23.09.2013 Views

Gen 3:5 - Die Gereformeerde Kerk Bellville

Gen 3:5 - Die Gereformeerde Kerk Bellville

Gen 3:5 - Die Gereformeerde Kerk Bellville

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Sing vooraf: Psalm 119:34 (p. 593)

34 Aarde, hemel, alle dinge – / niks wat ooit u ord’ning breek;

want hul almal is u knegte, / stip-gehoorsaam as U spreek.

Was u wet nie al my lus nie, / dan het ek in smart versmag;

maar nou dit my krag gewek het, / dink ek daaraan dag en nag.

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.

Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige

werking van God die Heilige Gees.

Amen.

Lofpsalm 103:1, 9 (p. 504)

1 Loof, o my siel, en alles wat in my is, / loof, loof die HEER in wie ’k van harte bly is!

Verhef sy heil’ge Naam met lof en prys! / Laat hoor, my siel, die stem van dankgebede,

vergeet nooit een van sy weldadighede, / vergeet Hom nie wat jou sy guns bewys.

9 Maar Gods genade ∩ en goedheid is onendig / oor almal wat Hom vrees, sy trou bestendig;

dit reik tot aan die verste nageslag / wat sy verbond nie troueloos wil skend nie,

of van sy wet hul hart afkerig wend nie, / maar sy bevel gehoorsaam wil betrag.

Geloofsbelydenis: Apostolicum

Na die wet sing ons van die versoening van ons sondes deur die Here met Psalm 66:7 (p 322)

Wet

Psalm 66:7 (p. 322)

7 Kom luister toe, o Godgesinde! / Kom, almal wat die HERE vrees!

Ek sal vertel aan al sy vrinde / wat Hy gedoen het aan my gees.

Ek het geroep, God het geluister / toe alles nag was om my heen;

en voor die lig skyn deur die duister, / was God my lof, net Hy alleen.

Gebed.

• Doksologie:

• Aanbidding:

• Skuldbelydenis:

• Vergifnis:

• Dank:

• Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en

sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God:

• Algemene bede:

• Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens:

Amen.

Psalm 18:19 (p. 77)

19 Hul was gehoorsaam as hul oor / net van my roem en dade hoor.

Hul het al kruipende gekom; / uit vestings skuif hul kragt’loos, krom.

Die HERE leef! Lof aan my Rots! / Die HEER, my heil, sy groot gemaak!

Hy gee my op my vyand wraak / en breek die volke in hul trots.

Skriflesing: Genesis 3

Teks: Genesis 3:5

. . . maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos

God sal wees deur goed en kwaad te ken.”

(Genesis 3:5 AFR1953)

1

Watter mens is daar wat nie wil uitblink en uitstyg in die lewe en in die geskiedenis nie? Wie het nie

ideale nie?

• Pas net op watter ideale jy najaag.

• Pas op wie jou oortuig om sekere ideale te probeer bereik – so iemand se motiewe is dalk

baie minder suiwer, en mik dalk na jou eie ondergang.

So was dit met Adam en Eva. Daarom gee ons aandag aan die volgende drie sake:

1. Die verleiding

2. Die belofte

3. Die verlossing

1. Die verleiding

Die skepping was nog jonk. Adam en Eva het nog altwee baie min ervaring gehad in die taak om die

skepping te bewerk en te bewaak – soos God aan hulle opgedra het.

• Een dag bevind Eva haar in ’n gesprek met een van die diere waaroor hulle aangestel was om

te regeer – ’n slang.

In hierdie gebeurtenis lê daar ’n magtige stuk Godsopenbaring.

• Die Here openbaar naamlik dat die mense en die diere aanvanklik goed kon kommunikeer.

• Die Here openbaar ook dat die duiwel hierdie vermoë wat daar bestaan het, uitgebuit het om

die mens van God te vervreem.

• Wat inderdaad besig was om te gebeur in die gesprek tussen die vrou en die slang, was dat

die Satan besig was om die mens teen God te beïnvloed.

Dit is tog duidelik dat die slang hier bo-dierlike kennis het.

• Hy weet van die woorde wat tussen God en Adam gesê is, en hy verstaan ook die volle

konsekwensies daarvan.

• Hy weet selfs meer!

Duidelik het ons hier te doen met ’n mag veel groter as die van die dier self, maar wat hom van die

liggaam van die dier bedien om op hierdie verskuilde manier tot die mens deur te dring.

Die duiwel saai twyfel, want twyfel is die wapen wat alle basisse en fondamente afbreek.

• “Is dit ook so?” vra hy vir die vrou.

• Hy gee voor dat hy nie goed weet of God werklik so iets gesê het nie.

• Hier het ons die basis van alle skynheiligheid wat later in die geskiedenis gevolg het, want uit

die manier waarop die duiwel die vraag vra, is dit duidelik dat hy presies weet waarvan hy

praat.

Hy vra of dit so is dat God gesê het dat hulle nie mag eet van al die bome wat in die tuin is nie. In die

Hebreeus staan daar: Het God gesê dat julle van geen enkele boom mag eet nie? (kommentaar

van prof. Kroeze).

Die vrou verstaan dit ook so, en daarom begin sy dadelik die slang se oordrewe stelling weerspreek:

En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, maar

van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: “Julle mag

daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.” (Genesis 3:2-3 AFR1953)

Teenoor die oordrewe lis van die Satan, oorwin die vrou sy eerste aanslag eervol, want sy weergee

die gebod korrek.

2

Daar is wel verskille tussen dit wat die Bybel vroeër sê van die bevel, en dit wat die vrou sê, maar in

geheel geneem, het sy hierdie insinuerende vraag goed beantwoord.

• Ten onregte dig ons baie keer aan Eva ’n uitermatige gebrek aan weerstand toe.

• Die Bybel leer hier self dat die Satan aanvanklik baie moeilik vat gekry het aan haar.

Omdat die duiwel se eerste poging jammerlik misluk, is sy tweede aanval aansienlik skerper.

• Hy ontken dat dit waar is wat God gesê het.

• Besef u dat dit die heel eerste keer in haar bestaan is dat Eva met ’n negatiewe benadering te

doen gekry het.

• Tot nou toe was sy en Adam net positief teenoor God ingestel – dit was al manier van dink en

doen wat hulle geken het.

Daardie belofte dat julle gewis sal sterwe is onwaar, klink dit in die tuin – daar sal niks van kom nie.

• Die slang dra aan Eva die gedagte oor dat sy gerus kan eet van die boom van kennis.

• Hy bring haar in die war sodat sy self begin twyfel of kennis saamgaan met die eet van die

boom.

Baie listig en onsuiwer word die belofte aan die mens gestel: God belet die mens om soos Hy te

wees omdat God afgunstig is op die mens.

• Maar, belowe die Satan, julle kan hierdie ideaal bereik deur die beletsel te oorkom wat God

julle opgelê het.

• Oortree net die verbond van gehoorsaamheid – dit bring jou eie vergoddeliking binne jou

bereik.

Die werklikheid is natuurlik nog steeds presies die teenoorgestelde van dit wat die Satan aanbied,

naamlik dat ware kennis saamgaan met gehoorsaamheid aan God – in hulle geval moes hulle die

boom uitlos en nie daarvan eet nie.

2. Die belofte

Kyk net weer na die aanloklikheid van die belofte wat daardie dag vir die mens opgetower is.

• Daar was die belofte van vooruitgang.

• Daar was die insinuasie dat God hierdie toestand van verbetering wil verhinder.

• Die duiwel vertel hulle dat die mens se vordering vir God ’n bedreiging inhou.

• Hy vertel dat God hulle van vordering weerhou met die belofte dat hulle sal doodgaan as hulle

ongehoorsaam is.

Hy oortuig hulle dat die werklikheid presies die teenoorgestelde is as wat God beloof. God beloof die

dood, maar die werklikheid is dat hulle soos God sal wees.

Die duiwel gebruik vandag nog dieselfde metode. Hoe klink die volgende uitsprake vir u:

• Jy gaan met toe oë deur die lewe.

• Jy het nie ’n besef van wat werklik aangaan nie.

• Jy weet nie eers van al die moontlikhede van jou bestaan nie.

Die duiwel probeer vandag nog die mens se reaksie opwek teen sogenaamde veragterliking.

• Dis wat met Eva ook gebeur het.

• Sy het meteens besef dat daar iets is wat sy nie het nie – dit is om soos God te wees.

• Dit is ’n baie begeerlike ideaal.

• Wat die saak meer begeerlik maak, is die feit dat hierdie ideaal binne haar bereik gestel word.

3

Daardie dag het dit stil geword in die tuin. Die gesprek tussen Eva en die slang het ten einde geloop.

Daar is niks verder gesê nie en die twee is waarskynlik weg van mekaar af.

Maar die vrou het die saak gaan oordink.

• God wat die Kenner van die harte is, openbaar aan ons wat in die vrou se gedagtes

omgegaan het.

• Die vrou gaan na die boom kyk, en sien dat die boom goed was om van te eet, en dat hy ’n lus

was vir die oë.

Tot hier kan ons die vrou ook sekerlik nie te sterk kritiseer nie, want haar oorwegings gaan suiwer

oor wat lekker is om te eet, en mooi om te sien.

• Dit sou selfs moontlik wees dat die vrou hierdie dinge kon sê sonder dat die slang haar daarop

bedag gemaak het.

Die verantwoordelikheid by Adam en Eva was egter om weerstand te bied noudat hulle met die

moontlikheid van kwaad gekonfronteer was.

• Daarom is die gevaar al daarin verskuil dat die vrou die boom aantreklik vind.

• Dit is dan glad nie vreemd dat haar volgende oorweging is dat die boom begeerlik was om ’n

mens verstandig te maak nie.

• Op hierdie punt het die vrou die terrein van haar oorweginge verander – sy verskuif nou na die

geestelike terrein toe.

Dis haar reaksie op wat die slang gesê het. As sy verstandig is, sal haar oë oopgaan.

• Daarmee sal sy die gevoel van minderwaardigheid kan oorkom wat deur die slang in haar

verwek is.

• Meteens is die moontlikhede om tot ander insigte te kom so maklik en binne haar bereik.

Dan verrig die vrou die daad. Sy laat haar verlei.

• 1 Timoteus 2:14 stel dit ook so dat die vrou haar laat verlei het, en daardeur het die oortreding

gekom.

• Dis niks anders as moedswillige ongehoorsaamheid nie.

Die konsekwensies van God se kant af is nie oorweeg nie. Sy het in haar gebrek aan ervaring nie die

dinge wat God hulle beveel het, deurdink nie.

Uit vers 17 blyk dit dat die vrou oor die saak gepraat het met haar man.

• Hy het hom deur sy gehegtheid aan sy vrou laat lei.

• Hy het sy liefde vir sy vrou bo sy gehoorsaamheid aan God gestel, en daarom het die man ’n

gelyke aandeel in die val in sonde en ongehoorsaamheid.

3. Die verlossing

Die Here openbaar in 1 Korintiërs 15 dat daar iets ooreenstemmends tussen Adam en die Here

Jesus is.

• Deur die een mens het die hele mensdom in sonde geval, en deur die ander Een kom daar

redding.

Dieselfde Satan wat die Paradys-egpaar versoek en laat struikel het, het die Here Jesus ook

versoek.

• Omdat die Here Jesus die Satan geken het, het hy reguit en in sy eie persoon gekom.

4

• Daarom was die uitkoms van die tweede versoeking heeltemal anders as dié van die eerste

een.

Die Here Jesus oorweeg God se kant van die saak met groot beslistheid.

• Eers kom die Satan alleen as hy die Here versoek in die woestyn.

o Die Here wys die Satan so beslis af dat die Satan uit Jesus se teenwoordigheid

padgee.

o Dit beteken natuurlik nie dat die Satan toe moed opgegee het nie – hy het net sy

aanslae op Jesus verskerp.

• Daarna kom hy in die besetene van Gadara.

o Die besetene sê dat sy naam Legio is. Dit beteken dat die Satan ’n volle legioen engele

in hierdie man tuisgemaak het.

o Vernederend word dit die duiwels gegun om hulle in die trop varke te gaan tuismaak.

• Daarna kom die kruisiging waar die mensemagte ook nog bygevoeg word.

As ons net na Jesus se dood en begrafnis kyk, mag dit lyk asof die Satan tog oorwin het.

• Maar dan breek die oomblik van geweld en verskrikking vir die hel aan as die Here Jesus uit

die dood opstaan.

• Daarmee het die Here Jesus die Satan nie net met beslistheid teëgegaan nie, maar Hom met

almag oorwin en verslaan.

• Die Satan se mag is met hierdie daad heeltemal gebreek.

Die innerlike verskeurdheid wat in ons ontstaan het as gevolg van die sonde, is deur Jesus en sy

dood reggestel.

• Ons word weer in ere herstel.

• Ons word deur Hom verlos van die kwaad waarteen ons aanvanklik geen weerstand kon bied

nie.

In Adam het ons ’n onbereikbare ideaal nagestreef, en daarmee alles verloor.

• In Christus het ons ’n nuwe ideaal – om kinders van God te wees.

• Ons word herstel in die gemeenskap met God wat verbreek is met die sondeval.

Ons moet baie versigtig wees om nie nog steeds deur die beginsels van die eerste sonde oorheers

te word nie.

• Waak daarteen dat u nie val vir die aanloklikheid om buite God om u saligheid uit te werk nie.

• Kyk hoe maklik sê mense dat as die Here mense straf, hulle nie so ’n God wil aanvaar nie.

• Kyk hoe maklik stel ons enige wêreldse belange bo dié van die Here. Het u al gedink wat die

beginsel daarvan is?

o Dis omdat ons daarmee ’n ander ideaal wil bereik, naamlik die voordeel van die wêreld.

o Sondae doen ons soms dinge waarmee ons ons aanbidding se plek vervang met iets

anders.

o Ons geld word soms ’n grootheid langs God omdat ons dikwels met ’n verknegtheid

aan geld ’n verlossing op die aarde wil bou wat op die fondamente van menslike

vooruitgang lê.

Die skrikwekkende is dat ons met al ons aardse ideale God verloor en ons geloof so verarm dat ons

die saligheid nie ingaan nie.

• Ons moet daarop let dat ons lewens nie die kenmerke dra van die eerste Adam nie – want hy

was ’n verloorder.

5

• Dra die kenmerke van die tweede Adam – Hy is die ewige Oorwinnaar wat die koninkryk van

die hemele vir ons oopmaak.

Ons moet ’n geloofsbeslistheid openbaar teenoor die sonde.

• Bied definitiewe weerstand teen die sonde.

• Leef in die herstelde beeld van Adam wat Jesus Christus aan u gegee het deur die kruis.

• Dit is ’n ideaal wat wel binne ons bereik is, want Hy het ons uitverkies en verlos en lei ons nou

met sy Heilige Gees.

Ons moet net antwoord met gehoorsaamheid.

Amen.

Slotgebed

Slotpsalm 144:1 (p. 691)

1 Geloofd sy God wat my in wank’le tyd / ’n rotssteen is, my aangord tot die stryd;

wat tot die kryg my hande toeberei, / so goed is en ’n vestingwerk vir my;

wat my die skans tot redding wil verstrek, / by wie ek skuil, daar my sy skild oordek;

wat in die stryd my altyd trou bewaak / en nou my volk aan my gehoorsaam maak.

Die HERE sal jou seën en jou behoed;

Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

Amen.

Dr MJ du Plessis

Gereformeerde Kerk Bellville

Datum: 1 Februarie 2009

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!