23.09.2013 Views

OVK June 2013 web file.indd

OVK June 2013 web file.indd

OVK June 2013 web file.indd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Dr. Mpho Maja, direkteur van dieregesondheid in die

departement, het gesê die uitreik van wei ding per mit te

aan die grens is al ’n jaar gelede ge staak. Net gesondheidspermitte

word uitgereik. Die de parte ment het ’n

mandaat van die Wet op Diere ge sondheid en die Wet

op Vleisgesondheid daar voor.

Verskeie vereistes, soos dat die diere deur ’n vee arts

gesond verklaar moet wees en met ’n per manente

merk geïdentifiseer kan word, geld vir die uitreik van dié

permitte. Dieselfde reëls vir dieregesondheid geld vir

plase in Suid-Afrika én Lesotho. Diere wat Suid-Afrika

binnekom, sal dus nie met siektes besmet wees nie.

Sy het saamgestem die grootste probleem is nie diere

waarvoor permitte uitgereik is nie, maar dié wat die land

onwettig binnekom. Dit is belangrik dat onwettige invoer

gekeer en gemonitor word. Diere wat nie gesond of

gemerk is nie, moet geskut of van kant gemaak word.

Maseli Letuka, nasionale Nerpo-voorsitter, het gesê die

uitdagings vir nuweling-boere is dieselfde probleme

as vir kommersiële boere. Te veel diere kry permitte en

dikwels dink boere die permitte verstryk glad nie. Dit

veroorsaak oorbeweiding.

Keith Ramsay, bestuurder van diereproduksie van die

De partement van Landbou, Bosbou en Visserye, het gesê

wetgewing is lankal nodig om ’n nasionale stan daard

23

vir skutte landwyd in te stel. Dit is nodig vir beheer oor

onwettig ingevoerde diere, rondloperdiere en vee wat ná

diefstal teruggekry is. Skutte moet ook korrek be stuur

word.

Hy het gesê rakende diereverbetering is dit belangrik dat

die invoer van diere beheer word. Ooreenkomste is met

buurlande aangegaan oor die identifikasie van diere, maar

die meeste van die maatreëls is nooit in werking ge stel nie.

Ndivhuho Luvhimbi van die departement se in spek siediens

het gesê niemand mag sonder toestem ming of

magtiging enigiets invoer nie. Diere moet ge sond heids -

permitte hê en dié wat dit nie het nie, sal nie in die land

toegelaat word nie.

Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die RPO, het gesê

kommer bestaan dat wetgewing nie vol doen de is om die

invoer van vee te beheer nie. Streng per mitte bestaan

wel vir dieregesondheid, maar ’n groot leemte bestaan in

wetgewing vir die invoer van genetika. Die departement

moet daarvan seker maak dat gesond heids permitte nie

die Wet op Dierever be tering oortree nie.

Die noodsaak van beheer oor dié diere wat die land

on wettig binnekom, is uitgelig deur ’n verteen woordiger

van die SA Nasionale Weermag wat genoem het dat

soveel diere die land van Lesotho af binnekom dat die

SANW nie meer weet hoe om dit te hanteer nie. Die

Inhoud • Contents

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!