KOERS Augustus 2011 - Die Hervormer
KOERS Augustus 2011 - Die Hervormer
KOERS Augustus 2011 - Die Hervormer
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
17

fatalisme. Met ons rede en verstaan poog ons om mens en God, dood en lewe as die groot proses te verklaar.

Maar al ons berekeninge, al ons ontwerpe, ons verklarings eindig in die nietigheid. Ons moet erken, dat om ons,

aan ons en in ons is daar geen redding, geen verlossing nie, geen uitkoms uit die verganklikheid nie.

Ons nood is totaal. Teenoor die verganklikheid antwoord God.

Alleen God kan aan ons die regte uitsig gee op dit wat ons lewe in die graf intrek.

Hiervan berig Paulus. Teenoor die absolute verganklikheid verkondig hy die heerlikheid wat kom.

Martin Luther het dit so gestel: "Kyk hoe draai die apostel sy rug op die wêreld en rig hom op die komende

openbaring; hy sien die wêreld verlos van alle nood en teleurstelling, gevul met skitterende vreugde. Kyk hoe perk

hy die wêreld in in 'n enkele druppel, in 'n flitsende vonkie in, terwyl die heerlikheid uitdy tot 'n magtige oseaan, 'n

vuur van vlamme."

In ons verganklikheid, te midde van lyding en dood rig die apostel ons op iets buite die mens, buite ons ruimte en

tyd. Hy rig ons op God. Wat God doen, wat God sê is vir ons 'n anker in ons swaar tye, in ons lyding. Dit is hoe ons

perspektief kry.

Geliefdes, die basis, die fondament waarop die apostel ons rig hoor u in vers 28-30. Dit sluit aan by vers 18 en

vorm die hoogtepunt van Paulus se uiteensetting. In die besonder klink dit in vers 29:

'Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat

sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die eerste is. '

Die anker wat hier aan ons gebied word ken ons as die leerstuk van die uitverkiesing en die predestinasie. Van

die uitverkiesing en die predestinasie het die Geneefse Hervormer, Johannes Calvyn, opgemerk: Dit is 'n hoë en

heilige misterie. En tog dien die leerstuk ons lewe, dit dien tot troos vir die gelowige.

Waarom? Hoe dien dit vandag tot troos? Deur dié woorde word ons alleen gerig op dit wat God weet wat God

besluit en wat God doen. En nou mag ons deur en in Jesus Christus hoor dat God ons verkies het, dat Hy ons sy

kinders maak en ons verheerlik. Dat ons voorwerp is van God se liefde.

Die apostel het nie net in die vorige verse hierna verwys nie, maar lei dit nou tot 'n hoogtepunt. Vooraf het hy

gewys na die heerlikheid van God, die heerlikheid waar ons as kinders van God na uitsien. Die heerlikheid en die

kindwees van God word parallel gestel. Met kindskap beklemtoon die apostel ons erfgenaam-wees van dit wat God

beskik. Die vraag is: Wat is ons erfporsie, wat is die heerlikheid waaraan ons in Christus deel het? Dalk moet ons

opnuut luister na die Apostoliese geloofsbelydenis: ’... ek glo in die wederopstanding van die vlees’.

Ons kan dit alleen bely, omdat Christus uit die dood opgestaan het. Die nou verbintenis tussen ons en Christus,

die Eersteling uit ons wat volg, dui op ons verbintenis nie net in lyding nie, maar ook in heerlikheid. Ons is met

Christus erfgenaam, ons deel met Hom nie net lyding nie, maar oor heerlikheid, opstanding en God se ewige

teenwoordigheid.

Dit het ons alreeds. Dit is nou 'n sekerheid, omdat God die begin daarvan was en dit sal so wees, omdat Hy ook

die einde daarvan sal wees. Die heerlikheid wat die Here aan ons skenk is nie net verlossing van die dood en ons

opwekking uit die graf nie, maar ook die verheerlikte liggaam, die liggaam sonder sonde en dood.

Geliefdes, let egter hierop: Dit is nie die mens se keuse; die mens se wil wat geld nie. Nee, ons het reeds gewys

op die totaliteit van ons verdorwenheid. Karl Barth het dit in sy kerklike dogmatiek so verwoord: Alleen waar ons

magteloos is, ontdek die mens God se almag; waar ons radeloos is, openbaar God sy raad; waar ons geen woorde

het nie, skenk God sy Woord.

So het prof Engelbrecht ook sy teologie beoefen en per geleentheid van die Dortdse Leerreëls geskryf: " ... dat

ons uit onsself nooit uit ons diepste nood, sonde en strafwaardigheid voor God kan kom nie, maar dat God in Jesus

Christus gedoen het wat ons nooit kan doen nie, naamlik dat Hy ons in Jesus Christus vergewe en uit ons nood

verlos. "

Dit is nie die keuse van die mens wat na heerlikheid lei, wat die mens tot kind van God maak nie, maar God se

keuse vir die mens. God se keuse wat die verlede voorgaan, wat ons historiese nou deurdring en ons toekomstige

ewigheid beskik. Van begin tot einde is die God se wil, God se keuse wat ons dra. Dit doen God vanweë sy liefde.

Die mens, ons is die voorwerp van God se liefde, al sien ons Hom nie, Hy sien ons. En hierin is ons troos geanker,

God roep ons, Hy kies ons, Hy lei ons om ewig in sy teenwoordigheid te verkeer soos sy Seun in sy ewige teenwoordigheid

verkeer. Dit is die heerlikheid waarop die apostel ons rig.

Maar geliefdes, waarom kies God ons? Waarom wil Hy ons begin en einde wees?

Die hoogtepunt, die uiteindelike doel vind ons hierin:... sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die eerste is.

17