13.09.2013 Views

Pinkster 2012.pdf - Communitas

Pinkster 2012.pdf - Communitas

Pinkster 2012.pdf - Communitas

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hierdie kan ‘n heerlike geleentheid wees. Dit sal moeite vra, maar as dit

enigsins binne jul vermoë is, doen dit. Kyk na die samestelling van jou

groep. As dit moontlik is, verdeel die kinders in groepe van 10 of minder.

Die idee is om ‘n video te maak. Hulle teken 10 prente en dit word dan as

beeldmateriaal gebruik terwyl die verhaal vertel en opgeneem word. (As

jul regtig nie kan nie - plak dan die prente teen ‘n muur en laat die kinders

die storie vertel.)

Elke groepie van tien moet verkieslik ‘n volwasse leier hê. (Oulike

hoërskoolkinders kan ook gebruik word, veral omdat hulle goed sal wees

met die hantering van ‘n video of selfoon video.)

Vir elke groep is daar ook ‘n inleidende prent nodig wat die video

aankondig. Iets soos: "Pinkster aangebied deur Graad 4's van Doringbaai".

Die laaste "prent" is die krediete. Daarop staan: "Aangebied deur ..." (al

10 kinders en hul leier se name).

Inleiding:

Gee aan elke kind ‘n marshmallow met die opdrag dat hulle dit nie mag

eet nie.

Sing nou twee liedere:

1. Enige bekende lied oor die feit dat ek aan God behoort (soos

"Ek is bly ek ken vir Jesus")

2. "Weet jy nie, weet jy nie jy's ‘n tempel?"

Hulle mag nou die marshmallow eet. Vra dan: "Hoe voel dit om te wag vir

iets lekkers wat moet gebeur? Hoe voel dit om 5 minute te wag? Hoe voel

dit om by die skool te wag tot pouse? Hoe voel dit om ‘n week te wag? En

10 slapies?

Jesus se dissipels moes 50 dae wag vir die Heilige Gees om te kom. Die

woord Pinkster beteken 50 en verwys na die aantal dae nadat Jesus

opgevaar het hemel toe voordat die Heilige Gees uitgestort is.

Julle kan elkeen nog ‘n marshmallow kry wat julle dadelik kan eet en dan

gaan ons iets baie spesiaals doen.

Verhaal:

Ek gaan kortliks vir julle die verhaal van die uitstorting van die Heilige

Gees vertel en dan gaan julle elkeen ‘n deeltjie van die verhaal teken. Ons

gaan julle tekeninge met ‘n videokamera afneem en so gaan elke groep

jul eie Pinkster video maak. Julle moet die verhaal vertel terwyl julle die

prente afneem. (As julle anders besluit het, plak dan die prente chronologies

teen die mure en laat die kinders die verhaal vertel.)

Daar het 10 dinge gebeur:

1. Jesus se tyd op aarde was verby en Hy het voor sy dissipels se oë

opgevaar hemel toe.

2. Net voor Hy opgevaar het, het Hy gesê hulle moet in Jerusalem wag

vir die Heilige Gees .

3. Op Pinksterdag (nadat hulle 50 dae gewag het) was daar skielik ‘n

geweldige wind - maar net die geluid van die wind.

4. Iets wat soos tonge van vuur gelyk het, was op elke dissipel se kop.

5. Die dissipels het in verskillende tale begin praat, tale wat hulle nooit

geleer het nie.

6. ‘n Groot skare het saamgedrom omdat hulle die wind gehoor het.

Hulle was verbaas, want hulle het van verskillende lande afgekom en

kon hoor dat die dissipels in hulle eie taal vir hulle van God se wonderlike

dade vertel.

7. Party mense het gespot en gesê dat die dissipels dronk was, maar

Petrus het tussen hulle gaan staan en gesê: "Ons is nie dronk nie,

maar die Heilige Gees is uitgestort soos God beloof het. Nou kan

julle almal verstaan dat Jesus die Seun van God is wat vir ons sondes

kom sterf het."

8. Die mense het gevra: "Wat moet ons doen?"

9. Petrus het gesê hulle moet in Jesus glo en hulle laat doop. 3 000

mense is daardie dag gedoop.

10. Hulle was nou nuwe mense. Hulle het in Jesus geglo en hulle het

die Heilige Gees in hul lewens gehad. Daarom was hulle lief vir God

en vir ander mense. Hulle wou alles van God leer. Hulle het gereeld

saamgekom om die Here te loof, hulle het nagmaal gehou en baie

saamgebid. Hulle lewens het verander. Hulle het vir almal van Jesus

vertel en so weet ek en jy ook nou van Hom. Ons kan ook ons lewens

vir Jesus gee, met die Heilige Gees vervul word en nuwe mense

wees.

Die kinders gaan teken die volgende prente en lees weer hul gedeelte in

die Bybel.

1. Jesus se hemelvaart - Handelinge 1:9-11

2. Die dissipels wag in Jerusalem - Lukas 24:49, 52, 53

3. Stormwind - Handelinge 2:1-2

4. Vuur - Handelinge 2: 3

5. Tale - Handelinge 2: 4

6. ‘n Groot skare - Handelinge 2:5-9 en 12-13

7. Petrus se toespraak - Handelinge 2: 14-18

8. Wat moet ons doen? - Handelinge 2: 37-39

9. 3 000 is gedoop - Handelinge 2: 41

10. Nuwe mense - Handelinge 2: 42

Sodra die prente gereed is, kan julle begin oefen en werk aan die video.

Fokus elke keer met die kamera op die prent en lees of vertel daardie deel

van die verhaal. (Kinders kan ook kreatief wees en bv. 'n temaliedjie kies

en saamsing of nog byklanke maak, ens.)

Moenie vergeet om aan die begin die titel en aan die einde die krediete

af te neem nie.

Die video's kan vir mekaar gewys word, op ‘n gemeente se webblad

geplaas word, vir die ouers voorgespeel word of hoe julle ook al goed

dink om dit te gebruik.

* Bybels

* Marshmallows

* Papier en kryte

* Prestik (wondergom)

* Video kamera/selfoon met goeie video

kamera

* Fasiliteite om die videos te kyk

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!