06.09.2013 Views

WAT IS EPIFANIE EN WAAR KOM DIT VANDAAN? Die woord ...

WAT IS EPIFANIE EN WAAR KOM DIT VANDAAN? Die woord ...

WAT IS EPIFANIE EN WAAR KOM DIT VANDAAN? Die woord ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

WAT IS EPIFANIE EN WAAR KOM DIT VANDAAN?

Die woord Epifanie dui op die verskyning of manifestasie van God in die wêreld. Die woord

het sy betekenis in ‘n ou Oosters-kerklike fees waartydens die geboorte en doop van Jesus

gevier is. In werklikheid is Kersfees en Epifanie nie twee afsonderlike feeste nie, maar die

feit dat Kersfees ‘n Westerse, en Epifanie ‘n Oosterse oorsprong het, het gemaak dat twee

afsonderlike tradisies rondom Kersfees en Epifanie ontwikkel het.

In wese het Kersfees en Epifanie ten nouste met mekaar te make, en daarom word die Kers-

en Epifanietyd as aaneenlopend beskou van 25 Desember (die Westerse datum vir

Kersfees) tot ná 6 Januarie (die datum vir Epifanie). Epifanie is waarskynlik die oudste van

die twee feeste, maar is (soos Kersfees) eers sedert die vierde eeu werklik gevier.

Epifanie word tematies ten nouste verbind met veral die doop van Jesus, maar ook die

bruilof by Kana. In die geheel word daar in die tyd ná Epifanie (tot die begin van Lydenstyd)

gekonsentreer op Jesus se lewe hier op aarde tot Hy die lydenspad begin loop het.

Wat vier ons in Epifanie en die tyd daarna?

Vanuit die Oosters-kerklike oorsprong van Epifanie is hierdie feestyd mettertyd onderspeel in

die Westers-kerklike wêreld en bloot gereduseer tot die bepaalde betekenis wat aan die

besoek van die wyse manne geheg is. Sommige woordeboeke verklaar nou nog Epifanie

met die woord ‘Driekoningsfees’. In werklikheid is die menswording van Christus die kern

waaroor dit in Epifanie (en natuurlik Kersfees) gaan.

Die eerste Sondag ná Epifanie fokus op die doop van Christus en tydens die Sondae daarna

word die klem gelê op wat Jesus geleer en gedoen het hier op aarde. Die tyd na 6 Januarie

is dus ‘n tyd om te spandeer aan die bestudering en viering van wie die Een wat onder

ons kom woon het, werklik is. Terselfdertyd is dit ook die tyd waarin ons, n.a.v. Jesus se

doop, kan fokus op hoe getrou ons is aan ons doopbelofte. Daar word dikwels klem gelê op

die bestudering van die Bergrede. In Protestantse kerke word daar in hierdie tyd in

aansluiting hierby ook nagedink oor die sosiale implikasies van Jesus se lewe en leringe.

Epifanie word afgesluit met Verheerlikingsondag, wanneer Jesus se verheerliking op die

erg herdenk word. Verheerlikingsondag lei die geboorte in wat sou lei tot Jesus se

kruisdood en opstanding.

Wanneer vier ons Epifanie en die tyd daarna?

Die Epifanie-fees val op 6 Januarie. Die tyd daarna word die tyd ná Epifanie (of soms ook

gewone tyd genoem. Die tyd na Epifanie loop deur tot en met As-Woensdag wat Lydenstyd

inlei.

Gebruike, simbole en rituele in die tyd ná Epifanie

Die simbole en rituele vir dié tyd is nie so algemeen soos bv. in die Adventstyd nie Tog is

daar belangrike simbole om van kennis te neem.

In die eerste plek is dit ‘n tyd waarin die Bybel met erns bestudeer moet word. Die klem val

veral op die gedeeltes oor Christus se verskynings voor sy Lydensweg. Ons word in hierdie

tyd herinner daaraan dat Christus waarlik mens was.

Die beklemtoning van Christus se doop kan herdenk word met ‘n herinnering aan ons eie

doop.

Die ster van Betlehem is die sterkste visuele simbool van hierdie tyd. Die ster as simbool

van Lig in die duisternis is 'n simbool van hoop.

Dit is belangrik om Verheerlikingsondag te vier nie net as ‘n afsluiting van die tyd na Epifanie

nie, maar as ‘n inleiding tot die Lydenstyd. So word ons almal reeds voor die Lydenstyd

daaraan herinner dat die Lydenstyd uitloop op die heerlikheid van die opstanding.

Kleure vir Epifanie en die tyd daarna

Die dominante kleur van Epifanie is groen soos in Koninkrykstyd. Op die dag van Epifanie, 6

Januarie, word groen vir die eerste keer in die kerkjaar gebruik. Daarna bly dit groen met die

uitsondering van die Sondae waarop die doop en die verheerliking van Christus gevier word,

dan is die kleur wit.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!