16.09.2013 Views

Algemene Patologie vir die Voëlboer - Pretoria Parrot Club

Algemene Patologie vir die Voëlboer - Pretoria Parrot Club

Algemene Patologie vir die Voëlboer - Pretoria Parrot Club

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Algemene Patologie vir die Voëlboer-

CURRICULUM VITAE Dr Gerhardus Scheepers

Is op 26 April 1974 gebore in Vryburg, het in die omgewing groot geword en Matrikuleer in

1992 aan Hoërskool Stella as Dux Leerling.

Gradueer op 18 Junie 1999 aan Fakulteit Veeartsenykunde Onderstepoort, Universiteit van

Pretoria.

Gaan daarna na Engeland vir 18 maande en doen locum werk in verskeie dele van die land,

die meeste daarvan in Yorkshire. Keer na Suid Afrika terug en begin in 2001 in Brits te werk.

Gaan in Beslote korporasie in 2004 en in 2010 gaan ek op my eie en is tans die eienaar van

B&S Dierekliniek t/a Brits Dierekliniek.

Het ʼn besondere belangstelling in chirurgie en dan ook wild werk, geniet dit om eksotiese

werk te doen is altyd ʼn uitdaging.

Algemene Patologie vir die Voëlboer

1. Voordat daar gekyk kan word na patologie, moet jy eers verstaan wat is patologie, wat

omskryf die woord.

In kort verduidelik- dit beteken enige iets wat van die normale anatomie verskil, hetsy dit

voor of nadoodse veranderinge is. In die geval van nadoodse veranderinge praat ons in die

algemene taal van “post mortal changes”, hierdie veranderinge is gewoonlik sekondêr. Dit is

gewoonlik die patologie wat voor dood plaasvind waarin ons belangstel.

Uit bogenoemde kort inleiding, behoort dit vir u duidelik te wees dat kennis van die normale

redelik belangrik is om die abnormale te kan uitken. Vir hierdie rede sal ek dus die normale

anatomie van die voël aan u voorhou sodat u vertroud kan raak daarmee en sodoende

makliker kan sien as iets abnormaal is.

2. Normale anatomie- In voëlvlug

Daar is twee hoofpunte wat voëls uniek maak en dit is die feit dat hulle nasate van reptiele is

en dat hul kan vlieg. Hul beenweefsel is dig sterk en ryk aan soute, dit bevat ongeveer 84%

anorganiese stowwe waar jou soogdiere so tussen 66 en 70% bevat. Die skedel bene se nate is

verbeen en daar is groot lugholtes in die skedel. Die bo (maxilla) en onderkaak (mandible)

kan beide beweeg in voëls.

a. Die laaste nekwerwel is met die eerste 3 borswerwels vergroei. Die

borswerwels is ook almal vergroei behalwe nr 4 wat los is en dus gevolglik ʼn

swak plek tot gevolg het. Van die langbene is verbind met die lugsakke en in

voëls is die ulna groter as die radius. By voëls is die bekken ventral onvolledig

wat die passering van eiers vergemaklik. Die bene van die werwelkolom,

ribbe, sternum en bekken word deur lugsakke gepenetreer en vervang

sodoende die murg in die bene.

b. Die spierstelsel bestaan uit beide rooi en wit spiervesels. Daar is by die

hoender 16 aparte liggaam holtes, 8 van hul is lugsakke, die res is 5 peritoniaal

, 3 pleuraal en perikardiaal.

c. Die snawel het besondere ryk sensoriese senuwee voorsiening en is met

keratien bedek wat gedurig groei. Die tuba auditiva (Eustachian buisie) is nie

met slymvlies afgesluit by voëls nie sodat daar nie druk verskille is tydens

vlug nie.

d. Die slukderm loop aan die regterkant van die nek en net voor dit by die bors

ingaan is daar ʼn sakagtige verwyding – die krop (Ingluvies). Dit dien as

bergplek vir voedsel waar dit sag word en uitswel, maar daar is geen chemiese

vertering in die krop nie. Daar is wel produksie van kropmelk wanneer daar

kleintjies is, maar verskil van soogdier melk in die sin dat dit geen koolhidrate

en kalsium bevat nie. Vervolgens gaan die slukderm oor in die pars

glandularis (pro-ventriculus) en pars muscularis(ventriculus). Daarna vloei dit

oor in die duodenum, jejunum en ileum en eindig met die gepaarde cecum en

rectum. Papegaaie het egter nie cecums nie.

e. Die pankreas lê in ʼn u-vorm in die duodenum, die lewer bestaan uit linker- en

regterlobbe en le op die sternum en kan met onverskillige inspuit tegniek

beseer word. Duiwe volstruise en papagaaie het nie galblase nie. Die milt is

rond in voorkoms.

f. Die asemhalingstelsel bestaan uit die volgende komponente- larynx, trachea,

syrinx, long en lugsakke. Soos reeds genoem is daar 8 lugsakke.

g. Onder die geslagstelsel kyk ons na manlike en vroulik onderskeidelik. Vroulik

sien as volg daar uit- Slegs die linkerkant se stelsel ontwikkel, regs bly

rudimentêr. Dit bestaan uit die Ovarium, Oviductus met die volgende

komponente (Infundibulum, magnum, isthmus en die uterus en eindig in die

vagina). Manlike geslagstelsel. Begin by die testis wat dorsaal aan weerskante

van die middellyn lê. Die epididymis wat uitloop in ductus deferens en in

kloaka uitmond.

h. Die niere vorm deel van die urinêre stelsel en mond by die middel van die

uterus in die kloaka uit.

i. Die oog van die voël is besonder groot en word beskerm deur die knipvlies of

membrane nictans.

j. Die vel gee oorsprong aan die vere, en ook die skubbe wat die pote bedek.

Ek vertrou u het nou so ʼn basiese idee van die anatomie van die voël.

Ek kom by my hok en vind ʼn dooie voël – wat doen ek volgende?

3) Uit ʼn patologiese benadering kan u as volg te werk gaan.

KLINIESE SIMPTOME VOOR DOOD IS BAIE BELANGRIK om die diagnose te maak

indien moontlik. Die omgewing of hok moet ook ondersoek word vir enige abnormaliteite.

Observeer die omgewing waar u die voël vind. Is daar enige snaakse veranderinge in die

omgewing, wat kan dui op predasie of iets dergeliks, enige liggaamsvloeistof wat uitgeloop

het.

Sodra u die karkas optel is dit baie belangrik om eers na die toestand van die karkas te kyk,

voordat daar enige vere verwyder word. Hoe lyk die algemene kondisie van die voël, is die

vere mooi of lyk dit gehawend. Wat is die toestand van die snawel en pote. Dan voël u oor

die borsbeen na die kondisie van die voël. Deur net na die bogenoemde punte te kyk kan ons

vinnig ʼn paar gevolgtrekkings maak.

Hierdie gevolgtrekkings of inligting is baie belangrik indien u met u veearts die situasie moet

bespreek want dit gee ons agtergrond oor die geval, wat jy nie altyd het, as die karkas net op

jou tafel beland nie.

a) Hoe lyk die voël se kondisie? Is die borsbeen baie prominent dan dit kan daarop dui

dat die voël se kondisie swak was en heel waarskynlik het dier nie goed geëet nie,

m.a.w. die Voël kan al paar dae siek wees. Indien die kondisie goed is, vermoed

eerder ʼn meer akute oorsaak van dood.

b) As die vere onversorgd lyk kan dit ook daarop dui dat die voël die laaste paar dae dalk

ongesteld was.

c) Is daar enige diarree teenwoordig wat jou kan lei in die rigting van gastriese

intestinale probleme en ook ontwatering tot gevolg kon hê. Is daar enige uitloopsel uit

die bek en wat se kleur is dit.

4) VOORSORGMAATREELS VIR ʼn NEKROPSIE VAN VOËLS

Sekere ZOONOSES (siektes oordraagbaar van dier na mens) kan van voëls, insluitend

papegaaie na ons toe oorgedra word.

Chlamydiose (Papegaai koors)

• Salmonella

• Campylobacteriose

• Mycobakteriose (TB)

Deur die karkas nat te maak met water of ontsmettingsmiddel (bv. F10 SC) kan blootstelling

aan lug “aerosols” en irriterende vere en verestof beperk word.

Die beste is om in ʼn dampkas te werk as Chlamidiose vermoed word, maar dit is net by

gespesialiseerde laboratoriums beskikbaar.

Indien ʼn post mortem nie dadelik uitgevoer kan word nie, maak die karkas nat en plaas in dun

plastiek sak in die YSKAS.

Moet NOOIT ʼn karkas vries nie, aangesien ontdooiing die weefsel so beskadig dat ʼn

diagnose nie gemaak kan word nie.

5) STAPPE OM TE VOLG INDIEN KARKAS IN HOK GEVIND WORD

• KARKAS ID

o Ouderdom

o Spesie

o Kleur

o Ring no., tatoe, mikroskyfie

o Enige identifiserende merke

• Hierna begin jy gewoonlik deur die vere te verwyder, begin op die ventral buik

gedeelte en verwyder alles tot bo in nek. Verwyder ook vere op die kop. Wat wil ons

hierdeur bereik.

Dit is belangrik om te sien of daar enige letsels of merke op die karkas is. Deur na die vel en

elastisiteit daarvan te kyk, kan ons sien of dier ontwater was of nie. Enige donker kolle onder

die vel kan op bloedings dui wat na ʼn besering kan wys. Dit is veral belangrik op die kop,

aangesien sommige voëls skielik kan opvlieg as hul skrik en dan hul koppe teen die hok

stamp en dis veral ʼn probleem in die nag as knaagdiere of predatore hulle in hokke laat

skrik.

• PALPASIE (voël die karkas)

Kyk na die algemene liggaamskondisie. Die liggaamsgewig ?

ʼn Prominente borsbeen kan gewigsverlies aandui.

Voël vir swelling massas in of onder die vel – fisiese misvormings of frakture (been breuke)

Kyk na die vel, slymvliese en veerkondisie. Die bek en naels moet ook versigtig nagegaan

word.

ʼn Voël se vel is dun en deursigtig, anders as soogdiere sin.

Akkumulasie van skubbe en korse op bene, voete en “cere” kan dui op parasitiese (myte),

bakteriese of virale siektes.

Skubbe of swellings van die vel of slymvliese kan dui op neoplasie (kanker), granulome,

bakteriële of virus geïnduseerde letsels.

Verlies of misvorming of kleurverandering van VERE kan dui op virale, fungus, pokke of

voedings siektes. Veerfollikels wat onderontwikkelde vere bevat en abnormale nuwe vere

bevat kan dui op byvoorbeeld Bek en Veer siekte. (Psittacine Beak and Feather Disease-

PBFD)

PBFD is baie algemeen onder Ringnekke, African Greys, Cockatoos en Amazons.

• Frakture van bloedvere kan dui op trauma.

By Cockatoos en African Greys is die teenwoordigheid van verestof ʼn indikasie of die

veerpoeier produksie werk of nie. Cockatoos het normaalweg baie verestof. African Greys

met baie verestof en ʼn droë vel kan ʼn indikasie wees van bv. ʼn vitamien A tekort en ʼn tekort

aan voorsiening bv. badwater of mikrobesproeiing om humiditeit te verhoog.

• Bek of naels moet ondersoek word vir frakture, misvorming.

Nael patologie kan lei tot lamheid

Bek patologie kan lei tot wanvoeding

• PBFD kan lei tot bek en veer misvorming.

• Die vel oor die skedel moet ook verwyder word om te kyk vir bloedings as gevolg

van trauma aan die kop.

• Alle liggaamsopeninge, die oë, ore, neusgate en orale holte (bekopening) en kloaka.

Ondersoek die bogenoemde vir afskeidings, massas, vreemde liggame, ulserasies of

“plaques.”

ʼn Oogafskeiding kan dui op Chlamydiose, bakteriele, virale of mycoplasma infeksies.

Periokulere (om die oog) skubbe en massas en orale plakke (plaques) kan Pokkevirus wees.

Orale plakke kan dui op ʼn vitamien A tekort, trauma, brandwonde, bakterieë, virale en

parasitiese infeksie.

Psittacine “Beak and Feather Disease” kan nekrose van die verhemelte en tongpunt

veroorsaak.

ʼn Vuil Kloaka kan dui op derm sieke (enteritis) of kloaak disfunksie. Geel of groen urate

(urien kristalle) kan dui op lewer of derm siekte.

In Amazons kan kloakale massas a.g.v. papillome (vratte) lei tot kloaak prolaps.

ʼn Smeer(“swab”) van die choanal split (verhemelte) en kloaka kan geneem word vir

mikrobiologiese kultuur of virale isolasie. (ook Chlamydiose)

• Dissekteer

Ek begin gewoonlik deur die karkas van kaudaal na kraniaal oop te maak. Gebruik skêr en

knip kloaka af oop na voor aan beide kante van die bors, knip deur die sleutelbeen en

verwyder dan borsgedeelte en plaas langs karkas.

Dit is nou uiters belangrik om alles wat u sien in te neem. U behoort nou ʼn prentjie voor jou

te sien van al die ingewande, asook die hart tot byna by die krop. Waarna moet ons nou kyk?

Dit is belangrik dat jy dit sistematies doen en elke persoon verskil oor hoe hy dit doen. Ek

kyk gewoonlik eerste na toestand van die lugsakke.

• Lugsakke: Hulle moet helder glinsterend en skoon wees – enige verdowwing,

aanpaksel of verdikking in hulle is abnormaal en dui gewoonlik op ʼn bakteriële

infeksie hetsy primêr of sekondêr.

• Hart: Kyk na die hart in sy sak – dit moet ook skoon wees. Is die hart se grootte in

verhouding met res van organe, indien daar enige etterige veranderinge is, kan dit ook

op pericarditis dui. Aspergilose in die abdominale lugsakke lyk soos ʼn fluweel geelgroen

mat.

• Lewer: Indien die lewer geswel, bleek of dofgeel lyk kan dit dui op hepatitis

(lewerinflammasie of infeksie) of erge vetterige lipadose (vet infiltrasie). Multifokale

geel verkleuring (kolletjies) van die lewer kan dui op nekrose sekondêr tot

chlamidiose, bakteriële , virale of swaminfeksie.

Dan knip mens die vel al met die nek langs oop tot bo by die snawel.

o Trachea- Nou kan jy die trachea (lugpyp) visualiseer, asook die slukderm en krop.

Knip op hoek waar bo en onder snawel bymekaar kom deur en vlek bek ook oop. Hier

kyk ons vir enige letsels in die bek en keel area, gelerige ulsurerende areas kan dui op

kropkanker (trichomonias ) infeksie. Bloeding in die nek area kan dui op traumatiese

besering.

o Organe: Ek verwyder dan nou gewoonlik die ingewand organe en begin dit

sistematies deurgaan. U sal sien dat die longe agter bly en op hul eie verwyder kan

word. Die longe word ge-evalueer volgens hul kleur, moet ligpienk wees, daar kan

egter donker gedeeltes wees, wat kan dui op nadoodse verandering wat ons bloed

states noem, so dit mag normaal wees.

o Die dermkanaal sny ek nou in totaliteit oop. Hier evalueer ek die inhoud daarvan,

oppervlak se voorkoms en dan ook vir die teenwoordigheid van parasiete. Die

pankreas lê in ʼn u-vorm in die duodenum en inflammasie kan dui op pankreatitis.

Atrofie (verkleining) kan dui op onvoldoende pankreas funksie ( Exocrine pancreatic

insufficiency). Hierdie voëls kan nie hul kos verteer nie en bring soms onverteerde

heel sade op.

ʼn Gedilateerde proventrikulus (veral in Macaws) kan dui of Psittacine Dilated Proventricular

disease. (Vergroting van die proventrikulus (voormaag) a.g.v. van ʼn senuwee siekte

veroorsaak deur ʼn virus). Sny die spiermaag oop en kyk na inhoud en verwyder harde geel

voering en sien of daar enige bloedings teenwoordig is.

o Die trachea (lugpyp) word van bo af (sny die bek oop) tot by die syrinx (by

vertakking na longe toe) oopgesny. Kyk vir enige bloed of vloeistof, ulserasies, geel

plakke (vit A tekort of aspergilose). Die longe is vas aan die rug (toraks) en word daar

ondersoek. Moet lig dieppienk en effens sponsagtig wees. Verkleuring kan dui op

longontsteking. Stukkies kan verwyder word vir kultuur en histopatologie.

o Sny nou die slukderm (oesophagus) oop tot by die krop. (Geel plakke in keel en bek

kan dui op Vit A tekort in papegaaie. (In duiwe kan dit dui op kropkanker

(trichomoniase). Is daar kos in die krop? (veral babapapegaaie-smeer gedoen vir

candidiase, suurkrop?) Die krop inhoud moet ondersoek word vir abnormaliteite (bv

ingeslukte voedingbuisie) en brandwonde a.g.v. te warm kos wat gekrop voer is.

o Proventikulus (voormaag) en die ventrikulus (spiermaag) inhoud moet onder soek

word. Is daar kos ? Het die voël geëet en wat hy geëet? Let op vir vreemde

voorwerpe, stukkies metaal of giftige plante.

o As jy nou weer na karkas kyk sal jy sien die nier is ontbloot teen rug en so ook die

geslagsstelsel evalueer. Die niere moet rooierig van kleur wees. Swelling kan dui op

nierversaking. Met erge nierversaking word druk uitgeoefen op die ischiadicus

senuwee en kan die voël verlam in die bene voorkom . Nierversaking word onder

andere veroorsaak deur swaarmetaal vergiftiging.

U sal egter sien met baie van die siektes is die veranderinge in die organe regtig eers op

histopatologiese vlak sigbaar. Op makroskopiese vlak wat ons nou vinnig deur gegaan het, is

dit belangrik om kleur en algemene voorkoms te evalueer. Die diagnose word gewoonlik

mikroskopies bevestig, maar mens kweek die ge voel aan vir wat is normaal en wat is

abnormaal.

o Dit is egter belangrik om kennis te neem dat hierdie slegs ʼn vinnige oorsig van

patologie is en glad nie in diepte is nie.

Dit is belangrik om altyd u self so goed moontlik te beskerm teen potensiële besmetting. Ons

gebruik gewoonlik handskoene, ʼn gesigmasker en as daar vermoede van sitakose is, doen ons

ondersoek in ʼn dampkas. Dit is ook belangrik om monsters te neem in formalien vir

mikroskopiese waarneming en dan ook deppers vir bakteriële kultuur en antibiogramme.

Bronne:

Dr. Minette Nel (BVSc)

Bron - AVIAN MEDICINE: Principles and Application Ritchie, Harrison and Harrison

Anatomie van huisdiere- Le Roux & Smuts 1986

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!