23.09.2013 Views

OVK June 2013 web file.indd

OVK June 2013 web file.indd

OVK June 2013 web file.indd

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Inhoud • Contents

BELANGRIK • IMPORTANT

Hierdie .pdf is interaktief opgestel om navigasie

daarvan te vergemaklik. Klik op die bladsy nommer

in die inhoudsopgawe, op bladsy 2, om by die artikel

uit te kom. Om terug te keer na die inhoudsopgawe

klik op die woorde (in rooi) ‘Inhoud • Contents’. Die

sleutel ‘Page Up’ of ‘Page down’ word gebruik om

van een blad na ’n ander te wissel. Druk die ‘Esc’

sleutel om skerm te herset.

This is an interactive .pdf document. Click on a

page number in the contents list, on page 2, to

jump to that article, to return to the contents page,

simply click on the words ‘Inhoud • Contents’ (in

red). Use the Page Up or Page Down keys to move

from page to page. Press the Esc key to reset the

computer screen.

Artikels wat eksklusief vir OVK geskryf is, kan

aan die redakteur voorgelê word. Voor keur

sal gegee word aan aktuele artikels. English

material welcome.

Menings wat in artikels uitgespreek word, verteenwoordig

nie noodwendig die mening van

die maatskappy nie.

1

VOORBLAD • COVER

JUNIE / JUNE 2013

Angora-boerdery het baie risiko’s, maar met intensiewe bestuur

kan dit baie winsgewend wees, sê ’n suksesvolle teler.

Farming with Angoras is risky, but, according to a successful

breeder, with intensive management it can be a profi table business.

Uitgewers • Publishers

OVK Bedryf Bpk, Posbus / P.O. Box 96 Ladybrand 9745

19 Dan Pienaar Street /-straat 19, Ladybrand

Redakteur • Editor

CHRIS JOOSTE

Posbus / P.O Box 96, Ladybrand 9745,Tel: (051) 923 4500

Faks/Fax: (051) 923 4736 • Sel/Cell: 083 460 3749

e-pos/e-mail: chrisj@ovk.co.za

UIT DIE WOORD 3

REDAKSIONEEL 4

INTENSIEWE BESTUUR DIE ANGORA-RESEP 6

OVK NUUS... AEROPLANE USED TO SAVE LIVES 9

CMW EN ELITE SAAM VIR BETER DIENS 9

LEIERS BATE VIR OVK 9

‘NUWE’ AGENTSKAP GEOPEN 10

MEULE VERGELYK MET DIE BESTE 10

CMW NUUS... THE SEASON’S BEST 11

BLY BETROKKE BY NAMPO 11

DOLLIE EERSTE KEER GESKEER 11

VRYSTAATSE JONGBOER VAN REITZ 12

DIE AAND VAN DIE SESDE NAG: NOAG 13

INHOUD • CONTENTS

2

OVK BIBBER SAAM 14

VROUE - ASTER SÊ... SKEP ’N NUWE REPUTASIE 14

SPAANSE HOENDER VIR DIE WINTER 16

NET DIE BESTE IS GOED GENOEG 17

PROBLEME HET VERVALDATUMS 20

ONWETTIGE DIERE DIE GROOTSTE PROBLEEM 22

PROEWEDAG HELP MET KULTIVARKEUSE 24

A LOOK AT SA’S MOHAIR TOWN 25

AGRI TECH BESPAAR INSETKOSTE 28

BEHEER PROBLEEMDIERE MET WEIVELDBESTUUR 31

BESPAAR WATER DEUR TE SKEDULEER 32

UIT DIE WOORD

AGITATOR

How many of you can relate to the following story?

Satur day morn ing arrives. You have just returned home

from a short trip to the in-laws.

Although the trip was only a few days long, you would

never know it by the mounds of dirty clothes waiting to

be washed in the hamper. You load a bundle of laundry

in the machine, put in the soap, turn on the water, and

close the lid. Shortly afterward, you notice something is

not working here. You open the lid again, only to notice

the machine isn’t churning.

You call the repairman who, upon in spec -t ing the machine,

tells you that your agitator isn’t working pro perly.

Your response is: “What the heck is an agi tator?” The

repair man tells you that the agitator is the part of the

machine that works your soap and water through the

clothes. Ah, so that’s what an agitator is.

An agitator stirs things up, works through the mix and

gets the things clean. That wash ing machine needs the

agitator to get the clothes clean, water and soap alone

won’t do it, there has to be a stirring up of the soap and

water to get the stains and filth out.

3

The same is true for our lives. If we claim sal vation,

but never work it through our lives, we stagnate in our

ways. We never get those old habits out of our lives, we

simp ly let them soak with us, and that just makes for

dirty water.

So what is the agitator in our spiritual lives? The Holy

Spirit, that thing which brings the voice of Jesus up in

our hearts and moti vates us to do what we should is

our agitator. The part of us that tells us to get out and

volunteer and give of ourselves, that part that says to

abstain from our sin ful past, that part that reminds us to

praise God every day for His goodness.

That is the Holy Spirit. God’s voice in our hearts, our

whispering conscience that stirs our souls and makes

us want to obey Him, to do works for him, to love our

brothers, to tithe and give our all for Jesus name sake.

Faith and hope live in us and unless we allow it to work

through us, and we put our selves to work for Him, it will

not grow. Isn’t our biggest mission to spread His love

and His message to the world? If we live our lives with

the attitude of I am saved, yet we don’t tune in to the Ho- Contents

ly Spirit, we aren’t real ly living for God, are we?

There is more to salvation than simply ac cepting the

gift. There is a responsibility that comes with it, which Inhoud

Contents • Inhoud

becomes more and more a joy, and less a responsibility REDAKSIONEEL

once we come to know Christ. Living a life that wit nesses

through our deeds, and spread ing the message of Jesus ROEPING

with others is some thing all of us as Christians need to be oeveel mense ken die verskil tussen ’n beroep en ’n

doing.

roep ing. Ek skat vir die meeste is ’n roeping iets wat

iemand voel wan neer hy ’n predikant, verpleegster, dok ter,

We need to reach out to others – not ta king ourselves in

onderwyser of so iets word. Dit is waar, want dié mense

consideration, but to show His grace that we have abun- moet geroepe voel om die werk met passie te doen,

dantly in our lives to the world. We should be so full of joy maar dit gaan veel wyer.

and thankfulness that everybody can see it in our actions

Die verskil tussen ’n roeping en ’n beroep is nogal ’n

and hear it in our words.

groot, maar eintlik eenvoudige saak. ’n Roeping, anders

I don’t say this to be lecturing to all of those reading,

as ’n beroep, is ’n hartsaak waaroor jy sterk voel, omdat

but more of a reminder to myself and you all that our gift

of sal vation should kindle in us a desire to do what our

jy ’n besondere en spontane aanvoeling daar voor het. ’n

Mens voel letterlik daartoe ‘ge roepe’. Dikwels bied so ’n

roeping nie altyd die beste salaris nie, maar die mees te

Lord wants us to do. One of those things is to share the

werk bevrediging.

gos pel.

Wanneer jou werk ’n roeping is, is dit een waarin jy jou-

I hope this silly little analogy makes you smile. And I self ook kan uitleef. Dit is ’n werk of beroep wat jou ’n

hope it motivates you to listen and do that which the gevoel van diepe bevrediging en vervulling kan gee.

Ho ly Spirit is telling you that you should. Now whether Dán voel jou werk nie soos werk nie, dis ’n plesier, in

that is aban doning old habits that are sinful, or whether som mige gevalle meer soos ’n stokperdjie wat jy geniet.

it is serving your community in mis sions, or whether it is Jy gee nie om hoeveel tyd jy daaraan bestee nie, want jy

simply getting up and going to church on Sunday mor- doen dit omdat jy graag wil.

nings, that is for you to interpret. I know I’ve got some Wanneer jou dagtaak ook ’n roeping is, word dit gedra

work to do, now that I have heard my agitator. deur die wete dat jy daar mee ook gehoor gee aan jou

4

diepste ver langens en pas sies, daardie belangstelling

en poten si aal wat, so glo ons, die Here self in ons le we

geplaas het.

Wanneer jy jou diepste passie so uitleef, word jou werk

nie net ’n vreugde nie, maar dit groei ook tot diens baarheid

aan ander – ’n ware roeping.

Ek glo in ons landbou-omgewing is heel wat sulke mense

– die boere vir wie dit ’n roep ing is om hul dagtaak te verrig.

Daar sal wel uitsonderings wees, maar ek glo vir die

meeste boere is hul boerdery ook hul groot passie. Vir

dié mense is hul werk dikwels eerder soos ’n stokperdjie.

Hulle kan hulself daarin uitleef. Hulle kry vervulling, want

hul le doen elke dag dit waarvoor hulle lief is. Hulle is

gelukkige mense.

Die teenpool is wanneer jou werk bloot ’n beroep is. Dan

gebeur dit dikwels dat jy net doen wat van jou verwag

word. Die belang rikste doelwit is om deur dié werk genoeg

geld te verdien om sekuriteit en gerief vir jouself te

waar borg.

Dan word dit sleurwerk. Jy doen steeds die werk na die

beste van jou vermoë. Geen vinger kan na jou gewys

word nie, maar die passie en vervulling ontbreek. Jy

doen nie ekstra moeite nie en jy gaan beslis nie meer

tyd daaraan bestee as wat nodig is nie. Ongelukkig is dit

hoe baie mense hul hele lewe lank hul werk ervaar.

5

Die ergste is wanneer iemand se roeping, wat hy werklik

met geesdrif beoefen het, skielik net ’n beroep word.

Dit gebeur onge lukkig dikwels met mense wat altyd die

ek stra moeite met ’n glimlag gedoen het, want dit is nie

moeite nie. Jy is gelukkig in jou werk, want dit is ter selfdertyd

jou roeping wat jy met jou talente kan uitleef.

Tot op ’n dag dat sake skielik op enige van verskeie

maniere begin skeefloop. Dan is dit be hoorlik soos ’n

bal lon wat afblaas. Jy gaan nie meer jou eie belange

afskeep om dat jy vervulling in die werk kry nie. Jy doen

een voudig net wat van jou verwag word.

Jy het nie meer motivering om jou werk te doen nie, want

jou hart is nie meer daarin nie. Wat jou roeping was, verander

in baie gevalle in frustrasie. Jou roeping waarin jy

jou uitgeleef het en jou bevrediging gegee het, is nou ’n

beroep wat jy moet doen vir sekuriteit. Die passie waarmee

jy gewerk het, het gekwyn.

Soos met alles in die lewe wens elke mens waarskynlik

vir balans. Dit geld veral ook jou werk-omstandighede.

Wanneer beroep en roeping by mekaar uitkom, is jy ’n

ver vulde mens wie se dagtaak jou vreugde gee en ge- Contents

lukkig maak. Wat meer wil ’n mens hê in jou werk. Geen

geld kan die plek van ware werktevredenheid inneem nie.

– CHRIS Inhoud

INTENSIEWE BESTUUR DIE

ANGORA-RESEP

Intensiewe bestuur in ’n eksten siewe boerdery – dus baie

ekstra moeite en goeie versorging van sy diere, is die

ant woord vir sukses met Angora bokke. Só sê een van

Suid-Afrika se suksesvolste Angoratelers wat al 57 jaar

met die ras boer.

Angorabokke is sen si tie we diere wat spesiale aandag en

bestuur verg. Veral die klein bokkies kry baie aan dag en

goeie versorging, want jou aanwas is uiters belangrik, sê

oom Billy Colborne van die plaas Kilborne by Willowmore.

Ná 57 jaar saam met sy Angoras, ken hy elke aspek

van die bedryf. Hy het geleer die boer moet heeltyds

be trokke wees. “Die voordeel is dat jy twee keer ’n jaar

in komste van sy bok ke het. Soms is dit min en ander kere

baie. Praat met enige bokhaarboer en hy sal jou vertel dit

verseker ’n ge sonde kontantvloei.”

Die bewys van sy sukses is ’n muur vol blink trofeë wat hy

en sy seun Fred vir hul voortreflike sybokhaar van die vervaar

digers Ermenegildo Zegna van Italië en Miyuki Keori

van Japan ont vang het. (Sien raampie)

Oom Billy se betrokkenheid by An go ra bokke strek baie

ver terug. Sy oupa het in die vroeë jare negentig al in die

Willowmore-distrik in die ras begin be langstel, sy pa het

6

op die plaas Kil borne geboer en ná hom kom Fred, ’n

baie ernstige boer.

Hy lê klem op die belangrikheid van intensiewe bestuur.

Angorabokke is sensitiewe diere. Daarom is skure op

strategiese plekke op die plaas gebou sodat die diere

skuiling het wan neer dit skielik koud word. Hulle leer die

bokkies van kleins af om na die krale te gaan deur hulle

met mie lies te lok.

“As jy sien daar kom ’n koue, ry jy net met ’n sak mielies

op jou bakkie na die veld en blaas die toeter. Dan stroom

die bokke uit die hange. Som mige boe re gooi olie in die

water wanneer die bokkies gedip word sodat die water

soos op die rug van ’n eend kan wegloop.”

Die grootste verlies wat oom Billy nog gehad het, was in

1971 toe 125 mm reën binne 36 uur geval en hy 400 afgeskeerde

Angorabokke ver loor het.

Aanwas is baie belangrik. Omdat klein bokkiehaar so duur

is, is dit be talend om ekstra moeite te doen om waar devolle

klein bokkies te be hou. Bokooie wat nie goeie moeder

eien skappe toon nie, word in die skuur gesit en lusern

gegee tot dat die bok kie aan haar suip. Klein bok kies

Contents

son der ’n ma word deur sy skoon dogter, Glen da, hans •

groot ge maak. Om seker te maak dat ooie nie hul klein

bokkies verloor nie, word die ooie en hul klein bokkies

genom mer. Inhoud

Angorabokke is besonder lig op die veld – die ligste van

alle klein veerasse – en wat inkomste betref die beste. In

hul boerdery is hulle gelukkig om 135 ha besproei ingsgrond

te hê waar die ooie met klein bokkies loop. Dit is

ook voordelig vir die gehalte van die haar dat die diere op

die land loop, want hulle haak nie aan bosse vas wat die

vag uittorring nie.

Contents • Inhoud

Op Kilborne word elke ses maande – in Maart/April en Oom Billy en Fred het op die veld ram veiling van Van

weer in Augustus/September – geskeer. Goeie sorg is ’n Hasselt en gas ver ko pers in Januarie vanjaar die hoog ste

baie belangrike aspek van ’n uit staande skeersel van die prys van R33 000 vir ’n Ango ra ram behaal en ’n gemid-

heel beste sybokhaar met ’n B-lengte, wat die grondslag delde prys van R8 781 vir sestien ramme gekry.

van hul sukses is. Met mikskeer bly die vag skoon en

Een van die grootste probleme van hul boerdery is pro-

gereelde dip is noodsaaklik vir haar met glans.

bleemdiere. Dit word met die hulp van Fred se jag hon de

In skeertyd word die beste vagte eenkant gesit. Ná bestry. ’n Rooikat kan tot twintig klein bokkies in een nag

skeer tyd word heel wat tyd en moeite bestee om die vag- vang, wat enorme skade veroorsaak.

te sorgvuldig vir die Graaf Zegna-kompetisie te sor teer. Hulle het baie sukses met elektriese heinings om pro-

Dié ekstra moeite met die haar verseker dat hul produk bleemdiere uit te hou. Altesaam 40 km grensdrade is

gesog is en die beste pryse behaal.

al so beveilig. Dit werk uitstekend, maar dit is belangrik

’n Baal kleinbokkiehaar van oom Billy en Fred, wat in

dat dit goed in stand gehou moet word.

2009 die wêreld rekordprys van R420/kg behaal het, is Van die belangrikste werkers op dié plaas is skaap hon-

een van die slegs vyf bale in die geskiedenis wat die de. Van die voortgeslagte af is die honde aktief in ge -

prys van R400/kg oorskry het. Dié rekord is nog nie oor- span. Oom Billy het Springbokkleure verwerf en het ver -

tref nie. skeie skaap hondkampioenskappe met sy skaap honde

7

In die stoetery word elke jaar nuwe ramme gekoop om

die gehalte van die diere hoog te hou. Uit die aan was

word ramme vir die kudde ge hou en die ander ramme

op die plaas ver koop. Die klem is op ’n ooiboer dery en

kapaters word op viertand-ouderdom verkoop.

Dektyd is in April sodat die lammers in September aan kom

wanneer die veld goed is en die bome in die lente bot.

gewen. Hy is steeds soveel as moontlik by die mid dellandse

kampioenskappe betrokke.

Oom Billy het onder meer in die direksies van CMW

en die Suid-Afrikaanse Sybokhaarkwekersvereniging

gedien, was ondervoor sit ter van die Sybokhaartrust en

in 2000 die Oos-Kaap se Boer van die Jaar. Hy meen

die Internasionale Sybok haar beraad het almal in die

bedryf weer laat besef dat daar mag in eenheid is. “Met

die groot internasionale blootstelling was die be raad

’n reuse-sukses en het die buitelanders self ge sien in

watter omstandighede die vesel op die plaas ge pro duseer

word.”

Sy talle besoeke aan die buiteland het hom oortuig

dat sybokhaar, en in die besonder kleinbokkiehaar, ’n

spe sialiteitsvesel geword het. “Dit is in dieselfde klas as

ander eksotiese vesels soos kasjmier en alpakka. Daar

sal altyd welgestelde mense wees wat bereid is om ’n

pre mie daarvoor te betaal, juis omdat die vesel van ’n

dier afkomstig is.

“Ons is reeds die vyfde geslag Colbornes wat ’n goeie

bestaan uit sybokhaar voer omdat ons bereid is om daardie

ekstra bietjie moeite in te sit.”

8

Oom Billy is ’n aandeelhouer van CMW. Hy sê CMW is

’n gevestigde makelaar met goeie prestasies. “Ons werk

reeds sewe jaar lank saam met OVK. Dit is ’n ka pi taalkragtige

maatskappy waarin ons baie vertroue het. Die

feit dat ons goeie pryse kry, is te danke aan my makelaar,

CMW.”

OORSESE

ERKEN NING VIR

DIE COL BORNES

SE GEHALTE IS:

• Zegna – die prys vir die beste baal kleinbokkiehaar

ses keer gewen.

• Miyuki – die prys vir die bes-geklasseerde

somer skeersel ses keer gewen.

• Miyuki – die prys vir die grootkampioen

geklas seerde somer- en winter-bokhaar skeersel

twee keer gewen.

• Daidoh – die hoogste gemiddelde prys vir ’n

somer-kleinbokkieskeersel: eerste en tweede

in 2008 en eerste in 2012.

Inhoud • Contents

OVK NUUS

AEROPLANE USED TO SAVE LIVES

Other than being used to transport management and

staff, the OVK aeroplane is also put to good use by Aerocare

Flying Ambulance to help people in critical medical

con ditions. Patients were trans ported from remote towns

like Upington to hospitals, mostly in Bloemfontein, but

even in Cape Town.

A number of these patients were people who suffered

heart attacks or who have been in jured in accidents.

Aerocare is a 24/7 Flying Ambu lance flying very critical

patients to much needed specialized health care. This

is mostly patients in smaller towns where they otherwise

would not be able to receive the vital care they need.

On-board the flight is a doctor and a flight nurse as well

as the two pilots needed for ambu lance flights. Both the

doctor and the flight nurse are with the patient all the way

from ICU to ICU where they hand the patient over.

CMW EN ELITE SAAM VIR BETER DIENS

’n Beter diens aan produsente en samevoeging van administratiewe

take is van die belangrikste redes waar om

9

CMW en CMW Elite nóg nader aan mekaar beweeg het,

sê Nuno Gomes, hoofbestuurder van CMW.

Dit was ’n sinvolle aksie, want die administrasie van die

twee maatskappye het heelwat duplisering van take tot

gevolg gehad. Dit word nou uitgeskakel met die gevolg

dat ’n nog beter diens aan kliënte gelewer kan word.

CMW en CMW Elite sal voortgaan en presies die self de

diens lewer, maar die voordeel van die same voeging is

meer en beter sinergie en raak punte tus sen die tegniese

mense en bemarkers. Meer same werking tussen dié

men se sal beslis ook ’n doel tref fender diens vir produsente

beteken.

Produsente sal dus voortaan die voordeel van die beter

diens kry met die uiteindelike doelwit van ’n mede dingende

voordeel vir die hele OVK-groep.

LEIERS BATE VIR OVK

Opleiding van sy personeel is een van die beste beleggings

wat enige maatskappy kan maak. Daarom is

op ge lei de en gemotiveerde leiers soos die groep wat hul

leierskap-opleidingsprogram met sukses voltooi het, ’n

bate vir OVK. Dit was die boodskap van Gerhard Kriel,

hoof bestuurder handel, brandstofverspreiding, mega nisasie

en motors, op die oorhandiging van die groep van

2012 se sertifikate.

Inhoud • Contents

‘NUWE’ AGENTSKAP GEOPEN

Ná verskeie verbeterings en verbouings is die nuwe

agent skap van Ladybrand Toyota geopen. Die agent-

skap het nou ’n groter, moderner vertoonlokaal vir nu we

voertuie en ’n nuwe Automark-afdeling vir gebruikte

voer tuie. Die onderdele-afdeling is ook verbeter en ’n

geriefswinkel, wat alle ure oop is, is ook deel van die

opgeknapte agentskap.

MEULE VERGELYK MET DIE BESTE

OVK se nuwe koringmeule, een van die modernstes in

Suid-Afrika en in pas met die beste ter wêreld, is pas

by Clocolan geopen. Die opening het saamgeval met

die bekendstelling van die maatskappy se reeks Powerprodukte

wat by die meule vervaardig en verpak word.

Manie Botha, voorsitter van die direk sie, wat die meule

amp telik ge o pen het, het gesê die meule en Power-produkte

is ’n voorbeeld van OVK se langtermyn beplan ning,

stra te gie se denke en onwrikbare deur settings vermoë.

Dit is die gevolg van die maat skappy se strewe na nuwe

ge leent hede en die behoefte om sy dienste aan die

boer derygemeenskap uit te brei. Sowat 150 produsente,

per so neel en ander kliënte het die ope ning op 23 April

by ge woon.

10

Bouwerk aan die meule langs die Clo colan-silo het in

Augustus 2011 begin. Tegnologies vergelyk die meule

meer as gunstig met die beste ter wêreld. Topgehalte-materiaal

is gebruik. Die mees gevorderde maaltoerusting

bied voordele met beter vloerbenutting, ’n vermindering

van pneumatiese ver voerstelsels, energiebesparing en

kleiner siftingsruimte vanweë minder skeidingsprosesse.

’n Hoogs gesofistikeerde, rekenaarge baseerde stelsel

beheer die produk sieprosesse ten volle. ’n Reeks massa

me ters, wat aan die rekenaar gekop pel is, verskaf

inligting aanlyn raken de die vordering van die pro duk

deur die maal proses en die oor drag daar van tussen

verskillende kom parte mente.

Die meule, wat koring uit die OVK-streek ontvang, het

’n kapasiteit van 6,25 ton per uur. Die PeriTec-proses,

’n moderne, gesonder maalproses, word by die meule

ge bruik. Dit is gesonder as konvensionele koring maalme

todes omdat die semels voor die maalproses onttrek

word, eerder as daarna.

Nadat die koring aan die Cloco lan-si lo gelewer is, word

dit skoon ge maak voordat dit deur ’n sif- en maal proses

gaan. Monsters word in die maalproses, van rou mate ri aal

tot by die eindproduk, geneem en in ’n volledig toegeruste

labora torium getoets om te verseker dat streng vereistes

vir meel en hoë ge haltestandaarde gehandhaaf word.

Inhoud • Contents

Van die graansilo’s af, met ’n opna mekapasiteit van 100

ton per uur, tot by die finale verpakking, word die produkte

nie een keer met die hand gehanteer nie.

Die volgende stap is die verpakking van die meel onder

OVK se nuwe Power-handelsnaam. Meel word land wyd

versprei en is beskikbaar in klein verpakkings en in groter

poli pro pileen sakke. Die verpakte pro dukte word in

plas tiek toegedraai voordat dit na die onderdak-ver sendings

gebied geneem word. Die pro dukte sluit witbrood-,

bruinbrood- en koekmeel, asook gemengde bruin broodmeel

in.

Die Power-reeks koringmeel word in OVK-handelstakke,

verskeie bakkerye asook die groot- en kleinhandel aan gebied

en is beskikbaar in verpak kings van 1 kg tot 50 kg.

Almero Bake in Tweespruit is een van die bakkerye wat

OVK-meel met groot sukses ge bruik.

Vir meer inligting skakel Jaco Lonte, bestuurder van

die koringmeule, by 051 943 9118 of Jaco Coetzee,

be markings be stuurder van OVK-meu lens, by 082 468

5382.

CMW NUUS

THE SEASON’S BEST

Barries Snijman from Vleikuil Boerdery, Rietbron, who

achieved a seasonal record price on the latest mohair

11

sale of R409/kg for his best bale of summer kids. The

lo cal buyers- and processing house, SAMIL, bought the

bale. According to Pierre van der Vyver, manager: mohair

at CMW, the Vleikuil clip is one of the five biggest mohair

clips in the world. In spite of the size, it is still one of the

best classed and prepared clips (regular winner of the

inter national Miyuki competition) and this specific bale

is also one of the favourites to win the well known Italian

Er menegildo Zegna completion, for the best bale of kid

mo hair in the world in 2013. This is only the fifth bale in

his tory that surpasses the magical R400/kg barrier.

BLY BETROKKE BY NAMPO

Nampo bly die uitstalvenster van Suid-Afrikaanse landbou.

Daarom is dit vir die OVK-groep belangrik om ook

daar betrokke te wees en raakgesien te word. Besoekers

aan Nampo het weer in groot ge talle by CMW se stalletjie

opgedaag om van die gesogte sybokhaar-produkte te

koop. Van die nuwe produkte wat beskikbaar was, het

baie aftrek gekry.

DOLLIE EERSTE KEER GESKEER

Die back to back-aanbieding van CMW het vanjaar op

die Bloemskou in Bloemfontein vir die skou se skeerhoogtepunt

gesorg toe ’n ooi met ’n vag van ouer as

Inhoud • Contents

ses jaar (72 tot 75 maande) die eerste keer in haar lewe

geskeer is.

Dollie, ’n Merino-ooi van die plaas Rondom by Loxton, is

spesiaal deur CMW na die skou gebring om te wys hoe

dierlike vesel van die dier se rug tot kledingstuk verwerk

word.

Dollie, die eiendom van Henk Cloete en sy vrou, Jeanette,

het voor die voor die “Groot Skeer” die skaal op

73,5 kg laat staan en daarná 52,5 kg, wat haar vag op

’n allemintige 21 kg te staan gebring het. Die wol was

sowat 40 tot 50 cm lank.

Henk sê as ’n hanslam het Dollie meer as ’n jaar tussen

melkbokke gewei. Toe sy na ’n skaaptrop verskuif is, het

sy na die bokke bly terugloop.

Die bokmelk het haar immuniteit opgebou. Sy was nog

nooit siek nie en het ook nog nooit gelam nie.

Hoewel haar wol baie fyn en sag is, het dit nog nooit ’n

breuk getoon nie. Henk sê dit gebeur gewoonlik net met

skape wat sterker wol het. Hy wou kyk hoe ver hy die

ek speriment kan voer voordat dit breek. Hy sê voeding

het ’n baie belangrike rol in Dollie se goeie wolgroei gespeel.

Haar eetgewoontes het hom egter ook baie geld gekos.

Sy blêr as haar voerbak leeg is. As dit vol is, bly sy stil.

12

Samuel Naomoye, skeerinstrukteur van die Nasionale

Wolkwekersvereniging (NWKV), het die groot taak aangepak

om Dollie van haar groot las te verlig. Wian Venter

van die plaas Slypfontein, ook van Loxton, het hom

by ge staan terwyl Henk en Giepie Calldo van CMW ’n

ogie gehou het. Die hele proses het langer as ’n halfuur

geduur.

As 60% van Dollie se vag as skoonwol benut kan word,

beteken dat sowat 12 manspakke daarvan gemaak kan

word.

VRYSTAATSE JONGBOER VAN REITZ

Danie Slabbert, jong boer van die plaas Van Rooyens woning,

Reitz, is vanjaar aangewys as die Vrystaat se Jongboer

van die Jaar. Die an der twee finaliste was albei jong

boere uit OVK se gebied.

Danie het ’n diploma in landboubestuur behaal. Hy boer

al die afge lope twaalf jaar en sy boerderyvertakkings is

mielies, aartappels, soja bone, beeste en haselneute.

Hendrik Wessels, van die plaas Louis Maree, Marquard,

was een van die finaliste. Hy boer in vennootskap met sy

pa en broer en is verant woordelik vir die saaivertakking

van die boerdery.

Inhoud • Contents

Stompie Olivier boer op die plaas Lindeshoek in die

Hob house/Lady brand-omgewing met ’n Boran-stoetery,

kom mersiële vleis beeste en ’n Holstein-stoetery.

DIE AAND VAN DIE SESDE NAG: NOAG

Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder

van Graan SA

Skrywersnota: Ná Graan SA-streek vergaderings

in die Noordwes-pro vinsie wat ek bygewoon het,

het ek hierdie in my stiltetyd geskryf... Die produsente

kry maar swaar met die droogte en dalk kan

hierdie hulle bemoedig.

Nadat Noag die ark gebou het en al die spot verduur

het, kom hy tot die punt in sy geloof dat hy die opdrag

uitgevoer het. Jy moet vandag in gaan (Gen. 7:4) en

die sewende dag sal dit begin reën. Noag het ge doen

soos God gesê het.

Die aand van die sesde dag, vir die soveelste keer,

kom die mense klop en skree dat hulle moet uitkom.

Een van Noag se skoondogters is baie twyfelagtig

oor haar “mal” skoonpa en kan nie glo haar man volg

hom so slaafs na nie. Dit is warm en bedompig in die

ark. Die diere is onrustig en daar is nie ’n wolkie in sig

nie. Gaan God regtig doen wat Hy gesê het? Niemand

eet vanaand hul kos nie – stoot dit net in hul borde

13

rond. Ná ete gaan vier egpare na hul beddens toe.

Al mal rol rond en luister – niks nie... Noag beleef ’n

alleenheid wat ’n mens nie kan beskryf nie – dit is net

hy en God; en God sê niks nie!

Ná die laaste opdrag ses dae ge lede het God stil

ge word. (Terwyl die stu dent toets skryf, is die onderwyser

stil.) Noag begin twyfel oor die ark-ding. Sê nou

dit reën nie, wanneer maak hy die deure van die ark

oop? Wat gaan die mense dan sê? Skielik hoor hy ’n

onbekende geluid. Hy en sy vrou verstyf albei – dit

was maar net ’n balk wat uitgesit het. Wat gaan hy

met die reuse-ark maak? Dit lê al sy lande vol. Hy sal

dit nooit geskuif kry nie. Waarvan gaan hy en sy gesin

leef, hulle het so pas die plantseisoen gemis. Beslis

sal hy nie by sy spottende bure gaan aanklop vir hulp

nie.

Here, waar is U? Sê iets! Sê nou God wil net sy gehoor

saamheid tot hier toets? Kan God so wreed wees

teenoor hom? Sal God regtig alles op aarde verdelg?

Hy is dan so liefdevol en genadig. Gaan Hy nie dalk

van gedagte verander nie? Die bure se gelag klink op

in die nag – dronkparty – die skel gelag van straatvroue

sny deur Noag se dun ge loof. Here, waar is die

reën?

Wanneer Noag aan die slaap ge raak het, weet hy nie.

Al waar van hy wel seker is, is dat hy die donderweer

Inhoud • Contents

gehoor het. ’n Diep dreuning volg ’n weer ligstraal wat

die ark binne ver lig. Dit is Ja fet se stem wat eerste

opgaan met ’n “Prys die Here!” Daar is opge wonden

heid onder die gesin, die diere trippel rond en

ge luide kom van oraloor. Dit is ’n warboel (Babelse verwarring?)

en toe het die reën gekom: Op die se wende

dag het die vloedwaters oor die aarde ge kom. Presies

op die sewende dag van die tweede maand van die

600 ste jaar van Noag het die fonteine van die groot

waters oop gebreek. Die vensters van die hemel is oopgemaak

sodat ’n stort reën op die aarde geval het vir

40 dae en 40 nagte lank.”

God is wie Hy is, Hy lieg nie.

OVK BIBBER SAAM

Met ’n groot borgskap van die jaarlikse Bibberfees by

Smithfield het die OVK-groep verseker dat OVK en CMW

betrokke bly by die gemeenskap van dié dorp in sy gebied.

Dit was ’n dag vol aktiwiteite vir elkeen.

Synde skaapwêreld is ’n aantal skaaprasse uitgestal,

vliegduiwe is vroegdag losgelaat en fietsryers het ter -

selfdertyd weggespring op hul bergfietsroetes. Deur

die dag is skeerdemonstrasies deur CMW ge hou en

lede van Vrystaatse pensteekklubs het ’n vertoon byeenkoms

gehou.

14

Vir die kinders was daar heelwat vermaak, eetgoed

was genoeg, kraampies met ’n verskeidenheid artikels

het die kooplus bevredig en wanneer die verveling te

groot geraak het, was ’n helikopterrit oor die dorp en

feesterrein net die regte opwinding. Kunstenaars wat

deur die dag en tot laat in die aand in die groot kuiertent

opgetree het, het die feestelike atmosfeer lekker

aangevul.

Vroue - Aster sê

SKEP ’N NUWE REPUTASIE

Ek is so trots om by die Suid-Afri kaan se landbou be trokke

te wees. Dis vir my lekker om te dink dat my Boet

Chris jan die vyfde geslag op die familie plaas is. Ver al ná

die afge lope Nampo-oesdae is ek toe ne mend bewus

van die rol wat die kommersiële boer in die ge skie denis

van ons land ge speel het. Letterlik van die tyd van die

ossewa af tot by die tyd van die reke naar-gedrewe

trekker was die boer die voor siener van bekos tigbae

kos aan ons land en sy mense.

My droom is dat die georgani seer de landbou hierdie

boodskap sterker en meer aggressief wil uit dra. Hoekom

is die landbouleiers so traag om die boodskap

dat hulle die kos voorsieners is van Suid-Afrika en selfs

Suider-Afrika aan die groot klok te hang, wonder ek. As

Inhoud • Contents

ek nou Groot Meneer Landbou-leier was, het ek soveel

geld as moontlik pre sies daarvoor begroot. Ek sou my

amptenary gedwing het om innoverend te dink, die

gren se van die ou-wêreldse denkpatrone af te breek

en die boodskap tot in die hartjie van Soweto in te dra.

Lie we genade, ek weet dit kos geld, maar maak ’n plan

om geld daarvoor in die hande te kry!

Of ons dit nou wil weet of nie – daar is in baie gemeenskappe

’n ver wronge per sepsie oor blanke, kom mersiële

boere. En die politci se aan houdende negatiewe

uitla tings help ook nie veel om dit te verander nie, hoewel

dit lyk of die hui dige spulletjie al hoe meer begrip

het vir ons. Dis juis by hier die mense wat die boodskap

moet uit kom. Maar niemand vertel dit vir hulle nie

en nie mand sal ook nie buiten jy en jou organisasie

nie, Me neer Landbou-leier.

Presies hierdie boodskap het ook sterk na vore gekom

tydens ’n reeks pa neelbesprekings by Nam po. Die

Vrystaatse Universiteit se rektor, prof. Jonathan Jansen,

het die punt gemaak dat die landbou-genootskappe

publisiteit moet gee vir die goeie werk wat hulle in hul

onderskeie gemeenskappe doen. Hy het gepraat van

plaas skole wat deur boere onderhou word, kos voorsiening

aan armes, hulp aan opkomende boere, ens.

En ek stem saam. As die boere dit nie self bekend

15

maak nie, sal al hierdie wonderlike inisiatiewe bloot

on ge siens onder die radar deurglip.

Daarom is ek so bly dat Vrystaat Landbou, na my

me ning die mees progressiewe provinsiale land boustruk

tuur in die land, die inisia tief geneem het om ’n

so siaal-maatskap like komitee te stig. Ek lees dat die

doel van die komitee is om betrok ke te raak by sosiaal

ophef fende ak sies. Om die mense wat hierdie pro jekte

bestuur, se hande sterker te maak en om Vrystaat Landbou

se wye spektrum van hulpbronne aan te wend tot

voordeel van ons pro vinsie se mense.

Maar, liewe vrinne, daar rus op julle ook ’n verantwoordelik

heid. As julle nie Henk Vermeulen en sy span inlig

oor die projekte wat in julle gemeenskappe gebeur nie,

kan hulle ook nie help nie. Groot asse blief, laat weet vir

Vrystaat Land bou waarmee julle besig is. Dit sal hulle

hande soveel sterker maak om die edel werk verder uit

te brei. Ek haal my hoed af vir Vrystaat Landbou!

By dieselfde paneelbespreking het Max du Preez ge -

praat van “re pu tasiebeheer”. Die nuwe term het so

reg in my kraal geval. Die kom mersiële landbousektor

moet begin om sy eie reputasie te beheer en ’n nuwe

reputasie te skep. Re-invent youself, soos die Ingelsman

sê. Verby is die dae van ellelange kongresse met

niksseggende spre kers. LUISTER na wat aan die ander

Inhoud • Contents

kant van die munt aan gaan. Posi sio neer julself so strategies

as moont lik. Maar bowenal BEMARK die indus trie

aan die verbruiker, die men se wat julle produkte koop.

Ek weet boere is prysnemers, maar dit bete ken nie dat

julle persepsie-aan vaar ders hoef te wees nie.

’n Slim man het gesê mens veran der nie ’n persepsie

nie, jy skep ’n nu we een. Nou ja, Groot Meneer Landbou-leier,

as julle nie dadelik aan ’n nuwe persepsie

begin werk nie, gaan dit julle duur te staan kom. Mark

my words!

SPAANSE HOENDER VIR DIE WINTER

Winter is hier in volle glorie, en ’n ge bakte hoen der -

ge reg met ’n bietjie van ’n Spaanse in vloed is net die

ge reg waar mee jy die familie kan bederf.

Hierdie resep is maklik, vinnig en moei te loos en almal

sal vra vir meer. Dit kan ook maklik ver dub bel word.

Jy kan ook ander hoenderstukke gebruik as wat op die

resep aangedui is. Onthou dat die baktyd dalk ietwat

aangepas sal moet word.

Dis ook iets wat al ’n dag vooraf ge maak en net in die

oond gedruk kan word wanneer jou gaste opdaag, wat

meer tyd saam met jou gaste en min der in die kombuis

beteken.

16

● BESTANDDELE GENOEG VIR VIER PORSIES

8 stukkies hoender (verkieslik 4 boudjies en 4 dye,

of 4 kwart hoenderstukke)

50 ml suurlemoensap

20 ml tiemie

5 ml growwe swartpeper

100 ml olyfolie

20 ml balsamiese asyn

1 blikkie tamatie en uie-smoor

4 sakkies tamatiepuree

2 knoffelstukkies – fyngekap

20 ml bruinsuiker

10 ml oreganum

5 ml pietersielie

5 ml paprika (gerookte paprika indien moontlik)

1 gekapte rissie

1 koppie swart olywe

2 chorizo worse opgekap in ringe óf 8 klein

varkworsies

● METODE

Contents

Verwyder alle oortollige vet en los vel van die hoender.

Meng die suurlemoensap, tiemie, peper, olie en balsamiese

asyn saam en sprinkel oor die hoender. Inhoud

Marineer vir 30 minute by kamertemperatuur.

Pak die hoender in ’n vuurvaste oondpan.

Meng die tamatie en uie-smoor met die tamatiepuree,

knof fel, bruinsuiker, oreganum, pietersielie, rissie en paprika

en gooi die mengsel bo-oor die hoender.

Plaas nou die swart olywe en die worsies tussen die hoenderstukke

en bedek met foelie.

Bak vir 30 min by 180 grade, verwyder die foelie en bak

’n verdere 40 minute.

Sit voor saam met geel rys, amandelvlokkies en varsgekapte

pietersielie.

WENKE

• Oorskiethoender kan van die bene verwyder word,

met die oortollige varkworsies, olywe en sous gemeng

en in ’n frittata, quiche, geroosterde toebroodjie of

wrap gebruik word.

• As jy sommer ’n eenskottel-gereg hiervan wil maak,

kan jy 1,5 koppies gewaste rys onder-in die oondpan

gooi. Giet 3 koppies aftreksel bo-oor en plaas dan

die hoenderstukke bo-op, gevolg deur die res van die

be standdele. Pas ook die baktyd van die gereg aan

en maak seker dat alle oortollige aftreksel deur die

rys geabsorbeer is en sag gekook het. Laat die gereg

17

vir 10 minute onder foelie staan nadat dit uit die oond

kom en voordat dit voorgesit word. Groenteblokkies

kan ook vooraf met die rou rys gemeng word.

Resep: Karen McEwan – Fairfield Foods,

049 842 1415, 082 397 8698

NET DIE BESTE IS GOED GENOEG

Net die héél beste diens is goed ge noeg. Kliënte is nie

afhanklik van die onderneming nie, die on der ne ming is

afhanklik van hulle en is deel van die onderneming. Dít

is die leuse van ’n boervrou van die Oos-Kaap in haar

onder neming waar leerprodukte vervaardig word.

Lang droogtes met ge paardgaande pro bleme het daartoe

ge lei dat ’n boervrou van Olifants hoek na alter natie

we maniere moes soek om ’n inkomste te genereer.

Synde in die landbou en betrokke by perdesport, het sy

’n behoefte aan bekostigbare perde-toerusting vir boere

gesien.

Dít is waar Engela Kruger van GDE Leather in Middelburg

se suksesvolle onderneming begin het. Die geleent heid

wat sy raakgesien het en haar produkte het ten volle aan

Contents

die be hoefte voldoen. Haar produkte was so gewild dat

sy nie kon voorbly nie en sy het van die plaaswerkers

opgelei om te help. Inhoud

Die produkte het nóg gewilder ge word, wat beteken het

dat Engela weer moes uitbrei. In daardie sta dium het sy

die vervaardiging van die produkte na Middelburg in die

Oos-Kaap geskuif en in 1991 haar onderneming, GDE

Leather, geopen.

Engela ontsien geen moeite om die heel beste produk

te vervaardig nie. Sy het selfs al ’n perdesaal uitmekaar

gehaal om dit mooi te ontleed sodat sy daarop kon

verbeter.

Haar eerste ontwerp was ’n McClel lan-saal. Omdat sy

sorg dat sy tred hou met ontwikkeling, is nou reeds vyf

verskillende weer gawes van dié saal be skikbaar. Sy glo

’n onderneming moet tred hou met nuwe tegnologie en

neigings in die leerbedryf.

Aanvanklik het Engela saalbome van hout uit Zimbabwe

ingevoer. Toe dié verskaffer nie meer kon lewer nie, het sy

haar eie saalbome uit veselglas begin vervaardig. Dit is

ook maklik om te herstel. Die werker wat in die veselglas

spesialiseer, maak ook stie beuels wat met leer oorgetrek

word.

Engela se oplossing vir boere wat min tyd het om saals

te versorg, is saals van ’n “waterdigte” leer wat met die

same werking van die leerlooier ontwikkel is. Dié saal het

geen versorging en onderhoud nodig nie en bespaar ’n

boer dus heelwat tyd en geld.

18

Buiten die perdetoerusting, wat hul belangrikste pro dukte

is, vervaardig GDE Leather ook windpomp wasters,

stoel riempies, geskenke soos handsakke, beursies, geweer

sakke en algemene gebruiksartikels soos skoe ne,

lyfbande, hoede en gevlegte swepe.

Die windpompwasters was die uitvloeisel van ’n be hoefte

wat hulle in die Kalahari raakgesien het vir was ters

wat in die diep boorgate gebruik word. Hulle moes destyds

self die masjiene daarvoor bou en is tans een van

net twee spesialisvervaardigers daarvan.

Vir boere vervaardig GDE Leather, buiten die perdetoerusting,

ook nog ramtuie en bulhalters van nylon met

merkblokke wat deur telers gebruik word om ooie/koeie

te identifiseer wat deur ’n spesifieke ram/bul gedek is.

Weens ’n behoefte op die dorp aan die herstel van skoene,

het GDE Leather se skoenmaker herstelwerk begin

doen. Daarby word enige saals, handsakke, beursies en

ander leerprodukte ook herstel.

Baie buitelandse jagters besoek die Oos-Kaap. Jagters

se behoeftes soos buffelleersakkies waarin patrone Contents

ge bêre kan word, geweersakke met geëmbosseerde

logo’s, sakke en ander produkte van die velle van ’n verskei

denheid wild is dus ook op GDE Leather se lysie. Inhoud

GDE Leather is ook betrokke by die gemeenskap. Engela

plaas maandeliks groot bestellings vir buik gor de en

saalkleedjies van bokhaar, iets uitsonder liks aan GDE

Leather se produkte, by ’n swart bemagtigings projek

wat deur ’n groep plaaslike Xhosavroue bedryf word.

Merino-skaapvelle word aangekoop en vir saalkleedjies

gebruik.

Spesiale versoeke soos doelgemaakte saals vir ge stremde

kinders word ook uitgevoer. ’n Amerikaanse saal perd

van veselglas staan trots voor GDE Leather se ingang in

Middelburg se hoofstraat.

Van die feit dat dié boervrou se onderneming ’n suk ses

is, getuig ’n lang ry toekennings teen die muur: Sakevrou

van die Jaar van die Middelburgse Sakekamer,

die Netjiesste Sakeperseel in die dorp, Sakevrou van

die Jaar vir die Oos-Kaap, asook Suid-Afrika se Nasio

nale Entrepreneur-Sakevrou van die Jaar en Old

Mutual se Nasionale Wenner in die Kleinsake-afdeling

vir uit mun tende dienslewering.

Engela kry dit reg met ’n bestuurstyl wat spreek van

Christelike waardes, lewenservaring en praktiese onder

wys- en vervaardigingsondervinding. Sy en haar

span begin elke dag met gebed. ’n Groot deel van die

sukses is dat sy sorg dat sy deurgaans weet wat in

haar fabriek gebeur.

19

Sy het elke werknemer self opgelei. Elkeen kry die

be stel ling waarvoor hy/sy verantwoordelik is, op skrif,

probleme word dadelik opgelos en die werkplek word

opgeruim voordat smiddae van diens gegaan word.

Van die werkers is al sedert die onderneming se ontstaan

in haar diens.

Engela glo daaraan om geleenthede raak te sien en te

benut. Sy hoop haar drie kinders sal haar onderneming

oorneem. Haar seun, Gert, is ’n internasionaal gekwalifiseerde

leerkenner en -looier en haar verskaffer.

Hy vervaardig leer volgens haar behoeftes. Benewens

die “waterdigte” leer wat geen onderhoud het nie,

het hy ook ’n nuwe leer ont wik kel wat soos seil lyk vir

reis tasse. Jomari se kop werk met syfers en Jaatjé is

die kenner van bemarking, soos op brosjures en die

webblad.

Sy glo aan: “A customer is the most important visitor

on our premis es. He is not dependent on us, we are

dependent on him. He is not an outsider in our business

– he is a part of it. We are not doing him a favour

by serving him . . . he is doing us a favour by giving us

the opportunity to do so.’’

NAVRAE – Engela Kruger, tel 049 842 3552 /

selfoon 082 823 7885

e-pos: engela@gdeleather.co.za.

Inhoud • Contents

PROBLEME HET VERVALDATUMS

Die afgelope paar jaar was vir baie mense moeilike jare.

Byvoor beeld: finansiële markte wat ineenstort, banke

wat hul deure sluit, sekwestrasies, hoër rentekoerse,

werkloosheid, prysstygings, arbeidsonrus in die land.

Ons voel soms totaal oorweldig deur alles wat met

ons en rondom ons gebeur. Jy beland in een krisis na

die ander, dit spoel oor jou en jy word verswelg deur

probleme. Sodra jy opkom om asem te skep, kom die

volgende golf en spoel oor jou. Jy word omgekeer en

heen-en-weer geruk. Net wanneer jy meen nóú verdrink

jy, dan breek iets oop en kry jy darem kans om asem te

skep.

Twee dinge in hierdie lewe is seker – jy sal probleme

en krisisse in jou lewe ervaar en elke probleem het ’n

vervaldatum.

Oor die eerste punt wil ek nie te veel sê nie, maar weet

dat probleme, hartseer, krisistye en moeilikhede jou

pad sal kruis. Jy kan hóé ’n goeie mens wees, maar

die een of ander tyd sal daar in jou lewe probleme en

hartseer tye wees. Jy kan dit nie vermy nie. Dis deel van

menswees en dis deel van jou lot.

20

Daar is sekerlik vele maniere hoe om dit te hanteer.

Ek wil nie daarop fokus nie, maar net vir jou die gerusstel

ling gee dat elke probleem ’n vervaldatum het. Jou

pro bleem sal doodgaan, jou probleem sal verander – dit

is inderdaad ’n gegewe feit. Veranderinge is ’n sekerheid

en ook jou probleem is nie per ma nent nie.

Storms kom oor die aarde, woed dit self uit en dan skyn

die son weer. In die hart van die winter mag alles vir jou

koud en dood voel, maar drie maande later bring die

lente groei en lewe in die natuur. Jy kan jou arm breek,

maar ’n paar weke in gips en dan is jy weer reg.

Bankrotskap kan jou laat voel jou lewe is oor, maar

geleide lik begin jy opstaan en nuwe moontlikhede

ont dek. Jy kan in die toestand van ’n terminale siekte

ver keer, ook dit gaan verby en oor in ’n nuwe liggaam

en ewige lewe. Alle pro ble me gaan weg óf die probleem

ver an der. Maar jou huidige situasie en jou spesifieke probleem

is nie vir altyd konstant nie.

Hoe lyk jou probleem waarmee jy worstel? Voel jy daar

is nie uitkoms nie? Voel jy soos ’n Job van ouds waar

alles van hom weggeneem is? Moenie tou opgooi nie.

Hou uit en weet jou probleem sal verander.

In watter rigting jou probleem verander, hang tot ’n groot

mate van jouself af. Ja, ek weet omstandighede speel ’n

Inhoud • Contents

epaalde rol, maar jou keuses en gesind heid hóé jy die

probleem hanteer, maak ’n groot verskil.

Job het in die ellendigste van toestande steeds op God

bly vertrou en sy geloof behou. Hy kon net sowel baie

kwaad vir God geword en sy rug op Hom gekeer het.

Die uitkoms vir Job en sy probleme sou dan waarskynlik

anders gewees het. Job is uiteindelik ryklik geseën as

gevolg van sy ge sindheid en die keuses wat hy in sy

krisistyd gemaak het.

Jy kan navorsing doen hóé mense hulle probleme aanspreek

en hanteer. Dan sal jy opmerk mense bena der

hul probleme op verskillende maniere en met verskillende

gesindhede. Die keuses wat jy maak, stuur jou

probleem in ’n bepaalde rigting. Dis iets wat jy elke

dag rondom jou waarneem - dis nie bloot ’n teoretiese

gedagte nie, maar ’n praktiese werklikheid wat ’n geweldige

verskil in mense se lewens maak.

Dit laat my dink aan die verhaal van die twee broers.

Die een broer was ’n alkoholis. Die vraag word aan

hom gestel waarom hy ’n alkoholis is. Sy antwoord:

“My pa was ’n alkoholis en dis die voorbeeld wat ek as

kind gekry het. Hoe kan jy iets anders van my verwag

as om ook ‘n alkoholis te wees?”

21

Die ander broer was ’n sober man met goeie gewoontes,

die vraag word toe aan hom gestel waarom hy nie

’n alkoholis is nie. Sy antwoord: “My pa was ’n alko holis

en dis die voorbeeld wat ek as kind gekry het. Hoe

kan jy ooit van my verwag om my mond aan drank te

sit, nadat my ma en ek en my broer deur die hel van

my pa se drinkery gegaan het?”

Twee broers wat as kinders met die geweldige probleem

van hul alkoholis-pa te kampe gehad het. Geen

pro bleem bly vir altyd nie en hul krisis sou verbygaan

en hulle kon die huis verlaat. Die keuses wat die broers

ten opsigte van die probleem gemaak het, het egter die

groot verskil in hul lewens gemaak.

Daar is baie probleme waarmee ons gekonfronteer

word. Finansiële probleme, krisisse by die werk, ver houdings

wat versuur het, huweliksprobleme, ’n afknouerige

baas en kollegas, bekommernis oor jou kind, ’n

drank- of dwelmprobleem en so meer. Die probleem sal

een of ander tyd wel verander, maar jou hantering van

die probleem en die keuses wat jy maak, sal ’n groot

impak hê op die uitkoms daarvan.

Ja, jy ervaar probleme in jou lewe. Jou probleem sal

nie vir altyd voortduur nie, maar hoe dit gaan verander,

Inhoud • Contents

hang tot ’n groot mate af met watter gesindheid en watter

keuses jy dit aanpak.

Mag jy die genade en wysheid ontvang om jou pro bleme

in perspektief te sien, met ’n positiewe gesind heid

te benader en die regte keuses te maak.

– ST Potgieter

’N SPRANKIE WYSHEID VIR DIE DAG... “Niks duur

vir altyd nie, selfs nie eens jou moei lik hede nie.”

– Arnold H. Glasow

ONWETTIGE DIERE DIE GROOTSTE

PROBLEEM

Diere wat Suid-Afrika onwettig binnekom, permitte

kry en dan as wettig ingevoerde diere in die land bly,

is die grootste probleem met vee aan die grens met

Lesotho, sê Lardus van Zyl, nasionale voorsitter van

die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO).

Hy het op ’n beraad oor weidingpermitte vir vee uit

Lesotho in Ladybrand gesê die belangikste rede vir

pro bleme met permitte is dat die Departement van

Land bou, Bosbou en Visserye nie in staat is om beheer

oor die uitreik daarvan uit te oefen nie.

Vereistes op die permitte oor wat met wettig inge voerde

diere moet gebeur, word dikwels nie nage kom nie.

22

Dus gebeur dit dat diere met swak genetika, wat nie

geskik is vir diereverbetering nie, die land binnekom.

Boonop veroorsaak die dikwels maer en sieklike die re

oorbeweiding in gebiede soos Qwaqwa en Bot shabelo.

“Permitte beteken niks.”

Op die beraad, wat deur heftige gesprekvoering

ge ken merk is, is ná ’n voorstel van Dave Ford, voorsit

ter van die Rooivleisbedryfsforum, be sluit dat ’n

teg niese komitee alle aspekte van dié aan ge leent heid

moet ondersoek en werkbare op los sings sal voor stel.

Die komitee is uit verteen woordigers van alle belanghebbende

partye saam gestel.

Brig. Kobie Strydom van die SA Polisiediens se Regs -

dienste het op die beraad gesê hoewel ver skeie wet te

bestaan wat die beweging van diere oor die grens

moet beheer, steek baie diere die grens oor. Nuwe

wetgewing om die beweging van die re en diere produkte

te beheer, is byna voltooi. Die doel daar van is

beter beheer en vasstelling van eienaar skap en om

eie naars te beskerm.

Sy het ook gesê wetgewing rakende die skut van diere

is verouderd. Elke provinsie het sy eie wetge wing. Eenvormige,

nasionale wetgewing in dié ver band is ook

naby voltooiing.

Inhoud • Contents

Dr. Mpho Maja, direkteur van dieregesondheid in die

departement, het gesê die uitreik van wei ding per mit te

aan die grens is al ’n jaar gelede ge staak. Net gesondheidspermitte

word uitgereik. Die de parte ment het ’n

mandaat van die Wet op Diere ge sondheid en die Wet

op Vleisgesondheid daar voor.

Verskeie vereistes, soos dat die diere deur ’n vee arts

gesond verklaar moet wees en met ’n per manente

merk geïdentifiseer kan word, geld vir die uitreik van dié

permitte. Dieselfde reëls vir dieregesondheid geld vir

plase in Suid-Afrika én Lesotho. Diere wat Suid-Afrika

binnekom, sal dus nie met siektes besmet wees nie.

Sy het saamgestem die grootste probleem is nie diere

waarvoor permitte uitgereik is nie, maar dié wat die land

onwettig binnekom. Dit is belangrik dat onwettige invoer

gekeer en gemonitor word. Diere wat nie gesond of

gemerk is nie, moet geskut of van kant gemaak word.

Maseli Letuka, nasionale Nerpo-voorsitter, het gesê die

uitdagings vir nuweling-boere is dieselfde probleme

as vir kommersiële boere. Te veel diere kry permitte en

dikwels dink boere die permitte verstryk glad nie. Dit

veroorsaak oorbeweiding.

Keith Ramsay, bestuurder van diereproduksie van die

De partement van Landbou, Bosbou en Visserye, het gesê

wetgewing is lankal nodig om ’n nasionale stan daard

23

vir skutte landwyd in te stel. Dit is nodig vir beheer oor

onwettig ingevoerde diere, rondloperdiere en vee wat ná

diefstal teruggekry is. Skutte moet ook korrek be stuur

word.

Hy het gesê rakende diereverbetering is dit belangrik dat

die invoer van diere beheer word. Ooreenkomste is met

buurlande aangegaan oor die identifikasie van diere, maar

die meeste van die maatreëls is nooit in werking ge stel nie.

Ndivhuho Luvhimbi van die departement se in spek siediens

het gesê niemand mag sonder toestem ming of

magtiging enigiets invoer nie. Diere moet ge sond heids -

permitte hê en dié wat dit nie het nie, sal nie in die land

toegelaat word nie.

Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die RPO, het gesê

kommer bestaan dat wetgewing nie vol doen de is om die

invoer van vee te beheer nie. Streng per mitte bestaan

wel vir dieregesondheid, maar ’n groot leemte bestaan in

wetgewing vir die invoer van genetika. Die departement

moet daarvan seker maak dat gesond heids permitte nie

die Wet op Dierever be tering oortree nie.

Die noodsaak van beheer oor dié diere wat die land

on wettig binnekom, is uitgelig deur ’n verteen woordiger

van die SA Nasionale Weermag wat genoem het dat

soveel diere die land van Lesotho af binnekom dat die

SANW nie meer weet hoe om dit te hanteer nie. Die

Inhoud • Contents

mees te van dié diere is nie gemerk nie en skutgeriewe

is on voldoende.

PROEWEDAG HELP MET KULTIVARKEUSE

– ARTIKEL: Stefan Swarts

Op ’n proewedag wat OVK in samewerking met saadverskaffers

by Marlow by Cra dock aangebied het, kon produ

sente inligting kry om hulle te help met hul keuse van

kultivars.

24

Die produsente het die geleentheid gehad om onaf hank-

like proewe te besigtig wat help met die besluitneming

van watter kultivars om in hul produksiegebied te plant.

Die verskillende maatskappye was ook teenwoordig

om meer inligting te gee oor hul kultivars wat geplant

is. In totaal is 15 geelmielie-kultivars en 13 sojakultivars

geplant.

■ Mieliekultivars wat geplant is:

PANNAR Monsanto Pioneer Kleinkaroo Link Seed

3P502R 6149BR 31D22BR 8216BR 8524R

3568R 6280BR 1184R 8410BR 8528R

3Q740BR 6478BR 1615R

3768BR 7376R

■ Sojakultivars wat geplant is:

PANNAR Agricol Link Seed Pioneer

1454R DM5.1R 6161R PHI95Y20R

1666R DM4670R 6164R

1664R DM6.8iR 6261R

1583R DM6.2R

DM5953R

Inhoud • Contents

Kultivarproewe soos dié is belangrik om:

• Die opbrengs van verskillende kultivars te bepaal;

• Kultivars vir ’n spesifieke gebied te bepaal;

• Nuwe kultivars te toets;

• Onafhanklike proewe vir produsente te bied;

• Produsente te help om ingeligte besluite te neem.

Dit is baie belangrik om die regte kultivar te kies, aan gesien

saad ’n groot deel van die insetkoste vorm. Kulti vars

is ook baie ge biedsgebonde, wat die aan planting van verskillende

kultivars in ver skillende gebiede ’n moet maak.

Omdat soveel kultivars beskikbaar is, is dit een van die

moei likste besluite om te neem. OVK wil pro du sente van

hulp wees om die regte besluit te neem.

Die saadverskaffers wat aan die proewe deelgeneem

en saad geskenk het, is Agricol, Monsanto, PANNAR,

Klein karoo, Pioneer en Link Seed. In die volgende uitgawe

van OVK Nuus sal inligting van die opbrengs van die

verskillende kultivars verskyn.

A LOOK AT SA’S MOHAIR TOWN

In the largest mohair producing district in the Eas-t ern

Cape and South Africa lies Willowmore, one of the beautiful

Eastern Cape towns in OVK’s region. OVK News

reports on this town on the N9 which most peo ple only

know as a drive through spot en route to the coast.

25

Willowmore began on the farm The Wil lows as a trading

centre in 1864 and was first named Willow-Moore. William

Joseph Moore’s father, William junior, was born in

Bucking hamshire (UK) and married Ann Dove in 1792.

In 1819 they emigrated to the Cape of Good Hope as

members of the British Settler program.

They came with their two adult chil dren William junior

and Eleanor, both born in the UK.

William junior’s first wife, Marga ret Williamson, whom

he married in 1817 in London, died soon after arrival.

He then married a local girl, Petronella Catharina Terblanche.

They had a daughter, also Petronella Catharina,

who in 1846 married Frederick Daniel Christian Lehmkuhl.

The town of Willow-Moore (Willowmore) was founded

in 1864 when Frederick and William Joseph Moore, his

bro ther-in-law and business partner, donated land to the

Dutch Reformed Church.

In 1874 a magistracy was established and it became a

municipality in 1884. In 2000 Willowmore became part of

the Baviaans municipality which incorporates the towns

of Willowmore and Steytlerville as well as the Ba viaanskloof

Wilderness Area. The administrative centre of the

Baviaans municipality is in Willow more.

Inhoud • Contents

Today, Willowmore forms the gateway to the Baviaanskloof,

a World Heri tage site. Stock farming (mainly An gora

goats, Merino sheep and Boer goats) makes up most

of the area’s economy with game farming and tourism

following close by.

In and around Willowmore you will find a number of restaurants/coffee

shops, 4x4/4x2 tracks, hiking trails, mountain

biking routes, bird watching as well as historic sites.

During the Anglo-Boer War Willowmore was in British territory,

but several Afrikaans speaking men from the Cape

Colony joined the Boer “army” in the north. The Co lo nial

rebels from the Cape Colony were regarded as trai tors

and rebels by the British authorities, and many were executed

after the war. Boer commandoes remained act ive in

the Willowmore-Aberdeen area for more than a year.

The old Boer graveyard has interesting graves dating

back to the Anglo Boer War. Most grave stones were

re stored to their former glory. Close to the graveyard is

a small gunpowder chamber which was used to store

gun powder and ammunition. In 1961 it was used by a

con struction company for storage of dynamite during the

build ing of the bridge.

The Pierre Ferreira hiking trail passes the remnants of two

old historic forts dating to the Boer War. These forts where

used by the Willowmore Town Guards in 1902 to guard

26

over the building of the railway line to Willowmore. At the

time, the area was full of “Boer Rebels” who threatened to

blow up the railway line.

Before Willowmore had Eskom, the Blackstone’s, the

old power station power station, supplied the town with

elec tricity until 1984. There are six Lister Blackstone diesel

gene rators that were shipped from England and then

came up by rail to Willowmore.

A nine hole golf course is situated on the outskirts of town.

The total length is 5 980 meters (grade 72). The greens

are grass but the fairways are ground. You can use a

piece of artificial grass to place your ball on.

Today Willowmore is one of the cleanest towns in South

Africa and there is an ongoing beautification program in

place. This project of Baviaans Tourism includes gar dens

on public open areas in the town as well as a tree planting

project.

Aasvoëlberg or “Vulture Mountain” overlooks Willow more

and the district. There is a road going all the way to the

top. It is one of the few places in the Karoo where you can

find proteas and other fynbos species as well as suc culents.

The sandstone rock formation on the mountain

is a must see. The area is also rich in bird life and the

Cape sugar bird is often sighted.

Inhoud • Contents

The mountain, which is located on Finchley Farm, offers

a number of hiking trails. The rugged terrain provides

even the most experienced mountain biker with exciting

and challenging trails and the mountain lends itself to

para-gliding and abseiling.

The “Wonderboom”, situated about 10 km out of Willow

more towards Aberdeen, is a freak of nature. Two

varieties of small trees, ghwarrie or euclea undulta and

a shepard’s tree or boscia oleolides, grow next to each

other.

The shepard’s tree has three stems coming up out of

the ground. Two of the stems have joined each other,

forming an “eye of a need le” and the third stem has

grown through the eye, forming the “thread”.

The “Wonderboom” was discovered as ear ly as 1906

when the road was made between Willowmore and

Aberdeen, but it was only when the road was tarred in

1961, that it re ceived more attention and was acknowledged

as a wonder of nature.

Bakers dam was built by the South African Railways in

1906 to supply the steam loco mo tives with water. When

steam was replaced with diesel the dam was taken over

by the then Willowmore municipality as the town’s pri -

mary source of water at the time.

27

The Beervlei dam was completed in 1957. It was built for

flood control on the Grootrivier, especially for the sake

of the farming com munity in the Patensie area. The dam

never stays full for any length of time since it is a flood

control dam and not for irri gation purposes. Whenever

the dam receives enough water, the sluices are opened

to make water available for irrigation on a rotation basis

for users downstream.

At one stage Willowmore had a thriving Jewish commu

nity and so a synagogue was erected. The erf was

purchased for the building of a synagogue in 1906

and the foundation stone was laid on 8 April 1907. The

Jewish community applied for a loan for the building in

1908 and by 1917 the Willowmore Hebrew congregation

had 30 members.

Eight years after it’s establishment in 1856 Willowmore

was growing at a rate that justified a Dutch Re formed

congregation. Yet be fore even considering a proper

church, a spacious parsonage was erected for the first

minister, dominee P.N. Ham, who arrived on the ship

Brasilië from Holland. He only stayed for two years,

and was superseded by dominee George Murray, brother

of the famous missionary Andrew Murray. He at

least got a church, that was inaugurated in 1878.

Inhoud • Contents

Contents • Inhoud

Originally the parsonage was a single story dwelling, family home. He kept it in good condition, making sure

but because it also had to be used for school class- that the unfired clay brick walls, corrugated iron roof,

rooms and other functions, it soon became too small. Vic torian archi tectural adornments, yellow wood top

Accordingly, in 1897 they added another floor on top. story floor and the other Oregon pine woodwork were

These extensions also offered enough overnight

space for church mem bers who had to travel from far

always very well maintained. Today it is the Willow historical

guest house.

to attend Nagmaal, for at the time such communion AGRI TECH BESPAAR INSETKOSTE

services often last ed for a whole week. To fit every body

in, wooden room divi ders were erected where needed.

ARTIKEL ► HP Maré

When a new parsonage was built in 1940, the church

In die huidige landbou-omgewing waar alle koste

decided to give the old place to the local school who kon stant styg, is dit noodsaaklik om nuwe praktyke

used it as a girl’s hostel. Many changes were then en meto des te implementeer om insetkoste so laag

made, but luck ily nothing structurally that could have moontlik te hou, maar met optimale opbrengste/wins

marred the beauty of the Vic torian architecture.

as mikpunt.

Still later the old dwelling became a real country “lo- OVK het die ATV-diens (Agri Tech-vennoot) saamgestel

sies huis”, catering for borders who needed just a room om op aspekte wat winsgewendheid en kwaliteit ver-

and some meals. This venture did not last long, and

hoog en risiko’s beperk, te fokus. Elke kliënt se unieke

be hoef tes en omstandighede word bekyk voordat ’n

the place again changed hands, this time to Mr. D.

aanbe ve ling vir die produsent gemaak word.

Gellman, a Jewish merchant who used it as a store for

his onion seed, potatoes, skins and other agricultural Die ATV-diens behels die volgende:

products.

• Ruit (“grid’) grondmonsterneming;

In the early seventies Sonny Goul lee, a surveyor that • Voorskrifkaarte vir kunsmis- en kalk;

came from Ken ya, bought the fairly neglected old dwel- • Varieerbare kalk en gips-strooidiens;

ling and changed it back into a com fortable and pretty • Varieerbare “Multibin” kunsmis-strooidiens;

28

• Satellietbeeld (NDVI) dataverwerking;

• Stroperdata-verwerking;

• Rekordhouding van data;

Proses

Die proses begin waar die kliënt se lande wat vir die

ATV-diens geoormerk is, opgemeet word. Die lande

hoef nie noodwendig probleemlande te wees nie,

maar ook lande wat seisoenaal met kunsmis- en kalk

INLIGTING EN KOSTES

29

reggestel word. Die grootte van die ruit waarop die

monster geneem word, word deur die kliënt se be hoefte

bepaal.

Die grondmonsters word dan na ’n bekende Suid-

Afri kaanse laboratorium gestuur vir ontleding. Deur

ge bruik te maak van ’n binnelandse laboratorium word

die omdraaityd verkort voordat ontledingsresultate

Inligting ATV-diens Ander maatskappy

Kalk-bestelling (ton) 54 329

Strooidiens (ha) 25 192

“Grids” (ha) 192 0

Kostes

Grondmonsterneming R 23 030 R 0

Kalk-bestelling R 24 300 R 148 050

Strooikoste R 2 500 R 19 200

Totale koste R 49 830 R 167 250

Tabel: (Afgeronde getalle en koste is weergegee)

Inhoud • Contents

terug ontvang word. Die ontledingsresultate word dan

ver werk om elementkaarte te genereer.

Die kliënt ontvang dan ’n professioneel gebinde doku

ment per plaas vir rekordhouding. Die data word

ver der saam met data van die beskikbare stroper en/of

satel liet beeld (NDVI) verwerk om voorskrifkaarte vir die

betrok ke plaas/ land te genereer.

Die kliënt kry ’n varieerbare kunsmis- en/of kalkkaart

wat hy op sy eie strooier, wat met GPS toegerus is,

kan ge bruik of hy kan die ATV-strooidiens gebruik.

Nog ’n voordeel om die ATV-diens te gebruik, is dat

volledig rekord gehou word van alle landbouverwante

aspekte. Dit is dus moontlik om met genormaliseerde

ATV-PAKKETTE VIR 2013

0,5

1

2

4

30

opbrengskaarte oor ’n tydperk die opbrengs- en satellietbeeld

(NDVI) data van seisoen tot seisoen en/of

jaar tot jaar te vergelyk.

Dit is ook moontlik om opvolgmonsters te neem om

die reaksie van regstelling met kunsmis en kalk te

be vestig. Daar word ook deeglik rekord gehou van die

regstellings wat gemaak is deur varieerbare kunsmisen

kalk-toe dienings. Dit is dus nie net belangrik om te

meet om te weet nie, maar ook wat daarmee gemaak

word as jy weet.

ATV-diens in die praktyk

In die 2012-seisoen het Jan van Niekerk van Ficksburg

die ATV-diens gebruik. Op die betrokke plaas is 191,91

Ruit- groottes (ha) Chemiese & fisiese kaarte/opsies

Standaard (pH, P, K, Ca, Mg, Na, H+)

en/ of Mikro’s (Fe, Cu, Zn, Mn, S, B)

(Bogrond en/ of ondergrond)

Sand %, Slik % en Klei %

Koolstof %

Inhoud • Contents

ha lande gemonster waarop regstellings gemaak is. ’n

Ander maatskappy het ook tradisionele enkelmonsters

per land op die betrokke plaas geneem, waarop ’n algemene

aanbeveling per land gemaak is.

Twee hektaar-ruite is gebruik teen ’n koste van R120/

ha. ’n Standaard-ontleding is op die monsters gedoen,

wat pH (KCl), P Bray 1, makro’s, mikro’s, swael en boor

insluit het. Die kalkkoste is teen ’n koste van R450/ ton

bereken met ’n strooikoste van R100/ ha.

Resultaat

Die totale besparing op die 191,91 ha was R117 420. Dit is

’n besparing van R612/ ha. Hoewel die besparing eers ná

die proses bereken kon word, moet die geheeldoel van die

proses ook in ag geneem word. Daar is nie net ’n moont likheid

van ’n redelike besparing nie, maar die gronde word

volgens ’n presiese aanbeveling reggestel, wat ’n verdere

voordeel inhou om hoër opbrengste te realiseer.

Vir meer inligting kan die volgende persone gekontak

word in die onderskeie OVK-streke:

JAN LODEWYCKX 071 260 0055 ► (Noord-streek

- Ficksburg)

HP MARÉ 082 771 6970 ► (Wes-streek - Hopetown)

STEFAN SWARTS

082 975 7005 ► (Suid-streek - Cradock)

31

BEHEER PROBLEEMDIERE MET

WEIVELDBESTUUR

ARTIKEL ► Tjaart Myburgh

Gebiede in die Noord-Kaap en Vry staat gaan gebuk

on der vee ver lie se as gevolg van probleemdiere. Die probleem

lei tot finansiële in krim ping en gevolglik ver keer de

besluit ne mings wat lei tot bankrot skap. Vee ver liese kan

egter met die regte weiveldbestuur beperk word.

Die manier waarop weistelsels in die ariede dele van

Suid-Afrika be stuur word, is belang riker as die stel sel

self. Veeboere behoort ’n kon stante doel tot beter effektiwiteit

en optimale benutting van elke hulpbron na te

streef.

Plase in die ariede en semi-ariede gebiede van Suid-Afrika

beslaan groot areas wat bestuur bemoeilik. Effek tiewe weidingstelsels

kan ge bruik word om vee weg van pro bleemdiere

te skuif.

Weiveldbestuur kan slegs probleem diere bekamp as lamseisoene

ef fek tief bestuur word. As deur die jaar gelam

word, sal veeverliese baie hoog wees en weiveldbestuur

minder effektief.

Lamseisoene moet beperk word tot een of twee keer

per jaar, wat bestuur ook sal vergemaklik. Lamtydperk

Inhoud • Contents

tot bemarking van slagdiere is kritiek en dus die tydperk

waar die boer meer waaksaam moet wees vir sterftes.

Contents • Inhoud

Volle groeiseisoensrus vir gedeeltes van die plaas is Die grond, hoeveelheid water en die tipe plant is belang-

belangrik om so doen de die natuurlike weiding te laat rike faktore wat by besproeiingskedulering in ag geneem

herstel en kans te gee om saai linge te vestig. Dus, met moet word. Die minerale komponent van grond is be lang-

die regte weiveldbestuur kan probleemdiere bekamp

rik. Dié gedeelte van die grond bestaan uit sand, slik en

en natuurlike weiding kans gegun word om te rus en te

klei, waarvan klei die belangrikste in die grond is.

herstel.

Die sand in die grond absorbeer min water, terwyl die

Probleemdiere kan dus met een vou dige lamseisoene en

weiding sisteme beheer word om sodoende finansiële

voor uitstrewendheid te verseker.

klei hoofsaaklik die water vashou. Gronde varieer in diepte

en in samestelling. Daarom moet verskillende gronde

verskillend be sproei word.

Die doel van besproeiing is om te alle tye die waterbe-

BESPAAR WATER DEUR TE SKEDULEER skik baarheid in die grond so na as moontlik aan veldka-

ARTIKEL ► Tjaart Myburgh

pasiteit te hou. Vir die boer beteken dit dat die water bo

die on der ste grens van plantbeskikbare water gehou

Hewige droogtes in die Wes-Vrystaat en Noord-Kaap moet word.

laat boere twee keer dink voordat kosbare water op hul

Die enigste manier om dit te doen, is om besproeiings-

grond uitgespuit word. Met be sproeiingskedulering kan

water te ske du leer. Moderne metodes en meet in stru-

die regte hoe veelheid water op die regte tyd be sproei

mente wat vir skedulering gebruik word, is eenvoudig

word.

en akku raat. In Hopetown word verskeie “logging soil

Skedulering maak dit moontlik om die plant se behoef- moisture probes” met groot suk ses aangewend.

tes aan water te bevredig en dus die ideale water balans Dit meet die grondwater op ses ver skil len de dieptes en

te skep. Oorbesproei ing sal die grondprofiel oorvol gee ’n goeie aan duiding van die hoeveelheid water be-

maak en afloop sal plaasvind. Onder be sproeiing sal die nodig vir besproeiing om die ver langde waterspanning

32

water vinnig laat drei neer en die plant onder wa ter stremming

plaas.

in die grond te handhaaf. Soos die meeste ander ap parate

wat grondwater meet, moet die instrument ook vir

die grond gekali breer word.

Boere is verantwoordelik om voed sel volhou baar te

pro duseer onder ver an der ende klimaat stoestande.

Doel tref fen de water be nutting is ver al nood saak lik onder

die hui dige droog te toe stande in sommige dele van die

Vry staat en Noord-Kaap.

Besproeiingskedulering is die me dium wat gebruik word

om die water ver bruiksdoel treffendheid te ver hoog. Boere

behoort by uitstek aan dag aan water skedulering te

gee. Daarsonder is optimale bestuur van water binne ’n

weiding stelsel en gewas produksie stelsel onmoontlik.

33

Inhoud • Contents

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!