24.09.2013 Views

1. Die Hoogheilige Juffrou Bobbejé

1. Die Hoogheilige Juffrou Bobbejé

1. Die Hoogheilige Juffrou Bobbejé

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die Hoogheilige Juffrou

Bobbejé

Die Maandag is so blou soos net die magte en kragte wat

arm verslaggewertjies laat sweet vir hul brood, dit kan

maak. Oom Harry, Herout se eienaar/redakteur, kom

staan vroegoggend bewend van woede langs my

lessenaar. Hy probeer sy pyp opsteek en breek tien

vuurhoutjies stompaf voor die rook by sy mond begin

uitborrel.

“Baie dankie,” sis hy langs sy pypsteel af, en ek sug

byvoorbaat.

“Twee mense word Donderdag net buitekant die dorp

vermoor, maar Herout se Vrydag-uitgawe sprak geen

sprook daaroor nie,” sanik hy voort, “Die dorp se mense

moet twee dae later in die Sondagkoerante daarvan lees!”

“Oom Harry,” probeer ek verontwaardig keen “kapt.

Van der Merwe van die polisie het die storie vasgehou tot

na saktyd Donderdagaand...”

“Hardekwas Bernie du Preez... Niks is ooit sy fout nie,”

sug oom Harry langs sy pypsteel af. Hy haal die pyp uit sy

mond en vee die klam steel dreigend onder my neus deur,

“Maar ek verdra en verduur jou geduldig, Bernie du Preez,

want ek weet: Jou doppie klap binne-kort...”

Toe hy wegstorm, kyk ek vinnig in die oop kantoor

rond. Koos Krummel wat die munisipale stories skryf, sit

laag agter sy rekenaar weggesak en maak of hy rustig

aan sy eerste toebroodjie vir die dag peusel, maar sy

skouers skud van die lag; Rieta, wat algemeen en

vrouestories doen, het ‘n siek grynslag op haar bakkies;

Ansie, wat in die hoek anderkant Rieta sit... Ek knip my oë

en kyk weer...

By Ansie se lessenaar sit 'n vreemde meisie met ’n

rooi kop. Sy werk met die rekenaar soos 'rr wafferse

hoëspoed tikster. Sy sê nie boe of ba nie, kyk net af en

toe na 'n notaboekie op die lessenaar langs haar terwyl

2

haar vingers oor die toetsbord fladder.

Dis 'n mooi meisie. Haar kort hare, wat effens gejel is,

staan hier en daar parmantig regop.

Sy het waarskynlik ingekom terwyl oom Harry besig

was om my te verskree, want sy was beslis nie hier toe ek

netnou by my lessenaar kom sit het nie. En nou sit sy

skielik hier voor my en sy slaan soos 'n gesoute

koerantmens 'n storie teen Boeing-spoed uit.

Sy sit nie soos ons ander drommels spartelend met

twee vingers en tik nie. Sy kap die storie meesterlik met

'n volle tien vingers uit...

“Hello, Rooikop,” sê ek saggies en gaan staan Iangs

haar. Haar parfuum kom direk uit ‘n Franse boetiek, dis

ryk en sensueel. Haar vingers blits oor die toetsbord.

“Jy slaan in my lig,” sê sy sonder om op te kyk. Haar

stem is diep en heserig. Ek kyk verwonderd na haar lang,

ringlose vingers wat die rekenaar soos ‘n senuweeagtige

masjiengeweer laat knetter.

“My naam is Bernie.” se ek en trek die geur van haar

parfuum diep in my longe in.

“Ek weet,” sê sy sonder om op te kyk. “En jou van is

Du Preez en jy staan in my Iig en ek wil klaarmaak...”

“Saktyd is eers môreaand,” lig ek haar in.

“Dit weet ek ook,” sê sy en tik verwoed voort.

“Wat is jou naam?”

“Ek het spesiaal vir jou 'n visitekaartjie laat druk,” sê

sy spottend sonder om op te hou tik, “Dis in die boksie

voor jou...”

Ek tel 'n kaartjie op. “Sandra Viviers,” lees ek hardop.

Sy hou skielik op met tik en kyk op. Haar oë ontsenu

my totaal. Sy het blougrys oë wat nie lag nie en ook nie

kwaad lyk nie.

“Viviers soos in Iers is common,” sê sy vinnig, “Dis

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!