16.09.2013 Views

teologie - CUM Books

teologie - CUM Books

teologie - CUM Books

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die hemelvaart is goeie nuus en verander ’n gelowige se godsdiens en lewe.

Eintlik kan ons Jesus nie sonder die hemelvaart verstaan nie. Die deeglike

aandag wat Coenie Burger aan Jesus se hemelvaart gee en die feit dat hy vars

en nuwe insigte in die teologie helder en verstaanbaar oopbreek, maak Waar

is Jesus nou? ’n kosbare teologiese boek. Die belangrikste is dat die boek ’n

mens help om nuwe aspekte van Jesus se teenwoordigheid te ontdek. Dit is

een van die belangrike pluspunte van die boek – Burger gee inhoud aan Jesus

se voortgaande teenwoordigheid. Juis omdat Jesus hier en nou teenwoordig

is, kan die groot kwelvrae van ons tyd ook aangespreek word.

Die boek is baie tydig – Burger se egte geloofsoortuiging, kennis van Gereformeerde

teologie en begrip vir dit wat in Suid-Afrika aan die gang is, help

lesers om “dieper” te verstaan wie Jesus werklik is.

~ Prof Nelus Niemandt, Hoof: Godsdiens- en Sendingwetenskap,

Universiteit van Pretoria en Assessor: Algemene Sinode NG Kerk

Coenie Burger het oor dekades heen die reputasie verwerf dat hy Praktiese

Teologie as teologie beoefen. Dit beteken hy streef deurgaans daarna om oor

die kerklike praktyke te dink vanuit die hart van die Christelike geloof. In

hierdie boek dink hy na oor die betekenis van die hemelvaart vir die profetiese,

priesterlike en koninklike dienspraktyke van die kerk. Met pastorale

invoelingsvermoë en deeglike teologiese ontledings maak hy die betekenis

van die hemelvaart insigtelik vir gelowiges in hedendaagse samelewings.

En hy doen dit sonder om om intellektuele selfmoord te vra, en insgelyks

sonder om in intellektuele spekulasie te verval. Hierdie boek help Christene

om hul roeping in kerk en samelewing uit te leef, terwyl hulle geïnspireer en

met hoop vervul word deur die gekruisigde en opgestane, opgevaarde en

wederkomende Here, wat deur sy Gees by en in ons teenwoordig is.

~ Prof Nico Koopman, Dekaan van die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch

Coenie Burger het homself lankal reeds gevestig as een van die belangrikste

kerklik-teologiese stemme op Suid-Afrikaanse bodem. In Waar is Jesus nou?

oortref hy homself nogmaals. Op meesterlike wyse neem Coenie ons op ’n

goed deurdagte reis na Christus se rol en funksies ná sy hemelvaart. Hierdie

boek is ’n helder teologiese getuienis oor die voortgaande werk van Christus

in die wêreld en in sy kerk. Wat ’n skitterende stuk Bybelse teologie in uiters

leesbare vorm!

~ Prof Stephan Joubert, buitengewone professor, Universiteit van Pretoria;

Research Fellow, Radboud Universiteit Nijmegen, en Redakteur, ekerk

E E N

Waar is Jesus nou?

Ons verleentheid met

hemelvaart

People have often made fun of this idea of “ascending into heaven”.

Th ey have asked whether Christ did it like some kind of bird or aviator.

And later on they have objected that the astronomical heaven is

not God’s abode … and that the ascension should be interpreted in

a merely “spiritual sense”. We must be cautious. I would not advise

anyone to deny this movement from the bottom up. It is not just an

illustration.

~ Karl Barth, Th e Faith of the Church

Hoofstuk 1

“Het ons te gou weggekyk … ?”

Wat gebeur as ons vergeet

van Jesus se hemelvaart

Toe U die ekonomie van ons heil voleindig het, o Christus ons God,

en die aardse met die hemelse verenig het, is U daarna in heerlikheid

opgeneem: maar U is nie van ons geskei nie; nee, U is veeleer daarna

inniger met ons verbind, en U roep ons almal wat U liefhet toe: Ek is

nog met julle en niemand kan teen julle wees nie.

~ Griekse hemelvaartslied (Aangehaal deur Van Niftrik)

’n Verwaarloosde fees

Hemelvaart het in meer as een opsig ’n verwaarloosde fees in

die kerk geword.

Hoewel dit, volgens die geloofsbelydenisse van die kerk, een

van die sentrale gebeurtenisse in Christus se lewe was, sal die

meeste gelowiges nie regtig veel daaroor kan sê nie. Hulle sal

weet daarvan en dalk die basiese verhaal kan vertel, maar sal

na alle waarskynlikheid min kan sê oor die betekenis en waarde

daarvan. My indruk is ook dat in teenstelling met die ander groot

gebeurtenisse in Christus se lewe, soos sy geboorte, kruisdood

22 Coenie Burger

en opstanding, die meeste gelowiges nie juis ’n sterk positiewe

assosiasie met hemelvaart het nie. Daar roer nie veel in ons as

ons hoor van Jesus se hemelvaart nie.

Ek vrees dat dit nie net waar is van lidmate nie, maar ook

van predikante en selfs van heelwat teoloë. Ek het die afgelope

tyd met ’n skok agtergekom hoeveel teoloë wat boeke oor Jesus

of oor die Christologie geskryf het, min of geen aandag aan die

hemelvaart gegee het.

Ons sien dit ook in die swak bywoning van die hemelvaartdiens.

Ons sou graag die feit dat hemelvaart nie meer ’n openbare

vakansiedag is nie, wou aanvoer as ’n rede hiervoor, maar

dit sou nie die volle verhaal vertel nie. Ons probleme met hemelvaart

het al voor dit begin. Selfs toe dit nog ’n vakansiedag

was, was die kerkbywoning oor die algemeen swak. Dit is asof

ons net nie dieselfde verwagting en entoesiasme kon kry vir hemelvaart

as wat daar is vir die viering van Kersfees, Goeie Vrydag,

Paassondag en selfs Pinkster nie.

As ons regtig eerlik is, moet ons erken dat die probleem dalk al

by ons as dominees begin. Die hemelvaartdiens is vir die meeste

dominees ’n veel moeiliker diens as byvoorbeeld Kersfees of

Paas sondag. Die gebrek aan verwagting en stemming by lidmate

speel ’n rol, maar daar is ook probleme met dringendheid en

fokus. Die meeste dominees sal vertel dat dit nie maklik is om

elke jaar ’n vars, positiewe preek oor hemelvaart te maak nie.

Daar is by baie ’n onduidelikheid oor die positiewe bete kenis

van hemelvaart en oor die vraag hoe belangrik en wesenlik dit

reg tig vir die geloof is.

Redes vir die verwaarlosing van hemelvaart

As ’n mens vra na die redes vir die ongelukkige stand van sake,

sou ten minste vier redes aangevoer kan word.

Waar is Jesus nou?

1. ’n Vreemde gebeurtenis

In die eerste plek het dit te doen met die vreemdheid van die

hemelvaartgebeure. Dit is nie maklik vir ’n gewone mens om

vir jou die gebeure rondom die hemelvaart van Christus realisties

voor te stel nie. David Cunningham sê tereg hierdie gebeure

“is amongst the most remote from our ordinary experience of

the contemporary world”. Dit is nie sonder rede dat heelwat

van die gehekel met die kerk en die Christelike geloof te doen

het met die voorstelling of implikasie van verhale soos hierdie

nie.

’n Kykie na hoe skilders deur die eeue die hemelvaart probeer

voorstel het, laat ’n mens die probleem beter verstaan. Van

die beter voorstellings is waarskynlik dié waar Christus geteken

word as sittende aan die regterhand van die Vader. In die Oosterse

kerk is Christus soms geteken in ’n soort straleballon wat

deur engele hemelwaarts gedra word. In die Westerse voorstellings

is Christus dikwels geteken as marsjerende na die hemel,

terwyl Hy reik na die uitgestrekte hand van die Vader. In ander

Westerse voorstellings word die hemelvaart voorgestel as ’n

sprong, of ’n vlug of ’n opstyg na bo. In die laat Middeleeue is

daar meer voorstellings wat ’n variasie is op die tema van opstyg.

In die meeste van die voorstellings word op die dissipels

gefokus en word net Jesus se voete getoon terwyl Hy in ’n wolk

verdwyn.

’n Deel van die probleem is dat die beskrywing in Handelinge 1

saamhang met ’n wêreldbeeld wat gangbaar was in daardie tyd,

maar wat vandag deur sekere mense as belaglik en agterhaald

afgemaak word.

2. Nie juis iets om te vier nie

’n Tweede en ernstiger rede vir die verwaarlosing van hemelvaart

is die feit dat die oënskynlike weggaan van Christus nie

met die eerste oogopslag lyk na iets om te vier nie. Persoonlik

dink ek dat ’n groot deel van die probleem waarskynlik hier lê.

23

24 Coenie Burger

Die nut wat Jesus se he mel vaart vir ons kan inhou, is nie iets wat

vir mense duidelik is nie.

Baie van ons sal onthou dat ons in ons kinderdae by die hoor

van die Evangelieverhale oor Jesus gedink het dat geloof vir ons

makliker sou gewees het as ons van die gebeure kon meemaak,

as ons Jesus self kon gesien of gehoor of selfs aangeraak het.

Ons dink, soos Tomas, dat dit net makliker is om te glo as jy ook

gesien het. Daarom is ons eerste, spontane reaksie op die hemelvaart

van Christus nie positief nie, maar negatief. Dit klink na

slegte nuus – beslis nie iets om te vier nie.

Dit verklaar die somber stemming wat die meeste mense het

as hulle aan die hemelvaart dink. Of gevoelens van onbegrip en

skeptisisme as iemand vir hulle probeer vertel dat wat hier gebeur

het ’n goeie ding was. Dat die hemelvaart van Christus inderdaad

vir ons voordele inhou, soos in Johannes 16 gesê word,

is iets wat nie sonder meer duidelik is vir mense nie. Dit vra ’n

dieper kyk na Christus en ’n dieper nadenke oor die plot van die

evangelie.

3. Te min gegewens om mee te werk?

’n Derde rede wat saamhang met bogenoemde twee is die indruk

wat mense het dat die gegewens of informasie wat die Nuwe

Testament vir ons oor die hemelvaart gee eintlik maar skraps is.

Terwyl die verhale van die kruis en opstanding in al vier Evangelies

redelik uitvoerig vertel word, is dit onder die evangeliste

net Lukas wat eksplisiet na die hemelvaart verwys (die meeste

uitleggers meen dat die tweede deel van Markus ’n latere toevoeging

tot die oorspronklike brief is). Dit is asof mense dink

dat hierdie swye oor die hemelvaart by die evangeliste ons tot

versigtigheid moet maan om nie te veel daarvan te maak nie.

Dit is natuurlik nie waar dat die Nuwe Testament so min oor

die hemelvaart skryf nie. Ons sal in die volgende hoofstukke

sien hoeveel direkte en indirekte verwysings daar na die hemelvaart

in die Nuwe Testament is. Die swye van die Evangelies is

Waar is Jesus nou?

verstaanbaar omdat die hemelvaart eintlik gesien word as behorende

by die volgende episode van die verhaal, wat vir ons in

Handelinge en verderaan vertel word.

4. Onduidelikheid oor die betekenis van hemelvaart

Persoonlik dink ek dat die verwaarlosing van die hemelvaart primêr

saamhang met onsekerheid en onduidelikheid oor die betekenis

van die hemelvaart vir ons. Mense sukkel om dankbaar

en opgewonde te raak oor die hemelvaart van Christus eenvoudig

omdat hulle nog min daaroor gedink het en nie die betekenis

en nut daarvan vir ons en ons geloofslewe verstaan nie.

Wat gebeur as ons die hemelvaartverhaal nie ernstig

neem of reg verstaan nie: drie misverstande

Wat maak mense met die hemelvaart van Christus as hulle probleme

het met die verhaal wat die Bybel vir ons daaroor vertel?

As ’n mens na die literatuur kyk, is daar drie opsies waaruit

gekies word – al drie ewe onbevredigend en gevaarlik.

1. Die liberale protestantisme: Het daar regtig iets gebeur?

Die standpunt van die liberale protestantisme is dat die hemelvaart

waarskynlik nooit werklik plaasgevind het nie. Sedert die

1700’s het die kerk en teologie al hoe meer onder druk van die

Verligtingsdenkers gekom wat ernstige vrae gehad het oor alle

wonderwerke en bonatuurlike gebeurtenisse wat in die Bybel

beskryf word. Iemand soos John Macquarrie skryf byvoorbeeld:

“the ascension is a purely mythical event and refl ects a cosmology

that has long since been abandoned.”

Met my leeswerk rondom die onderwerp het ek weer besef

hoeveel akademies-gerekende Nuwe-Testamentici baie diep onder

die invloed van ’n modernistiese lewensbeskouing gekom

het, wat maak dat hulle die verhale van die Nuwe Testament

baie krities lees en die groot dele van die klassieke belydenisse

25

26 Coenie Burger

van die Christelike kerk nie kan aanvaar nie. Die tipiese soort

verkla ring wat modernistiese Bybeluitleggers sou gee van die

hemelvaartverhaal is dat dit ’n skepping van Lukas se verbeel -

ding is – waarskynlik op grond van ander Bybelse en buite-Bybelse

hemelvaartverhale. In die Bybel word vir ons byvoorbeeld

vertel dat Henog en Elia ook in die hemel opgeneem is aan die

einde van hul lewens. Daar is ook ’n hele klompie buite-Bybelse

verhale van ’n soortgelyke aard. Heelwat van die uitleggers aanvaar

ook nie die werklikheid van die opstanding van Christus

nie en sal sê soos wat die Bybelskrywers ’n storie moes opmaak

oor hoe Jesus na sy dood aan mense “verskyn” het, so moes hulle

ook ’n storie opmaak om Jesus weer te laat ver dwyn.

2. Ander kritici: ’n Klein, onbelangrike gebeurtenis wat maar

geïgnoreer kan word

Daar is ’n tweede groep uitleggers wat ook baie vrae het oor die

hemelvaartverhaal, maar nie so ver wil gaan om eenvoudig te

ontken dat die hemelvaart gebeur het of om direk te sê dat Lukas

die verhaal geskep het nie. Vir ’n hele klomp van hulle is dit

die maklikste om eenvoudig die hemelvaartverhaal te ignoreer. Ek

was verbaas om te sien hoeveel bekende Nuwe-Testamentici en

dogmatici niks of feitlik niks oor die hemelvaart gesê het nie. ’n

Paar van hulle (soos Emil Brunner) is eerlik genoeg om uitdruklik

te sê dat hulle nie dink dat die hemelvaart regtig so belangrik

is vir ons verstaan van Christus of van die evangelie nie en dat

dit eintlik nie veel saak maak hoe ons daaroor dink nie.

’n Ouer standpunt oor die hemelvaart wat ons ook in hierdie

afdeling kan plaas, is die een wat meen dat die werklike hemelvaart

van Christus reeds tydens die opstanding plaasgevind het.

Hierdie standpunt – wat nie die werklikheid van die hemel vaart

ontken nie – gaan uit van die oortuiging dat opstanding en hemelvaart

teologies by mekaar hoort en is ’n poging om Lukas

se twee weergawes van die hemelvaart met mekaar te versoen.

Terwyl die groter deel van die Vroeë Kerk die Handelinge-weer-

Waar is Jesus nou?

gawe as vertrekpunt geneem het en geglo het dat die hemelvaart

’n ruk ná die opstanding plaasgevind het, draai sommige teoloë

die orde om en neem hul uitgangspunt vir die datering van die

heilsgeskiedenis in die weergawe wat ons in Lukas se Evangelie

kry. Hoewel ek nie saamstem met die standpunt nie, het ek

meer begrip daarvoor omdat dit in meeste gevalle gemotiveer

word deur ’n poging om Bybelse gegewens ernstig te neem en

met mekaar te probeer versoen. Meer onlangs is die standpunt

verdedig deur iemand soos Davies.

3. Behoudendes: Jesus was hier, maar is nou ongelukkig weg

Die derde misverstand oor die hemelvaart is ’n vreemde en onverwagte

een omdat dit ironies genoeg voorkom by baie tradisionele

en behoudende gelowiges. Hulle fout is nie dat hulle die Bybel

te krities lees nie, maar eerder dat hulle dit te onnadenkend en

oppervlakkig lees. Hulle glo die Handelingeverhaal en aanvaar

dat dit regtig so gebeur het, maar aanvaar dit as die verhaal oor

Jesus se vertrek of vaart van die aarde na die hemel.

As ’n mens die hemelvaartverhaal van Handelinge op pervlakkig

lees, kan niemand jou seker kwalik neem as jy die afl eiding

maak dat Jesus inderdaad weggegaan het van ons af en nie

meer hier op aarde is nie. Dit is die eerste indruk wat die ver haal

by ’n mens laat. Voeg daarby dat Jesus voor die tyd al ge praat

het van sy weggaan, dat Hy verskeie gelykenisse vertel het van

’n Heer wat weggaan, en dat Hy ná sy hemelvaart nie meer

deur gelowiges gesien word nie, dan kan jy verstaan hoe dit

kom dat baie naïewe, konserwatiewe Christene dink dat Jesus

ná sy hemelvaart weg is van die aarde af en nie nou meer by

ons is nie. Dit verklaar ook die somber en hartseer stemming by

die hemelvaartsfees en hoekom mense (ook predikante!) soms

uit drukkings kan gebruik soos “as Jesus nou nog hier was” –

waaruit jy kan afl ei dat hulle werklik glo dat Jesus nie nou hier

of selfs naby ons is nie.

Daar is vir my iets baie hartseer en ironies in hierdie stand-

27

28 Coenie Burger

punt. Hoewel hierdie mense basies behoudend is en baie positief

is oor die geloof, is die waarheid dat hulle ook op ’n manier

ingesluk is deur ’n modernistiese werklikheidsbeskouing. Hulle

is ook geneig om te dink dat as ons iets nie kan sien nie, dit nie

werklik is nie. Daarom is dit vir hulle baie moeilik om die Bybelse

getuie nis dat Jesus ná sy hemelvaart steeds by ons is (soos

Matt 28:20 sê) regtig te aanvaar.

Gewoonlik word daar binne die standpunt op interessante

maniere gekompenseer vir die afwesigheid van Christus. Hoewel

Jesus self weg is, troos Hy ons deur vir ons plaasvervangers

in sy plek te gee. In die Katolieke tradisie is die kerk in dié bede

ling die plaasvervanger van Christus. In die Protestantse tradisie

kom die Bybel in die plek van die afwesige Christus, en in

die Pinkster-tradisie is dit die Nuwe Gees wat Jesus vervang.

Dit is baie belangrik dat ons goed kyk na hierdie derde misverstand

omdat dit ’n groot rol speel binne die tradisionele

Chris tendom en – na my mening – baie van die probleme en

krag teloosheid van die Christendom van ons dag verklaar.

’n Mens sou kon vra of hierdie regtig so ’n ernstige fout is.

Kan dit verkeerd wees om die belangrikheid van die kerk, die

Bybel en die Gees te beklemtoon? Die drie gawes van Christus

aan ons is inderdaad baie belangrik – ons gaan in die derde deel

van die boek na al drie die gawes terugkom – maar die gawes

kan nooit die plek van die lewende Christus by ons inneem nie.

Dan word die rol van die gawes oorspan en kan dinge baie verkeerd

begin loop.

Dit is wat plek-plek gebeur in die verskillende tradisies. Van

die slegste foute in die Katolieke Kerk is gemaak in tye toe geglo

is dat die kerklike gesag in der waarheid gelykgestel kan word

aan die gesag van Christus. Die redenasie loop min of meer as

volg: Natuurlik sou alles beter gewees het as Jesus nog hier was,

maar nou weet ons Hy is ongelukkig nie meer by ons nie. Gelukkig

het Hy ons nie heeltemal sonder sorg gelaat nie, maar die

kerk en die ampte aan ons gegee om na ons om te sien. Die kerk

Waar is Jesus nou?

het Goddelike sanksie om dit te doen. Daar is selfs teoloë wat sê

dat Jesus op ’n manier in die kerk ingevaar het by sy hemel vaart!

So is die kerk nou die manier waarop Christus by ons is en oor

ons waak in die tyd waarin Hy nie regtig self by ons kan wees

nie.

Die standpunt word goed bedoel, maar kan baie gevaarlik

wees. Want die kerk kan nie doen wat Christus vir ons kan doen

nie. Die kerk kan nie anders as om ’n harde en ongenadige baas

te word wat homself groter moet voordoen as wat hy regtig is

om voor te gee dat hy die werk kan doen nie.

Die proses in die Protestantse kerke werk nie baie anders nie.

Ons meen dat die vernaamste gawe wat vir ons gegee is die Bybel

is, en nie die kerk is nie. Weer-

eens is dit waar dat so wonderlik

en belangrik as wat die Bybel is, dit

nooit die plek van Christus by ons

kan inneem nie. Dit word vir my al

hoe duideliker dat dit presies is wat

ge beur by die fundamentalisme. Die

ge vaar van fundamentalisme is nie

dat die aanhangers daarvan die By-

So wonderlik en

belangrik as wat die

Bybel is, kan dit nooit

die plek van Christus

by ons inneem nie.

bel ernstig neem nie, maar dat hulle nie verstaan dat die lewende

Christus self by ons teenwoordig is en dat ons Hom in die By -

bel moet probeer hoor nie. Die Bybel gaan nie maar oor tekste

of – nog er ger – beginsels of reëls wat ons moet toepas en uitvoer

nie; dit is verhale wat lewend kan word as ons oë oopgaan om

die teenwoordige Christus agter die Bybel te sien en te hoor.

Ek het begin om die vreemde hardheid van sekere konserwatiewe

Protestante beter te verstaan toe my oë hiervoor oopgegaan

het. Die Christendom van hierdie neo-konserwatie wes

is hard omdat dit in der waarheid ’n Christendom sonder die

le wen de Christus is. Die Bybel is nie die verhaal en stem van

die lewende Heer nie, maar ’n reëlboek waaruit ons beginsels,

uit gangspunte en wette afl ei wat stip nagekom moet word. Dit

29

30 Coenie Burger

ver klaar ook die fanatiekheid wat ons soms in hier die groepe

kry. Dit is gebore uit vrees – omdat ons uiteindelik alleen is en

omdat ons alleen en op ons eie verantwoordelik is om te doen

wat gedoen moet word.

In die Pinksterkerke word bogenoemde twee punte gekombineer

met die oortuiging dat die Gees Christus vervang by ons.

Weereens is dit nie heeltemal verkeerd om so te sê nie. Die probleem

is egter dat die Gees in heelwat van die kringe nie reg tig

as ’n Persoon gesien word nie, maar eerder as ’n impulsiewe,

ir ra sionele, byna magiese krag. Waar die Gees wel as ’n Persoon

gesien word, word die noue verband van die Gees met Christus

nie altyd verreken nie. In wat die Gees mense laat doen, herken

jy nie altyd die Bybelse belydenis dat die Gees van Pinkster die

Gees van Christus is wat sy werk verder kom dra in die lewe

nie.

Terug na die Nuwe Testament en

die belydenis van die Vroeë Kerk

Soms word beweer dat verwysings na die hemelvaart van Christus

in die Nuwe Testament nie volop is nie. Dit is nie reg tig so

nie. Daar is in feitlik al die boeke van die Nuwe Testament óf

direkte óf indirekte verwysing na die hemelvaart. Dit is veel seggend

dat die Ou Testament-teks waarna die heel meeste in die

Nuwe Testament verwys word, juis Psalm 110 is – wat gewoonlik

in direkte verband met die hemelvaart gebruik word.

Die Nuwe Testament is nie onduidelik oor die hemelvaart nie.

Dit is waar dat die hemelvaart ’n ongewone gebeurtenis was

wat in ’n bepaalde soort misterie gehul was en op verskillende

maniere beskryf word. Dit is ook waar dat die beskrywings daaroor

in die Nuwe Testament ’n presiese beskrywing oor wanneer

die hemelvaart plaasgevind het moeilik maak. Maar oor die feit

van die hemelvaart kan daar nie juis meningsverskil wees nie.

Daar is reeds ook verwys na geleerdes wat meen dat die he-

Waar is Jesus nou?

melvaart as gebeurtenis nie so belangrik is nie en dat die Nuwe

Testament dit eintlik as ’n onderdeel van die opstanding beskou.

Daar word dan verwys na twee of drie plekke waar die heilsdade

van Christus opgesom word sonder dat daar apart verwys

word na die hemelvaart. Dat die opstanding en die hemelvaart

op ’n manier by mekaar hoort, is waar. Maar dit is nie so eenvoudig

dat gesê kan word dat die hemelvaart onbelangrik is of

as ’n onderafdeling van die opstanding gesien kan word nie. Die

waarheid is dat daar ook plekke in die Nuwe Testament is waar

verwysings na die hemelvaart en die verhoging van Christus op

so ’n manier gebruik word dat dit die opstanding insluit! Ons

sien dit byvoorbeeld in die belangrike himne in Filippense 2:1-11

waar na die verhoging en hemelvaart van Christus verwys word

sonder direkte melding van die opstanding. Ons sien dieself -

de patroon ook in die Hebreërboek. Daar is geen direkte verwysing

na die opstanding nie terwyl dit wemel van verwysings na

Christus se hemelvaart. Hier is dit duidelik dat die hemelvaart

die groter noemer is wat ook die opstanding insluit.

Die Nuwe Testament ken nie net die hemelvaart as ’n historiese

gebeurtenis nie, maar praat ook op ’n baie ryk en gevarieerde

manier oor die betekenis en nut van Christus se hemelvaart

vir sy kerk. Iemand soos Guthrie lys tot agt verskillende betekenisse

wat in die Nuwe Testament aan die hemelvaart toegeskryf

word.

Ons hoef ons daarom nie regtig te verwonder dat die getuienis

oor die belang van die hemelvaart van die begin af vas gestaan

het in die kerk nie. Die meeste vroeë skrywers weet van

die hemelvaart en aanvaar dit as ’n belangrike deel van Christus

se heilswerk. Dit word opgeneem as ’n aparte heilsfeit in al die

vroeë belydenisse van die kerk en die getuienis is dat dit reeds

van baie vroeg af as ’n feesdag in die kerk herdenk en gevier is.

Daarom is dit goed om te sien dat ná ’n tyd van skeptisisme

daar weer ’n hele klomp teoloë is wat ywerig skryf oor die hemelvaart

en oor die betekenis van die hemelvaart vir die kerk.

31

32 Coenie Burger

Ons moet darem bysê dat daar ook in die tyd van skeptisis me

deurentyd ’n sterk stroom van uitstekende teoloë was wat die

feit en betekenis van die hemelvaart voluit erken het. Karl Barth

skryf hieroor:

People have often made fun of this idea of “ascending into

heaven”. Th ey have asked whether Christ did it like some kind

of bird or aviator. And later on they have objected that the

astronomical heaven is not God’s abode … and that the ascension

should be interpreted in a merely “spiritual sense”.

We must be cautious. I would not advise anyone to deny this

movement from the bottom up. It is not just an illustration.

~ Karl Barth,

Die uitgangspunt van hierdie mense is dat die getuienis van die

Skrif en die belydenis van die Vroeë Kerk swaarder by ons weeg

as enigiets anders. Ons lees nie die Bybel in die lig van wat ons

glo oor die moderne era en oor die wetenskap nie. Ons beoordeel

die moderne lewe en die wetenskap vanuit dit wat ons

hoor in die Woord. Dit behels nie ’n totale blindheid vir nuwe

ont wikkelings en kennis nie, maar vra dat ons ook bereid moet

wees om krities te kyk na die moderne denkskemas en teorieë

en nie te gou ons erfporsie vir ’n pot lensiesop moet verruil nie.

Deel van die erfporsie van die Christelike geloof is dat die

Bybel vir ons sê dat Jesus ná sy opstanding ter wille van ons opgevaar

het na die hemel om te gaan sit aan die regterhand van

die Vader – van waar Hy regeer oor die kerk en oor die ganse

wêreld. Die Bybel sê ook dat Hy op so ’n manier in die hemel

is dat Hy nie ophou om ook elke dag baie naby aan elkeen van

ons te wees nie – al kan ons Hom nie met die blote, fi siese oog

sien nie.

Waar is Jesus nou?

Ons kan geloof in die hemelvaart nie prysgee nie

Ons sal ’n groot fout maak as ons nie bly vashou aan die hemelvaart

en sy voordeligheid vir ons nie. Dit is nie net ’n wesenlike

deel van die Skrifgetuienis nie, maar raak meer kante van ons

geloofslewe as wat ons dink. Ek sou ten minste vier baie belangrike

redes wou gee waarom ons moet vashou aan die belyde nis

van Jesus se hemelvaart en sy sit aan die regterhand van die

Vader.

1. Ons kan Jesus nie reg verstaan sonder sy hemelvaart nie

Die eerste rede is dat ons Jesus nie reg kan verstaan en bely as

ons sy hemelvaart ignoreer nie. Ons sny nie dan net ’n wesenlike

deel van die Bybelse getuienis (en van die Vroeë Kerk) oor Hom

uit nie, maar kan dan ook nie regtig verstaan wie Hy is en wat

Hy vir ons gedoen het nie. Die mees inklusiewe titel vir Jesus in

die Nuwe Testament is die titel “Here”. Ons sal in hoofstuk 5 verduidelik

dat Jesus hierdie titel gekry het kragtens die posisie van

heerskappy wat Hy met sy hemelvaart aan die regterhand van

die Vader ingeneem het. Dit is waar wat Doug Farrow sê: Ons

kan die beste, die essensiële van Jesus mis as ons te gou weg gekyk

het van Jesus af na die opstanding. Alles was nie klaar nie;

die beste, naamlik sy kroning as Heer, sou nog volg.

Die tweede probleem is dat ons sonder ’n goeie verstaan van

die hemelvaart so maklik kan dink dat Jesus ná sy opstanding

klaar is met sy werk op aarde. Karl Barth het in sy beroemde

boekie oor die Apostoliese Geloofsbelydenis daarop gewys dat

die artikels wat handel oor die hemelvaart en sessio van Jesus (sy

sit aan die regterhand van die Vader) die enigste artikels is wat

in die teenwoordige tyd praat. Al die ander artikels praat oor

wat Jesus gedoen het en oor wat Hy gaan doen. Behalwe die een

wat sê dat Hy nou aan die regterhand van die Vader sit en heers

oor die kerk en oor die wêreld. Sonder ’n duidelike verstaan van

die hemelvaart kan ons maklik dink dat Jesus nie nou hier is nie

33

34 Coenie Burger

en nou niks vir ons kan of gaan doen nie. Dit sal baie jammer

wees, want ons dien ’n lewende Heer wat ook nou by ons is, oor

ons waak en ons in ons nood kan help. Jesus was nie net ’n Heer

en Verlosser 2 000 jaar gelede nie; Hy is dit vandag nog en tot in

alle ewigheid. Die groot teoloë van die kerk was juis die mense

wat dit baie helder verstaan het.

Farrow sê dat ons die lys nog langer kan maak. Sonder die

hemelvaartgeskiedenis is ons nie net onseker en onduidelik oor

wie Jesus nie; ons weet ook nie waar Hy is nie. En dit kan net so

’n groot probleem wees.

2. Ons kan die tye waarin ons leef nie reg verstaan nie

Karl Barth het ook gesê dat die hemelvaart van Jesus ons kan

help om die tye waarin ons leef beter te verstaan. Dit is so ’n

belangrike saak. Kerke en gelowiges het al baie kwaad aange rig

in die geskiedenis omdat hulle die tye verkeerd gelees het en

dinge verwag het wat hulle geen reg gehad het om te verwag

nie. Gelowiges is self ook al deur baie pyn en smart omdat hulle

deur leiers mislei is om die tye verkeerd te lees en óf te veel óf te

min te verwag in ’n bepaalde situasie.

Ons leef in wat soms genoem word die tussentyd en dit is

nie so maklik om in dié tyd die balans tussen wat kan en wat

nie nou al kan nie, reg te kry nie. Dit is dié tyd, het Calvyn gesê,

waarin Christus “op ’n manier afwesig is en op ’n manier tog

ook teenwoordig is”. Dit is ’n tyd vol hoop en moontlikhede omdat

ons leef na die eerste koms van Jesus. Maar dit is nog steeds

’n tyd van wag – van lyding, van vervolging, van onderwerping

aan die nietigheid (Rom 8:22) – omdat ons nog uitsien na die

tweede koms van Jesus.

Barth skryf oor hierdie tussentyd:

Waar is Jesus nou?

Die tyd wat nou aanbreek, is die tyd van die kerk; dit is ook

die eindtyd, fi nale tyd, die tyd waarin die bestaan van ons

geskape wêreld sy doel kan bereik. Dit is die tyd waarin God

in sy geduld die kerk in die wêreld instuur om die wêreld te vul

met die boodskap van die evangelie en die wêreld die opdrag

het om hierdie boodskap te hoor. Daarom kan ons hierdie tyd

die tyd van die Woord noem. Dit is egter tegelykertyd ook ’n

tyd van verlatenheid en eensaamheid vir die kerk op aarde.

Dit is die tyd waarin die kerk met Christus verenig net deur

die geloof en deur die Heilige Gees, dit is die tussentyd – tussen

Christus se aardse lewe en sy wederkoms in glorie. Maar

dit is ook die tyd van groot geleenthede, van die roeping en

die sending van die kerk. Wat die tyd so wonderlik en groots

maak, is dat daar in dié tyd nog ge leentheid is om te hoor en

te glo en tot bekering te kom, om die boodskap van die evangelie

te verkondig en dit te probeer verstaan. Dit is die tyd

waarin Jesus baie naby aan ons is en sê: “Kyk, Ek staan by die

deur en Ek klop.” (Parafrase uit Dogmatics in Outline CWB)

Ons het baie genade en wysheid nodig om hierdie balans tussen

nog uitsien en reeds vier, tussen wat ons nog voor wag en wat

ons reeds het, reg te kry.

3. Ons kan die kerk en sy missie nie reg verstaan nie

Ons kan moeilik sin maak van die kerk en die kerk se rol en taak

in die geskiedenis as ons nie die betekenis van Christus se hemel

vaart reg verstaan nie. Doug Farrow sê dit is hoekom Lukas

die verhaal van die hemelvaart twee keer vertel. In sy Evangelie

vertel hy die verhaal van Jesus en die verhaal eindig met ’n kort

vertelling van die hemelvaart. Dit is nodig – omdat die waarheid

is dat ons nie kan verstaan wie Jesus is sonder om sy hemelvaart

te verstaan nie. In die begin van Handelinge vertel hy weer die

35

36 Coenie Burger

verhaal van die hemelvaart. Hoekom? Omdat hy in hierdie boek

die verhaal van die kerk vertel en ons ook nie kan verstaan wie

en wat die kerk is sonder die hemelvaart en pinkster nie.

Ons gaan in hoofstuk 8 en 9 in meer besonderhede hierby

stil staan. God is ’n God wat vreugde het in die mense wat Hy

ge skep het en wat aan hulle geleenthede wil gee. Die hele sin

van die hemelvaart en Christus se oënskynlike weggaan was om

ruim te te maak vir die kerk om deel te neem aan die proses van

die koninkryk.

Dit is die wye skoot. Dit is ook nodig dat ons naderskote kry

van die kerk. In die Nuwe Testament is daar heelwat van hierdie

naderskote wat ons help om in meer detail te sien hoe hierdie

proses veronderstel is om te werk en wat dit presies is wat

die Here graag by sy kerk sal wil sien. As ons die naam “kerk”

waardig wil wees, sal ons moet leer om fyn te luister en mooi te

kyk wat dit is wat die Here in sy Woord van ons vra.

4. Ons kan ook nie die Christelike lewe reg verstaan sonder die

hemelvaart nie

Dit spreek eintlik vanself dat as ’n mens met die eerste drie kwessies

sukkel, jy bitter moeilik die vraag na die sin van ’n Christelike

lewe kan regkry. Almal van ons wat al ’n rukkie geleef het,

weet dat hierdie nie so ’n maklike en voor die hand liggende

vraag is om te antwoord nie – te meer wanneer dit nie net as ’n

akademiese vraag nie, maar ook as ’n eksistensiële vraag na jou

toe kom.

So min as wat ’n mens die vraag kan antwoord sonder goeie

antwoorde op die vorige drie vrae, soveel kan dit ’n mens help

om nuwe sin in die lewe te vind as jy wel die tye waarin ons

leef, verstaan en begryp wie en wat (en waar) Jesus van Nasaret

vandag vir ons kan wees.

Om te weet wat ons nou in hierdie tyd van Jesus kan verwag,

is ’n ongeloofl ik belangrike kwessie. Daar is mense binne en

buite die kerk wat met groot pyn en ongelukkigheid leef omdat

Waar is Jesus nou?

hulle nie gehelp is om ’n goeie en regte antwoord op die vraag te

gee nie. Daar is van hulle wat siek is omdat hulle te veel (of verkeerde

goed) van Jesus verwag het en met groot teleurstelling

moet saamleef. Daar is van hulle wat in pyn is en moedeloos met

die lewe is omdat hulle te min van Jesus van Nasaret verwag –

en te gou besluit het om nie meer op Hom te vertrou nie.

Daar is mense wat siek en ongelukkig is omdat hulle die tye

verkeerd gelees het. Hulle wou nou al ’n lekker rustige lewe in

’n veilige tuiste gelei het. Hulle verstaan nie dat ons nou nog

op reis is en nie te veel luukses moet verwag nie. Daar is ander

wat doodbang is vir die reis omdat hulle dink dat ons in dié tyd

alleen is en in eie krag allerhande gevare moet trotseer. Hulle

verstaan nie dat Jesus saam met ons op pad is en die reis daarom

op ’n vreemde manier goed en aangenaam en wonderlik kan

wees nie.

Ons sal in die laaste deel van die boek in besonderhede terugkom

na hoe ons Christelike lewe moet en kan lyk in hierdie

tussentyd. In 1 Korintiërs 13 beskryf Paulus die Christelike lewe

nou as ’n lewe met geloof, hoop en liefde. Ons gaan in die laaste

drie hoofstukke na elkeen van die drie terme kyk.

37

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!