NB-Uitgewers - sacai
NB-Uitgewers - sacai
NB-Uitgewers - sacai
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
VOORGESKREWE WERK – 2014

AFRIKAANS HUISTAAL

VOORGESKREWE GEDIGTE: VERPLIGTEND

TITEL DIGTER DIGBUNDEL UITGEWER

1. Toe jy kind was N.P. van Wyk Louw Groot Verseboek – 2008 Tafelberg

2. Hansie en Grietjie Eveleen Castelyn Groot Verseboek - 2008 Tafelberg

3. Waarom is ek tog ‘n gewone man M.M. Walters Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

4. Herinneringe Koos du Plesses Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

5. Skoppensboer Eugene N. Marais Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

6. Man met flits D.J. Opperman Groot Verseboek D.J. Opperman Tafelberg

7. Ontvlugting Ingrid Jonker Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

8. Onderwyser Antjie Krog Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

9. Verslag van ‘n winterreis W.E.G. Louw Versjoernaal – 2011 NB-Uitgewers

10. Naskrif: ‘n credo Lina Spies Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

11. Sonsondergang op boulevard Etienne van Heerden Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

12. Die Godsbesluit D.J. du Toit ( Totius) Groot Verseboek D.J. Opperman Tafelberg
ROMAN: EEN VAN DIE WERKE MOET BEHANDEL WORD

UITGEWER OPSOMMING

1. Fiela se kind

2. Fees van die Ongenooides

Daleen Matthee

P.G. du Plessis

Tafelberg

Tafelberg

God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons

´n kind aandoen nie.

Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela

Komoetie, verknog aan haar hanskind - deur die Here aan haar

'toebetrou' een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor

haar deur staan en huil, ´n weggooilam. Aan die ander kant van die

berg, in die Bos, woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou

Barta, wie se driejarige kind weggeraak het.

Die een kind is Benjamin Komoetie, die ander Lukas van Rooyen. Is

dit dieselfde mens? Kon ´n klein kind so ver geloop het, uit die Bos tot

in die Lange Kloof? Dié vraag word nege jaar later oopgekrap deur

twee sensusmanne wat deur die Lange Kloof reis en die wit kind met

die blou oë tussen die bruinmense kry.

En jare later is dit die vraag wat Benjamin/Lukas self vra: Wie is ek?

Hy móét weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het nooit syne

wees nie. Die antwoord is daar, weet hy: iewers in homself, diep

verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk.

Fees van die ongenooides handel in hoofsaak oor die wel en weë

van 'n uitgebreide Vrystaatste familie, die Van Wyks, tydens die

Anglo-Boereoorlog. Drie generasies, oupa Daniël, pa Danie en sy

vrou, en die seun Daantjie en sy mooi vrou Magrieta, woon op 'n

gevestigde en produktiewe plaas saam met 'n bywonergesin, die

Minters. Die basiese gegewens van die verhaal is dieselfde as in baie

ander verhale oor hierdie oorlog. Oupa bly tuis, pa en seun gaan veg,

die plaas word afgebrand, die vrouens en die oupa word na 'n

konsentrasiekamp geneem, die rykmanseun vertoon veel swakker in

oorlogsomstandighede as die bywonerseun. Verder is daar die

spanning in die familie omdat pa Danie se broer, Wynand, die

wysheid van 'n oorlog teen die magtige Britse Ryk bevraagteken, en
3. Die blou van onthou

1. Die Keiser

Marita v.d Vyver

Tafelberg

'n laaste bekende verhaalelement is die aangetrokkenheid tussen 'n

Boeremeisie en 'n Engelse offisier. Dit gaan dus onteenseglik oor 'n

herkenbare deel van die algemene Suid-Afrikaanse geskiedenis,

waardeur die roman, soos ook ondersteun deur byvoorbeeld die

gebrek aan 'n spesifieke plasing van die gebeure op 'n bepaalde

bekende of herkenbare plek, 'n algemeen-geldende karakter verkry.

Nogtans is hierdie roman geen tipiese verhaal oor die Anglo-

Boereoorlog nie. Die roman besit 'n eie en unieke karakter, omdat die

aandag juis gevestig word op ongewone en onbekende fasette van die

oorlogsgeskiedenis, maar veral ook omdat daar op 'n baie spesifieke

manier vertel word.

Vertel vanuit die perspektief van drie opeenvolgende generasies

vroue. Hulle lewe in spanning, tussen weggaan en moet bly, en tussen

vergeet en moet onthou, omdat onthou die enigste skakel is wat hulle

nog met die oerbron van hul bestaan verbind. Dié skakel in die

verhaal word verskaf deur Colette Cronjé, die oudste van die vroue,

wanneer sy uit die bloute van haar kleindogter, Tina, 'n brief

ontvang. Deur dié onverwagse kontak begin Colette onthou, en sy

begin vertel, want Tina is op die spoor van die familie-geskiedenis.

DRAMA: EEN VAN DIE WERKE MOET BEHANDEL WORD

TITEL OUTEUR UITGEWER OPSOMMING

Bartho Smit

Perskor

'n Toneelstuk gebasseer op die sprokie van Hans Christian Andersen.

Die waarheid en die leuen speel ʼn groot rol in hierdie stuk,

Die Keiser beleef innerlike konflik omdat hy nie kan bepaal in watter

mate mense hom bedrieg nie. In die proses word die Keiser

verneder en sy ideale kan nie uitgevoer word nie.
1. Trits: Mis

Reza de Wet

NB-Uitgewers

Dit is ‘n voorbeeld van innerlike konflik – die konflik tussen Meisie se

wete dat sy gehoorsaam aan haar ma moet wees en die sirkusmusiek

en liggies moet ignoreer, en haar begeerte om die sirkus te ervaar. Sy

beleef dus ‘n konflik tussen aanvaarding van haar beklemmende

bestaan en ‘n begeerte na bevryding.
VOORGESKREWE WERK – 2014

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

KIES ENIGE TWEE GENRES. (ENIGE TWEE: BV. GEDIGTE EN ROMAN / ROMAN EN DRAMA / DRAMA EN

GEDIGTE ENS.)

VOORGESKREWE GEDIGTE

TITEL DIGTER DIGBUNDEL UITGEWER

1. Klein Vrede Antjie Krog Versjoernaal – 2011 NB-Uitgewers

2. So long skipskop David Kramer Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

3. Harlekyn van die dieretuin S.J. Pretorius Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

4. Die miljenêr se kombuis Peter Blum Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

5. Sê-nou A.G. Visser Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

6. Brief Fernel R. Abrahams Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

7. Melkkantien Suzaan Laing Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

8. Eksamenlokaal Antjie Krog Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

9. Life vannie jobless Martin Magmoed Versjoernaal – 2011 NB-Uitgewers

10. My siel, Pa Marie van Rensburg Versjoernaal - 2011 NB-Uitgewers

OF
Hanna Hoekom

Paljas

ROMAN

TITEL OUTEUR UITGEWER OPSOMMING

Marita v.d Vyver

NB-Uitgewers

OF

Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil

hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het

met 'n akteur met twee seuns gaan staan en trou, en nou is Hanna en

haar halfboetie Tibo se reeds gekompliseerde gesinslewe nog tien

maal meer gekompliseer. En asof dit nie genoeg is nie, kry haar ma

nog die simpel idee dat hierdie hele groot, gelukkige gesin saam "op

wittebrood" moet gaan - om mekaar beter te leer ken.

DRAMA

TITEL OUTEUR UITGEWER OPSOMMING

Chris Barnard

NB-Uitgewers

OF

'n Familie trek na 'n afgeleë deel van die Karoo in Suid-Afrika. Hulle

lewens word ingrypend verander as 'n rondtrekkende sirkus 'n

pantomime (gebarespeler) in die dorp agterlaat.
KORTVERHALE UIT STORIEJOERNAAL – NB-Uitgewers

NAAM OUTEUR OPSOMMING

Die hoofkarakter, Chris, is in baie opsigte ‘n buitestanderfiguur. Reeds in

1. Die Engelman

Izak de Vries

Suid-Afrika is hy anders as die meeste van sy tydgenote op grond van sy

intellektuele belangstelling – hy word deur baie as ‘n “suurknol” bestempel,

wat impliseer dat hy nie in die groep inpas nie. Dit is ook vir hom uitsonderlik

dat hy in Natalie tog ‘n meisie kry wat sy belangstellings deel.

Hy gaan werk in Dover as Taxibestuurder om studiegeld te verdien.

2. My tante wat in Chelsea woon

3. Uhuru

4. Tot siens Stan Harrison

Hennie Aucamp

Johan C. Bakkes

Stephan Bouwer

Die verhaal word aangebied deur ‘n interne verteller wat as karakter in die

verhaal net kan vertel van dinge wat hy beleef en waargeneem het en dus slegs

verslag kan lewer van wat in die verlede lê. Hy vertel van ‘n Europese

reiservaring wat hy as jong man gehad het. Die grootste deel van die

vertelling toon ‘n jong persoon wat sterk emoisioneel en impulsief reageer en

teen die einde is hy ouer, rustiger, wyser en meer volwasse.

“Uhuru” is ‘n gedramatiseerde vertelling waarin die verteller die leser ‘n kykie

gee op hoe hy en sy veertienjarige dogter dié hoogste plek van die berg

Kilimandjaro in Tanzanië, die hoogste berg in Afrika, saam met ‘n groep van

vyf-en-twintig mense uitklim. In die verhaal word ‘n tweede betekenis van

hierdie pleknaam ook in gedagte geroep: dit is ‘n Afrika-woord vir Vryheid en

onafhanklikheid wat veral in die jare sestig as strydkreet teen kolonialisme

gebruik is.

Die titel is alreeds ‘n wegwyser vir die lees van die verhaal: ons weet dat daar

in ‘n stadium afskeid geneem gaan word van Stan Harrison. Van Harrison

word daar gesê dat hy die mooiste stem het en die mooiste man in die wêreld

is. Tydens ‘n konsert ervaar Emma hom simpatiek en kwesbaar, maar later

word daar ‘n taamlik negatiewe prentjie geskep. Sy ervaar hom dan ten slotte

heeltemal anders as wat sy gedink het hy is.
5. Die storie van Piet se oupa

6. Kaptein Duiwel

7. Plaaskind

8. Die goue kitaar

Abraham de Vries

Dana Snyman

Riana Scheepers

Heinrich v.d Mescht

Die milieu waarin hierdie verhaal afspeel, is die Klein Karoo en ook die Boland.

Oupa se karakter word met humor geteken en verskeie

karakteriseringstegnieke word aangewend. Ons sien byvoorbeeld dat daar

twee keer verwys word na Oupa se gewoonte om sy wenkbrou “soos ‘n snor te

draai”. Hierdie handeling gebeur telkens wanneer hy iets geniet soos om die

storie van sy kuiery by die weduwee in die tehuis te vertel.

Die plek waar die gebeure plaasvind speel ‘n baie belangrike rol in die verhaal

omdat die geïsoleerdheid en die byna ondraaglike hitte vir die motor se

insittendes spanning skep en aanleiding gee tot gesprekke wat die kind baie

ontstel. Die spanning is nie verby wanneer die aanvanklike probleem opgelos

word deurdat die groot lorrie by hulle stop nie, want die persoon wat hulle

sleep, is nie nugter nie en sy bestuurdery skep opnuut spanning.

Die verteller in hierdie verhaal is nie ‘n karakter in die verhaal nie, maar ‘n

eksterne verteller wat vir ons vertel wat gebeur, waar die

kunsmisverkoopsman hom bevind en wat hy doen. Die verteller gee ook die

verkoopsman se sintuiglike waarnemings weer, en meer nog, ook wat hy dink

en hoe hy voel. Die seun en die pa word aan ons bekendgestel soos die

verkoopsman hulle waarneem. Wat hulle dink en voel, weet ons nie, maar dit

is die skrywer se tegniek; ons moet sien wat die verkoopsman sien, hoor wat

hy hoor en op die einde saam met hom besef wat aangaan.

“Die goue kitaar” is ‘n eerstepersoonsvertelling waarin ‘n jongman, ‘n klassieke

kitaarspeler, sy eie verhaal vertel. So ‘n verteller kan alles vertel van wat hy

self dink, voel, weet en doen, maar die ander karakters kan hy slegs beskryf

soos enige mens ander mense se handelinge en woorde kan waarneem. Daar is

konflik tussen die pa en seun omdat die seun oorsee wil gaan. Sy pa gaan nie

vir hom die geld gee nie.