16.09.2013 Views

Toespraak inhuldiging.pdf - Voortrekkers

Toespraak inhuldiging.pdf - Voortrekkers

Toespraak inhuldiging.pdf - Voortrekkers

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Geagte Voortrekkervriende,

INHULDIGING AS HOOFLEIER VAN DIE VOORTREKKERS 13 JULIE 2013

Dankie is ’n onvolmaakte woordjie, maar tot daar ’n beter woord gevind word vir ’n opregte, uit die hart uit

dankie, wil ek volstaan met ’n hoofletterwoord DANKIE aan verskillende persone wat ’n rol in Die

Voortrekkers en ook in my lewe gespeel het:

Ek dink aan persone soos oom Carel Boshoff, Bill Kruger, Edelweiss du Plessis, Werner Louw, Frik du Plooy,

Lenis van Rooyen, Chrissie Naude en Jan Joubert wat die Voortrekkerleiers was toe ek ’n Olifant Penkop en

later jare ’n Tierboskat Verkenner was. Dankie aan ’n geslag Voortrekkerleiers en offisiere, soos my ma

Marieke, wat van Voortrekkerwees uit die huis uit ’n leefwyse gemaak het, lank voordat daar iets soos die

ABC was.

Dankie aan my spanoffisiere, wat in die woorde van G.A. Watermeyer verstaan het hul bou met meer as

staal en steen.

• David van den Heever, wie se kleindogter nou jeugleier in Polsslag is

• Elbie Steenkamp, vir wie ek so lief soos my eie oupa was en wat in my matriekjaar oorlede is

• Annaretha Coetzee wat nog steeds ’n betrokke Verkenneroffisier is.

Dankie aan Polsslag wat as Verkenner ’n tuiskomplek was en later jare weer vir my kinders ’n tuiskomplek

is. Julle is nie net vriende nie, julle is vir my soos Voortrekkerfamilie.

Dankie aan gebiedsleiers, dagbesture, kampleiers, kommandoleiers en spanoffisiere wat oor dekades heen

die Voortrekkersaak met onvermoeide toewyding gedien het en steeds bly dien. Ek dink veral aan

uitnemende gebiedsleiers soos

• Jackie Grobler wat in ’n moeilike tyd van aanpassing en weerstand Die Voortrekkers in Transvaal

bymekaargehou het omdat ons uit innerlike oortuiging bymekaarhoort.

• Jan du Plessis wat waarskynlik die eerste gebiedsleier in Die Voortrekkers was wat nie net in twee

gebiede nie, maar in twee lande gedien het

• en aan Jan Palm wat bereid is om vir ’n derde keer die Voortrekkers in Kaapland te dien.

• Spesifiek dankie aan Sias en Annemarie vir die besondere wyse waarop julle Die Voortrekkers die

afgelope jare op die hoofdagbestuur gedien het.

Dankie aan Voortrekkers soos tannie Muntie Griebenouw, Maatjie Greyling en Cicero Rautenbach wat julle

lewe wy aan Die Voortrekkers. Julle toewyding en diensbaarheid verpersoonlik vir my die beste tradisies en

hoogste ideale van ons beweging.

Dankie aan prof. Piet wie ek 23 jaar gelede as ’n eerstejaarstudent in Kovsies leer het, weliswaar nie in die

klaskamer nie, maar by Universitas Voortrekkers. Sedertdien het Prof. op al die belangrike momente in my

lewe ’n rol gespeel, as kerkgeskiedenisdosent, studieleier, promotor vir my proefskrif, hy het ons getrou,

my gelegitimeer as predikant en “les bes”, sy eie woorde, ook staptoermaat.

In die biografie van N.J. van der Merwe, Van Penkop tot Hoofleier, is daar ’n mooi foto waar J.D. Kestell die

eerste hoofdagbestuur van Die Voortrekkers inhuldig op die plaas Onze Rust onder die boom van

sameswering. Soos dit vir N.J. van der Merwe ’n voorreg was dat Kestell hom as hoofleier ingehuldig het, is

dit vandag vir my ’n reuse voorreg om deur Prof. as hoofleier ingehuldig te word.

Dankie aan my kinders, Anneke, Niel, Carike en die tweeling Duane en Merie. Ek staan vandag hier in die

eerste en laaste plek as hulle pa. ’n Pa wat glo daar is vir my kinders ’n toekoms in hierdie land, maar ook

dat ek as pa my moue moet oprol en hard moet werk om vir hulle daardie toekoms te help skep.

En dan ’n laaste, maar belangrikste dankie aan die enigste persoon wie dit regkry om my verskriklik kwaad

te maak, wie graag daarvan hou om my te vertel wat ek moet doen, hoe ek moet ry en wat ek moet sê,

maar ook by wie ek die gelukkigste is, my beste vriend, grootste vertroueling, my steunpilaar, my anker...

Melanie. Iemand wat self ’n Vrystaatse Voortrekker was, wat as jeuglid die hartklop en polsslag van Die

Voortrekkers leer ken het en ook iemand met ’n diep liefde vir Doornkloof. Melaan, dit is ondenkbaar om

vandag hier te staan sonder jou liefde en ondersteuning.

Vriende, meer as een gebiedsleier het Donderdagaand daarop gewys dat Die Voortrekkers voor ’n

belangrike qua vadis-vraag staan. Die vraag waarheen nou? Die antwoord op hierdie toekomsvraag lê in

ons identiteit – wie ons as Voortrekkers is.

Vanjaar is die 175ste herdenking van die Groot Trek. Historici sê die Groot Trek het bestaan uit 2 540

gesinne, 23 000 mense, honderde duisende stuk vee, 60 kilometer breed – grensverskuiwend, saakmakend,

rigtinggewend in alle opsigte. Toe hulle oor die Oranjerivier getrek het, was daar niks. In een generasie het

hulle republieke gestig. Stede soos Pretoria, Bloemfontein, Johannesburg en dorpe soos Kroonstad,

Lydenburg, Rustenburg is aangelê. Hulle het paaie, myne, universiteite gebou, ’n regstelsel,

onderwysstelsels, munisipale wetgewing en grondwette ontwikkel. Deur uitnemende prestasie het hulle vir

hulle en hul kinders ’n toekoms geskep. Hulle invloed strek verder as die grense van tyd en dekades tot

vandag.

Ons vergader hier as mense wat onsself na hierdie mense vernoem het. Ons naam, Die Voortrekkers,

definieer ons. In ons naam, Die Voortrekkers, is eeu oue kulturele krag, Afrikaneridentiteit en tradisies

opgesluit. Ons moet die kulturele diepte en impak van ons naam weer in ons eie tyd afstof, dit herontdek

en uit die krag daarvan leef. Dit is ons grootste enkele uitdaging.

Ons eie reis deur die kontoere van die 21ste eeu is nie minder saakmakend, rigtinggewend en

grensverskuiwend nie. Ook ons generasie sal soos die Voortrekkers van ouds vir ons kinders nuwe weë

moet baan en nuwe koers moet aandui. Ook ons prestasie, of die gebrek daaraan, het ’n direkte invloed op

die toekoms van ons kinders. Ons leer by hulle: Prestasie skep toekoms.

Ons, as kinders van die Groot Trek, het in die 175ste herdenkingsjaar van regoor Suid-Afrika en Namibië in

die Voortrekkerhoofstad, Pretoria, bymekaargekom om antwoorde te vind op drie vrae. Hierdie kongres

het die drie vrae deur ons toekomsplan en besluite daaroor beslissend geantwoord.

Die eerste vraag is: Wat is in hierdie tyd nodig vir die ontwikkeling van Afrikanerkinders as uitnemende

leiers? Ons kan ons Afrikanerkinders in ’n hoek vasverf en soos die ou Hallejula-liedjie sing “Jy in jou klein

hoekie en ek in myn”, of Die Voortrekkers kan ’n leidinggewende rol speel om die Afrikanerjeug te

ontwikkel as uitnemende leiers wat oor tyd groot invloed kan uitoefen. ’n Geslag of wat gelede het Die

Voortrekkers presies dit reggekry. So was Louis van der Watt van Atterbury Properties, Michael Jordaan,

CEO van FNB, en Nicholaas Kruger, CEO van Momentum, almal in dieselfde span. Theuns Eloff, Magdaleen

Kruger en F.W. de Klerk was almal Voortrekkers tot matriek en het uitgestyg as uitnemende leiers. Ons kan

dit weer doen as ons verstaan uitnemendheid is nie ’n kleindorpse vergelyking met ander nie, maar ’n

strewe om binne eie potensiaal steeds hoër te beur en die beste tradisies van Die Voortrekkers daardeur

eer aan te doen. Om uitnemende leiers te vorm, sal ons die voorbeeld moet stel om self uitnemend te wees

in alles wat ons doen – van spanbyeenkomste, inlywings, kampe tot kongresse. Uitnemendheid moet die

maatstaf, die toetssteen, die finale oorweging wees vir alles wat ons in Die Voortrekkers doen. Ek stem

100% saam met Anton Erwee dat ons vir ’n slag net Voortrekkers doen, maar kom ons doen dit uitnemend.

Die tweede kernvraag is hoe vertolk die Voortrekkers positiewe burgerskap? Na 1994, is positiewe

burgerskap vertolk in terme van die verhouding met die staat en die nasionale simbole. Die nasionale

simbole (nasionale lied en vlag) is volledig deel van Die Voortrekkers. Hierdie kongres het gesê dat ons van

2013 af gereed is om ’n nuwe diepte aan positiewe burgerskap te gee deur dit te vertolk in terme van die

aktiewe deelname en groter sigbaarheid in die gemeenskap. Dit is immers die gemeenskap en die

kommando’s wat die boublokke van Die Voortrekkers is.

Die derde kernvraag is: Hoe vertolk die Voortrekkers se verhouding met die breër gemeenskap en die ander

organisasies? Hierdie kongres het ’n lys van organisasies goedgekeur waarmee Die Voortrekkers wil

saamwerk. Dit is vir Die Voortrekkers belangrik om vanuit ons identiteit as Afrikaners uit te reik en op die

basis van netwerke en vennootskappe nuwe verhoudinge te vestig. So word Afrikanerjeug ook ver buite eie

kring en konteks blootgestel aan die breër kultuur, taal en Suid-Afrikaanse gemeenskap. Afrikanerkinders

het ’n stem, dit is ’n stem wat beslis meer en duideliker gehoor moet word, maar aan die ander kant help

blootstelling ook ons om ons idees te slyp, standpunte te toets en die koers vir ons kinders aan te dui.

Baie het gevra wat gaan nou volgende gebeur. Net ’n laaste woord oor ’n paar praktiese aksiestappe vir die

volgende paar maande:

1. Ek het duidelik by u en die Staatmakers gehoor dat daar ’n dringende behoefte is om oplossings

te vind. Voor die volgende hoofbestuur in September sal die verkiesing van die Staatmakers se

nasionale leiers afgehandel wees. Daarna sal die hoofdagbestuur en die Staatmakers saam die

pad vorentoe beplan.

2. Ek het reeds navorsing van stapel gestuur oor die beste praktyke van suksesvolle

studenteverenigings op Afrikaanse universiteite. Die navorsing sal in September beskikbaar wees

en glo dit sal ook die Staatmakers help met hulle toekomsbeplanning.

3. Die hoofdagbestuur sal by hulle eerste vergadering ’n Taakspan saamstel wat op nasionale vlak

indringend en omvattend alle gebiedskampe evalueer, beginnende by die Verkennerkampe. Die

doel van die ondersoek is nie net om gebiedskampe beter te belyn en idees uit te ruil nie, maar

om ons kampe te posisioneer as een van Die Voortrekkers se belangrikste uitvoerprodukte.

4. Ons sê dikwels vir mekaar Die Voortrekkers is ’n wêreldklasorganisasie. Ek het reeds ʼn

navorsingsprojek van stapel gestuur om te kyk na die leidinggewende jeugorganisasies in Europa,

met ’n spesifiek klem op België, Duitsland, Oostenryk en Nederland. Die doel van die navorsing is

nie net om die beste praktyke te ondersoek nie, maar ook om gespreksgenote in internasionale

jeugbewegings te identifiseer waaraan ons onsself kan evalueer.

5. Voortrekkerkommando’s is die belangrikste boublok in die beweging. En laat ons ook eerlik wees

oor die rooi ligte in dié verband. Die jongste statistiek, wat nog ’n persentasie punt of 2 kan

verander, sê dat 75% van kommando’s onder 100 lede het en 41% daarvan onder 50 lede. Daar is

te min nuwe kommando’s wat oopmaak en te veel wat toemaak. In IDOK wil ek graag saam met

die gebiedsleiers indringend na die situasie kyk en saam met hulle ’n omkeerstrategie beplan. Dit

sal een van die belangrikste punte op die sakelys wees.

6. Ek neem kennis van die hoofleier se verslag wat sê dat alles dieselfde moet bly, maar dat die

beeld na buite moet verander. Ek het vir die AHL Bemarking gevra dat daar groot klem gelê moet

word op ’n omvattende bemarkingstrategie wat Voortrekkers op grondvlak bemagtig om groter

verantwoordelikheid vir bemarking in hulle gemeenskap te neem.

7. Ek neem ook deeglik kennis van die gedagtes en emosie wat die kongres uitgespreek het oor die

HW/PV-proses. Dit is my oortuiging dat die oplossing daarin lê dat ons weer die totale

Voortrekkerloopbaan moet herevalueer om te slaag in ons uiteindelike doel en dit is om jong

Afrikaners te ontwikkel as uitnemende leiers. Ek hoor as u sê daar is ’n bepaalde dringendheid

aan die saak en dat ons nie voete moet sleep nie. Dit is ’n prioriteit vir die hoofdagbestuur en ons

sal saam met die Nasionale Komitees vir PD’s en Verkenners hierdie saak as prioriteit hanteer.

Vriende, ek aanvaar hierdie posisie as hoofleier om saam met die hoofdagbestuur u te dien, om ons

Afrikanerkinders te dien, om u te ondersteun in u roeping as spanoffisier.

Ek wil afsluit met die woorde wat vir my die mooiste Voortrekkerlied is:

Soos kampvuurstompe deur die nag met helder vlamme brand,

so brand ons liefde vir die jeug die jeug van hierdie land.

Die kinders van ons vaderland, o ja, vaderland

bly steeds ons duurste pand.

En as ons met Trekkerseuns- en dogters werk,

dan maak geloof en liefde, ja

ons hart en hande sterk.

En saam sal ons in hierdie land,

O ja, hierdie land ’n helder toekoms bou.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!