KRUIPVOEDING VAN KALWERS Dr. Jasper ... - Landbou.com

KRUIPVOEDING VAN KALWERS Dr. Jasper ... - Landbou.com KRUIPVOEDING VAN KALWERS Dr. Jasper ... - Landbou.com

12.09.2013 Views

KRUIPVOEDING VAN KALWERS Dr. Jasper Coetzee 1 & Hendrik van Pletzen 2 , Voermol Voere ( 1 Telno.: 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com) ( 2 Telno.: 083 456 3636; hendrik.van.pletzen@voermol.co.za) Die strategiese gebruik van kruipvoer kan kalfgroei betekenisvol verbeter. Min geverifieerde praktykresultate met kruipvoer vir kalwers is beskikbaar. Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder van Voermol Voere, het daarom kruipvoedingsproewe met eerstekalfkoeie onder gekontroleerde toestande by Carl Durow van Clocolan in die Oos-Vrystaat gedoen. Die gemiddelde daaglikse massatoename (GDT) van die kontrolekalwers, wat geen kruipvoer ontvang het nie, was 0.658 kg teenoor die 0.974 van die kalwers, wat kruipvoer gekry het. Die kruipvoer het dus die kalwers se gemiddelde groei met 48 % verhoog. Die speenmassa van die kontrolekalwers (geen kruipvoer) was 210 kg teenoor die 263.5 kg van die kalwers wat kruipvoeding ontvang het. Kruipvoeding is 'n praktyk wat nie onder alle boerdery-omstandighede positiewe ekonomiese resultate lewer nie en daarom moet volgens Van Pletzen deeglik besin word oor die gebruik van kruipvoer al dan nie. Die volgende faktore moet in ag geneem word. Melkproduksie en kalfgroei Melkproduksie van vleisbeeskoeie bereik 'n piek ongeveer twee maande na kalwing en plat dan daarna gelykmatig af. Kalfgroei tot op ongeveer twee maande ouderdom is dus direk van die melkproduksie van die koei afhanklik. Namate die melkproduksievermoë van die koei afneem, raak die kalf al hoe meer op weiding aangewese en gevolglik sal die beskikbaarheid en kwaliteit van die weiding die kalfgroei direk beïnvloed. 'n Kalf wat byvoorbeeld 90 kg weeg, het daagliks 11 kg melk nodig om teen 'n tempo van 0.9 kg per dag te groei. Sou die koei slegs 7 kg melk produseer, het die kalf 'n addisionele 2 kg hoë kwaliteit weiding (droë materiaalbasis) of kruipvoer nodig om dieselfde groei te handhaaf. Wanneer die kalf 180 kg weeg, daal die koei se melkproduksie na ongeveer 4.5 kg melk per dag en het die kalf nou 5 kg addisionele voeding nodig om sy groei te handhaaf. In omstandighede waar die weiding swak is soos byvoorbeeld in die winter (somerreënvalgebied) of tydens 'n droogte kry die kalf nie genoeg hoë kwaliteit voedingstowwe in nie en daal die koei se melkproduksie drasties en gevolglik ly die kalf honger. Indien die weiding swak en/of onvoldoende is, kan die kalf nie sy genetiese groeipotensiaal bereik nie en sal die strategiese gebruik van kruipvoer die probleem oplos. In normale reënvaljare in die somerreënvalgebiede met goeie lentereëns en 'n lente kalfseisoen is daar gewoonlik genoeg hoë kwaliteit weiding beskikbaar wanneer die kalwers ongeveer twee maande oud is. Sodra die melkproduksie van die koeie in hierdie omstandighede begin afneem, begin die kalwers aktief wei en die volop hoë kwaliteit weiding verseker dat kalwers hulle genetiese groeipotensiaal bereik. In sulke omstandighede is dit nie koste-doeltreffend om 'n hoë gehalte en duurder kruipvoer (bv. SB 100-mengsel) te gee nie. 'n Goedkoper kruipvoermengsel (50 kg Voermol Molovite + 50 kg gemaalde mielies) sal heel waarskynlik op goeie gehalte, aktief-groeiende natuurlike somerveld of aangeplante weiding koste-doeltreffend wees. In stoetteling word kruipvoer in sulke omstandighede nie aanbeveel nie, want kruipvoer kan swak melkproduksie en swak moedereienskappe verberg. Speenmassa word gebruik om koeidoeltreffendheid te bereken en in die geval van 'n swak koei met min melk vreet haar kalf meer kruipvoer om te kompenseer en sal speenmassa dus 'n vals aanduiding van koeidoeltreffendheid gee. Vroegspeen van kalwers Speenmassa het 'n groot invloed op die inkomste van 'n speenkalfproduksiestelsel en daarom is produsente in die versoeking om kalwers lank by die koeie te hou om swaar kalwers te speen. Hierdie praktyk om kalwers laat te speen, d.w.s. op 'n ouderdom van meer as sewe maande verkort die rustyd van koeie en dit het 'n negatiewe invloed op koeikondisie en die daaropvolgende kalfpersentasie. In suurveldgebiede met strawwe winters is dit nog meer belangrik om kalwers vroeg

KRUIPVOEDING VAN KALWERS

Dr. Jasper Coetzee 1 & Hendrik van Pletzen 2 , Voermol Voere

( 1 Telno.: 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com)

( 2 Telno.: 083 456 3636; hendrik.van.pletzen@voermol.co.za)

Die strategiese gebruik van kruipvoer kan kalfgroei betekenisvol verbeter. Min geverifieerde

praktykresultate met kruipvoer vir kalwers is beskikbaar. Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder

van Voermol Voere, het daarom kruipvoedingsproewe met eerstekalfkoeie onder gekontroleerde

toestande by Carl Durow van Clocolan in die Oos-Vrystaat gedoen. Die gemiddelde daaglikse

massatoename (GDT) van die kontrolekalwers, wat geen kruipvoer ontvang het nie, was 0.658 kg

teenoor die 0.974 van die kalwers, wat kruipvoer gekry het. Die kruipvoer het dus die kalwers se

gemiddelde groei met 48 % verhoog. Die speenmassa van die kontrolekalwers (geen kruipvoer) was

210 kg teenoor die 263.5 kg van die kalwers wat kruipvoeding ontvang het.

Kruipvoeding is 'n praktyk wat nie onder alle boerdery-omstandighede positiewe ekonomiese resultate

lewer nie en daarom moet volgens Van Pletzen deeglik besin word oor die gebruik van kruipvoer al

dan nie. Die volgende faktore moet in ag geneem word.

Melkproduksie en kalfgroei

Melkproduksie van vleisbeeskoeie bereik 'n piek ongeveer twee maande na kalwing en plat dan

daarna gelykmatig af. Kalfgroei tot op ongeveer twee maande ouderdom is dus direk van die

melkproduksie van die koei afhanklik. Namate die melkproduksievermoë van die koei afneem, raak

die kalf al hoe meer op weiding aangewese en gevolglik sal die beskikbaarheid en kwaliteit van die

weiding die kalfgroei direk beïnvloed. 'n Kalf wat byvoorbeeld 90 kg weeg, het daagliks 11 kg melk

nodig om teen 'n tempo van 0.9 kg per dag te groei. Sou die koei slegs 7 kg melk produseer, het die

kalf 'n addisionele 2 kg hoë kwaliteit weiding (droë materiaalbasis) of kruipvoer nodig om dieselfde

groei te handhaaf. Wanneer die kalf 180 kg weeg, daal die koei se melkproduksie na ongeveer 4.5

kg melk per dag en het die kalf nou

5 kg addisionele voeding nodig om sy groei te handhaaf. In omstandighede waar die weiding swak is

soos byvoorbeeld in die winter (somerreënvalgebied) of tydens 'n droogte kry die kalf nie genoeg hoë

kwaliteit voedingstowwe in nie en daal die koei se melkproduksie drasties en gevolglik ly die kalf

honger. Indien die weiding swak en/of onvoldoende is, kan die kalf nie sy genetiese groeipotensiaal

bereik nie en sal die strategiese gebruik van kruipvoer die probleem oplos.

In normale reënvaljare in die somerreënvalgebiede met goeie lentereëns en 'n lente kalfseisoen is

daar gewoonlik genoeg hoë kwaliteit weiding beskikbaar wanneer die kalwers ongeveer twee maande

oud is. Sodra die melkproduksie van die koeie in hierdie omstandighede begin afneem, begin die

kalwers aktief wei en die volop hoë kwaliteit weiding verseker dat kalwers hulle genetiese

groeipotensiaal bereik. In sulke omstandighede is dit nie koste-doeltreffend om 'n hoë gehalte en

duurder kruipvoer (bv. SB 100-mengsel) te gee nie. 'n Goedkoper kruipvoermengsel (50 kg Voermol

Molovite + 50 kg gemaalde mielies) sal heel waarskynlik op goeie gehalte, aktief-groeiende natuurlike

somerveld of aangeplante weiding koste-doeltreffend wees. In stoetteling word kruipvoer in sulke

omstandighede nie aanbeveel nie, want kruipvoer kan swak melkproduksie en swak

moedereienskappe verberg. Speenmassa word gebruik om koeidoeltreffendheid te bereken en in die

geval van 'n swak koei met min melk vreet haar kalf meer kruipvoer om te kompenseer en sal

speenmassa dus 'n vals aanduiding van koeidoeltreffendheid gee.

Vroegspeen van kalwers

Speenmassa het 'n groot invloed op die inkomste van 'n speenkalfproduksiestelsel en daarom is

produsente in die versoeking om kalwers lank by die koeie te hou om swaar kalwers te speen.

Hierdie praktyk om kalwers laat te speen, d.w.s. op 'n ouderdom van meer as sewe maande verkort

die rustyd van koeie en dit het 'n negatiewe invloed op koeikondisie en die daaropvolgende

kalfpersentasie. In suurveldgebiede met strawwe winters is dit nog meer belangrik om kalwers vroeg

te speen sodat koeie genoeg reserwes vir die volgende kalfseisoen kan opbou. 'n Lang rusperiode is

veral belangrik vir verse wat die eerste keer gekalf het (eerstekalfkoeie). Die gebruik van kruipvoer

maak dit moontlik om vroeër te speen met beter speenmassas. Dit is algemeen bekend dat die

melkproduksie van verse swakker is as dié van koeie en speenmassas van kalwers van verse kan tot

50 kg minder wees. Die strategiese gebruik van kruipvoer vir kalwers van verse sal hulle

speenmassas betekenisvol verbeter. Ou koeie, d.w.s. 11 jaar en ouer se melkproduksie neem ook af

en kruipvoer sal speenmassas van hulle kalwers verbeter.

Vervangingsverse en eerstekalfkoeie

Die grootmaak van vervangingsverse is 'n groot koste en meeste verse in Suid-Afrika kalf eers op

driejarige ouderdom. In die meeste koei-kalfboerderye neem dit dus meer as drie en 'n halfjaar voor

'n vers enige inkomste lewer. Kruipvoer sal verse vinniger laat uitgroei en teikenmassa vir eerste

dekking kan vroeër bereik word. Die kruipvoersamestelling is baie belangrik en genoeg goeie gehalte

proteïen (deurvloeiproteïen) in die kruipvoermengsel is 'n voorvereiste dat die verse in hulle skelet

groei en nie vet word nie. Oormatige vetaansit in die verse se uiers benadeel toekomstige

melkproduksie en moet ten alle koste vermy word.

'n Verdere probleem is dat die herkonsepsie van hierdie eerstekalfkoeie in die meeste kuddes

onbevredigend is. Kruipvoer kan help om hierdie probleem op te los en dit is waarskynlik die mees

koste-doeltreffende aanwending van kruipvoer by vleisbeeste. Kruipvoer sal die druk op verse, veral

onder swak weidingstoestande, verminder asook herkonsepsie en speenmassas van kalwers verbeter.

Voorbereiding van kalwers vir die voerkraal

Dit is algemeen bekend dat 'n kalf wat direk van sy ma in 'n voerkraal geplaas word groot

aanpassingsprobleme ondervind. Speenskok ly tot massaverliese gedurende die eerste twee weke na

speen en hierdie massaverliese moet later weer met duur voer aangesit word. 'n Kalf wat by sy ma

kruipvoer kry, leer om uit 'n voerkrip te vreet, is minder blootgestel aan speenskok en is meer

immuun teen siektes wat algemeen in die aanpassingsfase in die voerkraal voorkom. Kruipvoer kan

dus direkte en indirekte verliese gedurende die aanpassingsfase in 'n voerkraal beperk en is ook 'n

groot voordeel vir produsente wat hulle eie kalwers in 'n plaasvoerkraal afrond.

Fasiliteite en kruipvoersamestelling

Die belangrikste van 'n kruiphok is dat slegs die kalwers toegang tot die kruipvoer moet hê en die

kruipvoer moet nie vermors word nie. Die kruiphok en voerbak moet dus 'n stewige konstruksie

wees. Die kruipvoer is in 'n meelformaat en daarom moet die kruipbak 'n horisontale skofreling of

vertikale skorte hê om voervermorsing te beperk. 'n Vreetspasie van 15 tot 20 cm per kalf is

voldoende. Die kruiphek waardeur kalwers kruip se openinge moet 40 tot 50 cm wees en die hoogte

van die hek ongeveer 1.0 tot 1.4 m. By kleinraamkoeie kan die hoogte van die hek 1.0 m wees. Die

"diepte" van die kruiphok moet minimum 1.5 m wees. Genoemde mates is slegs riglyne en moet by

die raamgrootte van die beesras aangepas word.

Die kruipvoer moet smaaklik, goed gebalanseerd en nie stowwerig wees nie om die gewenste

resultate te lewer. Deurvloeiproteïen is 'n voorvereiste om die kalwers in raam te laat groei en nie vet

te maak nie. Die kruiprantsoen moet 'n ionofoor bevat asook die regte hoeveelheid makrominerale

en spoorelemente in die regte verhouding. Die volgende kruiprantsoen is in die praktyk uitgetoets en

lewer goeie resultate:

200 kg Voermol SB 100 (V4498)

100 kg Voermol Procon (V12701)

700 kg gemaalde mielies

1 000 kg TOTAAL

Waar lusernmeel beskikbaar is, kan 'n maksimum van 100 kg van die mieliemeel met lusernmeel

vervang word. Sien die aanbeveling oor Molovite/mieliemeelmengsel as 'n kruipvoer op baie goeie

gehalte, aktief-groeiende groen natuurlike somerveld of aangeplante weiding vroeër in die artikel

(onder "Melkproduksie en kalfgroei").

Kruipvoerinname is aanvanklik minder as 1 % van die kalwers se massa, maar neem mettertyd tot

ongeveer 2 % van liggaamsmassa toe.

Vir meer inligting oor kruipvoeding van kalwers kontak Hendrik van Pletzen by

hendrikvp@mweb.co.za

Kruipvoerkalwers se groei is met tot 48%

verbeter

Kontrolegroep wat geen kruipvoer ontvang het nie

Afstand tussen hierdie skorte is 50 cm Stewige kruipbak beperk vermorsing

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!