22.09.2013 Views

NW Nuus 1 - Landbou.com

NW Nuus 1 - Landbou.com

NW Nuus 1 - Landbou.com

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ploeg jy jou rande in die grond in?

Eric Louw, NWK Landboubestuursdienste

Voordat op ’n geskikte bewerkingstelsel besluit word, is dit uiters

noodsaaklik om kennis te neem van die grondtipe en ander faktore in

die stelsel, soos klimaat, terrein, gewas en implemente. Die sukses van

’n bewerkingspraktyk is ’n interaksie tussen hierdie faktore en sal van

een gebied of land na die ander verskil.

Die doel met grondbewerking moet primêr wees om die bestaande struktuur

van die grond te behou of om swak struktuur te verbeter. Grondbewerking

moet ook daarop gemik wees om waterinfiltrasie te optimaliseer, om

verdamping te verminder, grondtemperatuur te manipuleer, gronddiepte of

effektiewe worteldiepte te verbeter en dus wortelontwikkeling te bevorder.

Bewerkingsmetodes beïnvloed die ontkieming van saad en wortelgroei

deurdat grondtemperatuur gemanipuleer kan word en verdamping verminder

kan word sodat daar op die optimale plantdiepte geplant kan word vir vinniger

ontkieming van die gewassaad. Die soort bewerking beïnvloed ook die

kwesbaarheid van die grond vir wind- of watererosie. Bogrond met ’n fyn

struktuur is vatbaar vir altwee hierdie soorte erosie, terwyl gronde met ’n

growwe struktuur meer stabiel is en minder erosiegevoelig is. Verkeerde

bewerkings kan tot fisiese, chemiese en biologiese degradasie van grond lei.

Grondbewerking kan verdeel word in primêre en sekondêre

bewerkingsaksies. Primêre grondbewerking het die regstelling van fisiese

beperkings soos ploeglae, die verbetering van waterindringing en die

vermenging van plantvoedingstowwe en ameliorante soos gips en kalk ten

doel. Die doel van sekondêre bewerkings is die voorbereiding van ’n gunstige

saadbed deurdat onkruide vernietig word, plantvoedingstowwe ingemeng en

goeie kontak tussen die saad en die grond bewerkstellig word.

VOOR- EN NADELE VAN GRONDBEWERKING

Voordat die boer op ’n geskikte bewerkingspraktyk besluit moet hy eers die

voor- en nadele van die voorgenome bewerkingsmetode oorweeg. Enkele

voor- en nadele word uitgelig:

Voordele

• Skoonbewerking vernietig / begrawe peste wat in die grond oorleef,

soos kopvrot by mielies en snywurm.

• Dit vermeng plantvoedingstowwe in die grond, soos fosfaatkunsmis

wat onbeweeglik is.

• Dit deurlug die grond.

• Dit stel verdigtingslae reg.

• Dit beheer die meeste vlak ontkiemende onkruide en jong onkruide.

• Dit vergemaklik sekondêre bewerkingspraktyke, soos

saadbedvoorbereiding.

Nadele

• Gedurende grondbewerking met ’n rysterplaatploeg word die bogrond

teen die skaar opgestoot en tuimel dit van bo af terug. Die vrugbare

humusryke bogrond word begrawe. Die ondergrond is gewoonlik hoër

in klei en laer in humus, wat tot die vorming van oppervlakkorse kan lei.

Indien die grond brak is, loog die natrium dieper in die grond in. Die

omkeeraksie van die skaarploeg bring die dieper natrium na bo, laat die

bogrond dispergeer en gevolglik raak die erosiegevaar al groter.

• Gedurende bewerking word suurstof in die grond ingewerk, wat tot die

versnelde oksidasie van organiese materiaal lei. Hierdeur gaan

waardevolle organiese materiaal verlore wat verder kon verrot om

humus en organiese verbindings soos humien- en fulviensure te vorm.

Dit kon die struktuur van die grond stabiliseer en vrugbaarheid verhoog.

Organiese materiaal, wat baie belangrik is in die voorkoming van wind-

en watererosie, gaan dus verlore. Plantvoedingstowwe – veral stikstof

en swael – verminder weens bewerking en die grond raak progressief

armer.

• Sekere onkruide word deur bewerkingstelsels versprei. Onkruide wat

goed aangepas is om vegetatief te versprei, soos die bolletjies van

uintjies, risome van kweekgras en lote van wandelende jood, word

effektief deur implemente versprei. Sade van onkruide, soos

duwweltjies, steek in trekkerwiele en versprei na ander lande.

• Kompaktering van grond deur swaar implemente en bewerking by

verkeerde voginhoude lei tot die vorming van ’n verdigte laag ongeveer

20 cm tot 30 cm onder die grondoppervlak, die sogenaamde ploegbank.

Hierdie laag verminder die diepte wat wortels kan indring. Water en

plantvoedingstowwe wat dieper in die grondprofiel is, is dus nie vir die

plant beskikbaar nie.

BESTUURSPLAN VIR GRONDBEWERKING

Nadat die boer die voor- en nadele van bewerking vergelyk het, moet hy ’n

bestuursplan vir sy spesifieke boerdery se grondbewerkings uitwerk. Die

volgende vrae kan as riglyne dien:

• Wat is die grond se klei-inhoud?

• Is daar enige beperking wat wortelontwikkeling sal verhinder en op

watter diepte kom die beperking voor?

• Is daar ’n groot onkruidprobleem?

• Is daar sigbare wind- of watererosieskade?

• Moet ameliorante toegedien word?

• Wat is die tipe en grootte van die saad wat geplant gaan word?

• Is dit ’n oorlêland waar vog bewaar moet word?

• Wat is die gemiddelde worteldiepte van die gewas wat geplant gaan

word?

• Hoe sal die bewerkingspraktyk die boerderywins beïnvloed? Die

vertakkingsbegroting moet moontlik weer onder oë geneem word om

die gelykbreekpunt van verskillende opsies te oorweeg.

IMPLEMENTE VIR PRIMêRE EN SEKONDêRE BEWERKING

• Rysterplaatploeë: Hierdie implement begrawe onkruidsaad en

oesreste diep in die grond, deurlug die grond beter, vernietig gronde se

struktuur verder, bevorder winderosie en word aanbeveel op swaarder,

goed gestruktuurde gronde.

• Skottelploeë: Die smeeraksie is minder, dit dring beter in onder droë

en harde toestande, het minder slytasie as rysterplaatploeë en die

grond word fyner opgebreek. Dit word nie vir sanderige gronde

aanbeveel nie.

• Beitelploeë: Dit maak die grond tot op 250 mm redelik goed los, lewer

die beste resultate as die grond redelik droog is en vorm

struktuureenhede. As die grond te droog is, vorm dit groot kluite wat

die vestiging van saailinge kan benadeel.

• Skeurtandbewerking (rippers): Dit word gebruik wanneer ’n diep

bewerking nodig is en die grond nie omgekeer moet word nie. Die grond

kan baie los wees na bewerking, wat nadelig kan wees vir kontak tussen

die saad en die grond.

• Skoffeleg: Werk goed in ruwe grondtoestande. Dit verseker ’n

onkruidvrye en fyn saadbed.

• Snyeg en kontrasnyeg: Dit lewer ’n gelyke saadbed, word vir die sny

van oesreste in korter hanteerbare stukke gebruik, vernietig jong

onkruid en opslag en breek die grond baie fyn op.

BEWERKINGSTELSELS

Die verskillende bewerkingstelsels het elk sy voor- en nadele. Om op ’n

geskikte bewerkingstelsel vir ’n spesifieke plaas en omstandighede te besluit,

is dit noodsaaklik om die volgende te oorweeg:

• Geenbewerking: Die brandstofrekening is heelwat laer as met ploeg,

daar kan betyds geplant word, die opbou van humusvlakke van grond

is moontlik, wortelsiektes word beperk, arbeidsbehoefte is minder,

vermeerdering van voordelige mikrobes in die grond vind plaas,

boerderybestuur moet uitmuntend wees, kalk- en fosfaattoedienings

kan nie in die grond ingemeng word nie, daar bestaan ’n groter uitgawe

aan landbouchemiese middels en duur nuwe of aangepaste planters is

nodig.

• Deklaagbewerking: Grondverdigting kan beter beheer word wanneer

diep skeurploegbewerkings uitgevoer word, die brandstofverbruik is

laer as met ploeg, wind- en watererosie word beter beheer, beter

onkruidbestryding is moontlik, plantsiektes en peste word moeiliker

beheer en grondvoorbereiding kan nie altyd tydig uitgevoer word nie.

• Minimumbewerking: Brandstofverbruik is laer as met ploeg, winderosie

is minder, bestryding van onkruid en insekte is makliker en plantsiektes

kom meer dikwels voor.

• Skoonbewerking: Goeie onkruid- en insekbestryding is moontlik, goeie

deurlugting van die grond vind plaas, dit is baie duur, die intensiewe

bewerking lei tot agteruitgang van die grond en verlaag dus ook die

potensiaal vir gewasproduksie op die lang termyn, dit veroorsaak

verdigtingslae direk onder die bewerkingsdiepte, dit veroorsaak vinnige

afbreek van organiese materiaal en sodoende ’n verlaging van die

grond se vrugbaarheid.

In TABEL 1 is ’n vergelyking van ’n paar aspekte betreffende die verskillende

bewerkingstelsels.

SAMEVATTING

Om ’n geskikte bewerkingstelsel te kies is en bly ’n moeilike besluit. Die

belangrikste faktor om in ag te neem is die omstandighede op die

spesifieke plaas. Bogenoemde omstandighede sluit faktore in soos die

grondtipe, klimaat, terrein, implemente en gewas wat geplant gaan word.

Die produsent moet in gedagte hou dat die grondekosisteem met die tipe

bewerking wat hy uitvoer gaan verbeter of verswak. Die bewerkingstelsel

wat gekies en toegepas gaan word behoort die bewaring van grond as

natuurlike hulpbron ten doel te stel.

Die algemene tendens in die landbou is om weg te beweeg van

skoonbewerkingstelsels na stelsels van verminderde of geenbewerking.

Bogenoemde is as gevolg van die hoë brandstof- en meganisasiekoste

verbonde aan skoonbewerking en die gepaardgaande voordele vir

gewasverbouing in die grond ten opsigte van verminderde of

geenbewerking.

BRONNELYS

Brady NC, 1994. The Nature and Properties of Soils, 9th edition. Prentice

Hall, London.

Van der Watt HvH & Van Rooyen TH, 1995. A Glossary of Soil Science. 2nd

Edition. The Soil Science Society of South Africa, Pretoria.

Gepubliseer in Noordwes Nuus, Julie/Augustus 2010, NWK Bpk, Lichtenburg

TABEL 1: Vergelyking tussen verskillende bewerkingstelsels.

SKOONBEWERKING

(KONVENSIONEEL)

a. Grondstruktuur:

Bewerking in nat grond vorm

harde blink sooie.

Bewerking van droë grond laat die

grond verpoeier.

Grondstruktuur word vernietig.

b. Porievolume:

Swaar implemente veroorsaak ’n

ploegbank. Makroporieë gaan

verlore en die porievolume neem

af.

c. Voedingstatus:

DEKLAAG- / VERMINDERDE /

GEENBEWERKING

Weens die organiese

materiaalinhoud wat verhoog,

verbeter die struktuur.

Organiese materiaal hou die

struktuur in stand en verhoog

die weerstand teen verdigting.

Die makroporieë en porievolume

bly in stand.

Aerobiese (suurstofryke) Organiese materiaal beskerm

toestande ontstaan en mikrobes

floreer. Reserwe- organiese Nbronne

word omgesit na

anorganiese N-bronne wat

verbruik word. Derhalwe verlaag

die voedingstatus.

Weens erosie waai of spoel die

vrugbare kleifraksie weg en die

voedingstatus verlaag.

d. Temperatuur:

Die plantbedekking op die

grondoppervlak verminder. ’n

Groot verskil tussen dag- en

nagtemperature ontstaan in die

boonste grondlae, wat ontkieming

van saad beïnvloed.

e. Verdigting:

Weens die laer organiese

materiaalinhoud is die struktuur

onstabiel en is die weerstand teen

vervorming laag. Verdigting /

ploegbank kom vinniger / meer /

makliker voor.

die boonste grondlaag teen

wind- en watererosie. Die

vrugbare kleifraksie gaan nie

verlore nie. Organiese

materiaal komposteer en

verhoog die voedingstatus.

Grond kan tot 100% met

plantmateriaal bedek wees. Die

boonste grondlaag is koeler in

die somer en warmer in die

winter. Kleiner verskille tussen

temperatuuruiterstes.

Tandimplemente word gebruik –

min verdigting /

ploegbankvorming kom voor,

hoewel die bogrond weens

onbeheerde trekkerspore erg

kan verdig. Organiese materiaal

hou die struktuur in stand en

verhoog die weerstand teen

verdigting.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!