15.09.2013 Views

KOERS Augustus 2011 - Die Hervormer

KOERS Augustus 2011 - Die Hervormer

KOERS Augustus 2011 - Die Hervormer

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1

KOERS

1

IN

LEER- EN LEWENSKWESSIES

Orgaan geassosieer met die HCM Fourie-Vriendekring

Brief 92 - AUGUSTUS 2011 (8)

INHOUD

Redaksioneel ..……….….………….………................................... 2

Huldeblyk .……………………………….…..................................... 2

Gedenkbundel ..........………………………….........…..….............. 3

Waarderingswoord ……………………..........………..……............ 5

Die Bose .....................................…........………...……..…….…... 6

Ou dominee Prinsloo .................................................................... 7

Opmerkings op dr Piet v Staden se advies ...…........……….….… 7

Die reuse beeld van Nebukadnesar se droom ………................... 11

Van Ruler se nuwe verzameld werk ……….……….........….…….. 12

Leiding en onwaarheid ………………….….………….…............... 13

Ons bid vir u ..........................…………...…............................….. 14

Swart mense moet wittes nie vertrou …..............…….…........….. 14

Afstamming van ape …..............…….……................................... 15

Sout- & Peperpot ………………..……….……........……..………... 15

Kerknuus ...................…….………....……….......………..…….…. 15

Preek ……...…….......................................................................... 16

VERBUM DEI MANET IN AETERNUM

– Die Woord van God bly vir Ewig –

– 1 Pet 1:25 –

(Jes 40:8)

Kolofon

Webblad:

www.leerenlewenskwessies.co.za

Redakteur: Prof dr HG v/d Westhuizen

Subredakteur: Ds PJ v/d Merwe

Prof dr AD Pont

Ds PH Viljoen

Dr C Pretorius

Ds FH van der Merwe

Ds JJ Steÿn

Dr J Otto

Uitgewer:

HCM Fourie-Vriendekring

Donasies & Korrespondensie:

Mev E van der Westhuizen

Posbus 4

Piet Plessis, 8621

Tel 053 984 0020/072 1539 106

e-pos:

profhg.vdwesthuizen@gmail.com

Tjeks uitgemaak aan:

E v/d Westhuizen,

ABSA 9062706439

Takkode: 503601

Donateurs:

ELKEEN WAT ’N DONASIE SKENK

ONTVANG DIE BRIEWE.

MAAK SEKER DAT U DONASIE

ONTVANG IS.

Skrywers neem eie verantwoordelikheid

2

REDAKSIONEEL

APARTHEIDSDEBAT UIT FOKUS

OF IS DIT

Terwyl ons Kerk oor jare heen afsonderlike ontwikkeling as staatkundige

beleid nagevors het, Herderlike Skrywes daaroor geskryf het, kommunikasie

daaroor met byvoorbeeld die Nederlandse Hervormde Kerk gehad het, en op

Algemene Kerkvergaderings uitwasse van die beleid veroordeel het, kom die

AKV 69/10 en verwerp die Kerk se beproefde standpunt en veroordeel

ongedefinieerd apartheid. Wat wil die Kerk daarmee bereik? In die staatkundige

bedeling ís apartheid deur die laaste leiers daarvan gekarikaturiseer

vir byna drie dekades. Daarna het die revolusie gekom wat al vir byna twee

dekades die beleid van afsonderlike ontwikkeling volledig uitwis. Nou kom

die Kerk en spreek 'n oordeel uit. Om wat daarmee te bereik?

Dit kan met 'n stok aangevoel word, as jy self te blind is om te sien, dat die

Besluit-54 wat inhoud en motivering betref fokus op die ekumene se eis op

die grondslag van 'n status confessionis. 'n Saak wat kerklik tot kettery

verklaar word, kry op die niveau van 'n belydenis 'n status confessionis.

Siende dat onder andere die NGB art 14 en die Heidelbergse Kategismus

Sondag 3 v/a 98 konfessioneel die motivering tot Besluit-54 grootliks weerspreek,

en siende dat die ekumeniese druk die verwerping van apartheid op

konfessionele vlak vereis, ís elke besluit wat ons Kerk nou in hierdie

konteks neem, 'n saak van belydenis.

Wil die Kerk die vermaledyde status confessionis aanvaar? Wil die Kerk

dan maar netsowel die Belhar-belydenis aanvaar? Wil die Kerk sy pad

oopmaak van vereenselwiging met sosialistiese ekumene? Wil die Kerk die

weg berei van vereniging op hierdie grondslag met ander kerke?

Wat ís die eerlike fokus van die debat?

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Laat ons vashou aan die geloof wat ons bely – Heb 4:14

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Intekening/Hernuwing KOERS 2011: 12 Uitgawes R120 per jaar.

Bankbesonderhede/banknommer/taknr in kolofon van Koers bl 2.

Baie dankie vir u voortgesette ondersteuning. Maak seker u donasie is ontvang.

Iemand wat tussen R120 en R150 per jaar skenk kan sy/haar gewete al skoon kry.

R120 en meer per jaar dek papier, koeverte, seëls, ink ensovoorts.

Meer as R150 per jaar help dra namens die muisstillesers.

Stel ons asb in kennis wanneer u verhuis.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

HULDEBLYK

Prof dr BJ Engelbrecht

(01.08.1923 – 22.06.2011)

– HG

Prof Engelbrecht, vír diegene wat bevoorreg was om hom op 'n vriendskaplike basis te ken, oom

Ben, was te nederig dat ons oor hom 'n huldeblyk kan lewer. Wanneer jy egter 'n bietjie by sy nederigheid

verby kyk na ander deugde en talente, is dít weer te hoog om in 'n huldeblyk hom as gewone

mens te beskryf. 'n Huldeblyk pas dus hoog en laag hom eintlik nie.

Sou mens op die vlak van talente wil verwys na akademiese vermoëns, na uitgebreide bekwaamhede

soos die visvangsport waaroor hy 'n paar boeke geskryf het; soos die motorsport waaraan hy

deelgeneem het en tegniese rubrieke waargeneem het, die skilderkuns wat hy beoefen het en vele

2

3

ander, sou jy 'n ongelooflike verskeidenheid dikke boeke oor hom kon skryf.

Wat die akademie betref, sy hoofopdrag van die Kerk, en waarvoor hy hom tot sy oorlye toe as

geroepe gesien het, was sy studiejare en doseerjare één briljante loopbaan. Wie kon so eenvoudig

preek dat kinders en gewone lidmate hartgrondig geroer word! Wie kon so 'n uitgebreide auseinandersetzung

in 'n teologieklas gee dat selfs student daarin geïnteresseerd raak – en dít verstaan!

Sy akademiese prestasies – soos ook waar te neem in kerklike boeke wat van hom gepubliseer is, ís

deur die Kerk met erkenning begroet. Op 17-jarige ouderdom matrikuleer hy met onderskeiding aan

die Volkskool Heidelberg. Op 20-jarige ouderdom ontvang hy aan die Universiteit Pretoria sy BA

met lof en op 23-jarige ouderdom sy BD met lof. Op 26-jarige ouderdom ontvang hy van die Universiteit

Groningen sy doktorsgraad in die teologie met lof. Benewens sewe gedenkpennings wat prof

SJ Botha genoem het tydens prof Engelbrecht se sestig jaar ampsjubileum en in die bundel wat die

Kerkhistoriese Genootskap uitgegee het, opgeneem ís, kan ons hier net verwys na die HCM Fourieerepenning

wat die Kerk via die Kuratorium aan hom toegeken het vir die bevordering van die

Bybels-Reformatoriese teologie. Die Universiteit Pretoria het aan hom in 1992 ook 'n eredoktorsgraad

in teologie toegeken.

Sedert 7 Augustus 1953, toe hy dertig jaar oud was en hy die pragtige uiteensetting van die amp van

die diaken onder die groot bome by die tegniese Hoërskool in Rustenburg gegee het, as deel van die

Kerk se eeufeesviering van sy Algemene Kerkvergaderings, het sy logiese denke en Skrifgrawende

navorsing vir 'n leeftyd lank die Kerk en die Heer van die Kerk gedien.

Soos ons in 'n resensie oor sy laaste artikels breedvoeriger sê, was hy tot op byna 88-jarige ouderdom

'n waardige gespreksgenoot met die voorste filosowe en teoloë, nie net van ons dag nie, maar

ook van die geskiedenis. Sy laaste artikels getuig van 'n standpuntinname wat hy maak, en waarskuwings

wat hy rig wat neerkom op 'n geestelike testamentmaking.

Ongelukkig is daar ook by prof Engelbrecht die so uiters belangrike maar nou onvoltooide onderneming.

Hy sê in die Kerkhistoriese Genootskap se bundel, 2011, op bl 78: "Ek besit die geskrifte van

Planck, Einstein, Heisenberg, Hawking, ensovoorts, en verstaan hulle, so dink ek, goed. Ek sal DV

(sic) later op die vraag ingaan of die kwantumfisika en die Heisenbergse onsekerheidshipotese invloed

mag hê op die huidige teologiese denke, en indíen wel, hoe en waarom." Ons kan net sê: Hoe

jammer tog nou!

Dit was 'n voorreg vir oudstudente, vriende, familie, kollegas en selfs ateïste om gereeld na die

ingeligte gesprekke, getuienisse en koersbepalings van Barend Jacobus Engelbrecht te luister.

Wat sy gesinsfokus betref, is dít genoeg om die pragtige getuienis, sy laaste woorde, te onthou: Ek

het my vrou en kinders baie lief, maar ek weet ek sal hulle weer sien …

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

GEDENKBUNDEL BJ ENGELBRECHT 60 JAAR GEORDEN

– HG

Dit is nie alleen merkwaardig dat prof dr BJ Engelbrecht reeds die ouderdom van 88 jaar op 1 Augustus, hierdie

maand, sou bereik nie, maar dit ís ook merkwaardig dat hy sulke kosbare artikels nog kon skryf – met 'n helder

hoof, gegronde kennis en vaste koers.

Vir Kerk en volk was professor Engelbrecht 'n lig van leiding en koersgewing. Ook die Universiteit van Pretoria

het sy hoë waardering getoon deur aan hom in 1992 'n eredoktorsgraad ín die Teologie toe te ken.

Sy preek op 5 Desember 2010 tydens sy 60ste ampsjubileum in Pretoria Gemeente, is ook in die bundel

opgeneem. Ook omdat sy oë baie swak is het hy die preek uit die hoof gelewer. Jammer dat die drukwerk heelwat

redaksionele gebreke het, hoofsaaklik weens die feit dat iemand dit van die opname af moes oor tik.

In die passende huldigingswoord van prof SJ Botha skemer dit deur dat dit die mondelinge woord by bogenoemde

erediensgeleentheid was. Die sin "Ons sien angstig (sic) daarna uit (na die publikasie van prof BJE se artikels)", kon

sekerlik maar vermeld het dat dié huldigingsbundel dit juis publiseer.

Die artikels oor die apostel Barnabas en evangelis Filippus is mooi biografiese stukke. Jammer dat die verwysing

op bladsy 8 van Handeling 1:1-35 redaksioneel nie reggestel is na Handeling 15:1-35 nie; en so ook evangelieskrywer

op dieselfde bladsy na Evangelieskrywer nie.

3

4

Op bladsy 11 moes die umlaut op die i van die Duitse woord Auswirkungen redaksioneel weg gesien gewees het.

Maar dit doen geen afbreuk aan die diepgaande gedagtes in verband met prof G van der Leeuw oor elemente in

die erediensliturgie nie. Pragtig is die verwysing na Koopmans wat "gepraat het van die vrywillige armoede van 'n

Calvinistiese erediens uit ontsag vir die Heilige God" (bl 14).

Die meer uitgebreide artikel oor "Ons en Rome" (bl 15-21) is steeds leersaam en aktueel. Redaksioneel kon die sê

op bladsy 15 vir Boehmer se Luther … voorkom gewees het asook die hoofletter V vir verlossing op dieselfde bladsy.

Monnike op bladsy 16 moet één k hê. Op bladsy 17 moes redaksioneel die ou Gesang 80:5 se o Troue en

Sterke nie as o Trou en Sterke gelaat gewees het nie.

Die vier hoofstukkies oor "Terug na die bronne toe – ons en Rome" bevat kostelike gedagtes wat getuig van

geleerde insig. Miskien moes op bladsy 29 Athanasium eerder Athanasianum gewees het.

Die Kategese by Luther waar ook oor Luther se Klein Kategismus gehandel word, is baie in-teressant. So ook die

hoofstukkie oor Die Bernse Reformatoriese Besluite. Mens wonder net of daar nie opheldering van redaksionele

kant kon wees op badsy 35 waar die skrywer by selibaat tussen hakies sê (ongekende staat: BJE). Verwys die

skrywer hiér baie diepsinnig na die Hebreeuse uitdrukking wat in die ou vertalings gelui het dat 'n man sy vrou

beken? 'n Staat van selibaat ís dan waar 'n man (priester) nie 'n vrou het wat hy "beken" nie! Of ís "ongekende

staat" eenvoudig maar 'n redaksionele glips vir "ongetroude staat"?

Miskien moes daar redaksioneel by die Paar sitate om te onthou en te gebruik op bladsy 39 'n bietjie aandag

gegee gewees het of d.h. der heil Geist nie der heilige Geist moes wees nie, en in dieselfde paragraaf moes die

punt na dem verwyder wees.

In die belangrike hoofstuk oor Onlangse rigting in die kerk … (bl 45-52), kom kleinode na vore. Om aan te toon

hoe vrysinnige kerke in Nederland al meer as 'n halfeeu begin leegloop het, sê die skrywer: "In 1948 het ek en 'n

ortodokse dominee 50 km heen en weer per fiets na 'n vrysinnige gemeente gery om vir die dominee 'n paar gulde

(deur die staat) vir die diens te kon kry. Ons moes deur die dorpie gaan kerkgebou toe. Die inwoners het ons

vriendelik gegroet, dag dominee, terwyl hulle in die sonskyn gesit het. Ná die derde gelui van die kerkklok waarmee

ek die bejaarde koster gehelp het, het ons nog vir 'n kwartier gewag, en toe daar geen lidmaat opgedaag het

nie, het ons drie saam gebid en terug huis toe gefiets. So skerp is die skeiding tussen ortodokse, Skriftuurlike

geloof, en die vrysinnigheid."

Op bladsy 47 maak die skrywer die stelling: "Die radikale sosiologiese teologie kan 'n mens gelykstel aan

Kommunisme."

Ongelukkig ís op bladsy 49 'n hele aantal redaksionele oorsigte. In die eerste paragraaf staan: "Arius ís dikwels

vermaan en weer terug geroep, maar by die sinodes van Nicea (325) en by Konstantinopel (381) is sy opvatting

(resensent se invoeging) verwerp as kettery." In die volgende paragraaf moet Christomos seker Chrissostomos

wees? Die laaste reël van hierdie paragraaf kon seker Kortbegrip met 'n hoofletter spel?

In die hoofstuk Kennis en Geloof I loop ons 'n waardige gespreksgenoot op byna 88-jarige ouderdom raak wat op

hoogste vlak van filosofie en teologie sy diskoers voer. Redaksioneel moes die verwysing op bladsy 54 na "In die

vorige artikel …" siffend gehanteer word. So ook op dieselfde bladsy dat Kant (oorlede in 1804) in 1973 nog geskryf

het! Op bladsy 53 al, aan die einde van die eerste paragraaf word "gepubli-seer" in die loop van 'n reël afgekap!

Goeie redaksionele werk is in 'n waardige publikasie van die uiterste belang! In dieselfde artikel word Chantepie

met 'n a gedruk: Chantapie (bl 56) en Tübingen met u: Tübungen (bl 57 en bl 58).

By die lees van hierdie kraakvars artikels (op bl 56 verwys die skrywer na 17 Februarie 2011!),

kom jy onder die besef dat prof Engelbrecht meteens ook 'n soort terugskou maak met waardering vír waar dit op

aankom. Groot waardering kom na vore byvoorbeeld vir Emil Brunner en Gerard van der Leeuw.

In die hoofstuk Belewing en Geloof II kom die interessante stellings voor: "Die Westerling René Descartes het

getwyfel aan die mens se bestaan (syn) en gevra of alles nie maar net 'n droom is nie. Sy oplossing was: Cogito

ergo sum, dit wil sê: Ek dink, daarom is ek. In Frans lui dit: Je pense donc je suis. Leopold Sengor, president van

Senegal, het dit vír Afrika aangepas deur (nie seur nie – resensent) te sê: Je dance donc je suis, dit wil sê: Ek dans

daarom bestaan (is) ek" (bl 60). Op bladsy 61 moet Assesi Assisie wees. Bonaventuta Bonaventura en KIoosteroorde

Kloosterorde. Op bladsy 63 die laaste volreël moet seperatistiese tendens wees.

Die skrywer, prof Engelbrecht, is bekend vir sy eenvoudige skryfwyse soos Langenhoven om die ingewikkeldste

dinge in kort sinne leservriendelik te maak. Maar vir een keer het hy in die middelste paragraaf op bladsy 66 'n sin

van 85 woorde geskryf in sewe reëls met name soos Brunner, Schleiermacher, Barth, Zahn en Kubl daarin!

4

5

Die skrywer is lief om in hierdie jongste publikasie standpuntinname te maak, byvoorbeeld oor die "historiese

Jesus", "teologië" in Bybelboeke, belydeniswaardes, Skrifwaardes, psigoanalise, eenheid van die Bybel ensovoorts.

'n Mens kan byna sê dit is 'n geestelike testamentopmaking. En dit terwyl die skrywer nog helder van gees

is (vgl bv bl 49,68,75,78).

Die ek-styl pas in by die persoonlike terugblik van 'n hoogsbejaarde (bv bl 45,51,53,70 ens).

Die brokkies interessanthede vloei in 'n stroom uit tot op die laaste toe. Op bladsy 70 staan byvoorbeeld: "Goethe

het een keer gesê: Wonder is die geloof se liefste kind. Brunner vra in dié verband: Is wonder nie Geloof se enigste

kind nie?" Op bladsy 71 staan: "Ons het hierbo in Griekse konteks van barbaroi gepraat, mense wat oorspronklik

nie Grieks kan praat nie, meestal 'baard – draers' wat as primitief, onontwikkeld was en so nou en dan gewapende

aanvalle uitgevoer het."

Die hoofstuk oor Die Nuwe Hervormers ± 150 jaar gelede in Nederland, behandel 'n geskrif Documenta

Reformatoria II, 500 bladsye met 21 medewerkers. Daaruit word aangetoon hoe die Moderne Teologie onder

andere die volgende standpunte al vir 'n eeu en 'n half voorstaan:

1 Die skrywers van die Bybel en hoorders van daardie tye was mities.

2 Die kerk klou krampagtig vas aan onwetenskaplike, verouderde belydenisskrifte.

3 Die Modernes is sterk Kantiaans wat sê alle wetenskap is verwerk deur die menslike logika tot 'n samehangende,

verstaanbare stelsel.

4 Dat "er geen geopenbaarde waarheden bestaan en dat ook die Christelijke relevasie (openbaring) denkbeeldig

is". (Moet relevasie nie dalk revelasie wees nie? -- Resensent)

5 Daar bestaan geen sogenaamde wonders nie.

Jesus was net 'n besondere voorbeeld en díe doel van die evangelie is om "onze samenleven onder den invloed

te brengen van het edelst humanisme".

Engelbrecht sit verder uiteen hoe die geleerde JI Doedes wat sy professorale intreerede in 1859 in Latyn gehou

het, "die eerbiedwaardige belydenisskrifte onverkort handhaaf." En dan voeg Engelbrecht daarby: "Hierby wil ek my

na 37 jaar dogmatiekprofessor graag aansluit" (bl 75).

In die laaste hoofstuk, voor die jubileumpreek, handel Engelbrecht oor die Radikale Eksistensialisme as

agtergrond van die Postmodernisme. Die redaksionele versorging het nagelaat om op bladsy 77 beter insig aan die

woord Listergerwyse te gee en op bladsy 78 die spelling van voorveronderstllings te proeflees. Maar hierdie

agtergrondbeskrywing van die Postmodernisme is van die uiterste aktualiteit vandag, en daarom eindig die skrywer

dan ook met verwysing na Sartre wat sê: die mens is 'n nuttelose passie. "Dit is die uiterstes waartoe die radikale

eksistensialisme en postmodernisme kom en waarteen ek hiermee waarsku."

Dit is 'n monumentjie wat die Kerkhistoriese Genootskap van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika vir prof

dr BJ Engelbrecht opgerig het om dié bundel uit te gee. Die foto van die byna 88-jarige is goed maar op die buiteblad

is dit te veel vergroot. Die dosyne redaksionele tekortkominge, soos die twee dosyn wat op 'n errata-strokie

ons later ter hand gekom het, saam met dié wat ons in hierdie resensie ook aangedui het, is te veel.

Om die boek te kan aankoop moet u skakel met die voorsitter van die Kerkhistoriese Genootskap, dr Christo

Pretorius selnr 083 651 9634.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

WAARDERINGSWOORD OOR BJ ENGELBRECHT

(Uitgespreek by die begrafnisdiens van prof Engelbrecht – Red) – Prof (em) dr JP Oberholzer

Ek het opdrag om vandag die woord te voer in die naam van die Kerk. Daarby het gekom 'n versoek dat dit ook

namens die Universiteit van Pretoria sal wees. Professor Flip Smit, vroeëre Rektor van die Universiteit, wat die

versoek oorgedra het, bied sy verskoning aan dat hy nie vandag hier kan wees nie en het sy hoë agting betuig vir

ons oorlede ampsbroer. Die dekaan van die Fakulteit Teologie, professor Johan Buitendag, is op oorsese besoek,

en professor van Eck het gevra dat ek ook die Fakulteit se groete en meelewe sal oordra. Gelukkig kan dit tesame

geskied vanuit die samesyn oor baie jare van kerk en universiteit. Ons moes afskeid neem van 'n gelowige

kerkman, akademikus en teoloog van formaat. Ek maak hoofsaaklik gebruik van aanhalings uit waardering wat oor

die jare uitgespreek is toe Ben self daarvan kon kennis neem.

Barend Jacobus Engelbrecht, geb 01.08.1923, oudste seun van Petrus Hendrik Engelbrecht en Lily Beatrice

O'Grady. Seun van die Hoëveld, begin skoolgaan toe hy 8 jaar oud is, maar slaag Matriek met onderskeiding toe

hy 17 jaar oud is, voltooi die Teologiese Studie aan UP met lof in 1946, werk 'n tyd in die gemeente Alberton, tree

5

6

in die huwelik met Rina Botha in Junie 1947. Hulle vertrek in Augustus dieselfde jaar na Groningen, waar hy in

1949 promoveer. Met sy aftrede soveel jare later is daar onder andere geskryf.

Wie met Ben Engelbrecht kennis gemaak het in sy studentetyd het reeds toe oortuig geraak van sy fenomenale

geheue, sy natuurlike aanleg om ingewikkelde sisteme en gedagtestrukture te begryp en in eenvoudige taal weer

te gee, en sy nugtere geestesbalans. Sy doktorale proefskrif het getoon watter omvattende en deurdringende

wetenskaplike arbeid van hom te wagte sou kon wees.

Op 18 Februarie 1950 word hy georden in die gemeente Florida, waar hulle vir twee jaar dien. In Januarie 1952

word hy hoogleraar in Dogmatiek en Christelike Etiek, waar hy arbei vir 37 jaar, 18 jaar lank ook as dekaan van die

Fakulteit Teologie Afd A. Hy dien 16 jaar lank op die Raad van die Universiteit as verteenwoordiger van die Senaat,

en op verskillende komitees van die Raad. In hierdie tydperk is hy ook 14 jaar lank 'n gewaardeerde deelnemer aan

die radioprogram Wat sê die Bybel, en dien hy van 1964 tot 1983 op die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering.

Oor die hele tydperk van sy akademiese lewe het hy telkens kerklike advies uitgebring oor 'n wye

verskeidenheid van onderwerpe en het hy deel gehad aan belangrike projekte. Daaroor is geskryf.

In ons gemeentes sal hy veral onthou word vir sy prediking, waar teologiese diepte in eenvoudige, duidelik taal

aan die orde was. Die Kerk betuig sy dank aan ons hemelse Vader vir hierdie dienaar van die Woord.

Die destydse Rektor van die Universiteit van Pretoria, professor DM Joubert, het by Engelbrecht se emeritaat

geskryf: Ben Engelbrecht sal allereers onthou word vir sy onderskeidende menseienskappe: wellewendheid in elke

opsig, gekombineer met buitengewone gawes van intellek en veelsydigheid. Dit het hom trouens 'n geliefde

persoonlikheid gemaak, en ook iemand wie se mening oor 'n saak dikwels ingewin en met vrug gebruik is.

Ek kan hierdie waardering nie afsluit sonder om te verwys na die toegewyde versorging wat Ben Engelbrecht oor

die byna 64 jaar van getroude lewe ontvang het van sy eggenote Rina nie. Self 'n persoon met besondere

intellektuele vermoë, het sy hom deur die jare bederf op 'n wyse wat ons almal verwonder het. Die Engelbrechtwoning

was 'n plek van gasvryheid en hartlikheid. Ek bid haar 'n geseënde lewensaand toe en sê vir haar dankie

vir wat sy was en is. Aan Pieter en Izelle, Henk en Lilet en hulle kinders en aan hulle familie: Ons, sy kollegas en

leerlinge, ons sal saam met julle sy gedagtenis in ere hou.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

DIE BOSE

– HG

Dr Gert Malan van Mosselbaai skryf in Die Hervormer Julie 2011 oor Hoe verstaan ons die Duiwel? In die

inleidingsparagraaf word verwys na die Bybelvasvrae van vanjaar waarin Malan se standpunt gepropageer word en

dan word gesê "lidmate (het) navraag gedoen". Die waarheid is dat lidmate hieroor die Kerk bedank het! Die Kerk

steur hom blykbaar nie meer daaraan dat lidmate oor onduidelike, verwarrende en onkonfessionele leiding die Kerk

verlaat nie. En dan weet ons soms nie waarom die Kerk se lidmatetal krimp nie.

Omdat ons reeds in Koers, Julie 2011, nr 91 op hierdie saak ingegaan het word net drie opmerkings oor DH se

artikel gemaak.

1 Kerk se standpunt

Dr Malan skryf: "Sover ek weet, het die Kerk geen amptelike standpunt oor die duiwel nie". Is wat ons bely oor die

Duiwel nie 'n "amptelike standpunt" nie? Lees gerus die Dordtse Leerreëls 3/4.2.7; 5.1.3; 5.1.4; 5.1.15; 1.2.7;

3/4.1.1; 4.2.4; 5.2.9. Die Heidelbergse Kategismus v/a 1;9; 32; 34; 112; 123; 127; 103; 119 en 127. Die Nederlandse

Geloofsbelydenis artikels 13; 14; 34; 37; 12.

2 Lesers moet self besluit

Dit is nie pastoraal om gemeentelede oor die vraag unde malum, vanwaar die Bose, wat is die Bose, waarom die

listigheid van die verkeerde en so meer maar aan eie keuse oor te laat nie. Die volgende redenasie klink self baie

listig: "'n Mens hoef nie die bestaan van die duiwel te erken om in God te glo of die verlossing te aanvaar nie. Dit is

'n randsaak". Maar die Kerk bely daarteenoor dat die primêre saak om verlos te word, is die wete "dat hoe groot my

sonde en ellende is (Matt 11:28-30; Ef 5:8; Joh 9:41; Matt 9:12; Rom 3:10; 1 Joh 1:8-10)".

Om lidmate te help om hulle "opsie" uit te oefen of sonde net sy oorsprong in die mens het of (ook) by die Duiwel,

is Malan se antwoord: "Die oorsprong van goed en kwaad lê by God (2 Sam 24:1)"! Kom-kom!

3 Boosheid in die mens self

Mens merk 'n minagtende spotflits in die volgende sin van Malan: "Indien iemand baie graag (sic) steeds in die

bestaan van die duiwel wil glo, staan dit hulle vry." Hy laat selfs die benaming as 'n vrye keuse " – of jy dit dan nou

6

7

die duiwel of die Satan of die sonde of wat ook al wil noem." Jy hoef jou dus eintlik nie te steur aan wat die Bybel

dit noem nie. Want hy sê ook dat die denke van die kerk se "verstaan word dan gebaseer op 'n baie letterlike

verstaan van die Nuwe Testament ... "

Die slotgedagte van Malan is: "Die Bybel is daaroor duidelik genoeg dat die boosheid in die mens self lê ... " Ons

belydenis wat grondig en omvattend op die Bybel gefundeer is, sê egter: "Maar die mens het homself en sy hele

nageslag as gevolg van die aanhitsing van die duiwel (Gen 3:6; Rom 5:12) ... van hierdie gawes beroof" (HKS 4, v/a

9).

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

OU DOMINEE PRINSLOO (vervolg)

– HG

Boosheid rondom Kerkplein

Ds Kerneels van Niekerk (Makwas) vertel van die keer toe ou dominee Prinsloo mev Prinsloo op Kerkplein in

Pretoria moes kry. Die afspraaktyd was 2nm. Maar dit was in die somer en die son ís warm. Tweeuur het

aangebreek maar ds Prinsloo is nie daar nie. Dis naderhand 2.15 maar al wat kom is ds Prinsloo. Nadat mev

Prinsloo warm gebak was – van buite en binne – het ds Prinsloo eindelik gekom en haar opgelaai. Ds Prinsloo het

begin ry maar mev Prinsloo het stoom afgeblaas, aan en aan! Na ’n lang tyd toe haar gemoed genoeg lug gegee

ís, besef sy ds Prinsloo ry nog steeds om en om Kerkplein! En sy vra hom wat dink hy doen hy! Sy antwoord was:

So-lank-jy-kwaad-is-ry-ek-maar-om-Kerkplein. (Slot volg)

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

OPMERKINGS OP DR PIET VAN STADEN SE ADVIES OOR

BESWAARSKRIF TEEN BESLUIT-54 AKV’10

– HG

Ter wille van plek word dr Van Staden se "Advies" nie volledig gepubliseer nie. Maar voldoende word aangehaal

om ons opmerkings te kan volg.

1 Inleiding Advies

1.1 Simboliek

Reeds by die die eerste asterisk op bladsy 3 word voorbrand gemaak "vir die simboliek van die beeld van God".

Vir so 'n stelling word geen bewyse aangevoer nie.

1.2 Relasioneel

In die vierde asterisk (bl 4) word oor die verhouding waarheid-werklikheid gestel dat "die waarheid relasioneel is

en nie absoluut nie en medebepaal word deur die kontingente omstandighede". Wat met ''kontingente'' bedoel

word, is ongedefinieerd. Ook 'n stelling uit die postmodernisme sonder enige begronding met betrekking tot díe

waarheid wat ons in die Bybel gebied word. Die voorbeeld uit die Skrif "as die bruidegom híer is kan die gaste nie

vas nie" funksioneer nie naastenby in sy geweldige unieke betekenis nie. Hierdie uitspraak van Jesus is geensins

'n voorbeeld van "in stryd wees met die Bybel self" nie – maar dui juis op die sublieme vervulling daarvan.

1.3 Beeld dra

Op bladsy 5, paragraaf 3 word na 2 Kor 4:4 en Kol 1:15 verwys "dat dit Christus is wat die beeld van God dra."

Maar dié Skrifgedeeltes praat van Christus wat die beeld van God IS. Daar is 'n groot verskil tussen die twee

formulerings. Ons moet betroubaar met die Skrif omgaan. In Jakobus 3:9 staan "… die mense wat as die beeld van

God gemaak is". Maar die Advies sê hiervan "dat alle mense vanweë hulle geskapenheid draers is van die beeld

van God" (bl 5). Nee, is die diere (en die res van die skepping) "vanweë hulle geskapenheid" dan ook draers van die

beeld van God?

Die stelling in Jak 3:9 en Gen 1:26,27; 5:1 en 9:6 verwys na hoe die mens in sy skepping was – en waarvoor hy

ten spyte van die sondeval bedoel is. Daarom moet hy ook nie vermoor word nie, en moet die owerheid, dienskneg

van God, verantwoordelik teenoor God, die moordenaar straf. Daarby ís die vertaling van Jakobus 3:9 net soos dié

van Efesiërs 4:24, deur die vertalers van die NAV deels woordeliks verander en daarmee ook inhoudelik verander.

In beide gevalle word nie die woorde "beeld van God" in die oorspronklike grondtaal gebruik nie en ook nie gesê

dat die mens "as beeld van God" gemaak is nie.

1.4 Interpretatiewe model

7

8

Die hele uiteensetting op bladsy 6 van simbole, komplekse relasie, intuïtief van aard, proses van metaforisiteit,

samevattende simbole, uitbreidende simbole loop alles uit op die stelling van die interpretatiewe model: "Die

uitdrukking 'beeld van God' is die metafoor van die waarneming van gedeeltelike soortgelykheid tussen God en

mens. Die mens is taksonomies deel van die genus 'God' binne hierdie simboliese kode" (bl 7).

Wanneer iets soos die beeld van God 'n metafoor genoem word kan dit inderdaad lei tot allerlei interpretasies.

Watter bewys word aangevoer dat "beeld van God" 'n metafoor is? Berus dit maar op die "waarneming" en dit

nogal "van gedeeltelike soortgelykheid tussen God en mens"! Dat die "taksonomies (volgens klassifikasie) deel is

van die genus (soort, geslag) 'God' binne hierdie simboliese kode" (bl 7), is presies wat die mens wou wees, maar

nie was nie! HP Wolmarans sê: "Daar is geen kwalitatiewe onderskeid geen gans-andersheid te dink nie tussen

mens en dier maar wel tussen mens en God, skepsel en Skepper, Tyd en Ewigheid. Aan God was die mens nooit

wesensverwant nie, en sal dit ook nooit wees nie, ook nie in die Ewigheid nie" (God en Mens, Die mens na die beeld

van God, bl 167).

Wolmarans sê dat as die mens soos Christus "kontinueus met God is, dan is hy beeld van God en kan ook beeld

van God wees in dieselfde sin as wat Christus beeld van God is, alleen met 'n verskil van graad of hoeveelheid.

Hierdie opvatting van die mens het ons reeds verwerp as in flagrante stryd met die hele godsbeskouing en opvatting

van die mens by Israel en die hele Skrif. Die absoluut kwalitatiewe wesensonderskeid tussen God en mens,

as tussen Skepper en skepsel ís inherent aan die outestamentiese antropologie" (God en Mens, aw, bl 181).

Om te sê, hoe versimboliseerd of vermetaforiseerd ookal, dat die genus (geslag, soort) mens en God in dieselfde

taksonomie (klassifikasie) val, is dieselfde opvatting wat die slang aan Adam en Eva voorgehou het. "Bewus van eie

voortreflikheid, oortuig van die feit dat hy met God wesensgelyk was, mikroteos, God in klein was, kon hy die noodsaaklikheid

nie meer insien nie om in gehoorsaamheid aan God, aan God verbonde te bly (nie)" (God en Mens, aw, bl

192).

1.5 Herstel in Christus

Die standpunt is onderskryfbaar dat die sondaar eers en alleen in Christus weer herstel word in die beeld van

God (bl 7). Dit is egter nie die beeld van God wat herstel word in die mens nie. Wanneer mens die analogia entis,

van die Roomse Kerk (vgl Proefskrif FJ van Zyl), die spermatikoi van die ou filosowe, die goddelike vonke van die

Gnostiek (vgl DJC van Wyk, Die probleem van die algemene openbaring, Proefskrif, bv bl 22) nagaan, rym die Advies se

stelling op bladsy 15 nie daarmee nie dat "van die mense wat benadeel ís deur Apartheid … mense ìs in wie die

beeld van God … herstel is … dit wil sê 'n herstel van die analogia entis" (bl 15). Die formulering "sodra die relasie

weer herstel is in 'n geloofsverhouding met Christus, herwin die mens sy beeldkarakter van God" (bl 7), val steeds

in die klas van die verhumanisering van God en die vergoddeliking van die mens.

2 Die 68ste AKV-besluit

Die Advies erken dat "die betrokke feit oor 'n vorige besluit dus moontlik foutief kon wees"

(bl 8), maar verdoesel dit met 'n rasionalisasie. Miskien moet die Beswaar-54 se bewoording van "misleiding" hier

verander word na "subtiele misleiding"!

Die Advies kla dat die Beswaar "op hierdie punt nie beredeneer op watter gronde die aanvaarding van die besluit

in stryd sou wees met die Skrif nie" (bl 8), maar laat ná om te sê dat dit wel op die gepaste plek gedoen word!

In die laaste paragraaf op bladsy 8 wat oorloop na bladsy 9 sê die Advies dat die mening dat daar nie genoeg

inligting oor die saak op die vergadering was nie, ís 'n subjektiewe argument, en dan gee die Advies sy eie

subjektiewe indruk dat daar genoeg inligting was. Die verwagting van Homerus wat ingedut het, was egter dat die

vergadering soos altyd sou besluit.

Die Advies redeneer op bladsy 9 oor Beswaar 1.5 dat verbouereerdheid gebrek aan logiese konsekwentheid

gehad het. In plaas dat die Kerk 'n kritiese afstand van die regering in die apartheidsjare moes handhaaf, het hy sy

profetiese funksie verloor. "Deur die teologiese goedkeuring van Apartheid het die kerk inderwaarheid 'n verlengstuk

van die regering van die dag geword." Sonder om die uitwasse van die beleid van afsonderlike ontwikkeling in

leierskorps en amptenary te vergoeilik, moet onthou word dat dié staatkundige gestalte van die Afrikanervolk geleë

was in die volk se lewens- en wêreldbeskouing.

2.2 In stryd met die evangelie

Die Advies kom met wiskundige simbole en hipotetiese implikatiewe proposisie om aan te toon dat "apartheid

(wat) in stryd ís met die evangelie van Jesus Christus" nie kan beteken dat "apartheid antichristelik" was nie. "In die

eerste plek ís dit ongeldig om 'n kontekslose leksikografiese definisie oor te dra op 'n frase in 'n ander konteks, en

8

9

dan te beweer dat hulle identies is" (bl 9). Ons gebruik tog woorde met leksikografíese definisie om sinvol te

kommunikeer. Daar is byna geen sin as 'n woord uit 'n woordeboek net sy woordeboekkonteks dra nie!

Op bladsy 10 word die gedagte wiskundig op die wyse van simboliese logika verder uitgewerk dat "in stryd met

die evangelie" nie gelyk is aan "antichristelik" nie. Vergeet die Advies nie nou juis die konteks waarbinne die

Beswaar formuleer nie, naamlik die omgewing van 'n status confessionis dat apartheid kettery is? Die eerste

verhouding waarna in die Inleiding verwys, evangelie-kerk (bl 3), kom daarop neer dat as die kerk teen die

evangelie ís, ís die kerk anti-evangelie = anti Christus = antichristelik!

Mens vra jou af watse logika op bladsy 10 'n rol speel, as gesê word: "Ondersteuning deur die kerk van die vorige

staatsbestel impliseer tog dat die kerk toe regeringsbeleid uitgevoer het." Wat ís die draagwydte van "die kerk (het)

toe regeringsbeleid uitgevoer"? Moes die Kerk die goeie daarvan nie doen nie? Moes die Kerk aan die owerheid

ongehoorsaam wees in wat reg is? Was die situasie oorspronklik nie juis andersom as wat die Advies hom voorstel

nie? Die perspektief van eiesoortige staatkundige ontwikkeling het sy basis in die lewens- en wêreldbeskouing

gehad wat die volk uit die Bybel geput het.

Die Advies gaan van die misplaaste standpunt uit dat die staatkundige beleid van afsonderlike ontwikkeling die

genade en versoening in Jesus weerspreek (bl 11). Maar die interpretasie dat 'n volk bereid moet wees om op

staatkundige grondslae homself te integreer met ander volke en rasse met verlies van sy eie bodem, sy eie taal en

kultuur, sy eie godsdienstige tradisies, is vreemd aan die Bybelse versoeningsdimensies. Dit is 'n voorbeeld van 'n

horisontalistiese beskouing van die evangelie dat versoening in Christus met God en met die mede-mens van so 'n

aard is dat 'n volk met ander rasse en volke en groepe moet integreer tot ondergang van jou eie volk. Ja, hierdie

stelling van ondergang van eie volk is 'n staatkundige vrees, maar dit word bewys deur die huidige staatkundige

opset.

2.3 Onderlinge onversoenlikheid

Die Advies beskuldig die Beswaarskrif dat "die gedagte van onderlinge onversoenlikheid geldig is". Word hier nie

'n mening aan die Beswaarskrif opgedring wat vreemd ís aan die Beswaarskrif nie? Nêrens en nooit is die

Beswaarskrif of die Kerk, selfs met artikel III in die outyd, of die Bybel of die belydenisskrifte in enige geloofsopsig

'n ondersteuner van "onderlinge onversoenlikheid" nie! Indien die Advies "in die lig van die diversiteit van Suid-

Afrika se bevolkingsamestelling" (bl 11) die integrasie daarvan as staatkundige opset sien as die teenpool van

"onderlinge onversoenlikheid", het ons mekaar verloor!

Juis goeie buurmanskap met die huis langs jou, met die woonbuurt langs jou, met die volke langs jou, met die

rasse en kulture langs jou is die proses en gevolg van ordelike onderlinge versoenlikheid.

2.4 Onreg sanksioneer

Die Advies sê: "Hier moet aangemerk word dat die bedoeling van die beleid van apartheid nie ter sake is nie, wel

die praktiese gevolge daarvan. Die historiese agtergrond en vermoedelike bedoeling van die totstandkoming van

die beleid mag smetteloos wees, maar die gevolge was nie" (bl 11,12).

Eerstens ís hierdie standpunt van die agtergrond en bedoeling van apartheid wat smetteloos mag wees in teenspraak

met die Advies op dieselfde bladsy 11: "Indien die Nuwe Testament staan in die teken van God se genade

en versoening is dit sekerlik 'n fout, selfs 'n dwaling, om 'n sisteem en beleid te ondersteun wat daardie genade en

versoening weerspreek … ". Wanneer word met "sisteem" beleid bedoel en wanneer praktiese gevolge? 'n Advies

wat soos 'n springhaas baie gate het waarheen gespring kan word, maak die omgewing 'n onhanteerbare sif.

Die afkeurenswaardige praktiese gevolge, by wyse van uitwasse van leierskorps en amptenary (wat ín enige

staatsbeleid voorkom en meeste van al by die huidige revolusionêre integrasie-owerheid) kan nie ongedefiníeerd op die

skouers van afsonderlike ontwikkeling as "onreg (ge) sanksioneer" deur die Kerk geplaas word nie.

Die Advies meen dat "dergelike ondersoek oor die bedoeling en uitvoering van die beleid van afsonderlike ontwikkeling"

niks sal verander "aan die feit dat dit in Suid-Afrika histories gesproke uitgeloop het op 'n onregverdige

samelewing waarin almal nie gelyke toegang gehad het tot bronne en geleenthede nie" (bl 12). Tog sou 'n grondige

ondersoek aan die lig bring dat die begrip "almal" in hierdie konteks misplaas is in die land van die Afrikanervolk

wat juis deur die grootste deel van die "almal" met vernietiging bedreig word.

Die Beswaar word beskuldig deur die Advies dat "apologeties ingetree word vir die beleid van afsonderlike

ontwikkeling of apartheid. Dit bevestig dat die totale aksie van die beswaardes nie teologies gemotiveer is nie,

maar polities" (bl 12).

Dit is vreemd dat die Advies diaspories politieke mening openbaar en juis 'n politieke beleid van afsonderlike

ontwikkeling heftig aanval maar dan die Beswaar beskuldig van politiek! Hoe kan die aanval teen die betrokke

9

10

politieke beleid suiwer teologies wees, maar die verdediging daarvan suiwer polities? Hang hier nie 'n onderrok uit

nie? Met so 'n politieke teologie behoort die Kerk hom nie te laat verwar nie.

Nee, die Bybels-teologiese ondergrond van die lewens- en wêreldbeskouing van afsonderlike bestaan,

ontwikkeling en hulpverlening onthef die stelling van (lae) politiese motiewe van alle waarheid.

2.5 Die beeld van God

Die argument dat "die referensiële strekking van die twee stelwyses (van die beeld van God) 'na wie' en 'in mense'

is waarskynlik parallel, indien nie identies nie" (bl 12) is 'n misvatting. Die Advies volhard met "dat die mens

kragtens sy geskapenheid die beeld van God dra" (bl 12) waaroor reeds onder punt 1.3 gehandel is.

Dit sal goed wees om weer grondig kennis te neem van wyle prof dr HP Wolmarans se navorsing in sy proefskrif

in 1932 oor die mens na die beeld van God. Enkele aanhalings sal hier voldoende wees.

"Dat Paulus verder aan die gemeente van Kolosse kon skryf dat die nuwe mens vernuw word naar die beeld van

Hom wat hom geskape het, (Kol 3:10) wat 'n duidelike verwysing is naar Gens 1:26,27 ís vír ons 'n duidelike bewys

dat hy 'n verband gelê het tussen Gens 1:26, 27 en Kol 1:15. Die uitdrukking in Kol 1:15, staande in die

Christologiese uiteensetting, moet gesíen word as 'n uitbreiding op die gedagte van Kol 3:10 en as antwoord op die

vraag wie en wat Gods beeld ís, 'n vraag wat veral die hellenistiese judaïsme, waarmee Paulus op die hoogte was,

al lank besig gehou het. Blykens die antwoorde wat daar toe al gegee was, ís daar nooit gedink nie aan

'skaduwbeeld' en hierdie gedagte moet daarom by Paulus ook nie gesoek word nie. Daarby het die woord 'skaduw'

soos ons reeds gesien het, ook in Paulus se tyd die betekenis gehad van dat wat maar skyn is, bedrog is,

onwerklikheid" (bl 180).

"Wát ook al die betekenis van 'skepping naar Gods beeld' mag wees, dis duidelik dat onder 'beeld' die mens nie

bedoel ís nie, maar alleen die Logos, sodat hier sprake is van die middelaarskap van die Woord van God, soos wat

daar in die hele Skrif sprake van is; ons dink veral aan Gens 1, Joh 1 en Kol 1, al word in die laaste die woord

Logos nie gebruik nie" (bl 182).

"As ons wil soek naar trekke van ooreenkoms (tussen God en mens), dan is veeleer die minderwaardigste diertjie

op die bodem van die see, 'n beeld van die mens, dan dat die mens die beeld van God is" (bl 184).

"Ons kan dus nie sê nie, dat deur die reformatore of neo-reformatore vir ons 'n aanneemlik antwoord gegee is op

die vraag: wat is die beeld van God? Dis hulle nie geluk nie om vir ons 'n verstaanbare verband te lê tussen

Kolossense 1:15 en Genesis 1:26,27. Een van die vernaamste oorsake hiervan is, soos ons reeds gesien het, die

opvatting van beeld as 'skadu-beeld'. Hierdie opvatting van beeld maak elke oplossing onmoontlik. Godsbeeld is

alleen te sien as Gods Woord, as God openbarende Woord. Die Woord van God wat ook geen beeld van God ís

nie is ook nie in staat nie om God aan ons te openbaar" (bl 186).

"Die hele uitdrukking (be = 'in' of 'na' of 'ooreenkomstig')wys immers alleen op die verhouding van die mens tot God"

(bl 187).

" … (Van) God ontvang hy biesondere genade om sy taak te volbring; dit alles wil sê hy is 'naar God heen' geskape,

geskape 'naar Gods beeld', geskape 'in betrokkenheid op God'" (bl 188).

"Die vertaling 'in' (vir be) is nie onsinnig nie en word deur heelwat kommentatore verdedig, maar tog moet daar nie

'n buitengewone betekenis in gelê word nie. Teen 'in' pleit dat die Septuagint en die hele Nuwe Testament díe

voorsetsel nie so opgevat het nie. Kata is met 'in' nie te vertaal nie. 'Naar' is goed maar dan meer in die sin van

'naar … heen', kata theon (Ef 4:24), 'naar God heen'. Die gedagte wat agter be sit kan net so goed uitgedruk word

met 'in betrekking tot', so veral in Ef 4:24, 'in betrekking tot God' (bl 189).

"Die belydenisskrifte lê dus heel tereg op die ware kennis van God nadruk, as op een van die vernaamste

kenmerke van die skepping 'naar Gods beeld'. Hierdie godskennis was volmaak, insover dit volmaak by 'n skepsel

genoem kan word" (bl 190). Wolmarans wys verder wat die belydenisskrifte betref inderdaad ook benewens die

ware kennis ook op geregtigheid en heiligheid (bl 190,191). In die verband van geskape na die beeld van God kan

ook nagelees word in Koers Briewe 80/8-10; 83/4,5; 84/2,3.

"Met die (sonde)val het die beeld dus nie verlore gegaan nie, omdat die mens die beeld nooit had nie en self ook

nie was nie. Maar die skepping 'naar Gods beeld' is vernietig" (bl 193).

"Die beeld van God is dus sy openbarende Woord, wat Hy tot die mens spreek, in welke gestalte ook al …

Sonder die Woord ís die mens 'sonder God' en 'vervreemd van God in die wêreld'" (bl 196).

2.6 Bybels-Reformatoriese teologie

Die Advies sê: "In die Hervormde Kerk (nogal wyd gesê – HG) het dit die laaste dekade of twee gebruiklik geword

om ons teologie te tipeer as Bybel-Reformatories, en miskien het dit nou tyd geword om van hierdie monisme en

10

11

simplisme ontslae te raak. Ons teologie is net so geskakeerd en gevarieerd soos die van die Bybel en die

Reformasie. Om daarom te sê die besluit van die AKV het afskeid geneem van die Bybels-Reformatoriese teologie

is niksseggend" (bl 14).

Miskien moet Advies 'n bietjie teruggaan op die geskiedenis van die begrip Bybels-Reformatories in ons Kerk se

teologiegeskiedenis. Begin maar by die ontstaan van die Hervormde Teologiese Studies (HTS) wat van sy ontstaan

rondom 1944 as ondertitel gedra het: Vir die bevordering van die Bybels-Reformatoriese Teologie in Suid-Afrika.

Ná sowat 32 jaar het dit as ondertitel in 1976 verdwyn maar as doelstelling steeds bestaan totdat dit juis in "die

laaste dekade of twee gebruiklik geword het om ons teologie te" verhumaniseer. Vroeër was die HCM Fourieerepenning

juis ook toegeken vir die bevordering van die Bybels-Reformatoriese teologie!

Die geskakeerdheid en gevarieerdheid van die teologie van die Bybel en die Reformasie doen nie afbreuk aan

die eenheid van die onderliggende infrastruktuur daarvan nie.

Miskien, op ligter noot (bl 3), het die tyd inderdaad aangebreek dat die kerk in die Cis-Hex sy onafhanklikheid

voltrek op die basis van die meerderwaardige mens as beelddraers van die Gans Andere! Dan kan die Voortrekkerkkerk

in die Transgariep en die Transvaal as begenadigde sondaars die beeld van God dien in Jesus Christus.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

DIE REUSE BEELD VAN NEBUKADNESAR SE DROOM –'n Leseres

Die kop van goud is die Babiloniese WÊRELDRYK (dit gaan alles net oor wêreldryke). Daarom word gepraat van

"die hele bewoonde wêreld, voëls, wilde diere, ens". Die Mediërs het nie 'n wêreldryk gehad nie, wel die Perse

onder Kores (silwer) en dan die Grieke onder Alexander die grote ("Wat oor die hele wêreld heerskappy sal voer").

Alexander se 4 generaals wat die Griekse ryk onder hulle verdeel het, het ook nie wêreldryke gehad nie.

Die volgende empire was die Romeinse Ryk. En dit was 'n harde ryk, soos van yster, van alles wat ons vandag

weet uit die geskiedenis van die Romeinse ryk. Wat baie interessant is, is dat ons vandag weet dat die Romeinse

ryk in 2 ryke verdeel het, die Oostelike of Bisantynse ryk en die Westelike Ryk. Dit wil sê die twee yster bene. As

Daniël oud geword het, (hy't skynbaar Kores nog skrams beleef), kon hy onmoontlik geweet het dat die Romeinse

ryk in twee sou verdeel.

Daarna was daar nog nooit weer 'n wêreldwyk nie. Die Engelse was besig met een en het op 'n stadium gespog

dat hulle reeds driekwart van die wêreld beheer, maar toe het hulle hom self laat verval om deel te kan word van

die laaste ryk wat nou onder ons neuse vorm aanneem. Die ryk van yster en klei se groot ideaal is om EENHEID

onder alle mense op aarde te kry, "selfs deur ondertrouery" (verbastering en integrasie). Maar ook ekonomiese

eenheid (die wêreldbank en die internasionale monetêre fonds), volksverskille en volke moet uitgefaseer word,

daar moet een wêreldkultuur ontstaan (Die internet bevorder dit). Daar moet ook een wêreldgodsdiens tot stand

kom (enigiets behalwe die Christendom). Sover vorder die New Age beweging baie vinnig. Sendelinge in Natal sê

dat dit geweldig toeneem onder die swartes.

Ek sien die gier van die ekumene as deel van die eenheidsdrang van yster- en kleiryk wat Daniël van praat.

In Openbaring 17:9 praat Johannes van 7 konings. Dis die 7 empires wat die wêreld beleef. Meeste verklaarders

vergeet dat die Bybel in Gen 10 sê Nimrod was die eerste maghebber op aarde. Koning nr 1 = ryk nr 1 = Nimrod.

Koning nr 2 = ryk nr 2 = Assiriese ryk. Koning nr 3 = Babiloniese ryk. Koning nr 4 = Persiese ryk. Koning nr 5 =

Griekse ryk. Dan sê Johannes die eerste 5 het geval en die 6de is nou hier, dit is die Romeinse ryk. Die 7de ryk

(Daniël se ryk van yster en klei of die ryk van die Antichris) moet nog kom en 'n rukkie bly; die dier (Satan) is self

die 8ste en hy gaan saam met die vorige 7 na die verderf waar hy hoort by hulle. Hulle het telkens onder sy leiding

en beheer ontstaan omdat hy EENHEID onder mense wou kry, soos destyds toe hy alle mense deur middel van

Nimrod en sy vrou beheer het. Toe organiseer hy telkens 'n wêreldryk.

Ou ds Kolie Kotze van die tweetoringkerk in Bloemfontein het gesê: "God werk met Volke, die Satan werk met

Empaaiers."

Die beeld van Nebukadnesar stel dus die hele geskiedenis van die wêreld voor in terme van wêreldryke. Die klip

is God (in Christus) wat die geskiedenis fynmaal (beëindig). En dan kom die Christusryk wat nie deur 'n ander

vervang sal word nie en vir altyd sal bestaan.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

11

12

VAN RULER SE NUWE VERZAMELD WERK (Slot)

– Dr G Bos (Nederland)

Gods koninkrijk en het Oude Testament

Theocratie

Van Ruler werkt zijn gedachten uit onder het hoofd van theocratie (Godsregering) en volkskerk. De Here God wil

zelf betrokken zijn bij zijn wereld. Daartoe openbaart Hij Zich. En omdat het heil van God zijn weg zoekt via het volk

Israël zal de gemeente van de Here Jezus Christus niet zonder het Oude Testament kunnen. Het legitimeert Jezus

als de beloofde Messias. Alle beloften zijn in Hem ja en amen. Wij worden betrokken bij deze heilsgeschiedenis en

het opent onze ogen en harten voor het doel van al Gods werken. Daardoor krijgt ons leven en het leven van onze

samenleving eeuwigheidswaarde. De Here wil te maken hebben met de vormgeving van ons bestaan. De kerk

weet dit en boodschapt het aan de overheden en aan ieder die het maar horen wil. Zo is zij kerk voor de volken –

het eigen volk eerst. Langs deze weg geeft de Here zijn onderwijzing voor vormen van leven. En de gemeente van

Christus erkent dat de vormgeving in Israël een unieke gestalte is op de weg naar het eschaton. Daarom zal zij het

Oude Testament nooit kunnen missen.

Breytenbach en Hertzog zijn echter van mening dat Gods onderwijzing in de tora niets te maken heeft met orde

en regels. Er is geen sprake van een ontwerp van leven voor de samenleving – niet voor Israël en niet voor de

gelovigen van vandaag. Het is alleen (!) een handreiking voor hen die in een relatie met God gekomen zijn om te

leven in dankbaarheid voor het aangezicht van de Here God die in genade en onverklaarbare liefde naar hen heeft

omgezien. Ik zou me kunnen voorstellen dat wanneer we alleen het Nieuwe Testament zouden hebben deze

(verkeerde!) gedachte kan opkomen. Maar de stelling van Van Ruler is nu juist dat het Oude Testament deze

beperkte zienswijze volstrekt onmogelijk maakt. En ik meen dat hij goede argumentten heeft.

Het gaat bij de tora om te beginnen om het hele volk Israël en dan blijkt pijnlijk dat herhaaldelijk de gemeente des

Heren ook toen niet hetzelfde was als de volksgemeenschap. Denk aan de toepassing van de ban. Notoire

zondaars werden uitgesloten – denk aan Achan bij voorbeeld. Anderzijds was het mogelijk om als vreemdelingen

een plaats te krijgen binnen de gemeente zonder deel te mogen uitmaken van het volk en zonder dat men

onderworpen werd aan de gehele tora.

De messiaanse Koning

Maar ook de andere volken zijn in het vizier van de Here God en dat vanaf de roeping van Abraham. Het mag

opvallen dat de profeten herhaaldelijk ook een boodschap hebben aan de vorsten en volken buiten Israël. En de

gemeente in Israël heeft het geweten. Zo kom ik terug bij psalm 2. Ik noemde deze al eerder. Het is een lied dat

voor het eerst gezongen is toen Is-raël nog eigen koningen had. En kennelijk in een tijd dat de koning te Jeruzalem

ook heerste over andere volken. Hun koningen zijn in opstand gekomen en men is in angstige onzekerheid over de

toekomst. Maar in de tempel weet men van de Here God die regeert en de door Hem gegeven koning bemoedigt.

Dat betekent slechts – volgens Breytenbach/Hertzog – dat de koning moed wordt toegezongen en indirect dat de

andere naties beter voor de Here God kunnen buigen. Het wordt niet verwacht dat zij rekening zouden houden met

Gods wet. Daarbij komt – zeggen zij – dat de theocratische gedachte die mogelijk hier aan de koning gekoppeld

wordt in andere tijden van het volk een andere vormgeving krijgt. Voor de tijd van de koningen is er sprake van een

charismatische theocratie en na de ballingschap krijgt hij een priesterlijke vorm. Daarmee menen zij te kunnen

bewijzen dat Van Ruler ten onrechte zich voor de theocratie beroept op het Oude Testament omdat hij alleen

rekening houdt met de koninklijke vorm van de Godsregering. Het is trouwens gebleken dat het Oude Testament

een veelvoud van theologieën bevat, aldus ’Bijbelwetenschappers van formaat’. Er is geen sprake van een centraal

thema. Aangezien de Bijbel een veelvoud van thema’s bevat kan geen enkele theologie zich beroepen op de Bijbel

als geheel. Het oordeel is kort en krachtig: Van Ruler zou niet slagen voor de toets van verantwoordelijke exegese

en theologiseren.

Een toegewijd volk

Nu lees ik in Exodus 19,6 dat de Here aan het volk Israël meedeelt dat zij geroepen worden om een koninkrijk

van priesters te zijn. Op deze wijze wordt hun heiligheid, hun toegewijdheid aan de Here nader ingevuld. Het volk

heeft dit volmondig toegezegd maar we weten wat daarvan terecht gekomen is. Dan roept de Here richters die

door de Geest geleid het volk voorgaan. Het is geen oplossing zoals ook het volk in haar nood erkent. Er komen

koningen maar zelfs de besten schieten te kort. Na de ballingschap zijn het hogepriesters die het koningschap van

de Here God tot uitdrukking brengen. Maar zoals Paulus verkondigt (Handelingen 13, 33) komen alle lijnen samen

in de komst en het werk van de grote priesterkoning Jezus Christus en vervult de Here God zijn beloften en

12

13

bedreigingen toen Hij zijn zoon opwekte uit de dood en Hem liet zitten aan zijn rechterhand. En Petrus vertelt in zijn

brief (hoofdstuk 2,9) dat de gemeente van de Christus nu een koninklijk priesterschap genoemd mag worden, een

heilige natie met de opdracht om de grote daden van Christus te verkondigen. En zou dat bij woorden mogen

blijven? Die genadeboodschap hoorde het volk Israël al bij de Sinaï in de inleiding op de wet des Heren maar dan

volgen de toepassingen voor het leven voor Gods aangezicht en voor het omgaan met elkaar. De Here geeft zijn

bedoelingen met zijn schepping niet op!

Post Scriptum

Bij mijn studie ten behoeve van colleges Moderne Theologie kwam de vraag op waarom zoveel theologen grote

moeite hebben met de gedachte dat het Gods bedoeling is om zijn heil te doen ingaan in de menselijke en aardse

existentie. Ik denk aan het slot van de lezing van prof Andries van Aarde over Bultmann: Jezus staat voor ons op in

het kerugma, in de verkondiging en aan onze liefde zal openbaar worden dat we Hem volgen. Maar wat is men

beducht om de gestalte van die liefde nader in te vullen zowel bij de Here Jezus als bij zijn gemeente. De profeten

en de apostelen hebben daar kennelijk minder moeite mee.

Ik meen dat de oorzaak is dat men vanuit het denken van de Verlichting geen raad weet met de geschiedenis. De

Verlichting zoekt naar algemene wetten op allerlei terrein en men heeft daarmee grote vorderingen gemaakt. Maar

dit werkt niet op het terrein van de geschiedenis. Daar bepalen steeds weer toevalligheden en incidenten de gang

van zaken, zo ontdekt de wetenschap. De historisch-kritische Bijbelwetenschap wijst dat ook aan ten aanzien van

de zogenaamde Bijbelse geschiedenis. Er wordt gesproken van goddelijk ingrijpen en van wonderen bij voorbeeld

maar die zienswijze houdt geen stand tegenover de moderne wetenschap. Het gevolg: op toevallige gebeurtenissen

kan men zijn geloof niet bouwen. Jammer maar het is niet anders.

Er zijn theologen geweest die zich hierbij niet willen neerleggen. De grote geleerde Hegel heeft gepoogd in een

grandioos concept van denken de betekenis van de geschiedenis een plaats te geven. Ernst Troeltsch (gestorven

in 1923) heeft de oplossing gezocht in de betekenis van individuen in wie boven-individuele waarden verwerkelijkt

worden en die daardoor van grote betekenis kunnen zijn. Daarbij denkt hij in de eerste plaats aan de Here Jezus

maar in zijn schaduw mag dat ook gelden voor ’gewone’ mensen. Het punt is dat op deze en andere manieren gepoogd

wordt de alledaagse geschiedenis van gewone mensen, van voorgangers, van volken en van de hele wereld

’eeuwigheidswaarde’ te geven. Het is de moeite waard om te leven omdat de Here God er zijn bedoelingen mee

heeft. Maar wat blijkt het moeilijk te zijn om in onze ’verlichte’ wereld voor deze visie een wetenschappelijke plek te

vinden. Dan moet de gangbare wetenschap buiten zijn zich zelf opgelegde grenzen treden!

Veel theologen echter ontlopen deze bijna onmogelijke opgave door de wetenschap van de Verlichting alle

rechten te geven en tevreden te zijn met een God die in de geest ons nabij is. Het kan ook God in Christus zijn

maar geregeld blijkt dat de grenzen dan heel vloeiend zijn. Karl Barth blijkt nog te hechten aan zaken die toen en

daar gebeurd zijn zo ’n tweeduizend jaar geleden – zoals de maagdelijke geboorte en de opstanding. Bultmann is

consequent door geen enkel zogenaamd historisch bewijs te aanvaarden voor zijn geloof. Hoewel – consequent?

Radicale volgelingen vinden dat hij nog niet ver genoeg ging omdat hij het kruis van Jezus als historische werkelijkheid

vasthield. Ik wil de oprechtheid van zijn geloof niet in twijfel trekken en ik kan me voorstellen dat er situaties in

dit leven zijn – zoals toen in de schuilkelders in Duitsland – dat voor je gevoel de wereld instort en er niets anders

overblijft dan het ’kerugma’. Maar wanneer de stofwolken optrekken en de zon opgaat is er nog steeds de roeping

om met een toegewijd leven de Here te dienen. Het gevolg is echter geweest dat de secularisatie hand over hand

toenam en veel mensen ten diepste vertwijfeld zijn achter gebleven. Er is afleiding genoeg maar de vraag naar de

zin van het leven en de bedoeling van onze wereld wordt niet beantwoord. Het communisme probeerde antwoord

te geven maar is hopeloos mislukt. Neemt nu de Islam de lege plaats in? Of zal de gemeente van Christus haar

roeping hervinden?

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

LEIDING EN ONWAARHEID (1 Joh 4)

– Oudl Pieter Geyser (Meyerspark)

(Oorspronklik 'n brief aan Die Hervormer – Red)

Die onwaarheidsorkaan wat deur 'n besluit van die AKV in Oktober 2010 getref het, is bepalend vir elke gelowige

wat hom beroep op die leiding van die Heilige Gees.

Elke onwaarheid of verraad in die Woord is duidelik uitgebeeld as verkeerd. Die verraad van Judas teenoor Jesus

Christus en die Heilige Gees wat ons elke dag bely, is gestraf met seer sekerlik die grootste straf denkbaar.

13

14

Die Gees is die Gees van Waarheid. Die mens is die misleier.

Al het ek my beroep op die leiding van die Heilige Gees en ek kom tot die besef dat iemand 'n misleidende of

wanvoorstelling gemaak het, mag ek myself mos losmaak van hierdie onwaarheid.

Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering het mos nou al agtergekom dat 'n misleidende en wanvoorstelling

die Kerk binne gedring het. Waarom dan lidmate en predikante wat daar teen is so uitkryt as moeilikheidmakers?

Die Hervormde Kerk was nog nooit 'n wêreldskerk nie.

Kom ons besin en stop hierdie onwaarheidsorkaan en wees die ongeskonde waarheidskerk van Jesus Christus

waarop ons hoop en bid vir genade deur die Heilige Gees.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

ONS BID VIR U

– Oudl Pieter Geyser (Meyerspark)

(Oorspronklik 'n brief aan dr Danie van Wyk – Red)

By wyse van die vrae rondom u skrywe, stellings en bewerings aangaande Besluit-54 van die 69ste AKV

vergadering, is dit sekerlik as gelowige lidmaat van die NHK vír my nodig om hierdie skrywe aan u te rig en ek

hoop dat u my hierop sal antwoord.

Ek besef u het 'n baie moeilike taak om te verrig. Sekerlik, as medegelowige en predikant is u maar alte bewus

van ons hoop op gebed om ons leiding te gee in hierdie saak.

Ek is van kindstyd af geleer dat die kerk die bruid van Christus is. Dat die bruid (kerk) altyd ongeskonde, bo

verdenking en sonder letsel, verdagmakery, valse en wanvoorstellings 'n besluit of rigting moet aanwys.

Die besluitebundels van die 66ste en 68ste AKV vergaderings het tog baie duidelik en beslissend die waarheid

gestaaf. Met apartheid is daar duidelik die goeie en die swak uitgewys. Die Kerk se pleit van belydenis rondom eie

oortredings is deur lidmate in eie reg aanvaar.

Die belydenis van die Kerk voor God en mens is sonder teenkanting aanvaar. Daar was ook geen twyfel by

lidmate toe die 68ste AKV vergadering weer die saak hanteer en vir verder studies verwys het nie. Al die lidmate

het verstaan dat die Kerk hom nie weer by die politiek sal betrek nie en dat die moontlike beletsel van apartheid ten

volle te ruste gelê is met die 66ste AKV-besluit.

Ongelukkig is dit met verdraaide waarheid en wanvoorstellings, om sekere eie oogmerke en doelwitte die AKV in

'n besluit in te kanaliseer, geregverdig. Ek verwys na die inleidingswoorde van Besluit-54 waar met 'n verkeerde

voorstelling uit die vorige notule ons mislei is. Hierdie besluit het veroorsaak dat 'n geloofsvertrouensbreuk in die

Kerk by baie lidmate veroorsaak is.

Hoe kan ons elke Sondag ons geloof in die waarheid en belydenis handhaaf onder die vaandel van 'n onwaarheid.

Lidmate wat hulself nie wil onderwerp aan die onwaarheid nie word gedreig met opsig. Hoe gaan u die Kerk

opdrag gee dat lidmate, kerkrade en predikante wat hulle neerlê by die onwaarheid die opsig toepas op die wat

hulself van die onwaarheid distansieer?

U mag nie 'n Pilatus wees nie. U mag nie u hande in onskuld was nie. Hierdie onwaarheid baan mos die weg vir

'n totale val van ons strewe na 'n ware geloof en die uitleef daarvan in die waarheid.

Ek, as ouderling, kan mos nie 'n onwaarheid verdedig nie. Ek kan ook nie dink dat ek ongestraf sal bly as ek

hierdie onwaarheid aanvaar nie. Hoe kan iemand van 'n ander gelowige verwag om 'n onwaarheid na te volg?

Kom ons wees getrou aan dit wat ons verkry uit die ware Woord. Die waarheid ten koste van die eise en strewes

van die individue.

Ek bid vir u, nie ek alleen nie, maar elke gelowige wat vir die waarheid en ons geloof staan in hierdie verdorwe

wêreld.

Groete in ons Here Jesus.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

SWART MENSE MOET WITTES NIE VERTROU,

HOOR SEMINAARGANGERS

- Die Burger 7 Julie 2011 – Neels Jackson

Wit mense voel vandag geïsoleerd in Suid-Afrika – en dit is hul eie skuld. Dít was gister die boodskap van mnr.

Boitumelo Senokoane, dosent in teologiese etiek aan Unisa, tydens ’n filosofieseminaar by die universiteit.

14

15

Senokoane het ’n bekende uitlating van Steve Biko, "Black man, you are on your own", omgedraai tot "White

man, you are on your own".

Volgens Senokoane kla wit mense vandag omdat hulle politiek magteloos, sosiaal uitgeworpe, ekonomies

vervreem en godsdienstig skynheilig is.

Hy voer aan dat wit mense in die vorige bedeling ’n konstruksie van God gemaak het wat aan hul kant was. Nou

het daardie "god" hulle in die steek gelaat.

Die fout wat wit mense volgens Senokoane gemaak het, was om te vergeet dat die mens ’n sosiale wese is wat

ander nodig het.

"Die lewe gaan oor die bou van brûe, nie mure nie," het hy gesê.

Vandag sien ’n mens steeds soms dat wit mense afsonderlik wil veldtogte voer. Met organisasies soos die AWB

en VF+ isoleer wit mense hulself net verder.

Senokoane meen ook dat die wit mens nie deur die swart mens vertrou moet word nie. Daarmee verwys hy nie

na individue nie. Party swart mense is deur wit mense gehelp. Hy verwys na die wit man as geheel, na sy

gemeenskap.

Senokoane het gesê die wit mens is ’n produk van sy gemeenskap waar geleer word dat ’n swart mens minderwaardig

is, nie dink nie, ’n heiden is en onbekwaam is.

Hy kan nie ontken dat daar wit mense is wat sê hulle is anders geleer of dat hulle self tot ander insigte gekom het

nie, "maar dit moenie vergeet word dat dit ’n hele gemeenskap verg om ’n mens groot te maak nie".

Senokoane voer aan dat ’n swart man ook teenoor liberale wit mense skepties moet wees.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

AFSTAMMING VAN DIE APE

– HG

Dot Serfontein skryf in haar pragtige boek Vrypas oor haar talentvolle broer Danie (bl 24): "Natuurlik het Danie

heeltemal wetenskaplik aan spoke geglo, en op ’n stadium het hy ons (as kinders) vír die waarheid vertel sekere

mense glo dat Liewe Jesus van ’n aap afstam. Ons moet net oplet: Wanneer so ’n mens oor die tafel bid, hou hy sy

hand voor sy oë. Naarstiglik hou ek toe by elke ete dop en tot my skrik hou my pa en al wat ’n oom is, die hand

voor die oë wanneer hulle bid."

Ongelowige predikante

Die Nederlandse teoloog sê van predikante wat ter wille van lewensonderhoud sonder geloof op die kansel staan:

Onze eigen Protestantse Kerk is ook bezem rijp "Er staan op de kansel die door verlies van geloof hun dienstwerk

zouden moeten neerleggen. Als ze eerlijk zijn voor God en de mensen, zouden ze toegeven dat ze de kerk van

binnen–uit verpesten" (HWC, 8-15 April 2010, bl 11).

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

SOUT- EN PEPERPOT

– Ds PJ van der Merwe (Zoutpansberg Gemeente)

Professor BJ Engelbrecht, wat 'n formidabele mens!

Op 10 Desember 2001 skryf prof dr BJ Engelbrecht aan my die volgende brief. Let net op die ongelooflike

naïwiteit wat 'n kenmerk van sy hele lewe was:

Beste Dominee,

Graag wil ons hiermee aan jou en jou gesin 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige Nuwe jaar (2002) toewens.

Die tweede saak is dat ek 'n woord van diepe dankbaarheid wil spreek vir jou mooi brief in Die Hervormer. Nog

nooit in my lewe het ek, menslik gesproke, soveel welwillendheid, liefde en waardering ontvang nie. Baie, baie

dankie daarvoor. Hoewel ek met 'n vergrootglas moet lees en skryf, sal ek, solank ek nog krag van Bo ontvang,

volhou met die artikeltjies tot eer van ons liewe Heer.

Groete. Ben en Rina.

(get.) BJ Engelbrecht.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

KERKNUUS

Emeritus ds Fanie en mev Elsa Swanepoel se agterkleinkind, Ellani du Toit van byna 2 jaar oud,ís aan 'n

seldsame siekte oorlede.

15

16

Nico Truter wat vroeër as ouerlinglid op die AKVKommissie was is in Paraguay oorlede. Hy het op sy tyd baie

gedoen vir die Kerk in die Noord-Kaap en spesifiek Kuruman.

Dr Frikkie Labuschagne van die gemeente Sasolburg volg dr Fanie Pretorius op as Sekretaris in die Kantoor van

die Kommissie. Hy word sterkte toegebid en ons groot dank en waardering

vergesel dr Fanie en Rika Pretorius vír hulle jarlelange groot opofferings vir die Kantoor.

Ds Jasper van der Westhuizen is op 24 Julie 2011 in Vryburg gemeente, bevestig. Hy volg ds Hardie Kotzé op

wat einde Oktober 2010 na Schweizer-Reneke gemeente verhuis het.

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

PREEK

– Dr Christo Pretorius (Pretoria-Sentraal)

Lofsang: Gesang 190:1-3

Skriflesing: Romeine 8: 18-30

Sing: Gesang 445 strofe 1 tot 4

Teks: – Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê en in Hom glo wat my gestuur het, het die ewige lewe.

'Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat

sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die eerste is. '

Gemeente van die Here, Broeders en Susters:

Wanneer die apostel Paulus sy pen opneem en aan die gelowiges in Rome skryf, dan bied hy 'n uiteensetting

aan van die evangelie wat hy verkondig. In die brief stel hy ook die kernsake van die evangelie aan die orde. Hy

gee 'n uitlegging van die sonde, die regverdiging deur die geloof in Jesus Christus. Hy verduidelik die vryheid van

die Christen teenoor die geregtigheidstrewe van die Joodse wettisisme en verkondig hoe Jesus Christus genade

en versoening skenk. Hoe Christus die mens uit die mag van sonde en dood ruk, hoe sy lyding, kruis en

opstanding die mens se verlossing en versoening met God bewerk.

Dit is vir u en my bekende woorde, bekende inhoude. Dit is die leerstellings waarmee ons opgevoed is. Dit is die

Reformatoriese erfgoed wat deel is van ons kerkgang en wat ons by ons geliefde kon hoor. Op 'n eenvoudige en

maklike manier het hy die leerstukke van die geloofslewe oorgedra; ons deur heldere en sekere begrip terug gelei

na die Woord van God wat die teologie, die verkondiging, die dogmatiek voorafgaan en uiteindelik saam gebuig

voor die God van die Woord.

Maar dit is nie net die leerstukke van die geloof wat ons kon hoor nie; dit vind ons ook by die apostel Paulus. Die

leerstukke, die dogma, die teologie het ook in die lewe weerklink. Dit het die ankers geword vir vertroosting, vir

koers, vir ons gang in die kerk en die kerk se gang met die Afrikanervolk en die wêreld. Dit wat ons van God en sy

Woord mag leer, deurdring ook ons lewe, nog te meer, geliefdes dit word die ankers van ons daaglikse gang. Is dit

nie waarom die apostel aan die Romeine die evangelie skryf nie? Hy is ook pastor wat met die omlynde en

verhelderende woord bemoedig, troos en verseker. Die gelowiges van Rome was mense wat bemoediging en troos

nodig gehad het. Nie net het hulle geleef in 'n wêreld waar die keiser en die magte van die wêreld om hulle woel

nie, maar hulle het ook kennis geneem van die gebrokenheid wat in hulle woel.

Wat het hulle beleef? Dit is 'n wêreld en lewe van lyding? Dit is 'n wêreld en bestaan wat uitgelewer is aan

gebrokenheid en nood.

Aan dié mense, bied die apostel troos en bemoediging. Hy bied ook 'n ander uitsig. Hy wil antwoorde bied. Die

vrae waarop hy antwoorde wil gee is ook ons vrae: Hoe moet gelowiges na lyding kyk? Hoe moet ons na die lewe

kyk en ons verganklikheid beoordeel?

Met ander woorde, die apostel lei ons om saam met hom 'n waardering te maak. So begin die teksgedeelte. Die

apostel gaan soos 'n boekhouer, 'n ouditeur te werk en maak 'n samevatting van die ruimte en tyd waarin ons is.

En wat is die kenmerkende van die wereld en die mens en sy geskiedenis? Die natuur en die geskiedenis, ons

plek, ons hier en nou is stukkend, dit is swak, dit vergaan. Dit is wat die sonde van die mens bewerk het; totale

verganklikheid- dood. Dit is om ons, dit is aan ons en in ons. Die totaliteit van die verganklikheid word deur die

apostel vanuit drie perspektiewe beskryf. Vanuit die kosmos om ons, vanuit ons eie bestaan hier en nou, maar ook

vanuit ons diepste wese, ons menswees voor God. Dat die Heilige Gees vir ons moet bid en pleit beklemtoon ons

nood soveel te meer. Selfs ons gebed, ons gang met God is gebroke, selfs hier moet ons gedra word.

Daarom sug die skepping, daarom ontsnap 'n kreet uit ons harte – want ons is inderwaarheid gedoem, totaal tot

die dood toe gedoem. Daaroor sug ons. Kan ons hierop antwoord? Kan ons die verganklikheid draaglik maak? Die

mens probeer dit doen. Ons ontwerp sisteme, en formuleer antwoorde wat sin aan die lyding gee; al is dit die sin in

16

17

fatalisme. Met ons rede en verstaan poog ons om mens en God, dood en lewe as die groot proses te verklaar.

Maar al ons berekeninge, al ons ontwerpe, ons verklarings eindig in die nietigheid. Ons moet erken, dat om ons,

aan ons en in ons is daar geen redding, geen verlossing nie, geen uitkoms uit die verganklikheid nie.

Ons nood is totaal. Teenoor die verganklikheid antwoord God.

Alleen God kan aan ons die regte uitsig gee op dit wat ons lewe in die graf intrek.

Hiervan berig Paulus. Teenoor die absolute verganklikheid verkondig hy die heerlikheid wat kom.

Martin Luther het dit so gestel: "Kyk hoe draai die apostel sy rug op die wêreld en rig hom op die komende

openbaring; hy sien die wêreld verlos van alle nood en teleurstelling, gevul met skitterende vreugde. Kyk hoe perk

hy die wêreld in in 'n enkele druppel, in 'n flitsende vonkie in, terwyl die heerlikheid uitdy tot 'n magtige oseaan, 'n

vuur van vlamme."

In ons verganklikheid, te midde van lyding en dood rig die apostel ons op iets buite die mens, buite ons ruimte en

tyd. Hy rig ons op God. Wat God doen, wat God sê is vir ons 'n anker in ons swaar tye, in ons lyding. Dit is hoe ons

perspektief kry.

Geliefdes, die basis, die fondament waarop die apostel ons rig hoor u in vers 28-30. Dit sluit aan by vers 18 en

vorm die hoogtepunt van Paulus se uiteensetting. In die besonder klink dit in vers 29:

'Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat

sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die eerste is. '

Die anker wat hier aan ons gebied word ken ons as die leerstuk van die uitverkiesing en die predestinasie. Van

die uitverkiesing en die predestinasie het die Geneefse Hervormer, Johannes Calvyn, opgemerk: Dit is 'n hoë en

heilige misterie. En tog dien die leerstuk ons lewe, dit dien tot troos vir die gelowige.

Waarom? Hoe dien dit vandag tot troos? Deur dié woorde word ons alleen gerig op dit wat God weet wat God

besluit en wat God doen. En nou mag ons deur en in Jesus Christus hoor dat God ons verkies het, dat Hy ons sy

kinders maak en ons verheerlik. Dat ons voorwerp is van God se liefde.

Die apostel het nie net in die vorige verse hierna verwys nie, maar lei dit nou tot 'n hoogtepunt. Vooraf het hy

gewys na die heerlikheid van God, die heerlikheid waar ons as kinders van God na uitsien. Die heerlikheid en die

kindwees van God word parallel gestel. Met kindskap beklemtoon die apostel ons erfgenaam-wees van dit wat God

beskik. Die vraag is: Wat is ons erfporsie, wat is die heerlikheid waaraan ons in Christus deel het? Dalk moet ons

opnuut luister na die Apostoliese geloofsbelydenis: ’... ek glo in die wederopstanding van die vlees’.

Ons kan dit alleen bely, omdat Christus uit die dood opgestaan het. Die nou verbintenis tussen ons en Christus,

die Eersteling uit ons wat volg, dui op ons verbintenis nie net in lyding nie, maar ook in heerlikheid. Ons is met

Christus erfgenaam, ons deel met Hom nie net lyding nie, maar oor heerlikheid, opstanding en God se ewige

teenwoordigheid.

Dit het ons alreeds. Dit is nou 'n sekerheid, omdat God die begin daarvan was en dit sal so wees, omdat Hy ook

die einde daarvan sal wees. Die heerlikheid wat die Here aan ons skenk is nie net verlossing van die dood en ons

opwekking uit die graf nie, maar ook die verheerlikte liggaam, die liggaam sonder sonde en dood.

Geliefdes, let egter hierop: Dit is nie die mens se keuse; die mens se wil wat geld nie. Nee, ons het reeds gewys

op die totaliteit van ons verdorwenheid. Karl Barth het dit in sy kerklike dogmatiek so verwoord: Alleen waar ons

magteloos is, ontdek die mens God se almag; waar ons radeloos is, openbaar God sy raad; waar ons geen woorde

het nie, skenk God sy Woord.

So het prof Engelbrecht ook sy teologie beoefen en per geleentheid van die Dortdse Leerreëls geskryf: " ... dat

ons uit onsself nooit uit ons diepste nood, sonde en strafwaardigheid voor God kan kom nie, maar dat God in Jesus

Christus gedoen het wat ons nooit kan doen nie, naamlik dat Hy ons in Jesus Christus vergewe en uit ons nood

verlos. "

Dit is nie die keuse van die mens wat na heerlikheid lei, wat die mens tot kind van God maak nie, maar God se

keuse vir die mens. God se keuse wat die verlede voorgaan, wat ons historiese nou deurdring en ons toekomstige

ewigheid beskik. Van begin tot einde is die God se wil, God se keuse wat ons dra. Dit doen God vanweë sy liefde.

Die mens, ons is die voorwerp van God se liefde, al sien ons Hom nie, Hy sien ons. En hierin is ons troos geanker,

God roep ons, Hy kies ons, Hy lei ons om ewig in sy teenwoordigheid te verkeer soos sy Seun in sy ewige teenwoordigheid

verkeer. Dit is die heerlikheid waarop die apostel ons rig.

Maar geliefdes, waarom kies God ons? Waarom wil Hy ons begin en einde wees?

Die hoogtepunt, die uiteindelike doel vind ons hierin:... sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die eerste is.

17

18

God se uiteindelike doel is om die Seun, Jesus Christus te verheerlik. Jesus Christus se heerlikheid, sy eer en

glorie is die doel van God se besluit en dit oorspan en omspan ons nood.

Dit is die troos wat die apostel aan ons verkondig en die verkondigde Woord skep geloof en hoop:

Dat oor ons en ons geliefde, om ons en in ons verganklikheid openbaar God in Jesus Christus, dat alles uit Hom

is en alles tot Hom is. Amen.

(Preek gehou deur dr C Pretorius met die begrafnis van prof BJ Engelbrecht op 27 Junie 2011 in Wonderboom

Gemeente – Red)

o-o-o-0-0-0-0-0-o-o-o

Hulle het volhard in die leer van die apostels – Hand 2:42

18

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!