1 “En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word ...

1 “En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word ... 1 “En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word ...

06.09.2013 Views

2 Moses se gebed was dat hy God se heerlikheid kon aanskou maar God het dit nie toegelaat nie en in plaas daarvan het die Here gesê Hy sal Homself deur die woord bekend maak, dit is om die Naam van die HERE uit te roep. Wat het die Here bekend gemaak? Al die goedheid van die Here het voor Moses verbygaan, God se genade en lankmoedigheid is dieselfde twee karaktertrekke van die goeie naam -‘tob’ en ‘Chen’- wat ons in Spreuke 22:1 sien. In Ex.34: 5-7 het God by Moses verby gegaan en die Naam aan hom bekend gemaak. Ex. 34:5-7: “En die HERE het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van die HERE uitgeroep. En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.” Wat hier duidelik bekend gemaak word is God se karakter en net voor dit het Moses die 10 Gebooie ontvang. In die konteks van die wet, op die berg Sinai in die Ou Testament, is YHWH bekend gemaak as ‘n God van lankmoedigheid, genade en barmhartigheid, ‘n God van liefde ens. Diegene wat dink dat die God van die Ou Testament ‘n God van wraak is, in teenstelling met die God van liefde in die Nuwe Testament, is verkeerd. Dit is ‘n Marcion kettery uit die twee eeu. Hy is bly altyd dieselfde God, God se karakter verander nooit. Hy is vol genade en voldoen in oorvloed wat ons nodig het. Hy het medelye met die armes en die wat hulp nodig het. Hy is vol liefde en deernis, Hy vergewe die wat Hom aanroep vir genade. Dit is hoekom die wat die Naam van YHWH (HERE) aanroep gered sal word. Dit is in God se natuur om te doen wat reg is en ons vertroue is dat Hy dit sal doen. God sal die wat hulle voor Hom verneder vergewe, en ons vertrou dat Hy dit sal doen. Maar ons mag God nie versoek nie, God sal die ongehoorsames nie ongestraf laat bly nie. God is altyd ‘n God van reg en geregtigheid en genade. Dit was belangrike nuus vir ‘n volk wat pas teen God gesondig het deur om ‘n goue kalf te maak en te aanbid! ‘n Verborge God of ‘n Goue Kalf? God sou nie Sy gesig, Sy volle heerlikheid vertoon nie, maar God het Moses toegemaak sodat hy nie Sy heerlikheid kon sien en sterf nie, maar God openbaar Sy innerlike heerlikheid, Sy Naam, deur die Woord. Dit was ‘n bekendmaking van Sy karakter. “Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; (Kol. 1:15) “---in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.” (2Kor.4:4) Jesus wat die Woord van God is, het gekom om God se karakter te openbaar. Hy het Sy mag en heerlikheid agtergelaat en in ‘n gestalte van ‘n mens na ons toe gekom. Hy was nie ‘n slaaf nie anders sou dit Sy aardse bediening voorkom het, maar Hy het in die gestalte van ‘n gewone mens gekom. Jesaja 53 beklemtoon die punt. “Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.” (Jes. 53:2)

3 In Jesus se bediening, deur Sy Woord en lering, interaksie met mense op alle sosiale vlakke, gedrag en voorbeelde, en ten einde sy dood en opstanding, sien ons die volle openbaring van God se karakter. Jesus se geregtigheid en absolute erkenning van die Wet word gesien in die Berg Rede. Sy sagmoedigheid is duidelik deur Sy liefdevolle aanvaarding van bekeerde sondaars. Ons sien God se genade toe Hy die Apostels met die Heilige Gees gawes wat hulle nodig gehad het toegerus het. Ons sien God se geregtigheid in die openbaring van die skynheiligheid van die Fariseërs ens. Die Evangelie van die heerlikheid van Christus is die wyse wat God gekies het om Sy Naam aan die wêreld bekend te maak. Toe Israel vir hulle die goue kalf afgode gemaak het- het hulle die uiterlike prag van die afgod aan God toegeskryf terwyl hulle God se karakter totaal ontken het, dit is die kern van afgodery. Mense sal altyd God se waardes, lering en oordele -ens. totaal ignoreer en net Sy uiterlike heerlikheid onthou. Die probleem met sondige mense is, hulle sal altyd die uiterlike heerlikhede begeer, dit is die trots van Satan, hy wil soos God verheerlik word, hy wil homself bo ander wesens verhef en as God verheerlik word, hy het die uiterlike heerlikheid gesien en dit begeer. Die waarheid is, ons is almal skuldig aan dieselfde fatale dwaling. Jy sal nie jou beursie vol geld openlik in ‘n besige straat vertoon nie, net so sal God ook nie Sy Heerlikheid aan diegene openbaar wat dit vir hulleself wil vat nie. “Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil. Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God? terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.” (Ps. 115:1-3) Die nasies in daardie dae het hulle gode geklee in goud en allerhande versierings, of skrik beelde uitgekap uit hout en klip en in hulle tempels vertoon. Maar waar was die God van Israel? Israel se God kon nie gesien word nie, Hy is in die Hemele, die God van Israel het die Tora gegee wat alles bevat wat Israel nodig gehad het om van Hom te weet. Hy sou nie aanbid word soos die gode van die ander nasies nie maar die wederstrewige Israel was nie tevrede met so ‘n openbaring nie. Hulle was gevang deur die lus van die oë, vandag is dit dieselfde. Wêreldse mense soek eer en nie die waarheid nie, geld kan gesien word, groot huise, spog karre en klere en vertoon vang die oog. “Jy het jou Bybel maar ek my sport, my duur lewenstyl en rykdom!” Paulus waarsku ons teen --“slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,”- (Kol.3:5) Japan het baie pragtige tempels maar in Boeddhisme is daar nie morele waardes nie en Boeddhisme kan ook nie deel met die probleem van sonde en dood nie. Niks illustreer dit meer as hulle begrafnis rituele wat blykbaar geen einde het nie. Die priester herhaal woorde wat niemand kan verstaan nie. Maar wat sê hy? Dit maak nie saak nie! As die reukwerk net brand, die kamer opgemaak en die priester in sy tradisionele klere getooi is. Daar is ‘n sensualiteit in dit alles, ’n uiterlike prag wat almal laat ‘goed voel’. Baie min mense gee om wat die Bybel of Boeddhisme leer oor die dood, vir baie is dit genoeg om ‘n beeldryke godsdienstige diens te hê. Terwyl God Sy heerlikheid dikwels kalm op verskillende wyses in die wêreld vertoon, deur om Sy kinders te seën, of deur ‘n wonderwerk, kan ons God nie evalueer op die standaarde van mense nie. Al kan Hy ‘gesien’ word of nie, die waarheid oor God is in oorvloed teenwoordig deur die Woord en die Wet wat met ons harte praat, profesie wat deur die eeue in vervulling gekom het en God se wysheid wat ver bo die denke van mense is. Dinge wat saamgevat word in die Woord.

2

Moses se gebed was dat hy God se heerlikheid kon aanskou maar God het dit nie toegelaat nie en

in plaas daarvan het die Here gesê Hy sal Homself deur die woord bekend maak, dit is om die Naam

van die HERE uit te roep. Wat het die Here bekend gemaak? Al die goedheid van die Here het voor

Moses verbygaan, God se genade en lankmoedigheid is dieselfde twee karaktertrekke van die goeie

naam -‘tob’ en ‘Chen’- wat ons in Spreuke 22:1 sien. In Ex.34: 5-7 het God by Moses verby gegaan

en die Naam aan hom bekend gemaak.

Ex. 34:5-7: “En die HERE het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam

van die HERE uitgeroep. En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE,

barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die

goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar

nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die

kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.”

Wat hier duidelik bekend gemaak word is God se karakter en net voor dit het Moses die 10 Gebooie

ontvang. In die konteks van die wet, op die berg Sinai in die Ou Testament, is YHWH bekend

gemaak as ‘n God van lankmoedigheid, genade en barmhartigheid, ‘n God van liefde ens. Diegene

wat dink dat die God van die Ou Testament ‘n God van wraak is, in teenstelling met die God van

liefde in die Nuwe Testament, is verkeerd. Dit is ‘n Marcion kettery uit die twee eeu. Hy is bly altyd

dieselfde God, God se karakter verander nooit. Hy is vol genade en voldoen in oorvloed wat ons

nodig het.

Hy het medelye met die armes en die wat hulp nodig het. Hy is vol liefde en deernis, Hy vergewe die

wat Hom aanroep vir genade. Dit is hoekom die wat die Naam van YHWH (HERE) aanroep gered

sal word. Dit is in God se natuur om te doen wat reg is en ons vertroue is dat Hy dit sal doen.

God sal die wat hulle voor Hom verneder vergewe, en ons vertrou dat Hy dit sal doen. Maar ons mag

God nie versoek nie, God sal die ongehoorsames nie ongestraf laat bly nie. God is altyd ‘n God van

reg en geregtigheid en genade. Dit was belangrike nuus vir ‘n volk wat pas teen God gesondig het

deur om ‘n goue kalf te maak en te aanbid!

‘n Verborge God of ‘n Goue Kalf?

God sou nie Sy gesig, Sy volle heerlikheid vertoon nie, maar God het Moses toegemaak sodat hy nie

Sy heerlikheid kon sien en sterf nie, maar God openbaar Sy innerlike heerlikheid, Sy Naam, deur die

Woord. Dit was ‘n bekendmaking van Sy karakter.

“Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; (Kol. 1:15)

“---in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie

van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.” (2Kor.4:4)

Jesus wat die Woord van God is, het gekom om God se karakter te openbaar. Hy het Sy mag en

heerlikheid agtergelaat en in ‘n gestalte van ‘n mens na ons toe gekom. Hy was nie ‘n slaaf nie

anders sou dit Sy aardse bediening voorkom het, maar Hy het in die gestalte van ‘n gewone mens

gekom. Jesaja 53 beklemtoon die punt.

“Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë grond. Hy het geen

gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou

begeer nie.” (Jes. 53:2)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!