Toespraak inhuldiging.pdf - Voortrekkers

Toespraak inhuldiging.pdf - Voortrekkers Toespraak inhuldiging.pdf - Voortrekkers

voortrekkers.org.za
from voortrekkers.org.za More from this publisher
16.09.2013 Views

sameswering. Soos dit vir N.J. van der Merwe ’n voorreg was dat Kestell hom as hoofleier ingehuldig het, is dit vandag vir my ’n reuse voorreg om deur Prof. as hoofleier ingehuldig te word. Dankie aan my kinders, Anneke, Niel, Carike en die tweeling Duane en Merie. Ek staan vandag hier in die eerste en laaste plek as hulle pa. ’n Pa wat glo daar is vir my kinders ’n toekoms in hierdie land, maar ook dat ek as pa my moue moet oprol en hard moet werk om vir hulle daardie toekoms te help skep. En dan ’n laaste, maar belangrikste dankie aan die enigste persoon wie dit regkry om my verskriklik kwaad te maak, wie graag daarvan hou om my te vertel wat ek moet doen, hoe ek moet ry en wat ek moet sê, maar ook by wie ek die gelukkigste is, my beste vriend, grootste vertroueling, my steunpilaar, my anker... Melanie. Iemand wat self ’n Vrystaatse Voortrekker was, wat as jeuglid die hartklop en polsslag van Die Voortrekkers leer ken het en ook iemand met ’n diep liefde vir Doornkloof. Melaan, dit is ondenkbaar om vandag hier te staan sonder jou liefde en ondersteuning. Vriende, meer as een gebiedsleier het Donderdagaand daarop gewys dat Die Voortrekkers voor ’n belangrike qua vadis-vraag staan. Die vraag waarheen nou? Die antwoord op hierdie toekomsvraag lê in ons identiteit – wie ons as Voortrekkers is. Vanjaar is die 175ste herdenking van die Groot Trek. Historici sê die Groot Trek het bestaan uit 2 540 gesinne, 23 000 mense, honderde duisende stuk vee, 60 kilometer breed – grensverskuiwend, saakmakend, rigtinggewend in alle opsigte. Toe hulle oor die Oranjerivier getrek het, was daar niks. In een generasie het hulle republieke gestig. Stede soos Pretoria, Bloemfontein, Johannesburg en dorpe soos Kroonstad, Lydenburg, Rustenburg is aangelê. Hulle het paaie, myne, universiteite gebou, ’n regstelsel, onderwysstelsels, munisipale wetgewing en grondwette ontwikkel. Deur uitnemende prestasie het hulle vir hulle en hul kinders ’n toekoms geskep. Hulle invloed strek verder as die grense van tyd en dekades tot vandag. Ons vergader hier as mense wat onsself na hierdie mense vernoem het. Ons naam, Die Voortrekkers, definieer ons. In ons naam, Die Voortrekkers, is eeu oue kulturele krag, Afrikaneridentiteit en tradisies opgesluit. Ons moet die kulturele diepte en impak van ons naam weer in ons eie tyd afstof, dit herontdek en uit die krag daarvan leef. Dit is ons grootste enkele uitdaging. Ons eie reis deur die kontoere van die 21ste eeu is nie minder saakmakend, rigtinggewend en grensverskuiwend nie. Ook ons generasie sal soos die Voortrekkers van ouds vir ons kinders nuwe weë moet baan en nuwe koers moet aandui. Ook ons prestasie, of die gebrek daaraan, het ’n direkte invloed op die toekoms van ons kinders. Ons leer by hulle: Prestasie skep toekoms.

Ons, as kinders van die Groot Trek, het in die 175ste herdenkingsjaar van regoor Suid-Afrika en Namibië in die Voortrekkerhoofstad, Pretoria, bymekaargekom om antwoorde te vind op drie vrae. Hierdie kongres het die drie vrae deur ons toekomsplan en besluite daaroor beslissend geantwoord. Die eerste vraag is: Wat is in hierdie tyd nodig vir die ontwikkeling van Afrikanerkinders as uitnemende leiers? Ons kan ons Afrikanerkinders in ’n hoek vasverf en soos die ou Hallejula-liedjie sing “Jy in jou klein hoekie en ek in myn”, of Die Voortrekkers kan ’n leidinggewende rol speel om die Afrikanerjeug te ontwikkel as uitnemende leiers wat oor tyd groot invloed kan uitoefen. ’n Geslag of wat gelede het Die Voortrekkers presies dit reggekry. So was Louis van der Watt van Atterbury Properties, Michael Jordaan, CEO van FNB, en Nicholaas Kruger, CEO van Momentum, almal in dieselfde span. Theuns Eloff, Magdaleen Kruger en F.W. de Klerk was almal Voortrekkers tot matriek en het uitgestyg as uitnemende leiers. Ons kan dit weer doen as ons verstaan uitnemendheid is nie ’n kleindorpse vergelyking met ander nie, maar ’n strewe om binne eie potensiaal steeds hoër te beur en die beste tradisies van Die Voortrekkers daardeur eer aan te doen. Om uitnemende leiers te vorm, sal ons die voorbeeld moet stel om self uitnemend te wees in alles wat ons doen – van spanbyeenkomste, inlywings, kampe tot kongresse. Uitnemendheid moet die maatstaf, die toetssteen, die finale oorweging wees vir alles wat ons in Die Voortrekkers doen. Ek stem 100% saam met Anton Erwee dat ons vir ’n slag net Voortrekkers doen, maar kom ons doen dit uitnemend. Die tweede kernvraag is hoe vertolk die Voortrekkers positiewe burgerskap? Na 1994, is positiewe burgerskap vertolk in terme van die verhouding met die staat en die nasionale simbole. Die nasionale simbole (nasionale lied en vlag) is volledig deel van Die Voortrekkers. Hierdie kongres het gesê dat ons van 2013 af gereed is om ’n nuwe diepte aan positiewe burgerskap te gee deur dit te vertolk in terme van die aktiewe deelname en groter sigbaarheid in die gemeenskap. Dit is immers die gemeenskap en die kommando’s wat die boublokke van Die Voortrekkers is. Die derde kernvraag is: Hoe vertolk die Voortrekkers se verhouding met die breër gemeenskap en die ander organisasies? Hierdie kongres het ’n lys van organisasies goedgekeur waarmee Die Voortrekkers wil saamwerk. Dit is vir Die Voortrekkers belangrik om vanuit ons identiteit as Afrikaners uit te reik en op die basis van netwerke en vennootskappe nuwe verhoudinge te vestig. So word Afrikanerjeug ook ver buite eie kring en konteks blootgestel aan die breër kultuur, taal en Suid-Afrikaanse gemeenskap. Afrikanerkinders het ’n stem, dit is ’n stem wat beslis meer en duideliker gehoor moet word, maar aan die ander kant help blootstelling ook ons om ons idees te slyp, standpunte te toets en die koers vir ons kinders aan te dui. Baie het gevra wat gaan nou volgende gebeur. Net ’n laaste woord oor ’n paar praktiese aksiestappe vir die volgende paar maande: 1. Ek het duidelik by u en die Staatmakers gehoor dat daar ’n dringende behoefte is om oplossings te vind. Voor die volgende hoofbestuur in September sal die verkiesing van die Staatmakers se nasionale leiers afgehandel wees. Daarna sal die hoofdagbestuur en die Staatmakers saam die pad vorentoe beplan. 2. Ek het reeds navorsing van stapel gestuur oor die beste praktyke van suksesvolle studenteverenigings op Afrikaanse universiteite. Die navorsing sal in September beskikbaar wees en glo dit sal ook die Staatmakers help met hulle toekomsbeplanning. 3. Die hoofdagbestuur sal by hulle eerste vergadering ’n Taakspan saamstel wat op nasionale vlak indringend en omvattend alle gebiedskampe evalueer, beginnende by die Verkennerkampe. Die

sameswering. Soos dit vir N.J. van der Merwe ’n voorreg was dat Kestell hom as hoofleier ingehuldig het, is

dit vandag vir my ’n reuse voorreg om deur Prof. as hoofleier ingehuldig te word.

Dankie aan my kinders, Anneke, Niel, Carike en die tweeling Duane en Merie. Ek staan vandag hier in die

eerste en laaste plek as hulle pa. ’n Pa wat glo daar is vir my kinders ’n toekoms in hierdie land, maar ook

dat ek as pa my moue moet oprol en hard moet werk om vir hulle daardie toekoms te help skep.

En dan ’n laaste, maar belangrikste dankie aan die enigste persoon wie dit regkry om my verskriklik kwaad

te maak, wie graag daarvan hou om my te vertel wat ek moet doen, hoe ek moet ry en wat ek moet sê,

maar ook by wie ek die gelukkigste is, my beste vriend, grootste vertroueling, my steunpilaar, my anker...

Melanie. Iemand wat self ’n Vrystaatse Voortrekker was, wat as jeuglid die hartklop en polsslag van Die

Voortrekkers leer ken het en ook iemand met ’n diep liefde vir Doornkloof. Melaan, dit is ondenkbaar om

vandag hier te staan sonder jou liefde en ondersteuning.

Vriende, meer as een gebiedsleier het Donderdagaand daarop gewys dat Die Voortrekkers voor ’n

belangrike qua vadis-vraag staan. Die vraag waarheen nou? Die antwoord op hierdie toekomsvraag lê in

ons identiteit – wie ons as Voortrekkers is.

Vanjaar is die 175ste herdenking van die Groot Trek. Historici sê die Groot Trek het bestaan uit 2 540

gesinne, 23 000 mense, honderde duisende stuk vee, 60 kilometer breed – grensverskuiwend, saakmakend,

rigtinggewend in alle opsigte. Toe hulle oor die Oranjerivier getrek het, was daar niks. In een generasie het

hulle republieke gestig. Stede soos Pretoria, Bloemfontein, Johannesburg en dorpe soos Kroonstad,

Lydenburg, Rustenburg is aangelê. Hulle het paaie, myne, universiteite gebou, ’n regstelsel,

onderwysstelsels, munisipale wetgewing en grondwette ontwikkel. Deur uitnemende prestasie het hulle vir

hulle en hul kinders ’n toekoms geskep. Hulle invloed strek verder as die grense van tyd en dekades tot

vandag.

Ons vergader hier as mense wat onsself na hierdie mense vernoem het. Ons naam, Die Voortrekkers,

definieer ons. In ons naam, Die Voortrekkers, is eeu oue kulturele krag, Afrikaneridentiteit en tradisies

opgesluit. Ons moet die kulturele diepte en impak van ons naam weer in ons eie tyd afstof, dit herontdek

en uit die krag daarvan leef. Dit is ons grootste enkele uitdaging.

Ons eie reis deur die kontoere van die 21ste eeu is nie minder saakmakend, rigtinggewend en

grensverskuiwend nie. Ook ons generasie sal soos die Voortrekkers van ouds vir ons kinders nuwe weë

moet baan en nuwe koers moet aandui. Ook ons prestasie, of die gebrek daaraan, het ’n direkte invloed op

die toekoms van ons kinders. Ons leer by hulle: Prestasie skep toekoms.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!