OVK June 2013 web file.indd

OVK June 2013 web file.indd OVK June 2013 web file.indd

23.09.2013 Views

ses jaar (72 tot 75 maande) die eerste keer in haar lewe geskeer is. Dollie, ’n Merino-ooi van die plaas Rondom by Loxton, is spesiaal deur CMW na die skou gebring om te wys hoe dierlike vesel van die dier se rug tot kledingstuk verwerk word. Dollie, die eiendom van Henk Cloete en sy vrou, Jeanette, het voor die voor die “Groot Skeer” die skaal op 73,5 kg laat staan en daarná 52,5 kg, wat haar vag op ’n allemintige 21 kg te staan gebring het. Die wol was sowat 40 tot 50 cm lank. Henk sê as ’n hanslam het Dollie meer as ’n jaar tussen melkbokke gewei. Toe sy na ’n skaaptrop verskuif is, het sy na die bokke bly terugloop. Die bokmelk het haar immuniteit opgebou. Sy was nog nooit siek nie en het ook nog nooit gelam nie. Hoewel haar wol baie fyn en sag is, het dit nog nooit ’n breuk getoon nie. Henk sê dit gebeur gewoonlik net met skape wat sterker wol het. Hy wou kyk hoe ver hy die ek speriment kan voer voordat dit breek. Hy sê voeding het ’n baie belangrike rol in Dollie se goeie wolgroei gespeel. Haar eetgewoontes het hom egter ook baie geld gekos. Sy blêr as haar voerbak leeg is. As dit vol is, bly sy stil. 12 Samuel Naomoye, skeerinstrukteur van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), het die groot taak aangepak om Dollie van haar groot las te verlig. Wian Venter van die plaas Slypfontein, ook van Loxton, het hom by ge staan terwyl Henk en Giepie Calldo van CMW ’n ogie gehou het. Die hele proses het langer as ’n halfuur geduur. As 60% van Dollie se vag as skoonwol benut kan word, beteken dat sowat 12 manspakke daarvan gemaak kan word. VRYSTAATSE JONGBOER VAN REITZ Danie Slabbert, jong boer van die plaas Van Rooyens woning, Reitz, is vanjaar aangewys as die Vrystaat se Jongboer van die Jaar. Die an der twee finaliste was albei jong boere uit OVK se gebied. Danie het ’n diploma in landboubestuur behaal. Hy boer al die afge lope twaalf jaar en sy boerderyvertakkings is mielies, aartappels, soja bone, beeste en haselneute. Hendrik Wessels, van die plaas Louis Maree, Marquard, was een van die finaliste. Hy boer in vennootskap met sy pa en broer en is verant woordelik vir die saaivertakking van die boerdery. Inhoud • Contents

Stompie Olivier boer op die plaas Lindeshoek in die Hob house/Lady brand-omgewing met ’n Boran-stoetery, kom mersiële vleis beeste en ’n Holstein-stoetery. DIE AAND VAN DIE SESDE NAG: NOAG Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA Skrywersnota: Ná Graan SA-streek vergaderings in die Noordwes-pro vinsie wat ek bygewoon het, het ek hierdie in my stiltetyd geskryf... Die produsente kry maar swaar met die droogte en dalk kan hierdie hulle bemoedig. Nadat Noag die ark gebou het en al die spot verduur het, kom hy tot die punt in sy geloof dat hy die opdrag uitgevoer het. Jy moet vandag in gaan (Gen. 7:4) en die sewende dag sal dit begin reën. Noag het ge doen soos God gesê het. Die aand van die sesde dag, vir die soveelste keer, kom die mense klop en skree dat hulle moet uitkom. Een van Noag se skoondogters is baie twyfelagtig oor haar “mal” skoonpa en kan nie glo haar man volg hom so slaafs na nie. Dit is warm en bedompig in die ark. Die diere is onrustig en daar is nie ’n wolkie in sig nie. Gaan God regtig doen wat Hy gesê het? Niemand eet vanaand hul kos nie – stoot dit net in hul borde 13 rond. Ná ete gaan vier egpare na hul beddens toe. Al mal rol rond en luister – niks nie... Noag beleef ’n alleenheid wat ’n mens nie kan beskryf nie – dit is net hy en God; en God sê niks nie! Ná die laaste opdrag ses dae ge lede het God stil ge word. (Terwyl die stu dent toets skryf, is die onderwyser stil.) Noag begin twyfel oor die ark-ding. Sê nou dit reën nie, wanneer maak hy die deure van die ark oop? Wat gaan die mense dan sê? Skielik hoor hy ’n onbekende geluid. Hy en sy vrou verstyf albei – dit was maar net ’n balk wat uitgesit het. Wat gaan hy met die reuse-ark maak? Dit lê al sy lande vol. Hy sal dit nooit geskuif kry nie. Waarvan gaan hy en sy gesin leef, hulle het so pas die plantseisoen gemis. Beslis sal hy nie by sy spottende bure gaan aanklop vir hulp nie. Here, waar is U? Sê iets! Sê nou God wil net sy gehoor saamheid tot hier toets? Kan God so wreed wees teenoor hom? Sal God regtig alles op aarde verdelg? Hy is dan so liefdevol en genadig. Gaan Hy nie dalk van gedagte verander nie? Die bure se gelag klink op in die nag – dronkparty – die skel gelag van straatvroue sny deur Noag se dun ge loof. Here, waar is die reën? Wanneer Noag aan die slaap ge raak het, weet hy nie. Al waar van hy wel seker is, is dat hy die donderweer Inhoud • Contents

ses jaar (72 tot 75 maande) die eerste keer in haar lewe

geskeer is.

Dollie, ’n Merino-ooi van die plaas Rondom by Loxton, is

spesiaal deur CMW na die skou gebring om te wys hoe

dierlike vesel van die dier se rug tot kledingstuk verwerk

word.

Dollie, die eiendom van Henk Cloete en sy vrou, Jeanette,

het voor die voor die “Groot Skeer” die skaal op

73,5 kg laat staan en daarná 52,5 kg, wat haar vag op

’n allemintige 21 kg te staan gebring het. Die wol was

sowat 40 tot 50 cm lank.

Henk sê as ’n hanslam het Dollie meer as ’n jaar tussen

melkbokke gewei. Toe sy na ’n skaaptrop verskuif is, het

sy na die bokke bly terugloop.

Die bokmelk het haar immuniteit opgebou. Sy was nog

nooit siek nie en het ook nog nooit gelam nie.

Hoewel haar wol baie fyn en sag is, het dit nog nooit ’n

breuk getoon nie. Henk sê dit gebeur gewoonlik net met

skape wat sterker wol het. Hy wou kyk hoe ver hy die

ek speriment kan voer voordat dit breek. Hy sê voeding

het ’n baie belangrike rol in Dollie se goeie wolgroei gespeel.

Haar eetgewoontes het hom egter ook baie geld gekos.

Sy blêr as haar voerbak leeg is. As dit vol is, bly sy stil.

12

Samuel Naomoye, skeerinstrukteur van die Nasionale

Wolkwekersvereniging (NWKV), het die groot taak aangepak

om Dollie van haar groot las te verlig. Wian Venter

van die plaas Slypfontein, ook van Loxton, het hom

by ge staan terwyl Henk en Giepie Calldo van CMW ’n

ogie gehou het. Die hele proses het langer as ’n halfuur

geduur.

As 60% van Dollie se vag as skoonwol benut kan word,

beteken dat sowat 12 manspakke daarvan gemaak kan

word.

VRYSTAATSE JONGBOER VAN REITZ

Danie Slabbert, jong boer van die plaas Van Rooyens woning,

Reitz, is vanjaar aangewys as die Vrystaat se Jongboer

van die Jaar. Die an der twee finaliste was albei jong

boere uit OVK se gebied.

Danie het ’n diploma in landboubestuur behaal. Hy boer

al die afge lope twaalf jaar en sy boerderyvertakkings is

mielies, aartappels, soja bone, beeste en haselneute.

Hendrik Wessels, van die plaas Louis Maree, Marquard,

was een van die finaliste. Hy boer in vennootskap met sy

pa en broer en is verant woordelik vir die saaivertakking

van die boerdery.

Inhoud • Contents

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!