10.09.2013 Views

Herman_Grobler_Afr pdf - tekkieraces.co.za

Herman_Grobler_Afr pdf - tekkieraces.co.za

Herman_Grobler_Afr pdf - tekkieraces.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Moed, Bloed en Verraad

‘n Kort oorsig van die betrokkenheid van polisiesersant Herman Grobler

by die Namibiese Bosoorlog (1982-1989)

Deur: Leon Bezuidenhout

April 2009

Geredigeer deur : Marinda Conradie

Herman Grobler

1

Inleiding

Die rol van Suid-Afrikaanse wetstoepassers as soldate

Die sonderlinge verhaal van ‘n jong man se dapperheid en

deursettingsvermoë in dié skrywe, Moed, Bloed en Verraad, mag

nooit los gesien word van die trotse verlede, wat oor ‘n tydperk van 300

jaar gevestig is nie. Die verhaal van Herman Grobler is dié van ‘n

gewone polisieman wat deur tyd en omstandighede tot die vlak van ‘n

vegtende soldaat genoop is - ‘n unieke situasie waaraan die polisie in

Suid-Afrika vir baie jare blootgestel was, waar polisieman as soldaat

moes optree. Maar teen 1996 het die demilitarisering van die

polisiemag die einde van hierdie era beteken.

Polisie as militaris

Die militarisering van die wetstoepasser in Suid-Afrika het reeds sy ontstaan met die

Hollanders in die sewentiende eeu gehad. Soldate het eintlik as polisie opgetree. Teen die

1880’s sou die ZAR sy eie Polisie-eenheid, die Zuid Afrikaansche Republiek Polisie (ZARP),

hê. Die ZARP se uur van glorie sou kom op 28 Augustus 1900 by die slag van Berg-en-Dal

naby Belfast tydens die Anglo/Boere-oorlog. Die ZARP se last stand teen ‘n oormag Britse

soldate sou selfs die Britte tot bewondering dwing.

Met die aanvang van die Eerste Wêreldoorlog sou die polisie Berede Regimente stuur om in

die destydse Duitswes te veg en met die onderdrukking van die rebellie te help. Majoor Trew

en sy polisiemanne was die mense wat Jopie Fourie se rebelle naby Hammanskraal tot

oorgawe gedwing het. Hulle was meestal aan generaal Louis Botha se persoonlike lyfwag

verbonde.

Met die Tweede Wêreldoorlog is gepoog om ‘n hele divisie polisielede te werf om in Noord-

Afrika te gaan veg. Dit het nooit gerealiseer nie en uiteindelik is twee bataljons gewerf. Om

die brigade te voltooi, het die Transvaal Scottish hul tweede bataljon aangebied. Die

vegtende polisiemanne van die Sesde Brigade (die Polisiebrigade) moes ongelukkig saam

met genl Klopper by Tobruk oorgee. Heeltemal onnodig.

Met die koms van die Bosoorlog in Suidwes-Afrika (nou Namibië) het die Suid-Afrikaanse

Regering besluit om eerder polisiemanne as soldate te gebruik. Die eerste skermutseling

vind in 1966 plaas toe die polisie en ‘n aantal van die nuutgestigte spesiale magte van die

Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) ‘n Swapo-basis by Omgulumgashe vernietig. Dit sou tot

1973 duur voor die SAW die oorlog oorneem, maar ook net sover dit “buitelands” was.

Die aanvanklike polisiebetrokkenheid was aan ‘n paar faktore gekoppel. Een was dat dit sou

blyk dat die oorlog op ‘n veel laer intensiteit plaasvind. ‘n Ander sou die invloed wees wat

John Vorster, die toenmalige RSA-premier, en sy adviseurs gehad het, en veral oud

polisieman genl Hans van den Berg se invloed op die regering.

2

Herman Grobler Polisiestudent

1983

Foto: Herman Grobler

Die Polisie in Rhodesië (Zimbabwe) en Suidwes-Afrika (Namibië)

As gevolg van ‘n soortgelyke uitgangspunt as in Namibië het die RSA-regering ook die SAP

in Rhodesië ontplooi - alreeds in 1968. Die Suid-Afrikaanse Polisiemag (SAP) sou uiteindelik

amptelik teen 1975 onttrek, maar nie-amptelik tot in 1980 betrokke wees. Benewens die

militêre suksesse, was die beroemdste slag die Battle of Bulawayo. Met die “onttrekking” van

die polisie in 1975, het twee vragmotors gelaai met polisiemanne voor die Bulawayo Hotel

afgekom op ‘n klomp van hulle makkers, wat aan die ontvangkant was van ‘n groot groep van

die Rhodesian Light Infantry. Die twee groepe het mekaar toe (wat Gerhard Viviers sou

noem) “gegroet”. Die polisie het die slag gewen.

Intussen was die oorlog in die Noorde van

Suidwes-Afrika besig om warm te word,

en die polisie moes vinnig spring om dié

ontwikkelings tegemoet te kon kom. Met

kennis wat sommiges in Rhodesië geleer

het, het hulle besluit om ‘n opvolgeenheid

te stig wat die vyand, Swapo (South West

Africa People's Organisation) in die land

kon hokslaan.

In samewerking met die WNNR is besluit

om ‘n voertuig te bou wat landmynbestand

was, maar ook kleingeweervuur

kon absorbeer sonder om die insittendes

te beseer. So is die Casspir (regs) gebore.

‘n Aantal plaaslike spoorsnyers is betrek en die uiteinde was ‘n eenheid wat uit sowat 1000

man bestaan het. Die eenheid, wat in die spreektaal as Koevoet of Operasie K bekend sou

staan, sou unieke, hoogs suksesvolle taktiek ontwikkel, wat hoofsaaklik rondom die Casspir,

sy mobiliteit en vuurkrag gebou is.

3

Mettertyd sou Koevoet deur die

wêreld en die kommunistiese blok

verguis word as “moordenaars” en

“geweldenaars” wat onbeheersd afgebrand,

geplunder, verwoes, verkrag

en gemartel het - ongegronde

inligting wat as kommunistiese

propaganda die wêreld ingestuur is.

Meer so as enige ander polisie of

militêre eenheid van sy tyd sou hulle

aan die propaganda onderwerp word.

Koevoet in aksie- Foto: Andre Pienaar

Maar in wese was die eenheid maar net gewone blanke polisiemanne uit Suid-Afrika wat

swart Ovambo-polisiemanne gelei het - wat weer op hul eie manier die beste in die wêreld

sou wees. Herman Grobler se storie is ‘n voorbeeld hiervan.

Herman Grobler, Ovamboland-seun

Herman Grobler se storie is die verhaal van duisende ander seuns van sy tyd, maar miskien

ook nie. Net sowat 5% van die sowat 400 blankes wat ooit by die eenheid was, was nie in

Suid-Afrika gebore nie. Herman was een van hulle. Hy is in 1963 in Windhoek gebore. Sy pa

was die elektrisiën op Oshakati, ‘n klein gehuggie en administratiewe sentrum van

Ovamboland.

Herman gaan in Oshakati deur die laerskool - in die middel

70’s toe die Bosoorlog besig is om vlam te vat. Een van sy

skoolmaatjies, Bertus Louw, en sy ma word op hul plaas

deur Swapo-insurgente vermoor. Bomskuilings was deel

van skoolgaan op Oshakati. Toe hoërskooltyd aanbreek,

moes Herman na Windhoek waar hy Elektronika as vak

neem. Soms neem jy ‘n oënskynkik nie-noemenswaardige

besluit wat vorentoe ‘n groot rol in jou lewe speel. So was

dit met Elektronika.

“Ek wou graag ‘n soldaat word, maar as Suidwester,

anders as in Suid-Afrika waar alle blanke mans moes

diensplig doen, is jy geloot. Ek is nooit geloot nie!” vertel

Herman.

Die oproepinstruksie kom nie. ‘n Teleurstelling.

Maar by sy sussie kuier ‘n paar vriende. Hy sou later uitvind

hulle was speurders. So lei sy paadjie na die Polisiemag.

Herman sluit aan by die polisie. Maar hy is te laat vir die 1982-inname, en vir ‘n jaar sit hy

agter in Oshakati se polisiestasie as onopgeleide “student”.

4

Herman bo op ‘n Casspir in Ovamboland 1985

Foto :Herman Grobler

Ovamboland in die reenseisoen is modder. Five O en 2 Three O’s bo en ‘n

Three O vir die mede drywer

Foto: Peter Stiff

5

Die volgende jaar word Herman

opgelei by die Polisiekollege in

Pretoria, RSA. Maar – tot sy misnoeë –

en anders as die Suid-Afrikaanse

studente, stel die polisie hom vry van

teeninsurgensie-opleiding. Na die

opleiding word Herman dadelik na

Ondangwa teruggestuur, en eindig by

die speurders. Hier ondersoek hy sake

teen die polisie en weermag asook

ander ernstige sake. Dit sou hom baie

ongewild maak in sekere kringe - ook

by Koevoet.

By die Speureenheid op Ondangwa moet

hulle sake binne die Operasionele Gebied ondersoek. Vertel Herman: “Nou gee die polisie vir

ons speurders twee Casspirs en ‘n Buffel om in die Operasionele Gebied te werk, maar dit is

net ek, die drywer en nog ‘n speurder. Intussen ry die Weermag in pelotoneenheid-sterkte en

Koevoet met vyf voertuie en 45 man, op dieselde plekke as ons rond. Dit is warm gebied, en

gevaarlik. Toe maak ek ‘n plan. “Ek ko-opteer Koevoet, of die maters wat ek daar gehad het!

Hulle laai my op, ek gaan sien die mense wat ek moet ondervra - vergesel van ‘n hele

gevegspan - dan laai hulle my by ‘n basis af waar ek verder sake ondersoek. Hulle laai my

weer op Ondangwa af. Maklik en veilig.”

“Vir bykans drie jaar hoor ek die

stories en sien die lyke, maar

nooit is ek saam as die

gevegsmagte ‘n kontak het nie.

Ek probeer naarstiglik om ‘n

verplasing te kry. Nege aansoeke

later is daar nog steeds niks. Toe

kom ek agter dat my pa en die

Polisiebevelvoerder op Oshakati

konkel. Elke keer as ek aansoek

doen, rig my pa ‘n teenaansoek

na sy vriend, brig Pool, en net

daar is ek nog steeds ‘n speurder.

Sien, die kwessie was dat ek nie

teeninsurgensie-opleiding gedoen het nie!” Koevoet- Foto: Andre Pienaar

Met die ondersoeke teen die polisie en Koevoet, en die baie “ondersteuningstogte” saam met

OPS K, was Herman nou al na drie jaar oral bekend - ook by die Bevelvoerder van Ops K,

brig Hans Dreyer. Die brokkie inligting, dat Herman Elektronika as vak gehad het, bereik toe

brig Dreyer se oor. En die eenheid is dringend opsoek na radiotegnici.

‘n Nuwe loopbaan in die Polisie

“Met die eerste dag van my oorplasing daag ek by die basis op, en brig Dreyer se eerste

woorde was ‘Kry vir die man ordentlike klere’”. So word hy uitgereik met die uniform wat die

eenheid gedra het. “Naby radio’s sou ek nooit kom nie”. Herman word toegewys aan

gevegspan Zulu Foxtrot onder bevel van A.O Louis (Boats) Botha.

Die seisoene in Ovamboland was

deurslaggewend in die voer van die oorlog.

As bestaansboere het die Ovambo’s swaar

getrek voor die einde van die reënseisoen.

Met die reënseisoen (Januarie en Februarie)

groei hul stapelvoedsel, die mohango, en as

die oes kom, gaan dit weer beter tot

volgende jaar. Maar die Swapo-vegters was

afhanklik van die plaaslike bevolking vir kos

en, natuurlik, water. So saam met die

reënseisoen het ook die Swapo’s gekom.

Toe Herman uiteindelik in September 1986

by Koevoet uitkom, was dit stil. “Ons het een

week in die veld deurgebring en die volgende

week alles wat stukkend was, reg- en

skoongemaak. Na ‘n week is ons terug veld toe”. Na drie maande van geen aksie nie, was hy

ontnugter.

“As nuweling is ek tot ‘Kar Nr 4’ gepos. Daar was ‘n hiërargie in elke span. Die hiërargie het

bepaal waar jy in die taktiek val”. Die taktiek het só gewerk: Die Ovambo-spoorsnyers het ‘n

spoor opgetel en dit as ‘n insurgentspoor identifiseer. Baie dikwels is die inligting van die

plaaslike bevolking gekry, dikwels by die kaplyn teen die grens, dikwels by die weermag

“gesteel”, meestal by tonele

waar sabotasie was of landmyne

geplant was. Dan het die groot

opvolg begin. Die Ovambo’s was

meesters. Hulle kon ‘n

individuele spoor tussen baie

ander uitken. Herman: “Ons het

een keer ‘n gevange terroris

gekry wat ‘n Swapo-spoorsnyinstrukteer

was. Ons het hom

6

Herman en ‘n onbekende vat ‘n “smokebreak” Ovamboland

1985

Foto: Herman Grobler

Ovambo spoorsnyers 1986

Foto: Jim Hooper

‘gedraai’ en hy kon later sy

vorige studente se spore op tonele eien. Party van hierdie ouens was baie goed.”

“Ops K het geopereer bestaande uit 4 karre (Casspirs en later ook die Namibiesvervaardigde

Wolf). Saam met die Casspirs was ‘n Blesbok-ondersteuningsvoertuig. Van die

karre was bewapen met FiveO’s (12.7mm) en 20mm kanonne, die ander met Three O

Browing masjiengewere. ‘n Span het gewoonlik bestaan uit sowat 40 lede met 4 blankes as

kar-“bevelvoerders”. Dit was egter die Namibiër-onderoffisiere wat bevel gevoer het.”

Herman se kar en bemanning

Foto: Herman Grobler

“Ons blankes het omtrent net die rigting gegee en met die

choppers oor die radio’s gepraat. Onderling het die Namibiëronderoffisiere

die bevele en instuksies gegee. Hulle het die

vermoë gehad om spore in detail aan mekaar per radio te

verduidelik - beter as wat enige van ons kon droom. As jy

jouself nie aan die Namibiër-lede bewys het nie, was jy niks.

Wit lede, wat nie met die ‘Wambo’s kon klaarkom nie, moes

dikwels na ander spanne verplaas word. Die, wat gereeld

verplaas is, is later baie moeilik deur die ander spanne

aanvaar en ingeskakel.”

Die ouens in Kar Nr 1 was die bevelvoerder met die beste

spoorsnyers. Hulle het nooit van die spoor wegbeweeg nie.

Saam met Kar Nr 1 was die ondersteunings-Blesbok. Kar Nr 2

was die tweede beste groep. Hulle het gewoonlik 100m voor Nr 1

gewerk, en gekyk of hulle dalk die spoor kon optel. Kar Nr 3 het

so ‘n paar honderd meter vorentoe dieselfde gedoen, met Kar Nr

4 sowat 2km voor die res. In laasgenoemde was die luies, die

dronkgatte en die vrot spoorsnyers, en natuurlik die nuwelinge.

Hulle klomp het die ‘voorsny’ gedoen en meestal eerste kontak

gemaak. Soos wat jy langer by die eenheid was en beter geword

het, is jy in die hiërargie bevorder. Sodra een van die voorste

karre die spoor positief identifiseer het, is die ander per radio laat

weet. Hulle het almal in die karre geklim, na die nuwe posisie

gejaag en die hele proses is voortgesit. Hierdie taktiek het die

afstand wat ‘n insurgent voor was, baie vinnig laat krimp.

7

Onbekende lede van ‘n span agter three O

Brownings

Foto: Onbekend

Die terrein waar die eenheid geopereer het,

was ook krities vir hóé die taktiek gewissel

het. In die bergagtige Kaokoland is daar

meestal van infanterie-taktiek gebruik

gemaak. Hoog in die berge is uitkykposte of

OP’s (observasieposte) geplaas.

Hiervandaan kon die bewegings van enige

Swapo Op die regte waargeneem plek op die regte oomblik- word. Jim Hooper So is vang hinderlae

met Herman stoppergroepe se kar se eerste kontak gestel. vas op film Desember 1986

Foto: Herman Grobler

Masjiengeweer vuur- Herman se eerste kontak

Die Casspirs kon eenvoudig net nie hier gebruik word nie.

In die ylbevolkte Kavango sou die spanne

poog om die groter Swapo-groepe

uitmekaar te jaag en dan een-een uit te

wis. “Sodra ons ‘n groterige groep

opspoor (so vyf of ses) en bereken dat

ons taamlik naby moes wees, het ons

ons mortiere op ± 2000m gestel en ‘n

sarsie of twee geskiet. Dit het die

insurgente laat dink dat ons van hulle

weet, en laat uitmekaarspat. As ons by

die aanvanklike teiken kom, en hulle was

reeds daar sonder om te bombshell, het

ons weer so ‘n sarsie geskiet totdat ons

hulle hopelik uitmekaargejaag het.Dan

het ons die individue gejag.Die risiko was

vir ons minder – 40/1 is beter as 40/5.”

In Ovamboland was die kontakte groter, omdat ons nie mortiertaktiek kon toepas nie weens

die digtier bevolking. Ons was afhanklik van die plaaslike bevolking vir inligting en kon nie net

blindelings op krale skiet waar mense beseer of gedood kon word nie. As ons helikopterondersteuning

gehad het, wat sê wat voor is, kon ons soms ‘n sarsie mortierbomme skiet.

Eerste bloed tussen die Mohango

Dit was nou Desember 1986 en Herman was drie maande by die eenheid, en natuurlik nog

steeds sonder sy opleiding. As poging om negatiewe propaganda teen te werk, plaas die

RSA-regering ‘n onafhanklike VSA-joernalis by die eenheid. Sy naam Jim Hooper, en hy kan

beweeg met wie hy wil en wanneer hy wil. Hy moet die ander kant beskryf. Toevallig land Jim

Hooper by Zulu Foxtrot op hierdie bepaalde dag.

“Ons was besig om inligting by ‘n kraal op te volg,

en op die punt om om die kraal te verlaat, toe die

eerste skote klap. Ek, die drywer, die medic en die

radioman was net in die kar toe die skote weerklink.

Die ander karre was so 100-200m voor ons. Toe

Boats se kar verby ‘n klossie bos op ‘n oopte ry,

brand drie Swapo’s op hulle los. Ons drywer jaag

vorentoe en voor die ander karre kan omdraai om

deur die kontak te maal, is ons daar. Ek sien een

van die insurgente en brand los met die

masjiengeweer op die dak. Ons kar eis een van die

dooies.” Jim Hooper beskryf die situasie later in sy

Helikopter-ondersteuning na die slag van Opipela- 23 Swapo gesneuweldes in

lyksakke

8

Die eerste Swapo wat ooit voor Herman se Casspir se gewere geval

het

Foto: Jim Hooper

oek “Koevoet”.

Met hierdie kontak was die Namibiër-Ovambo’s se vertroue in die vermoëns van hul nuwe

blanke kollega bevestig. Hy was nou een van hulle, en die kar waar hy in beheer was, het sy

eerste “kill” gehad.

April 1989, nog ‘n kontak, twee lede van ‘n span met ‘n

klomp gesneuwelde insurgente in die agtergrond

Foto: Peter Stiff

Herman se gebrek aan teeninsurgensie-opleiding duik

weer op. In ‘n poging om almal wat nuut is en die wat

nog nooit opgelei is nie, te “keur”, word sowat sestig

lede net daarna aan ‘n “keuringskursus” blootgestel.

“Baie loop en baie opfok”, só sou Herman dit later stel.

Elke tweede dag, vir 6 weke lank, loop hulle 30km deur

die Ovambolandse sand met geweer, rugsak en ander

toerusting. Die dae tussenin word gewy aan

vuurwapen- en mortieropleiding, taktiek en “opfok”

(polisieterminologie vir onnodig rondhardloop en vuil

word). Die laaste dag word afgesluit met ‘n 100kmroetemars

- ver loop vir ouens wat die beste teeninsurgensie-voertuie

in die wêreld het. Van die

aanvanklike sestig maak net 45 dit.

So word Herman ‘n gekeurde, opgeleide, vertroude lid

van die eenheid. Sy tyd by Kar Nr 4 leer hom baie. Hy

maak kontak met vele insurgente. Baie van hulle is as

kinders deur Swapo ontvoer. Dit vat nie veel om hulle om te draai nie. Hulle sluit aan by die

eenheid. Een van die gedraaides word nie lekker vertrou nie. Hy was die teenspoorsnyinstrukteur

by ‘n Swapo-basis. Hy word in die Casspir gehou totdat die agtervolgde insurgent

begin om teen-spoorsnytaktiek toe te pas. Dan word die ou wat hulle opgelei het, uitgehaal

om die raaisel te ontsyfer. Hy klim terug en die opvolg gaan voort.

Swapo’s wat nie wil saamwerk nie, word ‘n keuse

gegee. Hulle word werkers op ‘n plaas, maar mag

nie die plaas verlaat nie. Die ander word aan die

howe oorhandig en die gereg neem sy verloop.

Soos in enige militêre organisasie kry jy ook in

PLAN (People’s Liberation Army of Namibia) -

Swapo se militêre vleuel - die goeies én slegtes.

Daar is “nie-bruikbares” wat halfhartig poog om

sabotasie te pleeg en met groot vaart die

Angolese grens probeer haal, en daardie wat

wapens bêre en in die groter krale en “lokasies”

kom leeglê.

Gewoonlik het nuwe PLAN-lede as ‘n groep van

9

Teen panser geweergranate – Een van hulle kon ‘n Casspir uit

skiet

Foto: Herman Grobler

so vyf of ses saam met ‘n commander Namibië binnegekom. Die wat oorleef en dit

teruggemaak het, is bevorder en nie weer saam met die rekrute gehou nie. Dan was daar die

Typhoon-lede, wat opgelei is om die grootste impak te maak. Elke nou en dan probeer PLAN

om in groepe van sowat twintig die blanke plase in die suide te bereik - partymaal selfs drie

of meer groepe gelyktydig. Dit verg sowat 300km se stap verby die plaaslike bevolking en die

veiligheidsmagte. Soms haal klein groepies individue die teiken, maar hulle word bykans

altyd opgespoor en uitgewis. Een maal vernietig Zulu Foxstrot en ander spanne 19 van die

20 lede van een groep.

“Hierdie ouens het gekom om te baklei” Teen panser

vuurpyle, teen panser AK rondtes, PKM masjiengewere.

Alles te vergeefs

Foto: Herman Grobler

ander eenheid in die destydse Suidwes

(Namibië). Dit kan toegeskryf word aan die

effektiewe taktiek en die oorweldigende

vuurkrag van vyf voertuie met Namibiese

masjiengewere asook die wapens van veertig

individue. ‘n Groep van vyf insurgente het

regtig nie veel van ‘n kans gestaan nie. En in ‘n

kontak-situasie met so baie wapens wat vuur,

was oorgee nie so eenvoudig nie. Dood was

jou voorland. In sy bestaan sou die eenheid

sowat 3200 PLAN-lede uit aksie neem. In ‘n

April 1989 – Nog ‘n kontak. Nog dooies

Foto: Herman Grobler

“Ja, daar was sogenaamde ‘kopgeld’ betaal. Maar dit

was ‘n beleid wat eerstens deur die Weermag

geïnisieer is. Dit is nie net vir dooie insurgente betaal

nie, maar ook vir lewendiges, en vir enige

oorlogsmateriaal wat ingelewer is (landmyne, AK’s,

ammmunisie ens). Die kopgeld vir ‘n terroris was maar

sowat R900. As dit gedeel word deur ‘n span kry elke

lid maar so R20 wat werklik nie baie was nie. Maar dit

het natuurlik vir ‘n paar dinge gesorg. Die spanne het

sover moontlik alleen probeer werk. Sonder om hulp te

vra. Anders kan die R20 dalk R10 word as dit met ‘n

ander span gedeel word. Dit het ook daartoe gelei dat

‘n kar elke nou en dan “verdwaal” het en “toevallig”

geëindig het by ‘n span wat reeds op ‘n spoor was.

Dan het die indringer-kar se span in die geld gedeel.

As dit moes, sou Zulu Foxtrot sy susterspan, Zulu

Hotel, intrek om te help.

Die ‘kill ratio’ van die eenheid was heelwat hoër as by

enige

10

konvensionele weermag het dit beteken dat vier bataljons uitgewis is.

In sy dae as speurder sou Herman ook gekonfronteer word met die geweld wat die wêreld as

die norm van die eenheid sou sien.

“Ja, daar was geweld teen insurgente, maar nooit meer as ‘n klap nie”, sê Herman. Hulle sou

werk in ‘n situasie waar die dood van jou makker altyd naby was. “Ons moes werk met

mense wat gemotiveerd was deur die keuse van ‘maak dood of sterf’. Daar was soms nie

baie tyd om inligting te bekom nie. Wrede pyniging was daar nooit. Geen marteling. Soms het

‘n hut afgebrand, maar ons skiet tracers, en die dakke is van gras. Dit was onafwendbaar.

Per slot van sake het ons spoorsnyers uit hierdie selfde gemeenskappe gekom. Dit was hulle

mense en ons was afhanklik van die plaaslike bevolking vir inligting.”

“Soos ander eenhede van die weermag was daar soms verkragtings. Ja, na-ure as die

betrokke lede van diens af was – beslis nooit as deel van ‘n operasie nie. EN, ons het teen

hierdie individue opgetree. Daar was ‘n insident van ‘n blanke polisieman wat vir moord

aangekla en skuldig bevind is.”

Daar was ook enkele gevalle waar blankes oor aanrandings uit die eenheid verplaas is, terug

na die RSA. As ‘n onverbiddelike reël was die eenheid streng gedissiplineerd en brig (later

genl) Hans Dreyer was nie ‘n man wat kortpaaie met dissipline gevat het nie. Dit was reg of

weg.

Herman (heel regs), Wessie (bo) en ander

Foto: Peter Stiff

11

‘n Heldedaad tussen die rook en stof

So veg Herman voort en word uiteindelik die bevelvoerder van Zulu Foxtrot. Gedurende 1988

kom Suid-Afrika, Angola en Kuba tot ‘n vergelyk. Die USSR-kommuniste het uit stoom

geharloop. Ook in Angola. Van die eens trotse Angola was niks oor nie - niks meer vir Kuba

om as betaling te neem nie, behalwe miskien die olie van Cabinda. En die Angolese was

moeg vir oorlog. Die Suid-Afrikaners sou die VN Resolusie 435 in werking stel, en onttrek,

mits die 50 000 Kubane ook gaan. So was ooreengekom en dit was gereël.

As deel van die ooreenkoms sou Swapo onttrek en nie enige PLAN-lede suid van 20ste

breedtegraad hê nie. Resolusie 435 het bepaal dat alle vegtendes tot hul basisse moes

terugkeer. Maar anders as die Weermag, kon die polisie met hul patrollies voortgaan. Dit sou

beteken dat die Namibiese masjiengewere van die voertuie verwyder moes word.

Vir die volgende 6 maande word die mees gedugte teeninsurgensie-eenheid ‘n teenwildstropingseenheid.

Wildstropery rondom Etosha daal tot nul. Van die eens groen uniforms

is daar geen teken meer nie. Almal dra nou die grys “velddrag” van die Namibië Polisie. Maar

die ‘beriggewers’ van die eens magtige eenheid is steeds in plek. In Oktober 1988 volg Zulu

3, die eenheid se inligtingspan, inligting op en vang ‘n politieke commissar wat Ovamboland

binnegesypel het.

Hy vertel van ‘n inval wat Swapo beplan vir 1 April - die dag wat Resolusie 435 in werking

sou kom. Die dag as die VN Suidwes amptelik uit die voogdyskap van die RSA oorneem. Die

inligting word deurgestuur, maar word stilweg deur die RSA-regering as vals afgemaak. Ses

maande later, toe meer as 300 mense dood is, sou die eertydse Minister van Buitelandse

Sake, Pik Botha, op TV sê dat sy regering alreeds 6 maande van die inval bewus was!

Elke nou en dan kom nog inligting na vore. Hierdie was geen vals alarm nie. Die eenheid

besluit om as voorsorgmaatreël elke nag Casspirs om die leë weermagbasisse te ontplooi -

indien Swapo dalk in die nag die basisse wou beset en voorgee dat hulle reeds lank daar

opereer. Op 31 Maart word die spanne op die kaplyn ontplooi.

Dit neem nie lank nie of ‘n insurgent loop hom vas in die Casspirs van konst Fourie, die

spanleier van Zulu Hotel. Die verdagte, in siviele klere met ‘n Makarov pistool by hom, was ‘n

verkenner wat ‘n groot groep vooruit moes gaan, en hulle ‘n week later sowat 80km suid van

die grens weer sou ontmoet. Hy vertel dat vier groepe van sewentig PLAN-lede elk

gedurende die nag die grens tussen Bakens 21 en 25 sou oorsteek. Hulle sou dan net suid

van die grens in twee groepe konsolideer en sowat 80km verder suid ‘n basis gaan opsit. Dit

was alles deel van ‘n groter plan. Die gevangene gee baie inligting. Swapo bring SAM7’s,

RPG7 en 75 vuurpyl-granaatwerpers, 60mm en 82mm mortiere en nog baie ander gevaarlike

wapens. Swapo kom in groot getalle, en uiteindelik sou sowat 1200 PLAN-insurgente aan die

poging meedoen.

Die volgende dag bars die bom. Honderde Swapo’s stroom oor die grens onder die indruk

dat die SAW tot hul basisse beperk is, dat die polisie weggedoen het met hul teeninsurgensievermoë,

en verwagtend dat die VN hulle met ‘n sagte handskoen sou verwelkom.

12

Orals loop die polisie hulle vas in swaar bewapende Swapo-groepe. “Hulle het goed saam

gebring om pantserkarre te neutraliseer, soos RPG’s en teenpantser-ammunisie, RPD

masjiengeweer teenpantser-ammunisie wat deur die bak van ‘n Casspir kan sny.

Die polisiespanne in hulle

nuwe grys uniforms het nie

hul swaarkaliber-wapens

nie. Die lugmag mag ook nie

help nie, behalwe om

gewondes weg te neem.

Van die slae is hewig en

bloedig. Die gebruiklike

taktiek van een span wat vyf

jaag, verander nou na

gekombineerde spanne wat

groepe van 50 tot 200

agtervolg - sonder die

gewone ondersteuning. Die

swaar masjiengewere word

weer uitgehaal.

Op die oggend van 2 April

1989 tel Zulu Quebec die

Opipela- die oorlog is verby vir Herman, so ook 23 Swapo’s se lewe

Foto: Herman Grobler

spore op van die PLAN-lede wie se koms die Swapo-vegter 2 dae vroëer voorspel het. Maar

hulle is reeds in twee groepe van omtrent 100 elk versamel, wat ‘n paar honderd meter van

mekaar suid beweeg.

“Ons was besig by Eenhana om ons 20mm en Five O’s terug te sit toe ons die boodskap kry

dat Zulu Quebec die spoor gekry het en op versterkings wag. Ons en Zulu Hotel is daar weg,

onderwyl van ons karre nog

herstel word. Halwe

spanne. Ons kry die ander

spanne by die grens, en ek,

as groepleier, wat die

inligting aanvanklik gekry

het, word opera-sionele

bevelvoerder. Ons beweeg

in twee lyne, een agter die

ander. So 20 karre, 10 in ‘n

lyn wat oor 2km strek met

die tweede linie 30m na

agter. Dié met die 20mm

en Five O’s is voor en

13

Koevoet casspirs besig met ‘n opvolg

1986

Foto: Jim Hooper

Three O’s en Blesbokke agter. Sodra ons kontak maak, kom die agterste linie en maak gate

toe.”

“Sowat 5km suid van Baken 25 kom ons by ‘n kraal aan. In die Opipela wyk, naby die

Odilarivier. Daar is omtrent niemand daar nie want die inwoners het almal gevlug. Nie ‘n

goeie teken nie. Die hinderlaag kan enige oomblik losbrand. Die enkele mense in die kraal sê

dat die Swapo’s swaar gewapen is, en dat hulle donkies gebruik om die toerusting en

mortiere te dra.

Hulle het ook ‘n boodskap. “Sê vir die polisie hulle moet nog versterkings kry, hulle is te min.

Vandag maak ons hulle almal dood”. Die spoorsnyers vra my om die opvolg te stop en ek

klim uit. Die twee spore was nou bymekaar en die eerste spoor omtrent twee ure oud. Die

jongste maar ‘n paar minute. Daar was ook donkies by wat die swaar wapentuig gedra het.

Die linie beweeg voorentoe. “Ons was seker so 500m van die kraal af toe ons deur ‘n klein

opening van seker so 20m in deursnee in die bos gaan. Ewe skielik staan ‘n insurgent in

kamoefleerklere met ‘n RPG-lanseerbuis voor my op. Omtrent 20m weg - reg voor my Wolf

se neus. Toe hy opstaan, skiet hy. Hy was te vinnig dat ons kon reageer”, vertel Herman.

Die toespringteken wat die hinderlaag ingelei het, was ‘n voltreffer. Die RPG75-vuurpyl tref

die Wolf waarin Herman staan, reg tussen die twee voorste vensters. “Die skoot tref hom

waar ek voor in die masjiengeweerluik

gestaan het.” Die slag ruk die Wolf tot

stilstand en die enjin gaan staan. Binne die

kajuit is die drade besig om te brand.

Almal behalwe die drywer is beseer. Twee

met ernstige kopwonde sterf en die man wat

heelagter in die middel gestaan het, se been

is in die heup afgeskiet. Daar is sewe ander

met wonde. Bykans almal het gesigswonde.

Herman vertel: “Ek skiet ‘n paar skote met die

20mm toe my radio se drade in die belt

verstrengel raak. Die geweer stoor. Daar is

nie tyd vir regmaak nie, orals is beweging en

hulle kan enige oomblik die kar bestorm. Ek

slaan oor na die Five O. Maar nou moet ‘n ou

versigtig wees. Dit is al wat ek oor het om ons

te verdedig. Regs agter ons (90° van ons)

staan nog ‘n kar wat uitgeskiet is.”

“Saam veg ons dit uit. Iewers skuif die drywerkonstabel

Daniël Uyepa onder my verby. Ek

dog hy wil weghardloop en dreig hom. Maar

hy wil nie weghardloop nie. Hy wil veg. En hy

14

Landmyn insident Ovamboland- Hierdie keer ‘n Koevoet kar, maar

iewers is spore gelos en die spanne kom in aksie

Foto: Herman Grobler

soek ‘n geweer. Hy skiet die een R5 leeg, dan gryp hy ‘n ander geweer en skiet tot hy leeg is.

Hy het ‘n hele kar se gewere vir homself!”

“Ek voel duiselig en kyk af. Onder my is net bloed. Dit is eers toe dat ek besef hoe ernstig ek

in die regterbeen gewond is. Net onder die knie is sowat 20cm van die been self weg.”

Dan gebeur ‘n wonderwerk. Terwyl die Swapo-mortiere ontplof, daag die kavallerie uit die

suide op. Die karre wat ons by Eenhana gelos het om reg gemaak te word, daag op hierdie

presiese oomblik uit die rigting van Oom Willie se pad op. Onderweg om ons te kom help,

sowat 5 km ry hulle tromp-op binne die PLAN-mortierstelling vas en vernietig dit na ‘n hewige

geveg. Vyftien minute ver. Die 82mm-mortiere sou ons in ‘n benarde posisie geplaas het.”

“Ek gee bevel om te ‘debuss’. Ons strompel sukkel-sukkel na buite. Hier begin ons die

gewondes behandel. My been bloei erg en ek het reeds ‘n tourniquet uit die radiokoord

gedraai en so 20cm bokant my knie vasgebind. Ek vra een van die Ovambo’s se jagmes…”

Konst Gabriël Moses kyk die bedryf so en besluit dat sers Grobler het sy kop nou heeltemal

verloor. “Hy kyk my so, kyk na my been en weier volstrek. Hy het duidelik twee en twee

bymekaar gesit. Na ‘n dreigement gee hy uiteindelik die mes. Ek sny die vel en weefsel af.”

Herman het pas sy eie been geamputeer met ‘n mes waaroor hy en Gabriël vele maal gespot

het – ‘n mes “wat nie eens ‘n ‘ratpack’-blikkie kon oopsny nie”.

Herman vertel verder. “Nou het ek alreeds ‘n drip in. (Ek dink ek het op die ou end 38 pinte

bloed tussen die skoot en 1 Militêre Hospitaal gekry). Dit is eers toe ek die snit gemaak het

dat die ergste pyn en spookpyne op my toeslaan. Ek spuit myself ‘n pynstiller in en vat

sommer genoeg spuitnaalde en nog ampules en druk hulle in my bo-sak. Dit stabiliseer my

eie situasie.

In my sakboek (alle polisiemanne dra sakboeke) het ek die bloedgroep van elke lid van my

span opgeteken. Ons reël dat elke gewonde lid se bloedgroep by hom aangeteken word.

Daar was 38 gewondes. Ons maak reg om met die helikopter vervoer te word. Maar die

Puma vat meer as twee ure om op te daag.

Al die gewondes kan nie gaan nie. Net die ernstigstes. Steeds is daar te veel, maar die

vlieënier besluit om ‘n kans te vat. In die mees-oorlaaide Puma-vlug van die oorlog word ek

en die ander afgevoer. Langs my lê Danie, met ‘n ernstige kopwond.”

“By die Siekeboeg op Ondangwa verloor ek my bewussyn. Ons moet met die Flossie na

Waterkloof vlieg. Op die vliegtuig tref die drogbeelde en skok my. Ek voel of ek in ‘n bad

water lê. Ek vra vir die dokter of dit so is, en so deur die newels hoor ek hy sê vir sy kollega

“hy dink hy lê in sy eie bloed”. Iewers kry ek die hallusinasie dat hulle wil ‘n pienk tand in my

tandkaste plant. Ek reageer heftig en sit ‘n groot faait op.”

“By Waterkloof wag ‘n ry ambulanse op ons. Ek is die laaste om afgelaai te word. Die laaste

ambulans is myne. Hulle laai my in en die drywer probeer die ding aan die gang kry. Maar

niks gebeur nie. Met my binne-in word die ground crew en almal wat nog kan help, bymekaar

15

gemaak om te stoot. Maar die ding is outomaties. So ondanks almal se goeie pogings, lê ek

toe maar daar op die aanloopbaan in my ambulans tot ‘n ander een uiteindelik opdaag”.

Herman sou twee maande in 1 Militêre Hospitaal deurbring om te herstel. Sy been word as

gevolg van die tourniquet bokant sy knie afgesit.

Die lewe gaan voort

as tydelike lid van die Polisie 1990

Herman in 1 Militêre Hospitaal

– gereed met ‘n glimlag ondanks die trauma.

Na die hospitaal word Herman teruggeplaas na Ovamboland in sy rol as wildbewaarder. Toe

die eenheid uiteindelik op 12 Januarie 1990 totaal sluit, klim hy op die vliegtuig as deel van

die groep bestaande uit die laaste 12 lede. Dit was vir goed verby. Maar hy probeer lankal ‘n

oorplasing kry na die SAP.

Nou het Herman 30 dae verlof. Hy en nog ‘n oud-lid moet aanmeld vir sielkundige toetse om

evaluasie te ondergaan oor moontlike toelating. Die ander man doen ‘n paar wilde dinge die

vorige aand. In sy babelaas-toestand slaag hy die toetse. Herman daag daar nugter en

netjies op, doen die keuring en word afgekeur! “Hulle sê ek kan nie met mense werk nie!”

Maar hy word op tydelike basis aangestel.

16

Toe gebeur ‘n ding of twee wat ‘n rol sou speel in sy uiteindelike permanente aanstelling.

Gedurende 1989 is daar druk beloftes gemaak oor die hantering van die enige van die

Namibiese lede wat moontlik na Suid-Afrika sou wou kom. Daar is ‘n dik dokument opgestel

oor roetes hoe die mense moontlik vervoer kon word, hoe en waar hulle akkommodeer sou

word ens. Die uiteinde van die plan was dat sulke mense moontlik by Vanzylsrus gehuisves

sou word.

Maar die eerste ses of so Namibiërs wat opdaag, het op eie stoom by die polisiehoofkantoor

aangekom. “Hier sit hierdie ses ouens en die polisie weet nie wat om met hulle te maak nie.

En hulle weet ook nie wat om met mý te maak nie. Toe kontak hulle kol Fouché wat ook in

‘Wamboland was. Intussen het die druppels in ‘n stroom ontaard: eers het sowat 600 mans in

Upington opgedaag. Later arriveer vrouens en kinders - in totaal meer as 2500. Uiteindelik

word ek gevra om die mense te help. Ék - wat volgens die sielkundige toetse nie met mense

kan werk nie - eindig met 2500 van hulle! Ek en kol Fouché help om die mense op ‘n paar

plase naby Rustenburg in tente te vestig.”

Later sou die Rooiberg-myne in onbruik verval, en sou ons almal na die mynkompleks skuif.

Maar dit was steeds ‘n probleem wát om met hierdie mense te maak. “Kyk, hierdie ouens het

uit Ovamboland uit die landelike gebied gekom. Die meeste van hulle kon nie veel meer as

basies lees en skryf nie. Hulle was mense wat as st 1’s uit die skool gehaal is om beeste op

te pas. Dit is juis wat van hulle sulke uitstaande spoorsnyers gemaak het.”

Hier het kol Fouché met die plan van “bystandpolisie” gekom (in Engels “auxilliries”). Hierdie

oud-vegters kon as helpers in probleemgebiede gebruik word om werk te doen wat andersins

mannekrag uit die bestaande polisie sou bloei. So word die eerste groepe na Natal gestuur

waar veediefstal ‘n reuseprobleem was. Binne ‘n paar maande was die probleem opgelos en

die skuldiges opgespoor. Sommige gebiedsbevelvoerders het die voordeel gesien en

daarvan gebruik gemaak.

Toe die eerste plaasmoorde in 1992 naby Pietersburg voorkom word 40 lede daarheen

gestuur en, in bykans alle gevalle, word die verdagtes opgespoor. Groot sukses.

Maar binne die polisiehoofkantoor was daar sekere elemente wat die mense nie wou hê nie

en druk geplaas het op van die streke om hulle te dwing om pakkette te vat. Miskien het hulle

die politiek verkeerd gelees. Miskien wou hulle die nuwe minister en president beïndruk.

Teen 1994 het die Streek in Rustenburg pakkette aangebied. Bykans almal is verplig om die

pakkette te neem. Teen die tyd dat Herman Grobler en kol Fouché betrokke geraak het, was

die koëel deur die kerk. In een geval het ‘n senior offisier reguit gesê: “Ons het hierdie mense

se geld betaal; ons het geen kontrak met hulle nie; ons skuld hulle niks nie”.

Behalwe vir ‘n klein groepie in Pietersburg en in die Kaap, was almal klaar met die polisie.

Hulle siel is letterlik verkoop vir nie veel meer as ‘n spreekwoordelike pot lensiesop nie.

Herman het ‘n verplasing na die Vuurwapen-eenheid gekry. Hy het sy aanstaande vrou

ontmoet, en die polisie het hom met sy troue permanent aangestel.

17

‘n Opmerking, ‘n sitaat

“Ek word dikwels gevra of ek dit weer sal doen, sou ek weer voor dieselfde keuses gestel

word. Selfs om weer my been te verloor. En ek sê elke keer dieselfde: Definitief. Ek wou ‘n

soldaat wees en ek het my droom geleef. Ek slaap elke nag rustig. Vir my ou viand, PLAN,

het ek die hoogste agting. Ek het hulle respekteer. As ons daai uniform aangetrek het, was

ons albei soldaat en ons het mekaar so erken en gereken.”

“Ek onthou die dag toe ons op ‘n opvolg in ‘n kontak was. Een van hulle en 40 van ons. Hy

was reg vir ons met sy magasyne voor hom uitgepak. Hy het nie ‘n kans gehad nie, maar hy

was bereid om te baklei. ‘n Man wat respek verdien.”

Nie een van die polisiemanne wat betrokke was in die teenstaan van die bedrieglike,

sinnelose April 1989-inval, is ooit vir dapperheid vereer nie. Daar is wel medaljes vir

Verdienstelikheid toegeken. Dit was al. Maar tussen “doen-wat-jy-moet” en die “ekstra-mylloop

van buitengewone dapperheid” is daar ‘n reuse verskil. Herman Grobler was een so ‘n

geval.

Ons kan seker ons eie sitaat skryf en sê:

Op 2 April 1989 tussen Nkongo en Eenhana, het sers Herman Grobler homself

buitengewoon onderskei toe hy as bevelvoerder van ‘n groep van 20 Casspir en Wolfgevegsvoertuie

sy groep gelei het teen ‘n hinderlaag van ‘n vasberade Swapo-mag van meer

as 200 vegters. Selfs nadat hy ernstig gewond is, het hy die operasie suksesvol gelei en die

hinderlaag is vernietig. As opgeleide paramedikus het hy ongeag die verlies van sy been,

persoonlik beheer van die gewondes geneem. Sers Grobler se dapperheid en leierskap strek

ver verby verdienstelikheid en die normale verwagte oproep tot diens.

Slot

So het die tye het verander

Die manier hoe die swart polisiemanne uit Namibië deur die SAP en SAPD in die steek

gelaat is, is niks anders as skandalig nie. Hierdie mense het alles wat hulle gehad het, gegee

toe dit van hulle gevra is. Die manier hoe die politici en hul senior offisiere hierdie mense aan

hul eie lot oorgelaat het, oortref selfs die manier waarop die 32 Bataljon-soldate behandel is.

Dit sal vir altyd ‘n klad op hul naam bly – die wat met mooi pensioene afgetree het.

Toe van die gewondes ná die oorlog eise teen Swapo vir die April-inval instel, het die SAP se

senior bestuur hulle gevra om die eise terug te trek. Dit sou die “goeie verhouding” tussen die

nuwe Namibiese regering en die RSA ondermyn. Die RSA-regering sou die gegriefdes help.

Maar die betalings was lagwekkend - 2% van die waarde van die eise is uiteindelik uitbetaal!

18

Ten tye van skryf van die artikel het die skrywer twee van die maatskappye wat groot geld uit

die polisie gedurende die oorlog gemaak het, vir ‘n borgskap genader om Herman se storie

na te vors. Een maatskappy wat voertuie aan die SAP voorsien het om teen-insurgensie

werk te doen, het bloot geweier. Hulle het nie eens belanggestel om ‘n voorstel te oorweeg

nie. ‘n Ander het simpatiek geantwoord, maar was uiteindelik nie bereid om te help nie.

So het die tye verander. Party het geglo in die saak, ander het dit weer gesien as ‘n

geleentheid om geld te maak - sonder enige verbintenis of verantwoordelikheid, baie soos

die wat die Ovambo-polisiemanne aan hul eie lot oorgelaat het.

19

Bronnelys:

Herman Grobler: Persoonlike onderhoude op verskeie datums Januarie en Februarie 2009 te Pretoria

Herman Grobler: Persoonlike dokumente wat insluit verklarings geneem twee maande en twee jaar na die

Opipela Geveg

Peter Stiff, 1989,Nine days of war, Lemur Press

Peter Stiff, 2004, Koevoet, the Covert war, Galago Press

Jim Hooper, 1988, Koevoet

Fotos:

Jim Hooper, Koevoet

Peter Stiff, Persoonlike versameling

Herman Grobler, Persoonlike versameling

Andre Pienaar

Marius van Aardt www.geocities.com/sa_bushwar

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!