23.09.2013 Views

OVK June 2013 web file.indd

OVK June 2013 web file.indd

OVK June 2013 web file.indd

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

PROBLEME HET VERVALDATUMS

Die afgelope paar jaar was vir baie mense moeilike jare.

Byvoor beeld: finansiële markte wat ineenstort, banke

wat hul deure sluit, sekwestrasies, hoër rentekoerse,

werkloosheid, prysstygings, arbeidsonrus in die land.

Ons voel soms totaal oorweldig deur alles wat met

ons en rondom ons gebeur. Jy beland in een krisis na

die ander, dit spoel oor jou en jy word verswelg deur

probleme. Sodra jy opkom om asem te skep, kom die

volgende golf en spoel oor jou. Jy word omgekeer en

heen-en-weer geruk. Net wanneer jy meen nóú verdrink

jy, dan breek iets oop en kry jy darem kans om asem te

skep.

Twee dinge in hierdie lewe is seker – jy sal probleme

en krisisse in jou lewe ervaar en elke probleem het ’n

vervaldatum.

Oor die eerste punt wil ek nie te veel sê nie, maar weet

dat probleme, hartseer, krisistye en moeilikhede jou

pad sal kruis. Jy kan hóé ’n goeie mens wees, maar

die een of ander tyd sal daar in jou lewe probleme en

hartseer tye wees. Jy kan dit nie vermy nie. Dis deel van

menswees en dis deel van jou lot.

20

Daar is sekerlik vele maniere hoe om dit te hanteer.

Ek wil nie daarop fokus nie, maar net vir jou die gerusstel

ling gee dat elke probleem ’n vervaldatum het. Jou

pro bleem sal doodgaan, jou probleem sal verander – dit

is inderdaad ’n gegewe feit. Veranderinge is ’n sekerheid

en ook jou probleem is nie per ma nent nie.

Storms kom oor die aarde, woed dit self uit en dan skyn

die son weer. In die hart van die winter mag alles vir jou

koud en dood voel, maar drie maande later bring die

lente groei en lewe in die natuur. Jy kan jou arm breek,

maar ’n paar weke in gips en dan is jy weer reg.

Bankrotskap kan jou laat voel jou lewe is oor, maar

geleide lik begin jy opstaan en nuwe moontlikhede

ont dek. Jy kan in die toestand van ’n terminale siekte

ver keer, ook dit gaan verby en oor in ’n nuwe liggaam

en ewige lewe. Alle pro ble me gaan weg óf die probleem

ver an der. Maar jou huidige situasie en jou spesifieke probleem

is nie vir altyd konstant nie.

Hoe lyk jou probleem waarmee jy worstel? Voel jy daar

is nie uitkoms nie? Voel jy soos ’n Job van ouds waar

alles van hom weggeneem is? Moenie tou opgooi nie.

Hou uit en weet jou probleem sal verander.

In watter rigting jou probleem verander, hang tot ’n groot

mate van jouself af. Ja, ek weet omstandighede speel ’n

Inhoud • Contents

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!