Laai die artikel in PDF-formaat af soos dit in Stywe Lyne verskyn het.

Laai die artikel in PDF-formaat af soos dit in Stywe Lyne verskyn het. Laai die artikel in PDF-formaat af soos dit in Stywe Lyne verskyn het.

06.09.2013 Views

H I E R G A A N O N S A L W E E R ! ! deur Takkie Branford Soos die ou gesegde lui, “’n Mens is nooit te oud om te leer nie!” Geen gesegde kan meer waar wees nie, veral as dit by hengel kom. Ek hou dus altyd my oë en ore oop want mens weet nooit wat ’n ander man probeer of getoets het nie. Daar is geen vaste reëls in ons wonderlike sport nie, net riglyne wat jou kanse kan verbeter of selfs die fondasie kan lê om op jou eie styl en tegnieke voort te bou. Hoe baie het ’n mens nie al gesien hoe ’n klein seuntjie ’n stok optel en een na die ander vis uittrek nie, en dit tussen manne met duur stokke en katrolle. Ek en Petri de Wet, aanbieder van die hengelprogram Hier Gaan Ons Alweer! het die voorreg om van die pragtigste en mees ongerepte hengelparadyse op ons kontinent te besoek. Ongelukkig laat die tydbeperking van elke episode ons nie altyd toe om al die inligting met die kykers te deel nie en die mense sonder DStv word nooit aan die inligting oor ons avonture blootgestel nie. Ons het dus besluit om elke maand ’n rubriek met handige wenke en riglyne te skryf. Die metodes werk vir ons maar soos ek sê, jy is altyd welkom om jou eie tegnieke en metodes te toets! In ons eerste episodes het ons weer eens vir die koning van die varswater gaan hengel. Tiervis is seker een van my gunstelingspesies en vanaf ons eerste ontmoeting as jong man langs die Zambezirivier kon ek nog nie genoeg kry nie. Min dinge kan by die vat van ’n tiervis kom en as jy nog nooit vir dié gestreepte vis gehengel het nie, wag daar ’n groot verrassing op jou! Stokke en katrolle Omdat daar maar grotendeels vanaf bote vir tiervis gehengel word, gebruik ons korter stokke wat wissel vanaf 6‘,6“ tot 7',6”. Laasgenoemde is die maksimum lengte wat ek sal voorstel, anders kan dit maar ongemaklik op ’n boot raak en om die vis in die net te kry kan ’n storie wees met ’n te lang stok. Ons gebruik mediumswaar stokke en dit is belangrik dat ’n stok ’n goeie ruggraat moet hê as jy enigsins ’n kans wil staan. ’n Tiervis se bek is hard en bestaan 90% uit been. Ideale struktuur vir tiervis. Om ’n goeie hoek vasgekap te kry, gaan nie werk as jou stok se punt te slap is nie. Daar is egter ’n uitsondering. Wanneer jy met “crankbaits” of kunsvissies hengel, is jou kanse maar skraal dat die drieangelhoeke deur die been van die bek sal gaan. Jou hoeke is meestal in die vliese en senings van die bek gehaak en sou jy te veel druk op die vis plaas, gaan die hoeke eenvoudig uitskeur of hy gaan jou gooi as hy spring. Dit is hier waar die stok met die slapper punt inkom aangesien die stok se aksie meeste van die druk hanteer deur meer as die stywer stok te buig. Dit is ook belangrik dat jy in hierdie geval nie hengel met ’n rem wat te styf is nie. Speel die vis maar lig en laat hom gaan as hy wil, maar hou te alle tye jou lyn styf! As ek op hierdie manier hengel gebruik ek gewone “monofilament” of “fluorocarbon” aangesien die lyn baie meer rek as “braid”, met die gevolg dat die druk op die vis heelwat minder is. Die stywer stok word vir die ander kunsaas soos die swaailemme en lepels gebruik. Hier gebruik jy groter hoeke soos Mustad “kendel round” vanaf 7/0 tot en met 9/0. Ek hengel dan ook met “braid” (55lb Saltiga Surf) omdat dit so direk is. Met hierdie metode kan die hoek regdeur die been gekap word en die stywer stok met die “braid”-kombinasie is dodelik. Heelwat meer druk kan op die vis geplaas word, veral as jy tussen die bome of ander strukture hengel waar die vis gedraai moet word. Katrolle vir tiervis moet almal een ding in gemeen hê, naamlik ’n ordentlike remstelsel of “drag”. Die vis gaan nie honderde meters lyn afstroop nie maar as hy jou vat gaan jy vir seker besef hoe belangrik die funksie van ’n katrol is. Ons gebruik “baitcasters” soos die Daiwa “Procaster 100H” of die Daiwa “Coastal Inshore” en as jy sukkel met die “baitcasters” sal ’n goeie koffiemeul ook die ding doen. Net ’n woord of twee oor katrolle – ek het al ’n paar keer gesien hoe ’n tiervis van die beste katrolle op die mark goed laat les opsê. Dit is glad nie die katrol se skuld nie, die fout lê inteendeel by die hengelaar. Die manne bewapen hulle met 60 lb-braid en draai die rem so styf vas dat selfs ’n vundu hom nie kan draai nie en dan baklei hulle die vis op die katrol in plaas van op die stok. Die druk raak dan te veel en jou katrol se leeftyd verminder vanaf ’n paar jaar na ’n paar dae. Stel jou rem reg en gebruik die aksie van jou stok; dit is hoekom hy daar is. 22 STYWE LYNE Die Hengelaar se Vriend Mei 2010

H I E R G A A N O N S A L W E E R ! !

deur Takkie Branford

Soos die ou gesegde lui, “’n Mens is nooit te oud om

te leer nie!” Geen gesegde kan meer waar wees nie,

veral as dit by hengel kom. Ek hou dus altyd my oë

en ore oop want mens weet nooit wat ’n ander man

probeer of getoets het nie. Daar is geen vaste reëls

in ons wonderlike sport nie, net riglyne wat jou kanse kan

verbeter of selfs die fondasie kan lê om op jou eie styl en

tegnieke voort te bou. Hoe baie het ’n mens nie al gesien hoe

’n klein seuntjie ’n stok optel en een na die ander vis uittrek

nie, en dit tussen manne met duur stokke en katrolle.

Ek en Petri de Wet, aanbieder van die hengelprogram Hier

Gaan Ons Alweer! het die voorreg om van die pragtigste en

mees ongerepte hengelparadyse op ons kontinent te besoek.

Ongelukkig laat die tydbeperking van elke episode ons nie

altyd toe om al die inligting met die kykers te deel nie en die

mense sonder DStv word nooit aan die inligting oor ons

avonture blootgestel nie. Ons het dus besluit om elke maand

’n rubriek met handige wenke en riglyne te skryf. Die metodes

werk vir ons maar soos ek sê, jy is altyd welkom om jou eie

tegnieke en metodes te toets!

In ons eerste episodes het ons weer eens vir die koning van

die varswater gaan hengel. Tiervis is seker een van my

gunstelingspesies en vanaf ons eerste ontmoeting as jong

man langs die Zambezirivier kon ek nog nie genoeg kry nie.

Min dinge kan by die vat van ’n tiervis kom en as jy nog nooit

vir dié gestreepte vis gehengel het nie, wag daar ’n groot

verrassing op jou!

Stokke en katrolle

Omdat daar maar grotendeels vanaf bote vir tiervis gehengel

word, gebruik ons korter stokke wat wissel vanaf 6‘,6“ tot

7',6”. Laasgenoemde is die maksimum lengte wat ek sal

voorstel, anders kan dit maar ongemaklik op ’n boot raak en

om die vis in die net te kry kan ’n storie wees met ’n te lang

stok. Ons gebruik mediumswaar stokke en dit is belangrik dat

’n stok ’n goeie ruggraat moet hê as jy enigsins ’n kans wil

staan. ’n Tiervis se bek is hard en bestaan 90% uit been.

Ideale struktuur

vir tiervis.

Om ’n goeie hoek vasgekap te kry, gaan nie werk as jou stok

se punt te slap is nie. Daar is egter ’n uitsondering. Wanneer

jy met “crankbaits” of kunsvissies hengel, is jou kanse maar

skraal dat die drieangelhoeke deur die been van die bek sal

gaan. Jou hoeke is meestal in die vliese en senings van die

bek gehaak en sou jy te veel druk op die vis plaas, gaan die

hoeke eenvoudig uitskeur of hy gaan jou gooi as hy spring.

Dit is hier waar die stok met die slapper punt inkom

aangesien die stok se aksie meeste van die druk hanteer

deur meer as die stywer stok te buig. Dit is ook belangrik dat

jy in hierdie geval nie hengel met ’n rem wat te styf is nie.

Speel die vis maar lig en laat hom gaan as hy wil, maar hou

te alle tye jou lyn styf!

As ek op hierdie manier hengel gebruik ek gewone

“monofilament” of “fluorocarbon” aangesien die lyn baie meer

rek as “braid”, met die gevolg dat die druk op die vis heelwat

minder is. Die stywer stok word vir die ander kunsaas soos

die swaailemme en lepels gebruik. Hier gebruik jy groter

hoeke soos Mustad “kendel round” vanaf 7/0 tot en met 9/0.

Ek hengel dan ook met “braid” (55lb Saltiga Surf) omdat dit so

direk is. Met hierdie metode kan die hoek regdeur die been

gekap word en die stywer stok met die “braid”-kombinasie is

dodelik. Heelwat meer druk kan op die vis geplaas word, veral

as jy tussen die bome of ander strukture hengel waar die vis

gedraai moet word. Katrolle vir tiervis moet almal een ding in

gemeen hê, naamlik ’n ordentlike remstelsel of “drag”. Die vis

gaan nie honderde meters lyn afstroop nie maar as hy jou vat

gaan jy vir seker besef hoe belangrik die funksie van ’n katrol

is.

Ons gebruik “baitcasters” soos die Daiwa “Procaster 100H” of

die Daiwa “Coastal Inshore” en as jy sukkel met die

“baitcasters” sal ’n goeie koffiemeul ook die ding doen. Net ’n

woord of twee oor katrolle – ek het al ’n paar keer gesien hoe

’n tiervis van die beste katrolle op die mark goed laat les

opsê. Dit is glad nie die katrol se skuld nie, die fout lê

inteendeel by die hengelaar. Die manne bewapen hulle met

60 lb-braid en draai die rem so styf vas dat selfs ’n vundu

hom nie kan draai nie en dan baklei hulle die vis op die katrol

in plaas van op die stok. Die druk raak dan te veel en jou

katrol se leeftyd verminder vanaf ’n paar jaar na ’n paar dae.

Stel jou rem reg en gebruik die aksie van jou stok; dit is

hoekom hy daar is.

22 STYWE LYNE Die Hengelaar se Vriend Mei 2010

Dit is waarom jou hoeke

moet skerp wees en 'n

staalstrop gebruik word.

Stroppe, kunsaas en

ander wenke

Soos ons almal weet, is die tiervis natuurlik bewapen met

sterk kake en sowat agt vlymskerp tande in beide die bo- en

onderkaak. Ek beveel dus ’n staalstrop aan as jy enige kans

wil staan. Daar is ’n groot debat tussen tiervishengelaars oor

watter strop nou eintlik die beste is. Dit is ’n maklike vraag om

te beantwoord – die een wat hou! Ek gebruik ’n “seven strand,

nylon-coated”-strop in die 30 lb- tot 40 lb-klas. Die “piano

wire” buig eenvoudig te veel na my sin en as hy verkeerd sou

buig is die kanse goed dat hy kan breek. Jy moet ook omtrent

na elke vis ’n nuwe strop opsit en as die tiere loop is dit die

TIGHT LINES The Angler’s Friend May 2010 23

laaste ding wat ek wil doen. Ons gebruik stroppe van omtrent

so 30 cm lank. Die rede hiervoor is dat ’n te lang strop die

lengte van die vis gaan oorskry. Die draaispil maak dan ’n

borreltjie soos die vis baklei en baie maal sien ’n ander vis die

borrel raak en val hom aan. Die gevolg is ’n baie teleurgestelde

hengelaar en ’n af lyn. Die korter strop bly teen die vis

se lyf as hy wegswem en verminder die kans van afbyt deur

’n ander vis aansienlik.

Kunsaas vir tiervis wissel baie van mens tot mens maar almal

moet een ding in gemeen hê – vlymskerp hoeke. Ek kan dit

nie genoeg beklemtoon nie. As jou hoek baie skerp is, dan

moet hy nóg ’n bietjie skerper wees! Ons weet nou al dat die

bek uit harde been bestaan en as jou hoeke stomp is gaan

die vis met die eerste sprong jou kunsaas vir jou terugstuur.

Swaailemme of “spinners” is uitstekende kunsaas vir tiervis

en ons gebruik die “Tigerwakka”-reeks in verskillende groottes

en kleure. Baie hengelaars maak die fout om te vlak met

hierdie soort kunsaas te hengel. Ons laat sak die swaailem

tot op die bodem voordat ons hom inbring, selfs in water so

diep as tien meter. As die vis naby die oppervlak jag is dit

natuurlik ’n ander saak en dan word jou kunsaas nie so diep

gehengel nie. As een hengelaar aan is moet die ander manne

onmidddellik so na as moontlik aan die vis gooi. Een tiervis

wat gehaak is, aktiveer die ander vis en ons was al tot vier

mense op een boot wat gelyktydig aan was. Dit ontaard

natuurlik in chaos maar as elke man koelkop bly kan al die vis

geland word. “Crankbaits” of kunsvissies is ook dodelike

kunsaas vir tiervis en kleure soos rooi en wit of die “fire tiger”-

Hou vas en laat

die stok die

werk doen.

kleure werk uitsonderlik goed. Ons gebruik die “strike pro”kunsvissies

en die “Hunchback”-reeks het al uitstekende

resultate gelewer.

Kunslepels en die Effzet werk ook goed maar verander

asseblief die ringetjies by die hoek en draaispil; dié waarmee

hulle uitkom is te swak en ’n tier gaan hom vinnig oopbuig.

Wissel die kleur en grootte van jou kunsaas tot jy ’n patroon

kry wat werk en hou vas en hou jou lyn styf. Gaan jou lyn

gereeld na vir swak plekke, veral as jy bome en rotsstruktuur

hengel. Maak seker dat jou kunsaas se aksie nie belemmer

word nadat ’n tier hom geslaan het nie.

Al die plekke waar tiervis voorkom word onmenslik warm. ’n

Goeie hoed en hemp kan die verskil tussen aangenaam en

onplesierig beteken. Ons gebruik “The Bushmen” (018 297

6055 of 082 940 5514) se “quick dry”-hemde wat koel is met

goeie ventilasie. Dit maak ’n baie groot verskil as die kwik tot

die hoë dertigs en middel veertigs styg. Goeie sonskerm soos

Xeroderm met ’n UV a- en b-faktor is vanselfsprekend en

smeer maar gereeld aan want die son is nie speletjies nie. ’n

Polaroid-bril is ook ’n moet om die weerkaatsing van die

water te breek.

Ek hoop regtig dat jy die kans sal kry om met die tiervis

kragte te meet en dat hierdie wenke tot jou sukses sal bydra.

Hou jou lyn styf tot die vis in die net is en na ’n vinnige foto of

twee kan jy die vis weer terugplaas om ’n ander dag weer te

baklei. Geniet hom!

24 STYWE LYNE Die Hengelaar se Vriend Mei 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!