18.09.2013 Views

Die seuns van Sadok®

Die seuns van Sadok®

Die seuns van Sadok®

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Esegiël 44:23 sê: "En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle

bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is."

'n Sadokiet sal mense leer om te onderskei, maar 'n Leviet sal altyd polities korrek optree en

onderskeiding is nie deel van sy woordeskat nie. As jou predikant of pastoor nie sy gemeente leer om te

onderskei nie is hy 'n ontroue leier, want dit is net regverdige leiers wat mense leer om te onderskei.

Wanneer u kerke sien wat nie teen die verkeerde dinge wil preek nie, of wat nie vir die Waarheid wil

opstaan nie, of wat mengsels bedien soos wat ons sien en hoor op die gewilde polities korrekte

"Christen" TV en radio kanale, dan moet u weet dit is Leviete en nie 'n Sadokiete nie. 'n Leviet sal altyd

inval met dit wat die staat en die mense van hom verwag. 'n Leviet sal altyd die Waarheid verruil vir dit

wat die mense wil hê en wanneer dit gebeur dan is dit ook nie lank nie dan begin moraliteit ook

verdwyn, so kom die wêreld in die kerk in.

Dan lees ons in Esegiël 44:24: (Die Sadokiete) "En oor 'n regsaak moet hulle optree om reg te spreek,

volgens my verordeninge moet hulle dit uitoefen;" 'n Sadokiet, 'n regverdige leier sal altyd standpunt

inneem en dinge volgens Bybelse standaarde oordeel, terwyl 'n Leviet altyd 'n middeweg sal soek. Met

die Toronto dwaling was daar aan vooraanstaande kerk leiers gevra wat hulle standpunt is oor hierdie

dinge, maar instede daarvan dat hulle standpunt ingeneem het, het baie gesê die mense moet maar die

vis eet en die grate uitspuug! Die lig is nie groen nie en ook nie rooi nie, die lig is geel! Hierdie mengsels

is deur baie kerk leiers goedgekeur, en baie ander was draadsitters, polities korrek. Dit is verderflike

kettery!

Ons moet onthou dat Esegiël nie net vir sy tyd geprofeteer het nie maar ook vir die tyd waarin ons nou

lewe, en dit maak nie saak in watter kerk u is nie, die vraag is, is daar 'n geheime bose vreemdelinge aan

die werk in jou gemeente? Is daar ooreenkomste en samewerking met liberale Protestante, met die

Roomse Kerk, die godsdienste van die wêreld, mense met verskuilde agendas? Is jou leier oppad na

Babilon? As dit gebeur moet u weet dit is die einde van Ware aanbidding. Die Graan word gemeng met

gif en die Wyn en Olie is weg.

Gee jou kerk leier aan die mense wat hulle wil hê, of gee hy aan hulle wat God sê hulle nodig het? Met

ander woorde: Bedien hy mense of bedien hy die Here? Laat jou leier mengsels "akatharis" tussen goed

en kwaad toe, leer hy mense om te onderskei? Beskerm hy die skape teen die wolwe, of is hy 'n

huurling? (Joh.10) Staan hy op vir Bybelse standaarde of is hy 'n draadsitter? Hierdie is nie vrae wat ek

vir jou moet beantwoord nie, ek kan nie jou lewensweg vir jou kies nie maar ek kan jou net vertel dan

daar 'n weg is wat vir die mens reg lyk, maar die einde daarvan is die dood.

As jou pastoor of predikant 'n Sadokiet is, bid vir hom en staan hom by met alles wat jy kan, hy het dit

nodig. Hy is miskien nie volmaak nie maar hy is 'n goeie man en hy is 'n man van God, moet nie die os

muilband wat die waaragtige ploeg trek nie. Pasop vir die huurlinge, die Leviete wat met die ekumeniese

pad oppad is na Babilon. Jy kan vir hulle bid maar jy mag hulle nie ondersteun nie, want hulle verdien dit

nie, en as jy hulle ondersteun dan het jy deel aan die misleiding.

God seën u. †††

12

www.Moriel.org

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!