22.09.2013 Views

WENKE VIR SKEERSELVOORBEREIDING OM DIE ... - Landbou.com

WENKE VIR SKEERSELVOORBEREIDING OM DIE ... - Landbou.com

WENKE VIR SKEERSELVOORBEREIDING OM DIE ... - Landbou.com

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Inleiding

WENKE VIR SKEERSELVOORBEREIDING OM DIE MEESTE

EKONOMIESE VOORDEEL TE TREK

AJ Aucamp, JL Venter, Jakes Muller (CWSA)

Behoorlike en doeltreffende wolklassering is die eerste en waarskynlik die

belangrikste skakel in die wolketting. Suid-Afrika was nog altyd trots op die

gehalte van sy skeerselvoorbereiding en het deur die jare „n uitstekende

reputasie in die buiteland as een van die beste geklasseerde skeersels

opgebou.

Een van die belangrikste vereistes van die wolkoper is eweredigheid van

enige gemete of ongemete eienskappe binne „n individuele lot. Gevolglik is

dit uiters belangrik dat daar die minimum afwykings is wat betref eienskappe

soos veseldeursnee en stapellengte sodat dit die koper in staat kan stel om

uitvoerbesendings en verwerkingslotte so kostedoeltreffend moontlik saam te

stel.

Die Klasstandaarde maak voorsiening vir „n wye verskeidenheid klasse

waarin die verskillende dele van „n vag vir bemarkingsdoeleindes gegroepeer

kan word. Dit beteken glad nie dat die klasseerder die skeersel in al hierdie

klasse moet verdeel nie. Onnodige fragmentering van die skeersel word nie

aangemoedig nie omdat dit die hanterings- en bemarkingkoste verhoog en nie

noodwendig „n beter prys vir die produsent beteken nie.

Die sleutel tot goeie klassering is om hierdie twee teenstrydige stelle vereistes

teen mekaar op te weeg ten einde die hoogste moontlike potensiële inkomste

uit die skeersel te verdien.

Die Klasstandaarde beklemtoon ook die wolklasser se verantwoordelikheid

om goeie bestuursbeginsels in die wolskuur toe te pas en besoedeling voor

klassering en tydens verpakking te voorkom.

„n Skeersel wat met baaltou of ander vreemde voorwerpe besoedel is, sal

deur die koper gepenaliseer word, ongeag hoe goed dit geklas is. Dieselfde

geld vir skoon, onbesoedelde maar swak geklasseerde skeersels.

1. Algemene riglyne vir die klassering en merk van wol

Ruwol (vetwol) moet in verskillende klasse geklasseer word

om eenvormigheid te verseker ten opsigte van eienskappe wat

belangrik is vir verwerkers. Die eienskappe is gemiddelde

veseldeursnee (mikron), stapellengte en treksterkte,

plantmateriaalinhoud en voorkoms.

Besoedeling met baaltou of enige ander los voorwerp moet

voorkom word.

Wol bevlek met teer, urine, mis, bloed, verf, merkstof, of

verkleur het as gevolg van swamme of chemikalieë, moet voor

die skeerproses verwyder word.

Witwol wat met gekleurde vesel of steekhaar besoedel is,

moet verwyder en apart verpak word.

Alle simbole wat die inhoud van „n baal aandui, hetsy dit op die

plaas of deur makelaars of handelaars voorberei is, moet so

aangewend word dat die merkstof nie deursyfer en die wol

binne die baal bevlek nie.

2. Klassering en merk van Merino-tipe wol

2.1 Definisie

Merinowol is wit wol wat van nature vry is van steekhaar vesels

(kemp) asook enige gepigmenteerde vesels en „n veseldikte van

nie meer as 27 mikrometer het nie en wat die kenmerkende

eienskappe van die wol van „n Merino skaap vertoon.

2.2 Lokswol

Mis- en urinebevlekte, gekoekte wol, bors-, kuif- en wangwol,

dubbelknipsels en sweetwol wat van „n skaap afgeskeer is, moet

apart verpak word.

2.3 Penswol en afrandsels

Wol wat van die pensgedeelte van „n skaap verwyder is en/of

gedeeltes wat van die vagwol afwyk en verwyder is, moet apart

verpak word.

2.4 Vagstukke (

Afwykende dele van „n goed afgeronde vag kan vir een van die

volgende redes afwyk:

Te sterk

Te kort

Bevat saad

Nekplooiwol, broekwol of dele van die vag met „n hoë

plantmateriaalinhoud moet apart verpak en met „n enkele

lengtesimbool gemerk word volgens die riglyne. As die wol te

min is om een baal vol te maak, of te kort of onaantreklik in

voorkoms is, kan dit met die toepaslike penswol en afrandsels

vermeng word. Slegs goeie gehalte nekwol wat genoeg is om

„n afsonderlike lot (een of meer bale) te regverdig, kan apart

verpak word.

2.5 Rugwol

Word slegs verwyder indien merkbaar verweerd of indien dit hoë

persentasie plantmateriaal bevat.

2.6 Vagwol

Die deel van die vag wat oorbly nadat alle afwykende gedeeltes

verwyder is, met „n gesonde treksterkte (geen breuk nie) moet

apart verpak word. Merk dit met die gepaste kombinasie

simbole wat die geraamde lengte en gemiddelde veseldeursnee

aandui.

Alle vagte wat opvallend van die gemiddelde eienskappe van die

skeersel afwyk, moet voorberei en volgens die volgende standaarde

gemerk word:

Vagwol wat „n duidelike breuk in die stapellengte of „n algemene

gebrek aan treksterkte (tengerigheid) toon, moet NIE in klasse

verdeel word nie, maar slegs afgerand, apart verpak en TDR

gemerk word.

Vagwol met „n gemiddelde veseldeursnee van meer as 27 mikron

moet apart verpak en met die gepaste lengtesimbool, as kruisras

gemerk word, bv. BXS.

Die voorbereiding van „n skeersel vir bemarking is net so

belangrik soos die klassering van wol tydens die skeerproses. Dit

is die verantwoordelikheid van die produsent om te verseker dat

sy skeersel so voorberei is dat hy die maksimum inkomste daaruit

kan kry. Deur „n paar beginsels in gedagte te hou by die

voorbereiding van „n skeersel kan die produsent heelwat bespaar

aan bemarkingskoste.

2.7 Vermenging van klasse in „n enkele baal

Meer as een klas kan in „n baal verpak word, mits dit behoorlik

deur papier geskei word en die baal as SPLIT gemerk word,

gevolg deur die simbole van die verskillende klasse in die baal.

2.8 Lammerwol

Lammerwol wat van skape nie ouer nie as 8 maande geskeer is,

moet apart verpak en volgens lengte gemerk word, bvv. CL of

DL.

2.9 Wissellamwol

Vagwol van skape 8 tot 12 maande en wat nie as lammers

geskeer is nie (d.w.s wissellammers) moet verpak en volgens

lengte gemerk word, bv. BH, AH, ens.

Indien die verlangde hoeveelheid vir „n lot nie behaal word nie,

kan dit met groot skaap rugte gemeng word.

2.10 Wol van jong skape

Indien die volume en fynheid aparte lotte regverdig, kan vagwol

van skape tussen een en twee jaar oud verpak en met die

gepaste lengte- en fynheidsimbole gemerk word. Ander dele

van die vag van jong skape moet soos aangedui in 2.2 tot 2.5

voorberei en verpak word.

3. Klassering en merk van witwol

3.1 Definisie

“Witwol” beteken wol wat nie „n Merino-tipe of kruisraswol is nie

en wat van nature vry van gekleurde vesel en steekhaar is, bv.

SAVM.

Let wel: Dieselfde beginsels as vir die klassering van Merinotipe

wol geld vir witwol en moet dus saam met die riglyne in

afdeling 2 gelees word.

Die voorvoegsel W word gebruik om hierdie tipes aan te dui, bv.

WBM.

4. Klassering en merk van growwe wit en gekleurde wol

4.1 Definisie

“Growwe en gekleurde” (coarse and coloured) wol is wol wat

van nature steekhaar, gekleurde vesels en/of haar bevat. Dit

moet afsonderlik van alle ander wol gehou word, bv. Dorper.

5. Klassering en merk van kruisraswol

5.1 Definisie

“Kruisraswol” beteken witwol met „n growwe hantering wat nie

gekleurde vesels of „n duidelik waarneembare hoeveelheid

steekhaar bevat nie. Dit moet afsonderlik van alle ander wol

gehou word, bv. Kruisings van „n Dormer, en as gevolg

aangedui, XCL.

6. Verpakking en merk van bale

Alle vetwol vir aflewering aan kopers, agente, makelaars of

verwerkers moet in nylon wolsakke verpak word wat aan die

SABS-/Woltoetsburo van SA se standaarde en spesifikasies

voldoen.

Advies oor die minimum massa vir bale moet van die koper,

agent of makelaar wat die skeersel ontvang, verkry word.

„n Maksimum van 9 baalhakies moet gebruik word om die baal

toe te maak.

Klasse wat op die plaas voorberei word, moet volgens die

riglyne van NWKV.

7. Klein Skeersels

Die volgende basiese beginsels is baie belangrik:

Aangrensende lengtes en fynhede mag saam verpak word.

Bv. Fyn en Medium wol kan saam verpak word maar superfyn en

mediumwol kan byvoorbeeld nie saam verpak word nie.

A en BB lengtes kan saam verpak word maar A en B lengtes nie.

„n Groot hoeveelheid van „n laer gehalte wol kan saam met „n kein

hoeveelheid beter gehalte wol verpak word. Bv. „n klein hoeveelheid

baie goeie AM wol kan saam met „n groot hoeveelheid AM wol verpak

word wat bv „n lae skoonopbrengs het of wat verweerd is.

„n Groot hoeveelheid goeie gehalte wol moet NOOIT saam met „n klein

hoeveelheid laer gehalte wol verpak word nie. Bv. die wanneer ons „n

klein hoeveelheid geler, swaarder of meer verweerde vagte uit ons

hooflyn verwyder het omdat hulle swakker is. Hou hierdie vagte apart

en klas hulle liewer by die byklasse waar hulle sal pas bv. verweerde

vagte moet dan eerder by die rugte geklas word en geel vagte kan by

die BP lyn gevoeg word.

Probeer om lyne so groot as moontlik te maak om kostes te bespaar. Indien

u „n spesialiteits lyn wil uithaal soos „n baal superfyn wol kan u dit doen maar

dan moet dit „n besondere lyn wees wat die addisionele bemarkings koste sal

regverdig.

Dit is belangrik om u bale so swaar as moontlik te maak om ook te bespaar

op hanteringskoste, vervoer en koste van sakke.

EFFEK OP BAALMASSA

Baalmassa 100 130 150 180

Aantal sakke 60 46 40 33

Hantering k

@R42

R2520 R1932 R1680 R1386

Wolsak@ R112 R6720 R5152 R4480 R3696

Transport @R120 R7200 R5520 R4800 R3960

Versekering R0.60 R0.77 R0.90 R1.06

Totaal R16440 R12604 R10960 R9042

Besparing op

6000kg

R0.00 R3836 R5480 R7398

Hoe meer bale in „n lot hoe goedkoper sal die woltoetsburo kostes wees. „n

Eenbaal lot se ontledingskoste sal R162.80 beloop terwyl „n 3 baal lot R

163.80 sal kos, dit beteken „n koste van R54.60 per baal.

Woltoetsburo koste

effek van eenbaal lotte

Bale/Lot Prys R Bale/Lot Prys R

1 162.80 11 167.80

2 163.30 12 168.30

3 163.80 13 168.80

4 164.30 14 169.30

5 164.80 15 169.80

6 165.30 16 170.30

7 165.80 17 170.80

8 166.30 18 171.30

10 167.30 20 172.30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!