18.09.2013 Views

Die seuns van Sadok®

Die seuns van Sadok®

Die seuns van Sadok®

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

My te dien en my diens waarneem. En as hulle na die poorte van die binneste voorhof ingaan, moet

hulle linneklere aantrek; maar wol mag op hulle nie kom as hulle dien in die poorte van die binneste

voorhof en daar binnekant nie. Linne‐hoofversiersels moet op hulle hoof wees en linnebroeke moet aan

hulle heupe wees; hulle mag hul nie gord met iets wat laat sweet nie. En as hulle uitgaan na die

buitenste voorhof, na die buitenste voorhof na die volk toe, moet hulle hul klere uittrek waar hulle in

gedien het, en dit neersit in die heilige kamers, en hulle moet ander klere aantrek, sodat hulle die volk

nie heilig maak met hul klere nie. En hulle moet hul hoof nie kaal skeer of die hare lank laat groei nie;

behoorlik moet hulle hul hoofde skeer. Ook mag geen priester wyn drink as hy in die binneste voorhof

ingaan nie. Ook mag hulle geen weduwee of een wat verstoot is, vir hulle as vrou neem nie; maar jong

meisies uit die geslag van die huis van Israel of 'n weduwee wat deur 'n priester as weduwee agtergelaat

is, mag hulle neem. En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle

bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is. En oor 'n regsaak moet hulle optree om reg te

spreek, volgens my verordeninge moet hulle dit uitoefen; en hulle moet my wette en my insettinge hou

op al my feestye en my sabbatte heilig."

In Hebreeus beteken Esegiël: "In die Sterkte van God", Esegiël was spesifiek 'n profeet oor Juda, en net

soos in die geval van al die ander profete van Israel vertel die persoon se naam ons iets oor sy karakter

en die doel van sy bediening. Net soos al die Hebreeuse profete profeteer Esegiël oor drie tydperke.

Eerstens vir sy eie tyd, dan oor die eerste koms van Christus en derdens oor die Wederkoms van

Christus. Net soos al die ander Hebreeuse profete is Esegiël 'n tipe, 'n Ou Testamentiese skaduwee van

die Messias. Esegiël is ook die enigste persoon in die Bybel, naas die Here Jesus, wat ook die 'Seun van

die Mens', genoem word. (In Afrikaans vertaal as Mensekind)

In die boek Daniël lees ons dat die koning iemand gesien loop het soos die 'Seun van die God' (Godeseun

/ 3:25) en ek is persoonlik daarvan oortuig dat dit 'n Ou Testamentiese manifestasie was van die Here

Jesus Christus.

Esegiël is die eskatologiese beeld van Christus, spesifiek in die Millennium. Die laaste Profetiese

betekenis van die tweede helfte van Esegiël se boek het grootliks te doen met die Millennium

Heerskappy van die Here Jesus.

Al die dinge wat in die Midde Ooste rondom Israel en die Tempel Berg aan die gebeur is, is alles

duidelike tekens dat ons al nader kom aan die Wederkoms van die Here Jesus. Sagaria 12 vertel vir ons

dat alles gaan oor Jerusalem en die nasies rondom hierdie stad, dit gaan nie oor die Golan Hoogtes, die

Wesbank of die Gaza Strook nie, dit gaan oor Jerusalem want dit is hier waar Satan sy grootste

nederlaag gekry het en waar hy ook sy finale nederlaag gaan kry, en hy weet dit. Die oorsaak van al die

spanning in hierdie streek is die geestelike oorlog wat oor hierdie streek aan die woed is. Esegiël

profeteer oor hierdie dinge en hy sien dat Oospoort gesluit word. Hierdie dinge het histories alreeds

gedeeltelik in vervulling gekom omdat Hebreeuse profesie 'n patroon is, geboorte pyne, en dit sal weer

aan die einde plaasvind gedurende die Millennium Heerskappy van die Here Jesus vanuit die Stad van

Dawid, wanneer die 'Shekinah', die Heerlikheid van God, weer deur die Oospoort sal gaan.

2

www.Moriel.org

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!