17.09.2013 Views

2de Sondag na Trinitatis 2013 - Jes 551-3

2de Sondag na Trinitatis 2013 - Jes 551-3

2de Sondag na Trinitatis 2013 - Jes 551-3

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

´n Mens leef nie net van daaglikse brood alleen nie

2 de Sondag na Trinitatis

9 de Junie 2013

“Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die

Heilige Gees sal by julle almal wees.“ -2. Kor. 13:13-

1. Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en

eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. 2. Waarom weeg julle geld afe

vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig

na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. 3. Gee

aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe.

Jesaja 55, 1-3

’n Gelykenis: Eendag was daar ’n Godvresende man. Die Gees het hom na die woestyn toe

gelei. Vir 40 dae lank het hy hom van die samelewing onttrek. Sy enigste voedsel was brood. Toe

kom die duiwel, die versoeker na hom toe en sê: “’n Mens leef nie net van brood alleen nie...”

(Deu.8:3) “Kyk na al die gawes wat God geskenk het. Hulle is daar vir jou sodat jy jou lewe in

volheid en met oorgawe kan geniet. Gebruik tog elke minuut wat aan jou gegee word, en maak jou

lewe tog die moeite werd!” En hy het verskeie tydskrifte voor sy voete neergelê: motortydskrifte,

tydskrifte oor eksotiese bestemmings, tydskrifte waarin naakte vrouens in pryk, ’n televisieuitsending

tydskrif, sporttydskrifte, finansiële tydskrifte – aandelebeurse, markverslae - tydskrifte

wat eiendomme adverteer, binnehuisversieringstydskrifte, tydskrifte met interessante idees vir die

tuin, loopbaangerigte tydskrifte wat beloftes vir verskeie beroepe, t.o.v. rykdom en roem inhou....

Daar het baie tydskrifte voor sy voete te lande gekom sodat die koop-gier die man moet beetpak,

sodat die dors en honger na lewe geles kon word. Want: “’n Mens leef nie net van brood alleen

nie.” En die man het teruggekeer huis toe. Hy het deur die tydskrifte begin blaai...

Liewe gemeente! Nee, dis nie ’n verhaal van versoeking soos ons die verhaal van Jesus wie in

die woestyn versoek is nie. Maar die verhaal is tog aan almal van ons bekend.

Hierdie gelykenis weerspieël baie karakters in die Bybel: Dawid wat na lewe hunker en d.m.v.

owerspel met Batseba te pleeg, dink dat hy die lewe ontdek het. Die ryk jong man, wat d.m.v. sy

eerlike lewe en rykdom die lewe probeer vind. Martha wat pligsgetrou in die kombuis werskaf.

Saggeus, die tollenaar. Die Fariseërs, wat dink hulle het die lewe ontdek deur die slaafse

navolging van wette. En nog baie ander ook. “’n Mens leef nie net van brood alleen nie.” Nogtans

bly almal soekend, die tong bly aan die verhemelte vasgekleef. Sommiges, soos Saggeus, is baie

bewus daarvan. Vir sommiges moet die feit dat hulle soeke na lewe teen die wil van God is, aan

die lig gebring word, soos bv. Dawid. Sommige mense weet nie dat hulle op soek is na die ware

lewe nie, dat hulle honger en dors is, en dit moet aan hulle openbaar gemaak word, soos die ryk

jong man of die Fariseërs.

Ek sien myself in hierdie gelykenis raak. Die duiwel wat ongenooid homself in my lewe

tuismaak, deurdat een na die advertensie my daartoe noop om brood te koop, wat nie die honger

en dors les nie.

“’n Mens leef nie net van brood alleen nie!” Dit is waar. Die duiwel maak Jesus se Woord sy eie,

’n Woord wat ook na die Ou Testament verwys. Die duiwel stel ’n alternatief voor. Lewe word

gevind deur middel van al die aanbiedings wat in tydskrifte te vinde is.

Dikwels word ons ook deur hierdie alternatiewe wat die duiwel stel verblind en gevange

geneem. Ons tel ons geld sodat ons lewe kan koop, ons dors na ware lewe te les: motor, huis,

kleding, vakansie. Ons spaar geld sodat ons ’n lewe vir môre kan koop, die honger na lewe te stil:

pensioen, woonhuise, beleggings. Ons gee alles, werk hard, spaar en samel deur die bitter

verdienste in, sodat ons die lewe in oorvloed en ten volle kan geniet. Ons herken dat ons mense

wat honger ly en dors is. Ons weet dat die lewe meer is as net brood: “Die mens leef nie net van

brood alleen nie!”

Maar daar, waar ons uitgelewer is aan die alternatiewe van die duiwel, bly ons steeds

soekende. Net soos ’n hert wat dors na vars water, net so smag ons ook na die ware lewe.

Dit is baie goed dat God ons nie alleen in ons soeke los nie, maar dat Hy vir ons ’n Natan stuur,

wat ons op afdraaipaaie en dwaalweë opsoek – soos die geval met Dawid. As Hy ons daarvan

bewus maak dat ons aan sekere goed vasklou – soos die ryk jong man. As Hy ons in ons nood

raaksien en vanuit die boom na ons roep en na ons toe kom – soos Saggeus. As hy ons in die

middel van ons werk oproep ons stil te staan, en ons uitnooi om te luister – soos Marta.

Dan begin ons besef. Ons is op soek na lewe. Ons is honger en dors, ons smag daarna. Ons

soek na die lewe in die ware sin van die woord. Brood wat waarlik versadig maak. Water, wat die

dors les.

En Jesaja skenk aan ons vandag hierdie voedsel vir die lewe: 1. Kom, almal wat dors is, kom na

die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en

sonder om te betaal, wyn en melk. 2. Waarom weeg julle geld af vir iets wat nie brood is nie,

waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet

wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. 3. Gee aandag en kom na My toe,

luister, en julle sal lewe.”

Die mense van Israel het hulle afgewend van die bron van ware lewe. God het hulle met die

Babiloniese ballingskap gestraf. Daar was hulle van die beloofde land geskei. Hulle was nie net

ver weg van die beloofde land af nie, maar ook van God af. Nou het hulle daar gesit, verlate,

onderdruk, terneergedruk, wanhopig, gestroop van toekomsplanne, sonder hoop. Het God hulle

vergeet? Het Hy Sy belofte laat vaar?

Maar op hierdie afstand, kan die mense die werklike lewe hoor, kan hulle lewe koop, sonder om

daarvoor te betaal. Kom!, so nooi God hulle uit. Luister!, roep Hy uit! Vind lewe in en by My!

“Die mens leef nie net van brood alleen nie, maar hy leef van elke woord wat uit die mond van

God kom!” (Deuteronomium 8:3) Nie net ’n halwe waarheid nie, maar die reine waarheid, alles!

Die mens leef nie net alleen van brood nie, maar ook nie van die verskillende aardes gawes van

God nie. Nie net van daaglikse brood en alles, wat dit behels nie. Maar van God se Woord. Die

Woord van God skenk ons lewe in die ware betekenis van lewe. Hy skenk dit verniet, geen geld

kan dit koop nie!

Teen al die valse alternatiewe, teen die leuen van die duiwel, teen die halwe waarheid wat ons

nie selde nie, maar wel alledaags d.m.v. tydskrifte, die media en ander middele voorgehou word,

laat God sy Woord hoor. Teen die versoeking die lewe in die daaglikse brood en alles wat dit

behels te soek, laat God sy Woord hoor, wat ware, ewige lewe aan ons skenk.

“Waarom weeg julle geld af vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan

versadig nie?” Ons moet hierdie stelling nie verkeerdelik verstaan nie. Daar is niks mee verkeerd

om jou geld af te weeg (d.w.s. te tel) nie, daarmee te woeker en te werskaf en te spaar nie. Dis nie

verkeerd om ’n motor of ’n huis te besit en vreugde en behae daarin te skep nie. Die huis te

meubileer en huislik in te rig nie. Te ontspan en weer tot verhaal te kom nie, om jouself met iets te

bederf, te reis, op vakansie te gaan nie. God het self ’n rusdag ingestel en dis baie belangrik en

God wil dit ook so hê. Hy skenk ook aan ons Sy gawes sodat ons dit kan gebruik en dit te geniet,

en Hom as die Gewer van alle goeie gawes sal herken en dankbaar te wees vir al Sy gawes. Maar

die lewe bestaan uit meer as net die uiterlike dinge. ’n Oorvloedige, waardevolle, sinvolle en

doeltreffende lewe, is alleen ’n lewe saam met God en van God af. Ware lewe word alleen by God

gevind.

Hy skenk aan ons die lewe deur middel van Sy Woord. Kom, stil julle honger deur My Woord!

Luister!

Hoor ons nog die stem van God as ons rugby, krieket of tennis op TV kyk? Het Hy nog ’n sin in

die familie? Hoor ons nog Sy lewensgewende stem, daar waar ons gemoeid is met voorbereiding

vir die eksamens? Of weerklink die wêreldse beloftes oorverdowend in ons ore? “Hier kan jy lewe

vind – sit maar die stiltetye deur God se Woord te bestudeer opsy, asook Sy diens op Sondae!

Koop met jou swaarverdiende geld die teenswoordige lewe!” Hoor ons nog God se stem hier in die

erediens of tuis tydens boekevat? Of verbreek die gedagtes aan die dag van môre en die

komende week hierdie stiltetye? “Wat wag alles op ons in hierdie komende week, wat hou môre

vir my in? Hoe en waarop kan ek my geld spandeer om lewe te koop?”

Dus “Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe.” Erken dat jy dors het! Erken dat

jy honger is! Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge!” (Luk. 10,41), so roep Jesus

en nooi haar uit om te luister. “Saggeus, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis

ly!” (Luk. 19,5), so verkondig Jesus Sy genade aan Saggeus. Jy, wat honger is vir die lewe, maar

wat so maklik deur die aanbiedinge wat die wêreld verslind word; jy, wat dors is na die lewe en

deur die daaglikse gejaag, die inkopietogte en verkope, heen-en-weer ritse, nie versadig raak nie;

jy, wat deur die valse voedsel wat die wêreld bied, moeg en oorlaai bly staan; jy, wat deur alles

wat die wêreld jou bied voor oë gehou word, na ’n sinvolle lewe smag - 1. Kom, almal wat dors is,

kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder

geld en sonder om te betaal, wyn en melk. 2. Waarom weeg julle geld afe vir iets wat nie brood is

nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan

eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. 3. Gee aandag en kom na My toe,

luister, en julle sal lewe.

Hier, tydens die erediens, word jou verlange, jou smagtinge, jou honger en dors na ’n sinvolle,

waardevolle lewe geles. Die pyn wat in jou binneste brand, word genees. God skenk aan jou, hier

tydens hierdie stilte, in die woestyn van jou lewe, Sy lewegewende Woord. Hier kan jy luister en

hoor, en daardeur kry jy ryk voedsel en kan jy jouself aan God se kosbaarhede ryklik lawe, want

God neem jou deur Sy Woord in Sy gemeenskap op.

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” (Mat. 11,28), so word

ons met die teksvers vir die week aan Jesus se Woord herinner. God se groot en hartlike

uitnodiging na die lewe in Sy Seun, Jesus Christus. “As iemand dors het, laat hy na My toe kom

en drink!” (Joh. 7,37), so nooi Jesus jou uit. God se uitnodiging word vandag weer opnuut aan jou

uitgereik, soos Johannes in die Openbaring skryf: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom;

elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!” (Op. 22,17). Hier, tydens die

erediens, d.m.v. sang, gebed, luister, en proe, word jou honger gestil en jou dors word geles.

Want hier neem God jou weer opnuut in Sy gemeente op, ’n gemeente wat ’n ware, sinvolle lewe

beloof.

Dit is verseker so dat ons van hier af weer ons alledaagse lewe tegemoet gaan. Ons word deur

die Gees na die woestyn gedryf, en daar kan ons versadigde lewe vinnig en maklik uitgedroog

word. Want daar word ons diens aan ons naaste vereis – fisies sowel as geestelik. Dat ons hulle

in hulle liggaamlike nood bystaan. Dat ons hulle ook tydens hulle geestelike nood sal bystaan en

help. Ons sal mense ontmoet, en hulle sal na ons toe kom wat self smagtend en honger is na die

ware brood, en daarmee saam ontvang ons die opdrag om aan hulle die Woord van God te

verkondig. En steeds sal die duiwel, met al sy valse voorwendsel, aanbiedinge en beloftes, ons

probeer van God af weg te lok. Met al sy aantreklike advertensies sal hy alles in sy vermoë doen

om ons aan die wêreld te bind en ons te lei om brood te koop, wat nie versadig maak nie.

Maar al voel ons ook hoe klein en magteloos, hoef ons nooit moed te verloor nie. God laat hom

vind. Hy versterk ons, Hy lawe ons, stil ons honger en les ons dors. Deur Sy Woord skenk Hy ons

ware lewe en maak vir ons die lewe die moeite werd en betekenisvol. “Gee aandag en kom na My

toe, luister, en julle sal lewe.” ’n Moeë, onwelvoeglike lewe, ’n lewe met sinnelose gewoontes,

word deur God se Woord gereinig en met nuwe lewenskrag gevul.

Die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal ook oor julle harte en gedagtes die wag

hou in Jesus Christus. Amen

Ds. Helmut Paul

Wittenberg, Suid-Afrika

(vertaling)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!