03.09.2013 Views

Voledige gedragskode - HTS John Vorster

Voledige gedragskode - HTS John Vorster

Voledige gedragskode - HTS John Vorster

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL JOHN VORSTER

GEDRAGSKODE 2012

1. ALGEMENE BEGINSELS

1.1 REGSGRONDSLAG

1.1.1 Hierdie gedragskode is opgestel en moet toegepas, uitgevoer en geïnterpreteer

word met verwysing na en deeglike inagneming van en is ondergeskik aan:

1.1.1.1 Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;

1.1.1.2 Toepaslike gemeenregtelike beginsels;

1.1.1.3 Die beginsels van natuurlike geregtigheid en, in besonder:

optrede binne ‘n redelike tyd;

‘n behoorlik geformuleerde uiteensetting van die klag;

die reg op billike beregting;

die reg om jou saak te stel;

die reg om betyds van benadelende feite in kennis gestel te word ten einde

jouself te kan verweer;

die reg om die teenparty se saak aan te hoor, te toets en te betwis;

die reg op prosedurele billikheid;

die reg op redes vir ‘n beslissing of besluit;

die reg op onbevooroordeelde besluitneming;

1.1.1.4 Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet No 84 van 1996) en, in besonder,

artikels 8 en 20(1)(d) wat die statutêre grondslag van hierdie gedragskode

vorm, artikel 10 wat lyfstraf verbied en die omskrywings van relevante woorde

in artikel 1 asook artikels 3, 7, 9, 16A(2)(d) en (e) en 30;

1.1.1.5 Die “School Education Act, 1995 (Gauteng) (Wet No 6 van 1995, Gauteng) en,

in besonder, die omskrywings van relevante woorde in artikel 1 asook artikels

12, 14, 23 en 25;

1.1.1.6 Die Regulasies vir Beheerliggame van Openbare Skole, 1997 (Gauteng),

Algemene Kennisgewing 786 van 1997 soos afgekondig in Provinsiale Koerant

331 van 28 Februarie 1997 soos gewysig deur Algemene Kennisgewing 1457

van 1997 soos afgekondig in Provinsiale Koerant 354 van 3 Mei 1997 en, in

besonder, die omskrywings van relevante woorde in regulasie 1 asook

regulasies 3, 38, 43(5) en (6) en 46(c) en (d);

1.1.1.7 Die Gauteng LUR vir Onderwys se kennisgewing getiteld “Misconduct of

Learners at Public Schools and Disciplinary Proceedings”, Algemene

Kennisgewing 6903 van 2000 (Gauteng) soos afgekondig in Provinsiale

Koerant 144 van 4 Oktober 2000 soos gewysig deur Algemene Kennisgewing

2591 van 2001 (Gauteng) soos afgekondig in Provinsiale Koerant 72 van 9 Mei

2001;

1.1.1.8 Die “Regulations to Prohibit Initiation Practices in Schools “, Goewermentskennisgewing

1589 van 13 Desember 2002 afgekondig in Staatskoerant 24165

van 13 Desember 2002;

1.1.1.9 Die “Regulations for Safety Measures at Public Schools”,

Goewermentskennisgewing 1040 van 12 Oktober 2001 soos afgekondig in

Staatskoerant 22754 van 12 Oktober 2001 en die “Amendment Regulations for

Safety Measures at Public Schools”, Goewermentskennisgewing No R. 1128

1

BYLAAG C

van 10 November 2006 soos afgekondig in Staatskoerant 29376 van 10

November 2006;

1.1.2 Alhoewel bovermelde as gevolg van die omvang daarvan nie as aanhangsels tot

hierdie gedragskode gevoeg word nie, moet dit as deel van hierdie gedragskode

beskou word.

1.2 FILOSOFIESE BEGRONDING

1.2.1 Die Hoër Tegnologiese Skool John Vorster beskou elke leerder as ‘n unieke

individu wat die geleentheid gebied moet word om sy/haar Godgegewe talente in

‘n geordende, veilige en gestruktureerde omgewing te gebruik en te ontwikkel;

1.2.2 Die skool streef daarna om net die beste vir elke leerder te bied;

1.2.3 Leerders behoort sensitief te wees vir die fisiese, emosionele en opvoedkundige

behoeftes van mede-leerders en lede van die personeel;

1.2.4 Hierdie gedragskode is gebaseer op die norme, waardes en beginsels van die

skoolgemeenskap wat insluit maar nie beperk is nie tot -

1.2.4.1 natuurlike geregtigheid;

1.2.4.2 wedersydse respek tussen leerders, ouers en personeel;

1.2.4.3 beklemtoning van die positiewe;

1.2.4.4 eerlikheid;

1.2.4.5 wedersydse begrip;

1.2.4.6 erkenning van individualiteit binne groepsverband;

1.2.4.7 menswaardigheid;

1.2.4.8 stiptelikheid;

1.2.4.9 groeps- en selfdissipline;

1.2.4.10 trots;

1.2.4.11 lojaliteit;

1.2.4.12 die estetiese;

1.2.4.13 bewaringsbewustheid;

1.2.4.14 veiligheid;

1.2.4.15 netheid in voorkoms en gedrag;

1.2.4.16 erkenning;

1.2.4.17 beloning;

1.2.4.18 eerbied vir ander se eiendom en persoon;

1.2.4.19 kollektiewe benutting van en respek vir skoolfasiliteite;

1.2.4.20 eenvormigheid;

1.2.4.21 goeie menseverhoudinge;

1.3 OPVOEDKUNDIGE BENADERING

1.3.1 Die primêre doel van hierdie gedragskode is die neerlegging van reëls en

prosedures om ‘n gedissiplineerde, doelgerigte en veilige omgewing te skep ten

einde kwaliteit onderrig en opvoeding te verseker, te handhaaf en te verbeter;

1.3.2 Dit is nie net die skool se taak en verantwoordelikheid om leerders op te voed en

te dissiplineer nie. Die Beheerliggaam en ouers/voogde vorm saam met die

opvoeders en ander personeel ‘n genootskaplike span wat gesamentlik en

afsonderlik verantwoordelikheid vir die onderrig en opvoeding van die leerders

aanvaar;

2

1.3.3 In die toepassing en uitvoering van hierdie gedragskode sal die klem altyd op

ondersteuning, begrip, remediëring en bevordering van die positiewe geplaas

word;

2 WOORDOMSKRYWINGS

Tensy dit uit die samehang of in konteks anders blyk, beteken:

2.1 Aanklaer: Die hoof of ‘n opvoeder wat deur die hoof aangewys is om in ‘n formele

dissiplinêre verhoor die saak teen die aangeklaagde leerder(s) aan die dissiplinêre

komitee voor te dra.

2.2 Aanmelding/Rapportering: ‘n Relevante aanmelding deur enige persoon

aan die skool verbonde asook enige lid van die gemeenskap.

2.3 Aanranding: Die wederregtelike en opsetlike regstreekse of onregstreekse

toediening van geweld aan die liggaam van ‘n ander persoon en ook ‘n verbale

dreigement teenoor ‘n ander persoon dat onmiddellike liggaamlike geweld aan

hom/haar toegedien sal word in omstandighede waaruit dit blyk dat die persoon

wat die dreigement uiter die opset of vermoë het om daardie dreigement uit te

voer.

2.4 Buitekurrikulêre/Buitemuurse aktiwiteite: Alle opvoedkundige aktiwiteite

wat na normale skoolure op ‘n geordende wyse en onder die toesig van ‘n

opvoeder aangebied word of plaasvind.

2.5 Dag/dae weeksdae uitsluitend Saterdae, Sondae, openbare vakansiedae en

skoolvakansies.

2.6 Dissiplinêre Komitee:Die regsprekende instansie (tribunaal) wat ingevolge

paragraaf 4 van die Gauteng LUR vir Onderwys se kennisgewing getiteld

“Misconduct of Learners at Public Schools and Disciplinary Proceedings”,

Algemene Kennisgewing 6903 van 2000 (Gauteng) soos afgekondig in Provinsiale

Koerant 144 van 4 Oktober 2000 soos gewysig deur Algemene Kennisgewing

2591 van 2001 (Gauteng) soos afgekondig in Provinsiale Koerant 72 van 9 Mei

2001, deur die Beheerliggaam aangewys is om bewerings van wangedrag te

verhoor. Die Dissiplinêre Komitee moet onderskei word van die sub-komitee van

die beheerliggaam wat ingestel is om in die algemeen met sake van ’n dissiplinêre

aard te handel, asook die interne komitee wat deur die skoolbestuur aangestel is

om interne sake m.b.t. dissiplinêre aangeleenthede te hanteer.

2.7 Dissiplinêre maatreëls: Die strawwe of korrektiewe maatreëls soos in paragraaf

7 hieronder uiteengesit wat vir ‘n bepaalde oortreding opgelê kan word en ook

enige ander maatreël of optrede wat daarop gemik is om afwykende of

onaanvaarbare gedrag van leerders aan te spreek.

2.8 Dissiplinêre verhoor: Die formele beregting van ernstige wangedrag deur ‘n

dissiplinêre komitee ingevolge die prosedure soos voorgeskryf in die Gauteng LUR

vir Onderwys se kennisgewing getiteld “Misconduct of Learners at Public Schools

and Disciplinary Proceedings”, Algemene Kennisgewing 6903 van 2000 (Gauteng)

soos afgekondig in Provinsiale Koerant 144 van 4 Oktober 2000 soos gewysig

deur Algemene Kennisgewing 2591 van 2001 (Gauteng) soos afgekondig in

Provinsiale Koerant 72 van 9 Mei 2001.

2.9 Dwelmmiddel: Enige onwettige of ongemagtigde middel met ‘n

afhanklikheidsvormende, narkotiese, bedwelmende, sielkundige of fisiologiese

uitwerking.

3

2.10 Gevaarlike middel/stof: Enige middel of stof anders as ‘n dwelmmiddel wat

ingeneem of gebruik word en wat ‘n nadelige of skadelike sielkundige, mediese of

fisiologiese uitwerking of reaksie veroorsaak of kan veroorsaak en ook enige

stimulant, opkikker of anaboliese steroïed wat deur die beheerliggame van die

onderskeie sportkodes wat as buitekurrikulêre aktiwiteite by die skool aangebied

word, verbied word.

2.11 Gevaarlike voorwerp: Enige –

2.11.1 springstof, plofbare materiaal of ontplofbare toestel;

2.11.2 vuurwapen of gaswapen;

artikel, voorwerp of instrument wat gebruik kan word om ‘n persoon te beseer

(liggaamlike leed aan te doen), tydelik te verlam of bewusteloos te laat of wat

skade aan eiendom kan verrig; of

2.11.3 voorwerp wat die Minister by kennisgewing in die Staatskoerant tot gevaarlike

voorwerp verklaar.

2.12 Gevaarlike wapen: Enige voorwerp wat waarskynlik ernstige liggaamlike besering

of letsel sal veroorsaak indien dit gebruik sou word om ‘n aanranding te pleeg.

2.13 Inisiasiepraktyk: Enige handeling wat, met die oog op inlywing by, toelating tot,

aansluiting by of as voorwaarde vir voortgesette lidmaatskap by die skool, van ‘n

groep, sportspan of organisasie of met die oog op deelname aan binne- of

buitemuurse aktiwiteite –

2.13.1 die geestelike of fisiese gesondheid of veiligheid van ‘n persoon in gevaar stel;

2.13.2 beoog om die menswaardigheid van ander te misken deur sommige persone as

ondergeskik aan ander te stel;

2.13.3 individue aan vernederende of gewelddadige handelinge wat hulle grondwetlike

reg op menswaardigheid benadeel, onderwerp.

2.14 Intimidasie/Intimideer: Enige handeling van ‘n persoon wat opsetlik daarop gerig

is om ‘n ander persoon deur middel van:

2.14.1 die toediening van geweld, besering of skade aan daardie persoon of ‘n ander

persoon; of

2.14.2 dreigemente om daardie persoon of ‘n ander persoon te dood, aan te rand, te

beseer of skade aan te rig, te dwing of te oorreed om iets te doen of na te laat om

iets te doen of om ‘n bepaalde standpunt in te neem.

2.15 Jeugleidingkantoor: Die Jeugleidingkantoor is die verlengstuk van die

hoof se kantoor asook van die Beheerliggaam se Dissiplinêre Komitee

m.b.t. dissiplinêre aangeleenthede asook die berading van leerders t.o.v.

hul aanleg, pligsversuim, gedrag, maatskaplike, sosiaal-maatskaplike,

emosionele, sosiale, ens.- probleme. Dit is die lokaal waarvandaan daar

met leerders van die skool en hulle ouers in verband met bogenoemde

probleme kontak gemaak word en dienooreenkomstig opgetree word.

Ouers word by die prosesse betrek d.m.v. aanmeldingsverslae,

afwesigheidsverslae, vorderingsverslae, ouerberading, onderhoude ens.

Dié lokaal is altyd vir ouers, personeel en leerders toeganklik.

2.16 JV-paspoort: Die JV-paspoort is ‘n proforma, geskoei op die dagrooster en

bedoel vir enige sewedagsiklus, waarop opvoeders geleentheid kry om

kommentaar te lewer, tydens elke periode, t.o.v. pligsversuim en

wangedrag t.o.v. die spesifieke leerder wat dié pas dra. Die bedoeling met

hierdie pas is om die leerders sensitief te maak t.o.v hulle optrede in

onderriglokale teenoor personeel en mede-klasmaats.

4

2.17 Kul/Oneerlik: met betrekking tot toetse, eksamen en assessering ook afkyk,

afskryf of andersins oneerlik wees of met ‘n selfoon betrokke te wees tydens die

aflê van toetse, eksamens of enige vorm van assessering .

2.18 Laster: Die onregmatige, opsetlike -

2.18.1 publikasie of uitspreek van woorde aangaande,

2.18.2 of gedrag teenoor ‘n ander persoon waardeur sy/haar goeie naam, reputasie of

aansien in die gemeenskap gekrenk of aangetas word.

2.19 Leerder: Enige persoon wat onderwys ontvang of wat verplig is om onderwys te

ontvang en wat amptelik by die skool ingeskryf is.

2.20 Onsportiewe gedrag: Om tydens voorbereiding vir of deelname, op of van die

sportveld/sportgronde, aan ‘n buitekurrikulêre aktiwiteit ‘n handeling te verrig of na

te laat om iets te doen wat teenstrydig is met die reëls en gees van die betrokke

aktiwiteit wat insluit maar nie beperk is nie tot –

2.20.1 vuil en/of ongeoorloofde spel of taktiek;

2.20.2 beledigende of kwetsende opmerkings teenoor opponente of

skeidsregters/lynregters/beamptes/beoordelaars of enige ander betrokkene.

2.20.3 miskenning van die gesag en/of kritiek uitspreek op die beslissings van afrigters,

skeidsregters, beamptes of beoordelaars of enige persoon in ‘n gesagsposisie

2.20.4 verkryging van ‘n onregverdige voordeel (wedstrydknoeiery);

2.20.5 herhaaldelike begaan van professionele foute;

2.20.6 verspreiding of gebruik van stimulante, opkikkers, anaboliese steroïde of ander

gevaarlike middels.

2.21 Ontgroening: Sien Inisiasiepraktyk hierbo

2.22 Opkikker: Enige stof of middel wat ingeneem word ten einde prestasie te verhoog.

2.23 Opvoeder: Die hoof en enige ander persoon, in ‘n opvoedkundige gesag, met

uitsondering van ‘n persoon wat aangestel is om uitsluitlik buite-kurrikulêre

werksaamhede te verrig, wat ander persone leer, onderrig, opvoed of oplei of wat

professionele opvoedkundige dienste, met inbegrip van professionele terapie en

opvoedkundige sielkundige dienste by die skool lewer.

2.24 Ouer/voog: Die persoon wat wetlik geregtig is op die toesig oor ‘n leerder, die

persoon met wettige aanspraak op sorg vir ‘n leerder, die persoon wat gewoonlik

die sorg en beheer oor ‘n leerder het of die persoon wat onderneem om as

ouer/voog op te tree of die leerder te versorg.

2.25 Personeel/personeellid: ‘n Persoon wat by die skool in diens is.

2.26 Pornografiese materiaal: Enige beeld, ongeag hoe dit geskep is, of enige

beskrywing of aanbieding van ‘n persoon, werklik of nageboots, van ‘n eksplisiete

seksuele aard.

2.27 Psigiese leed: Teistering, verkleinering, belediging, bespotting, uitskellery of

ander vernederende optrede ten einde ‘n ander persoon emosioneel of sielkundig

leed aan te doen.

2.28 Skeurstrokie: Die strokies wat aan ‘n oueromsendbrief of enige amptelike

inligtingstuk verskyn, wat deur die skoolbestuur uitgestuur word. Daar word

van die leerders verwag om dié skeurstrokies, nadat die ouers dit ontvang

en voltooi het, aan die betrokke voogonderwyser terug te besorg.

2.29 Skool: Die Hoër Tegnologiese Skool John Vorster, Meyerstraat 1072, Rietfontein,

Pretoria of enige ander sekondêre opvoedkundige instelling.

5

2.30 Skoolaktiwiteit: Enige amptelike opvoedkundige, kulturele, sport, ontspannings-of

sosiale aktiwiteit van die skool, ongeag of dit op of buite die skoolterrein aangebied

word of plaasvind.

2.31 Skoolbestuur: Die hoof, adjunkhoofde, departementshoofde en ander opvoeders

wat gesamentlik en afsonderlik vir die professionele bestuur van die skool onder

gesag van die Departementshoof van die Gauteng Departement van Onderwys

onderneem word.

2.32 Skooldag: Weeksdae uitsluitend Saterdae, Sondae, openbare vakansiedae en

skoolvakansies. Nege periodes per dag. Sommige Vrydae kan van die klasse tien

periodes klas hê. Minimum van 6 ure per dag.

2.33 Skoolperseel/Skoolterrein: Enige gebou, struktuur, saal, kamer, kantoor, klas,

sentrum, grond, gerief of omheinde plek wat onder die beheer van die Gauteng

Departement van Onderwys, Beheerliggaam en Skoolbestuur val.

2.34 Skorsing: Dat ‘n leerder, tydelik, vir die duur van sodanige skorsing -

2.34.1 nie geregtig is om ‘n klas of klasse by die skool by te woon nie;

2.34.2 nie geregtig is om enige posisie te beklee of pligte of funksies uit te oefen wat met

die beheer en bestuur van die skool verband hou nie;

2.34.3 nie geregtig is om aan enige buitemuurse aktiwiteite van die skool deel te neem

nie.

2.35 Stimulant: Enige stof of middel wat ingeneem word ten einde prestasie te

verhoog.

2.36 Tegnologiese sentrum: Sentrum waar Tegnologiese Opvoeding en Opleiding,

wat praktiese sowel as teoretiese werk insluit, plaasvind.

2.37 Toesig: Die bestuur en beheer van leerders tydens onderrig en enige ander

skoolaktiwiteite.

2.38 Tugstappe sien Dissiplinêre maatreëls: Hierbo.

2.39 Uitsetting: Die permanente uitsetting van ‘n leerder uit die skool deur die

Departementshoof van die Gauteng Departement van Onderwys op aanbeveling

van die beheerliggaam na skuldigbevinding aan ernstige wangedrag tydens

dissiplinêre verrigtinge/verhore.

2.40 Vandalisme: Die kwaadwillige en vernielsugtige beskadiging of vernietiging van ‘n

ander persoon of die skool se eiendom.

2.41 Verbale vernedering sien Psigiese leed: Hierbo.

2.42 Verteenwoordigende Leerderraad: Die liggaam wat behoorlik saamgestel is uit

leerders ooreenkomstig die toepaslike bepalings van die GDO.

2.43 Wangedrag: Afwykende gedrag, gepleeg deur ‘n leerder wat die volgende insluit:

2.43.1 wangedrag wat op die skoolterrein gepleeg is, hetsy tydens of na skoolure;

2.43.2 wangedrag wat tydens enige skoolaktiwiteit gepleeg is ongeag die feit dat dit op

of buite die skoolterrein of tydens of na skoolure gepleeg is; en

2.43.3 enige optrede van ‘n leerder, hetsy geklee in skooldrag of nie, gepleeg op die

skoolterrein of daarbuite wat –

2.43.3.1 die skool se naam in onguns bring en buite die etos van die skool val;

2.43.3.2 met die beheer, uitoefening van gesag en behoorlike bestuur van die skool

. inmeng;

2.43.3.3 met die omstandighede wat noodsaaklik is vir die ordelike en normale verloop

van enige skoolaktiwiteit inmeng;

2.43.3.4 deur hierdie gedragskode verbied word.

6

3 SPESIFIEKE REGTE, VERPLIGTINGE, AANVAARDINGS EN ONDERNEMINGS

3.1 REGTE EN VERPLIGTINGE

3.1.1 Elke leerder het die reg om ongesteurd, kwaliteit, onderrig te ontvang en om aan

buitekurrikulêre aktiwiteite deel te neem;

3.1.2 Ander leerders kan op dieselfde regte aanspraak maak en daarom het elke leerder

die verpligting om toe te sien dat mede-leerders se reg op kwaliteit onderrig en

deelname aan buitekurrikulêre aktiwiteite beskerm word;

3.1.3 Die volgende basiese regte van leerders word erken

3.1.3.1 Leerders moet besef en erken dat hulle nie op regte kan aanspraak maak sonder

om te aanvaar dat hulle ook pligte en verantwoordelikhede het nie. Daarom is

hulle, as teenkant van bogenoemde regte, daartoe verplig om (hierdie lys moet

eweneens nie as volledig of geslote beskou word nie):

3.1.3.2 respek aan mede-leerders en personeel te betoon;

3.1.3.3 die sekuriteitsmaatreëls by die skool na te kom en hulle samewerking ten opsigte

hiervan te gee;

3.1.3.4 ander se geloofs- en ander oortuigings te respekteer;

3.1.3.5 te luister na die opinies van ander en dit te respekteer;

3.1.3.6 ander se eiendom te respekteer en dit nie te beskadig of te steel nie;

3.1.3.7 die skool se eiendom en fasiliteite op te pas;

3.1.3.8 die skoolterrein skoon te hou, nie te beskadig nie, te respekteer of toe te laat dat

dit deur ander bemors of beskadig word of besteel word nie;

3.1.3.9 toe te sien dat alle huiswerkopdragte en projekte stiptelik en akkuraat afgehandel

word;

3.1.3.10 betyds by klasse aan te meld;

3.1.3.11 personeel en hulle klaskamers te respekteer;

3.1.3.12 die skoolreëls te gehoorsaam;

3.1.3.13 skoon en netjies te wees;

3.1.3.14 hulleself en mede-leerders te weerhou van en te beskerm teen die gebruik van

alkohol, dwelmmiddels, opkikkers en ander gevaarlike middels of stowwe;

3.1.3.15 nie te rook nie – ook nie “hubbly bubbly”, ens.

3.1.3.16 nie gevaarlike voorwerpe te besit nie;

3.1.3.17 hulle samewerking aan opvoeders te gee;

3.1.3.18 met respek teenoor opvoeders, ander personeel en gaste van die skool op te

tree;

3.1.4 Volgehoue en deurlopende goeie gedrag is ‘n onontbeerlike voorvereiste wanneer

leerders vir leiersposisies (verteenwoordigende raad van leerders, klasleiers,

kapteins van sportspanne ens) en vir die toekenning van pryse en erekleure

oorweeg word;

3.1.5 Die GDO, Beheerliggaam, hoof, skoolbestuur, opvoeders, lede van die verteenwoordigende

raad van leerders en klasleiers is verplig om tot die redelike

uitoefening van gesag en die handhawing van dissipline toe te sien;

3.2 AANVAARDINGS

3.2.2 Ouers/Voogde en leerders aanvaar gesamentlik en afsonderlik dat hierdie

gedragskode ‘n pro-aktiewe poging van die Beheerliggaam en die Skoolbestuur is

om ’n gesonde opvoedingsmilieu vanuit ‘n bepaalde etos daar te stel;

3.2.3 Ouers/Voogde en leerders erken en aanvaar gesamentlik en afsonderlik dat die

Beheerliggaam, hoof, skoolbestuur, opvoeders, lede van die verteenwoordigende

7

aad van leerders en klasleiers tot die redelike uitoefening van gesag en die

handhawing van dissipline verplig is;

3.3 ONDERNEMINGS

3.3.2 Ouers/Voogde onderneem om by die opvoeding en onderrig van hulle kinders wat

leerders by die skool is, betrokke te raak, deel te neem aan alle dissiplinêre

maatreëls wat nodig mag wees en behulpsaam te wees met die uitbou van die

skool en die skool se etos.

3.3.3 Leerders onderneem om hulle aan hierdie gedragskode te onderwerp;

3.3.4 Leerders onderneem om gereeld en pligsgetrou die skool by te woon en hulle nie

aan ‘n patroon van pligsversuim skuldig te maak nie;

3.3.5 Leerders onderneem om enige probleem wat hulle met ‘n klasleier, lid van die

verteenwoordigende leerderraad, opvoeder of ‘n ander personeellid het, met die

hoof of ‘n adjunkhoof te bespreek en nie die gereg in eie hande sal neem nie.

4. TOEPASSING

4.1 ALGEMEEN

4.1.2 Inskrywing by die skool as leerder stel outomatiese onderwerping aan hierdie

gedragskode daar;

4.1.3 Die gedragskode is van toepassing en afdwingbaar op alle ingeskrewe leerders

van die skool ongeag die feit dat hy/sy:

4.1.3.1 Die meerderjarigheidsouderdom van agtien (18) jaar bereik het;

4.1.3.2 Nie formeel die gedragskode onderteken het nie;

4.1.4 Hierdie gedragskode is van toepassing op en sal afgedwing word teen leerders

tydens alle skoolaktiwiteite;

4.1.5 Enige dissiplinêre - of tugstappe wat teen ‘n leerder geneem word, moet

opvoedkundig, korrektief en regverdig van aard wees;

4.1.6 Die feit dat ‘n handeling (positiewe daad of late) van ‘n leerder tydens enige

skoolaktiwiteit ook die grondslag van strafregtelike of sivielregtelike verrigtinge

mag vorm, sal nie enige optrede ingevolge hierdie gedragskode stuit nie. Insgelyks

sal beoogde of hangende dissiplinêre optrede van ‘n sportliggaam teen ‘n leerder

ook nie enige optrede ingevolge hierdie gedragskode teen daardie leerder stuit

nie;

4.1.7 Sover moontlik moet gelyksoortige oortredings wat in vergelykbare omstandighede

begaan is, ooreenstemmend behandel word. Die doel is eenvormige, regverdige,

billike en konsekwente toepassing van die gedragskode;

4.1.8 Alle oortredings sal aangeteken word;

4.1.9 Behalwe waar ‘n leerder na afloop van ‘n formele dissiplinêre verhoor skuldig

bevind is, sal sy/haar rekord van oortredings of aanmeldings aan die einde van die

betrokke skooljaar verval en nie van een skooljaar na die volgende oorgedra word

nie. Elke leerder begin dus elke nuwe skooljaar met ‘n skoon rekord asook 300

positiewe JV-punte;

4.1.10 Individuele opvoeders is primêr vir die uitoefening van gesag en die handhawing

van dissipline in sy/haar onderriglokaal verantwoordelik en bepaal, met

inagneming van hierdie kode, die wyse waarop dit sal geskied.

8

4.2 PERSONE VERANTWOORDELIK VIR DISSIPLINêRE EN AANVERWANTE

AANGELEENTHEDE

4.2.1 Die jeugleidingkantoor is vir die praktiese toepassing van hierdie gedragskode

verantwoordelik;

4.2.2 Die volgende ampsbekleërs word belas met die toepassing en uitvoering van die

kode:

4.2.2.1 Die hoof;

4.2.2.2 Die senior adjunkhoofde;

4.2.2.3 Departementshoof Opvoedkundige leiding

4.2.2.4 Die personeellid verantwoordelik vir jeugleiding;

4.2.2.5 Die personeellid verantwoordelik vir die hantering van leerders met spesifieke

behoeftes;

4.2.2.6 Die adjunkhoofde;

4.2.2.7 Departementshoofde;

4.2.2.8 Graadhoofde;

4.2.2.9 Hulpgraadhoofde;

4.2.2.10 Klasvoogde;

4.2.2.11 Opvoeders (vakpersoneel);

4.2.2.12 Verteenwoordigende Leerderraad ;

4.2.2.13 Die sub-komitee van die Beheerliggaam belas met dissiplinêre aangeleenthede;

4.2.2.14 Die Beheerliggaam;

4.2.2.15 Distrikkantoor van die Gauteng Onderwysdepartement se departementshoof;

4.2.2.16 Gauteng Onderwysdepartement;

4.3 VOLLEDIGHEID

4.3.1 Dit is ‘n onbegonne taak om ‘n allesomvattende stel reëls te boekstaaf. Hierdie

gedragskode en, in besonder, die skoolreëls (5 hieronder), oortredings

(6 hieronder), dissiplinêre maatreëls en strafbepalings (7 hieronder) en

proseduremaatreëls (8 hieronder) moet derhalwe nie as volledig en finaal beskou

word nie. Die gedragskode sal daarom periodiek aan hersiening en wysiging

onderworpe wees (sien 10 hieronder).

4.4 INTERPRETASIE

4.4.1 Hierdie gedragskode moet uitgelê word met verwysing na en deeglike inagneming

van die regsbronne waarna in paragraaf 1.1 hierbo verwys word.

4.4.2 In gevalle waar daar twyfel oor die uitleg van ‘n bepaling in hierdie kode bestaan,

moet die doeldienende uitlegmetode gevolg word.

5 SKOOLREËLS

5.1 ALGEMENE GEDRAG EN VERBODE OPTREDE

5.1.1 Leerders moet te alle tye ‘n toestemmingskaart dra indien hulle tydens

klasperiodes buite die klaskamers rondbeweeg;

5.1.2 Leerders mag nie in die klasse eet of drink nie;

5.1.3 Leerders mag nie op die skoolterrein of in die klasse kougom kou of kougom op

skooleiendom plak nie;

5.1.4 Leerders mag slegs met die toestemming van die betrokke onderwyser die

kleedkamers gedurende klasperiodes besoek;

5.1.5 Leerders mag nie tydens klaswisseling die kleedkamers besoek nie;

9

5.1.6 Leerders mag nie tydens klaswisseling of gedurende klasperiodes die snoepwinkel

besoek nie;

5.1.7 Geen leerder word voor skool, gedurende pouses of na skool in ‘n klaskamer of

tegnologiese sentrum toegelaat sonder die toesig van ‘n personeellid nie;

5.1.8 Geen fisiese kontak tussen seuns en dogters word op die skoolterrein of enige

ander plek, wanneer in skooldrag geklee, toegelaat nie;

5.1.9 Geen goedere mag gedurende skooltyd buite die hekke, by die hekke of op die

skoolterrein verkoop of aangekoop word nie (behalwe by die snoepwinkel);

5.1.10 Geen CD-spelers, kassetspelers, elektroniese speletjies of ander elektroniese

toerusting (uitgesonder selfone) mag sonder vooraf toestemming van ‘n

personeellid skool toe gebring word nie.

5.2 SELFONE

5.2.1 Leerders mag selfone skool toe bring;

5.2.2 Gedurende skoolure moet selfone afgeskakel wees en mag geen leerder sonder

die uitdruklike toestemming van ‘n opvoeder ‘n selfoon gebruik, hanteer of met

enige liggaamsdeel aan ‘n selfoon raak nie;

5.2.3 Geen leerder mag gedurende skoolure enige oproep, SMS, EMS, MMS, e-pos of

soortgelyke kommunikasie aan ‘n opvoeder maak, stuur of rig nie;

5.2.4 Geen leerder mag buite skoolure enige oproep, SMS, EMS, MMS, e-pos of

soortgelyke kommunikasie wat nie met skoolwerksaamhede verband hou nie of vir

die ontvanger daarvan verwerplik is of mag wees, aan ‘n opvoeder maak, stuur of

rig nie;

5.2.5 Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlies van of skade aan ‘n selfoon

nie;

5.2.6 Geen selfoon mag in ‘n leerder se besit tydens toetse en eksamens wees nie.

5.3 FIETSE, MOTORFIETSE EN MOTORS

5.3.1 Fietse, motorfietse of motors word op eie risiko geberg/geparkeer en leerders

en/of hulle ouers/voogde vrywaar die skool teen enige verlies of skade wat op

enige wyse aan sodanige voertuig aangerig mag word;

5.3.2 Fietse moet in die fietsloods geberg word;

5.3.3 Leerders wat by die boonste hek in- en uitbeweeg mag met hulle fietse tot by of

vanaf die fietsloods ry;

5.3.4 Leerders wat van die onderste hekke gebruik maak moet hulle fietse na en van die

hek tot by of vanaf die fietsloods stoot;

5.3.5 Geen leerder sonder ‘n geldige leerlinglisensie (slegs motorfietse) of rybewys en ‘n

parkeer-permit, uitgereik deur die verantwoordelike personeellid, sal toegelaat

word om met ‘n motorfiets of motor die skoolterrein binne te kom nie;

5.3.6 Leerders met motorfietse en motors mag die skoolterrein slegs deur die boonste

hek binnekom of verlaat;

5.3.7 Motorfietse mag slegs in die fietsloods geparkeer word;

5.3.8 Geen leerder sonder ‘n geldige rybewys en ‘n parkeerpermit, uitgereik deur die

verantwoordelike personeellid, sal met ‘n motor op die skoolterrein toegelaat word

nie. ‘n Leerlinglisensie is nie voldoende of aanvaarbaar nie;

5.3.9 Leerders met motors mag die skoolterrein slegs deur die boonste hek binnekom of

verlaat;

5.3.10 Motors mag slegs op die toegelate terrein parkeer word;

10

5.3.11 Voetgangers sal te alle tye bewegingsvoorkeur bo fietse, motorfietse en motors

geniet;

5.3.12 Leerders wat fietse, motorfietse of motors bestuur of hanteer moet te alle tye

toegangs-, parkeer-, pad- en verkeersreëls gehoorsaam en nakom;

5.3.13 Die Beheerliggaam en die skoolbestuur aanvaar geen verantwoordelikheid vir

enige verlies of skade aangerig aan enige toerusting van ‘n leerder of ouer van die

skool nie.

5.4 SKOOLDRAG EN VOORKOMS

5.4.1 Die skool het sy eie geregistreerde skooldrag vir leerders.

5.4.2 Skooldrag is verkrygbaar by Totiusdal Handelshuis;

5.4.3 Die voorgeskrewe skooldrag moet gedurende skoolure en tydens voorgeskrewe

buitemuurse aktiwiteite gedra word;

5.4.4 Tydens die eerste en vierde kwartaal dra leerders somersdrag;

5.4.5 Tydens die tweede en derde kwartaal dra leerders wintersdrag;

5.4.6 Vanaf 2010 is die dra van skoolbaadjies verpligtend vir alle graad 8-leerders.

Hierdie reël sal oor die volgende vyf jaar by alle grade ingefaseer word;

5.4.7 Die skoolsweetpak word slegs as sportdrag benut;

5.4.8 Alle leerders moet tydens praktiese periodes koningsblou een- of

tweestukoorpakke met lang moue in die tegnologiese sentra dra (sien 5.9

hieronder);

5.4.9 Die skoolbestuur mag van tyd tot tyd voorregte wat in die algemeen vir alle

leerders sal geld, goedkeur.

5.5 Skooldrag vir seuns

5.5.1 Grys kort- of langbroek;

5.5.2 Wit kort- of langmouhemp. Indien ‘n leerder ‘n langmouhemp dra, moet hy/sy ‘n

das daarby dra.

5.5.3 Grys skoolkouse;

5.5.4 Swart leer skoolskoene;

5.5.5 Skoolbaadjie;

5.5.6 Skooltrui;

5.5.7 Das;

5.5.8 Skoolserp;

5.5.9 Swart gordel by langbroek;

5.6 Skooldragreëls vir seuns

5.6.1 Somersdrag (eerste en vierde kwartaal):

5.6.1.1 Grys kort- of langbroek en kortmouhemp;

5.6.1.2 ‘n Das is nie verpligtend nie;

5.6.1.3 Indien dit koud is, word ‘n skoolbaadjie en das gedra;

5.6.1.4 Geen skoolserp mag gedra word nie;

5.6.1.5 Vrydae tydens die somermaande mag JV-drag gedra word. Geen plakkies is

toelaatbaar nie;

5.6.2 JV-drag bestaan uit die volgende:

5.6.2.1 JV-hemp (gholfhemp)

5.6.2.2 JV-Kortbroek

11

5.6.2.3 JV-sokkies (kort kouse) Draftekkies van enige kleur wat behoorlik met veters,

velcro of ‘n ritssluiter vasgemaak kan word. Indien die draftekkie van veters

voorsien is, moet die kleur van die veters die oorwegende kleur van

dié tekkies wees.

5.6.3 Wintersdrag (tweede en derde kwartaal):

5.6.3.1 Grys kort- of langbroek en wit langmouhemp;

5.6.3.2 ‘n Das is verpligtend;

5.6.3.3 ‘n Skoolbaadjie mag gedra word;

5.6.3.4 ‘n Skooltrui mag onder die skoolbaadjie gedra word;

5.6.3.5 ‘n Skoolserp mag gedra word;

5.6.3.6 Geen JV-drag mag op Vrydae, tydens die wintermaande, gedra word nie;

5.6.4 Indien ‘n langmouhemp of kort- of langmouhemp saam met ‘n baadjie gedra

word, moet ‘n das ook gedra word;

5.6.5 ‘n Langmouhemp se moue mag nie opgerol word nie;

5.6.6 Wit T-hemde, sonder motiewe op, mag onder die skoolhemp gedra word mits

dit nie sigbaar is nie. Geen gekleurde T-hemp of T-hemp met motiewe mag

onder die skoolhemp gedra word nie;

5.6.7 Geen stewels of opgeboude skoene mag gedra word nie;

5.6.8 Skoene moet skoon wees;

5.6.9 Geen sweetpakbaadjies, ander baadjies, “windbreakers” of truie as die

geregistreerde items mag gedra word nie;

5.6.10 Langbroeke mag nie nouer afgewerk word nie;

5.6.11 Hemde moet te alle tye netjies by die broek ingesteek wees. Dit mag nie bo-oor

die broek gedra of omgevou word nie;

5.6.12 Wanneer ‘n langbroek gedra word, is die dra van ‘n swart gordel, met ‘n

gemiddelde grootte gespe, verpligtend.

5.7 Voorkomsreëls vir seuns

5.7.1 Hare moet skoon en netjies wees, geleidelik korter van bo na onder gesny;

5.7.2 Geen lang kuiwe, “steps”, “undercuts” of vaste golwing (“perms”) word toegelaat

nie;

5.7.3 Hare mag nie gekleur word nie;

5.7.4 Hare mag matig gejel word;

5.7.5 Waar van toepassing moet seuns elke dag skeer;

5.7.6 Wangbaarde mag nie onder die middel van die oor groei nie;

5.7.7 Geen oorkrabbers of –ringe word toegelaat nie;

5.7.8 Kettings, hangertjies of armbande mag slegs met toestemming van ‘n lid van die

skoolbestuur gedra word.

5.8 Skooldrag vir dogters

5.8.1 Donkerblou romp of langbroek;

5.8.2 Wit bloes of langmouhemp;

5.8.3 Wit sokkies, grys skoolkouse of donkerblou broekiekouse;

5.8.4 Swart skoolskoene (enkelband- of toerygtipe);

5.8.5 Skoolbaadjie;

5.8.6 Skooltrui;

5.8.7 Das;

5.8.8 Skoolserp.

12

5.9 Skooldragreëls vir dogters

5.9.1 Somersdrag (eerste en vierde kwartaal)

5.9.1.1 Donkerblou romp of langbroek en wit bloes;

5.9.1.2 ‘n Das is nie verpligtend nie;

5.9.1.3 Indien dit koud is, word ‘n skoolbaadjie, langmouhemp en das gedra;

5.9.1.4 Geen skoolserp mag gedra word nie;

5.9.1.5 Vrydae, slegs tydens die somermaande, mag JV-drag gedra word;

5.9.2 Wintersdrag (tweede en derde kwartaal)

5.9.2.1 Donkerblou romp of langbroek en wit langmouhemp;

5.9.2.2 ‘n Das is verpligtend;

5.9.2.3 ‘n Skoolbaadjie mag gedra word;

5.9.2.4 ‘n Skooltrui mag onder die skoolbaadjie gedra word;

5.9.2.5 ‘n Skoolserp mag gedra word;

5.9.2.6 Geen JV-drag mag op Vrydae, tydens die wintermaande, gedra word nie;

5.9.3 Rompe mag nie meer as vier vingers bokant die knie vanaf die grond wees

wanneer die dogter kniel nie;

5.9.4 Indien ‘n langmouhemp of langmouhemp saam met ‘n baadjie gedra word, moet

‘n das ook gedra word;

5.9.5 Geen sweetpakbaadjies, ander baadjies, “windbreakers” of truie as die

geregistreerde items mag gedra word nie;

5.9.6 Slegs wit T-hemde of wit “spagetti” toppies sonder geskrif of motiewe mag onder

die bloes of skoolhemp gedra word;

5.9.7 Geen wit of swart kouse mag by die donkerblou langbroek gedra word nie;

5.9.8 Wit sokkies moet omgevou wees wanneer dit by ‘n romp gedra word;

5.9.9 Hemde of bloese moet te alle tye netjies by die romp of langbroek ingesteek

wees.

5.9.10 Dit mag nie bo-oor die romp of langbroek gedra of omgevou word nie;

5.9.11 Slegs donkerblou (navy) broekiekouse mag by ‘n romp gedra word;

5.9.12 Slegs swart skoolskoene met ‘n enkelband of wat met veters of “velcro”

vasgemaak word, mag gedra word;

5.9.13 Skoene moet skoon wees.

5.10 Voorkomsreëls vir dogters

5.10.1 Hare moet skoon en netjies wees;

5.10.2 Hare wat aan die kraag raak of langer is, moet vasgebind word deur middel van

wit, donkerblou of bruin standaard haarlinte, bolletjies of knippies;

5.10.3 Effekleurige wit, donkerblou of bruin kopbande (“alice bands”) mag gedra word;

5.10.4 Geen hare of kuiwe mag los langs die gesig hang nie;

5.10.5 Lang kuiwe en vreemde haarstyle is verbode;

5.10.6 Hare mag onder geen omstandighede gekleur word nie;

5.10.7 Naels moet skoon en kort gehou word. Naels mag nie langer as 2 mm wees nie;

5.10.8 Slegs kleurlose naellak mag gedra word;

5.10.9 Geen ooggrimering, lipstiffie of onderlaag mag gedra word nie;

5.10.10 Slegs een goue, silwer of diamant standaard oorknopie (“stud”) of oorring met ‘n

deursnee van 15 mm of minder in elke oor word toegelaat;

5.10.11 As gevolg van wetgewing met betrekking tot veiligheid in die tegnologiese

sentra, mag geen ringe gedra word nie;

13

5.10.12 Kettings, hangertjies of armbande mag slegs met toestemming van ‘n lid van die

skoolbestuur gedra word;

5.10.13 Geen borsspelde of balkies wat nie met die skool verband hou, mag gedra word

nie;

5.11 Sportdrag

5.11.1 Vir elke sportsoort is daar voorgeskrewe drag wat by die verskaffers verkry kan

word;

5.11.2 Die skoolsweetpak word slegs as sportdrag benut.

5.12 SKOOLURE, SKOOLBYWONING EN AFWESIGHEDE

5.12.1 Skoolure is soos volg:

- Maandae tot Donderdae: Vanaf 07:35 tot 13:45;

- Vrydae: Vanaf 07:35 tot 13:15 behalwe leerders wat tot 13:45 moet bly om

agterstallige werk in te haal;

5.12.2 Die skooldag bestaan uit 9 periodes plus ‘n pouse van 25 minute; Sommige

Vrydae sal daar vir vooraf vasgestelde klasse 10de periodes gereël word.

5.12.3 Aan die einde van die laaste periode van elke dag mag ‘n lokaal slegs verlaat

word nadat die klok gelui het, die dag se verrigtinge behoorlik afgesluit is en die

betrokke personeellid die klas verdaag;

5.12.4 Gereelde skoolbesoek is verpligtend (sien artikel 3 van die Suid-Afrikaanse

Skolewet, Wet no. 84 van 1996 asook Gazette no. 33150 van Mei 2010).

Ouers/voogde sal tweeweekliks ‘n afwesigheidsverslag vanaf die skool ontvang.

5.12.5 Afwesigheid van leerders sonder geldige rede is onaanvaarbaar en sal so gou

moontlik opgevolg word;

5.12.6 Geldige redes vir afwesighede sluit in siekte, spesialisafsprake, dood van ‘n

familielid en lisensie-afsprake. Familievakansies is nie geldige redes vir

afwesighede nie.

5.12.6 In geval van siekte of ander redes vir afwesigheid moet die ouer/voog die skool

telefonies voor 09:00 daarvan in kennis stel;

5.12.7 Op die eerste dag waarop die leerder na afwesigheid weer by die skool

teenwoordig is, moet hy/sy ‘n afwesigheidsbrief of ‘n mediese sertifikaat van

sy/haar ouer/voog en stawende dokumentasie waarin die rede vir die

afwesigheid verstrek word, by sy/haar klasvoog inhandig;

5.12.8 Die teenwoordigheidsregister word daagliks om 07:45 deur die voogonderwyser

in die vooglokaal voltooi. Leerders wat na 08:00 aanmeld sal afwesig gemerk

word. Leerders wat na 08:00 aanmeld met ‘n geldige rede (omstandighede buite

beheer van ouer en leerder) sal teenwoordig gemerk word. Leerders wat voor

10:00 uitgeteken word en die skoolterrein verlaat, sal vir die dag afwesig gemerk

word.

5.12.9 Leerders wat gereeld afwesig is sonder geldige rede sal aangekla word vir die

verbreking van die gedragskode.

5.12.10 Leerders wat vir 10 aaneenlopende skooldae afwesig is sonder ‘n geldige rede

sal van die register verwyder word indien die nodige opvolgwerk deur die skool

gedoen is.

5.12.11 Indien ‘n leerder nie by die skool was nie, of vroeg uitgeteken het, moet hulle op

hul eie die agterstallige werk inhaal. Fotostate van agterstallige werk word nie

deur die administratiewe kantoor gemaak nie.

14

5.12.12 Leerders wat afwesig was met ‘n geldige rede en die nodige stawende

dokumente ingehandig het, sal deur die vakpersoneel ondersteun word om

agterstallige werk in te haal. Die betrokke leerders se punte vir die

eksamenvraestelle en toetse sal bereken word volgens die bestaande formule in

die assesseringsbeleid. Slegs mediese sertifikate sal aanvaar word as stawende

dokumente vir afwesighede a.g.v. siekte. Leerders wat afwesig was sonder

geldige rede sal nie geleentheid kry om assesseringsopdragte oor te doen nie.

Hierdie leerders is self verantwoordelik om hulle agterstallige werk in te haal.

Leerders wat sonder geldige rede afwesig is en versuim om ‘n doktersbrief of

stawende dokumente in te handig sal ‘n nulpunt ontvang vir eksamenvraestelle

of toetse wat nie geskryf is nie.

5.12.13 Laatkom:

5.12.13.1 Leerders wat laat kom en na voogperiode by die skool opdaag moet by die

kantoor aanmeld, ‘n briefie ontvang en eers by die voogonderwyser aanmeld,

voordat hy/sy klas toe gaan.

5.12.13.2 Indien die leerder laat kom, maar dis tydens voogperiode meld die leerder

direk by die voogklas aan.

5.12.14 Daar sal streng opgetree word teen leerders wat ‘n gewoonte daarvan maak om

laat te kom;

5.12.15 Leerders en ouers moet sover moontlik afsprake vir die leerders (bv. tandarts,

dokter, bestuurderslisensie ens) gedurende skoolure vermy.

5.12.15.1 Waar afsprake in uitsonderlike omstandighede slegs gedurende skoolure

bekom kan word, moet die leerder twee dae voor die tyd d.m.v. vorm L6 by ‘n

senior adjunkhoof aansoek om toestemming vir sodanige afwesigheid doen.

5.12.15.2 Geen leerder sal uitgeteken word indien die ouer/voog nie vooraf d.m.v. die L6-

vorm aansoek gedoen het nie.

5.12.15.3 Geen leerder sal m.b.v. die interkom uitgeroep word nie. (Slegs in noodgevalle)

5.12.15.4 Leerders moet die L6-vorm aan die betrokke voog-/vakonderwyser toon(5 min

voor die tyd op vorm), en sodoende toestemming verkry om sy/haar ouer/voog

in die algemene kantoor te ontmoet en uit te teken. Die L6-vorm word aan die

administratiewe dame oorhandig vir liassering.

5.12.15.5 Indien ‘n leerder ‘n tandarts-, ortodontis-, doktersafspraak tydens skoolure

nakom, moet die leerder die volgende dag ‘n bewys by die administratiewe

dame inhandig dat hy/sy wel die afspraak nagekom het. Die administratiewe

dame sal die L6-vorms en bewyse aan die einde van elke week aan die

hulpgraadvoogde versprei.

5.12.15.6 Indien ‘n ouer/voog aan ‘n ander persoon op die L6-vorm toestemming gee om

‘n leerder uit te teken/te kom haal, moet die betrokke persoon se ID-afskrif die

L6-vorm vergesel.

5.12.16.1 Om vir ‘n 100% skoolbesoeksertifikaat te kwalifiseer, moet ‘n leerder op enige

gegewe dag vir ten minste 2 (twee) ure by die skool teenwoordig wees anders

sal hy/sy as afwesig gemerk word;

5.12.16.2 Indien ‘n leerder by meer as 6 geleenthede die betrokke jaar die skool na

10:00 verlaat vir ‘n afspraak, sal die 100% skoolbesoeksertifikaat nié toegeken

word nie.

5.12.17 Indien ‘n leerder voor 10:00 die skool verlaat en nie na ‘n spesifieke afspraak

terugkeer nie, sal die leerder vir die dag afwesig gemerk word.

5.12.18 Leerders word verbied om die skoolterrein gedurende skoolure sonder die

15

toestemming van die skoolhoof of sy/haar gedelegeerde te verlaat;

5.12.19 Tensy die hoof uitdruklik anders aandui, moet ‘n leerder wat toestemming

verkry het om die skoolterrein te verlaat se ouer/voog of daardie ouer/voog se

benoemde hom/haar persoonlik by die skool kom haal. In so ‘n geval sal ‘n

sekretaresse by die algemene kantoor dié leerder roep, sodra die ouer/voog by

die skool opdaag. Die ouer/voog moet die leerder in die toestemmingsboek

uitteken;

5.12.20 Waar ‘n leerder toestemming ontvang het om sonder begeleiding van sy/haar

ouer/voog die skoolterrein te verlaat, moet hy/sy in die toestemmingsboek

uitteken voordat hy/sy die terrein mag verlaat.

5.12.21 Leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag tydens skoolaktiwiteite sal nie

toegelaat word om sekere aktiwiteite wat deur die skool aangebied word by te

woon nie.

5.12.22 Indien ‘n leerder weens siekte nie aan sport of liggaamlike opvoeding mag

deelneem nie, moet die betrokke onderwyser of afrigter van ‘n mediese

sertifikaat voorsien word;

5.13 BESERINGS OF SIEKTE TYDENS SKOOLURE

5.13.1 Indien ‘n leerder gedurende skoolure ‘n besering opdoen of siek voel moet een

van die volgende persone dadelik verwittig word:

- Klasvoog;

- Vakonderwyser;

- Graadhoof;

- Sportafrigter;

- Personeellid in die administratiewe kantoor;

5.13.2 Nadat een van bogenoemde persone verwittig is, moet die leerder by die

administratiewe kantoor aanmeld;

5.13.3 Leerders wat siek voel of beseer is, sal onder geen omstandighede toegelaat word

om hulle ouers/voogde self te skakel nie. Personeel in die algemene kantoor sal

daarvoor verantwoordelik wees;

5.14 BESOEKERS

5.14.1 Leerders mag nie sonder toestemming van ‘n lid van die skoolbestuur besoekers

gedurende skoolure ontvang nie;

5.14.2 Besoekers moet by die administratiewe kantoor aanmeld en toestemming van ‘n

lid ‘n adjunkhoof ontvang waarna die betrokke leerder na die kantoor geroep sal

word.

5.15 GEBOUE, TERREIN EN TOERUSTING

5.15.1 Leerders moet alle fasiliteite en toerusting waardeer en met sorg en respek

hanteer en/of gebruik;

5.15.2 Hou die skoolterrein, kleedkamers, klaskamers en tegnologiese sentra altyd

netjies en skoon;

5.15.3 Enige misbruik of beskadiging van of vandalisme aan fasiliteite of toerusting moet

onmiddellik aan die personeellid in beheer gerapporteer word;

16

5.15.4 Indien ‘n betrokke leerder enige fasiliteite of toerusting beskadig, kan sy/haar

ouer/voog vir sodanige skade of verlies aanspreeklik gehou word.

5.16 TEGNOLOGIESE SENTRA

5.16.1 Wetgewing vereis dat alle leerders oorpakke in die tegnologiese sentra sal dra;

5.16.2 Slegs koningsblou een- of tweestukoorpakke met lang moue word toegelaat;

5.16.3 Leerders se oorpakke moet duidelik gemerk wees;

5.16.4 Oorpakke moet tydens praktiese periodes gedra word.

5.16.5 Geen dasse mag onder die oorpakke gedra word nie;

5.16.6 Geen juwele (insluitend ringe) mag gedra word nie;

5.16.7 Ter wille van veiligheid is goeie orde in die tegnologiese sentra nodig. Daarom sal

geen speletjies en gekskeerdery in die tegnologiese sentra geduld word nie;

5.16.8 Geen leerder mag sy/haar eie veiligheid of die van ander leerders in enige

tegnologiese sentrum in gevaar stel nie. Elke leerder is verplig om sonder

teenspraak die gesag, opdragte, voorskrifte en teregwysing van enige personeellid

in enige tegnologiese sentrum te gehoorsaam. Versuim om dit te doen sal as ‘n

ernstige oortreding beskou word.

5.17 BOEKE EN SKOOLMATERIAAL

5.17.1 Handboeke en skrifte sal aan leerders verskaf word;

5.17.2 Indien ‘n handboek sou wegraak of beskadig word, sal ‘n betaling van R120-00

gehef word, alternatiewelik sou die vervangingswaarde van sodanige handboek

die bedrag vermeld oorskry, sal die vervangingswaarde van sodanige boek

betaalbaar wees;

5.17.3 Leerders moet self skryfbehoeftes en tekeninstrumente aankoop;

5.17.4 Dit is verpligtend dat elke leerder die voorgeskrewe tekeninstrumente en ‘n nieprogrammeerbare

sakrekenaar sal hê;

5.17.5 Boeke moet in ‘n goedversorgde, versterkte skooltas of –sak gedra word, sodat

boeke nie verniel nie;

5.17.6 Geen “grafitti” mag op die skooltas of –sak aangebring word nie.

5.18 VERBODE TERREINE

5.18.1 Die volgende areas is verbode terrein tydens skoolure of skoolaktiwiteite tensy

uitdruklik anders aangedui:

5.18.1.1 Alle parkeerareas vir voertuie van personeel sowel as leerders. Geen leerder sal

gedurende skoolure (pouses ingesluit) by sy/haar motor of motorfiets toegelaat

word nie;

5.18.1.2 Die fietsloods. Geen leerder sal gedurende skoolure (pouses ingesluit) by

sy/haar fiets toegelaat word nie;

5.18.1.3 Die pawiljoen;

5.18.1.4 Die lapa;

5.18.1.5 Die A- en B-rugbyvelde;

5.18.1.6 Die stoepe van die hoofgebou voor skool en tydens pouses;

5.18.1.7 Die blombeddings en grasperk tussen die snoepwinkel en die hoofgebou;

5.18.1.8 Die afrolkamer;

5.18.1.9 Klaskamers/onderriglokale voor skool, pouse en na skoolure sonder die nodige

toesig van ‘n personeellid.

17

5.19 KLASWISSELING

5.19.1 Klaswisseling moet ordelik geskied;

5.19.2 Oormatige luidrugtigheid, geskree en stampery is verbode;

5.19.3 Tydens wisseling moet stilte langs die hoof en adjunkhoofde se kantore sowel as

die algemene administrasie gebou gehandhaaf word;

5.19.4.1 Geen wisseling mag die portaal by die algemene kantoor plaasvind nie;

5.20 SAALOPENING

5.20.1 Dinsdae vergader die vooraf bepaalde groepe leerders en hulle personeel in die

skoolsaal;

5.20.2 Bywoning van die saalopening is verpligtend vir alle leerders en personeel tensy

hulle uitdruklike toestemming van die hoof het om van sodanige byeenkomste

verskoon te word;

5.20.3 Leerders moet die saal flink en stil in graad- en klasverband binnegaan;

5.20.4 Stilte in die saal is ‘n vereiste.

5.21 ADMINISTRATIEWE REëLINGS

5.21.1 Telefoniese boodskappe sal slegs in die geval van nood aan leerders oorgedra

word;

5.21.2 Adresveranderings en verandering van leerders en ouers/voogde se

telefoonnommers en ander kontakgegewens moet onmiddellik aan die betrokke

klasvoog deurgegee word;

5.21.3 Alle skoolgeld moet deur die leerder self of deur sy/haar ouer/voog by die

finansiële kantoor inbetaal word waarop ‘n kwitansie vir die betaling uitgereik sal

word.

5.22 BUITEKURRIKULêRE AKTIWITEITE

5.22.1 As verteenwoordigers van Die Hoër Tegnologiese Skool John Vorster moet

leerders wat aan buitekurrikulêre aktiwiteite deelneem, altyd so optree dat die

beeld van die skool nie skade lei nie. Deelname moet daarom altyd positief,

eerlik, binne die reëls van die spel of kompetisie en in goeie gees plaasvind.

Positiewe sportmangees moet altyd die norm wees;

5.22.2 Leerders moet te alle tye die gesag van afrigters, skeidsregters, lynregters,

beamptes en beoordelaars aanvaar;

5.22.3 Leerders moet alle oefeninge getrou bywoon;

5.22.4 Leerders moet betyds opdaag vir wedstryde, kompetisies of optrede;

5.22.5 Indien daar omstandighede ontstaan wat veroorsaak dat ‘n oefening, wedstryd,

kompetisie of optrede nie bygewoon kan word nie, moet die leerder betyds by

die betrokke afrigter of organiseerder verskoning maak;

5.22.6 Leerders moet te alle tye sorg dat hulle voorkoms en drag volgens die voorskrifte

wat die skool vereis is;

5.22.7 Leerders moet hulle weerhou van enige vorm van vuil en/of ongeoorloofde spel

of taktiek of om tot sodanige spel of taktiek aanleiding te gee of daarby betrokke

te raak;

5.22.8 Leerders moet hulle weerhou van beledigende of kwetsende opmerkings teenoor

opponente, skeidsregters, lynregters, beamptes en beoordelaars;

18

5.22.9 Leerders moet hulle weerhou van die uitspreek van kritiek op die beslissings van

afrigters, skeidsregters, lynregters, beamptes en beoordelaars;

5.22.10 Leerders mag geen handeling (positiewe daad of late) verrig wat aan hulle of

hulle span ‘n onregverdige voordeel sal laat toekom nie; (wedstrydknoeiery)

5.22.11 Die verspreiding of gebruik van stimulante, opkikkers, anaboliese steroïde en

ander gevaarlike middels is verbode.

6 OORTREDINGS

6.1 KATEGORIE A

Die ouer/voog en die leerder (bygestaan deur die ouer/voog) gesamentlik en

afsonderlik:

neem kennis;

stem saam;

aanvaar;

en kom ooreen met die skool

dat die leerder ‘n Kategorie A-oortreding pleeg indien hy/sy sonder geldige

verskoning:

6.1.1 Hom/haar skuldig maak aan ’n geringe vorm van ontwrigting, frustrering of

verydeling van die onderrig- of leerproses in die klas of ander leerders in die

onderrigproses benadeel (sien ook 6.2.2 en 6.3.1 hieronder);

6.1.2 Buitekurrikulêre aktiwiteite ontwrig, frustreer of verydel;

6.1.3 Hom/haar skuldig maak aan pligsversuim wat insluit maar nie beperk is nie tot

versuim om –

• klaswerk te doen wanneer geleentheid daarvoor gegee word;

• huiswerk te doen;

• vir toetse of ander vorms van assessering voor te berei;

• toetse op die bepaalde datum af te lê;

• take, werkopdragte of portefeuljewerk op die bepaalde of ooreengekome

datum in te dien;

• boeke, ander onderrigmateriaal, tekengereedskap, sakrekenaar of oorpak wat

vir ‘n bepaalde onderriggeleentheid nodig is, beskikbaar te hê;

• skeurstrokies in te handig en/of ander vorms van kennisgewing of

kommunikasie volgens opdrag te hanteer;

• ’n JV-paspoort te dra wanneer daartoe opdrag gegee.

6.1.4 Laat by ’n klas, voogklas of oefening aankom;

6.1.5 Uit ’n klas afwesig is of ’n bepaalde klas of periode ontduik (sien ook 6.2.11

hieronder);

6.1.6 Versuim om ’n buitekurrikulêre aktiwiteit (oefening, wedstryd, kompetisie of

optrede) by te woon;

6.1.7 Weier om opdragte of voorskrifte van opvoeders, afrigters, skeidsregters,

lynregters, beamptes, beoordelaars of lede van die verteenwoordigende raad van

leerders uit te voer, op aanspreking of teregwysing deur vermelde persone ag te

slaan of andersins ongehoorsame gedrag openbaar;

6.1.8 Nalatig of per ongeluk skool- of ander persone se eiendom beskadig;

6.1.9 Skool- of ander persone se eiendom misbruik;

6.1.10 Versuim om aan die reëls met betrekking tot skooldrag en voorkoms (sien par 5.4

hierbo) te voldoen;

19

6.1.11 Kru, vuil of skeldtaal in die klaskamer, op die skoolterrein, in ’n bus of tydens enige

buitekurrikulêre aktiwiteit besig;

6.1.12 Rommel op die skoolterrein of in ’n klaskamer strooi of agterlaat;

6.1.13 Onsportiewe gedrag van geringe aard openbaar;

6.1.14 Enige van die skoolreëls soos in paragraaf 5 hierbo uiteengesit en wat nie

uitdruklik in hierdie of enige van die ander kategorieë hieronder vermeld word nie,

oortree.

6.2 KATEGORIE B

Die ouer/voog en die leerder (bygestaan deur die ouer/voog) gesamentlik en

afsonderlik:

• neem kennis;

• stem saam;

• aanvaar;

• en kom ooreen met die skool

dat die leerder ‘n Kategorie B-oortreding pleeg indien hy/sy sonder geldige

verskoning:

6.2.1 Hom/haar aan ‘n Kategorie A oortreding skuldig maak en reeds by vorige

geleenthede dieselfde of ‘n soortgelyke oortreding begaan het;

6.2.2 Hom/haar aan die volgende Kategorie C of D oortredings van minder ernstige aard

skuldig maak en die skoolhoof van oordeel is dat ’n formele dissiplinêre verhoor

soos in Algemene Kennisgewing 6903 van 2000 (Gauteng), afgekondig in

Provinsiale Koerant 144 van 4 Oktober 2000 en gewysig deur Algemene

Kennisgewing 2591 van 2001 (Gauteng), afgekondig in Provinsiale Koerant 72 van

9 Mei 2001 bedoel, nie aangewese of nodig is nie:

6.2.2.1 Bedreiging, ontwrigting, frustrerend of verydeling van die onderrig-of leerproses

(insluitend benadeling van ander leerders in die leerproses) (sien 6.3.1

hieronder);

6.2.2.2 Sameswering om die funksionering van die skool deur kollektiewe optrede te

ontwrig (sien 6.3.2 hieronder);

6.2.2.3 Aantasting van ander persone se menswaardigheid, belediging, laster of die

maak van rassistiese aanmerkings (sien 6.3.3 hieronder);

6.2.2.4 Besit of verspreiding van toets- of eksamenvraestelle of eksamenmateriaal (sien

6.3.4 hieronder);

6.2.2.5 Kul tydens ’n toets, eksamen of ander wyse van assessering (sien 6.3.5

hieronder);

6.2.2.7 Openbare onsedelikheid (sien 6.3.6 hieronder);

6.2.2.8 Seksuele teistering (sien 6.3.7 hieronder);

6.2.2.9 Besit of verspreiding van pornografiese materiaal (sien 6.3.8 hieronder);

6.2.2.10 Onder invloed van alkohol wees (sien 6.3.9 hieronder);

6.2.2.11 Besit van alkohol (sien 6.3.9 hieronder);

6.2.2.12 Vervalsing van ’n dokument of handtekening (sien 6.4.3 hieronder);

6.2.2.13 Handel dryf in ’n toets- of eksamenvraestel of toets- of eksamenmarteriaal (sien

6.4.4 hieronder);

6.2.2.14 Bedrog (sien 6.4.6 hieronder);

6.2.2.15 Diefstal of ander oneerlike optrede (sien 6.4.7 hieronder);

6.2.2.16 Besit van ’n gevaarlike wapen (sien 6.4.10 hieronder);

6.2.2.17 Aanranding of dreigement van aanranding (sien 6.4.11 hieronder);

20

6.2.2.18 Beskadiging van eiendom (sien 6.4.15 hieronder);

6.2.3 ’n Swak beeld van die skool of van hom-/haarself of sy/haar gesin na buite uitdra;

6.2.4 Op die skoolterrein, in ‘n skoolbus, tydens skoolaktiwiteite of in die openbaar in

skooldrag rook – rook van “hubbly bubbly” op skoolterrein en skoolaktiwiteite is

ook verbode.

6.2.5 ‘n Toelatingsvereiste of voorwaarde vir toelating tot die skool of verkiesing tot ’n

span of groep verbreek;

6.2.6 Enige personeellid, afrigter, skeidsregter, lynregter, beampte, beoordelaar, leerder

of ander persoon intimideer, dreig, lastig val, teister of boelie;

6.2.7 Enige onwelvoeglike handeling op die skoolterrein of in skoolverband verrig of aan

sodanige optrede deelneem;

6.2.8 ‘n Handeling verrig wat die skool se naam en etos sal of mag benadeel wat insluit

maar nie beperk is nie tot –

6.2.8.1 ‘n skuldigbevinding aan ‘n kriminele oortreding wat op die, in skoolverband of

buite skoolverband of tydens ‘n skoolaktiwiteit gepleeg is;

6.2.8.2 In die openbaar, hetsy op die skoolterrein of daarbuite, baklei;

6.2.8.3 Onsportiewe gedrag openbaar;

6.2.9 Die persoon of menswaardigheid van enige personeellid, afrigter, skeidsregter,

lynregter, beampte, beoordelaar, leerder of enige ander persoon aantas deur so ’n

persoon te vloek, kru, vuil of skeldtaal teenoor hom/haar te besig, te teister, sy of

haar gesag te ondermyn, enige ander onaanvaarbare handeling te verrig,

mededeling te maak of skriftelike of elektroniese kommunikasie tot hom/haar te rig

(sien ook 6.2.2 hierbo en 6.3.3 hieronder);

6.2.10 Swak gedrag teenoor ’n personeellid, afrigter, skeidsregter, lynregter, beampte of

beoordelaar openbaar;

6.2.11 Sonder toestemming vir ‘n skooldag, verpligte klas, ekstra klas, tiende periode,

blokklas, periode of gedeelte van ’n periode, oefening, wedstryd, kompetisie of

optrede afwesig is (stokkiesdraai);

6.2.12 Weier of versuim om aan ‘n straf- of korrektiewe maatreël anders as skorsing (sien

7 hieronder) wat ingevolge hierdie kode opgelê is, te voldoen, dit te ondergaan of

uit te voer;

6.2.13 Alkohol op die skoolterrein, in skoolbusse, tydens skoolaktiwiteite of in skooldrag

in die openbaar besit en/of gebruik (sien ook 6.2.2 hierbo en 6.3.9 hieronder);

6.2.14 Aggressief teenoor ’n ander leerder of enige ander persoon optree (sien ook 6.2.2

hierbo en 6.4.11 hieronder);

6.2.15 In besit is van ’n gevaarlike voorwerp anders as ’n gevaarlike wapen (sien ook

6.2.2 hierbo en 6.4.10 hieronder);

6.2.16 Sy/haar eie of enige ander persoon se veiligheid in ’n tegnologiese sentrum, klas

of lokaal, op die skoolterrein, in ’n skoolbus of tydens enige skoolaktiwiteit in

gevaar stel of versuim om op enige opdrag, aanspreking of teregwysing wat met

sy/haar eie veiligheid of die veiligheid van ander verband hou, ag te slaan;

6.2.17 Ontgroenings- of inisiasiepraktyke organiseer of daaraan deelneem;

6.2.18 ’n Fiets, motorfiets of motor op ’n roekelose, onverskillige of onbedagsame wyse

op die skoolterrein bestuur of hanteer of sonder die nodige leerling/

betuurderslisensie met ‘n motorfiets of motor die op skoolterrein sou bestuur;

6.2.19 Sonder toestemming ’n selfoon buite toegelate tye hanteer, aanskakel en/of

gebruik ;

6.2.20 Onsportiewe gedrag openbaar;

21

6.2.21 Stimulante, opkikkers, anaboliese steroïde of ander gevaarlike middels besit,

gebruik of versprei.

6.3 KATEGORIE C

Ernstige wangedrag wat tot skorsing mag lei

(Sien Bylae 1 van Algemene Kennisgewing 6903 van 2000 (Gauteng) soos

afgekondig in Provinsiale Koerant 144 van 4 Oktober 2000 soos gewysig deur

Algemene Kennisgewing 2591 van 2001 (Gauteng) soos afgekondig in Provinsiale

Koerant 72 van 9 Mei 2001)

Die ouer/voog en die leerder (bygestaan deur die ouer/voog) gesamentlik en

afsonderlik:

• neem kennis;

• stem saam;

• aanvaar;

• en kom ooreen met die skool

dat die leerder hom/haar aan ernstige wangedrag wat tot skorsing mag lei, skuldig

maak indien hy/sy opsetlik:

6.3.1 Die onderrig- of leerproses in die klas ernstig bedreig, ontwrig, frustreer of verydel;

6.3.2 Meedoen aan ‘n sameswering om die behoorlike funksionering van die skool deur

kollektiewe optrede te ontwrig;

6.3.3 Die persoon of menswaardigheid van enige leerder of enige ander persoon

aantas, so ‘n leerder of ander persoon beledig of belaster of rassistiese

aanmerkings teen so ‘n leerder of ander persoon maak;

6.3.4 ‘n Toets, vraestel of eksamenmateriaal wat enige persoon in staat mag stel om ‘n

onbillike of onregverdige voordeel in ‘n toets of eksamen te verkry, besit of

versprei;

6.3.5 In ‘n toets of eksamen of enige ander vorm of wyse van assessering soos,

byvoorbeeld, werkopdragte, kul of in die besit van ’n selfoon tydens ’n eksamen,

toets of enige assesseringsproses, gevang sou word;

6.3.6 Enige handeling van openbare onsedelikheid verrig;

6.3.7 Enige ander persoon seksueel teister;

6.3.8 In besit gevind word van pornografiese material of dit versprei;

6.3.9 Onder invloed van alkohol is of dit besit.

6.4 KATEGORIE D

Ernstige wangedrag wat tot uitsetting mag lei

(Sien Bylae 2 van Algemene Kennisgewing 6903 van 2000 (Gauteng) soos afgekondig in

Provinsiale Koerant 144 van 4 Oktober 2000 soos gewysig deur Algemene Kennisgewing

2591 van 2001 (Gauteng) soos afgekondig in Provinsiale Koerant 72 van 9 Mei 2001)

Die ouer/voog en die leerder (bygestaan deur die ouer/voog) gesamentlik en afsonderlik:

• neem kennis;

• stem saam;

• aanvaar;

• en kom ooreen met die skool dat die leerder hom/haar aan ernstige wangedrag

wat tot uitsetting mag lei, skuldig maak indien hy/sy:

6.4.1 Aan ‘n Kategorie C oortreding skuldig bevind word en reeds by twee vorige

geleenthede aan dieselfde of ‘n soortgelyke oortreding skuldig bevind is;

22

6.4.2 Versuim om aan ‘n straf van skorsing wat as korrektiewe maatreël opgelê is, te

voldoen;

6.4.3 Opsetlik enige dokument of handtekening vervals wat tot potensiële of werklike

nadeel van die skool mag lei;

6.4.4 Opsetlik in ‘n toets- of eksamenvraestel of in enige toets- of eksamenmateriaal

handel dryf;

6.4.5 Opsetlik enige persoon omkoop of poog om so ‘n persoon om te koop in verband

met enige toets of eksamen ten einde vir hom- of haarself of vir ‘n ander persoon

‘n onbillike of onregverdige voordeel daarin te verkry;

6.4.6 Opsetlik bedrog pleeg;

6.4.7 Opsetlik steel of andersins tot die nadeel van ‘n ander persoon oneerlik optree;

6.4.8 Opsetlik in besit is van enige onwettige of ander skadelike middel of stof of dit

gebruik of daarin handel dryf;

6.4.9 Opsetlik in besit is van narkotiese of ongemagtigde dwelmmiddels of dit gebruik of

versprei of waar daar sigbare bewys van sodanige besit, gebruik of verspreiding

bestaan;

6.4.10 Opsetlik in besit is van enige gevaarlike wapen;

6.4.11 Opsetlik ‘n ander persoon aanrand of dreig om hom/haar aan te rand;

6.4.12 Opsetlik enige persoon as gyselaar aanhou;

6.4.13 Opsetlik ‘n persoon vermoor;

6.4.14 Opsetlik ‘n persoon verkrag of enige seksuele daad wat regtens ‘n misdryf sal

uitmaak, verrig of intimidasie verrig om seksuele dade te pleeg

6.4.15 Opsetlik eiendom beskadig.

7 DISSIPLINêRE EN/OF KORREKTIEWE MAATREëLS EN/OF STRAFBEPALINGS

7.1 STRAWWE, DISSIPLINêRE EN KORREKTIEWE MAATREëLS

7.1.1. Leerder attent maak op sy/haar optrede en die feit dat hy/sy ‘n oortreding begaan het;

7.1.2 Onmiddellike verwydering van ongeoorloofde klere, grimering of juwele of herstel van

voorkoms bv hemp insteek;

7.1.3 Mondelinge aanspreking, vermaning of teregwysing;

7.1.4 Mondelinge waarskuwing;

7.1.5 Konstruktiewe bykomende huiswerk of ander werkopdragte;

7.1.6 Geringe vorm van verpligte dienslewering soos om die klaskamer uit te vee, rommel op te tel;

7.1.7 Aanmelding, rekordering en gepaardgaande verlies aan punte;

7.1.8 Geringe ontsegging van voorregte soos verbod op dra van JV-drag vir ‘n bepaalde tyd;

7.1.9 Beslaglegging op ongemagtigde items of voorwerpe wat die onderwerp van ‘n oortreding is

met gepaardgaande weiering om dit aan enigiemand anders as die ouer/voog van die

betrokke leerder te oorhandig. Selfone en elektroniese speletjies word ingeneem en sal vir

5 (vyf) skooldae in die kluis bewaar word. Na 5 (vyf) skooldae kan die betrokke leerder dit

weer ontvang. Slegs dié leerder se ouer / voog mag die selfoon of elektriese speletjie voor

die verstryking van die 5 (vyf) in ontvangs neem (uitteken).

7.1.10 Verwysing na strafklas (“gastekamer”);

7.1.11 Ontneming van pouses;

7.1.12 Detensie;

7.1.13 Eerste skriftelike waarskuwing;

7.1.14 Ontsegging van voorregte soos bloktyd, deelname aan sekere aktiwiteite;

7.1.15 Tweede skriftelike waarskuwing;

23

7.1.16 Onderhoud tussen jeugleidingkantoor, leerder en ouer(s)/voog(de);

7.1.17 Derde skriftelike waarskuwing;

7.1.18 Onderhoud tussen lid van skoolbestuur, leerder en ouer(s)/voog(de);

7.1.19 Gesprek met die sub-komitee van die beheerliggaam wat ingestel is om in die algemeen

met sake van ‘n dissiplinêre aard te handel;

7.1.20 Dissiplinêre verhoor deur dissiplinêre komitee (tribunaal) (ingevolge die bepalings

uiteengesit in Gauteng LUR vir Onderwys se kennisgewing getiteld “Misconduct of

Learners at Public Schools and Disciplinary Proceedings”, Algemene

Kennisgewing 6903 van 2000 (Gauteng) soos afgekondig in Provinsiale Koerant

144 van 4 Oktober 2000 soos gewysig deur Algemene Kennisgewing 2591 van

2001 (Gauteng) soos afgekondig in Provinsiale Koerant 72 van 9 Mei 2001);

7.1.21 Bywoning van ‘n lewensvaardigheids- of ander toepaslike opleidingsprogram op koste van

ouers/voogde;

7.1.22 Verwysing vir assessering deur ’n maatskaplike werker, sielkundige of ander deskundige

op koste van die ouers/voogde;

7.1.23 Bywoning van remediëringsessies, voorligtingsessies, berading, terapie, behandeling of ‘n

rehabilitasieprogram op koste van die ouers/voogde;

7.1.24 Herstellende geregtigheid (“restorative justice”) wat insluit maar nie beperk is nie tot

- aanbied van ‘n apologie;

- betaling van skadevergoeding;

- dienslewering;

7.1.25 Skorsing;

7.1.26 Aanbeveling aan die Departementshoof van die Gauteng Onderwysdepartement vir

uitsetting.

7.2 Sanksies Kategorie A-oortredings

7.2.1 Opvoeders rekordeer alle oortredings ten opsigte van gedrag en pligsversuim op ‘n

klaslys.

7.2.2 Toepassing van interne dissiplinêre klaskamermaatreëls in ooreenstemming met die

gedragskode van die skool..

7.2.3 Verskuiwing van leerders m.b.t hulle sitplekke in die klas.

7.2.4 Berispe ‘n leerder/leerders.

7.2.5 Aanhoudende irritasie, wangedrag en pligsversuim word op ‘n klaslys aangeteken en na

die Jeugleidingskantoor gestuur vir rekordering.

7.2.6 Onbeheersde herhaling van Kategorie A-oortredings, sal t..o.v die erns daarvan, tot ‘n

kategorie B-oortredings lei.

7.2.7 Die dra van ‘n JV-paspoort

7.2.8 Detensie

7.2.9 Ontsegging van voorregte

7.2.10 Ernstige pligsversuim. Leerder word verbied om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem

en by te woon.

7.3 Sanksies Kategorie B-oortredings

7.3.1 Oortredings in hierdie kategorie is van ‘n meer ernstige aard as die in kategorie A

7.3.2 Opvoeders rekordeer alle oortredings ten opsigte van gedrag en pligsversuim op ‘n klaslys.

7.3.3 Waar nodig word die skuldiges uit die klasse ontrek en in die jeugleidingskantoor geplaas.

7.3.4 Die jeugleidingskantoor gee geleentheid aan ‘n leerder om sy/haar standpunt ten opsigte

van die oortreding te stel.

24

7.3.5 Die aard van die oortreding bepaal of die betrokke leerders se ouers geskakel word en

ingeroep word vir onderhandelinge m.b.t. die leerder se oorteding/s

7.3.6 Die Beheerliggaam se Dissiplinêre Gesprekskomitee word ten opsigte van die betrokke

leerder se oortreding in kennis gestel.

7.3.7 Die jeugleidingskantoor reik, in oorleg met die adjunkhoof, ‘n ernstige waarskuwingsbrief

aan die leerder uit vir kennisname en optrede deur sy/haar ouers.

7.3.8 Dié ernstige waarskuwingsbrief word, na ondertekening deur die leerder se ouers asook

die leerder, aan die jeugleidingskantoor terug besorg en word dit dan in die leerder se lêer

geliaseer.

7.3.9 Die herhaling van ‘n oortreding of enige ernstige oortreding van die gedragskode van die

skool, lei daartoe dat ‘n kategorie B-oortreding soos ‘n kategorie C-oortreding hanteer sal

word.

7.4 Kategorie C-oortredings

7.4.1. Leerders word, onder sekere omstandighede, deur die hoof/ adjunkhoof uit sy klas ontrek

en in die sorg van sy/haar ouers geplaas.

7.4.2 Leerders en hulle ouers word na die Beheerliggaam se Dissiplinêre Gesprekkomitee, vir

optrede, verwys.

7.4.3 Die optrede/s waarop die Beheerliggaam se Dissiplinêre Gesprekskomitee besluit, word

deur die aard en die erns van die oortreding bepaal.

7.4.4 Leerders verskyn voor die Beheerliggaam se Dissiplinêre Komitee vir ‘n dissiplinêre

verhoor/tribunaal.

7.4.5 In afwagting van die beslissing van dié dissiplinêre komitee kan ‘n leerder vir vyf

dae vanaf die skool geskors word.

7.4.6 Daar word vanaf die leerder, wat skuldig bevind is, sekere voorregte ontneem.

7.4.7 Daar word op die leerder,wat skuldig bevind is, sekere take opgelê

7.4.8 Spesifieke voorwaardes word gestel ten einde voortgesette lidmaatskap van die skool te

verseker.

7.4.9 Afhangende van die GDO se beslissing, kan ‘n leerder sy lidmaatskap van die skool

verloor.

7.5 Kategorie D-oortredings

7.5.1 Leerders kan in verdienstelike gevalle, deur die hoof/adjunkhoof in die sorg hulle ouers

geplaas word.

7.5.2 Leerders en hul ouers kan na die Beheerliggaam se Dissplinêre Komitee verwys word.

7.5.3 Die sankies waarop die Beheerliggaam se Dissiplinêre Komitee besluit, sal deur die erns

van die oortreding bepaal word.

7.5.4 Leerders mag vir ‘n dissiplinêre verhoor/tribunaal verwys word.

7.5.5 Leerders mag in afwagting van die uitkoms van die tribunaal, vir ‘n vyfdagtydperk vanaf die

skool, geskors word.

7.5.6 Die Beheerliggaam kan besluit, om na afloop van ‘n Dissiplinêre Gesprekkomitee se

gesprek, ‘n tribunaal volgens departementele voorskrifte saam te stel.

7.5.7 Getuies kan, waar nodig, ingeroep word.

7.5.8 Regshulp kan deur beide partye, tydens ‘n tribunaal, ingewin word.

7.5.9 Die Beheerliggaam kan aanbevelings na die GDO deurgee met die oog op ‘n finale

beslissing deur die GDO. Dié finale beslissing kan permanente uitsetting, maar nie

daartoe beperk, behels.

25

8 PROSEDURE BY DIE HANTERING VAN OORTREDINGS EN GEVALLE VAN

WANGEDRAG

8.1 Die prosedure by die hantering van oortredings en gevalle van wangedrag sal

geskied in ooreenstemming met die relevante wetgewing en regulasies en/of Reëls

uitgevaardig van tyd tot tyd, en sal geskied met behoorlike inagneming van die reg

van alle partye om aangehoor te word, die reg om verteenwoordig te word; die reg

om vooraf van die misdryf of oortreding in kennis gestel te word, en die reg om

getuienis aan te bied en te ondervra tydens dissiplinêre prosedures en verhore.

8.2 Sover doenlik sal die prosedure bepaal word deur die beampte in beheer van die

dissiplinêre optrede met inagneming van die regte soos hierbo uiteengesit.

8.3 Die proses gevolg tydens enige dissiplinêre aksie of ondersoek sal daarop gemik

wees om die belange van die leerder en enige party wat by die dissiplinêre

handeling betrokke is, te beskerm.

8.4 Indien nodig sal die Hoof van die skool en/of die Beheerliggaam van tyd tot tyd

sekere riglyne voorskryf vir die hantering van spesifieke gevalle en oortredings.

9 APPÈLPROSEDURE

9.1 Enige party wat verontreg voel deur ‘n beslissing geneem tydens ‘n dissiplinêre

verhoor, optrede of ondersoek, sal die reg tot appèl hê soos bepaal en omskryf in

die relevante wetgewing en regulasies van toepassing van tyd tot tyd.

9.2 Die skoolhoof en/of Beheerliggaam sal by magte wees om riglyne en/of prosedures

vas te stel vir die hantering van appèlle vir sekere spesifieke oortredings.

10 HERSIENING EN WYSIGING VAN DIE GEDRAGSKODE

10.1 Aangesien hierdie gedragskode ‘n dinamiese dokument is, sal dit deurlopend

hersien en aangepas word.

10.2 ‘n Komitee van die beheerliggaam sal, so dikwels as wat nodig mag wees maar ten

minste jaarliks gedurende September en Oktober, alle aanpassings van en wysiging

aan die gedragskode konsolideer waarna die beheerliggaam na oorleg met die

leerders, ouers en opvoeders (sien artikel 8(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet,

1996) die wysigings sal oorweeg en, indien sodanige wysigings goedgekeur word,

dit aanvaar waarna die beheerliggaam die datum van inwerkingtreding van die

(gewysigde) gedragskode sal bepaal.

ADV E JANSEN VAN RENSBURG DATUM: ...................................

VOORSITTER VAN DIE BEHEERLIGGAAM

26

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!