06.09.2013 Views

9 - Midstream College

9 - Midstream College

9 - Midstream College

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

MIDSTREAM MIDSTREAM COLLEGE

COLLEGE

℡012 661 0590 012 661 2340 college@midrand–estates.co.za

Ashfordstraat 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692 PO Box 8, Posbus 8, Midstream Estates, 1692

1. UIT DIE HOOF SE KANTOOR

OMSENDSKRYWE MSENDSKRYWE 9/20 20 2009 20

Kennis begin met die dien van die Here;

dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.

29 Mei 200 2009 200

Spreuke 1:7 – Die Bybel

Mag ons Hemelse Vader elke leerder in besonder naby wees en seën tydens die komende eksamen. Ek wil beklemtoon

dat die eksamen drie weke duur en dat die laaste week voor die vakansie weer normale skool is. Vraestelle word

behandel en nuwe werk word verduidelik. Die langverwagte wintervakansie begin op Vrydag 26 Junie om 12:00.

Ek hoop om u almal Saterdag by ons laaste wintersportdag teen Hendrik Verwoerd te Midstream te sien en moedig u

aan om die ouers se skaapbraai te ondersteun. Ek wil graag elke leerder, onderwyser en ouer bedank vir die rol wat u

daarin gespeel het om van die wintersportseisoen `n groot sukses te maak. Ons 0/14 netbal– en rugbyspanne het

verlede naweek die Heron Bridge Sportfees bygewoon en hulle was ware ambassadeurs vir Midstream. Die rugbyspan

was dan ook die wenners van die gesogte esprit de corps trofee na hul al drie hul wedstryde gewen het.

Laastens ʼn eksamenmotiveringswoord vir elke leerder uit Spreuke 6:6:

Gaan kyk na die mier, luiaard,

kyk hoe hy werk, en leer by hom.

2. AKADEMIESE AANGELEENTHEDE EN EKSAMENREëLINGS

Neem asseblief kennis van die volgende datums:

• 1–19 Junie Graad 8–12 ekamens

• 15 en 16 Junie Publieke– en skoolvakansiedae (geen eksamens)

• 22–26 Junie Normale akademiese week

• 26 Junie Skool sluit om 12:00 (Tweede termyn rapporte uitgereik)

• 29 Junie–3 Julie Winterskool vir graad 12’s

Tydens die akademiese week van 22–26 Junie sal die volgende reëlings geld:

• Maandag, 22 Junie Dag 3

• Dinsdag, 23 Junie Dag 4

• Woensdag, 24 Junie Dag 5

• Donderdag, 25 Junie Dag 6

• Vrydag, 26 Junie Dag 1

1

3. SPORT

Die sportuitslae is soos volg:

Netbal

Heron Bridge Festival o/14A o/14B

Randpark 8 – 16 6 –11

Trinity House 10 – 6 9 –10

Redhill 8 –10 6 – 10

Sutherland 8–9 9 – 11

Krugersdorp High 10 – 16 4 –20

Hokkie (Dogters) MC teen Montana MC teen Die Wilgers

0/14A 2 – 1 3 – 1

o/15A 0 – 5 1 – 2

o/16A 0 – 2 1 – 3

o/18B 1 – 6 1 – 4

o/18A 1 – 4 0 – 0

Hokkie (Seuns) MC t Garsfontein MC t Waterkloof (2 de /o/15B)

1 ste 1–0 5–0

o/15A 6 –0 7 –0

Rugby

Heron Bridge o/14 Festival Lyttelton Manor / AHS

Krugersdorp High 17 –12 o/15A (Lyttelton Manor) 38 – 0

Rand Park 15 – 7 0/15B (laer Affies–span) 5 – 39

Wits Inv. Team 56 – 0 0/16A (laer Affies–span) 0 – 34

2 de (laer Affies–span) 19 – 5

1 ste (Lyttelton Manor 1) 62 – 0

Tennis

Jnr Seuns Snr Seuns

MC t Affies (C) 29 – 38 MC(A) t PBHS(E) 56 – 11

MC(B) t Garsfontein(B) 7 – 60

Die o/14A rugbyspan het ook op die Heron Bridge o/14 fees die trofee ontvang vir die span met die algehele beste

vertoning . SP van der Merwe, Walner Hill en Terry Matsa is as spelers van die onderskeie wedstryde aangewys.

Christine Verhoef is as speler van die wedstryd by die netbalfees aangewys.

Baie geluk aan Julian Corneels, Jason le Roux, Tiaan du Toit, Lian Rautenbach, Dirk Mostert en PW Smit wat aan die

Pretoria Interskole muurbaltoernooi deelgeneem het en vierde geëindig het.

Geluk aan Catherine Laing wat baie goed gevaar het as sportruiter in die FNB League Finals. Sy het ‘n 4 de plek behaal in

die Novice EquitationTest 4 en ‘n 1 ste plek in die Novice EquitationTest 5. Sy het ook aan die Gauteng Musical Freestyle

deelgeneem en ‘n tweede plek behaal.

Geluk ook aan Sena Mkhwanasi en Xoliswa Mazomba wat in Noord Gauteng hokkiespanne opgeneem is.

4. KULTUUR

ATKV–Debat

Ons juniordebatspan bestaande uit Kobie van Schalkwyk, Anna–Marie Verhoef en SP van der Merwe het Midstream

College by die semi–finaal van die ATKV–debatkompetisie op Vrydag, 15 Mei verteenwoordig. Die span het hul debat

gewen.

2

Toastmasters

Die volgende leerders het die Toastmasterskursus onder leiding van Me Gerrida Rörich suksesvol voltooi het: Neil

Naidoo; Gabi Vilela; Tasneem Nagdee; Kivashna Veerasamy; Miriam van Zyl; Francois Griessel; Rayne–Mari Muir;

Aurial Baloyi; Tshepo Makale; Keneoue Filemon; Christopher Wolmarans; Shamir Rampersad; Aidan Burrows; Engela

van Schalkwyk; Chelsey Turner; Tammy Paul; Mohamed Sulliman; Elcke du Plessis en Regardt Barlow. ‘n Baie

suksesvolle gala–aand is Dinsdag, 26 Mei gehou. Tydens die geleentheid is die volgende toekennings gemaak:

• Best Prepared Speaker – Mohamed Sulliman

• Best Impromptu Speaker – Chelsey Turner

• Most Improved Speaker – Gabi Vilela

Die tweede Toastmaster–kursus vir Jeugleierskap word volgende kwartaal vir die graad 11–leerders aangebied. Die

duur van die kursus is 6 weke en dit word afgesluit met ‘n gala–aand waarna alle ouers en belangrike gaste uitgenooi

word. Die kursus word op Dinsdagaande aangebied en begin op Dinsdag 28 Julie 2009. Tye sal bevestig word sodra

alle deelnemers geregistreer het. Alle belangstellende leerders moet so gou as moontlik by me Rorich gaan registreer

sodat alle dokumentasie voorberei kan word. Die kursus is gratis, maar die koste verbonde aan die gala–aand sal later

deurgegee word.

5. SKOOLDRAG

Alle leerders moet nou wintersdrag dra, en die dra van die baadjie is nou verpligtend – ook gedurende die eksamen.

Slegs die amptelike skoolserp word saam met wintersdrag toegelaat terwyl dit verbode is om musse (beanies) en

komberse te dra.

Wanneer ‘n leerder die geskeduleerde ekstra klasse bywoon of ‘n onderwyser tydens sy spreekure kom spreek, moet

die leerder in skooldrag geklee wees. Leerders wat op die skoolterrein rondhang, sal nie geduld word nie. Ons versoek

u vriendelik om te verseker dat u kind aan die einde van die eksamensessie huis toe gaan en nie nog tyd op die terrein

verwyl nie.

6. BEMARKING & OPEDAG

Die Hoërskool se opedag vind plaas op Woensdag, 5 Augustus 2009. Daar sal besigtigingstoere plaasvind vanaf 16:00

tot 17:30 waarna ‘n inligtingsprogram in die ouditorium aangebied sal word. Ons is tans besig om ons

voedingslaerskole te besoek. Die skool is ook reeds besig om aansoeke van voornemende graad agt leerders te

verwerk. Ons doen ‘n beroep op ons ouers en leerders om die opedag onder die aandag van moontlike

belangstellendes bekend te maak. Enige voornemende leerder kan ons toelatingsekretaresse, me C Rimmer, kontak

by 012–661–0590 of crimmer@midstreamcollege.co.za.

7. VOLGENDE NUUSBRIEF

Die volgende nuusbrief verskyn op 26 Junie 2009. Nuusbriewe sal sover moontlik elke tweede Vrydag per e–pos aan u

gestuur word. Alle omsendskrywes is beskikbaar op ons webwerf by www.midrand–estates.co.za.

3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!