Stellenbosse Belastingbetalersvereniging Stellenbosch Ratepayers ...

Stellenbosse Belastingbetalersvereniging Stellenbosch Ratepayers ... Stellenbosse Belastingbetalersvereniging Stellenbosch Ratepayers ...

stellenboschratepayers.org
from stellenboschratepayers.org More from this publisher
13.09.2013 Views

Inleiding Stellenbosse Belastingbetalersvereniging Stellenbosch Ratepayers’ Association 399 Stellenbosch 7599; F 0866758040; info@stellenboschratepayers.org Geagte Raadslede en Direkteure van Stellenbosch Baie dankie vir hierdie geleentheid om ‘n voorlegging aan u almal te maak 13 Februarie 2012 So vinnige agtergrond vir die wat nie weet nie. Ek is Wim Conradie, voorsitter van die Stellenbosse Belastingbetalersvereniging; of SBV vir kort. Die doel van vandag se vergadering is om ‘n voorlegging vir u te maak oor ons aktiwiteite waarmee ons, die belastingbetalers vereniging ons self mee besig is, en om hopelik ook so bietjie nader aan mekaar te kan beweeg, om saam die dorp beter te kan dien. Ek gaan begin om ‘n bietjie agtergrond te gee oor ons Vereniging gee en ons doelstellings. Daar na gaan ek vir elke doelstelling voorbeelde gee waarmee ons besig is en die agtergrond daarvan. Ek versoek asb. indien u enige vrae het om ‘n nota daarvan te maak en te hou vir die einde, waar daar geleentheid gegee sal word vir bespreking. Goed laat ek sommer wegval met wie en wat die Stellenbosse Belastingbetalersvereniging is: Eerstens ons is ‘n groep mense wat werklik omgee vir die dorp. Meeste van ons bly al regtig baie, baie jare op Stellenbosch. Die SBV is gestig omtrent so 50 jaar terug en die oudste grondwet wat ek kon kry van ons Vereniging was goedgekeur in 1983. As iemand wil deel word van ons Vereniging, moet hy of sy ten minste munisipale diensgelde en/of eiendoms belasting betaal. Daarom dat ons een groep mense verteenwoordig op Stellenbosch, naamlik die belasting betalers van die dorp. Dit is ook belangrik om te noem dat, soos almal sekerlik weet, dat diensgelde en eiendoms belasting... direkte, asook hoofstrome van inkomste vir die munisipaliteit is, vanaf die plaaslike burgers van die dorp. Dus glo ek probeer ons Vereniging ‘n belangrike kern van die dorp verteenwoordig, wat beduidend noodsaaklik is vir die dorp om te funksioneer van dag tot dag. In ons Vereniging, is ons almal ook vrywilligers, wat ons tyd toewy sonder enige geldelike vergoeding. Party van ons het ander voltydse werke, party is weer afgetree. En ons spandeer al hierdie tyd aan Stellenbosch, in die dorp se belang. Ons is ook ‘n onafhanklike organisasie met onafhanklike opinies en onpartydigheid. Daarmee bedoel ek ons val nie onder enige ander organisasie nie, asook ons is streng polities onverbonde. Dit beteken nie noodwendig dat ons lede nie betrokke by politiek is in ander hoedanighede nie, maar dat ons as belastingbetalersvereniging probeer ons bes om nie betrokke te raak in politiek nie. Ons 1

Inleiding

Stellenbosse Belastingbetalersvereniging

Stellenbosch Ratepayers’ Association

399 Stellenbosch 7599; F 0866758040; info@stellenboschratepayers.org

Geagte Raadslede en Direkteure van Stellenbosch

Baie dankie vir hierdie geleentheid om ‘n voorlegging aan u almal te maak

13 Februarie 2012

So vinnige agtergrond vir die wat nie weet nie. Ek is Wim Conradie, voorsitter van die Stellenbosse

Belastingbetalersvereniging; of SBV vir kort.

Die doel van vandag se vergadering is om ‘n voorlegging vir u te maak oor ons aktiwiteite waarmee

ons, die belastingbetalers vereniging ons self mee besig is, en om hopelik ook so bietjie nader aan

mekaar te kan beweeg, om saam die dorp beter te kan dien.

Ek gaan begin om ‘n bietjie agtergrond te gee oor ons Vereniging gee en ons doelstellings. Daar na

gaan ek vir elke doelstelling voorbeelde gee waarmee ons besig is en die agtergrond daarvan. Ek

versoek asb. indien u enige vrae het om ‘n nota daarvan te maak en te hou vir die einde, waar daar

geleentheid gegee sal word vir bespreking.

Goed laat ek sommer wegval met wie en wat die Stellenbosse Belastingbetalersvereniging is:

Eerstens ons is ‘n groep mense wat werklik omgee vir die dorp. Meeste van ons bly al regtig baie,

baie jare op Stellenbosch. Die SBV is gestig omtrent so 50 jaar terug en die oudste grondwet wat ek

kon kry van ons Vereniging was goedgekeur in 1983.

As iemand wil deel word van ons Vereniging, moet hy of sy ten minste munisipale diensgelde en/of

eiendoms belasting betaal. Daarom dat ons een groep mense verteenwoordig op Stellenbosch,

naamlik die belasting betalers van die dorp. Dit is ook belangrik om te noem dat, soos almal sekerlik

weet, dat diensgelde en eiendoms belasting... direkte, asook hoofstrome van inkomste vir die

munisipaliteit is, vanaf die plaaslike burgers van die dorp. Dus glo ek probeer ons Vereniging ‘n

belangrike kern van die dorp verteenwoordig, wat beduidend noodsaaklik is vir die dorp om te

funksioneer van dag tot dag.

In ons Vereniging, is ons almal ook vrywilligers, wat ons tyd toewy sonder enige geldelike

vergoeding. Party van ons het ander voltydse werke, party is weer afgetree. En ons spandeer al

hierdie tyd aan Stellenbosch, in die dorp se belang.

Ons is ook ‘n onafhanklike organisasie met onafhanklike opinies en onpartydigheid. Daarmee bedoel

ek ons val nie onder enige ander organisasie nie, asook ons is streng polities onverbonde. Dit

beteken nie noodwendig dat ons lede nie betrokke by politiek is in ander hoedanighede nie, maar

dat ons as belastingbetalersvereniging probeer ons bes om nie betrokke te raak in politiek nie. Ons

1

aseer ons besluite streng op wat goed vir ons dorp en hoe om ons belastingbetalers se belange op

die hart te dra.

Ek het 10 doelstellings uit ons grondwet gehaal wat ek vir nou u gaan lees. Moenie bekommerd

wees as ek dit te vinnig lees nie, ons kom weer terug na elkeen van hulle.

Doelstellings

1. Beskerming van inwoners belange: die beskerming en bevordering van die regmatige belange

van alle inwoners van Stellenbosch.

2. “Good governance”: die bevordering van menseregte, demokrasie en regmatige administrasie

3. Volhoubaarheid: die bevordering van die beginsels en praktyke van volhoubaarheid in al sy

fasette, soos in beleid, bestuur, finansies, beplanning en ontwikkeling

4. Historiese of kulturele belang: die bevordering en beskerming van areas en geboue van

historiese of kulturele belang

5. Die natuur: die bewaring, rehabilitasie en beskerming van die natuurlike omgewing; insluitende

flora, fauna en die biosfeer

6. Monitering: die monitering van die Munisipaliteit se bestuurstrukture, ampsdraers en

amptenare se handelinge in ooreenstemming met die Grondwet van Suid-Afrika, wetgewing en

regsbeginsels, en die instelling van korrektiewe maatreëls indien handelinge teenstrydig met die

Grondwet van Suid-Afrika, wetgewing of regsbeginsels is

7. Ondersteuning van munisipaliteit: die ondersteuning van die Munisipaliteit in sy regmatige

beleidsrigtings, sake en aktiwiteite wat in ooreenstemming met die Vereniging se oorhoofse

doelstellings is

8. Bewusmaking: die bevordering van opleiding en bewustheid met betrekking tot die sake in die

Vereniging se doelstellings

9. Samesnoering: die aktiewe samesnoering van alle persone wat die oorhoofse Doelstellings van

die Vereniging ondersteun

10. Deelname aanmoediging: die aanmoediging van aktiewe belangstelling en deelname aan alle

fasette van plaaslike bestuur by die inwoners van Stellenbosch

Voorbeelde van waar ons ons doelstellings toepas (Goed ek gaan nou begin om ‘n paar voorbeelde

van hoe ons elke doelstelling toepas)

Die eerste doelstelling is

1. Beskerming van inwoners belange: die beskerming en bevordering van die regmatige belange

van alle inwoners van Stellenbosch.

Die eerste voorbeeld wat ek hier gaan gebruik is

Tender 34:

Tender 34 gaan oor ‘n paar eiendomme wat die munisipaliteit uitgesit het op tender vir

ontwikkeling. Die inwoners se menings was nie voldoende in ag geneem nie, en toe dit publieke

informasie raak dat die ontwikkelings aan die gebeur is, was daar hewige ontsteltenis onder baie

inwoners. Hierdie is ‘n goeie voorbeeld waar ons Vereeniging tot die saak getree het, omdat ons vir

die inwoners se belange moes opkom.

Ons Vereniging het ook opgekom vir die armer inwoners van die dorp wat probleme met behuising

het. Behuising op Stellenbosch is tans ‘n wesenlike probleem, en het totaal en al onbekostigbaar

2

geraak vir die laer inkomste groepe. Van die eiendomme van Tender 34 was op tender uitgesit vir

hierdie laer inkomste groepe. Die tenderaars het egter nie die geldelike sin daarvan ingesien nie en

gepoog om hoë inkomste ontwikkelings te implementeer, ten spyte van wat die voorvereistes was.

Hierdie saak kom al jare aan (vanaf 2005) en die Belastingbetaler Vereniging het werklik baie tyd in

hierdie saak gespandeer. Ons hoop dat hy tans besig is om ‘n stil dood te sterf, maar moniteer maar

steeds as ‘n ontwikkelaar probeer om nuwe amptenare wol oor die oë te trek.

Die volgende voorbeeld wat ek wil gebruik is die

Paradyskloof golf landgoed ontwikkeling:

Hierdie is ‘n voorbeeld waar die inwoners se belange hoegenaamd nie in ag geneem is voordat die

tender uitgesit was nie. Die ontwikkelaar het die munisipaliteit hof toe gevat, maar eventueel

verloor. Die SBV het baie samewerking aan die munisipaliteit gegee oor die wye tydperk van die

saak. Hierdie is seker een van die SBV se grootste sukses verhale, omdat ons so goed saam met die

munisipaliteit kon gewerk het om die inwoners se belange te beskerm.

Ek wil dit net asb. duidelik maar dat die SBV nie gekant is teen ontwikkeling hoegenaamd nie. Dit is

vir ons net baie belangrik dat ontwikkeling regmatig volgens protokol uitgevoer word en dat die

inwoners se belange in ag geneem word.

Die feit dat meeste ontwikkelaars deur winste gedryf is, maak dit soms baie moeilik vir amptenare

om nie foute te begaan in die toekenning van ontwikkelings aan gretige tenderaars nie. Ons die SBV

het baie begrip daarvoor, en daarom wil ons graag help om seker te maak inwoners se belange word

te harte geneem.

Goed die volgende doelstelling van die SBV is...

2. “Good governance”: die bevordering van menseregte, demokrasie en regmatige administrasie

Daar is een saak hier waarmee ons tans besig is, en dit het te doen met die

Deursigtigheid van publieke rekords:

In die verlede was sekere munisipale rekords baie vinnig en maklik bekombaar. Hierdie het egter op

Stellenbosch onlangs verander, deur moeisame prosesse wat in plek gestel is wat effektief ons

Vereniging verhinder om die inligting te bekom wat ons nodig het om ons funksies uit te voer.

Hierdie is ‘n baie kommerwekkende saak vir die belasting betalers. Goeie en regmatige regering het

nodig om oop en deursigtig te wees. Op ander munisipaliteite is sulke rekords steeds maklik en

vinnig bekombaar, maar nie op Stellenbosch nie.

Ons hoop van harte dat ons nie dalk ‘n te groot doring in die sy was ernste met sekere sake nie, dat

dit die oorsaak van sulke vertraginde prosesse wat in plek gestel is. Wees asb. verseker dat ons

enigste behoefte is om na die dorp se belange om te sien.

Goed die volgende doelstelling van ons is...

3. Volhoubaarheid: die bevordering van die beginsels en praktyke van volhoubaarheid in al sy

fasette, soos in beleid, bestuur, finansies, beplanning en ontwikkeling

Hier is verskeie voorbeelde waar die SBV homself betrokke maak. Die belangrikste ene is seker die

3

GOP (Geïntegreerde Ontwikkelings Plan) / IDP:

Die IDP is ‘n meesterdokument wat amper oor alles in die administrasie heers. Dus is dit nie nodig

om te beklemtoon hoe belangrik hierdie dokument is nie.

Die belasting betalers se lede het al in die verlede baie tyd spandeer om kommentaar te gee aan die

IDP. Hierdie is vir ons ‘n baie belangrike dokument en ons wil graag dat dit op ‘n goeie

volhoubaarheid standaarde gebou word.

Die SDF (Spacial Development Framework of dalk ook meer bekend as wat die “urban edge” bepaal)

is ‘n subgedeelte daarvan, wat ons kommer dra dat dit nog nie na jare gefinaliseer is nie.

Ook met volhoubaarheid kyk ons die

Verkeer:

Verkeer is tans ‘n wesenlike probleem op Stellenbosch wat vele frustrasie vir baie inwoners

veroorsaak. Alle aanduidings is dat dit net gaan erger word vorentoe. Verkeer word grootliks

behandel in die CITP plan (Comprehensive Integrated Transport Plan), wat ook ‘n sub afdeling van

die IDP is. Dit is dus belangrik om goeie aandag hieraan te skenk.

Die SBV probeer adviseer en konsulteer dmv briewe en kommentaar op pad opgraderings.

Die SBV se lede is ook betrokke by die NMT inisiatief (Non-Motorised Transport), as ‘n moontlike

alternatief op verkeersprobleme.

Nog ‘n onderwerp onder volhoubaarheid is

Vullis verwydering:

Stellenbosch se stortings terrein is tans besig om in ‘n berg te ontstaan. Die SBV het ook

kommentaar gelewer op moontlik uitbreiding. Ons hoop regtig dat hierdie nie ‘n groot probleem in

die nabye toekoms raak nie.

Goed die volgende doelstelling is...

4. Historiese of kulturele belang: die bevordering en beskerming van areas en geboue van

historiese of kulturele belang

Die SBV doen vele werk op hierdie gebied. Stellenbosch het waarlik ‘n ryke geskiedenis en ons wil

graag hierdie nalatenskap vir ons volgende generasie ook behou.

Ons het bv. onlangs ontwikkelings van besighede in die Laan teengestaan, om die Laan se historiese

karakter probeer beskerm.

Ons dorpskern het ook ‘n ryke erfenis van historiese belang, wat baie toeriste trek en daarom fokus

ons op dit ook mooi te hou.

Voorbeeld sake wat tans ook ons aandag het is:

- sypaadjies wat deur baie besighede oorgeneem word en die stapruimtes vir toeriste versper.

- Oor-gebruik van advertensie borde, wat die dorp onsmaaklik laat lyk

- Onversorgde areas met bv. onkruid wat groei

4

Goed die volgende doelstelling is...

5. Die natuur: die bewaring, rehabilitasie en beskerming van die natuurlike omgewing; insluitende

flora, fauna en die biosfeer

Areas waar die SBV betrokke is hier is onder andere

Riviere: Ons is deel van inisiatiewe wat die riviere skoonmaak en wend ook eie fondse aan vir die

saak.

Papegaai berg: Ons het al vele ondersoeke, kommentaar en briewe geskryf oor Papegaaiberg. Sake

wat onder die SBV se aandag is, was bv. die uitbreiding van die begraafplaas, poging om

papegaaiberg as beskermde gebied te verklaar.

Stellenbosch berg: Van ons lede is gereeld besig by die skoonmaak en uitroeiing van indringer

plante.

Wynland biosfeer: Van ons lede is op die wynland biosfeer stuur komitee.

6. Monitering: die monitering van die Munisipaliteit se bestuurstrukture, ampsdraers en

amptenare se handelinge in ooreenstemming met die Grondwet van Suid-Afrika, wetgewing en

regsbeginsels, en die instelling van korrektiewe maatreëls indien handelinge teenstrydig met die

Grondwet van Suid-Afrika, wetgewing of regsbeginsels is

Een van die grootste doele wat ons as onafhanklike organisasie doen is monitering van

dorpsgebeure. Omdat baie van ons al etlike jare hier op Stellenbosch is, het ons goeie agtergrond

van vele van die sake wat gebeur op die dorp.

Ek dink ons het dus ‘n baie groot bydrae wat ons aan amptenare kan maak om ‘n goeie en realistiese

konteks te kan kommunikeer oor sake wat oor lang jare verloop.

Elke liewe saak waarby ons eventueel betrokke raak, was erns oorspronklike deur een of meer van

ons lede waargeneem, gerapporteer aan ons bestuur en verder ondersoek en geëskaleer soos nodig.

Ons het regtig ‘n ryk vangnet van informasie deur ons netwerk van waarnemers.

En ons kan dit positief aanwend tot hulp van die munisipaliteit

En dit bring my sommer klaar by ons volgende doelstelling:

7. Ondersteuning van munisipaliteit: die ondersteuning van die Munisipaliteit in sy regmatige

beleidsrigtings, sake en aktiwiteite wat in ooreenstemming met die Vereniging se oorhoofse

doelstellings is

Ons wil u graag ondersteun. Natuurlik ondersteun in u regmatige uitvoering van om die dorp en sy

inwoners te dien.

8. Bewusmaking: die bevordering van opleiding en bewustheid met betrekking tot die sake in die

Vereniging se doelstellings

Ons het so ‘n paar mediums waardeer ons bewusmaking promoveer.

5

Onder andere is daar ons webwerf. Dan stuur ons nuusbriewe uit en plaas so nou en dan berigte in

plaaslike koerante soos die Eikestad.

Ons netwerk ook met vele ander instansies wie ek nie nou almal gaan opnoem nie.

Die belangrikste medium is natuurlik u. Deur sake aan u te kommunikeer, kan ons beter die dorp

help.

9. Samesnoering: die aktiewe samesnoering van alle persone wat die oorhoofse Doelstellings van

die Vereniging ondersteun

Indien u uself kan vereenselwig by hierdie doelstellings, mag u aansoek doen vir lidmaatskap. So

probeer ons graag almal wat hiermee kan vereenselwig laat lede word.

Hoe meer lede ons is, hoe beter kwaliteit versekering kan ons toepas vir al die inwoners van die

dorp.

10. Deelname aanmoediging: die aanmoediging van aktiewe belangstelling en deelname aan alle

fasette van plaaslike bestuur by die inwoners van Stellenbosch

Deur verskillende kommunikasie mediums probeer ons inwoners oortuig om betrokke te raak. Ons

motiveer ook al ons lede om te stem tydens elke verkiesing, alhoewel ons geen party voorskryf nie.

Goed, hierdie was al ons doelstellings en so ‘n paar voorbeelde van waarby ons betrokke is.

Ter afsluiting:

Die belastingbetalersvereniging is baie afhanklik van goeie samewerking. Ek hoop u oortuig oor die

voordeel daarin om oop te wees vir samewerkings. As ons nie met elkeen van julle mag

kommunikeer nie, is ons hande basies afgekap om in die belang van die belasting betalers op te tree.

Ek voel regtig ons het baie wat ons kan bied, en saam kan ons ‘n reuse verskil maak.

Dankie vir u tyd. Ons is nou oop vir enige vrae. Ek sal my bes probeer om alle vrae sommer self te

beantwoord, maar as ek self nie die antwoord weet nie, sal ek sommer een van my bestuurslede net

vrae om namens my te antwoord.

Goed die tafel is nou oop vir vrae.

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!