1 “En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word ...

1 “En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word ... 1 “En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word ...

06.09.2013 Views

Psalm 115:4-8: Hulle afgode is silwer en goud, 'n werk van mensehande. Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; ore het hulle, maar hoor nie; hulle het 'n neus, maar ruik nie; hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie. Die wat hulle maak, sal net soos hulle word--elkeen wat op hulle vertrou. 4 Afgode is uiterlike vertoon wat geen karakter het nie. Hulle oë kan nie jou sonde sien nie, in teenstelling met Christus in Openbaring, die Lam wat alles sien. “En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar 'n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.” (Op.5:6) ‘n Afgod kan nie sien wat jy alleen in die stilte doen nie, maar Jesus, die Ware Beeld van God- sien alles. Alhoewel ‘n afgod ‘n mond het kan hy jou nie teregwys as jy verkeerde dinge doen nie, wanneer jy met sonde speel of onnodige moeilikheid maak nie, hy weet niks van jou vuil gedagtes nie terwyl die ware Beeld van God met ons praat deur die ewige Gees. Die afgod, alhoewel hy ‘n neus het is hy kragteloos en kan nie die geeste toets, om te onderskei of hulle van God is of nie, maar die ware Beeld, die Liggaam van Christus het die gawe van onderskeiding wat elke ware gelowige ontvang. Die ware Beeld is ‘n bedreiging vir ons selfsugtige lewenstyl terwyl die afgod nooit in die pad van enige persoon kom nie. Dit is waarom die wêreld van afgode hou en beledig voel as hy met die waarheid gekonfronteer word. Maar die Ware God het oë en ore en Hy gebruik dit! “Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; (Jes. 59:1) Die mens is geskape na die Beeld van God, God het vir ons oë, ore en hande ens. gegee en verwag van ons om dit te gebruik. “As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor! (Mark. 7:16) Maar met die verwerping van Jesus, die ware beeld, en om Hom te vervang met ‘n afgod, het die mens geword soos sy afgode. “Die wat hulle maak, sal net soos hulle word--elkeen wat op hulle vertrou.” (Ps.115:8) Hulle sien nie God se openbaringe nie en ook nie die gevare voor hulle nie. Dit is soos iemand wat dobbel totdat hy bankrot is. Daar is nie ‘n ware wysheid nie, hulle hoor nie God se stem nie en ook die smarte van die armes nie. Soos wat ‘n student eendag gesê het: “Ek wens die sondvloed het al die huislose mense in die see ingewas.” Daar is nie ‘n opregte meegevoel nie en ook geen onderskeiding tussen die waarheid en die valsheid nie, en geen liefde vir die waarheid nie, God se karakter is nie in hulle nie. OM DIE NAAM VAN DIE HERE YDELLIK TE GEBRUIK. “ Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie,..” (Eks 20:7) Die hoof aspek van om die Naam van die Here ydellik te gebruik is wanneer ons in Sy Naam geroep is maar ons het nie God se karakter nie. Dit is wat met Israel gebeur het toe hulle- hulle tot afgodery gewend het. “--elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het. Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.” (Jes. 43:7-8)

5 Om die Naam van die Here ydellik (ligsinnig) te gebruik, beteken nie om dit verkeerd uit te spreek nie, dit is wanneer jy ‘n Christen genoem word, ‘n kind van God, ‘n seun van Israel en jou ‘naam’ kom nie ooreen met God se karakter nie. “Kyk wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie. Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.”(1 Joh 3:1-3) As jy geroep is om ‘n seun van God te wees- dan het jy God se Naam net soos wat enige kind sy vader se naam kry. Maar die groot vraag is, het jy God se karakter? Het jy jouself gereinig, is jy rein soos wat Hy rein is? Neem jy Sy naam ernstig of ligtelik (ydellik) op? “Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?” (1 Joh.3:17) As die ryke geen meegevoel vir die arme het nie, hoe kan God se liefde in hom bly? Hoe word God se karakter, Sy goeie naam op hom van toepassing gemaak? Christene wat nie ‘n poging aanwend om te verstaan wat reg en verkeerd is nie, wat deel het aan enige soort sonde en sê: “Ons is onder die genade en nie onder die wet nie”- dit is mense wat die Naam van die Here ydellik gebruik! Paulus sê: “--Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.” (2 Tim. 2:19) Baie sê hulle is Christene maar vertel vuil grappe, rook en drink, kyk soos die wêreld na immorele vuil TV prente, vloek hulle ouers en mense wat oor hulle aangestel is. As jy die naam van die Here gebruik en deel het aan bose dinge, pasop! “--want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.” (Ex. 20:7) Jakobus beskryf ‘n persoon wat die rykes beter behandel as die armes, so ‘n persoon het nie die karakter van God nie. “Luister, my geliefde broeders--het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie? Maar julle het die arm man oneer aangedoen. Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle voor die regbanke sleep nie? Is dit nie hulle wat die edele Naam belaster wat oor julle aangeroep is nie?” (Jak. 2:5-7) Soos wat God die armes van die wêreld uitverkies het en aan hulle geloof en die koninkryk gegee het, verwag Hy van ons om die wat in Sy Naam geroep is ook te eer. Die karakter van God is om prakties goed en sleg lief te hê. (God gee son en reën aan almal) So moet ons wat in Sy Naam geroep is dieselfde doen. As ons net diegene liefhet wat ons liefhet dan maak ons die naam Christen ligtelik op ons van toepassing; ons gebruik die Naam van die Here ydellik. Die Naam van God op hulle geskryf. Die merk van die dier, die naam en die getal van die dier se naam word aan die einde op die voorhoofde van die ongehoorsames geskryf. (Op. 13:17) Dit is die seel van die karakter van die Antichris. (Op.13:17) Maar net so is daar ’n belofte van God aan die getroues. “En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.” (Op. 14:1) Dit gaan verder en hulle ‘goddelike karakter’ word beskryf.

Psalm 115:4-8:

Hulle afgode is silwer en goud, 'n werk van mensehande.

Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

ore het hulle, maar hoor nie; hulle het 'n neus, maar ruik nie;

hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie;

hulle gee geen geluid deur hul keel nie.

Die wat hulle maak, sal net soos hulle word--elkeen wat op hulle vertrou.

4

Afgode is uiterlike vertoon wat geen karakter het nie. Hulle oë kan nie jou sonde sien nie, in

teenstelling met Christus in Openbaring, die Lam wat alles sien.

“En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van

die ouderlinge staan daar 'n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe

Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.” (Op.5:6)

‘n Afgod kan nie sien wat jy alleen in die stilte doen nie, maar Jesus, die Ware Beeld van God- sien

alles. Alhoewel ‘n afgod ‘n mond het kan hy jou nie teregwys as jy verkeerde dinge doen nie,

wanneer jy met sonde speel of onnodige moeilikheid maak nie, hy weet niks van jou vuil gedagtes

nie terwyl die ware Beeld van God met ons praat deur die ewige Gees. Die afgod, alhoewel hy ‘n

neus het is hy kragteloos en kan nie die geeste toets, om te onderskei of hulle van God is of nie, maar

die ware Beeld, die Liggaam van Christus het die gawe van onderskeiding wat elke ware gelowige

ontvang.

Die ware Beeld is ‘n bedreiging vir ons selfsugtige lewenstyl terwyl die afgod nooit in die pad van

enige persoon kom nie. Dit is waarom die wêreld van afgode hou en beledig voel as hy met die

waarheid gekonfronteer word. Maar die Ware God het oë en ore en Hy gebruik dit!

“Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;

(Jes. 59:1)

Die mens is geskape na die Beeld van God, God het vir ons oë, ore en hande ens. gegee en verwag

van ons om dit te gebruik. “As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor! (Mark. 7:16)

Maar met die verwerping van Jesus, die ware beeld, en om Hom te vervang met ‘n afgod, het die

mens geword soos sy afgode. “Die wat hulle maak, sal net soos hulle word--elkeen wat op hulle

vertrou.” (Ps.115:8)

Hulle sien nie God se openbaringe nie en ook nie die gevare voor hulle nie. Dit is soos iemand wat

dobbel totdat hy bankrot is. Daar is nie ‘n ware wysheid nie, hulle hoor nie God se stem nie en ook

die smarte van die armes nie. Soos wat ‘n student eendag gesê het: “Ek wens die sondvloed het al die

huislose mense in die see ingewas.”

Daar is nie ‘n opregte meegevoel nie en ook geen onderskeiding tussen die waarheid en die valsheid

nie, en geen liefde vir die waarheid nie, God se karakter is nie in hulle nie.

OM DIE NAAM VAN DIE HERE YDELLIK TE GEBRUIK.

“ Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie,..” (Eks 20:7)

Die hoof aspek van om die Naam van die Here ydellik te gebruik is wanneer ons in Sy Naam geroep

is maar ons het nie God se karakter nie. Dit is wat met Israel gebeur het toe hulle- hulle tot afgodery

gewend het.

“--elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek

ook gemaak het. Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.” (Jes. 43:7-8)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!