenvrou om die lewe gebring.

Die Koptiese Christene word maklik uitgeken omdat hulle donkerder van kleur met smal gesigte is. Op jou IDkaart

word ook aangedui dat jy ’n Christen is. Koptiese militêre manne kry geen bevordering nie. Jy kan ’n

polisieman word maar geen regslui nie, wel vullisverwyderaar maar geen direkteur nie! Het jy ’n Christelike

boekwinkel word jaarliks ’n brandbom deur die venster gegooi. Polisie doen daaraan niks. As jy die evangelie

verbrei en word betrap is die tronk jou voorland. In die afgelope 40 jaar is daar meer as 4000 Christene deur

Moslemge-weld om die lewe gebring. Word ’n Christen deur ’n Moslem vermoor volg alleen maar swye. Sou ’n

Moslem deur ’n Christen vermoor word, word moord tot oor die horison geskree. Dit kan byna opgeteken word in

die Bybel soos Moses se moorslag op die Egiptenaar! In ons land vandag kan duisende Boere vermoor word deur

swartes maar laat één blanke ’n swarte vermoor en die ANC tril in alle tale onophoudelik op rassisme.

Nie net is die bloeiende Christendom en kerk deur die Moslems in Noord-Afrika in die vroeër eeue uitgewis nie,

maar in die kerk is oor al die eeue nog in Egipte van die Kopte was vroeër wel beter as die laaste dekades. Baie

Egiptenare werk deesdae in die Golfstate en Saodi-Arabië. Daarvandaan kom hulle geradikaliseer en met geld na

Egipte om die Islamisering te intensiveer. Dit het nou uitgeloop op die revolusie van Februarie 2011.

Onder die bevolking van Egipte van 80 miljoen is daar sowat 10 miljoen Kopte oftewel Christene. Hulle ís getroue

Christene en kerkmense – maar in stille lyding. Hulle Bybelkennis is hoogstaande en ’n diens duur vier na vyf uur,

waarby baie uit die Bybel gesing word. Monique Samuel, wie se vader ’n Kop ìs en haar moeder ’n Nederlander,

sê: ”Ik ken geen kerk waar soveel wordt gebeden.”
12

In Amsterdam waar ’n groot Koptiese gemeenskap is, is op 16 Januarie 2010 ’n betoging van 2000 Kopte teen

die Koptemoord van 6 Januarie gehou. Wanneer 50 homo’s in Amsterdam protesteer, sak die media op hulle toe.

Maar daar was geen media-belangstelling toe 2000 Kopte protesteer nie, nie eers Nederlandse kerke het die

protes ondersteun nie! Die genoemde 20-jarige Koptiese student, Monique Samuel, vra wanhopig: ”Waarom steunt

niemand ons?”

Bid vir die Kopte! Wanneer u Egipte besoek probeer u bes om met Kopte kontak te maak en Christengidse te

bekom. Onder die nuwe bedeling sal die arme Kopte nog swaarder hê!

Maar wat wag dalk nog vir ons?

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

KERKNUUS

Prof Pont het 'n rugoperasie gehad met sukses sodat die pyn uit die been opgeklaar is. Nadat hy van die narkose

bygekom het, moes hy egter vier dae aan 'n respirator weer asemhaal. Tans sterk prof Pont by sy huis aan.

Ds Johan Mouton van Ventersdorp het die beroep na Koster aangeneem.

Ds Leslie Kern van Kathu cs het die beroep na Ebenhaezer aangeneem.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

DIE NUWE BERYMING VAN DIE PSALMS

EN DIE KERKLIKE JAAR

– Ds (em) Wilhelm Steyn

In die Psalm- en Gesangboeke het ons ook 'n indeling gehad van psalms wat by die prediking aan die hand van

die Heidelbergse Kategismus gebruik kon word. Hierdie inderling van die palms deur ds Wilhelm Steyn vir die kerklike

jaar sal hopelik baie bydrae om meer van die onsterflike psalms te sing – Red)

Die Nuwe beryming van die Psalms en die Kerklike jaar.

Advent en Kersfees

Ps 89: 1,2,5 tot 8

Ps 98

Ps 111

Ps 118: 4 tot 8

Ps 132: 5 tot 11

Die nuwe jaar

Ps 39

Ps90

Ps 144

Lydenstyd

Ps 16

Ps 22

Ps 40

Ps 41

Ps 55

Ps 69

Ps 109

Goeie Vrydag

Ps 22: 1 tot 3

Paasfees

Ps 9:1 tot 6

Ps 16: 3 & 4

Ps 21: 1 tot 3

Ps 40:1 tot 9

Ps 118: 6 tot 8

Hemelvaart

Ps 2

Ps 8

Ps 21

Ps 24

Ps 47

Ps 110

Pinkster

Ps 45

Ps 68

Ps 72

Ps 87

Ps 117

Ps 133

By belydenis van Geloof

Ps 19

Ps 87

Ps 1119

Ps 144

Voorbereidingsdiens

Ps 15

Ps 24

Ps 25

Ps 26

Ps 27

Ps 32

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Ps 51

Ps 87

Ps 139

Nagmaal

Ps 23

Ps 42

Ps 43

Ps 63

Ps 65: 1 tot 3

Ps 84

Ps 100

Ps 116

Ps 130

Ps 146

Danksegging

Ps 66

Ps 103

Ps 107

Ps 116

Ps 118

Bediening van die Doop

Ps 8: 1 & 2

Ps 78: 1 tot 3

Ps 90:6

Ps 127: 3 & 4

Ps 128:2
13

PREEK

– Prof (em) dr SJ Botha

(Preek gehou met 50-jarige ampsjubileum in Grootvlei gemeente op 31 Julie 2011 – Red)

Lofsang: Psalm 146:1 en 8 (Totius)

Lees: Lukas 18:15-30; 1 Kor 1:18-31

Sing: Gesang 255:2

Teks: Lukas 18:27: "Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik"

Gemeente van die Here, Jesus Christus,

Hierdie teks sê aan ons: Daar is 'n saak, wat vir julle almal onmoontlik is om te kan doen, en hierdie saak, was in

die verlede en is in die hede en sal in die toekoms altyd vir julle onmoontlik bly. Hierdie saak is net vir God, en net

vir Hom alleen, moontlik. Dit geld vir alle mense. Dit is 'n absoluutheid. Hierop is van ons mensekant twee reaksies

moontlik:

1 Die eerste reaksie kan ons 'n vroomheidsreaksie noem. Ons kan sê: Dit spreek mos vanself dat waartoe

ons in staat is nie vergelyk kan word met dit waartoe God in staat is nie. Dit kan tog nie anders nie: God as

Almagtige Skepper is mos en moet eenvoudig in staat wees om dinge te kan doen, waartoe die mens as skepsel

nooit in staat kan wees nie. Anders kan Hy nie God Almagtig wees nie. Daarom is hierdie uitspraak mos

vanselfsprekend. Daarom kan ons daarteen nie stry nie.

2 Die tweede meer natuurlik menslike reaksie is om dadelik te vra: Sê eers vir ons wat is hierdie iets wat

onmoontlik was en is en sal bly? Dan sal ons kyk of ons daarmee kan saamstem. So vra ons omdat ons die

vergelyking van ons beperkte menslike vermoëns met God se alvermoë as onbillik ervaar. Dit kan tog mos nie 'n

billike vergelyking wees nie. Ten diepste hou ons nie daarvan om te hoor dat daar iets kan wees wat vir ons

onmoontlik was en is en sal bly nie. Ons ervaar so 'n uitspraak as beperkend op ons menslike vermoëns. Veral ons

as hoogs ontwikkelde moderne, of as u wil postmoderne, een en twintigste eeuse mense wat byna daagliks ervaar

en daarom weet dat wat vandag nog as onmoontlik vir die mens geld, dalk môre en oormôre doodgewoon en

alledaags is. Daarom wil ons eers weet wat dit is wat vir ons onmoontlik is voordat ons sal erken dat dit regtig vir

ons onmoontlik is.

Die onmoontlikheid ter sprake, het te make met die gebroke verhouding tussen ons en God. Ons kan dit nie self

heelmaak nie. Ons kan selfs nie eens die geringste bydrae lewer om dit te help regmaak nie. Dit is onmoontlik.

Gelukkig, en dit is die blye boodskap, dit is die evangelie, hoef ons dit ook nie te probeer doen nie. Want God vir

wie dit wel moontlik is, het dit reeds bewerk. Dit is die goeie boodskap wat vir ons in die Bybel bekend gemaak

word. Dit is die blye boodskap wat deur die kerk verkondig mag word. Dit is egter n boodskap wat net deur geloof

alleen ontvang kan word.

Dit is waaroor dit gaan in die gelese gedeelte uit Lukas 18. Let daarop: Lukas gebruik verskillende begrippe om

die regte en goeie verhouding tussen God en ons mee te beskryf. Hy praat van die koninkryk van God, dit wil sê

waar God regeer en daar altyd vreugde en vrede heers; hy praat van die ewige lewe, dit wil sê waar geen dood

meer is nie; en hy praat van gered wees, dit wil sê waar die magte van die duisternis geen sê meer het nie. Maar

let ook daarop: hy sê die sleutel tot die koninkryk van God, tot die ewige lewe, tot redding, of die regte en goeie

verhouding met God, is Jesus Christus. In Hom moet geglo word, Hy moet gevolg word. Onvoorwaardelik.

Suigelingkindertjies, mensies wat net kan leef en oorleef omdat hulle sonder voorbehoud ontvang wat aan hulle

gegee word, word na die Here Jesus Christus toe gebring. Hoor wat sê Jesus oor hulle: "Laat die kindertjies na my

toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle." Daaraan

voeg Hy nog die volgende beslissende woorde toe: "Dit verseker Ek julle:Wie die koninkryk van God nie soos 'n

kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie." Waaroor gaan dit? Die koninkryk van God, of kom ons sê die

koningsheerskappy van God, is waar Jesus Christus is. Waar Hy is, daar is God koning. In Hom het God sy

koningsheerskappy in hierdie wêreld opgerig. Waar sy koningsheerskappy erken en gehoorsaam word, daar is die

verhouding met God weer goed en reg. Jesus Christus bewerk en gee toegang slegs aan elkeen wat bereid is om

dit soos 'n suigelingkindjie, onvoorwaardelik, volledig afhanklik, sonder vrae, deur geloof, te ontvang.

'n Jongman meld hom by Jesus Christus aan. Hy wil graag die ewige lewe hê en hy meen dat hy dit kan verwerf

deur wat hy self kan doen en vermag. En hy beskou homself daartoe in staat. Hy is immers, hoewel jonk, reeds ryk

en in aansien by mense. Wat meer is, hy is ook 'n vroom en voorbeeldig-godsdienstige jongman wat eerlik teenoor

Jesus kan verklaar dat hy van sy kinderdae af die tweede tafel van die Tien Gebooie onderhou het. Hierdie

jongman was 'n tipiese koninkrykbouer soos wat ons almal maar ten diepste is. Sy koninkryk het hy veilig gestel

teenoor ander mense deur die rykdom en aansien wat hy verwerf het en teenoor God het hy gemeen om homself

veilig te stel deur sy onderhouding van die gebooie. Vanuit hierdie gewaande posisie van krag wil hy nou met

Jesus onderhandel oor toegang tot die ewige lewe of as u wil oor toegang tot die koninkryk van God, dit wil sê om

gered te kan wees. Anders as wat hy verwag het, begin Jesus nie met hom onderhandel nie, maar stel die

onverbiddelike eis: "Gee jou gewaande sterk en goedbeveiligde koninkryk prys en kom dan terug en volg my."
14

Want die burgerskap van die koninkryk van God en toegang tot die ewige lewe en dus redding, is nie deur

onderhandelinge vanuit jou gewaande posissie van krag te bekom of deur dit waartoe jy in staat is te verdien nie.

Toegang tot die koninkryk van God en deelkry aan die ewige lewe en redding is net moontlik as dit geskenk en

onvoorwaardelik ontvang word. En dit is net vir God en net vir Hom alleen moontlik om dit te bewerk en te skenk.

En Hy doen dit deur sy Seun Jesus Christus. Daarom die onverbiddelike eis: "Gee jou koninkryk prys. Kom dan

terug en volg My."

Daartoe was hy nie bereid nie. Hy was diep teleurgesteld, want hy was baie ryk. Hy wou nie soos 'n kind word en

ontvang wat geskenk word nie, maar hy wou self verdien en hy het gemeen dat hy vanuit sy posisie van krag dit

kon doen. Vir elkeen wat so redeneer is dit onmoontlik om in die koninkryk van God te kom. En hoe onmoontlik dit

is verklaar Jesus as Hy 'n spreekwoord aanhaal: "Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom

as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom." Ons kan maar dink aan 'n letterlike kameel en die letterlike oog

van 'n naald. Dit is 'n saak van onmoontlikheid. So onmoontlik is dit vir enigiemand wat meen om vanuit 'n eie

posisie van krag en eie vermoë met God te onderhandel oor toegang tot God se koninkryk, die ewige lewe en

redding.

Oor hierdie antwoord van Jesus was die dissipels verslae en hulle vra: "Wie kan dan gered word?" Die dissipels

het baie goed verstaan: Hier staan hulle, maar nie net hulle nie, maar elke mens, ook ons, voor 'n onmoontlikheid.

As dit nie eers vir die beste, mees gebalanseerde, rykste en aansienlikste mense, dit wil sê volgens die beskouing

van daardie tyd: die mees deur God geseënde mense, moontlik was nie, dan was dit vir alle mense onmoontlik.

Vandaar hulle wanhoopsvraag: "Wie kan dan gered word?"

Maar juis in hierdie oomblik van hulle diepste wanhoop, ontvang hulle die boodskap van die grootste vreugde, die

evangelie van die lewende God: Wat vir hulle en vir geen mens op aarde moontlik is nie, is vir God moontlik. Dit is

nie net vir Hom moontlik nie, hy het dit reeds tot realiteit gemaak, deur Jesus Christus. God het dit klaar bewerk

deur Jesus Christus en wie Jesus Christus onvoorwaardelik in die geloof volg het nou reeds deel aan die grootste

rykdom wat ooit bedink kan word. Dit wil sê hulle verkeer nou reeds in die regte en goeie verhouding tot God en is

daarom burgers van sy koninkryk, het die ewige lewe en is dus gered. Dit sê Jesus Christus uitdruklik en duidelik

aan sy dissipels as Petrus bely: "Ons het van alles afgesien en U gevolg." Dan sê Jesus: "Dit verseker Ek julle:

Daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God afgesien het van huis of vrou of broers of ouers of kinders

nie, of hy ontvang in hierdie tyd al baie keer soveel terug, en in die tyd wat kom, die ewige lewe."

Broeders en Susters, vir die God van die Bybel was dit nie net moontlik om die ganse skepping, sienlike en

onsienlike dinge, uit niks te skep nie. Dit is natuurlik alreeds 'n wonder. Die wonder gaan verder: dit was en is vir

die God van die Bybel moontlik om 'n skepsel, die mens, te maak om met Hom in 'n bepaalde verhouding te kan

leef. En God het ons goed gemaak en Hy het ook ons verhouding met Hom goed gemaak sodat ons voor Hom kon

wees wat ons na sy bedoeling moes wees. Hoe goed dit was, word in die Bybel vir ons geopenbaar en word in ons

Hervormde belydisskrifte ook netjies verwoord en bely. As goeie God het God ons goed gemaak, selfs na sy

ewebeeld. Op voetspoor van die Bybel lê ons belydenisskrifte vir ons uit: "… dit beteken in ware geregtigheid en

heiligheid." En hierdie geregtigheid en heiligheid het beteken dat ons kon voldoen aan die bedoeling waarvoor Hy

ons geskep het: naamlik "…om Hom reg te kon ken, Hom van harte te kon liefhê en saam met Hom in die ewige

saligheid te kon lewe om Hom te kon loof en te kon prys." Anders gestel:ons kon wees wat ons na die bedoeling

van God moes wees. Nog anders gestel: dit was vir God moontlik om 'n skepsel te maak wat as onderkoning van

die skepping, in verantwoordelikheid teenoor God, 'n deelnemer kon wees aan die geskiedenis van die skepping en

die mensheid.

Maar hierdie goeie verhouding is nie meer goed nie. Ons het ons geskape wees na die beeld van God, ons goeie

en regte verhouding met God verloor. Onverklaarbaar was ons keuse vir die sonde en teen God. Onverklaarbaar

het ons deur ons onverantwoordelikheid die sin van die geskiedenis tot niet gemaak. Die bedoeling en

betekenis van die hele skepping is so verwoes dat dit op die dood, dit wil sê op die ewige niks, die ewige leegheid,

die bestaan sonder God, van God en mens verlate, moet uitloop. Dit alles: ons ganse bestaan, ons totale geskiedenis

het leeg, betekenisloos, sinloos geword. Herstel van die verhouding kan ons nooit weer nie. Dit is onmoontlik.

Al rig ons vir ons self ookal watter stewige koninkryke in hierdie wêreld op met watter deeglike ommuring en

beskerming. Mure en beskerming van eer, aansien, geleerdheid en rykdom, en selfs van voorbeeldige godsdienstigheid,

in die waan om van daaruit met mense oor hulle bewondering, maar veral ook met God te onderhandel oor

toegang tot sy koninkryk, om die ewige lewe te verkry en deel te neem aan ons eie redding. Dit is onmoontlik.

As die teks met die woord "onmoontlik" opgehou het, dan sou ons ganse bestaan inderdaad sinloos gebly het.

Vir die God van die Bybel is dit egter moontlik om die onmoontlike te deurbreek en tot 'n nuwe, sinvolle werklikheid

te maak. Om die onmoontlike te bewerk, doen God die onmoontlike:Hy laat sy Seun, self God, mens word. As ware

God het Hy, gebore uit 'n vrou, ook ware regverdige mens geword. En as tegelyk God en mens het Hy plaasvervangend

in ons plek geleef en gely en aan 'n kruis gesterf. Maar ook plaasvervangend het Hy in ons plek uit die

dood opgestaan en triomferend na die hemel opgevaar. Jesus Christus as die ware beeld van die onsienlike God

(soos Paulus dit stel), skenk nou aan ons weer die ware geregtigheid, die ware heiligheid en die ware kennis van
15

God. As ons aan Jesus Christus vasgemaak is, aan Hom vashou, Hom volg, dan is ons verhouding met God weer

goed en reg, dan word ons burgers van sy koninkryk, dan het ons nou reeds deel aan die ewige lewe, dan is ons

gered. Die absolute en onverbiddelike eis is egter: onvoorwaardelike kinderlike geloof. Daar is geen ander

moontlikheid nie, daar is geen ander pad nie.

Ons moet duidelik verstaan: God se geskiedenis wat Hy in en deur Jesus Christus in ons geskiedenis laat indaal

het en oor ons mislukte mensegeskiedenis geskryf het, is in werklikheid die enigste wat ware geskiedenis genoem

kan word. Dit is geen mite nie, nie 'n fabel nie; nie maar net 'n metafoor nie, maar realiteit: God se realiteit; God se

werklikheid wat vir ons bewerk het wat vir ons onmoontlik was en dit is om weer die regte en goeie verhouding met

God te kan ontvang en daaraan deel te kan hê. Wat van ons gevra word is geloof. Is ons daartoe bereid?

In die tyd van die Here Jesus Christus was die ryk jongman bitter teleurgestel met die eis dat hy sy koninkryk

moes prysgee. In die tyd van Paulus was die argumente van die kant van Grieke en Jode teen die evangelie van

die kruis dat dit dwaas en onsin is, dat dit 'n struikelblok en aanstootlik is. In ons tyd is dit nie anders nie. Ons hoor

die argumente: "Die saak van die menswording van die Woord van God, die saak van sy wonderbare geboorte

sonder die toedoen van 'n man, die saak van sy plaasvervangende sterwe aan 'n kruis, die saak van sy opstanding

uit die dood, die saak van sy opvaar na die hemel, is nie vir ons nie. Dit is nie logies nie en nie rasioneel nie.Dit is

nie vir ons nie".

Maar gelukkig, Broeders en Susters, die God vir wie dit moontlik is om te doen wat vir mense onmoontlik is, is

nog steeds dieselfde God. Die goeie boodskap van sy kant aan ons in hierdie tyd is steeds dieselfde. Die evangelie

van Jesus Christus, die boodskap van die kruis, is steeds die krag, dit wil sê die dinamiet en die wysheid van God

wat groter krag en wysheid is as die krag en die wysheid van mense. Dit was en is die dinamiet waarmee God nog

altyd die onmoontlike kan doen en dit is om geloof in menseharte in te skiet en die wat glo te red. Daarom is dit vir

Hom steeds moontlik om mense, ook mense soos ons, moderne mense, postmoderne mense, met stewige en

goedbeveiligde koninkryke, prestasiebewuste mense, deur die prediking van die kruis van Christus, te laat glo en

die te red wat glo. Amen

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

HERVORMINGSLIED

’n Vaste burg is onse God,

ons skuil in Hom, die sterke.

Hy is ’n vesting in die nood –

vir ewig staan sy werke.

Al kom die Bose aan

in sy oorwinnaarswaan,

ons weet by al sy lis,

Sy log is reeds beslis –

God self stel aan hom perke. – Ges 476:1

Hou Christus self sy kerk in stand –

vergeefs die hel se woede.

As Here aan Gods regterhand

Regeer Hy ons ten goede.
16

Hy is in alle leed

steeds tot ons hulp gereed,

bewaak die Christendom,

en waar die viand kom,

stuit Hy die bose woede. – Ges 477:1

Hulle het volhard in die leer van die apostels – Hand 2:42